# Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2019-afr/bf964714-bd3d-49d5-8af3-4c9d54303789
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2019-afr/bf964714-bd3d-49d5-8af3-4c9d54303789)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            LEWENSWETENSKAPPE V1

                                          2019

                                                                         PUNTE: 150

                                                                        TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        2                                   DBE/2019
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                  3                                DBE/2019
                                                   SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.

         1.1.1        Watter EEN van die volgende behels die ontwikkeling van die
                      kleintjie in die uterus van die ma waar dit voedingstowwe deur die
                      plasenta ontvang?

                      A      Oviparie
                      B      Viviparie
                      C      Ovoviviparie
                      D      Amniotiese eier

         1.1.2        Hieronder is 'n lys van terme wat op voortplanting van
                      toepassing is:

                     (i)      Prekosiële/Vroegselfstandige ontwikkeling
                     (ii)     Altrisiële ontwikkeling
                     (iii)    Amniotiese eier
                     (iv)     Ouersorg

                      Watter van die terme hierbo verwys na strategieë wat voëls gebruik
                      om hulle eiers in 'n nes uit te broei en hulle kleintjies te voed totdat
                      hulle in staat is om te vlieg?

                      A      (i), (ii), (iii) en (iv)
                      B      Slegs (i), (iii) en (iv)
                      C      Slegs (ii), (iii) en (iv)
                      D      Slegs (i), (ii) en (iii)

         1.1.3        Watter deel van die oog absorbeer oortollige lig?

                      A      Retina
                      B      Blindevlek
                      C      Choroïed
                      D      Optiese senuwee

         1.1.4        Watter EEN van die volgende aktiwiteite sal help om die
                      biodiversiteit in 'n land te handhaaf?

                      A      Vernietiging van die habitat
                      B      Wildstropery
                      C      Die inbring van uitheemse plantegroei
                      D      Volhoubare gebruik van plant- en dierehulpbronne

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            4                                  DBE/2019
                                             SS/NSS

VRAAG 1.1.5 EN 1.1.6 IS OP DIE VLOEIDIAGRAM HIERONDER GEBASEER.

                              'n Persoon eet 'n maaltyd met baie sout in

                                     Klier skei X aldosteroon af

                                 Herabsorpsie van sout in die niere Y

                                    Normale soutvlak in die bloed

         1.1.5        Watter klier skei aldosteroon af?

                      A   Adrenale/Byniere
                      B   Pituïtêre
                      C   Tiroïed
                      D   Pankreas

         1.1.6        Watter EEN van die volgende is KORREK met verwysing na X en
                      Y in die vloeidiagram?

                                        X                               Y
                      A               Meer                          Toeneem
                      B               Minder                        Toeneem
                      C               Meer                           Afneem
                      D               Minder                         Afneem

         1.1.7        Tydens 'n ondersoek is 'n man in 'n lugdigte vertrek geplaas.
                      Sensors is gebruik om sy asemhalingstempo en hartklop te
                      monitor. Die navorsers was in staat om die omgewingstoestande in
                      die vertrek te verander.

                      Na 30 minute het die man se asemhalingstempo en hartklop
                      verhoog.

                      Die navorsers het die omgewingstoestande in die vertrek verander
                      deur die …

                      A    ligintensiteit te verminder.
                      B    hoeveelheid koolstofdioksied in die lug te verhoog.
                      C    humiditeit te verminder.
                      D    hoeveelheid suurstof in die lug te verhoog.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                              5                           DBE/2019
                                                               SS/NSS

         1.1.8        Watter EEN van die volgende is 'n gevolg van die vernietiging van
                      vleilande?

                      A           Toename in die afloop/wegvloei van reënwater
                      B           Verhoogde biodiversiteit
                      C           Toename in die beskikbaarheid van water
                      D           Verhoogde watergehalte

         1.1.9        Die jaarlikse gemiddelde temperatuur van 'n land oor die afgelope
                      100 jaar is aangeteken. Die inligting word in die grafiek hieronder
                      voorgestel.

                                                 GEMIDDELDE JAARLIKSE TEMPERATUUR VAN
                                                   'N LAND OOR 'N TYDPERK VAN 100 JAAR
                                                 10.5

                          Gemiddelde jaarlikse
                                                  10
                                                  9.5
                                                   9

                            temperatuur (°C)
                                                  8.5
                                                   8
                                                        1900      1925   1950   1975     2000
                                                                         Jaar

                      Watter EEN van die volgende is 'n moontlike gevolgtrekking wat uit
                      die inligting in die grafiek gemaak kan word?

