# Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2014 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2014-afr/69f29d2a-c8d6-4db4-89c3-da66a0e878e8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2014-afr/69f29d2a-c8d6-4db4-89c3-da66a0e878e8)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE V1

                                 NOVEMBER 2014

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                       2                          DBE/November 2014
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.       ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
         swart ink.

7.       Teken diagramme, vloeidiagramme en tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         nie.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik nie.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            3                            DBE/November 2014
                                               NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
        (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

         1.1.1        Die deel van die brein wat impulse vanaf die retina van die oog
                      interpreteer, is die ...

                      A   serebrum.
                      B   serebellum.
                      C   medulla oblongata.
                      D   corpus callosum.

         1.1.2        Watter EEN van die volgende hormone is verantwoordelik vir die
                      ontwikkeling van sekondêre manlike kenmerke?

                      A   FSH
                      B   Testosteroon
                      C   Estrogeen
                      D   Progesteroon

         1.1.3        Die getal chromosome wat in 'n menslike spermsel aangetref word,
                      is …

                      A   23.
                      B   22.
                      C   46.
                      D   47.

         1.1.4        'n Pasiënt ly aan 'n onderafskeiding van ADH. Dit sal lei tot ...

                      A   'n hoë konsentrasie natrium in die urien.
                      B   die aanwesigheid van glukose in die urien.
                      C   'n afname in dors.
                      D   die vorming van groot volumes urien.

         1.1.5        Beskadiging van die dendriete van 'n motoriese neuron in 'n
                      refleksboog sal waarskynlik voorkom dat …

                      A   'n reseptor 'n prikkel/stimulus waarneem.
                      B   daar sinaptiese kontak met 'n sensoriese neuron is.
                      C   'n impuls na 'n effektororgaan oorgedra word.
                      D   'n impuls na die rugmurg oorgedra word.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                             4                         DBE/November 2014
                                                NSS

         1.1.6        Die deel van die brein wat asemhaling reguleer, is die ...

                      A   medulla oblongata.
                      B   serebrum.
                      C   corpus callosum.
                      D   serebellum.

         1.1.7        Dreineringsbuisies kan gebruik word vir die behandeling van …

                      A   astigmatisme.
                      B   katarakte.
                      C   middeloorinfeksies.
                      D   versiendheid.

         1.1.8        Watter EEN van die volgende is 'n reaksie van die menslike
                      liggaam wanneer adrenalien vrygestel word?

                      A   Verlaagde opname van suurstof
                      B   Verhoogde bloedvloei na die ingewande
                      C   Verlaagde bloedvloei na die spiere en hart
                      D   Verhoogde omsetting van glikogeen na glukose

         1.1.9        Tydens gameetvorming in vroue, vorm elke diploïede sel …

                      A   vier diploïede gamete.
                      B   een diploïede gameet.
                      C   een haploïede gameet.
                      D   twee haploïede gamete.

         1.1.10       Oorkruising en ewekansige rangskikking van chromosome vind
                      onderskeidelik plaas tydens …

                      A   profase II en metafase II.
                      B   profase I en metafase I.
                      C   profase II en anafase II.
                      D   profase I en anafase I.                                  (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          5                           DBE/November 2014
                                             NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Die membrane wat die sentrale senuweestelsel beskerm

         1.2.2        'n Plantgroeihormoon wat saadontkieming stimuleer

         1.2.3        Die senuweestelsel wat uit kraniale (kop-) en rugmurgsenuwees
                      bestaan

         1.2.4        'n Gedeelte van die outonome senuweestelsel wat die hartklop
                      terug na normaal laat daal

         1.2.5        Die heel buitenste ekstra-embrioniese membraan wat die embrio
                      omring

         1.2.6        Die hormoon wat die soutkonsentrasie in die menslike liggaam
                      beheer

         1.2.7        Die bloedvat in die naelstring wat bloed wat ryk aan suurstof en
                      voedingstowwe is, vervoer

         1.2.8        Die hormoon wat geïnhibeer word as die tiroksienvlak styg

         1.2.9        Die ontwikkelingstydperk van 'n embrio in die uterus, tussen
                      bevrugting en geboorte

         1.2.10       Die struktuur in die kop van 'n spermsel wat ensieme bevat wat die
                      membraan wat die ovum omring, afbreek                     (10 x 1)         (10)

