# Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2012-version-1-afr/29820a20-48de-4771-9c0f-60444e402c06
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2012-version-1-afr/29820a20-48de-4771-9c0f-60444e402c06)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                         LEWENSWETENSKAPPE V1

       WEERGAWE 1 (NUWE INHOUD) VIR VOLTYDSE KANDIDATE

                                NOVEMBER 2012

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 (Weergawe 1) (Voltyds)    2                         DBE/November 2012
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK neer.

3.       Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies by elke vraag.

6.       Maak ALLE tekeninge met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 (Weergawe 1) (Voltyds)    3                          DBE/November 2012
                                              NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die
         vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         byvoorbeeld 1.1.11 D.

         1.1.1        Daar word na die huidige verspreiding van organismes as ...
                      verwys.

                      A   mutasies
                      B   biodiversiteit
                      C   biochemie
                      D   biogeografie

         1.1.2        Veranderinge aan genetiese materiaal in organismes kan SLEGS
                      deur die volgende generasie oorgeërf word as dit ...

                      A   in somatiese selle voorkom.
                      B   die oorlewingskanse van die spesie verhoog.
                      C   in voortplantingselle voorkom.
                      D   die oorlewingskanse van 'n individu verhoog.

         1.1.3        Bestudeer die diagramme van homoniede skedels hieronder.

                                1                   2                    3

                      Die korrekte volgorde van evolusie, van die oudste na die jongste,
                      van die homoniede spesies getoon, is ...

                      A   2, 3, 1.
                      B   3, 1, 2.
                      C   1, 3, 2.
                      D   2, 1, 3.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 (Weergawe 1) (Voltyds)        4                        DBE/November 2012
                                                  NSS

         1.1.4        DNS/DNA-volgorde word deesdae alledaags gebruik om te bepaal
                      hoe nou verwant verskillende spesies aan mekaar is. Die tabel
                      hieronder toon DNS/DNA-volgordes van die amilasegeen van vier
                      verskillende organismes.

                                                  Amilase-DNS/DNA-volgorde
                      Organisme 1      C      A    G    G   T   C   A   G    T    T
                      Organisme 2      C      C    G    G   T   C   A   G    G    T
                      Organisme 3      C      A    G    G   A   C   A   T    T    T
                      Organisme 4      C      C    G    G   T   C   A   C    G    T

                      Gebaseer op slegs die inligting hierbo, watter TWEE organismes is
                      die naaste verwant?
                      A   Organisme 1 en Organisme 2
                      B   Organisme 2 en Organisme 3
                      C   Organisme 2 en Organisme 4
                      D   Organisme 3 en Organisme 4
         1.1.5        Die foto hieronder toon 'n menslike kariotipe wat voorberei is vanaf
                      'n monster van fetusselle wat tydens amniosentese versamel is.

                                        Menslike kariotipe

                      Dit kan redelikerwys afgelei word dat …
                      A   die fetus vroulik is.
                      B   die kind Down-sindroom sal ontwikkel.
                      C   die fetus manlik is.
                      D   daar 46 outosome is.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 (Weergawe 1) (Voltyds)        5                         DBE/November 2012
                                                  NSS

         1.1.6        Die diagramme hieronder toon ses verskillende fases van meiose
                      wat in 'n sel met vier chromosome plaasvind.

                       1                                                                 2

                                                                                         4
                          3

                                                                                         6
                          5

                      Die korrekte volgorde van die verskillende fases waarin die
                      verdeling hierbo plaasvind, is …

                      A       1, 2, 3, 4, 5, 6.
                      B       6, 2, 5, 4, 1, 3.
                      C       3, 5, 4, 2, 6, 1.
                      D       3, 4, 5, 6, 1, 2.

         1.1.7        Twee soorte voëls behoort tot dieselfde spesie as hulle …

                      A       eenders lyk.
                      B       deur 'n geografiese versperring geskei word.
                      C       suksesvol kan kruisteel.
                      D       in dieselfde habitat leef.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 (Weergawe 1) (Voltyds)    6                           DBE/November 2012
                                              NSS

         1.1.8        Watter van die volgende oor wetenskaplike ondersoeke is
                      KORREK?

                      A   'n Toename in die monstergrootte verminder die geldigheid.
                      B   Die toelaat van baie veranderlikes verhoog die betroubaarheid.
                      C   Beheer van die veranderlikes verminder die geldigheid.
                      D   Herhaling van die ondersoek verhoog die betroubaarheid.

