# Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2016-afr/abdf7c14-ee6c-4fd1-832e-a309478fee7f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2016-afr/abdf7c14-ee6c-4fd1-832e-a309478fee7f)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            LEWENSWETENSKAPPE V1

                                          2016

                                                                      PUNTE: 150

                                                                      TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                       2                                    DBE/2016
                                          SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.       ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
         swart ink.

7.       Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                      3                              DBE/2016
                                                         SSE

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

         1.1.1        Die deel van die brein wat gestimuleer word wanneer 'n leerder
                      aan 'n verandering in omgewingstemperatuur blootgestel word:

                      A       Serebellum
                      B       Serebrum
                      C       Hipotalamus
                      D       Corpus callosum

         1.1.2        Watter EEN van die volgende is 'n funksie van gibberelliene?

                      A       Apikale groei
                      B       Stimulering van saadontkieming
                      C       Inhibisie van sytakke
                      D       Afval van blare in die winter

         1.1.3        Hieronder is 'n lys van veranderinge wat in die menslike oog
                      plaasvind wanneer na 'n voorwerp gekyk word wat nader as
                      6 meter is.

                      (i)            Die lens word meer konveks.
                      (ii)           Die siliêre spiere trek saam.
                      (iii)          Daar is minder trekkrag/spanning op die lens.
                      (iv)           Die draagband-/suspensoriese ligamente verslap.

                      Watter EEN van die volgende stel die korrekte volgorde voor
                      waarin die veranderinge plaasvind?

                      A       (i)        (ii)       (iii)      (iv)
                      B       (ii)       (iv)       (iii)      (i)
                      C       (i)        (iii)      (ii)       (iv)
                      D       (ii)       (iii)      (i)        (iv)

         1.1.4        Die struktuur in die amniotiese eier wat voedingstowwe verskaf:

                      A       Dop
                      B       Allantoïs
                      C       Chorion
                      D       Dooiersak

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          4                                    DBE/2016
                                             SSE

         VRAAG 1.1.5 EN 1.1.6 VERWYS NA DIE DIAGRAM HIERONDER, WAT 'N
         ONTWIKKELENDE FETUS IN DIE UTERUS VOORSTEL.

                                                                           1

                                                                           2
                          4                                                3

         1.1.5        Watter EEN van die volgende is vir die beskerming van die fetus
                      teen temperatuurveranderinge verantwoordelik?

                      A   1
                      B   2
                      C   3
                      D   4

         1.1.6        Wat kan 'n moontlike gevolg vir die fetus wees indien deel 2 te min
                      progesteroon produseer?

                      A   Die fetus sal nie groei nie, omdat geen seldeling sal plaasvind
                          nie.
                      B   Die fetus kan as gevolg van 'n tekort aan groeihormoon
                          onderontwikkeld wees.
                      C   'n Miskraam sal plaasvind, omdat die endometrium sal
                          disintegreer.
                      D   Die fetus kan beseer word, omdat daar geen skokabsorbering
                          sal wees nie.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                 5                                 DBE/2016
                                                    SSE

         1.1.7        Wanneer 'n persoon die meeste van die tyd na 'n selfoon of
                      'n rekenaarskerm kyk, is die siliêre spiere van die oog heeltyd
                      saamgetrek. Die spiere kan nie na hulle ontspanne posisie
                      terugkeer nie.

                      Gevolglik is die spiere nie in staat om die …

                      A     vorm van die lens te verander om te fokus op voorwerpe wat
                            ver is nie.
                      B     vorm van die lens te verander om te fokus op voorwerpe wat
                            naby is nie.
                      C     grootte van die pupil te verander sodat meer lig die oog
                            binnedring nie.
                      D     grootte van die pupil te verander om die hoeveelheid lig wat die
                            oog binnedring te verminder nie.

         1.1.8        'n Ondersoek is uitgevoer om die effek van groeihormoon te bepaal
                      op kinders met 'n spesifieke afwyking wat veroorsaak dat hulle
                      korter as die verwagte gemiddelde lengte vir hulle ouderdom en
                      geslag is.

                      Die volgende prosedure is gevolg:

                      •     740 kinders met die afwyking is in die ondersoek ingesluit.
                      •     Hulle aanvanklike lengtes is gemeet.
                      •     Hulle is in twee groepe (A en B) ingedeel.
                      •     Groep A is elke dag vir 3 jaar met 'n groeihormoon ingespuit.
                      •     Groep B het nie die behandeling ontvang nie.
                      •     Die lengte van elke kind in elke groep is toe gemeet.

