# Life Sciences Grade 12 Paper 1 NSC June 2021 Question Paper

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2021, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2021-mg-afr/1a80e6e3-0ba8-4cec-b634-9879b05a1f68
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 Paper 1 NSC June 2021 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2021-mg-afr/1a80e6e3-0ba8-4cec-b634-9879b05a1f68)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            LEWENSWETENSKAPPE V1

                                          2021

                       FINALE NASIENRIGLYNE – 27/06/2021

                                                                        PUNTE: 150

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        2                                     DBE/2021
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

BEGINSELS MET BETREKKING TOT NASIEN VAN LEWENSWETENSKAPPE
1.       Indien meer inligting as die puntetoekenning gegee word
         Hou op merk nadat die maksimum punte verkry is en trek 'n kronkellyn en dui
         'maks' punte in die regterkantse kantlyn aan.

2.       Indien, byvoorbeeld, drie redes vereis en vyf word gegee
         Merk net die eerste drie ongeag daarvan of almal of sommige korrek/nie
         korrek is nie.

3.       Indien die hele proses beskryf word terwyl slegs 'n deel vereis word
         Lees alles en krediteer die relevante dele.
4.       Indien vergelykings vereis, maar beskrywings gegee word
         Aanvaar indien die verskille/ooreenkomste duidelik is.

5.       Indien tabulering vereis word en paragrawe gegee word
         Kandidate sal punte verbeur indien nie getabuleer nie.

6.       As geannoteerde diagramme aangebied word in plaas van beskrywings
         wat vereis word
         Kandidate sal punte verbeur.

7.       Indien vloeidiagramme i.p.v. beskrywings aangebied word
         Kandidate sal punte verbeur.
8.       Indien die volgorde vaag is en skakelings nie sin maak nie
         Krediteer waar volgorde en skakelings korrek is. Waar volgorde en skakelings
         nie korrek is nie, moenie krediteer nie. As die volgorde en skakelings weer
         korrek is, gaan voort om te krediteer.

9.       Nie-erkende afkortings
         Aanvaar indien dit aan begin van antwoord omskryf is. Indien dit nie omskryf
         is nie, moenie die nie-erkende afkorting krediteer nie, maar krediteer die res
         van die antwoord indien dit korrek is.

10.      Verkeerd genommer
         Indien die antwoorde die regte volgorde van die vrae pas, is dit aanvaarbaar.

11.      Indien die taal wat gebruik word, die bedoelde betekenis verander
         Moenie aanvaar nie.

12.      Spelfoute
         Aanvaar as dit herkenbaar is, met die voorbehoud dat dit nie iets anders in
         Lewenswetenskappe beteken nie of as dit buite konteks is.

13.      Indien gewone name gegee word in terminologie
         Aanvaar, indien dit by die nasionale memobespreking aanvaar is.
 14.      Indien slegs letter vereis word en slegs die naam word gegee (en
          andersom)
          Geen krediet nie.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        3                                    DBE/2021
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

 15.      As eenhede van mate nie aangedui word nie
          Memorandum sal afsonderlike punte vir eenhede aandui, behalwe waar dit
          reeds in die vraag gegee is.

 16.      Wees sensitief vir die betekenis van die antwoord, wat soms op
          verskillende maniere aangebied kan word

 17.      Opskrif
          Alle illustrasies (diagramme, tekeninge, grafieke, tabelle, ens.) moet van 'n
          opskrif voorsien en gekrediteer word.

 18.      Vermenging van amptelike tale (terme/konsepte)
          'n Enkele woord of twee in enige ander amptelike taal anders as die leerder
          se assesseringstaal waarin die meeste van sy/haar antwoorde aangebied
          word, moet gekrediteer word, indien dit korrek is. 'n Nasiener wat in die
          relevante amptelike taal vaardig is, behoort geraadpleeg te word. Dit geld vir
          alle amptelike tale.

19.      Geen veranderinge mag aan die memorandums aangebring word nie. In
         uitsonderlike gevalle sal die Provinsiale Interne Moderator met die Nasionale
         Interne Moderator beraadslaag (en die Eksterne Moderator waar nodig).