         1.1.9        Twee ouers het kinders met die volgende bloedgroepe:

                                KIND          BLOEDGROEP
                                  1                A
                                  2                O
                                  3               AB
                                  4                B

                      As die vader bloedgroep A het, wat moet die bloedgroep van die
                      moeder wees?

                      A   Bloedgroep A
                      B   Bloedgroep B
                      C   Bloedgroep O
                      D   Bloedgroep AB

         1.1.10       In 'n monohibriede kruising is die genotipes van die twee ouers AA
                      en aa. Die genotipe van al die F 1 -plante is Aa. As die F 1 -plante
                      gekruis word, watter persentasie van die F 2 -generasie sal die
                      dominante fenotipe hê?

                      A   25
                      B   50
                      C   75
                      D   100                                                     (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 (Weergawe 1) (Voltyds)    7                         DBE/November 2012
                                              NSS

1.2       Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
          Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in jou
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1       Die vorming van nuwe spesies in die afwesigheid van 'n fisiese
                      versperring

          1.2.2       Wanneer een of meer chromosome nie gedurende meiose skei nie

          1.2.3       Organismes wat twee identiese allele by 'n gegewe lokus bevat

          1.2.4       Die toestand waar 'n organisme meer as twee volledige stelle
                      chromosome in 'n sel bevat

          1.2.5       Soortgelyke strukture afkomstig van 'n gemeenskaplike voorouer

          1.2.6       Monomere/Boublokke van 'n nukleïensuur

          1.2.7       Die verdeling van die sitoplasma gedurende selverdeling in plant-
                      en dierselle

          1.2.8       Die proses waar nuwe DNS/DNA vanaf bestaande DNS/DNA
                      gevorm word                                                              (8)

1.3       Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
          SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
          slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
          (1.3.1 tot 1.3.8) in jou ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM I                                   KOLOM II
  1.3.1    Voorbeelde van voortplanting-        A: Aanpassing by verskillende bestuiwers
           isolasiemeganismes                   B: Broei op verskillende tye
  1.3.2    Fossiele gevind in die Groot         A: 'Nutcracker man'
           Skeurvallei                          B: 'Taung child'
  1.3.3    Steun die 'Uit Afrika'-hipotese      A: Y-chromosoom-mutasies
                                                B: Migrasie van Homo erectus
  1.3.4    Kenmerke wat deur weten-             A: Ooreenkomste in DNS/DNA-volgorde
           skaplikes gebruik kan word om 'n     B: Fossielbewyse
           filogenetiese stamboom op te stel
  1.3.5    Foramen magnum is na agter in       A: Mens
           die skedel                          B: Sjimpansee
  1.3.6    Tipeer bloedgroepering              A: Meervoudige allele
                                               B: Ko-dominansie
  1.3.7    'n Organisme se volledige stel      A: Genotipe
           DNS/DNA                             B: Genoom
  1.3.8    'n Skielike verandering in die      A: Translasie
           volgorde van die stikstofbasisse in B: Transkripsie
           DNS/DNA
                                                                                 (8 x 2)       (16)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 (Weergawe 1) (Voltyds)    8                         DBE/November 2012
                                              NSS

1.4      Die diagram hieronder toon 'n kort deel van 'n DNS/DNA-molekule.

                                   A             B

                                                                               C

                                                                              D

         1.4.1        Identifiseer deel C en deel D onderskeidelik.                             (2)

         1.4.2        Noem die tipe verbinding wat A en B verbind.                              (1)

         1.4.3        Gee EEN sigbare rede waarom die molekule hierbo as 'n
                      DNS/DNA-molekule geïdentifiseer kan word.                                 (1)

         1.4.4        Noem TWEE strukture in 'n menslike sel wat nie verdeel nie, waar
                      DNS/DNA gevind kan word.                                                  (2)
                                                                                                (6)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 (Weergawe 1) (Voltyds)    9                          DBE/November 2012
                                              NSS

AFDELING B

VRAAG 2
2.1      Die diagram hieronder toon oorkruising in 'n paar homoloë chromosome.