1.3      Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
         SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
         slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
         (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                          KOLOM I                                     KOLOM II
         1.3.1 Embrio word gevoed uit die dooier         A:   Oviparie
               wat in die eier voorkom                   B:   Viviparie
         1.3.2 Gas wat geproduseer word wanneer          A:   Chlorofluorokoolstowwe
               organiese stowwe ontbind                       ('CFCs')
                                                         B:   Metaan
         1.3.3 Fetus is aan die moeder se uterus         A:   Oviparie
               geheg                                     B:   Ovoviviparie
         1.3.4 Jong voëltjie kan nie self voed of        A:   Prekosiale ontwikkeling
               beweeg nadat dit uitgebroei het nie       B:   Altrisiale ontwikkeling
         1.3.5 Verminder biodiversiteit                  A:   Indringing van uitheemse
                                                              plante
                                                         B:   Verstedeliking
                                                                                     (5 x 2)      (10)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            6                              DBE/November 2014
                                               NSS

1.4      Die diagram hieronder stel die struktuur van die menslike oog voor.

                                                                       C

                 B
                                                                           D

                                                                               E
                 A

                                 Struktuur van die menslike oog

         Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

         1.4.1        Die hoeveelheid lig wat die oog binnedring, beheer                                (2)

         1.4.2        Die oog van voedingstowwe en suurstof voorsien                                    (2)

         1.4.3        Impulse na die brein vervoer                                                      (2)

         1.4.4        Keëltjies bevat en die deel met die duidelikste visie is                          (2)

         1.4.5        Met die breking van ligstrale help                                                (2)
                                                                                                        (10)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:                   50

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           7                             DBE/November 2014
                                              NSS

AFDELING B

VRAAG 2
2.1       Bestudeer die diagramme           hieronder      wat   die   manlike   en    vroulike
          voortplantingstelsels toon.

                                                                                                  F

   B                                                                                              G
                                      C              E
   A

                                     D                                                    H

       Manlike voortplantingstelsel                     Vroulike voortplantingstelsel

          2.1.1       Identifiseer deel A, B en F onderskeidelik.                                     (3)

          2.1.2       Noem EEN funksie van elk van die volgende:

                      (a)   Die vloeistof wat deur deel C geproduseer word                            (1)

                      (b)   Deel E                                                                    (1)

          2.1.3       Gee SLEGS die LETTER van die orgaan waar meiose plaasvind in
                      die:

                      (a)   Manlike voortplantingstelsel                                              (1)

                      (b)   Vroulike voortplantingstelsel                                             (1)

          2.1.4       Noem die soort gametogenese wat plaasvind in die:

                      (a)   Manlike voortplantingstelsel                                              (1)

                      (b)   Vroulike voortplantingstelsel                                             (1)

          2.1.5       Noem TWEE funksies van deel H.                                                  (2)

          2.1.6       Verduidelik waarom dit noodsaaklik is dat deel D aan die 'buitekant'
                      van mans se liggame moet wees.                                                  (2)
                                                                                                      (13)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            8                        DBE/November 2014
                                               NSS

2.2      Die diagram hieronder toon sommige van die veranderinge wat tydens die
         menstruele siklus plaasvind.

           Groei van
           die follikel

           Dikte van die
           voering van die
           uterus
                               1           7           14           21              28
                                                       Dae

         2.2.1        Die menstruele siklus word deur hormone beheer. Noem EEN
                      hormoon waarvan die vlak tussen dag 2 en dag 10 styg.                     (1)

         2.2.2        Gee EEN waarneembare rede vir jou antwoord op VRAAG 2.2.1.                (2)

         2.2.3        Verduidelik bewyse in die diagram wat aandui dat bevrugting
                      plaasgevind het.                                                          (3)

         2.2.4        Beskryf die ontwikkelingsveranderinge in die bevrugte eiersel
                      totdat inplanting in die uterus plaasvind.                                (5)

         2.2.5        Sommige vroue gebruik 'n ovulasiemonitor sodat hulle kan weet op
                      watter dae hulle vrugbaar is. Hierdie monitors meet hormoonvlakke
                      in die bloed.

                     (a) Waarom sou vroue wou weet wanneer hulle vrugbaar is?                   (1)

                     (b) Verduidelik   watter   hormoon      waarskynlik     deur     die
                         ovulasiemonitor gemonitor word.                                        (3)
                                                                                                (15)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         9                            DBE/November 2014
                                            NSS

2.3      'n Leerder het 'n ondersoek gedoen om die invloed van ouksiene en die
         invloed van swaartekrag op wortelgroei by ertjiesaailinge te bepaal. Hy het die
         volgende prosedure gevolg:

         •    Hy het ertjiesade vir sewe dae laat ontkiem.
         •    Hy het toe 'n monster van 15 saailinge geneem en hulle in 3 groepe
              (A tot C) met 5 saailinge elk verdeel.
         •    In elke groep is die 5 saailinge horisontaal op 3 verskillende klinostate
              geplaas.