                      Die volgende is 'n lys veranderlikes vir die ondersoek:

                      (i)   Kinders van dieselfde ouderdom en geslag en met dieselfde
                            afwyking
                      (ii) Voedsel wat aan die kinders gegee is
                      (iii) Die tipe groeihormoon wat gebruik is
                      (iv) Die lengte van die kinders aan die einde van die ondersoek

                      Watter EEN van die volgende kombinasies is faktore wat tydens
                      hierdie ondersoek konstant gehou moes word?

                      A     (i), (ii), (iii) en (iv)
                      B     Slegs (i), (ii) en (iii)
                      C     Slegs (i), (iii) en (iv)
                      D     Slegs (ii), (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                                           6                                           DBE/2016
                                                                              SSE

         1.1.9        'n Man het 'n vasektomie ondergaan waar die spermbuis/vas
                      deferens deurgesny is.

                      Watter EEN van die volgende strukture sal nie meer tot die
                      produksie van semen bydra nie?

                      A                                   Semenvesikels
                      B                                   Prostaatklier
                      C                                   Saadbuisies
                      D                                   Cowper se klier

         1.1.10       Lugbesoedeling is gewoonlik hoër in die middestad as weg
                      daarvandaan.

                      Die hoeveelheid besoedeling in die atmosfeer kan geskat word
                      deur ligeen te gebruik. Ligeen is 'n plant wat uit 'n fungus en 'n alg
                      bestaan wat in 'n mutualistiese verwantskap saamleef.

                      Die grafiek hieronder toon die groei van verskillende ligeenspesies
                      op verskillende afstande vanaf die middestad.

                                                                     Grafiek wat die groei van verskillende
                                                               ligeenspesies op verskillende afstande vanaf die
                                                                               middestad toon

                       Afstand vanaf die middestad (km)
                                                          35
                                                          30
                                                          25
                                                          20
                                                          15
                                                          10
                                                           5
                                                           0
                                                                      1             2                   3              4
                                                                                        Ligeenspesies

                                                                                              [Aangepas uit www.air-quality.org.uk]

                      Watter ligeen het die HOOGSTE toleransie vir verskillende
                      besoedelingsvlakke?

                      A                                   Spesie 1
                      B                                   Spesie 2
                      C                                   Spesie 3
                      D                                   Spesie 4                                                      (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           7                                   DBE/2016
                                              SSE

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        'n Tipe bevrugting waar die kern van 'n sperm met die kern van
                      'n ovum buite die liggaam van die vroulike individu versmelt

         1.2.2        Die groei van 'n gedeelte van 'n plant in reaksie op swaartekrag

         1.2.3        Die toestand van die bloedvate in die menslike vel wanneer die
                      omgewingstemperatuur laag is

         1.2.4        Die voortplantingstrategie wanneer die nageslag wat uitgebroei
                      het, kan rondbeweeg en hulleself kan voed

         1.2.5        Die sensoriese reseptore wat in die halfsirkelvormige kanale
                      voorkom

         1.2.6        Die tipe besoedeling wat plaasvind wanneer warm vloeistowwe in
                      riviere en oseane gestort word

         1.2.7        'n Laag aan die binnekant van die oog wat lig absorbeer en dus
                      weerkaatsing verminder                                                     (7)

1.3      Die diagram hieronder stel die middeloor van die mens voor.

                                                               B

                            A
                                                                C
                                                                D

                                                               E

         1.3.1        Identifiseer deel:

                     (a) A                                                                       (1)

                     (b) B                                                                       (1)

                     (c) C                                                                       (1)

         1.3.2        Gee die LETTER van die deel wat klankgolwe absorbeer om
                      eggo's te voorkom.                                                         (1)

         1.3.3        Gee die LETTER en die NAAM van die deel wat verstop kan raak
                      wanneer daar infeksie in is, wat tot tydelike gehoorverlies kan lei.       (2)
                                                                                                 (6)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           8                                   DBE/2016
                                              SSE

1.4      Die diagram hieronder stel dele van die endokriene stelsel van die mens voor.

                        A

                       B                                                      C

                                                                              D

         1.4.1        Identifiseer klier:

                      (a)   A                                                                    (1)

