# Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2023-afr/64b79d58-018d-44dd-9026-d85a466e1ad5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2023-afr/64b79d58-018d-44dd-9026-d85a466e1ad5)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 GRAAD 12

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                           LEWENSWETENSKAPPE V1

                                         2023

                                                                       PUNTE: 150

                                                                      TYD: 2½ uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        2                                   DBE/2023
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           3                                    DBE/2023
                                            SS/NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1       Diabetes mellitus word veroorsaak deur 'n …

                     A   oorsekresie/oorafskeiding van glukagon.
                     B   ondersekresie/onderafskeiding van glukagon.
                     C   oorsekresie/oorafskeiding van insulien.
                     D   ondersekresie/onderafskeiding van insulien.

         1.1.2       Reseptore wat deur die lae watervlakke in die bloed gestimuleer
                     word, word in die … aangetref.

                     A   nierbuisies.
                     B   hipotalamus.
                     C   pituïtêre klier.
                     D   karotis-arterie.

         1.1.3       Die miëlienskede op 'n senuweesel …

                     A   verskaf elektriese isolering.
                     B   vervoer impulse na die selliggaam.
                     C   ontvang impulse vanaf die akson.
                     D   skakel prikkels na impulse om.

         1.1.4       Die struktuur waar die sperms tydelik geberg word, is die …

                     A   testis.
                     B   epididimis.
                     C   vas deferens.
                     D   penis.

         1.1.5       Watter EEN van         die   volgende    is   'n   funksie   van   die
                     amnionvloeistof?

                     A   Voorsien die fetus van voeding
                     B   Beskerm die fetus teen meganiese beserings
                     C   Voorsien die fetus van suurstof
                     D   Verwyder die metaboliese afval van die fetus

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          4                                   DBE/2023
                                           SS/NSS

         VRAAG 1.1.6 EN 1.1.7 IS OP DIE DIAGRAM VAN DIE BREIN HIERONDER
         GEBASEER.

                                                                2
                             1

                                                                3
                             4

         1.1.6       Watter EEN van die volgende stel die corpus callosum voor?

                     A   1
                     B   2
                     C   3
                     D   4

         1.1.7       Watter EEN van die volgende is die funksie van deel 3?

                     A   Beheer willekeurige bewegings
                     B   Beheer onwillekeurige aksies
                     C   Koördineer willekeurige bewegings
                     D   Beheer alle sensasies

         1.1.8       Die plasenta word deur die … gevorm.

                     A   amnionvloeistof en amnion
                     B   chorioniese villi en endometrium
                     C   amnion en endometrium
                     D   amnionvloeistof en chorioniese villi

         1.1.9       'n Oorsekresie van die hormoon wat deur die tiroïedklier
                     geproduseer word, kan tot gevolg hê dat 'n persoon …

                     A   gewig optel, weens 'n toename in die metaboliese tempo.
                     B   gewig optel, weens 'n afname in die metaboliese tempo.
                     C   gewig verloor, weens 'n toename in die metaboliese tempo.
                     D   gewig verloor, weens 'n afname in die metaboliese tempo.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          5                                   DBE/2023
                                           SS/NSS

         1.1.10      Die tabel hieronder toon die gemiddelde testosteroonvlakke van
                     seuns/mans van verskillende ouderdomsgroepe.

                            Groep               Ouderdom              Gemiddelde
                                                  (jaar)          testosteroonvlakke
                                                                         (n/M)
                                I                  0–10               minder as 5
                               II                 11–15                    15
                              III                 16–20                    19

                     Watter EEN van die volgende is 'n verduideliking vir die verskil in
                     testosteroonvlakke tussen die ouderdomsgroepe?

                     Testosteroonvlakke is hoër in ...

                     A   Groep I as in Groep III omdat puberteit begin.
                     B   Groep II as in Groep I omdat puberteit begin.
                     C   Groep III as in Groep I omdat dit benodig word om die groei
                         van langbene te inhibeer.
                     D   Groep I as in Groep II omdat dit benodig word om groei van
                         langbene te inhibeer.                              (10 x 2)            (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           6                                    DBE/2023
                                            SS/NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       Die proses om 'n konstante interne omgewing in die menslike
                     liggaam te handhaaf

         1.2.2       Die organelle wat in groot hoeveelhede in die nekgedeelte van 'n
                     spermsel voorkom

         1.2.3       Die siekte wat deur die degenerasie van breinweefsel gekenmerk
                     word, wat tot geheueverlies lei

         1.2.4       Die laag in die oog wat ryklik van bloedvate voorsien is

         1.2.5       Die tipe ontwikkeling by voëls waar die kleintjies ten volle ontwikkel
                     is wanneer hulle gebore word en in staat is om te beweeg en
                     hulself te voer

