# Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2017-afr/18b594f3-61d7-486d-896c-67c7df151543
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2017-afr/18b594f3-61d7-486d-896c-67c7df151543)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            LEWENSWETENSKAPPE V1

                                  NOVEMBER 2017

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                       2                             DBE/November 2017
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            3                       DBE/November 2017
                                               NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

         1.1.1        Die deel van die brein wat vir hoër denkprosesse verantwoordelik
                      is, is die …

                      A   serebellum.
                      B   medulla oblongata.
                      C   hipotalamus.
                      D   serebrum.

         1.1.2        Die sentrale senuweestelsel bestaan uit die …

                      A   kop- en rugmurgsenuwees.
                      B   brein en rugmurg.
                      C   simpatiese en parasimpatiese senuwees.
                      D   outonomiese en perifere senuweestelsels.

         1.1.3        Watter EEN van die volgende is die donkergekleurde laag in die
                      oog, wat bloedvatryk is?

                      A   Konjunktiva
                      B   Sklera
                      C   Kornea
                      D   Choroïed

         1.1.4        Watter EEN van die volgende dele van die oog bevat die
                      fotoreseptore?

                      A   Retina
                      B   Iris
                      C   Sklera
                      D   Vitreous humour

         1.1.5        Watter strukture in die oog is verantwoordelik vir die breking van
                      lig?

                      A   Pupil en iris
                      B   Blindevlek en geelvlek
                      C   Kornea en lens
                      D   Sklera en draagligamente

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           4                         DBE/November 2017
                                              NSS

         1.1.6        Watter EEN van die volgende gebeur wanneer jy op 'n helder,
                      sonskyndag opkyk terwyl jy 'n boek lees en op 'n berg, wat meer as
                      100 meter ver is, fokus?

                      A   Radiale spiere van die iris trek saam.
                      B   Pupil verwyd.
                      C   Siliêre spiere verslap.
                      D   Lens word meer konveks.

         1.1.7        Watter EEN van die volgende bane stel 'n refleksboog voor?

                      A   Spier  Rugmurg  Brein
                      B   Effektore  Rugmurg  Reseptor
                      C   Reseptor  Rugmurg  Brein
                      D   Reseptor  Rugmurg  Spier

         1.1.8        Nadat hulle in 'n gimnasium geoefen het, gaan mense dikwels na
                      'n stoomkamer om hulle spiere te laat ontspan. Die gemiddelde
                      temperatuur in 'n stoomkamer is 41 °C en die humiditeit is tussen
                      80% en 100%.
                      Watter EEN van die volgende verduidelik waarom mense
                      aangeraai word om NIE langer as 15 minute in 'n stoomkamer te
                      bly NIE?

                      A   Oormatige sweetafskeiding sal oorafkoeling veroorsaak.
                      B   Sweet sal nie verdamp nie wat oorverhitting sal veroorsaak.
                      C   Vasokonstriksie sal sweetproduksie verlaag.
                      D   Hittereseptore in die vel sal beskadig word.

         1.1.9        'n Gewas/Tumor in die hipotalamus van die brein van 'n pasiënt het
                      'n toestand, bekend as diabetes insipidus, veroorsaak. Hieronder is
                      sommige van die pasiënt se simptome:
                      •   Dehidrasie
                      •   Produsering van groot hoeveelhede verdunde urien
                      Watter EEN van die volgende is die waarskynlikste uitwerking van
                      die gewas?