                      A           Aardverwarming het die vernietiging van habitat veroorsaak
                      B           Osoonvermindering het plaasgevind
                      C           Koolstofdioksiedvlakke in die atmosfeer neem toe
                      D           Verwoestyning het as gevolg van aardverwarming plaasgevind
                                                                                          (9 x 2)           (18)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           6                                    DBE/2019
                                            SS/NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Die strukture wat tydens seldeling deur die sentrioles gevorm word

         1.2.2        Reseptore wat inligting oor die posisie van die kop verskaf

         1.2.3        'n Hormoon wat die waterbalans in die liggaam reguleer

         1.2.4        'n Vlambare gas wat in grondopvullingsterreine gevorm word

         1.2.5        Dele met poreuse rots wat water stoor

         1.2.6        Die deel van die brein wat asemhaling beheer

         1.2.7        Die proses om 'n konstante interne omgewing in die menslike
                      liggaam te handhaaf

         1.2.8        Die membraan wat saam met die endometrium die plasenta vorm

         1.2.9        Die struktuur in die kop van die sperm wat verteringsensieme bevat          (9)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                        KOLOM I                                    KOLOM II
         1.3.1 Onbevrugte eiers word deur die         A:   Ongeslagtelike voortplanting
               vroulike dier se liggaam vrygestel     B:   Uitwendige bevrugting
         1.3.2 Planthormone wat plantsade help        A:   Gibberelliene
               om ongunstige toestande, bv.           B:   Absissiensuur
               droogte, te oorleef
         1.3.3 Hormone wat deur die pituïtêre         A:   Prolaktien
               klier afgeskei word                    B:   Groeihormoon
                                                                                       (3 x 2)     (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          7                                  DBE/2019
                                           SS/NSS

1.4      Die diagramme hieronder toon die reaksie van die menslike oog op twee
         verskillende toestande.

                                              Diagram 1

                                               Diagram 2
                                                                      C
                                               A

                                               B

         1.4.1       Identifiseer deel:

                     (a)   A                                                                   (1)

                     (b)   B                                                                   (1)

                     (c)   C                                                                   (1)

         1.4.2       Identifiseer die proses in Diagram 1.                                     (1)

         1.4.3       Noem die deel van die oog wat vir die reaksie in Diagram 1
                     verantwoordelik is.                                                       (1)

         1.4.4       Noem die gevolge wat dit vir die persoon se sig inhou indien die
                     proses in Diagram 2 nie plaasvind nie.                                    (1)
                                                                                               (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                              8                              DBE/2019
                                               SS/NSS

1.5      Die diagram hieronder stel 'n endokriene klier A voor en die gebeure wat
         tydens die menstruele siklus by mense in die ovarium plaasvind.

                                                        Klier A

                                              FSH
                                                                  B
                                     E

                            D

                                                                      C

         1.5.1        Identifiseer:

                      (a)       Klier A                                                        (1)

                      (b)       Struktuur B                                                    (1)

                      (c)       Proses C                                                       (1)

                      (d)       Struktuur D                                                    (1)

         1.5.2        Noem die uitwerking op die estrogeenvlakke in die bloed indien
                      klier A ophou om FSH af te skei.                                         (1)

         1.5.3        Noem EEN funksie van LH.                                                 (1)
                                                                                               (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           9                                        DBE/2019
                                            SS/NSS

1.6      'n Normale, gesonde persoon is in 'n koelkamer geplaas. Die termiese beeld
         wat hieronder gesien kan word, is na 30 minute geproduseer. Die termiese
         beeld dui die temperatuur van verskillende dele van die liggaam aan. Ligter
         kleure op die skandering dui temperature wat laer as die
         liggaamstemperatuur is, aan.

         1.6.1        Watter kleur, swart, grys           of    wit,   stel    die    normale
                      liggaamstemperatuur voor?                                                       (1)

         1.6.2        Noem wat in elkeen van die volgende dele van hierdie persoon se
                      vel tydens temperatuurregulering plaasgevind het:

                      (a)   Bloedvate                                                                 (1)

                      (b)   Sweetkliere                                                               (1)

         1.6.3        Noem die deel         van   die   brein   wat    vir    termoregulering
                      verantwoordelik is.                                                             (1)

         1.6.4        Noem EEN manier waarop die termiese beeld sou verskil indien
                      die persoon vir 30 minute in 'n warm vertrek geplaas is.                        (1)
                                                                                                      (5)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:                 (50)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          10                                       DBE/2019
                                            SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder verteenwoordig 'n fase van meiose.

