# Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2016-afr/989017ae-4cdb-4801-b727-de7cb24c6dab
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2016-afr/989017ae-4cdb-4801-b727-de7cb24c6dab)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE V1

                                 NOVEMBER 2016

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                       2                             DBE/November 2016
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                               3                         DBE/November 2016
                                                  NSS

AFDELING A
VRAAG 1
1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Skryf die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n
         kruisie (X) oor die letter (A tot D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.
         VOORBEELD:
         1.1.11          A            B            C           D

         1.1.1       Die deel van die brein wat senuwee-impulse                  vanaf    die
                     halfsirkelvormige kanale ontvang, is die …

                     A       serebrum.
                     B       serebellum.
                     C       hipotalamus.
                     D       medulla oblongata.

         1.1.2       'n Ligprikkel word in 'n senuwee-impuls omgeskakel in die ….

                     A       iris.
                     B       retina.
                     C       optiese senuwee.
                     D       sklera.

         1.1.3       'n Somatiese sel/Liggaamsel van 'n mens het …

                     A       46 outosome en 2 gonosome.
                     B       2 outosome en 44 gonosome.
                     C       44 outosome en 2 gonosome.
                     D       23 outosome en 23 gonosome.

         1.1.4       Watter EEN van die volgende stellings is KORREK ten opsigte van
                     die oë wat in die diagramme hieronder voorgestel word?

                                     Diagram A                       Diagram B

                     A       Diagram A kyk na 'n voorwerp wat nader as 6 meter is, terwyl
                             diagram B na 'n voorwerp kyk wat verder as 6 meter is.
                     B       Diagram A kyk na 'n voorwerp wat verder as 6 meter is, terwyl
                             diagram B na 'n voorwerp kyk wat nader as 6 meter is.
                     C       Die oog in diagram A is in dowwe lig en die oog in diagram B is
                             in helder lig.
                     D       Die oog in diagram A is in helder lig en die oog in diagram B is
                             in dowwe lig.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            4                       DBE/November 2016
                                               NSS

         1.1.5       Die diagram hieronder toon 'n refleksboog.

                                                                   3

                                           4
                                                                                      2

                           1

                     Watter deel stel die effektor voor?

                     A    4
                     B    1
                     C    3
                     D    2

         1.1.6       'n Persoon met middeloorontsteking word gewoonlik afgeraai om in
                     'n vliegtuig te vlieg omdat die …

                     A    makulae in die halfsirkelvormige kanale nie die prikkel kan
                          ontvang nie.
                     B    ronde venster nie klankgolwe kan absorbeer nie, wat tot eggo's
                          lei.
                     C    Eustachius-buis nie die druk aan weerskante van die
                          trommelvlies konstant kan hou nie.
                     D    optiese senuwee beskadig sal word, wat tot gehoorverlies
                          sal lei.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                                            5                        DBE/November 2016
                                                                               NSS

                                         1.1.7     Die grafiek hieronder toon die persentasies van bevolkings in
                                                   sommige ontwikkelende wêreldstreke wat deur voedselonsekerheid
                                                   geraak word.

                                                    Persentasies van bevolkings in sommige ontwikkelende
                                                    wêreldstreke wat deur voedselonsekerheid geraak word

  Persentasies van bevolkings wat deur
                                           40
                                           35
                                           30
                                           25
                                           20

    voedselonsekerheid geraak word
                                           15                                                                            1990's
                                                                                                                         1900's
                                           10                                                                            2000's
                                                                                                                         2000's
                                             5
                                             0
                                                 Sub-Sahara-Afrika
                                                    Sub-Sahara-    Oos- en Noord-     Suid-Asië
                                                                                       Suid-Asië   Latyns-Amerika
                                                       Afrika         Afrika

                                                                               Ontwikkelende wêreldstreke

                                                                                                         [Aangepas uit www.fao.org]

                                                   Watter EEN van die streke hierbo het NIE sy voedselsekerheid
                                                   verbeter in die tydperk wat getoon word nie?

