# Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2018-afr/459037b6-c4f5-4c44-b407-3600f15bf432
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2018-afr/459037b6-c4f5-4c44-b407-3600f15bf432)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            LEWENSWETENSKAPPE V1

                                          2018

                                                                      PUNTE: 150

                                                                     TYD: 2 ½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                       2                                     DBE/2018
                                          SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          3                                   DBE/2018
                                             SSE

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.
         1.1.1        Watter deel van die manlike voortplantingstelsel skei testosteroon
                      af?
                      A   Cowper se kliere
                      B   Prostaatklier
                      C   Testis
                      D   Epididimis

         1.1.2        Watter EEN van die volgende verteenwoordig die KORREKTE
                      volgorde van ontwikkeling by mense?
                      A   Sigoot morula blastosist  fetus
                      B   Morula blastosist sigoot fetus
                      C   Fetus morula  blastosist  sigoot
                      D   Sigoot fetus  morula blastosist

         1.1.3        'n Funksie van die medulla oblongata is om …

                      A   hoër verstandelike vermoëns te beheer.
                      B   bloedglukosevlakke te reguleer.
                      C   asemhaling te reguleer.
                      D   willekeurige beweging te inhibeer.

         1.1.4        'n Afwyking van die brein wat deur geheueverlies en verwarring
                      gekenmerk word, is …

                      A   Alzheimer-siekte.
                      B   hemofilie.
                      C   veelvuldige sklerose.
                      D   Down-sindroom.

         1.1.5        Watter EEN van die volgende is 'n deel van die oor waar
                      dreineringspypies ingeplaas word?

                      A   Ovale venster
                      B   Halfsirkelvormige kanaal
                      C   Timpaniese membraan
                      D   Oorskulp/Pinna

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                              4                                  DBE/2018
                                                 SSE

         1.1.6        Dieptepersepsie verwys na die vermoë om afstand te skat.

                      'n Ondersoek is gedoen om te bepaal wat die invloed sou wees as
                      slegs een oog of beide oë op dieptepersepsie gebruik word.

                      Deelnemers is gevra om garing deur die oog van 'n naald te steek
                      as 'n toets van dieptepersepsie. Die getal kere wat nodig was om
                      die garing suksesvol deur die oog van die naald te steek met
                      gebruik van slegs een oog en dan met beide oë, is getel.

                      Die resultate van die ondersoek word in die tabel hieronder gegee.

                                 OË GEBRUIK               GETAL POGINGS
                                 Slegs een oog                  12
                                    Beide oë                    2

                      Die resultate van hierdie ondersoek toon dat …

                      A   binokulêre visie dieptepersepsie verminder.
                      B   deur slegs een oog te gebruik, dieptepersepsie verhoog.
                      C   die getal oë wat gebruik word, geen invloed op dieptepersepsie
                          het nie.
                      D   binokulêre visie dieptepersepsie verhoog.

         1.1.7        Watter EEN van die volgende verwys na 'n deel van die
                      senuweestelstelsel wat by die regulering van liggaamstemperatuur
                      betrokke is?

                      A   Corpus callosum
                      B   Serebellum
                      C   Hipotalamus
                      D   Rugmurg

         1.1.8        'n Persoon ondervind die volgende simptome:

                      •   Verloor vinnig gewig
                      •   Is altyd honger
                      •   Kry nooit koud nie

                      Die waarskynlikste verduideliking vir hierdie kombinasie van
                      simptome is dat die persoon …

                      A   te veel groeihormoon afskei.
                      B   'n ooraktiewe tiroïedklier het.
                      C   'n diabeet is en pas 'n insulieninspuiting gehad het.
                      D   'n onderaktiewe hipotalamus het.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                  5                                 DBE/2018
                                                     SSE

         1.1.9         Die diagram hieronder stel 'n sel tydens die vroeë stadiums van
                       profase I voor.

                       Verskeie kombinasies            van   chromosoomrangskikkings     word
                       hieronder gegee.

                     (i)                     (ii)                  (iii)               (iv)

                       Watter diagramme, (i) tot (iv), is moontlike voorstellings van die
                       chromosome by die pole van die sel tydens telofase I van normale
                       meiose?