                      (b)   B                                                                    (1)

         1.4.2        Gee die LETTER en die NAAM van die klier wat 'n hormoon afskei
                      wat verantwoordelik is vir:

                      (a)   Die begin van puberteit by manlike individue                         (2)

                      (b)   Die stimulering van die absorpsie van glukose deur selle             (2)

                      (c)   Die waterdeurlaatbaarheid van die nierbuisies                        (2)
                                                                                                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            9                               DBE/2016
                                               SSE

1.5      Die diagramme hieronder stel dele van die sentrale senuweestelsel van die
         mens voor.

            B
                                           C

                                                                                         D

 A                                                                                    E

                                                          F
                     Diagram 1                            Diagram 2

         1.5.1        Identifiseer deel:

                      (a)   C                                                                 (1)

                      (b)   D                                                                 (1)

         1.5.2        Gee die LETTER en die NAAM van die deel in diagram 2 wat
                      impulse ontvang vanaf die:

                      (a)   Stafies en keëltjies                                              (2)

                      (b)   Reseptore in die hartspiere                                       (2)

         1.5.3        Noem die proses wat in diagram 1 plaasvind wat beserings aan die
                      liggaam tot die minimum beperk.                                         (1)

         1.5.4        Gee die LETTER en die NAAM van die neuron wat impulse vanaf
                      die sentrale senuweestelsel (SSS) na die effektore vervoer.             (2)
                                                                                              (9)

                                                               TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         10                                  DBE/2016
                                            SSE

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder stel 'n spermsel voor.

          A      B          C                           D

         2.1.1        Identifiseer deel:

                      (a)   B                                                                  (1)

                      (b)   D                                                                  (1)

         2.1.2        Verduidelik EEN manier waarop die spermsel aangepas is om
                      effektiewe beweging na die Fallopiusbuise te verseker.                   (2)

         2.1.3        Verduidelik die gevolge vir voortplanting, indien 'n spermsel nie
                      deel A gehad het nie.                                                    (3)
                                                                                               (7)

2.2      Beskryf die pad wat 'n klankgolf vanaf sy oorsprong tot by die koglea in die
         menslike oor volg.                                                                    (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                                          11                                     DBE/2016
                                                                             SSE

2.3      Die grafiek hieronder toon die veranderinge in die deursnee van die pupil van
         die menslike oog.

                                                           Veranderinge in deursnee van pupil met tyd
                                             7

           Deursnee van pupil (millimeter)
                                             6

                                             5

                                             4

                                             3

                                             2

                                             1

                                             0
                                                 0     5     10   15   20    25 30 35 40          45    50      55    60
                                                                            Tyd (sekondes)

         2.3.1                                       Watter struktuur in die menslike oog is verantwoordelik vir die
                                                     veranderinge wat in die grafiek aangedui word?                               (1)

         2.3.2                                       Tydens watter periode het die persoon van dowwe lig na skerp lig
                                                     beweeg?                                                                      (1)

         2.3.3                                       Beskryf die veranderinge wat in die oog plaasgevind het wat gelei
                                                     het tot die verandering in die deursnee wat van 30 tot 35 sekondes
                                                     aangedui word.                                                               (3)

         2.3.4                                       Teken 'n benoemde diagram van die vooraansig van die oog om
                                                     die presiese grootte van die pupil by 20 sekondes te toon, soos dit
                                                     in die grafiek aangedui word.                                                (4)
                                                                                                                                  (9)

Kopiereg voorbehou                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                             12                             DBE/2016
                                                SSE

2.4      Die diagram hieronder stel 'n negatiewe terugkoppelingsmeganisme voor.
         X en Y stel hormone voor wat deur die onderskeie kliere afgeskei word.

                                          Pituïtêre
                                            klier

                                   X                   Y

                                            Tiroïed-
                                              klier

         2.4.1        Wat is die rol van enige negatiewe terugkoppelingsmeganisme in
                      die menslike liggaam?                                                   (1)

         2.4.2        Identifiseer hormoon X.                                                 (1)

         2.4.3        Verduidelik die gevolge vir 'n persoon indien hormoon Y vir lang
                      tye abnormaal hoog bly.                                                 (3)
                                                                                              (5)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           13                                  DBE/2016
                                              SSE

2.5      Navorsing toon dat die gemiddelde ouderdom van die eerste menstruasie
         deur sosio-ekonomiese status sowel as ras beïnvloed word.