         'n Klinostaat is 'n toestel wat 'n skyf bevat wat teen 'n konstante spoed roteer
         (draai).
         'n Diagram van 'n klinostaat word hieronder getoon.

                                                             Roterende
                                                             klinostaat

                                                             Saailinge

         •    Hy het die wortelpunte van al 5 saailinge op dieselfde lengte in
              groep B verwyder.
         •    By groepe A en B is die klinostate stilstaande gelaat (geen rotasie nie).
         •    By groep C is die klinostaat toegelaat om te roteer.
         •    Al 3 klinostate is in 'n donker kas geplaas.

         'n Opsomming van die leerder se prosedure word in die tabel hieronder
         getoon.

                        GROEP A       GROEP B          GROEP C
                                          Geen
                       Wortelpunte                    Wortelpunte
                                      wortelpunte
                        aanwesig                       aanwesig
                                           nie
                        Stilstaande   Stilstaande      Roterende
                         klinostaat    klinostaat      klinostaat

         Na twee dae is die rigting van wortelgroei waargeneem.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          10                         DBE/November 2014
                                             NSS

         2.3.1        Watter TWEE groepe is gebruik om inligting te bekom omtrent:

                     (a) Die invloed van ouksiene op wortelgroei                                 (1)

                     (b) Die invloed van swaartekrag op wortelgroei                              (1)

         2.3.2        Verduidelik waarom die apparaat in 'n donker kas geplaas is.               (2)

         2.3.3        Beskryf die verwagte resultate vir elk van groep B en C vir hierdie
                      ondersoek.                                                                 (2)

         2.3.4        Verduidelik die verwagte resultate van groep A.                            (3)

         2.3.5        Noem DRIE maniere waarop die leerder 'n hoë vlak van geldigheid
                      vir hierdie ondersoek verseker het.                                        (3)
                                                                                                 (12)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            11                          DBE/November 2014
                                               NSS

VRAAG 3

3.1      'n Boer het 'n ondersoek uitgevoer om te bepaal watter soort kunsmis die
         opbrengs van haar koringoes sou verhoog.

         • Sy het haar plaas in drie dele van 1 hektaar elk verdeel en hulle soos volg
           behandel:

                     Behandeling         Hektaar A       Hektaar B         Hektaar C
                     Soort kunsmis         Geen         Bevat stikstof    Bevat fosfor
                      Hoeveelheid
                       kunsmis             Geen               10               10
                          (kg)

         • Sy het dieselfde soort gewas, naamlik koring, elke jaar in November vir vyf
           jaar geplant.
         • Sy het water uit 'n rivier wat deur die plaas vloei, gebruik om haar gewas te
           besproei.
         • Sy het die opbrengs per deel vir elke jaar aangeteken.
           Die opbrengs is gemeet deur die hoeveelheid kilogram koring wat per
           hektaar geproduseer is, te bereken.

         3.1.1         Identifiseer die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek.              (1)

         3.1.2         Verduidelik die doel van die insluiting van hektaar A by hierdie
                       ondersoek.                                                                   (2)

         3.1.3         Noem EEN manier waarop die boer die betroubaarheid van haar
                       resultate kon verhoog het.                                                   (1)

         3.1.4         Indien hierdie ondersoek vir langer as vyf jaar uitgevoer sou word,
                       noem DRIE negatiewe gevolge as dieselfde soort gewas vir baie
                       jare op dieselfde stuk grond geplant sou word.                               (3)

         3.1.5         Verduidelik hoe die oormatige gebruik van kunsmis/
                       bemestingstowwe die biodiversiteit kan beïnvloed indien dit in die
                       rivier sou beland.                                                           (4)
                                                                                                    (11)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                             12                             DBE/November 2014
                                                NSS

3.2      Lees die uittreksel hieronder oor voedselvermorsing regoor die wêreld.

                            VOEDSELVERMORSING IN DIE WÊRELD
         Elke jaar word 'n derde van alle voedsel vir menslike gebruik, omtrent
         1,3 biljoen ton, in die wêreld vermors. Die VN se Voedsel- en Landbou-
         organisasie (VLO) skat dat die koolstofvoetspoor van vermorste voedsel die
         ekwivalent van 3,3 biljoen ton koolstofdioksied 'n jaar is. Die VLO stel voor dat
         meer effektiewe gebruik van voedsel kan bydra tot wêreldwye pogings om
         kweekhuisgasse te verminder om aardverwarming te beperk.