         1.2.6       Groepe selle in die pankreas wat insulien en glukagon afskei

         1.2.7       Die struktuur in die sperm wat ensieme bevat wat die buitenste
                     laag van die ovum oplos

         1.2.8       'n Bloedvat wat koolstofdioksied van die fetus na die plasenta
                     vervoer                                                 (8 x 1)              (8)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                            KOLOM I                                 KOLOM II
         1.3.1       'n Ekstra-embrioniese               A:   Chorion
                     membraan wat in die amniotiese      B:   Allantoïs
                     eier gevind word
         1.3.2       'n Struktuur in die oor wat         A:   Pinna
                     oormatige drukgolwe vanaf die       B:   Oorkanaal
                     koglea absorbeer
         1.3.3       'n Struktuur wat semen uit die      A:   Skrotum
                     liggaam vervoer                     B:   Uretra
                                                                                    (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            7                                       DBE/2023
                                             SS/NSS

1.4      Die vloeidiagram hieronder verteenwoordig die komponente van die
         senuweestelsel.

                                          Senuweestelsel

                            Sentrale
                                                                   A
                         senuweestelsel

                                                       Kraniale
                 Brein                B                                         C
                                                      senuwees

                                                                       D

                                                  Simpatiese                     E
                                                senuweestelsel

         1.4.1       Identifiseer die komponent        van   die       senuweestelsel     wat
                     verteenwoordig word deur:

                     (a) A                                                                         (1)

                     (b) D                                                                         (1)

         1.4.2       Noem die soort senuwees wat by C aangetref word.                              (1)

         1.4.3       Gee die LETTER en NAAM van die komponent wat die hartklop
                     laat afneem wanneer 'n noodsituasie verby is.                                 (2)

         1.4.4       Noem die senuweeselle waaruit senuweeweefsel bestaan.                         (1)

         1.4.5       Noem TWEE maniere waarop die brein beskerm word.                              (2)
                                                                                                   (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           8                                 DBE/2023
                                            SS/NSS

1.5      Die diagramme hieronder toon dele van die middel- en inwendige oor.

                        B

                                                                                  F

                                            C
         A
                                                     E

                                            D

                            Diagram 1                       Diagram 2

         1.5.1       Identifiseer deel F.                                                      (1)

         1.5.2       Gee die gesamentlike term vir beentjies B.                                (1)

         1.5.3       Gee die LETTER en NAAM van die struktuur wat:

                     (a) Druk tussen die uitwendige en middeloor konstant hou                  (2)

                     (b) Drukgolwe in die inwendige oor veroorsaak                             (2)

         1.5.4       Noem die reseptore wat gestimuleer word deur 'n verandering in
                     die:

                     (a) Posisie van die kop                                                   (1)

                     (b) Rigting en spoed van beweging van die kop                             (1)
                                                                                               (8)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           9                                     DBE/2023
                                            SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder stel die vroulike voortplantingstelsel voor.

                                                A

                             D
                                                               B

                                                               C

         2.1.1       Identifiseer deel B.                                                          (1)

         2.1.2       Noem die proses wat in deel A plaasvind wat tot die vorming van
                     die sigoot lei.                                                               (1)

         2.1.3       Beskryf die proses genoem in VRAAG 2.1.2.                                     (1)

         2.1.4       Beskryf die ontwikkeling van die sigoot totdat inplanting plaasvind.          (4)

         2.1.5       Verduidelik TWEE maniere waarop deel D struktureel vir gestasie
                     geskik is.                                                                    (4)

         2.1.6       Beskryf hoe die sekresies van die prostaatklier beskerming vir die
                     sperm teen die toestande in deel C verskaf.                                   (2)
                                                                                                   (13)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         10                                   DBE/2023
                                           SS/NSS

2.2      Lees die uittreksel hieronder.

                     PLASTIEK AAN ONVRUGBAARHEID IN VROUE VERBIND

         Verskeie studies toon dat bisfenol A (BFA), 'n chemikalie wat tydens die maak
         van baie huishoudelike plastiekprodukte gebruik word, met onvrugbaarheid by
         vroue (onvermoë om natuurlik swanger te raak en aan 'n gesonde baba
         geboorte te skenk) verbind kan word. BFA kan ingeneem word of deur die vel
         geabsorbeer word wanneer plastiekprodukte gebruik word.

         Dit lyk of BFA met die normale afskeiding van FSH deur die pituïtêre klier
         inmeng en word met abnormale menstruele siklusse en 'n verlaging in die
         tempo van inplanting verbind. Hierdie studies toon ook 'n verband tussen hoë
         BFA-vlakke en 'n afname in die ontwikkeling en rypwording van ovariale
         follikels.