         Wetenskaplikes het 'n ondersoek uitgevoer om die gemiddelde ouderdom van
         die eerste menstruasie van die meisies in 'n gemeenskap te bepaal.

         Hulle hipotese was:

         Die gemiddelde ouderdom van die eerste menstruasie het met tyd
         gedaal.

         2.5.1        Vir hierdie ondersoek, noem die:

                      (a)   Onafhanklike veranderlike                                            (1)

                      (b)   Afhanklike veranderlike                                              (1)

         2.5.2        Noem DRIE beplanningstappe wat oorweeg moes word voordat
                      die ondersoek uitgevoer kon word.                                          (3)

         2.5.3        Verduidelik die implikasies vir die hipotese wat die wetenskaplikes
                      gestel het indien die resultate toon dat die gemiddelde ouderdom
                      van die eerste menstruasie die afgelope 25 jaar op 12,9 jaar gebly
                      het.                                                                       (2)

         2.5.4        Noem TWEE fisiese kenmerke by meisies wat sal aandui dat
                      puberteit begin het.                                                       (2)
                                                                                                 (9)

2.6      Een voorbehoedmetode vir vroue is om daagliks 'n pil te drink wat
         progesteroon bevat.

         Verduidelik hoe hierdie pil funksioneer om swangerskap te voorkom.                      (4)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          14                                       DBE/2016
                                             SSE

VRAAG 3

3.1      Die tabel hieronder toon die verandering in die konsentrasie koolstofdioksied
         (CO 2 ) in 'n mens se are, soos wat die vlak van oefening toeneem.

         Die persoon in die ondersoek is gevra om 'n fiets te ry wat elektrisiteit, in watt
         gemeet, opwek. Hoe vinniger die persoon gery het, hoe meer watt het hy
         opgewek.

                             OEFENING           CO 2 -KONSENTRASIE
                               (watt)          VAN DIE BLOED IN DIE
                                                         ARE
                                                       (mol/mℓ)
                                   0                     0,50
                                  50                     0,51
                                 100                     0,53
                                 150                     0,55
                                 200                     0,55
                                 250                     0,54
                                                   [Aangepas uit www.umc.edu]

         3.1.1        Wat is 'n normale bloedkoolstofdioksied-konsentrasie in die are vir
                      hierdie persoon?                                                               (1)

         3.1.2        Verduidelik waarom dit belangrik is om die koolstofdioksied-
                      konsentrasie in die bloed te meet wanneer die persoon geen
                      oefening doen nie.                                                             (2)

         3.1.3        Verduidelik waarom die koolstofdioksiedkonsentrasie in die are
                      tydens strawwe oefening toegeneem het.                                         (2)

         3.1.4        Beskryf die homeostatiese reaksie wat in die liggaam plaasvind om
                      die koolstofdioksiedkonsentrasie te verminder wanneer oefening
                      tussen 200 en 250 watt gedoen word.                                            (6)
                                                                                                     (11)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           15                                      DBE/2016
                                              SSE

3.2      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                OUKSIENE AS ONKRUIDDODERS

         Daar is baie verskillende onkruiddoders (chemiese middels wat gebruik word
         om onkruid te vernietig). Die meeste onkruiddoders wat nie hormone bevat
         nie, beskadig slegs die bogrondse plantdele, met ander woorde die blare en
         stingels. Hierdie onkruiddoders is ook vir ander organismes giftig.

         Hormoongebaseerde onkruiddoders is gewoonlik 'n oplossing vir hierdie
         probleem. Hulle vernietig die hele plant en is selektief oor watter plante hulle
         teiken.

         Ouksiene word gewoonlik as onkruiddoders gebruik weens hulle selektiewe
         aard in die tipe plante wat hulle aantas. Hulle is die effektiefste teen
         'breëblaar-' dikotiele plante.
                                            [Aangepas uit www.herbicidesymptoms.ipm.ucanr.edu]

         3.2.1        Noem EEN plek in 'n plant waar ouksiene natuurlik geproduseer
                      word.                                                                         (1)

         3.2.2        Noem EEN funksie van ouksiene wat groei in 'n plant veroorsaak.               (1)

         3.2.3        Beskryf TWEE nadele van die gebruik van onkruiddoders wat NIE
                      van planthormone gemaak is NIE.                                               (4)

         3.2.4        Verduidelik waarom dit vir 'n boer nadelig sou wees om
                      ouksien-onkruiddoders te gebruik op 'n land waarop bone, wat
                      dikotiel is, geplant is.                                                      (2)
                                                                                                    (8)

3.3      Die tabel hieronder toon die uitwissingskoers van dierespesies wat sedert
         1600 deur die mens veroorsaak is.