                       A   Slegs (iii) en (iv)
                       B   Slegs (i) en (ii)
                       C   Slegs (i) en (iii)
                       D   Slegs (i), (ii) en (iv)                                     (9 x 2)      (18)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           6                                    DBE/2018
                                              SSE

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Die stelsel in die liggaam wat prosesse beheer deur die afskeiding
                     van hormone direk in die bloedstroom

         1.2.2       Die boerderypraktyk waar 'n oes met slegs 'n enkele spesie
                     gekweek word

         1.2.3       Die produsering van manlike gamete deur meiose

         1.2.4       Die hormoon wat die produksie van melk na die geboorte van 'n
                     baba in 'n moeder stimuleer

         1.2.5       Skerp strukture wat in plante aangetref word vir beskerming teen
                     herbivore

         1.2.6       'n Meting van die totale hoeveelheid koolstofdioksiedvrystellings van
                     'n persoon/bevolking/maatskappy per jaar

         1.2.7       'n Groeireaksie by plante as gevolg van 'n uitwendige/eksterne
                     stimulus                                                (7 x 1)              (7)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                          KOLOM I                                 KOLOM II
         1.3.1       Verminder voedselsekerheid       A:   Indringing van uitheemse
                                                           plante
                                                      B:   Eksponensiële groei van die
                                                           menslike bevolking
         1.3.2       Die gebruik van planthormone     A:   Chemiese beheer
                     om die indringing van            B:   Meganiese beheer
                     uitheemse plante te beveg
         1.3.3       Hormoon wat deur die pituïtêre   A:   Aldosteroon
                     klier afgeskei word              B:   Groeihormoon
                                                                                   (3 x 2)        (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          7                                    DBE/2018
                                             SSE

1.4      Die diagram hieronder stel 'n moontlike 'pad', gevolg deur 'n impuls, voor
         wanneer 'n persoon aan 'n warm plaat raak.

                                                 C

                                                               D

             B
                                                                               E
                                               G

                               A                                   F

         1.4.1       Noem die 'pad' wat in die diagram voorgestel word.                        (1)

         1.4.2       Identifiseer die tipe neuron voorgestel deur:

                     (a)   B                                                                   (1)

                     (b)   C                                                                   (1)

                     (c)   E                                                                   (1)

         1.4.3       Gee slegs die LETTER van die deel wat die volgende voorstel:

                     (a)   Reseptor                                                            (1)

                     (b)   Effektor                                                            (1)

         1.4.4       Gee die LETTER en NAAM van die:

                     (a)   Gebied waar die impuls chemies vervoer word                         (2)

                     (b)   Deel wat 'n isoleringsfunksie het                                   (2)
                                                                                               (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           8                                  DBE/2018
                                              SSE

1.5   Die diagramme hieronder stel twee fases van meiose in 'n organisme voor.

                 A                                  B                                 C

                                                                                  D
                            Diagram 1                          Diagram 2

         1.5.1        Identifiseer die fase van meiose wat in Diagram 1 verteenwoordig
                      word.                                                                     (1)

         1.5.2        Identifiseer deel:

                      (a)   A                                                                   (1)

                      (b)   B                                                                   (1)

                      (c)   C                                                                   (1)

         1.5.3        Noem wat met struktuur D in die volgende fase van meiose
                      gebeur.                                                                   (1)

         1.5.4        Noem die proses waartydens genetiese materiaal uitgeruil is, soos
                      in die diagramme hierbo getoon.                                           (1)

         1.5.5        Noem die gevolg indien die proses genoem in VRAAG 1.5.4 nie
                      plaasvind nie.                                                            (1)

         1.5.6        Gee die getal chromosome teenwoordig in:

                      (a)   Die oorspronklike ouer-sel van hierdie organisme                    (1)

                      (b)   'n Menslike sel in dieselfde fase as wat in Diagram 2 getoon
                            word.                                                               (1)
                                                                                                (9)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                                     9                                   DBE/2018
                                                                        SSE

AFDELING B
VRAAG 2

2.1      Die grafiek hieronder toon die konsentrasie progesteroon in 'n vrou se bloed
         tydens tydens die beginstadium van swangerskap.

                                                          Progesteroonvlakke in 'n vrou se bloed tydens die
                                                                  beginstadium van swangerskap
                                       45
                                                                                                            39,5

          Progesteroonvlakke (ng/mℓ)
                                       40
                                       35                                                      33,4
                                                                                     30
                                       30                                 28
                                                              26,2
                                       25      21,6
                                       20
                                       15
                                       10
                                       5
                                       0
                                                   4            6         8        10           12           14
                                                                     Gestasieperiode (weke)

         2.1.1                               Noem TWEE strukture wat tydens swangerskap verantwoordelik is
                                             vir die produsering van progesteroon.                                         (2)

         2.1.2                               Beskryf die algemene tendens in die verandering in
                                             progesteroonvlakke in die vrou se bloed tydens die beginstadium
                                             van swangerskap.                                                              (1)

         2.1.3                               Beskryf die negatiewe-terugkoppelingsmeganisme wat tussen
                                             progesteroon en FSH tydens swangerskap plaasvind.                             (2)

         2.1.4                               Noem die belangrikheid van die negatiewe-terugkoppelings-
                                             meganisme wat in VRAAG 2.1.3 beskryf word.                                    (1)

         2.1.5                               Bereken die persentasie toename in progesteroonvlakke tussen
                                             week 4 en week 14. Toon ALLE berekeninge.                                     (3)