20.      Slegs memorandums wat die handtekeninge van die Nasionale Interne
         Moderator en UMALUSI-moderatore bevat en deur die Nasionale
         Departement van Basiese Onderwys via die provinsies versprei word, mag
         gebruik word tydens opleiding van nasieners en tydens die nasienperiode.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           4                             DBE/2021
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A
VRAAG 1
1.1      1.1.1        D
         1.1.2        B
         1.1.3        C
         1.1.4        C
         1.1.5        B
         1.1.6        B
         1.1.7        D
         1.1.8        B
         1.1.9        C
         1.1.10       A                                                  (10 x 2)        (20)
1.2      1.2.1        Monokultuur
         1.2.2        Ontbossing
         1.2.3        Penis
         1.2.4        Perifere
         1.2.5        Binokulêre/stereoskopiese visie
         1.2.6        Corpus luteum
         1.2.7        Sinaps
         1.2.8        Waterdraer/Akwifer
         1.2.9        Estrogeen                                           (9 x 1)         (9)
1.3      1.3.1        Beide A en B
         1.3.2        Slegs A
         1.3.3        Beide A en B                                       (3 x 2)         (6)

1.4      1.4.1       (a) Halfsirkelvormige kanale                                         (1)

                     (b) Gehoorsenuwee                                                    (1)

         1.4.2       (a) E Ovale venster                                                 (2)

                     (b) D Ronde venster                                                 (2)

         1.4.3       (a) Serebellum                                                       (1)
                     (b) Haarselle/Orgaan of Corti                                        (1)
                                                                                           (8)

1.5      1.5.1        Refleksboog                                                         (1)
         1.5.2        Om besering te beperk                                               (1)

         1.5.3       (a) Interneuron/verbindingsneuron                                    (1)

                     (b) Ventrale wortel                                                  (1)

                     (c) Effektor/spier                                                   (1)

         1.5.4        A Sensoriese neuron                                                (2)
                                                                                           (7)
                                                              TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           5                                    DBE/2021
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B
VRAAG 2
         2.1.1        Sentromeer                                                                 (1)

         2.1.2        Metafase I                                                                 (1)

         2.1.3        -   'n Paar chromosome met dieselfde struktuur/plasing van
                          sentromeer/ lengte en
                      -   dieselfde volgorde van gene
                      -   Een is van moederlike oorsprong en die ander is van vaderlike
                          oorsprong                                              Enige           (2)

         2.1.4        -   Sommige chromatides het 'n mengsel van genetiese
                          materiaalvan sy homoloog
                      -   omdat oorkruising plaas gevind het
                      -   tydens profase I                                                       (3)

         2.1.5        (Trek saam) om die chromosome na die pole te trek                          (1)

         2.1.6        48 arbitrêre eenhede                                                      (2)
                                                                                                  (10)
2.2      2.2.1        Sweetklier                                                                 (1)
         2.2.2        -   Struktuur A sal saamtrek/vasokonstruksie vind plaas
                      -   Minder bloed vloei na die oppervlak van die vel
                      -   Minder hitte gaan verloredeur die oppervlak van die vel
                      -   Temperatuur styg / keer na normaal terug                Enige          (3)

         2.2.3        -  Ensieme funksioneer optimaal
                         by normale liggaamstemperatuur/37° C
                      - Ensieme/proteïne sal denatureer
                         by hoë temperature
                      - Ensieme sal onaktief word
                         by lae temperatuur                                Enige (1 x 2)         (2)
                      (Merk slegs eerste EEN)                                                     (6)
2.3      2.3.1        Pituïtêre klier/hipofise/hipotalamus                                       (1)

         2.3.2        -   Watervlakke is hoër as normaal in bloed
                      -   omdat minder water deur sweet verloor word
                      -   daarom word minder/geen ADH afgeskei
                      -   nierbuisies word minder deurlaatbaar vir water
                      -   gevolglik word minder water geherabsorbeer/meer urien
                          word geproduseer                                      Enige             (3)

         2.3.3        -   Water kan nie geherabsorbeer word nie/die water is in
                          die urien omdat nierbuisies weerstandig teen die invloed van
                          ADH is
                      -   Watervlakke is laer as normaal in die bloed
                      -   gevolglik word meer ADH afgeskei                                       (3)
                                                                                                  (7)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           6                                      DBE/2021
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

2.4      2.4.1        Inwendige bevrugting                                                         (1)

         2.4.2        -   Sperms word binne-in die wyfie se liggaam geplaas
                          wat daarom die kanse op bevrugting verhoog
                      -   Gamete/sigote is binne in die liggaam
                          gevolglik teen predatore beskerm/ omgewingsgevare
                                                                                     (2 x 2)        (4)
                      (Merk slegs eerste TWEE)

         2.4.3        -   Die eiers broei binne in die wyfie se liggaam uit
                      -   en die kleintjies word lewendig gebore                                   (2)
                                                                                                    (7)

2.5      2.5.1        -   Progesteroon hou die endometrium in stand/ verdik
                      -   en hou gevolglik, die swangerskap in stand                               (2)

         2.5.2        (a) Progesteroon behandeling                                                 (1)

                      (b) Ontwikkeling van gestasionele diabetes                                   (1)