                                               X

                                                     Z

         2.1.1        Identifiseer die punt X en deel Z onderskeidelik.                         (2)

         2.1.2        Gee EEN waarneembare rede waarom die chromosome hierbo as
                      homoloë chromosome beskou word.                                           (1)

         2.1.3        Gee EEN rede waarom oorkruising belangrik is.                             (1)

         2.1.4        Noem EEN ander proses wat tydens meiose plaasvind wat net so
                      belangrik soos oorkruising is.                                            (1)

         2.1.5        As 'n muiseiersel 20 chromosome bevat, hoeveel chromosome sal
                      daar in die sel van die muis se vel wees?                                 (1)
                                                                                                (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 (Weergawe 1) (Voltyds)        10                         DBE/November 2012
                                                  NSS

2.2      Die eerste 7 drietalle van stikstofbasisse wat deel vorm van die geenkodering
         vir een ketting van die hemoglobienproteïen waaruit rooibloedselle van mense
         bestaan, word hieronder getoon.

            DNS/DNA-             CAC GTG GAC TGA GGA CTC CTC
            TEMPLAAT
            BASISDRIETAL-
            NOMMER                 1          2         3   4     5       6       7

         2.2.1        Vir hoeveel van die volgende word daar in die DNS/DNA-templaat
                      hierbo gekodeer:
                     (a) Stikstofbasisse                                                               (1)
                     (b) Verskillende tipes oordrag-RNS('t-RNA')-molekules wat
                         benodig word om die polipeptied uit hierdie deel DNS/DNA te
                         vorm                                                                          (1)
                     (c) Aminosure                                                                     (1)
         2.2.2        Skryf die boodskapper-RNS('mRNA')-volgorde vanaf drietal
                      nommer 4 tot drietal nommer 6 vir die DNS/DNA-templaat hierbo                    (3)
                      neer.
         2.2.3        Gebruik die tabel hieronder en bepaal die aminosuurvolgorde wat
                      deur drietal nommer 4 tot drietal nommer 6 gekodeer word.

                             Antikodons op oordrag-             Aminosuur gekodeer
                             RNS ('t-RNA') wat vir die
                               aminosuur kodeer
                                      CUC                             Glutamaat
                                      GUG                             Histidien
                                      GGA                             Prolien
                                      GAC                             Leusien
                                      UGA                             Treonien                         (3)
                                       CAC                            Valien

         2.2.4        As die T in die 6de drietalbasis verander na A in die DNS/DNA-
                      templaat hierbo:
                     (a) Skryf die nuwe aminosuur neer (gebruik die tabel hierbo)
                         waarvoor die 6de drietalbasis nou kodeer                                      (1)
                     (b) Noem die tipe geenmutasie wat plaasgevind het                                 (1)
         2.2.5        Die verandering van T na A soos genoem in VRAAG 2.2.4 is die
                      mutasie wat sekelselanemie veroorsaak. Dit word gekenmerk deur
                      rooibloedselle wat van vorm verander, vanaf bikonkaaf na
                      sekelvormig met 'n baie kleiner oppervlakte as normale
                      rooibloedselle.
                      Verduidelik hoe dit moontlik die persoon wat aan sekelselanemie
                      ly, sal aantas.                                                                  (3)
                                                                                                       (14)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 (Weergawe 1) (Voltyds)    11                          DBE/November 2012
                                              NSS

2.3      'n Genetikus wou vasstel watter mieliekleur in 'n mieliespesie dominant is. Die
         spesie het twee fenotipes vir kleur, geel en wit. Sy het vier genetiese kruisings
         gedoen en die kleur van die nageslag aangeteken soos in die tabel hieronder
         getoon.

              Genetiese             Ouerfenotipes             Nageslagfenotipes
              kruisings
                  1                  geel x geel                   almal geel
                  2                   wit x wit                 51 wit en 17 geel
                  3                   wit x geel                32 wit en 34 geel
                  4                   wit x wit                     almal wit

         2.3.1        Volgens die resultate, watter kleur is dominant?                            (1)

         2.3.2        Watter EEN van die genetiese kruisings (1, 2, 3 of 4) in die tabel
                      staaf die gevolgtrekking wat in VRAAG 2.3.1 gemaak is?                      (1)

         2.3.3        Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.2.                                (2)

         2.3.4        Gebruik die simbole G en g om genetiese kruising 2 voor te stel.
                      Toon ook die verhoudings van die F 1 -fenotipes.                            (6)
                                                                                                  (10)
                                                                                                  [30]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 (Weergawe 1) (Voltyds)         12                            DBE/November 2012
                                                   NSS

VRAAG 3

3.1          Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwing van hemofilie in 'n
             familie.

