# Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2021-afr/3bd051a7-9650-4234-8fc0-a2f0b847088c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2021-afr/3bd051a7-9650-4234-8fc0-a2f0b847088c)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            LEWENSWETENSKAPPE V1

                                          2021

                                                                         PUNTE: 150

                                                                        TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        2                                      DBE/2021
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met 'n potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle en vloeidiagramme en slegs wanneer dit gevra
         word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                  3                               DBE/2021
                                                   SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1        Die funksie van die epididimis is om …

                      A      semen te produseer.
                      B      sperms na die uretra te vervoer.
                      C      sperms te produseer.
                      D      sperms te stoor totdat dit rypwording ondergaan het.

         1.1.2        Watter EEN van die volgende is 'n eksokriene klier?

                      A      Pituïtêre
                      B      Prostaat
                      C      Adrenale/Bynier
                      D      Tiroïed

         1.1.3        'n Lys van die funksies van die brein word hieronder gegee:

                     (i)      Interpreteer sensasie
                     (ii)     Reguleer onwillekeurige aksies
                     (iii)    Beheer hoër denkprosesse
                     (iv)     Beheer willekeurige aksies

                      Watter EEN van die volgende kombinasies is funksies van die
                      serebrum?

                      A      Slegs (ii) en (iii)
                      B      (i), (ii), (iii) en (iv)
                      C      Slegs (i), (iii) en (iv)
                      D      Slegs (i) en (ii)

         1.1.4        'n Akrosoom het …

                      A      mitochondriums om energie vir die beweging van sperm
                             te produseer.
                      B      'n chromatiennetwerk wat gene dra.
                      C      ensieme wat nodig is om die ovum binne te dring.
                      D      'n stert wat die beweging van sperm bevorder.

         1.1.5        Ovulasie word deur 'n styging in die vlakke van … gestimuleer.

                      A      progesteroon
                      B      LH
                      C      FSH
                      D      estrogeen

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           4                                   DBE/2021
                                            SS/NSS

         1.1.6        Barotrauma is 'n algemene toestand wat voorkom wanneer druk
                      in die middeloor opbou. Dit veroorsaak dat die timpaniese
                      membraan/trommelvlies uitbult. Dit kom die algemeenste onder
                      diepseeduikers voor.

                      Daar word aanbeveel dat duikers nie duik wanneer hulle
                      middeloorontsteking het nie omdat die …

                      A   gehoorkanaal nie die druk in die middeloor kan gelyk maak nie.
                      B   Eustachius-buis verstop is en lug nie by die middeloor kan
                          inbeweeg nie.
                      C   timpaniese membraan/trommelvlies verhard is en nie die
                          vibrasies na die middeloor kan oordra nie.
                      D   gehoorbeentjies versmelt het en nie vrylik in die middeloor kan
                          vibreer nie.

         1.1.7        Watter EEN van die volgende toon die korrekte kombinasie van die
                      hormoon met sy teikenorgaan?

                           HORMOON        TEIKENORGAAN
                      A    Prolaktien     Pituïtêre klier
                      B    Glukagon       Pankreas
                      C    LH             Uterus
                      D    TSH            Tiroïedklier

         1.1.8        Oögenese vind in die … plaas.

                      A   uterus
                      B   ovarium
                      C   serviks
                      D   vagina

         1.1.9        'n Leerder het 'n ondersoek gedoen om die effek van kafeïen op
                      reaksietyd te bepaal.

                      Die prosedure is soos volg gedoen:

                         50 manlike vrywilligers van dieselfde ouderdom het
                          deelgeneem.
                         'n Rekenaarprogram is gebruik om hulle reaksietye te meet.
                         Hulle het almal 200 mℓ van 'n energiedrankie wat kafeïen
                          bevat het, gekry om te drink.
                         Hulle reaksietye is weer elke 10 minute vir 2 ure gemeet.

                      Watter EEN van die volgende het die betroubaarheid verhoog van
                      die resultate wat verkry is?