         2.5.3        -   Glukosevlakke is daagliks geneem
                      -   Wanneer die bloedglukosevlak van 'n swanger vrou
                          aanhoudend hoog blydui dit op die ontwikkeling van
                          gestasionele diabetes                                                     (2)

         2.5.4        -   (Dieselfde) dosis/250 mg progesteroon
                      -   (Dieselfde) tydsduur vir inspuiting/ inspuitings was tussen
                          weke 16 en 20 weke toegdien
                      -   (Dieselfde) intervalle vir inspuitings/weeklikse inspuitings
                                                                                      Enige         (2)
                          (Merk slegs eerste TWEE)

         2.5.5        -   Groep B het nie progesteroon ontvang nie
                      -   Indien gestasionele diabetes in groep A ontwikkel sal dit
                          wees as gevolg van die progesteroon-behandeling          Enige           (2)
                                                                                                    (10)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           7                                    DBE/2021
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3
3.1      3.1.1        Sklera                                                                     (1)
         3.1.2        -  Absorbeer ligstrale/voorkom inwendige weerkaatsing van
                         lig in die oë
                      - Bloedvate in deel B voorsien die selle van die oog van
                         suurstof/voedingstowwe                                  Enige            (1)
                      (Merk slegs eerste TWEE)
         3.1.3        - Deel D bevat fotoreseptore/keëls
                      - daarom word die (duidelikste) beeld gevorm as lig op die
                         deel val
                      - Deel E het geen fotoreseptore/stafies en keëls
                      - Daarom, sal geen beeld vorm as lig op die deel val nie                   (4)
         3.1.4        (Bi)konkawe lense                                                          (1)
         3.1.5        -   Bikonkawe lense sal help om lig te versprei voordat lig die
                          oog binnedring
                      -   om op die retinate fokus                                               (2)
         3.1.6        -  Dit is elasties
                         en kan sy vorm veranderom ligstrale op die retina te fokus
                      (Merk slegs eerste EEN)                                     (1 x 2)         (2)

         3.1.7        - Lengte/radiale spiere
                      - Kring/sfinkter spiere                                                    (2)
                      (Merk slegs eerste TWEE)
         3.1.8        -   Astigmatisme
                      -   Lig word oneweredig gebreek /verwronge
                      -   vorm 'n onduidelike beeld                                              (3)
                                                                                                  (16)
3.2      3.2.1        Hulle stimuleer selverlenging/seldeling                                    (1)
                      (Merk slegs eerste EEN
         3.2.2        -   Om te voorkom dat onkruid met die gewasse kompeteer
                      -   vir water/voedingstowwe/spasie/sonlig                                  (2)
         3.2.3           Hulle kan ander organismes doodmaak
                      - Hulle kan in die ekosisteme akkumuleer
                      - Hulle kan ekosisteme ontwrig                               Enige         (1)
                      (Merk slegs eerste EEN)
         3.2.4        -  Die toediening van ouksien-gebaseerde onkruiddoders is
                         minder arbeidsintensief/minder tydrowend/goedkoper as
                         meganiese verwydering
                      - Ouksien-gebaseerde onkruiddoders sal die hele plant
                         doodmaak maar met fisiese verwydering kan slegs ‘n deel
                         van die plant verwyder word                   Enige (1 x 2)            (2)
                      (Merk slegs eerste EEN)
         3.2.5        -   Ouksien-gebaseerde onkruiddoders maak breëblaar-plante
                          selektief dood
                      -   en die boer sal geld verloor/die boontjie oes sal misluk               (2)
                                                                                                  (8)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           8                                      DBE/2021
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

         3.3.1        Skape en bokke                                                              (1)
         3.3.2        Vang energie vas/ om Aarde warm genoeg te hou om lewe te
                      onderhou                                                                    (1)
                      (Merk slegs eerste EEN)

         3.3.3        4 623 – 1 826(668+684+474) miljoen ton
                      = 2 797 miljoen ton / 2 797 000 000 (ton)                                   (2)
         3.3.4        - Afvalterreine
                      - Ryslande
                      - Waterdeurdrenkte grond/moerasse
                      - Steenkoolmyne
                      - Fossielbrandstowwe
                      - Biobrandstowwe
                      - Hidrobreking (fracking)
                      - Afval
                      - Ontbinding
                      - Ys wat in die gletsers smelt                                 Enige        (1)
                      (Merk slegs eerste EEN)
         3.3.5        -   Meer kweekhuigasse/ koolstofdioksied/ metaan word in
                          atmosfeer vrygestel
                      -   Gevolglik, word meer hitte vasgevang/veroorsaak
                          verhoogde kweekhuiseffek
                      -   lei tot 'n styging in (globale) temperature
                          gevolglik neem aardverwarming toe                     Enige              (3)
                                                                                                   (8)
3.4      3.4.1        Termiese besoedeling verwys na die verandering van die normale
                      temperatuur van 'n akwatiese ekosisteem                                     (1)
         3.4.2        -   Termiese besoedeling verlaag die suurstofkwaliteit/
                          veroorsaak algbloei/toename in die getal bakterieë in die
                          water
                      -   wat die kwaliteit van die water verlaag                                 (2)

