# Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2013 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2013-afr/eb0bdbf8-81ba-44b3-865e-5a5521334efd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2013-afr/eb0bdbf8-81ba-44b3-865e-5a5521334efd)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE V1

                                  NOVEMBER 2013

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                       2                             DBE/November 2013
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE tekeninge met 'n potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                  3                DBE/November 2013
                                                     NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs
         die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         byvoorbeeld 1.1.11 D.

         1.1.1        Die verspreiding van organismes staan as … bekend.

                      A   biochemie
                      B   biogeografie
                      C   argeologie
                      D   paleontologie

         1.1.2        Watter EEN van die volgende beskryf die selle wat deur meiose
                      gevorm word, KORREK?

                                     SELLE GEVORM DEUR MEIOSE
                            Chromosoomkomplement   Genetiese samestelling
                      A           Haploïed                Verskillend
                      B           Diploïed                Identies
                      C           Diploïed                Verskillend
                      D           Haploïed                Identies

         1.1.3        Bestudeer die volgende stellings:

                     (i) Organismes in 'n bevolking toon 'n groot mate van variasie.
                     (ii) Kenmerke word van ouers na nakomelinge oorgedra.
                     (iii) As 'n organisme 'n orgaan dikwels gebruik, raak dit meer
                           ontwikkeld.
                     (iv) 'n Groot aantal nakomelinge word voortgebring, maar min
                           oorleef.

                      Watter EEN van die volgende kombinasies is waarnemings waarop
                      Darwin sy teorie gegrond het?

                      A   (i), (ii), (iii) en (iv)
                      B   Slegs (i), (ii) en (iii)
                      C   Slegs (i), (ii) en (iv)
                      D   Slegs (i), (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                  4                      DBE/November 2013
                                                     NSS

         1.1.4        Bestudeer die volgende lys molekule:

                     (i)      Suiker
                     (ii)     Fosfaat
                     (iii)    Stikstofbasis
                     (iv)     Aminosuur

                      Watter EEN van die volgende kombinasies stel komponente van
                      'n nukleotied voor?

                      A      Slegs (i), (ii) en (iv)
                      B      Slegs (i), (ii) en (iii)
                      C      (i), (ii), (iii) en (iv)
                      D      Slegs (ii), (iii) en (iv)

         1.1.5        Vier verskillende fenotipes is moontlik in die F 1 -generasie as die
                      ouers se bloedgroepe … is.

                      A      B en B
                      B      A en B
                      C      O en AB
                      D      AB en AB

         1.1.6        In die mens is bruin oogkleur dominant oor blou oogkleur. 'n Ma
                      met blou oë het twee kinders, 'n seun met bruin oë en 'n dogter
                      met blou oë. Die oogkleur van die pa is ...

                      A      bruin, want die alleel vir bruin oogkleur is geslagsgekoppel.
                      B      bruin, want minstens een van die ouers moet bruin oë hê.
                      C      blou, want ten minste twee ander lede van die gesin het
                             blou oë.
                      D      blou, want ten minste een van die ouers moet heterosigoties vir
                             oogkleur wees.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                       5                          DBE/November 2013
                                                          NSS

         VRAAG 1.1.7 TOT 1.1.9 IS OP DIE INLIGTING EN GRAFIEK HIERONDER
         GEBASEER.

         Een manier om die weerstand van 'n insekbevolking teen 'n insekdoder te
         meet, is om te bepaal hoe lank dit die insekdoder neem om 90% van die
         bevolking dood te maak. Dit word die weerstandsfaktor (WF) genoem.

         Die grafiek hieronder toon die resultate van 'n weerstandsondersoek in 'n
         enkele bevolking. Dieselfde hoeveelheid van elk van drie insekdoders is
         gebruik.

                                 100
                                                      A
                                  80                           B

                 Mortaliteit %
                                                                                SLEUTEL
                                  60                                C
                                                                                Insekdoder A
                                  40                                            Insekdoder B

                                  20                                            Insekdoder C

                                     0
                                         0      10        20         30       40       50
                                                               Tyd (min.)

         1.1.7                   Wat is die benaderde WF-waarde vir insekdoder B?

                                 A   0,5
                                 B   1
                                 C   2
                                 D   24

         1.1.8                   Watter EEN van die insekdoders het die insekte die vinnigste
                                 doodgemaak, gegewe dat dieselfde hoeveelheid van elke
                                 insekdoder gebruik is?