         2.2.1        Noem EEN funksie van FSH.                                                 (1)

         2.2.2        Noem EEN ander hormoon by vroue wat tydens die menstruele
                      siklus deur die pituïtêre klier afgeskei word.                            (1)

         2.2.3        Verduidelik hoe 'n onderafskeiding van         die   hormoon      in
                      VRAAG 2.2.2 tot onvrugbaarheid kan lei.                                   (2)

         2.2.4        Verduidelik waarom 'n afname in die rypwording van ovariale
                      follikels tot 'n verlaging in die tempo van inplanting kan lei.           (5)
                                                                                                (9)

2.3      Beskryf die proses van spermatogenese.                                                 (4)

2.4      Paddas kan in water en op land oorleef. Die meeste paddas benodig egter
         water vir voortplanting. Tydens die broeiseisoen stel mannetjiepaddas en
         paddawyfies miljoene gamete in die water vry.

         2.4.1        Noem die soort bevrugting wat hierbo beskryf word.                        (1)

         2.4.2        Verduidelik waarom miljoene gamete vrygestel word.                        (3)

         2.4.3        Noem waarom die voortplanting by paddas 'n voorbeeld van
                      oviparie is.                                                              (1)
                                                                                                (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         11                                   DBE/2023
                                           SS/NSS

2.5      Die diagram hieronder toon dele van die vel wat by termoregulering
         betrokke is.

                        A

                                                             B

         2.5.1       Gee TWEE redes waarom deel A as 'n eksokriene klier
                     geklassifiseer word.                                                       (2)

         2.5.2       Beskryf die rol van velreseptore tydens termoregulering.                   (2)

         2.5.3       Verduidelik waarom struktuur B op 'n warm dag verwyd.                      (2)
                                                                                                (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            12                                    DBE/2023
                                              SS/NSS

2.6      Werkers in sommige fabrieke word konstant vir lang tydperke aan harde
         geraas blootgestel. Dit kan die haarselle in die orgaan van Corti vernietig en
         die gehoorsenuwee beskadig, wat tot gehoorverlies lei.

         'n Opname is tussen 2014 en 2018 in 'n ontwikkelende land gedoen om die
         getal fabriekwerkers wat aan gehoorverlies lei, te bepaal.

         Die resultate word in die tabel hieronder getoon.

                           Jaar                        Getal fabriekswerkers
                                                        met gehoorverlies
                           2014                                85 000
                           2015                               100 000
                           2016                               115 000
                           2017                               120 000
                           2018                               130 000

         2.6.1       Noem die struktuur in die oor waar die orgaan van Corti aangetref
                     word.                                                                          (1)

         2.6.2       Bereken die persentasie styging tussen 2014 en 2018 in die getal
                     fabriekswerkers met gehoorverlies. Toon ALLE berekeninge.                      (3)

         2.6.3       Stel EEN rede vir die styging in die getal fabriekswerkers met
                     gehoorverlies voor wat deur blootstelling aan harde geraas in
                     hierdie land veroorsaak is.                                                    (1)

         2.6.4       Verduidelik waarom         skade    aan   die   gehoorsenuwee         tot
                     gehoorverlies kan lei.                                                         (2)

         2.6.5       Trek 'n staafgrafiek om die data in die tabel voor te stel.                    (6)
                                                                                                    (13)
                                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                               13                                    DBE/2023
                                                                 SS/NSS

VRAAG 3

3.1      Die grafiek hieronder toon die konsentrasie absissiensuur in 'n kersieboom
         gedurende verskillende seisoene van die jaar.

         Hierdie boomspesie verloor gedurende die herfs al sy blare en betree
         gedurende die wintermaande 'n dormante toestand (rustoestand).

                                               Absissiensuur-konsentrasie in 'n kersieboom gedurende
                                                         verskillende seisoene van die jaar
                                       9

                                       8

          Absissiensuur-konsentrasie
                                       7

                                       6

                                       5

                                       4

                  (µg-1DW-1)
                                       3

                                       2

                                       1

                                       0
                                        Mrt.      Apr.    Mei    Jun.     Jul.   Aug.    Sep.    Okt.     Nov.

                                                  Herfs                 Winter                   Lente
                                                                Seisoen van die jaar

         3.1.1                             Gedurende watter maand was die konsentrasie absissiensuur die
                                           laagste?                                                                   (1)

         3.1.2                             Verduidelik die tendens van die grafiek van Maart tot Mei.                 (3)

         3.1.3                             Stel EEN rede voor vir die dormansie in kersiebome gedurende die
                                           wintermaande.                                                              (2)
                                                                                                                      (6)

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         14                                    DBE/2023
                                           SS/NSS

3.2      Geotropisme verwys na die beweging van 'n deel van 'n plant in reaksie op
         gravitasie. Hierdie tropisme word deur ouksiene beheer.