                                                                      A

                                                                      B

         2.1.1        Identifiseer die fase van meiose in die diagram hierbo.                        (1)

         2.1.2        Teken 'n diagram om slegs die TWEE gamete wat van sel A
                      gevorm word, voor te stel. (GEEN byskrifte is nodig NIE.)                      (4)

         2.1.3        Tabuleer TWEE verskille tussen profase I en profase II.                        (5)
                                                                                                     (10)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                             11                                    DBE/2019
                                               SS/NSS

2.2      'n Klinostaat is 'n apparaat wat gebruik word om plantgroeireaksies te
         ondersoek. Dit het 'n skyf wat baie stadig roteer wanneer die klinostaat
         aangeskakel is.
         Tydens 'n ondersoek oor plantgroeireaksies op lig is die prosedure hieronder
         gevolg:
             Drie potplante van dieselfde spesie is gebruik.
             Elke potplant is op een van drie identiese klinostate geplaas.
             Elke stel apparaat, A, B en C, is in 'n boks met 'n enkele opening
              geplaas.
             Elke klinostaat is oor 'n tydperk van vyf weke op 'n verskillende manier
              behandel.
         Die resultate van die ondersoek word in die diagramme hieronder voorgestel.

                                                                                   Skyf van
                                                                                   die
                                                                                   klinostaat

                     A                          B                        C

         2.2.1           Noem die plant se groeireaksie op lig.                                      (1)

         2.2.2           Noem TWEE faktore wat tydens die ondersoek konstant gehou is.               (2)

         2.2.3           Gee EEN rede waarom die resultate van hierdie ondersoek as
                         onbetroubaar beskou kan word.                                               (1)

         2.2.4           In watter apparaat (A, B of C) was die klinostaat:
                         (a)   Aangeskakel en het stadig geroteer                                    (1)

                         (b)   Afgeskakel, maar een maal per week met die hand deur 180°
                               geroteer                                                              (1)
         2.2.5           Verduidelik die uitwerking van die eensydige lig op die verspreiding
                         van ouksiene in die plant in apparaat C.                                    (3)
                                                                                                     (9)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                               12                                   DBE/2019
                                                                 SS/NSS

2.3      Die grafiek hieronder toon die spoed waarteen impulse langs sensoriese
         neuronaksone met toenemende deursnee gelei word wanneer die aksone
         gemiëlineerd is (met 'n miëlienskede bedek is) en ongemiëlineerd is (geen
         miëlienskede aanwesig nie).

                                                    VERGELYKING VAN DIE SPOED VAN
                                                 IMPULSGELEIDING IN GEMIËLINEERDE EN
                                               ONGEMIËLINEERDE SENSORIESE NEURONE MET
                                                     TOENEMENDE AKSONDEURSNEE
                                       9                                  Gemiëlineerd

              Spoed van impuls (m/s)
                                       8
                                       7
                                       6
                                       5                                            Ongemiëlineerd
                                       4
                                       3
                                       2
                                       1
                                       0
                                           0              1             2                  3               4
                                                                Aksondeursnee (µm)

         2.3.1                             Beskryf die rigting van die impuls binne 'n neuron.                        (2)

         2.3.2                             Gee die deursneewydte (in µm) wanneer die spoed van die impuls
                                           vinniger in ongemiëlineerde aksone as in gemiëlineerde aksone is.          (2)

         2.3.3                             Beskryf die verband tussen aksondeursnee en die spoed van die
                                           impuls in gemiëlineerde aksone.                                            (2)

         2.3.4                             Gebruik bewyse in die grafiek om die uitwerking van veelvuldige
                                           sklerose op 'n lyer, wie se motoriese neuronaksone groter as 1 µm
                                           in deursnee is, te verduidelik.                                            (3)
                                                                                                                      (9)

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            13                                 DBE/2019
                                              SS/NSS

2.4      TWEE soorte gehoorverlies kom by mense voor:
            Konduktiewe gehoorverlies – kom voor wanneer klankgolwe nie deur die
             uitwendige oor en middeloor gelei kan word nie
            Sensorineurale gehoorverlies – kom voor wanneer klankgolwe in die
             binneoor nie na senuwee-impulse omgeskakel word nie of wanneer die
             senuwee-impulse nie na die brein vervoer kan word nie

         Die diagram hieronder stel die menslike oor voor.