                      A   Geslag van die vrywilligers
                      B   Ouderdom van die vrywilligers
                      C   50 vrywilligers is gebruik
                      D   Soort kafeïen wat gebruik is

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           5                                   DBE/2021
                                            SS/NSS

         1.1.10       'n Ondersoek is uitgevoer waar 'n potplant horisontaal op 'n
                      klinostaat geplaas is, soos in die diagram getoon. Die plant is aan
                      eenvormige lig uit alle rigtings blootgestel.

                      ('n Klinostaat is 'n apparaat met 'n skyf wat roteer wanneer dit
                      aangeskakel word, wat die aangehegte plant ook laat roteer).

                                             Klinostaat

                      Die stingel het vertikaal opwaarts gegroei, wat aandui dat die
                      klinostaat ...

                      A   stilstaande was en die stingel negatiewe geotropisme getoon
                          het.
                      B   geroteer het en die stingel positiewe geotropisme getoon het.
                      C   stilstaande was en die stingel negatiewe fototropisme getoon
                          het.
                      D   geroteer het en die stingel positiewe fototropisme getoon het.
                                                                                 (10 x 2 )       (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           6                                    DBE/2021
                                            SS/NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Die herhaaldelike aanplanting van dieselfde gewas op dieselfde
                      landery

         1.2.2        Die permanente verwydering van bome en plantegroei uit 'n gebied

         1.2.3        'n Deel van die manlike voortplantingstelsel wat gebruik word om
                      semen na die vrou oor te dra

         1.2.4        Die gedeelte van die senuweestelsel wat uit die rugmurg- en
                      kraniale senuwees bestaan

         1.2.5        'n Soort visie waar beide oë saam gebruik word om op 'n voorwerp
                      te fokus

         1.2.6        Die struktuur waarin die Graafse follikel ná ovulasie ontwikkel

         1.2.7        'n Funksionele gaping tussen twee opeenvolgende neurone

         1.2.8        'n Ondergrondse deurdringbare rots wat water berg

         1.2.9        Die hormoon wat puberteit by meisies stimuleer                (9 x 1)       (9)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                      KOLOM I                         KOLOM II
         1.3.1        'n Faktor wat voedselsekerheid verlaag   A: Vloede
                                                               B: Droogte
         1.3.2        Die gedeelte van 'n neuron wat die A: Miëlienskede
                      oordrag van 'n impuls versnel            B: Akson
         1.3.3        'n Faktor wat 'n impak op biodiversiteit A: Stropery
                      het                                      B: Habitat-vernietiging
                                                                                  (3 x 2)         (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          7                                     DBE/2021
                                           SS/NSS

1.4      Die diagram hieronder stel 'n gedeelte van die menslike oor voor.

                                                                               A

                         F

                         E
                         D                                                     B

                                                                               C

         1.4.1        Identifiseer deel:

                     (a) A                                                                        (1)

                     (b) B                                                                        (1)

         1.4.2        Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

                     (a) Drukgolwe in die vloeistof van die binne-oor veroorsaak                  (2)

                     (b) Oortollige drukgolwe in die binne-oor absorbeer om die
                         vorming van 'n eggo te voorkom                                           (2)

         1.4.3        Noem die:

                     (a) Deel van die brein wat impulse vanaf deel F interpreteer                 (1)

                     (b) Reseptore wat by C aangetref word                                        (1)
                                                                                                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          8                                 DBE/2021
                                           SS/NSS

1.5        'n Seun trap op 'n spyker en ruk sy been skielik weg. Die diagram hieronder
           toon die pad/baan wat gevolg word om hierdie reaksie voort te bring.

                                                 A

  spyker
                                                                                              B

                                                     D             C

                          E

           1.5.1      Noem die pad/baan wat deur die diagram voorgestel word.                 (1)

           1.5.2      Gee EEN voordeel van hierdie tipe reaksie.                              (1)

           1.5.3      Identifiseer deel:

                     (a) B                                                                    (1)

                     (b) C                                                                    (1)

                     (c) E                                                                    (1)

           1.5.4      Gee die LETTER en NAAM van die neuron wat impulse na die
                      rugmurg vervoer.                                                        (2)
                                                                                              (7)

                                                               TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            9                                 DBE/2021
                                             SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder toon 'n fase tydens meiose in 'n diersel.