                      A   Verhoogde TSH-sekresie
                      B   Verlaagde ADH-sekresie
                      C   Verhoogde herabsorpsie van water in die niere
                      D   Verhoogde deurlaatbaarheid van die versamelbuise vir water in
                          die nier

         1.1.10       Voorbehoedpille wat swangerskap voorkom, bevat waarskynlik …

                      A   hoë FSH- en progesteroonvlakke.
                      B   hoë LH- en estrogeenvlakke.
                      C   slegs hoë FSH-vlakke.
                      D   slegs hoë progesteroonvlakke.                          (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           5                           DBE/November 2017
                                              NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       'n Tipe bevrugting waar die kern van 'n sperm met die kern van
                     'n ovum buite die liggaam van die vroulike individu versmelt

         1.2.2       Die punt waar twee chromatiede tydens profase I oorkruis

         1.2.3       'n Hormoon wat die soutinhoud in die mens se liggaam beheer

         1.2.4       Die instandhouding van 'n konstante interne omgewing in die mens
                     se liggaam binne sekere perke

         1.2.5       'n Soort eier waar die embrio in 'n vloeistofgevulde sak ontwikkel wat
                     deur 'n dop omring word

         1.2.6       Die hormoon wat die ontwikkeling van die corpus luteum stimuleer

         1.2.7       'n Afwyking van die oog wat veroorsaak word deur die ongelyke/
                     onegalige kromming van die lens of die kornea wat verwronge
                     beelde tot gevolg het

         1.2.8       Die struktuur wat die linker- en regterhemisfere van die brein verbind
                     om kommunikasie tussen hulle moontlik te maak

         1.2.9       Die senuwee wat impulse van die retina na die brein dra

         1.2.10      Gemeenskaplike naam vir die membrane wat die brein en
                     die rugmurg beskerm                           (10 x 1)                       (10)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                 KOLOM I                                KOLOM II
         1.3.1       Verminder kweekhuisgasse in die           A:   Afvalterreine
                     atmosfeer                                 B:   Ontbossing
         1.3.2       Voortplantingstrategie by voëls waar      A:   Prekosiële
                     die kleintjies hulpeloos is en nie in     B:   Altrisiële
                     staat is om te beweeg en hulleself te
                     voed nie
         1.3.3       'n Soort voortplanting by vertebrate      A:   Viviparie
                     waar die fetus verbind is aan en binne-   B:   Ovoviviparie
                     in die uterus ontwikkel
                                                                                    (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          6                       DBE/November 2017
                                             NSS

1.4      Die diagram hieronder stel die bou van 'n neuron voor.

                      A               B       C           D

                                             E

                                             F

         1.4.1        Noem die tipe neuron in die diagram hierbo.                            (1)

         1.4.2        Identifiseer deel:

                     (a) B                                                                   (1)

                     (b) F                                                                   (1)

                     (c) A                                                                   (1)

         1.4.3        Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

                     (a) Impulse weg vanaf die selliggaam gelei                              (2)

                     (b) Die oordrag van impulse isoleer en versnel                          (2)

         1.4.4        Noem die toestand wat deur die toenemende agteruitgang van
                      deel D veroorsaak word.                                                (1)
                                                                                             (9)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          7                         DBE/November 2017
                                             NSS

1.5      Bestudeer die vloeidiagram hieronder.

                 Hoë
                 bloedglukose-
                                                   Lewer
                 vlakke

           ORGAAN 1         Stel Hormoon 2
                            vry

                            Stel Hormoon 3
                                                      Styg       Daal
                            vry

                                                         Bloedglukosevlak
                     Lae
                     bloedglukose-
                     vlakke

         Identifiseer:

         1.5.1        Orgaan 1                                                                 (1)

         1.5.2        Hormoon 2                                                                (1)

         1.5.3        Hormoon 3                                                                (1)

         1.5.4        Die siekte wat veroorsaak word wanneer orgaan 1 nie in staat is
                      om genoegsame hoeveelhede van hormoon 2 vry te stel nie                  (1)

         1.5.5        Die meganisme wat die glukosevlakke in die liggaam beheer                (1)
                                                                                               (5)

                                                              TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                                                                        8                                                        DBE/November 2017
                                                                                                           NSS

AFDELING B
VRAAG 2
2.1      Die grafiek hieronder toon die hoeveelheid water in die damme in elke
         provinsie, aangedui as 'n persentasie van die kapasiteit van die damme. Die
         inligting toon die hoeveelheid water in 2016 en aan die einde van
         Februarie 2017.