                                                           D
                             A                    C
                                     B
                                                                               E

                                                                           F

                                                               G
                                          H

         2.4.1        Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:
                      (a)   Impulse na die brein gelei                                          (2)
                      (b)   Die druk tussen die uitwendige en die middeloor dieselfde
                            maak                                                                (2)

         2.4.2        Gee slegs die LETTER van TWEE strukture in die diagram van die
                      oor wat, indien beskadig, die volgende tot gevolg sal hê:
                      (a)   Konduktiewe gehoorverlies                                           (2)
                      (b)   Sensorineurale gehoorverlies                                        (2)

         2.4.3        Middeloorontsteking is 'n algemene oorsaak van gehoorverlies.
                      Noem EEN manier waarop middeloorontsteking behandel kan
                      word.                                                                     (1)
         2.4.4        Noem die deel van die oor waar oorwas gevorm word.                        (1)
         2.4.5        Verduidelik waarom gehoorverlies as gevolg van oorwas gewoonlik
                      tydelik is.                                                               (2)
                                                                                                (12)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          14                                       DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 3

3.1      Die diagram hieronder stel sommige dele van die manlike voortplantingstelsel
         voor.

                                                              Vas deferens

                                                                B

                           A

                                                               C

         3.1.1        Identifiseer deel:

                     (a)   A                                                                         (1)

                     (b)   B                                                                         (1)

                     (b)   C                                                                         (1)

         3.1.2        Beskryf die proses van spermatogenese in deel A.                               (4)

         3.1.3        Toetsresultate toon dat 'n man 'n lae spermtelling het.

                      Verduidelik waarom 'n dokter die man sou aanraai om nie stywe
                      onderklere te dra nie.                                                         (3)

         3.1.4        Tydens 'n vasektomie word die vas deferens van beide testes
                      deurgesny.

                      Verduidelik EEN rede waarom 'n man wat:

                     (a)   Nie kinders wil hê nie, sal verkies om 'n vasektomie te
                           ondergaan                                                                 (2)

                     (b)   'n Vasektomie gehad het steeds in staat is om te ejakuleer                (2)
                                                                                                     (14)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                                15                                            DBE/2019
                                                                  SS/NSS

3.2      Mielies is geneties gemodifiseer/gemanipuleer (GM) om hulle weerstand teen
         insekte te verhoog. Hierdie GM mielies is aan 'n land bekendgestel om
         voedselsekerheid te verhoog.

         Die grafiek hieronder toon die getal mielieboere in die land wat oor 'n tydperk
         van tien jaar met ernstige depressie gediagnoseer is. Dit toon ook die
         oppervlakte van die landbougrond wat met GM mielies beplant is.

                      GETAL BOERE WAT MET DEPRESSIE GEDIAGNOSEER IS
                   EN DIE GETAL HEKTAAR WAAROP GENETIES GEMODIFISEERDE
                           (GM) MIELIES VAN 1997 TOT 2006 GEPLANT IS

                                      3500                                                       700
                                                  Gevalle van depressie

                                                                                                   Oppervlakte waarop GM mielies
                                      3000                                                       600

          Getal boere met depressie
                                      2500                                                       500

                                                                                                     geplant is (x 1 000 hektaar)
                                      2000                                                        400

                                      1500                                                       300
                                               Area met GM mielies geplant
                                      1000                                                       200

                                                                                                          (x 1000 hektaar)
                                      500                                                        100

                                         0                                               0
                                          1997 1998 1999 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006
                                                             Jaar

        https://commons.wikimedia.org/wiki/File:Bt_Cotton_Hectares_and_Farmer_Suicides_Time_Trend
         3.2.1      Gee 'n definisie vir voedselsekerheid.                                        (3)

         3.2.2                               Noem TWEE ander boerderypraktyke behalwe GM voedsel, wat
                                             boere kan gebruik om voedselsekerheid te verhoog.                                      (2)

         3.2.3                               Vanaf die grafiek, noem hoeveel boere in 2003 aan depressie gely
                                             het.                                                                                   (1)