                                 A   Insekdoder A
                                 B   Insekdoder B
                                 C   Insekdoder C
                                 D   Al die insekdoders was ewe vinnig

         1.1.9                   'n Algemene gevolgtrekking uit die data getoon in die grafiek hierbo
                                 by 30 minute, is dat …

                                 A   beide insekdoder B en insekdoder C 100% doeltreffend was.
                                 B   beide insekdoder A en insekdoder B 100% doeltreffend was.
                                 C   beide insekdoder A en insekdoder C 100% doeltreffend was.
                                 D   al die insekdoders 100% doeltreffend was.

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            6                                   DBE/November 2013
                                               NSS

         1.1.10       Nommer 1, 2, 3 en 4 hieronder verwys na vier padda- bevolkings.
                      Hierdie bevolkings word diagrammaties deur sirkels voorgestel.
                      Sirkels wat oorvleuel, toon bevolkings wat kan kruisteel om
                      vrugbare afstammelinge voort te bring.

                            1         2                1          3                   4

                      Dit sou redelik wees om af te lei dat ...

                      A   as bevolkings 2 en 4 sou uitsterf, twee verskillende spesies
                          sou oorbly.
                      B   bevolkings 1, 2, 3 en 4 vier verskillende spesies voorstel.
                      C   as bevolking 2 sou uitsterf, twee verskillende spesies sou
                          oorbly.
                      D   as bevolking 3 sou uitsterf, slegs een spesie sou oorbly.
                                                                                   (10 x 2)                 (20)

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Die basisdrietal wat in 'n tRNA-(oordrag-RNA)-molekuul voorkom

         1.2.2        Die toestand waar 'n organisme meer as twee volledige stelle
                      chromosome in 'n sel het

         1.2.3        'n Genetiese siekte wat deur                die        afwesigheid    van   'n
                      bloedstollingsfaktor gekenmerk word

         1.2.4        Organismes wat verskillende allele by 'n gegewe lokus het

         1.2.5        Die fisiese en/of funksionele uitdrukking van 'n geen

         1.2.6        'n Rangskikking van swart strepies wat DNS/DNA-fragmente
                      voorstel wat gebruik kan word om te bepaal of persone verwant is

         1.2.7        Al die chromosome wat in 'n sel voorkom, behalwe die
                      geslagschromosome

         1.2.8        Die biotegnologiese       produksie    van        'n     geneties    identiese
                      nakomeling                                                                            (8)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          7                            DBE/November 2013
                                             NSS

1.3      Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
         SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
         Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
         (1.3.1 tot 1.3.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                            KOLOM I                               KOLOM II
         1.3.1       'n Kenmerk soos lengte in die    A:   Poligeniese oorerwing
                     mens wat 'n reeks intermediêre   B:   Kodominansie
                     fenotipes het
         1.3.2       Alternatiewe vorme van           A:   Allele
                     dieselfde geen in 'n bevolking   B:   Chromosome
         1.3.3       'n Tipe geenmutasie waar         A:   Raamverskuiwingsmutasie
                     adenien in 'n DNS/DNA-           B:   Puntmutasie
                     basisdrietal verlore
                     gaan/uitgewis word
         1.3.4       Die struktuur wat gedurende      A:   Sentromeer
                     selverdeling chromosome/         B:   Spoel/Spindel
                     chromatiede na die pole laat
                     beweeg
         1.3.5       Oorerwing van verworwe           A:   Lamarck
                     eienskappe                       B:   Darwin
         1.3.6       Beïnvloed die oorerwing van      A:   Meervoudige allele
                     bloedgroepe                      B:   Kodominansie
         1.3.7       'n Kenmerk wat die mens met      A:   Teenoorstaande duim
                     ander primate deel               B:   Binokulêre visie
         1.3.8       'n Kenmerk wat slegs uitgedruk   A:   Resessief
                     word wanneer dit in die          B:   Dominant
                     homosigotiese toestand is
                                                                                   (8 x 2)        (16)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          8                         DBE/November 2013
                                             NSS

1.4      'n Wetenskaplike het inligting oor die aangetaste en onaangetaste individue
         vir 'n sekere genetiese afwyking ingesamel. Die genetiese afwyking word
         deur 'n dominante alleel veroorsaak. Die bevindings van die wetenskaplike
         word in die stamboomdiagram hieronder getoon.