                                                 Vergelyking van die hoeveelheid water in die damme in elke
                                                     provinsie in Suid-Afrika in 2016 en in Februarie 2017
                                           100                                                                                        95

          Hoeveelheid water in damme (%)
                                                                                  86.3
                                            90                             83.2                                                                     78.1
                                            80   72.8
                                                                                                              66.9    67.1
                                            70                  60.8
                                                     58.2                                                  60.4    60.4    59.1
                                            60               53.8                        52.5
                                                                                                47.9
                                            50                                                                                                   44.7         43.2
                                            40                                                                                                                        34.9
                                            30
                                            20                                                                                                                                   2016
                                            10
                                             0                                                                                                                                   Feb-17

                                                                                                                       Mpumalanga
                                                                                           KwaZulu-Natal
                                                                                                                                    Noord-Kaap
                                                  Oos-Kaap
                                                                Vrystaat      Gauteng                        Limpopo
                                                                                                                                                   Noordwes     Wes-Kaap

                                                               Verskillende provinsies van Suid Afrika

         2.1.1                                    Watter provinsie het in Februarie 2017 die meeste water in hulle
                                                  damme gehad?                                                                                                                                  (1)

         2.1.2                                    Watter provinsie het die grootste daling in die hoeveelheid water
                                                  van 2016 tot Februarie 2017 gehad?                                                                                                            (1)

         2.1.3                                    Die hoeveelheid water in Noordwes se damme het van 2016 tot
                                                  Februarie 2017 met 33,4% toegeneem. Bereken die persentasie
                                                  styging wat dit verteenwoordig in vergelyking met die hoeveelheid
                                                  water in 2016.                                                                                                                                (3)
         2.1.4                                    Watter TWEE provinsies het in Februarie 2017 die minste water in
                                                  hulle damme gehad?                                                                                                                            (2)
         2.1.5                                    Verduidelik TWEE moontlike strategieë, behalwe waterbeperkings,
                                                  wat die provinsiale regerings van die provinsies wat in
                                                  VRAAG 2.1.4 genoem is, kan implementeer om die watertekort te
                                                  verminder.                                                                                                                                    (4)
         2.1.6                                    Verduidelik TWEE maniere waarop die bou van damme 'n
                                                  negatiewe invloed op die omgewing kan hê.                                                                                                     (4)
                                                                                                                                                                                                (15)

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         9                          DBE/November 2017
                                            NSS

2.2      Lees die uittreksel hieronder.

          DIE INDRINGING VAN SPODOPTERA FRUGIPERDA (KOMMANDOWURM)
                    BEDREIG VOEDSELSEKERHEID IN SUID-AFRIKA

         'n Oesvernietigende ruspe-spesie (algemeen bekend as die kommandowurm),
         endemies aan Noord- en Suid-Amerika, versprei vinnig in Afrika, Suid-Afrika
         ingesluit, en wek kommer oor voedselsekerheid.

         Verskillende menings bestaan oor hoe die kommandowurm Afrika binnegekom
         het. Die eiers kon met mielie-invoere ingekom het of hoë winde kon die motte
         gehelp het om die Atlantiese Oseaan oor te steek.

         Spesifieke plaagdoders is geïdentifiseer om met die bestryding van die
         kommandowurm te help.