                                                   A     Latyns-Amerika
                                                   B     Sub-Sahara-Afrika
                                                   C     Oos- en Noord-Afrika
                                                   D     Suid-Asië

Kopiereg voorbehou                                                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                  6                    DBE/November 2016
                                                     NSS

         VRAAG 1.1.8 EN 1.1.9 VERWYS NA DIE ONDERSOEK HIERONDER.

         'n Wetenskaplike het 'n ondersoek op 'n gesonde persoon gedoen om die
         invloed wat die drink van water op urienproduksie het, te bepaal.

         Die deelnemer is versoek om vir vier uur voordat die ondersoek begin het,
         niks te eet of te drink nie. Die ondersoek is oor 'n tydperk van drie dae
         uitgevoer.

         Die prosedure was soos volg:
         •    Op dag 1 is die deelnemer 600 mℓ water gegee om te drink.
         •    Op dag 2 is die deelnemer 800 mℓ water gegee om te drink.
         •    Op dag 3 is die deelnemer 1 000 mℓ water gegee om te drink.
         •    Vir elke dag is die hoeveelheid urien wat die deelnemer geproduseer het,
              oor die daaropvolgende vier uur gemeet en aangeteken, en die
              gemiddeld bereken.

         1.1.8       Watter EEN van die volgende dui die afhanklike en onafhanklike
                     veranderlikes KORREK aan?

                                   ONAFHANKLIKE                     AFHANKLIKE
                                   VERANDERLIKE                    VERANDERLIKE
                             Die hoeveelheid urien
                     A                                       Tyd in uur
                             geproduseer
                                                             Die hoeveelheid urien
                     B       Die hoeveelheid water gedrink
                                                             geproduseer
                             Die hoeveelheid urien
                     C                                       Die hoeveelheid water gedrink
                             geproduseer
                     D       Die mense wat deelneem          Tyd in uur

         1.1.9       Die lys hieronder bevat sommige van die stappe wat voor en tydens
                     die ondersoek gevolg is.

                     (i)     Toestemming is verkry om aan die ondersoek deel te neem.
                     (ii)    Daar is besluit oor watter meetinstrument gebruik sou word.
                     (iii)   Water is aan die deelnemer gegee om te drink.
                     (iv)    Die hoeveelheid urien wat geproduseer is, is gemeet.

                     Watter van die stappe hierbo kan beskou word as deel van die
                     beplanningstappe voordat die ondersoek uitgevoer is?

                     A       (i), (ii), (iii) en (iv)
                     B       Slegs (i) en (ii)
                     C       Slegs (ii), (iii) en (iv)
                     D       Slegs (iii)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                              7                       DBE/November 2016
                                                                 NSS

         1.1.10      Die grafiek hieronder toon die verwantskap tussen die produksie van
                     groeihormoon en ouderdom.

                                                2000
                                                1800

                     Hoeveelheid groeihormoon
                                                1600
                                                1400
                                                1200
                                                1000

                           afgeskei (µg)
                                                800
                                                600
                                                400
                                                200
                                                  0
                                                       10   20    30     40    50    60    70      80       90
                                                                       Ouderdom (jaar)

                     'n Algemene gevolgtrekking wat uit die resultate gemaak kan word,
                     is dat …

                     A                   groeihormoon nie ná die ouderdom van 50 jaar afgeskei
                                         word nie.
                     B                   die hoeveelheid groeihormoon wat afgeskei word, met
                                         ouderdom afneem.
                     C                   die hoeveelheid groeihormoon wat afgeskei word, met
                                         ouderdom toeneem.
                     D                   die hoeveelheid groeihormoon wat afgeskei word, oor die jare
                                         konstant bly.                                       (10 x 2)            (20)

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           8                           DBE/November 2016
                                              NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Die fase in die selsiklus wanneer DNS/DNA-replisering plaasvind

         1.2.2        Die deel van die perifere senuweestelsel wat onwillekeurige aksies
                      beheer

         1.2.3        'n Planthormoon wat veroorsaak dat blare in die herfs van bome
                      afval