         In die geïndustrialiseerde wêreld kom baie van die vermorsing van
         verbruikers af wat te veel koop en dan dit wat hulle nie eet nie, weggooi. In
         ontwikkelende lande is dit hoofsaaklik die gevolg van oneffektiewe boerdery
         en 'n gebrek aan behoorlike bergingsfasiliteite.
                                            [Aangepas uit: Reuters Daily News, September 2013]

         3.2.1        Wat word met die volgende terme bedoel:

                      (a)   Koolstofvoetspoor                                                           (2)

                      (b)   Voedselsekerheid/Voedselsekuriteit                                          (2)

         3.2.2        Verduidelik hoe vermorsing van voedsel tot energieverlies en
                      aardverwarming bydra.                                                             (4)

         3.2.3        Gebruik die inligting in die uittreksel en stel TWEE maniere voor
                      waarop voedselvermorsing verminder kan word.                                      (2)
                                                                                                        (10)

3.3      Die tabel hieronder toon hoe liggaamstemperatuur deur die hipotalamus
         beheer word deurdat dit hitteproduksie en hitteverlies beïnvloed.

             LIGGAAMS-               HITTEPRODUKSIE                      HITTEVERLIES
           TEMPERATUUR            (JOULE PER SEKONDE)                (JOULE PER SEKONDE)
                (ºC)
                36,4                            320                                 5
                36,6                            260                                 5
                36,8                            150                                35
                36,9                             90                                90
                37,0                             90                               100
                37,2                             90                               180
                37,4                             90                               310
                                                      [Aangepas uit Cambridge Biology, 2002]

         3.3.1        Is die bloedvate wat bloed aan die vel voorsien, vernou of verwyd
                      wanneer die liggaamstemperatuur 36,4 ºC is?                                       (1)

         3.3.2        Verduidelik die voordeel van die deursnee van die bloedvate
                      (vernou/verwyd) wat in jou antwoord op VRAAG 3.3.1 genoem is.                     (4)

         3.3.3        Hitteverlies is die meeste by 37,4 ºC. Verduidelik hoe die liggaam
                      in staat is om hitteverlies te verhoog.                                           (4)
                                                                                                        (9)
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                                13                         DBE/November 2014
                                                                   NSS

3.4      Bestudeer die grafiek hieronder wat                                      die   veranderinge       in        die
         glukagonkonsentrasie tydens oefeninge toon.

                                                        Veranderinge in die glukagonkonsentrasie
                                                            in die bloed met verloop van tyd

           Glukagonkonsentrasie in bloed
                                            250

                                            200

                                            150

                   (pikogram/ml)
                                            100

                                             50

                                              0
                                                  0      5        10         15         20      25              30
                                                                         Tyd (minute)

         3.4.1                              Beskryf die tendens in die veranderinge in die glukagonvlak
                                            met verloop van tyd.                                                           (3)

         3.4.2                              Verduidelik die veranderinge in die glukagonvlak van 0 tot
                                            10 minute.                                                                     (3)

         3.4.3                              Neem die patroon van die glukagonkonsentrasie van 0 tot 10
                                            minute in die grafiek hierbo in ag. Wat verwag jy sal in dieselfde
                                            tydperk met die insulienkonsentrasie gebeur?                                   (1)

         3.4.4                              Verduidelik waarom mense met diabetes mellitus baie min
                                            glikogeen in hulle lewer- en spierselle het.                                   (3)
                                                                                                                           (10)
                                                                                                                           [40]

                                                                                        TOTAAL AFDELING B:                 80

Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                       14                        DBE/November 2014
                                          NSS

AFDELING C

VRAAG 4

'n Doelwagter in 'n sokkerwedstryd het voorkom dat 'n doel aangeteken word toe hy na
regs geduik het nadat die bal na hom toe geskop is. Net voordat hy geduik het, het hy
sy spanmaat hoor skree, 'jou bal'.

Beskryf hoe sy oë aangepas het om die bal te sien terwyl dit na hom toe beweeg het
en beskryf hoe hy sy spanmaat gehoor het en sy balans gehandhaaf het toe hy geduik
het om die bal te keer.

                                                                            Inhoud:      (17)
                                                                            Sintese:     (3)

LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
         vloeidiagramme, diagramme of tabelle NIE.

                                                             TOTAAL AFDELING C:          20
                                                                 GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 Nov 2014 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2014-memo-afr/f69d3534-758b-4a47-9c52-94dab3ad59be) — Life Sciences · Memo · 2014 · Afr
- [Life Sciences P2 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2014-eng/aa52a105-471a-45ee-bc58-879c58456d93) — Life Sciences · QP · 2014 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2022-eng/c0ba0c20-6c29-4abe-aef0-baeb48113dd3) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2020-eng/81c455c0-136c-4dfc-a4ca-6899136e61c1) — Life Sciences · QP · 2020 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2019-eng/830f1c66-6246-4109-b897-0aceb3aff57f) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-afr/12a337df-bd94-4623-80e8-1f7baba2ce86) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