         2.2.1        Definieer voedselsekerheid.                                              (2)

         2.2.2        Gee EEN frase in die uittreksel wat impliseer dat die
                      kommandowurm 'n uitheemse spesie op die Afrika-kontinent is.             (1)

         2.2.3        Volgens die uittreksel, noem TWEE maniere           waarop die
                      kommandowurm Afrika kon binnegekom het.                                  (2)

         2.2.4        Verwys na die uittreksel en noem die tipe beheer (meganiese,
                      biologiese of chemiese) wat tans gebruik word om die verspreiding
                      van die kommandowurm te beveg.                                           (1)

         2.2.5        Verduidelik EEN manier waarop die kommandowurm 'n negatiewe
                      invloed op die Suid-Afrikaanse ekonomie kan hê.                          (2)
                                                                                               (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           10                        DBE/November 2017
                                              NSS

2.3      Bestudeer die diagram van 'n fase van meiose hieronder.

         2.3.1        Identifiseer die fase in die diagram hierbo.                               (1)

         2.3.2        Gee TWEE sigbare redes vir jou antwoord op VRAAG 2.3.1.                    (2)

         2.3.3        Hoeveel chromosome:

                      (a)   Is teenwoordig in ELKE sel in die diagram                            (1)

                      (b)   Was teenwoordig in die oorspronklike sel aan die begin van
                            meiose                                                               (1)

         2.3.4        Die selle in die diagram is NIE identies NIE.

                      (a)   Noem TWEE prosesse tydens meiose wat veroorsaak het dat
                            die selle verskillend is.                                            (2)

                      (b)   Verduidelik die belangrikheid vir 'n spesie dat die selle van
                            mekaar verskil.                                                      (3)
                                                                                                 (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         11                         DBE/November 2017
                                            NSS

2.4      Die diagram hieronder stel 'n ontwikkelende fetus in 'n menslike liggaam voor.

                                                                             A

                                                                             B

                       D

                            C

         2.4.1        Identifiseer:

                      (a)   A                                                                  (1)

                      (b)   C                                                                  (1)

         2.4.2        Noem TWEE funksies van die vloeistof in deel B.                          (2)

         2.4.3        Noem EEN stelsel in die baba se liggaam wat die funksie van
                      deel D oorneem sodra die baba gebore is.                                 (1)

         2.4.4        Verduidelik EEN negatiewe uitwerking op die fetus se ontwikkeling
                      indien deel D aansienlik verklein is.                                    (2)
                                                                                               (7)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          12                          DBE/November 2017
                                             NSS

VRAAG 3

3.1      Die diagram hieronder stel 'n ontkiemende saad voor. Neem aan dat die
         kiemworteltjie en die pluimpie aan eenvormige lig van alle kante blootgestel
         is.

                                                Pluimpie
                         Kiemworteltjie         (jong stingel)
                         (jong wortel)
                                                                            Blare

                                                                 Ontkiemende saad

                      Nat
                     watte

         3.1.1         Definieer tropisme.                                                        (2)

         3.1.2         Teken 'n benoemde diagram om die posisie van die kiemworteltjie
                       en die pluimpie in die saailing een week later te toon.                    (4)
                                                                                                  (6)

3.2      Ouksiene beïnvloed die groei van stingels en wortels.

         3.2.1         Noem waar ouksiene in 'n plant geproduseer word.                           (1)

         3.2.2         Beskryf die invloed van ouksiene op 'n plantstingel wat aan
                       eensydige lig blootgestel word.                                            (4)
                                                                                                  (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           13                          DBE/November 2017
                                              NSS

3.3      'n Ondersoek is gedoen om die invloed van verskillende hoeveelhede
         tiroksien op die tempo van metabolisme te bepaal.
         Die prosedure was soos volg:
         •    Nege gesonde volwasse manlike rotte is gebruik.
         •    Hulle is in drie groepe van drie rotte elk gedeel: A, B en C.
         •    Al drie groepe is in dieselfde omgewing in drie aparte hokke aangehou.
         •    Elke groep het dieselfde hoeveelheid water ontvang.
         •    Elke groep het 'n ander dieet gekry.
         •    Hulle aanvanklike massa is geneem.
         •    Drie weke later is die massa weer geneem.
         •    Hulle suurstofverbruik is ook gemeet.