         1.2.4        Meting van die totale hoeveelheid koolstofdioksied wat per jaar
                      deur 'n individu vrygestel word

         1.2.5        Die verdeling van die sitoplasma deurdat die selmembraan aan die
                      einde van seldeling saamtrek

         1.2.6        Die struktuur in die amniotiese eier wat afvalstowwe berg

         1.2.7        Die binneste voering van die uterus waar inplanting van die embrio
                      plaasvind

         1.2.8        Deel van die      vroulike voortplantingstelsel waar bevrugting
                      plaasvind                                               (8 x 1)             (8)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I op SLEGS A, SLEGS B,
         BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II van toepassing is
         nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                            KOLOM I                                 KOLOM II
         1.3.1        Wyfiepaddas lê eiers in water en A:     Viviparie
                      die mannetjies stort hulle sperm B:     Ovoviviparie
                      oor die eiers.

         1.3.2        Die fase in meiose wanneer         A:   Anafase II
                      onafhanklike sortering plaasvind   B:   Metafase I

         1.3.3        Die tipe ontwikkeling by           A:   Prekosiële ontwikkeling
                      vertebrate waar die kleintjies     B:   Altrisiële ontwikkeling
                      goed ontwikkel is en self na hul
                      geboorte kan beweeg
                                                                                    (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           9                        DBE/November 2016
                                              NSS

1.4      Die diagramme hieronder stel sommige fases van meiose in 'n diersel voor.

                       Diagram 1        A                             Diagram 2
                                                B

                                               C

                       Diagram 3                                     Diagram 4

         1.4.1        Identifiseer die volgende dele in Diagram 3:

                      (a)   A                                                                  (1)

                      (b)   B                                                                  (1)

                      (c)   C                                                                  (1)

         1.4.2        Gebruik die diagramme se NOMMERS (1, 2, 3, 4) wat sommige
                      van die fases toon, en rangskik die diagramme hierbo in die
                      volgorde waarin dit tydens meiose plaasvind.                             (2)

         1.4.3        Hoeveel chromosome was in die sel voordat meiose begin het?              (1)
                                                                                               (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                               10                      DBE/November 2016
                                                  NSS

1.5      Die skematiese diagram hieronder toon 'n menslike ovum wat op die punt is
         om bevrug te word. Die diagram is nie volgens skaal geteken nie.

                     G

                                                                               A

                                                                               B
                     F

                                                                               C

                                                                               D

                                              E

         1.5.1           Identifiseer deel:

                         (a)   A                                                                  (1)

                         (b)   B                                                                  (1)

                         (c)   C                                                                  (1)

                         (d)   F                                                                  (1)

         1.5.2           Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

                         (a)   Die mitochondriums bevat                                           (2)

                         (b)   Ensieme bevat wat nodig is om die ovum binne te dring              (2)

                         (c)   Die ovum tydens bevrugting binnedring                              (2)
                                                                                                  (10)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          11                         DBE/November 2016
                                             NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder toon die manlike voortplantingstelsel van die mens.

                                                                                    F
                 A
                 B

                                                                                    E

                                                                                    D
                 C

         2.1.1        Identifiseer deel A.                                                       (1)

         2.1.2        Skryf slegs die LETTERS neer van TWEE dele wat tot die vorming
                      van semen bydra.                                                           (2)

         2.1.3        Verduidelik die gevolge vir voortplanting by die mens indien 'n man
                      voortdurend noupassende onderklere sou dra.                                (3)
                                                                                                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                   12                          DBE/November 2016
                                                      NSS

2.2                 'n Vrugbaarheidsmonitor meet die konsentrasie van estrogeen en
                    luteïniseringshormoon (LH) in 'n vrou se urien. 'n Vrugbaarheidsperiode is die
                    tyd wanneer die ovum gereed is om bevrug te word.

                    Die grafiek hieronder verskyn op die inligtingsblad wat saam met die
                    vrugbaarheidsmonitor verskaf word.