         3.4.3        -  Die warm water kan geberg word totdat dit afgekoel het
                         voordat dit weer in die water vrygestel word
                      - Nadat warm water afgekoel is, kan dit weer in gebruik word
                         om die aanleg af te koel
                      - Gebruik waaiers/ander tegnologie om die masjinerie af te koel
                                                                                 Enige             (1)
                      (Merk slegs eerste EEN)
         3.4.4        -   Die warm water kan veroorsaak dat die visse vrek/weg
                          beweeg
                      -   wat tot 'n verlies aan inkomste vir die vissermanne sal lei             (2)
         3.4.5        -   Die biodiversiteit sal toeneem
                      -   omdat geen termiese besoedeling voorgekom het nie                       (2)
                                                                                                   (8)
                                                                                                   [40]
                                                                  TOTAAL AFDELING B:               80
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                 9                                           DBE/2021
                                           SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING C
VRAAG 4
Ontwikkeling van die sigoot en die vorming van die plasenta en naelstring
-     Die sigoot verdeel deur mitose
-     om 'n (soliede) bal selle te vorm
-     genoem die morula
-     wat verder verdeel om 'n hol bal selle te vorm
-     genoem die blastosist/blastula
-     Die blastosist/blastula kom die uterus binne
-     Dit heg aan die endometrium
-     Dit word inplanting genoem
-     Die buitenste laag van die embrio word die chorion en
-     die binneste laag word die amnion
-     met die amniotiese vloeistof aan die binnekant
-     Na inplanting ontwikkel die chorion talle vingeragtige uitgroeisels
-     genoem die chorioniese villi
-     Die endometrium saam met die chorioniese villi vorm die plasenta
-     Die plasenta bestaan uit bloed ryk aan embrioniese- en moederlike weefsels
-     Die naelstring ontwikkel tussen die fetus en die plasenta
-     Dit bestaan uit 'n hol buis
-     wat die naelstringarterie bevat
-     en die naelstringaar
-     Tot omtrent 8 - 12 weke van ontwikkeling word dit die embrio genoem
-     Wanneer differensiasie van weefsels tot organe plaasvind
-     en word nou die fetus genoem                                                            Enige         (17)
                                                                                              Inhoud:        17
                                                                                              Sintese:       (3)
                                                                                                             (20)
ASSESSERING VAN DIE AANBIEDING VAN DIE OPSTEL
             Relevansie                     Logiese volgorde                      Volledigheid
    Alle inligting wat gegee is, is            Idees is in 'n           Beantwoord alle aspekte vereis
        relevant vir die vraag           logiese/oorsaak-gevolg-         deur die opstel in genoegsame
                                              volgorde gegee                     besonderhede
Al die inligting voorsien is          Die volgorde van gebeure:        Die volgende moet ingesluit wees:
relevant aan:
                                      -   Ontwikkeling van die         -   Ontwikkeling van die sigoot tot
-     Ontwikkeling van die                sigoot tot die vorming van       die vorming van die plasenta
      sigoot tot die vorming van          die plasenta en naelstring       en naelstring (11/17)
      die plasenta en naelstring

Daar is geen irrelevante              is in 'n logiese volgorde
inligting nie                         gerangskik
                1 punt                            1 punt                             1 punt

                                                                              TOTAAL AFDELING C: 20
                                                                                  GROOTTOTAAL: 150

`Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2021-eng/640bb227-bb17-4f89-96b3-77bf0a4005dc) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr12-sept2021-english/51bdf0cb-548d-43fc-b083-c4f0f664b370) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2021 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2021-mg-afr/49c0ade5-a6de-497f-beba-2a2361658df7) — Life Sciences · QP · 2021 · Afr
- [Life Sciences P1 Nov 2021 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2021-mg-eng/4acb9f24-49d2-4d9e-a970-945be557f595) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Gr 12 Life Sciences P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-p1-english-june-2024-question-paper/4fc6ccbd-0c7e-4401-885a-2cf93f82dfd5) — Life Sciences · QP · 2024 · Eng
- [Life Sciences P1 May-June 2023 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2023-mg-afr/51d40eb7-d04d-462f-befd-04418db070ac) — Life Sciences · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/17b4cc42-641c-4d7d-9c53-6bac113ce83c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