         3.2.1       Beskryf die rol van ouksiene in wortels.                                    (3)

         3.2.2       Wanneer 'n plant horisontaal geplaas word, met lig wat uit alle
                     rigtings skyn, sal die ouksiene aan die onderkant van beide die
                     stingel en die wortels akkumuleer.

                     Verduidelik die verskil in die reaksie van die stingel en die wortels
                     na 'n paar dae.                                                             (4)
                                                                                                 (7)

3.3      Hiperaldosteronisme is 'n siekte wat deur die oorsekresie van aldosteroon
         veroorsaak word en word verbind met hoë bloeddruk by mense.

         Wetenskaplikes het die invloed van 'n styging in aldosteroonvlakke op
         bloeddruk ondersoek.

         Die prosedure is soos volg uitgevoer:

             1 688 gesonde vrywilligers, 55 jaar oud, het aan die ondersoek
              deelgeneem.
             Die deelnemers se bloeddruk is gemeet en opgeteken voordat die
              ondersoek begin is.
             Die deelnemers is in die oggend met 'n dosis aldosteroon ingespuit en
              hulle bloeddruk is elke uur vir 12 uur gemeet.
             Hierdie prosedure is vir vier dae met elke individu gevolg en die
              gemiddelde bloeddruk is bereken.
             Al die deelnemers het vir die tydperk van die ondersoek dieselfde dieet
              gevolg.

         3.3.1       Noem die klier wat aldosteroon afskei.                                      (1)

         3.3.2       Identifiseer die:

                     (a)   Onafhanklike veranderlike                                             (1)

                     (b)   Afhanklike veranderlike                                               (1)

         3.3.3       Gee TWEE redes waarom die resultate van die ondersoek as
                     betroubaar beskou kan word.                                                 (2)

         3.3.4       Verduidelik TWEE redes waarom dit vir die deelnemers belangrik
                     was om tydens die ondersoek dieselfde dieet te volg.                        (4)

         3.3.5       Verduidelik waarom die deelnemers se bloeddruk gemeet is
                     voordat die ondersoek begin is.                                             (2)

         3.3.6       Verduidelik waarom dit verwag word dat die soutvlakke in die urien
                     van die deelnemers sal afneem nadat hulle met aldosteroon
                     ingespuit is.                                                               (3)
                                                                                                 (14)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                               15                                   DBE/2023
                                                 SS/NSS

3.4      Beskryf hoe die sekresie van adrenalien tydens 'n noodsituasie 'n styging in
         energieproduksie veroorsaak.                                                              (8)

3.5      Die diagram hieronder stel die menslike oog voor.

                                                                                    A
                     F

                                                                                    B
                     E

                                                      D                 C

         3.5.1           Identifiseer struktuur F.                                                 (1)

         3.5.2           Noem TWEE funksies van vloeistof A.                                       (2)

         3.5.3           Beskryf die strukturele verskil tussen area B en area C.                  (2)

         3.5.4           Noem die visuele defek wat voorkom wanneer die kromming van
                         deel E onegalig is.                                                       (1)

         3.5.5           Verduidelik hoe die sig van 'n persoon beïnvloed sal word indien
                         katarakte in deel D sou ontwikkel.                                        (3)

         3.5.6           Beskryf die proses van akkommodasie wat plaasvind wanneer 'n
                         voorwerp minder as 6 meter weg van die oog af is.                         (6)
                                                                                                   (15)
                                                                                                   [50]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:             100
                                                                        GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2023 isiXhosa](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-qp-sept2023-isixhosa/4bfbd428-d580-44bb-9e04-f4e5ad0bda53) — Life Sciences · QP · 2023 · isiXhosa
- [Gr 12 Life Sciences P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-p1-english-june-2024-question-paper/4fc6ccbd-0c7e-4401-885a-2cf93f82dfd5) — Life Sciences · QP · 2024 · Eng
- [Life Sciences P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2022-eng/88be2a14-1b51-47ea-bec4-810a3bbfd3b4) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2019-eng/b144aa01-02ec-4195-99cc-5ac17d9aff9c) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2019-afr/bf964714-bd3d-49d5-8af3-4c9d54303789) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Life Sciences P1 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2016-eng/4addd979-3df3-4173-8efe-c084d7b2b2d0) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
