# Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2022-afr/896023e6-f3d8-4364-ae47-a204e90b95ef
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2022-afr/896023e6-f3d8-4364-ae47-a204e90b95ef)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            LEWENSWETENSKAPPE V1

                                          2022

                                                                     PUNTE: 150

                                                                     TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        2                                   DBE/2022
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
         swart ink.

7.       Teken diagramme, vloeidiagramme en tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                  3                           DBE/2022
                                                   SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.

         1.1.1        Watter EEN van die volgende stellings is KORREK vir oögenese
                      by mense?

                      A      Een diploïede volwasse ovum word gevorm
                      B      Een haploïede volwasse ovum word gevorm
                      C      Vier diploïede volwasse ovums word gevorm
                      D      Vier haploïede volwasse ovums word gevorm

         1.1.2        'n Struktuur in die oog wat 'n hoë konsentrasie bloedvate bevat en
                      die retina van suurstof en voedingstowwe voorsien, is die …

                      A      sklera.
                      B      choroïed.
                      C      konjunktiva.
                      D      lens.

         1.1.3        Die vagina …

                      A      vervoer urien na buite.
                      B      is die plek waar die fetus ontwikkel.
                      C      produseer progesteroon.
                      D      dien as 'n geboortekanaal.

         1.1.4        Die lys hieronder gee die kenmerke van sommige jong voëls
                      onmiddellik nadat hulle uitgebroei het.

                     (i)      Oë is oop
                     (ii)     Kan rondbeweeg
                     (iii)    Kan nie hulleself voed nie
                     (iv)     Geen vere nie

                      Watter EEN van die volgende kombinasies verteenwoordig die
                      kenmerke van prekosiële ontwikkeling?

                      A      Slegs (ii) en (iii)
                      B      Slegs (iii) en (iv)
                      C      Slegs (i) en (ii)
                      D      Slegs (ii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                              4                              DBE/2022
                                               SS/NSS

         1.1.5        Die kornea en die lens is beide ...

                      A   ondeursigtig.
                      B   deursigtig.
                      C   elasties.
                      D   onelasties.

         1.1.6        Watter EEN van die volgende is WAAR vir 'n persoon wat 'n
                      onderaktiewe tiroïedklier het?

                      Die TSH-vlakke sal ...

                      A   hoog en die metaboliese tempo laag wees.
                      B   hoog en die metaboliese tempo hoog wees.
                      C   laag en die metaboliese tempo laag wees.
                      D   laag en die metaboliese tempo hoog wees.

         1.1.7        Die diagram hieronder stel 'n visuele defek voor.

                      Watter EEN van die volgende is die korrekte behandeling vir die
                      visuele defek wat hierbo voorgestel word?

                      A   Bril met bikonvekse lense
                      B   Bril met bikonkawe lense
                      C   Chirurgie om die kornea te vervang
                      D   Chirurgie om die retina te vervang

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                  5                       DBE/2022
                                                   SS/NSS

         1.18         'n Lys van sommige dele van die senuweestelsel word hieronder
                      gegee.

                     (i)      Brein
                     (ii)     Kraniale senuwees
                     (iii)    Rugmurgsenuwees
                     (iv)     Rugmurg

                      Watter EEN van die volgende kombinasies is op die sentrale
                      senuweestelsel van toepassing?

                      A      (i), (ii), (iii) en (iv)
                      B      Slegs (i) en (iv)
                      C      Slegs (ii), (iii) en (iv)
                      D      Slegs (iii) en (iv)

         1.1.9        Watter EEN van die volgende is die deel van die oog met die
                      hoogste konsentrasie van keëls?