                                    1                          2

                     3                  4                          5             6

         7                  8               9                      10             11
      Sleutel:

                     Vrou sonder hemofilie

                     Man met hemofilie

                     Man sonder hemofilie

             3.1.1        Hoeveel familielede wat nie hemofilielyers is nie, is draers?                   (1)

             3.1.2        Verduidelik waarom hierdie afwyking meestal mans in hierdie
                          familie aantas.                                                                 (3)

             3.1.3        Gebruik die moontlike allele XH, Xh en Y om die genotipe van die
                          volgende te bepaal:
                         (a) Individu 1                                                                   (2)
                         (b) Individu 4                                                                   (2)
             3.1.4        Wat is die kans dat individu 10 en sy vrou, wat 'n draer is (nie in die
                          stamboomdiagram getoon nie) 'n seun wat aangetas is, sal hê?                    (2)
             3.1.5        Gee TWEE redes waarom individu 9 en sy maat genetiese
                          berading moet ondergaan voordat hulle met 'n gesin begin.                       (2)
                                                                                                          (12)
Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 (Weergawe 1) (Voltyds)    13                        DBE/November 2012
                                              NSS

3.2      Tydens hulle werk om die struktuur van DNS/DNA te bepaal, het Watson en
         Crick belang gestel in die proporsies/verhoudings van nukleotiede in die
         DNS/DNA van velselle van 'n spesifieke organisme. Hulle het die resultate van
         drie verskillende monsters wat in dieselfde laboratorium geneem is, soos in
         die tabel hieronder getoon, bestudeer.

                                      Persentasie van elke nukleotied
                     Nukleotiede     Monster 1 Monster 2 Monster 3
                     in DNS/DNA
                          A              29          31          30
                          T              31          29          30
                          C              21          20          19
                          G              19          21          20

         3.2.1        Waarom het Watson en Crick resultate van drie monsters
                      bestudeer?                                                               (1)

         3.2.2        Wat is die verhouding van adenien tot timien in die hele
                      eksperiment?                                                             (1)

         3.2.3        Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.2.                             (1)

         3.2.4        Trek 'n sirkelgrafiek wat die persentasies van die verskillende
                      nukleotiede in monster 1 toon. Toon ALLE bewerkings.                     (8)
                                                                                               (11)

3.3      Geneties gemodifiseerde organismes (GMO) bring nuwe hoop vir mediese
         kure en beloftes om landbouopbrengste te verhoog, en het die potensiaal om
         die wêreld se besoedelings- en hulpbronkrisis op te los.

         Daar is ook baie besware teen GMO. Party mense sê dit is duur en 'n
         bedreiging vir ons biodiversiteit.

         3.3.1        Gee TWEE redes waarom:

                     (a) Die aanvanklike produksiekoste van GMO hoog is                        (2)

                     (b) GMO as 'n bedreiging vir biodiversiteit beskou word                   (2)

         3.3.2        Behalwe dié in die teks, noem DRIE besware wat party mense
                      teen die produksie van GMO het.                                          (3)
                                                                                               (7)
                                                                                               [30]

                                                               TOTAAL AFDELING B:              60

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 (Weergawe 1) (Voltyds)    14                            DBE/November 2012
                                              NSS

AFDELING C

VRAAG 4

4.1      Bestudeer die inligting oor die ontdekking van 'n nuwe spesie van
         australopithekane ('australopithecine') in Suid-Afrika.

                      ONTDEKKING VAN 'N NUWE SPESIE IN SUID-AFRIKA

         Professor Lee Berger, 'n paleoantropoloog aan die Universiteit van die
         Witwatersrand, het met die hulp van sy 9-jarige seun op 15 Augustus 2008 twee
         fossiele in Suid-Afrika ontdek.

         Berger en ongeveer 60 kollegas regoor die wêreld het die gefossileerde stukkies
         been bestudeer voordat hulle op 8 April 2010 hul bevindings bekend gemaak het.
         Die bevindings is in 'n wetenskaplike joernaal gepubliseer.

         Hulle het dit voorgestel as 'n nuwe spesie, genoem Australopithecus sediba, wat
         na ongeveer 1,78 tot 1,95 miljoen jaar teruggedateer kan word. Dit bestaan uit
         talle primitiewe kenmerke van ander australopithekaan-spesies en meer
         gevorderde kenmerke tipies van die latere Homo-spesie.

         Die gedeeltelike skedels, wat amper 2 miljoen jaar oud is, word beskou as 'n
         moontlike oorgangspesie tussen Australopithecus africanus (soos die beroemde
         mev. Ples) en óf Homo habilis óf Homo erectus, die vroeë voorouers van die
         mens.