                                   A                      B

                                        C
                           D                                       X

                 Sleutel

                          Aangetaste man                 Aangetaste vrou

                          Onaangetaste man               Onaangetaste vrou

         1.4.1        Gebruik die letters R en r om die dominante en resessiewe allele
                      onderskeidelik te verteenwoordig, en noem die genotipe van
                      individu:

                     (a) A                                                                      (1)

                     (b) D                                                                      (1)

         1.4.2        Wat is die persentasie kans dat individu X 'n genetiese afwyking
                      sal hê?                                                                   (2)

         1.4.3        As individu C met 'n onaangetaste man trou, gee die moontlike
                      genotipe(s) van hul nageslag.                                             (2)
                                                                                                (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            9                            DBE/November 2013
                                               NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Bestudeer die diagram hieronder, wat 'n gedeelte van 'n DNS/DNA-molekuul
         toon gedurende 'n proses wat in 'n sel plaasvind.

                                          A
                                                                A – Adenien

                                           T                    G – Guanien

                                                                T – Timien
                                    G                           C – Sitosien

                              C
                                                     2 1

                              T                      T

                               G

         2.1.1        Noem die proses wat in die diagram voorgestel word.                            (1)

         2.1.2        Wanneer presies sal hierdie proses in 'n sel plaasvind?                        (1)

         2.1.3        Gee byskrifte vir 1 en 2.                                                      (2)

         2.1.4        Noem TWEE maniere waarop die struktuur van RNS/RNA verskil
                      van die DNS/DNA-struktuur wat in die diagram getoon word.                      (2)
                                                                                                     (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           10                           DBE/November 2013
                                              NSS

2.2      Die diagram hieronder toon 'n gedeelte van die proses van proteïensintese.

                                       1       2      3

                                      C AU G G G AU G                   Molekuul X

                                                                 Molekuul Y

                 Ribosoom

         2.2.1        Noem die stadium van proteïensintese wat in die diagram hierbo
                      voorgestel word.                                                              (1)

         2.2.2        Identifiseer:

                     (a) Molekuul X                                                                 (1)

                     (b) Molekuul Y                                                                 (1)

                     (c) Struktuur 1                                                                (1)

         2.2.3        Die tabel hieronder toon die DNS/DNA-basisdrietalle wat kodeer vir
                      verskillende aminosure wat in die mens se proteïene voorkom.

                                AMINOSUUR              BASISDRIETAL IN DNS/DNA
                          Leusien                               GAA
                          Prolien                               GGG
                          Lisien                                 TTT
                          Histidien                             GTA
                          Serien                                TCA
                          Metionien                             TAC
                          Glisien                               CCC
                          Glutamien                             GTC

                      Gebruik die inligting in die tabel en die diagram hierbo en skryf die
                      volgorde neer van die aminosure wat met struktuur 1, 2 en 3
                      ooreenkom.                                                                    (3)
                                                                                                    (7)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           11                         DBE/November 2013
                                              NSS

2.3      Die diagramme hieronder toon chromosoompaar 21 in die nukleus/kern van 'n
         sel van die ovarium van 'n vrou. Die chromosome is betrokke by 'n proses wat
         in 'n fase van meiose plaasvind.

                     Diagram X               Diagram Y                Diagram Z

                                                                  B

                                                      A

         2.3.1        Gee byskrifte vir A en B.                                                  (2)
         2.3.2        Herrangskik die letters X, Y en Z om die korrekte volgorde te toon
                      waarin die gebeure tydens hierdie fase plaasvind.                          (1)
         2.3.3        Verduidelik waarom die chromosome in Diagram X en Diagram Y
                      in voorkoms verskil.                                                       (3)
         2.3.4        Die diagram hieronder toon die nukleusse/kerne van die vier selle
                      wat die resultaat was van meiose waarin die chromosone, in
                      Diagram X hierbo, betrokke was.

                        Nukleusse van die selle gevorm aan die einde van meiose II

                                 M                N           O              P

                            Dogterchromosome

                      (a) Verduidelik waarom nukleusse/kerne O en P NIE chromosome
                          bevat NIE.                                                             (2)
                      (b) Noem en verduidelik die afwyking wat sal ontstaan as
                          diagram M 'n eiersel verteenwoordig wat met 'n normale
                          spermsel versmelt.                                                     (3)
                                                                                                 (11)
2.4      Toe vlieë met grys liggame gekruis is met vlieë met swart liggame, het die
         hele nageslag in die F 1 grys liggame gehad.
         Gebruik die letters G en g om 'n genetiese kruising voor te stel wat die
         F 2 -genotipes en -fenotipes toon as die F 1 gekruisteel is.                            (6)
                                                                                                 [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         12                                DBE/November 2013
                                            NSS

VRAAG 3

3.1      Lees die uittreksel hieronder.

         Genetiese manipulasie behels 'n proses waartydens 'n geen van een
         organisme geïsoleer word en in 'n ander organisme oorgeplaas word. Hierdie
         geen kan deel word van die nuwe gasheer se genoom. Die geenoorplasing
         vind gewoonlik tussen organismes van verskillende koninkryke plaas.