                      A      Kornea
                      B      Lens
                      C      Geelvlek
                      D      Iris
                                                                              (9 x 2)       (18)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           6                                   DBE/2022
                                            SS/NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
         slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        'n Struktuur in die oor wat oormatige drukgolwe vanaf die
                      inwendige oor absorbeer

         1.2.2        Die struktuur in 'n sperm wat ensieme bevat

         1.2.3        Die plek waar bevrugting in 'n vrou plaasvind

         1.2.4        'n Visuele defek wat deur die onegalige kromming van die kornea
                      veroorsaak word

         1.2.5        Die senuwee wat impulse vanaf die oog na die brein vervoer

         1.2.6        'n Siekte wat deur die degenerasie van breinselle en geheueverlies
                      gekenmerk word

         1.2.7        Die binneste laag van die uterus wat tydens die menstruele siklus
                      verdik

         1.2.8        'n Hol bal selle wat tydens embrioniese ontwikkeling vorm

         1.2.9        Die fase van die ontwikkeling van sekondêre geslagskenmerke by
                      mense

         1.2.10       Die soort visie waar beide oë gebruik word om op 'n voorwerp te
                      fokus                                                   (10 x 1)           (10)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                   KOLOM I                            KOLOM II
         1.3.1        Die planthormoon wat die              A:   Gibberelliene
                      ontkieming van sade stimuleer         B:   Absissiensuur
         1.3.2        Die deel van die brein wat die        A:   Corpus luteum
                      linker- en regterhemisfere met        B:   Corpus callosum
                      mekaar verbind
         1.3.3        Die vloeistof wat voor die lens van   A:   Glasvog
                      die oog voorkom                       B:   Watervog
                                                                                   (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           7                                  DBE/2022
                                            SS/NSS

1.4      Die diagramme hieronder toon 'n gedeelte van die oog onder verskillende
         toestande.

                      A                 B                  C                  D

         1.4.1        Noem die proses wat plaasvind wanneer die:

                     (a) Kromming van die lens verander om op 'n voorwerp wat naby
                         of ver is, te fokus                                                  (1)

                     (b) Grootte van die pupil verander om die hoeveelheid lig wat die
                         oog binnekom, te beheer                                              (1)

         1.4.2        Gee die LETTERS van TWEE diagramme (A, B, C of D) wat die
                      toestand van die oog van 'n persoon voorstel:

                     (a) In skemerlig                                                         (2)

                     (b) Wat op 'n ver voorwerp fokus                                         (2)

         1.4.3        Gee die LETTERS van TWEE diagramme (A, B, C of D) wat die
                      toestand van die oog van 'n persoon voorstel:

                     (a) Wanneer die siliêre spiere saamgetrek is                             (2)

                     (b) Wanneer die radiale spiere ontspanne is                              (2)
                                                                                              (10)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          8                                    DBE/2022
                                           SS/NSS

1.5      Diagram 1 hieronder stel 'n deel van 'n refleksboog voor en diagram 2 stel 'n
         neuron voor.

                 Diagram 1                             A
                                                           B
                                                           N

                                      D
                                                   C

                 Diagram 2
                                                               F        E

         1.5.1        Identifiseer:

                     (a) Laag E                                                                  (1)

                     (b) Struktuur F                                                             (1)
         1.5.2        Watter neuron (A, B of C):
                     (a) Stel die tipe neuron wat in diagram 2 getoon is, voor                   (1)

                     (b) Is beskadig wanneer 'n persoon 'n prikkel kan voel maar nie
                         daarop kan reageer nie                                                  (1)
         1.5.3        Gee die LETTER en NAAM van die deel wat eenrigtingvloei van
                      die impuls verseker.                                                       (2)
                                                                                                 (6)
                                                                   TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            9                                   DBE/2022
                                             SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder toon 'n deel van die menslike brein.

                                 D

                     Hipotalamus

                                 C
                                                                       A

                                  B

         2.1.1        Identifiseer deel A.                                                       (1)

         2.1.2        Noem TWEE funksies van deel D.                                             (2)

         2.1.3        Noem die hormoon wat deur klier C afgeskei word en 'n effek het
                      op:

                     (a) Langbene                                                                (1)

                     (b) Borskliere in die borste                                                (1)

         2.1.4        Noem EEN manier waarop die brein beskerm word.                             (1)

         2.1.5        Beskryf die rol van die hipotalamus tydens termoregulering.                (4)

         2.1.6        Deel B is betrokke by die homeostatiese beheer van die
                      koolstofdioksiedkonsentrasie in die bloed.