         2.1.6                               Die vrou se progesteroonvlak in week 16 was 25 ng/mℓ.

                                             (a)       Verduidelik waarom hierdie vrou bekommerd moet wees oor
                                                       die afname in progesteroonvlakke.                                   (2)

                                             (b)       Stel EEN manier voor waarop hierdie probleem moontlik deur
                                                       'n dokter behandel kan word.                                        (1)
                                                                                                                           (12)

Kopiereg voorbehou                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         10                                     DBE/2018
                                            SSE

2.2      Die diagram hieronder stel die struktuur van 'n grondopvullingsterrein voor.

         grondvlak                                                          skoorsteen

                                                                              lae
                                                                              vaste
          lae                                                                 afval
          sand

                                     toksiese vloeistowwe

         2.2.1        Noem die vlambare gas wat deur die skoorsteen ontsnap.                    (1)

         2.2.2        Noem EEN moontlike gebruik vir die gas in VRAAG 2.2.1.                    (1)

         2.2.3        Gee EEN rede waarom die afval by grondopvullingsterreine met
                      gereelde tussenposes met lae sand bedek moet word.                        (1)

         2.2.4       Gee EEN sigbare rede waarom hierdie grondopvullingsterrein nie
                     veel langer gebruik sal word nie.                                          (1)

         2.2.5       Noem TWEE maniere waarop die:

                     (a) Grondopvullingsterrein na rehabilitasie gebruik kan word               (2)

                     (b) Hoeveelheid afval wat na die grondopvullingsterrein geneem
                         word, verminder kan word                                               (2)
                                                                                                (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         11                                     DBE/2018
                                            SSE

2.3   Die diagram hieronder stel 'n deel van die menslike oor voor.

                            A

                            B

                            C

         2.3.1        Noem die deel van die brein wat impulse ontvang van:

                      (a)   Deel A en B                                                           (1)

                      (b)   Deel C                                                                (1)

         2.3.2        Noem die reseptor wat in deel C aangetref word.                             (1)

         2.3.3        Verduidelik TWEE maniere waarop deel A in die diagram
                      struktureel geskik is om balans te handhaaf.                                (4)
                                                                                                  (7)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          12                                   DBE/2018
                                             SSE

2.4   Die diagram hieronder toon die struktuur van die menslike oog.

                                                   B

                                                                              C

                                                                              D
              A

                                                                               E

         2.4.1       Identifiseer deel:

                     (a) B                                                                       (1)

                     (b) C                                                                       (1)

         2.4.2       Verduidelik die invloed op 'n persoon se sig indien deel E gesny
                     word.                                                                       (2)

         2.4.3       Deel D kan in baie skerp lig beskadig word.

                     Beskryf hoe deel A help om deel D in baie skerp lig te beskerm.             (4)

         2.4.4       Lense verloor hulle elastisiteit en behou gevolglik 'n konstante plat
                     vorm tydens 'n siekte wat presbiopie genoem word.

                     (a) Verduidelik hoe hierdie siekte 'n persoon se sig kan beïnvloed.         (4)

                     (b) Stel die vorm van die lens voor wat moontlik deur 'n dokter
                         voorgeskryf kan word om hierdie afwyking reg te stel.                   (1)
                                                                                                 (13)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         13                                 DBE/2018
                                            SSE

VRAAG 3

3.1      Die tabel hieronder gee inligting oor die bronne van seebesoedeling.

                       BRONNE VAN                   PERSENTASIE BYDRAE TOT
                     SEEBESOEDELING                      BESOEDELING
          Riool                                               30
          Boerdery-afloop                                     20
          Lugbesoedeling                                      20
          Mariene vervoer                                     10
          Nywerheidsafval                                     10
          Olie langs die kus                                   5
          Organiese rommel                                     5

         3.1.1        Trek 'n kolomgrafiek om die persentasie bydrae van riool,
                      boerdery-afloop, nywerheidsafval en organiese rommel tot
                      seebesoedeling voor te stel.                                            (7)

         3.1.2        Onbehandelde riool en organiese rommel vloei soms in damme in.

                      Beskryf hoe hierdie besoedeling suurstofvlakke in die water
                      verlaag.                                                                (4)
                                                                                              (11)

3.2      Die endokriene stelsel speel 'n rol om 'n persoon te help om 'n gevaarlike
         situasie te hanteer.

         3.2.1        Noem die hormoon wat in die persoon se liggaam afgeskei word in
                      reaksie op 'n gevaarlike situasie.                                      (1)

         3.2.2        Noem DRIE gevolge wat die hormoon in VRAAG 3.2.1 op die
                      liggaam het.                                                            (3)
                                                                                              (4)

3.3      Beskryf die homeostatiese beheer van die bloedglukosevlakke van 'n persoon
         wat 'n drankie met 'n groot hoeveelheid suiker gedrink het.                          (5)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           14                                      DBE/2018
                                              SSE

3.4      'n Ondersoek is gedoen om die invloed van alkohol op die volume urien
         geproduseer, te bepaal.