         3.2.4                               Verduidelik waarom meer boere voor die bekendstelling van
                                             GM voedsel aan depressie gely het.                                                     (3)
                                                                                                                                    (9)

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        16                                     DBE/2019
                                          SS/NSS

3.3      Lees die volgende uittreksel en bestudeer die diagram hieronder.

                                EKTOPIESE SWANGERSKAPPE

         'n Ektopiese/Buitebaarmoederlike swangerskap is 'n probleem waar die
         embrio buite die uterus inplant. In die meeste gevalle vind inplanting in die
         Fallopiusbuis plaas, maar inplanting kan ook in die ovariums, in die serviks of
         in die abdominale holte voorkom. 'n Ektopiese swangerskap kan nie soos
         normaal voortgaan nie. Gewoonlik oorleef die embrio nie.

         Ektopiese swangerskappe word deur een of meer van die volgende
         veroorsaak:

             'n Infeksie of inflammasie van die Fallopiusbuise
             Die ontwikkeling van letselweefsel/litteken van 'n vorige infeksie of 'n
              chirurgiese prosedure in die Fallopiusbuise
             Vorige chirurgie in die pelvisgedeelte

         In die meeste gevalle moet die Fallopiusbuis, waarin die ektopiese
         swangerskap plaasvind, chirurgies verwyder word om die vrou se lewe te red.

                                           B
                                                               C

                                 A

                                                              D
                                               E

         3.3.1        Gee slegs die letters van die TWEE dele in die diagram waar
                      inplanting van die embrio tydens 'n ektopiese swangerskap kan
                      voorkom.                                                                   (2)

         3.3.2        Verduidelik waarom vroue wat chirurgie aan hulle Fallopiusbuise
                      ondergaan het, 'n groter kans op 'n ektopiese swangerskap het.             (3)

         3.3.3        Verduidelik waarom 'n vrou wie se Fallopiusbuis na 'n ektopiese
                      swangerskap verwyder is, steeds swanger kan raak.                          (2)

         3.3.4        Gee TWEE redes waarom die embrio moontlik tydens 'n ektopiese
                      swangerskap binne die Fallopiusbuis nie kan oorleef nie.                   (2)
                                                                                                 (9)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          17                                   DBE/2019
                                            SS/NSS

3.4      Waterhiasinte is uitheemse waterplante. Die plante groei vinnig wanneer hulle
         'n nuwe omgewing indring.

         As gevolg van baie reën het 'n paar waterhiasinte in 'n natuurlike poel
         ingespoel uit 'n dam verder op in die rivier.

         Die diagram hieronder stel 'n lengtesnee deur die poel twee weke later voor.

                                     Drywende hiasintplante

         3.4.1        Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om die uitheemse
                      plantpopulasie te verminder.                                               (2)

         3.4.2        Verduidelik hoe die uitheemse plantindringing die beskikbaarheid
                      van skoon water vir die omliggende gemeenskap negatief sal
                      beïnvloed.                                                                 (4)

         3.4.3        Waterhiasinte stel suurstof tydens fotosintese vry.

                      Verduidelik hoekom hierdie proses nie die suurstofkonsentrasie
                      van die water verhoog nie.                                                 (2)
                                                                                                 (8)
                                                                                                 [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                       18                                   DBE/2019
                                         SS/NSS

AFDELING C

VRAAG 4

Beide die senuwee- en endokriene stelsels is betrokke wanneer 'n persoon in 'n
gevaarlike situasie is.

Beskryf die pad van 'n impuls in 'n refleksboog tydens 'n refleksaksie. Beskryf ook die
rol van die verskillende kliere van die endokriene stelsel om die liggaam tydens die
gevaarlike situasie van ekstra energie te voorsien.
                                                                               Inhoud:     (17)
                                                                              Sintese:     (3)

LET WEL:     GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
             vloeidiagramme, tabelle of diagramme NIE.

                                                              TOTAAL AFDELING C:           20
                                                                  GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2019-eng/b144aa01-02ec-4195-99cc-5ac17d9aff9c) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P1 May June 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2019-memo-afr/7c21e1cc-ca52-4afb-839e-d881e2995812) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 English final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-english-final/0aee37ba-cb6c-4703-8a28-3bd5d8231c5d) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Life Sciences P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2019-eng/830f1c66-6246-4109-b897-0aceb3aff57f) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