                     (a) Noem die ligging van die reseptore wat gestimuleer word deur
                         'n hoër koolstofdioksiedkonsentrasie in die bloed.                      (1)

                     (b) Noem die TWEE effektore waarheen deel B impulse stuur.                  (2)
                                                                                                 (13)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           10                                   DBE/2022
                                             SS/NSS

2.2      Die diagram hieronder toon 'n deel van die manlike voortplantingstelsel.

                                                         A
                                                      Deurgesny en
                                                       vasgebind

                                                          B

                                                          C

         2.2.1        Identifiseer deel A.                                                      (1)

         2.2.2        Noem EEN funksie van deel B.                                              (1)

         2.2.3        Tydens 'n vasektomie word deel A deurgesny en vasgebind soos
                      in die diagram getoon. Semen sal steeds tydens kopulasie
                      vrygestel word.

                      Verduidelik die samestelling van die semen na 'n vasektomie.              (3)

         2.2.4        In sommige uitsonderlike gevalle, word mans gebore met deel C
                      wat binne in die liggaam geleë is omdat dit nie in die skrotum kon
                      afsak nie.

                      Verduidelik hoe hierdie toestand manlike vrugbaarheid kan
                      beïnvloed.                                                                (3)

         2.2.5        Beskryf die proses van spermatogenese.                                    (4)
                                                                                                (12)

2.3      Beskryf hoe die ontwikkelende embrio by organismes wat ovovivipaar is,
         beskerm en gevoed word.                                                                (7)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                                             11                                                           DBE/2022
                                                                               SS/NSS

2.4                                    'n Ondersoek is uitgevoer om die verandering in die ADH-vlakke in die bloed
                                       en die volume urien wat oor 'n 24-uur-periode geproduseer is, te bepaal.
                                       Die prosedure was soos volg:
                                          Een gesonde volwassene het aan die ondersoek deelgeneem.
                                          Die inname van voedsel en vloeistowwe van hierdie persoon is tydens die
                                           duur van die ondersoek gekontroleer.
                                          Die ADH-vlakke in die bloed is om 15:00 en 03:00 vir 5 dae gemeet en die
                                           gemiddelde is bereken.
                                          Die volume van die urien wat van 08:00 tot 20:00 geproduseer is, is vir
                                           5 dae gemeet en die gemiddelde is bereken.
                                          Die volume van die urien wat van 20:00 tot 08:00 geproduseer is, is vir
                                           5 dae gemeet en die gemiddelde is bereken.
                                       Die resultate word in die grafieke hieronder getoon.

                                                   GRAFIEK A                                                                 GRAFIEK B
                                           Gemiddelde ADH-vlakke in die bloed                                             Gemiddelde volume urien op

      Gemiddelde ADH-vlakke in pg/dℓ                                                    Gemiddelde volume urien (mℓ/h)
                                               om 15:00 en 03:00 gemeet                                                        verskillende tye
                                                  at 15h00 and 03h00

                                                 15:00                 03:00                                             08:0020:00          20:0008:00
                                                     Tyd van die dag                                                              Tydperiode

                                       2.4.1       Bereken die verskil tussen die gemiddelde volume urien (mℓ/h)
                                                   gedurende die 2 tydperiodes geproduseer. Toon ALLE bewerkinge.                                           (2)

                                       2.4.2       Verduidelik hoe die ADH-vlakke in die bloed om 03:00, die volume
                                                   urien wat tussen 20:00 en 08:00 geproduseer word, beïnvloed.                                             (4)

                                       2.4.3       Verduidelik EEN voordeel van die hoë ADH-vlakke om 03:00.                                                (2)

                                       2.4.4       'n Pasiënt wie se nierbuisies ondeurlaatbaar vir water is, het
                                                   dieselfde ondersoek ondergaan.