                                           HOOGSTE
                                  HOË    VRUGBAARHEID
                              VRUGBAARHEID

                       LAE VRUGBAARHEID                                LAE VRUGBAARHEID

      Hormoonvlak
                                                                 estrogeen

                                                                           LH

                                               Dag van siklus
                                                                      [Aangepas uit http://www.amazon.co.uk]

                    2.2.1     Noem die klier wat LH afskei.                                                (1)

                    2.2.2     Verduidelik waarom die vrugbaarheidsmonitor die konsentrasie van
                              LH meet.                                                                     (2)
                    2.2.3     Verduidelik waarom sommige vroue 'n vrugbaarheidsmonitor sal
                              gebruik.                                                                     (2)

                    2.2.4     Watter bewys in die grafiek dui aan dat 'n gesonde follikel besig is
                              om tydens die eerste helfte van die siklus in die ovarium te
                              ontwikkel?                                                                   (2)

                    2.2.5     Indien 'n vrou wat die vrugbaarheidsmonitor gebruik, vind dat haar
                              LH-vlak op dag 17 die hoogste is, tussen watter dae sal sy die
                              'hoogste vrugbaarheid' ondervind?                                            (2)

                    2.2.6     Verduidelik  waarom      die   vrugbaarheidsmonitor  nie   die
                              progesteroonvlak in die bloed meet om vrugbare dae te voorspel
                              nie.                                                                         (3)
                                                                                                           (12)
Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         13                             DBE/November 2016
                                            NSS

2.3      'n Ondersoek is uitgevoer om die uitwerking van kafeïen op
          liggaamstemperatuur en polsslag te bepaal. 'n Groep van 200 mans het aan
          die ondersoek deelgeneem.

         Die prosedure was soos volg:

         •    Elke man se liggaamstemperatuur is aan die begin van die ondersoek
              gemeet, en die gemiddeld van al die deelnemers is bereken.
         •    So ook is elke man se polsslag aan die begin van die ondersoek gemeet,
              en die gemiddeld van al die deelnemers is bereken.
         •    Die mans het elk 100 mℓ van 'n energiedrankie gedrink wat dieselfde
              hoeveelheid kafeïen bevat het.
         •    Hulle liggaamstemperatuur is toe elke 15 minute vir 'n tydperk van 1 uur
              gemeet, en 'n gemiddeld van al die deelnemers is bereken.
         •    So ook is hulle polsslag elke 15 minute vir 'n tydperk van 1 uur gemeet,
              en 'n gemiddeld van al die deelnemers is bereken.
         •    Al die deelnemers het vir die duur van die ondersoek gesit.

         Die tabel hieronder toon die resultate van die ondersoek.

                            TYD                 GEMIDDELDE             GEMIDDELDE
                          (minute)             TEMPERATUUR              POLSSLAG
                                                    (°C)                  (SPM)
                              0                    36,6                     76
                             15                    37,4                     91
                             30                      38                     95
                             45                    37,8                     89
                             60                    37,4                     89
                                                  [Aangepas uit www.meliordiscovery.com en
                                                http://homeostasiseleishabiology.weebly.com]

         2.3.1        Beskryf die uitwerking wat kafeïen ná                 15 minute      op
                      liggaamstemperatuur en polsslag gehad het.                                    (2)

         2.3.2        Hoe lank nadat die energiedrankie gedrink is, het die kafeïen sy
                      maksimum uitwerking gehad?                                                    (1)

         2.3.3        Kafeïen veroorsaak vasokonstriksie en 'n toename in metabolisme.

                      Verduidelik hoe hierdie uitwerkings/effekte          bydra    tot   die
                      temperatuurveranderings wat plaasgevind het.                                  (4)

         2.3.4        Noem TWEE faktore wat tydens hierdie ondersoek konstant
                      gehou is.                                                                     (2)
                                                                                                    (9)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           14                          DBE/November 2016
                                              NSS

2.4      Beskryf hoe die bloedglukosevlak in die menslike liggaam na normaal
         terugkeer wanneer die glukosevlak tot onder normaal daal.                                 (4)

2.5      Die diagram hieronder toon die resultate van 'n ondersoek wat uitgevoer is
         om die invloed van ouksiene op die groei van koleoptiele (jong lote) te bepaal.