         Berger het gesê dat die brein, hand en voet kenmerke van beide moderne en
         vroeë voormenslike vorms toon. Dit verteenwoordig 'n model wat tot die
         ontwikkeling van die genus Homo kon gelei het.

         Daar is opgemerk dat die brein van A. sediba klein is, soos dié van 'n
         sjimpansee, maar met 'n meer mensagtige her-organisasie, spesifiek met 'n
         vergroting agter en bo die oë.
                                                         [Aangepas uit http://www.sciencemag.org]

         4.1.1        Verduidelik waarom dit wetenskaplikes 'n lang tyd geneem het om
                      hulle bevindings aan die publiek bekend te maak.                              (2)

         4.1.2        Verduidelik waarom dit belangrik was om hulle bevindings in 'n
                      wetenskaplike joernaal te publiseer.                                          (2)

         4.1.3        Definieer die term oorgangsvorm.                                              (2)

         4.1.4        Gebruik EEN kenmerk uit die teks om jou antwoord op
                      VRAAG 4.1.3 te verduidelik.                                                   (2)

         4.1.5        Noem SES ooreenkomste wat nie in die teks hierbo genoem is nie,
                      tussen Homo sapiens en ander primate soos Australopithecus
                      sediba.                                                                       (6)
                                                                                                    (14)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 (Weergawe 1) (Voltyds)     15                            DBE/November 2012
                                               NSS

4.2        Bestudeer die filogenetiese stamboom van nege olifantspesies oor ses
           geologiese tydperke, van 55 miljoen jaar gelede (mya) tot nou toe (huidige
           tydperk) en beantwoord die vrae wat volg.

        Eoseen        Oligoseen      Mioseen         Plioseen   Pleistoseen     Huidige
                                                                        D

                                                                                 E

                                                 C
               A            B                                                                 F

                                                                                                   G

                                                            H

                                                                                    I

      55 mya          38 mya        24 mya        5 mya         2 mya         10 000 jaar

                                           Tydlyn (jaar)

                     'n Filogenetiese stamboom van nege olifantspesies
Sleutel:

A: Palaeomastodon-spesie                          B: Gomphotherium-spesie
C: Primelaphus-spesie                             D: Anancus-spesie
E: Mammuthus-spesie                               F: Elephas-spesie
G: Loxodonta-spesie                               H: Mammut-spesie
I: Stegodon-spesie

           4.2.1      Volgens die filogenetiese stamboom hierbo,              wat       is   die
                      voorouerspesie van AL die genoemde spesies?                                      (1)
           4.2.2      Noem die TWEE spesies olifante wat vandag bestaan.                               (2)
           4.2.3      Noem die onmiddellike voorouer van die twee spesies genoem in
                      VRAAG 4.2.2.                                                                     (1)
           4.2.4      In watter tydperk:
                      (a)   Het die Anancus-spesie eerste voorgekom                                    (1)
                      (b)   Is die Stegodon-spesie uitgewis                                            (1)
                                                                                                       (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1 (Weergawe 1) (Voltyds)    16                      DBE/November 2012
                                              NSS

4.3      Een van die waarnemings wat Darwin tydens sy studie van duiwe gemaak
         het, was oor kunsmatige seleksie. In 1859 het Darwin en Wallace gesamentlik
         voorgestel dat nuwe spesies kon ontstaan deur 'n proses van natuurlike
         seleksie.

         Deur voorbeelde te gebruik, beskryf natuurlike en kunsmatige seleksie en lig
         ook die verskille tussen hierdie twee prosesse uit.
                                                                             Inhoud:       (17)
                                                                            Sintese:       (3)
                                                                                           (20)
         LET WEL:        GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm
                         van vloeidiagramme of diagramme nie.
                                                             TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                 GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 Nov 2012 Version 1 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2012-version-1-eng/85605d81-57ce-4bb8-9be6-eaa17806c770) — Life Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2012 Version 1 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2012-version-1-memo-afr/bc664c37-1161-416b-9499-dd0861d22001) — Life Sciences · Memo · 2012 · Afr
- [Life Sciences P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2022-eng/c0ba0c20-6c29-4abe-aef0-baeb48113dd3) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2020-eng/81c455c0-136c-4dfc-a4ca-6899136e61c1) — Life Sciences · QP · 2020 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2019-eng/830f1c66-6246-4109-b897-0aceb3aff57f) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-afr/12a337df-bd94-4623-80e8-1f7baba2ce86) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