         12 gesonde, 23-jaar oue mans met dieselfde lengte en massa het aan die
         ondersoek deelgeneem.

         Die ondersoek is soos volg uitgevoer:

         •   Die mans is in twee groepe van ses elk verdeel, Groep A en Groep B.
         •   Die twee groepe het vir die 24-uur tydperk voordat die toets uitgevoer is,
             dieselfde voedsel geëet en dieselfde oefeninge gedoen.
         •   Elke groep is die volgende gegee om na die 24-uur tydperk te drink:
             - Groep A: 1 liter alkoholvrye bier (bier wat geen alkohol bevat nie)
             - Groep B: 1 liter alkoholiese bier
         •   Urien is elke uur van elke man versamel.

         Neem aan dat die volume urien wat versamel is, gelyk is aan die volume urien
         wat geproduseer is.

         Die resultate van die ondersoek word in die tabel hieronder getoon.

                          TYD VAN             GEMIDDELDE VOLUME URIEN
                        VERSAMELING                 VERSAMEL (mℓ)
                                               GROEP A       GROEP B
                       Na 1 uur                  599            643
                       Na 2 ure                  413            504
                       Na 3 ure                  112            132

         3.4.1        Noem:

                      (a)   Die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek                        (1)

                      (b)   TWEE beplanningstappe wat die navorsers moes neem
                            voordat die ondersoek kon begin                                          (2)

                      (c)   TWEE faktore wat konstant gehou moes word, behalwe dié
                            wat reeds genoem is                                                      (2)

                      (d)   TWEE stappe wat die navorsers geneem het om die
                            betroubaarheid van die ondersoek te verseker                             (2)

         3.4.2        Verduidelik, gebaseer op die resultate, hoe die inname van alkohol
                      die sekresie van ADH en gevolglik die volume urien wat deur die
                      niere geproduseer word, beïnvloed.                                             (4)
                                                                                                     (11)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           15                                  DBE/2018
                                              SSE

3.5      Die diagram hieronder toon twee plante (A en B) aan die begin van 'n
         ondersoek. Die plante is op die volgende maniere behandel:
         •   Geen veranderinge is op plant A gemaak nie.
         •   Die eindknop/apikale knop van plant B is verwyder.
         •   Elke plant is met 'n houer met 'n enkele opening bedek, soos in die
             diagram getoon, en in 'n verligte vertrek geplaas.

              eindknop

                                                     houer

                                   Plant A                            Plant B
         3.5.1        Noem die rol van die houers in die ondersoek.                              (1)
         3.5.2        Noem die hormoon wat verwyder word wanneer die eindknop by
                      plant B afgesny word.                                                      (1)
         3.5.3        Tabuleer TWEE verskille wat jy na twee weke tussen plant A en
                      plant B sou verwag.                                                        (5)
         3.5.4        Die diagram hieronder toon plant B sewe dae nadat dit met
                      gibberelliene bespuit is.

                      Verduidelik die invloed wat die gibberelliene op die plant gehad het
                      deur te verwys na die veranderinge wat in die diagram
                      waargeneem word.                                                           (2)
                                                                                                 (9)
                                                                                                 [40]
                                                                 TOTAAL AFDELING B:              80
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                       16                                  DBE/2018
                                          SSE

AFDELING C

VRAAG 4

Beskerming, voeding en gaswisseling is belangrike vereistes vir die suksesvolle
ontwikkeling van 'n embrio.

Beskryf hoe gaswisseling en die voeding van die embrio in 'n amniotiese eier plaasvind
en hoe gaswisseling en voeding, asook beskerming, van die fetus by die mens
plaasvind.

                                                                             Inhoud:      (17)
                                                                              Sintese:    (3)

LET WEL:     GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van 'n tabel, vloeidiagramme of
             diagramme toegeken word NIE.

                                                             TOTAAL AFDELING C:           20
                                                                 GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2018-memo-eng/7028d3e4-e3bb-4329-9cb4-8e3f45808a77) — Life Sciences · Memo · 2018 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-afr/12a337df-bd94-4623-80e8-1f7baba2ce86) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-eng/f78a2850-007f-41f2-9e3b-939d8311bf0d) — Life Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Gr 12 Life Sciences P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-p1-english-june-2024-question-paper/4fc6ccbd-0c7e-4401-885a-2cf93f82dfd5) — Life Sciences · QP · 2024 · Eng
- [Life Sciences P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2022-eng/88be2a14-1b51-47ea-bec4-810a3bbfd3b4) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2019-eng/b144aa01-02ec-4195-99cc-5ac17d9aff9c) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