                                                   Verduidelik waarom daar verwag word dat die ADH-vlakke altyd
                                                   hoog sal bly.                                                                                            (3)
                                                                                                                                                            (11)

Kopiereg voorbehou                                                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        12                                   DBE/2022
                                          SS/NSS

2.5      Lees die uittreksel hieronder.

         Sommige plante bevat chemiese stowwe soos alkaloïede en sianogeniese
         glikosiede. Alkaloïede is verbindings wat 'n bitter smaak het terwyl
         sianogeniese glikosiede gifstowwe is.
         Kafeïen is 'n voorbeeld van 'n alkaloïed wat in plante soos Coffea arabica
         (koffie), Camelia sinensis (tee) en Theobroma cacao (kakao) voorkom.
         Alhoewel skadeloos vir mense, maak kafeïen patogeenfungusse dood.
         Nikotien is nog 'n voorbeeld van 'n alkaloïed wat in tabakplante voorkom.

         2.5.1        Noem TWEE alkaloïede wat in plante voorkom.                              (2)

         2.5.2        Verduidelik TWEE maniere waarop kafeïenproduksie                as
                      'n verdedigingsmeganisme in plante optree.                               (4)

         2.5.3        Noem EEN ander plantverdedigingsmeganisme.                               (1)
                                                                                               (7)
                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          13                                      DBE/2022
                                            SS/NSS

VRAAG 3

3.1      Beskryf die rol van ouksiene gedurende fototropisme wanneer 'n plant aan
         eensydige lig blootgestel word.                                                            (5)

3.2      Die FSH-toets word soms gebruik om die oorsaak van onvrugbaarheid by
         vroue vas te stel. Die FSH-vlakke dui normaalweg die getal follikels in die
         ovariums aan. Indien die getal follikels min of uitgeput is, sal die pituïtêre klier
         meer FSH afskei.
         'n Ondersoek is uitgevoer om die gemiddelde FSH-vlakke in 4 verskillende
         ouderdomsgroepe te bepaal.
         Die prosedure is soos volg gedoen:

             1 000 vroue is gevra om deel te neem (250 in elk van die
              vier ouderdomsgroepe).
             Die vroue was almal gesond en het geen hormoongebaseerde
              voorbehoedmiddels gebruik nie.
             Hulle FSH-vlakke in die bloed is op dag 3 van die menstruele siklus vir 5
              siklusse gemeet.
             Die gemiddelde FSH-vlakke in hulle bloed is per ouderdomsgroep
              bereken.

         Die resultate word in die tabel hieronder getoon.

                         OUDERDOMSGROEP GEMIDDELDE FSH-VLAKKE
                              2032              7,0
                              3335              7,8
                              3640              8,0
                              4150              8,5

         3.2.1        Noem TWEE faktore, met betrekking tot die vroue, wat tydens die
                      ondersoek konstant gehou moes word.                                           (2)

         3.2.2        Noem TWEE maniere waarop die betroubaarheid van die resultate
                      verseker is.                                                                  (2)

         3.2.3        Noem EEN gevolgtrekking wat uit die resultate gemaak kan word.                (2)

         3.2.4        Verduidelik waarom die estrogeenvlakke in die bloed van die vroue
                      in die 4150-ouderdomsgroep laag kan bly.                                     (3)

         3.2.5        Verduidelik waarom vroue wat progesteroon-gebaseerde
                      voorbehoedpille gebruik het, nie by die ondersoek ingesluit is nie.           (3)
                                                                                                    (12)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                             14                              DBE/2022
                                               SS/NSS

3.3      Beskryf die ontwikkeling van die plasenta en die naelstring vandat inplanting
         plaasvind.                                                                            (6)