         DIEET X:      Voedsel wat al die noodsaaklike voedingstowwe bevat
         DIEET Y:      Voedsel wat al die noodsaaklike voedingstowwe en 'n tiroksien-
                       ekstrak/-gedeelte bevat
         DIEET Z:      Voedsel wat al die noodsaaklike voedingstowwe bevat en
                       'n chemikalie wat die uitwerking van tiroksien inhibeer

         Die tabel hieronder toon die resultate van die ondersoek.

             GROEP     DIEET       GEMIDDELDE MASSA VAN                GEMIDDELDE
                                         ROTTE (g)                      SUURSTOF-
                                                                        VERBRUIK
                                 AANVANKLIK         NA DRIE WEKE        (mℓ/kg/min)
              A             X       319                  321                4,0
              B             ?       320                  309               10,0
              C             ?       318                  340                2,7
         LET WEL: Groep A het DIEET X ontvang.

         3.3.1        Noem die groep(e) (A, B of C) waar die gemiddelde massa van die
                      rotte toegeneem het.                                                        (2)

         3.3.2        Vir hierdie ondersoek, noem die:

                      (a)   Onafhanklike veranderlike                                             (1)

                      (b)   Afhanklike veranderlike en hoe dit gemeet is                          (2)

         3.3.3        Rangskik die diëte (X, Y en Z) in volgorde van toenemende
                      hoeveelhede tiroksien wat in die rotte aangetref sou word nadat
                      hulle hierdie diëte gekry het.                                              (2)

         3.3.4        Watter groep (B of C) het dieet Y gekry?                                    (1)

         3.3.5        Verwys na die veranderinge in massa en suurstofverbruik van die
                      rotte in die tabel hierbo. Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.3.4.         (5)

         3.3.6        Noem DRIE maniere waarop die geldigheid van die ondersoek
                      verhoog kon word.                                                           (3)
                                                                                                  (16)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         14                          DBE/November 2017
                                            NSS

3.4      Bestudeer die diagram van die menslike oor hieronder.

                                                       A    Halfsirkelvormige
                                                            kanale

                                                                                B

                                            E     D                  C

         3.4.1        Identifiseer:

                      (a)   B                                                                   (1)

                      (b)   D                                                                   (1)

         3.4.2        Watter deel van die brein sal impulse vanaf deel C ontvang?               (1)

         3.4.3        Beskryf die rol van die halfsirkelvormige kanale om balans te
                      handhaaf.                                                                 (5)

         3.4.4        Beskryf hoe 'n verhoogde produksie van slym in die neus en keel
                      kan veroorsaak dat deel E bars.                                           (3)

         3.4.5        Verduidelik waarom versmelting van die strukture by A tot
                      gehoorverlies kan lei.                                                    (2)
                                                                                                (13)
                                                                                                [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                       15                        DBE/November 2017
                                          NSS

AFDELING C

VRAAG 4

Sperms word geproduseer, vervoer en dan met sekresies van die bykomstige kliere
gekombineer om semen te vorm. Die semen word dan na die liggaam van die vrou
oorgedra waar dit met die ovum in aanraking kom.

Beskryf al die prosesse waarna in die stelling hierbo verwys word en verduidelik DRIE
strukturele aanpassings van die sperm vir bevrugting.
                                                                              Inhoud:    (17)
                                                                             Sintese:    (3)
                                                                                         (20)

LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
         vloeidiagramme, diagramme of tabelle NIE.

                                                             TOTAAL AFDELING C:          20
                                                                 GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2022-eng/c0ba0c20-6c29-4abe-aef0-baeb48113dd3) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2020-eng/81c455c0-136c-4dfc-a4ca-6899136e61c1) — Life Sciences · QP · 2020 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2019-eng/830f1c66-6246-4109-b897-0aceb3aff57f) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-afr/12a337df-bd94-4623-80e8-1f7baba2ce86) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-eng/f78a2850-007f-41f2-9e3b-939d8311bf0d) — Life Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2016-eng/f9972eee-7003-48cf-abd1-093a89c505c4) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