             OORSAAK VAN UITWISSING                    UITWISSINGSKOERS VAN
                                                           DIERESPESIES
                                                                (%)
                           Jag                                   23
              Invoer van uitheemse spesies                       39
                 Vernietiging van habitat                        36
                          Ander                                  2
                                                     [Aangepas uit www.bio.miami.edu/dana]

         3.3.1        Teken 'n sirkeldiagram om die data in die tabel hierbo voor te stel.          (6)

         3.3.2        Verduidelik hoe uitheemse plantegroei die uitwissing van 'n
                      dierespesie kan veroorsaak.                                                   (3)

         3.3.3        Stel EEN onwettige menslike aktiwiteit voor wat moontlik die
                      2%-uitwissingskoers kon veroorsaak.                                           (1)
                                                                                                    (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         16                                    DBE/2016
                                            SSE

3.4      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            VOEDSELSEKERHEID WORD BEDREIG

         Navorsing het getoon dat die vinnige groei in die menslike bevolking in
         die afgelope dekade veroorsaak het dat verbruik van die vier
         stapelvoedselsoorte (koring, rys, mielies en sojabone) baie hoër as die
         produksie daarvan was. Hierdie wanbalans tussen vraag en aanbod het
         sedert 2007 tot twee groot stygings in die pryse van stapelvoedsel gelei
         en sommige stapelvoedselsoorte se koste het meer as verdubbel. Die
         prysverhogings het tot hongersnood vir tienmiljoene arm mense in
         ontwikkelende lande gelei.

         Onvolhoubare boerderypraktyke is verantwoordelik vir 'n afname in
         oesopbrengs, wat ook tot 'n styging in die pryse van basiese voedselitems lei.

         Die jongste wetenskaplike navorsing toon dat klimaatsverandering 'n
         bydraende faktor is. Baie van die misoeste van die afgelope dekade was die
         gevolg van omgewingsrampe soos vloede, droogtes en hittegolwe.

                                                               [Aangepas uit www.iol.co.za]

         3.4.1        Noem EEN tipe voedsel, volgens die uittreksel, wat aan
                      voedselsekerheid gekoppel kan word.                                       (1)

         3.4.2        Verduidelik waarom die gebruik van monokultuur om meer voedsel
                      vir die groeiende menslike bevolking te produseer, dikwels tot 'n
                      toename in die gebruik van onkruiddoders lei.                             (3)

         3.4.3        Verduidelik   EEN   manier   waarop    vloede   voedselsekerheid
                      beïnvloed.                                                                (2)

         3.4.4        Verduidelik waarom die pryse van sommige graansoorte met tyd
                      meer as verdubbel het.                                                    (2)
                                                                                                (8)

3.5      Beskryf hoe ontbossing aardverwarming kan beïnvloed.                                   (3)
                                                                                                [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                       17                                DBE/2016
                                          SSE

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf hoe genetiese variasie in gamete deur seldeling veroorsaak word en
noem en beskryf die spesifieke proses wat tydens die vorming van 'n ovum plaasvind.

                                                                           Inhoud:      (17)
                                                                           Sintese:     (3)
                                                                                        (20)

LET WEL:       GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme, tabelle
               of diagramme toegeken word NIE.

                                                            TOTAAL AFDELING C:          20
                                                                GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2016-eng/4addd979-3df3-4173-8efe-c084d7b2b2d0) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Life Sciences P1 May June 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2016-memo-afr/80ae57fa-61cd-4936-b62f-64e842dcda27) — Life Sciences · Memo · 2016 · Afr
- [Life Sciences P2 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2016-eng/a7003e52-d0ba-4e5e-b91b-a71927b224ec) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Life Sciences P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2016-eng/f9972eee-7003-48cf-abd1-093a89c505c4) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Life Sciences P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-feb-march-2016-eng/1289bece-5f76-4cc1-912c-95fa7f8270ac) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