         Die prosedure was soos volg:

         •    Drie koleoptiele is gebruik.
         •    Koleoptiel A se apikale knop is verwyder.
         •    Koleoptiel B se apikale knop is met 'n swart plastiekdeksel bedek.
         •    Koleoptiel C se apikale knop is met 'n deursigtige plastiekdeksel bedek.
         •    Al drie die koleoptiele (A, B en C) is daarna aan eensydige sonlig
              blootgestel.

         Die diagram hieronder toon die resultate van die ondersoek.

                                                                       Deursigtige
                                   Swart plastiekdeksel                plastiekdeksel

                 Eensydige
                 sonlig

         2.5.1        Verduidelik die resultate wat verkry is, soos getoon deur koleoptiel:

                      (a)    B                                                                     (3)

                      (b)    C                                                                     (4)

         2.5.2        Verduidelik waarom sytakke in koleoptiel A sal ontwikkel.                    (2)
                                                                                                   (9)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           15                         DBE/November 2016
                                              NSS

VRAAG 3

3.1      Die diagram hieronder stel 'n neuron in 'n mens voor.

                               A

                                                    B          C

         3.1.1        Identifiseer die tipe neuron wat in die diagram voorgestel word.            (1)

         3.1.2        Noem EEN funksie van deel B.                                                (1)

         3.1.3        Verduidelik die rol van deel C in die funksionering van die neuron.         (2)

         3.1.4        Verduidelik die gevolg vir 'n refleksaksie indien die neuron wat in
                      die diagram getoon word, beskadig word.                                     (2)
                                                                                                  (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            16                         DBE/November 2016
                                               NSS

3.2      Die diagram hieronder illustreer hoe ligbreking in die menslike oog tot 'n
         visuele defek lei.

                                                                                 C

                            B

                                           A

         3.2.1        Identifiseer deel:

                      (a)       B                                                                  (1)

                      (b)       C                                                                  (1)

         3.2.2        Noem die visuele defek wat in die diagram geïllustreer word.                 (1)

         3.2.3        Beskryf die gevolge van die visuele defek in jou antwoord op
                      VRAAG 3.2.2.                                                                 (2)

         3.2.4        Verduidelik die gevolge indien die ligstrale op deel A sou val.              (3)

         3.2.5        Verduidelik TWEE maniere waarop die lens struktureel geskik is
                      om sy funksie te verrig.                                                     (4)
                                                                                                   (12)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        17                          DBE/November 2016
                                           NSS

3.3      Lees die uittreksel oor GMO's hieronder.

         Sommige vrugte word gewoonlik geoes wanneer hulle volwassenheid bereik
         en ondergaan dan vinnige rypwording tydens berging en vervoer. Ander kan
         slegs geoes word wanneer hulle heeltemal ryp is.

         Boere pluk gewoonlik hulle produkte terwyl dit nog groen is. Vrugte wat egter
         voortydig (te vroeg) geoes word, is geneig om sleg te smaak en die kwaliteit
         daarvan neem af soos wat dit koel gehou en oor lang afstande vervoer word.

         'n Strategie wat deesdae gebruik word, is om die vrugtebome geneties te
         manipuleer deur 'n geen by te voeg van 'n ander organisme wat die
         rypwordingsproses vertraag.
                                                   [Aangepas uit www.ncbe.reading.ac.uk]

         3.3.1        Na aanleiding van die uittreksel, noem TWEE nadele vir boere
                      indien hulle hul produkte te vroeg pluk.                                 (2)

         3.3.2        Verduidelik waarom die aanplant van die GM vrugtebome die
                      volgende ekonomies sal bevoordeel:

                      (a)   Verbruiker                                                         (2)

                      (b)   Boer                                                               (2)

         3.3.3        Noem TWEE faktore wat, as gevolg van klimaatsveranderinge, 'n
                      negatiewe uitwerking op voedselsekerheid het.                            (2)
                                                                                               (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           18                            DBE/November 2016
                                              NSS

3.4      Lees die uittreksel hieronder, wat inligting oor alkoholpetrol verskaf.

         Petrol is 'n brandstof wat uit ruolie vervaardig word. Wanneer petrol in enjins
         verbrand word, stel dit besoedelende stowwe en kweekhuisgasse in die
         atmosfeer vry. Daar was sedert die vroeë 1970's 'n tekort aan ruolie, wat 'n
         'oliekrisis' veroorsaak het.