                                                                             C

         2.1.1        Identifiseer deel C.                                                      (1)

         2.1.2        Noem die fase wat in die diagram voorgestel word.                         (1)

         2.1.3        B stel homoloë chromosome voor.

                      Wat is homoloë chromosome?                                                (2)

         2.1.4        Verduidelik die voorkoms van die chromosome in die diagram.               (3)

         2.1.5        Noem die funksie van deel A tydens die fase wat volg op die een
                      wat in die diagram voorgestel word.                                       (1)

         2.1.6        Die totale hoeveelheid DNS/DNA is 12 arbitrêre eenhede in elke
                      dogtersel aan die einde van hierdie selverdeling.

                      Hoeveel DNS/DNA (in arbitrêre eenhede) was daar in die ouersel
                      aan die begin van die selverdeling?                                       (2)
                                                                                                (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           10                               DBE/2021
                                             SS/NSS

2.2      Die diagram hieronder stel 'n deel van die menslike vel voor.

                                              A
                                                                  B
                                                                  B

         2.2.1        Identifiseer deel B.                                                    (1)

         2.2.2        Beskryf hoe struktuur A tydens termoregulering op 'n koue dag
                      funksioneer.                                                            (3)

         2.2.3        Verduidelik waarom temperatuur in die menslike liggaam konstant
                      gehou moet word.                                                        (2)
                                                                                              (6)

2.3      ADH speel 'n rol in osmoregulering in die menslike liggaam.

         2.3.1        Noem die klier wat ADH afskei.                                          (1)

         2.3.2        Beskryf osmoregulering op 'n koue dag.                                  (3)

         2.3.3        'n Persoon met 'n mediese toestand wat veroorsaak dat die
                      nierbuisies teen die effekte van ADH weerstandig raak, produseer
                      altyd groot volumes urien.

                      Verduidelik waarom die ADH-vlakke in die bloed vir hierdie
                      persoon altyd hoër as normaal sal wees.                                 (3)
                                                                                              (7)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         11                                    DBE/2021
                                           SS/NSS

2.4      Lees die uittreksel hieronder.

                               VOORTPLANTING BY GUPPIE-VISSE

         Guppie-visse het 'n baie interessante voortplantingsmetode. Tydens paring
         plaas die mannetjie pakkies met sperms binne-in die wyfie se
         voortplantingsopening deur 'n orgaan, wat die 'gonopodium' genoem word,
         te gebruik. Hierdie proses vind verskeie kere plaas en die wyfie berg van die
         ekstra sperms.

         Die bevrugte eiers bly binne-in die wyfie se liggaam totdat hulle uitbroei en die
         kleintjies word lewendig gebore. Die gestasietydperk is gewoonlik tussen
         22 en 28 dae.

                                                    mannetjie

                       wyfie

                                                           gonopodium

                                          voortplantingsopening

         2.4.1        Noem die soort bevrugting by guppies.                                      (1)

         2.4.2        Verduidelik TWEE maniere waarop die soort bevrugting wat in
                      VRAAG 2.4.1 genoem is, suksesvolle voortplanting verhoog.                  (4)

         2.4.3        Hoekom word guppies as ovovivipaar beskou?                                 (2)
                                                                                                 (7)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          12                                   DBE/2021
                                            SS/NSS

2.5      Vroeggebore babas (babas wat tussen week 28 tot 35 van
         gestasie/swangerskap gebore word) wek in baie lande kommer. Die
         versorging van vroeggebore babas is baie duur. Vroue met 'n geskiedenis
         van vroeggebore babas word soms tussen week 16 tot 20 van gestasie 'n
         progesteroonbehandeling gegee.

         Daar word egter geglo dat hierdie behandeling tot die ontwikkeling van
         gestasionele diabetes mellitus by die ma lei.

         'n Ondersoek is gedoen om te bepaal of progesteroonbehandeling tot die
         ontwikkeling van gestasionele diabetes mellitus lei.

         Die prosedure was soos volg:

             300 swanger vrouens met 'n geskiedenis van vroeggebore babas het aan
              die ondersoek deelgeneem (dié wat vooraf bestaande diabetes mellitus
              gehad het, is uitgesluit).
             Die vrouens is in twee ewe groot groepe ingedeel (Groep A en Groep B).
             Die vrouens in Groep A is een maal per week, tussen week 16 en 20,
              met 250 mg progesteroon ingespuit.
             Hulle glukosevlakke is daagliks tussen week 16 en 36 van die
              swangerskap gemeet en aangeteken.
             Groep B was die kontrole.