         Byvoorbeeld, 'n geen van 'n sekere bakterie kodeer vir 'n ensiem wat 'n
         onkruiddoder deaktiveer. Hierdie geen word uit die bakterie geïsoleer en by
         die chromosoom van 'n landbougewas ingevoeg. Die gevolglike plant sal nou
         teen onkruiddoder bestand wees.

         Voordat die produkte van genetiese ingryping verkoop kan word, moet baie
         toetse gedoen word.

         Sommige saadmaatskappye het die ekslusiewe regte om die saad wat hulle
         geneties gemanipuleer het, te verkoop. Boere kan nie die saad gebruik wat
         hulle oes uit die gewasse wat hulle geplant het nie. Boere moet elke keer as
         hulle die gewas wil plant, die saad by die saadmaatskappye koop.

                                              [Verwerk uit Mikrobiologie en Biotegnologie, 1994]

         3.1.1        Wat word bedoel met die term genoom waarna in die uittreksel
                      verwys word?                                                                     (1)

         3.1.2        Noem EEN manier waarop die genetiese manipulasie wat in die
                      uittreksel beskryf word, van selektiewe teling verskil.                          (2)

         3.1.3        Gee EEN rede waarom die produkte van genetiese manipulasie
                      baie toetse moet ondergaan voordat dit verkoop kan word.                         (1)

         3.1.4        Verduidelik die waarde van die verbouing van gewasse wat teen
                      onkruiddoder bestand is.                                                         (3)

         3.1.5        Noem DRIE voordele van genetiese manipulasie in die verbouing
                      van landbougewasse behalwe dié wat reeds in die uittreksel hierbo                (3)
                      genoem is.

         3.1.6        Gee 'n rede waarom saadmaatskappye daarop aandring dat hulle
                      die eksklusiewe regte vir die verkoop van saad moet besit.                       (2)
                                                                                                       (12)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                              13                                  DBE/November 2013
                                                 NSS

3.2      Gregor Mendel het kruisteeleksperimente met ertjieplante gedoen om die
         oorerwingspatrone van vier verskillende kenmerke (planthoogte, saadvorm,
         saadkleur en saadhuidkleur) te ondersoek.

         Vir elke kenmerk, byvoorbeeld planthoogte, het hy homosigotiese lang plante
         met homosigotiese kort plante gekruis. Die nageslag wat in die F 1 -generasie
         verkry is, is dan gekruisteel om die F 2 -generasie te vorm. Hy het dieselfde vir
         elk van die ander kenmerke gedoen.

         Die resultate wat vir die F 2 -generasie verkry is, word in die tabel hieronder
         getoon.

                      KENMERK               RESULTATE VAN                 VERHOUDING
                                                F 2 -KRUISING
                 Planthoogte               Lank:              787             2,84 : 1
                 (Hoog of dwerg)           Kort:              277
                 Saadvorm                  Rond:            5 474                 X
                 (Rond of gerimpel)        Gerimpel:        1 850
                 Saadkleur                 Geel:            6 022                 Y
                 (Geel of groen)           Groen:           2 001
                 Saadhuidkleur             Grys:              705             3,15 : 1
                 (Grys of wit)             Wit:               224
                         [Verwerk uit Basiese Konsepte in Biologie, 3de uitgawe, C Starr, 1997]

         3.2.1        Wat is die verwagte fenotipiese verhouding vir 'n kenmerk waarby
                      twee heterosigotiese ouers betrokke is?                                                (1)

         3.2.2        Bereken X en Y uit die resultate. Noem ook die kenmerk wat 'n
                      verhouding gegee het wat die naaste is aan die verwagte
                      fenotipiese verhouding wat in VRAAG 3.2.1 genoem is. Toon ALLE
                      bewerkings.                                                                            (3)

         3.2.3        Gee 'n moontlike rede waarom die verhouding wat in VRAAG 3.2.2
                      gekies is, die naaste aan die teoretiese verhouding was.                               (2)

         3.2.4        Gebruik die resultate en noem of die alleel vir ronde saad of vir
                      gerimpelde saad dominant is.                                                           (1)

         3.2.5        Noem TWEE faktore wat tydens hierdie kruisteeleksperimente deur
                      Mendel beheer is.                                                                      (2)

         3.2.6        Skryf Mendel se wet van segregasie neer.                                               (2)
                                                                                                             (11)

3.3      Beskryf hoe allopatriese spesiasie plaasvind.                                                       (7)
                                                                                                             [30]

                                                                        TOTAAL AFDELING B:                   60

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            14                               DBE/November 2013
                                               NSS

AFDELING C

VRAAG 4

4.1      Alhoewel koper 'n noodsaaklike voedingstof vir die groei van plante is, is
         dit toksies en kan dit plante laat vrek as dit in baie groot hoeveelhede
         teenwoordig is.