         Petrol stel 34,8 megajoule energie per liter vry.

         Alkoholpetrol is 'n mengsel van 10% etanol en 90% petrol. Dit kan in die
         meeste motorenjins gebruik word sonder om enige veranderings aan die enjin
         aan te bring. Dit stel 23,5 megajoule energie per liter vry. Alkoholpetrol word
         in verskeie lande gebruik. Die gebruik van alkoholpetrol kan
         koolstofmonoksiedvrystellings van 20% tot 30% verminder. Dit kan ook
         vrystelling van kweekhuisgasse met 'n beraamde 2% laat afneem in
         vergelyking met die gebruik van gewone petrol. Etanol verdamp maklik en
         kan sekere besoedelende stowwe in die atmosfeer in warmer weer laat
         toeneem.

         Die etanol in alkoholpetrol word dikwels verkry deur suikerriet of mielies te
         fermenteer. Etanol wat van mielies gemaak word, is duur en energie-intensief
         om te vervaardig. Dit is ook belangrik dat die persentasie etanol korrek moet
         wees, want, indien dit te hoog is, kan dit rubberseëls en verf van voertuie
         beskadig.
                                      [Aangepas uit www.wikipedia.org en www.encyclopedia.com]

         3.4.1        Noem TWEE voordele daarvan om alkoholpetrol eerder as petrol
                      te gebruik.                                                                   (2)

         3.4.2        Bereken die verskil in die energie (in megajoule) wat deur petrol in
                      vergelyking met alkoholpetrol vrygestel word. Toon ALLE
                      berekeninge.                                                                  (2)

         3.4.3        Verduidelik waarom die gebruik van alkoholpetrol as 'n oplossing
                      vir die 'oliekrisis' beskou word.                                             (2)

         3.4.4        Verduidelik waarom dit beter is om alkoholpetrol in lande met
                      kouer klimate te gebruik.                                                     (3)

         3.4.5        Stel EEN rede voor waarom voedselprodukte soos suikerriet en
                      mielies NIE gebruik moet word om brandstof te vervaardig NIE.                 (1)
                                                                                                    (10)

3.5      Beskryf hoe termiese besoedeling die gehalte van water en biodiversiteit kan
         beïnvloed.                                                                                 (4)
                                                                                                    [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                       19                         DBE/November 2016
                                          NSS

AFDELING C

VRAAG 4

Terwyl Paul in die bos stap, hoor hy 'n geluid wat hy dink die gebrul van 'n leeu is.
Hy hardloop onmiddellik na veiligheid.

Beskryf hoe hy die geluid hoor en beskryf die rol van adrenalien om te verseker dat sy
spiere in staat is om doeltreffend te funksioneer terwyl hy weghardloop.
                                                                              Inhoud:     (17)
                                                                             Sintese:     (3)
                                                                                          (20)

LET WEL:       GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme, tabelle
               of diagramme toegeken word NIE.

                                                             TOTAAL AFDELING C:           20
                                                                 GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2016-eng/f9972eee-7003-48cf-abd1-093a89c505c4) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2016-memo-afr/ac9008aa-c5cb-4f9c-93ac-0cbd1f45ec4a) — Life Sciences · Memo · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Life Sciences P1 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2016-eng/4addd979-3df3-4173-8efe-c084d7b2b2d0) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Life Sciences P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-feb-march-2016-eng/1289bece-5f76-4cc1-912c-95fa7f8270ac) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2022-eng/c0ba0c20-6c29-4abe-aef0-baeb48113dd3) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