         2.5.1        Waarom is die inspuit van progesteroon 'n goeie behandeling om
                      vroeggebore babas te voorkom?                                              (2)

         2.5.2        Identifiseer die:

                     (a) Onafhanklike veranderlike                                               (1)

                     (b) Afhanklike veranderlike                                                 (1)

         2.5.3        Beskryf hoe die navorsers bepaal het of enige van die deelnemers
                      in Groep A gestasionele diabetes mellitus ontwikkel het.                   (2)

         2.5.4        Noem TWEE faktore wat konstant gehou is tydens die toediening
                      van die progesteroon in Groep A.                                           (2)

         2.5.5        Groep B was die kontrole.

                      Verduidelik die belangrikheid van groep B in hierdie ondersoek.            (2)
                                                                                                 (10)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           13                                        DBE/2021
                                             SS/NSS

VRAAG 3

3.1      Die diagram hieronder stel 'n tipe oogdefek voor.

                                              B                       C

                                                                                     D

                            A

                             G

                                             F
                                                                      E

         3.1.1        Identifiseer deel F.                                                           (1)

         3.1.2        Noem EEN funksie van deel B.                                                   (1)

         3.1.3        Verduidelik hoekom die ligstrale eerder op deel D as op deel E
                      moet fokus.                                                                    (4)

         3.1.4        Noem die tipe lens wat gebruik word om die oogdefek wat in die
                      diagram getoon word, te korrigeer/reg te stel.                                 (1)

         3.1.5        Beskryf hoe die tipe lens wat in VRAAG 3.1.4 genoem is, die
                      oogdefek korrigeer/regstel.                                                    (2)

         3.1.6        Verduidelik EEN manier          waarop   deel       C   struktureel   vir
                      akkommodasie geskik is.                                                        (2)

         3.1.7        Noem die TWEE spiere wat in deel G aangetref word.                             (2)

         3.1.8        Noem en beskryf die oogdefek wat voorkom indien deel A onegalig
                      is.                                                                            (3)
                                                                                                     (16)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         14                                  DBE/2021
                                           SS/NSS

3.2      Lees die uittreksel hieronder.

          OUKSIENE KAN AS SELEKTIEWE ONKRUIDDODERS GEBRUIK WORD

         Ouksiene stimuleer plantgroei, maar 'n hoë ouksienkonsentrasie kan
         veroorsaak dat die plant te vinnig groei. Die plant is nie in staat om hierdie
         vinnige groei te handhaaf nie en gevolglik sal dit vrek.

         Boere spuit kunsmatig vervaardigde ouksiene op die oppervlak van onkruid
         om dit dood te maak. Hierdie tipe onkruiddoder is selektief omdat dit
         hoofsaaklik die breëblaar- dikotiele plante doodmaak sonder dat dit enige
         effek op die smalblaar- monokotiele plante, soos koring, mielies en gras, het.

         Ouksiengebaseerde onkruiddoders is meer omgewingsvriendelik. Ander
         onkruiddoders kan sommige organismes doodmaak en die chemikalieë van
         hierdie onkruiddoders akkumuleer in die voedselkettings, wat sodoende die
         ekosisteme versteur.

         3.2.1        Noem EEN manier waarop ouksiene groei in plante veroorsaak.              (1)

         3.2.2        Verduidelik waarom boere die onkruid in hulle lande sal wil
                      doodmaak.                                                                (2)

         3.2.3        Volgens die uittreksel, noem EEN nadeel van die gebruik van
                      onkruiddoders wat nie ouksien-gebaseer is nie.                           (1)

         3.2.4        Gee EEN rede vir die gebruik van ouksien-gebaseerde
                      onkruiddoders in plaas daarvan om die onkruid fisies te verwyder.        (2)

         3.2.5        'n Boer het mielies en boontjies (breëblaarplante) op haar lande
                      geplant.