         Groot hoeveelhede koper in die grond kan die gevolg wees van
         koperafsettings uit ou kopermyne. Sekere grasspesies is tolerant vir hoë
         kopervlakke.

         'n Ondersoek is gedoen om te bepaal wat die uitwerking van koper is op die
         groei van 'n grasspesie, Eragrostis sp., wat naby 'n ou kopermyn voorkom.

         •    Saad is versamel van plante wat in vyf steekproefgebiede, 10 meter
              uitmekaar, gegroei het. Daar is by 'n ou kopermyn begin.
         •    Veertig sade uit elke steekproefgebied is onder laboratoriumtoestande in
              grond geplant wat voedingstowwe vir normale groei bevat het.
         •    Die saad is toegelaat om tot saailinge te ontkiem.
         •    Die 40 saailinge uit elke steekproefgebied is in twee groepe (Groep 1 en
              Groep 2) ingedeel.
         •    'n Verdunde koperoplossing is by die grond van die Groep 1-saailinge
              gevoeg.
         •    Gedistilleerde water is by die grond van die Groep 2-saailinge gevoeg.

         Na twee weke is die getal saailinge wat oorleef het, getel en die gemiddelde
         hoogte van die oorlewende saailinge is gemeet.

         Die resultate word in die tabel hieronder getoon.

          Steekproef-        Afstand   Getal saailinge wat            Gemiddelde hoogte
            gebied          vanaf die        oorleef                    van oorlewende
                          ou kopermyn                                      saailinge
                            waar die                                         (cm)
                              saad     Groep 1 Groep 2                Groep 1     Groep 2
                           versamel is
                               (m)
                 1              10       20          20                  3,9           4,0
                 2              20       20          20                  3,8           4,1
                 3              30       12          20                  4,0           4,9
                 4              40        4          20                  3,7           4,8
                 5              50        2          20                  3,8           4,9
                                       [Verwerk uit Tropiese Graslande, Joernaal Volume 24, 1990]

         4.1.1        Trek 'n lyngrafiek om die resultate voor te stel wat verkry is vir die
                      getal saailinge wat in Groep 1 oorleef het.                                       (7)

         4.1.2        Identifiseer die afhanklike veranderlike(s) in die ondersoek.                     (2)

         4.1.3        Identifiseer TWEE onafhanklike veranderlikes in hierdie ondersoek.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         15                          DBE/November 2013
                                            NSS

         4.1.4        Met betrekking tot natuurlike seleksie, verduidelik waarom
                      saailinge van saad wat nader aan die myn vir Groep 1 versamel is,
                      'n hoër oorlewingskoers gehad het.                                     (6)
                                                                                             (17)

4.2      Beskryf hoe 'n studie van die Y-chromosoom bewys lewer vir die 'Uit Afrika'-
         hipotese.                                                                           (3)

4.3      Beskryf die strukturele veranderinge aan die skedel wat kenmerkend is van
         die evolusie van die moderne mens uit sy aapagtige voorouers, en verduidelik
         die betekenis van hierdie veranderinge.
                                                                             Inhoud:         (17)
                                                                            Sintese:         (3)
                                                                                             (20)

         LET WEL:       GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
                        vloeidiagramme of diagamme NIE.

                                                               TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                   GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 Nov 2013 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2013-memo-eng/86a52d8f-329a-44b4-b501-d512c9b125ed) — Life Sciences · Memo · 2013 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2022-eng/c0ba0c20-6c29-4abe-aef0-baeb48113dd3) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2020-eng/81c455c0-136c-4dfc-a4ca-6899136e61c1) — Life Sciences · QP · 2020 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2019-eng/830f1c66-6246-4109-b897-0aceb3aff57f) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-afr/12a337df-bd94-4623-80e8-1f7baba2ce86) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-eng/f78a2850-007f-41f2-9e3b-939d8311bf0d) — Life Sciences · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