3.4      Die diagram hieronder verteenwoordig 'n gedeelte van die menslike oor met
         'n middeloorinfeksie.

                                    B      C   D

         A
                                                                          E

                            Gevul met
                             vloeistof

                                                                 F

         3.4.1        Identifiseer deel:

                     (a) B                                                                     (1)

                     (b) D                                                                     (1)

         3.4.2        Noem EEN funksie van deel A.                                             (1)

         3.4.3        Verduidelik hoe middeloorinfeksie gehoor kan beïnvloed.                  (4)

         3.4.4        Beskryf die rol van die Eustachius-buis.                                 (2)

         3.4.5        Noem die klein toestel wat gebruik word vir die behandeling van
                      middeloorinfeksie.                                                       (1)

         3.4.6        Skryf die LETTER van die deel neer waar die klein toestel, genoem
                      in VRAAG 3.4.5, ingesit word.                                            (1)

         3.4.7        Verduidelik hoe deel E betrokke is by die handhawing van balans
                      wanneer daar 'n verandering in die spoed en rigting van beweging
                      van die kop is.                                                          (4)
                                                                                               (15)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          15                                    DBE/2022
                                            SS/NSS

3.5      Tipe I-diabetes mellitus word veroorsaak deur pankreasselle wat nie insulien
         kan vervaardig nie.

         By tipe II-diabetes mellitus skei die pankreas wel insulien af, maar die
         liggaamselle is weerstandig teen die effek van insulien.

         Om te diagnoseer of 'n persoon tipe I- of tipe II-diabetes mellitus het, kan die
         volgende toetse uitgevoer word:

            Die bloedglukosevlak word na 'n vastydperk getoets (die persoon word nie
             toegelaat om vir 6 uur voor die toets iets te eet of te drink nie). Indien die
             bloedglukosevlak bo 126 mg/dℓ is, is die persoon diabeties.
            Die persoon word dan 'n glukose-oplossing gegee om te drink en die
             bloedglukosevlak word na 2 uur getoets.
            Die bloed word ook vir die aanwesigheid van GSD ('GAD')-
             teenliggaampies getoets. Die aanwesigheid van GSD ('GAD')-
             teenliggaampies sal daarop dui dat die liggaam die insulienproduserende
             pankreasselle vernietig.
            Die vlakke van C-peptied word gemeet. Dit is 'n stof wat vervaardig word
             deur dieselfde pankreasselle wat die insulien vervaardig. Indien die vlakke
             laer as 0,3 ng/mℓ in die bloed is, is die persoon diabeties.

         3.5.1        Noem die selle in die pankreas wat insulien afskei.                      (1)

         3.5.2        Verduidelik watter tipe (I of II)-diabetes mellitus sal aangedui word
                      deur die:

                     (a) Aanwesigheid van GSD ('GAD')-teenliggaampies in die bloed             (3)

                     (b) C-peptied-vlakke laer as 0,3 ng/mℓ                                    (3)

         3.5.3        Verduidelik die insulienvlakke in die bloed van 'n tipe II-diabeet
                      2 uur nadat die glukoseoplossing gedrink is.                             (3)

         3.5.4        Gee EEN rede waarom 'n persoon met onbehandelde diabetes
                      mellitus waarskynlik heeltyd moeg sal wees.                              (2)
                                                                                               (12)
                                                                                               [50]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:            100
                                                                     GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2022-eng/88be2a14-1b51-47ea-bec4-810a3bbfd3b4) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P2 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2022-afr/2641aa96-c0ce-4429-9802-4b9c58c65274) — Life Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Life Sciences P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2022-eng/c0ba0c20-6c29-4abe-aef0-baeb48113dd3) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Gr 12 Life Sciences P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-p1-english-june-2024-question-paper/4fc6ccbd-0c7e-4401-885a-2cf93f82dfd5) — Life Sciences · QP · 2024 · Eng
- [Life Sciences P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2019-eng/b144aa01-02ec-4195-99cc-5ac17d9aff9c) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2019-afr/bf964714-bd3d-49d5-8af3-4c9d54303789) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