                      Verduidelik waarom die boer nie 'n ouksien-gebaseerde
                      onkruiddoder op haar lande moet gebruik nie.                             (2)
                                                                                               (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                           15                                        DBE/2021
                                                             SS/NSS

3.3      Veeboerdery dra omtrent 14,6% tot alle globale kweekhuis-gasvrystellings
         (vrystelling in die atmosfeer) by.

         Die grafiek hieronder toon die globale kweekhuis-gasvrystellings van
         verskillende tipes vee.

                                         Globale kweekhuis-gasvrystellings van verskillende
                                                            tipes vee
                                      5000      4 623

          Kweekhuis-gasvrystellings
                                      4500
                                      4000
                                      3500
                                      3000
                                      2500

               (Miljoen ton)
                                      2000
                                      1500
                                      1000                     668                684
                                                                                                   474
                                       500
                                         0
                                               Beeste         Varke          Pluimvee         Skape en
                                                                                               bokke
                                                          Verskillende tipes vee

         3.3.1                           Noem die veeboerdery         wat   die    minste   tot    kweekhuis-
                                         gasvrystellings bydra.                                                        (1)

         3.3.2                           Gee EEN voordeel van kweekhuisgasse.                                          (1)

         3.3.3                           Bereken hoeveel meer kweekhuisgasse deur beeste vrygestel
                                         word in vergelyking met alle ander tipes vee gekombineerd. Toon
                                         AL jou berekeninge.                                                           (2)

         3.3.4                           Een van die kweekhuisgasse wat deur vee vrygestel word, is
                                         metaan.

                                         Noem EEN ander bron van metaan.                                               (1)

         3.3.5                           Verduidelik waarom 'n toename in veeboerdery tot aardverwarming
                                         kan lei.                                                                      (3)
                                                                                                                       (8)

Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          16                                   DBE/2021
                                            SS/NSS

3.4      'n Fabriek is op die walle van 'n rivier naby aan 'n vissersdorpie gebou. Die
         fabriek het water uit die rivier gebruik om die masjinerie af te koel. Die water
         is toe weer in die rivier vrygestel wat termiese besoedeling veroorsaak het.

                          Fabriek

                                                                       A

                       Termiese
        B             besoedeling           Vloei van die rivier

         3.4.1        Wat is termiese besoedeling?                                               (1)

         3.4.2        Beskryf hoe termiese besoedeling waterkwaliteit beïnvloed.                 (2)

         3.4.3        Stel EEN manier voor waarop die fabriek termiese besoedeling kan
                      verminder.                                                                 (1)

         3.4.4        Hoe sal termiese besoedeling die vissermanne in die dorpie
                      ekonomies beïnvloed?                                                       (2)

         3.4.5        Tydens die grendeltydperk in die land weens Covid-19-beperkings,
                      was die fabriek vir 'n tydperk van vier maande gesluit.

                      Stel met 'n rede voor wat die impak hiervan op die biodiversiteit in
                      area B sou kon gewees het.                                                 (2)
                                                                                                 (8)
                                                                                                 [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                      17                                 DBE/2021
                                        SS/NSS

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf die gebeure wat tot swangerskap lei vanaf die oomblik wat 'n sigoot gevorm
word, tot by die vorming van die fetus, die ontwikkeling van die plasenta en die
naelstring ingesluit.
                                                                          Inhoud:       (17)
                                                                         Sintese:       (3)
                                                                                        (20)

LET WEL:       GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van 'n tabel,
               vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie.

                                                            TOTAAL AFDELING C:          20
                                                                GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2021-eng/640bb227-bb17-4f89-96b3-77bf0a4005dc) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT 2021 Xhosa D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept-2021-xhosa-d/bf73c123-831d-499a-9ecd-62ac37eff2bf) — Life Sciences · QP · 2021
- [LIFE SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr12-sept2021-english/51bdf0cb-548d-43fc-b083-c4f0f664b370) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Gr 12 Life Sciences P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-p1-english-june-2024-question-paper/4fc6ccbd-0c7e-4401-885a-2cf93f82dfd5) — Life Sciences · QP · 2024 · Eng
- [Life Sciences P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2022-eng/88be2a14-1b51-47ea-bec4-810a3bbfd3b4) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2019-eng/b144aa01-02ec-4195-99cc-5ac17d9aff9c) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
