# Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-afr/12a337df-bd94-4623-80e8-1f7baba2ce86
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-afr/12a337df-bd94-4623-80e8-1f7baba2ce86)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                              NASIONALE SENIOR
                                SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE V1

                                 NOVEMBER 2018

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                       2                          DBE/November 2018
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          3                           DBE/November 2018
                                             NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.0) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1        Watter van die volgende is hormone wat die ontwikkeling van die
                      endometrium direk stimuleer?

                      A   FSH en LH
                      B   Progesteroon en estrogeen
                      C   FSH en progesteroon
                      D   LH en estrogeen

         1.1.2        'n Funksie van die iris van die oog is om …

                      A   lig te breek om 'n duidelike beeld te vorm.
                      B   die hoeveelheid lig wat die oog binnedring, te beheer.
                      C   die ligprikkels na impulse om te skakel.
                      D   die weerkaatsing van lig in die oog te voorkom.

         1.1.3        Diagram A en diagram B hieronder stel dieselfde gedeelte van
                      dieselfde menslike oog onder verskillende toestande voor.

                           Diagram A                         Diagram B

                      Watter diagram, met 'n ooreenstemmende rede, stel 'n persoon
                      voor wat na 'n voorwerp kyk wat 10 meter weg is?

                      A   Diagram A omdat die draagligamente (suspensoriese
                          ligamente) styf/saamgetrek en die lens minder konveks is
                      B   Diagram A omdat die lens meer konveks en die
                          draagligamente slap/ontspanne is
                      C   Diagram B omdat die lens meer konveks en die
                          draagligamente ontspanne is
                      D   Diagram B omdat die draagligamente styf/saamgetrek en die
                          lens minder konveks is

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          4                             DBE/November 2018
                                             NSS

         1.1.4        Watter van die volgende is plantgroeihormone?

                      A   Prolaktien en absisiensuur
                      B   Absisiensuur en glukagon
                      C   Gibberelliene en absisiensuur
                      D   ADH en gibberelliene

         1.1.5        'n Funksie van die plasenta is om …

                      A   afval vanaf die moeder na die fetus te vervoer.
                      B   die chorion te vorm.
                      C   progesteroon af te skei.
                      D   die vloeistof wat die fetus omring, af te skei.

         1.1.6        Watter EEN van die volgende sal tot 'n afname in watergehalte lei?

                      A   Eutrofikasie
                      B   Gebruik van akwifere (waterdraers)
                      C   Instandhouding van moeraslande
                      D   Droogte

         1.1.7        'n Chemikalie wat in laboratoriums gebruik word, voorkom dat
                      spoelvesels in selle wat meiose ondergaan, gevorm word.
                      Die gevolg is dat meiose nie kan begin nadat interfase voltooi is
                      nie.

                      Tydens 'n ondersoek is hierdie chemikalie by die selle in die
                      helmknoppe van rysplante se blomme gevoeg. Elke sel in die
                      helmknop het 24 chromosome.

                      Wat is die verwagte getal chromosome in elke sel aan die einde
                      van die ondersoek?

                      A   12 gerepliseerde chromosome
                      B   24 gerepliseerde chromosome
                      C   24 ongerepliseerde chromosome
                      D   48 ongerepliseerde chromosome

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           5                           DBE/November 2018
                                              NSS

         1.1.8        'n Wetenskaplike het 'n ondersoek ontwerp om die volgende te
                      toets:

                      Om meer sout te eet, sal urienproduksie laat afneem en
                      waterverbruik laat toeneem.

                      Die resultate van die ondersoek word in die tabel hieronder getoon.

                          HOEVEELHEID         VOLUME URIEN              HOEVEELHEID
                          SOUT GEBRUIK        GEPRODUSEER                 WATER
                               (g)                (mℓ)                   VERBRUIK
                                                                            (mℓ)
                                3                   1 803                  2 800
                                6                   1 800                  2 700
                                9                   1 805                  2 600
                                12                  1 802                  2 500
                                15                  1 801                  2 400

                      'n Moontlike gevolgtrekking uit die resultate hierbo is dat om meer
                      sout te eet, …

                      A   urienproduksie laat afneem en die hoeveelheid water wat
                          verbruik word, laat toeneem.
                      B   urienproduksie laat toeneem en die hoeveelheid water wat
                          verbruik word, laat afneem.
                      C   min invloed op urienproduksie het en dat die hoeveelheid water
                          wat verbruik word, afneem.
                      D   min invloed op urienproduksie het en dat die hoeveelheid water
                          wat verbruik word, toeneem.

         1.1.9        'n Voordeel van inwendige bevrugting is dat ...

                      A   sperms en ovums in die vrou se liggaam beskerm word.
                      B   daar beter ouersorg is.
                      C   meer gamete geproduseer sal word.
                      D   die fetus voedsel direk vanaf die ma ontvang.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                            6                                      DBE/November 2018
                                                               NSS

         1.1.10          Die grafieke hieronder stel die resultate van 'n ondersoek voor om
                         te bepaal of daar 'n moontlike verwantskap tussen temperatuur en
                         die opgeloste suurstofinhoud van water en die grootte van visse is.

                     Opgeloste O2 in water
                                                                        Gemiddelde grootte

                                                                         van 'n visspesie

                                             Temperatuur van water                           Opgeloste O2 in water

                         Watter EEN van die volgende is 'n moontlike interpretasie
                         gebaseer op die inligting van beide grafieke?

                         A                   Daar sal geen verwantskap tussen die watertemperatuur en
                                             die grootte van visse wees nie.
                         B                   Soos wat die watertemperatuur styg, styg die hoeveelheid
                                             opgeloste suurstof.
                         C                   Die gemiddelde grootte van die vis sal afneem soos wat die
                                             watertemperatuur styg.
                         D                   Die hoeveelheid opgeloste suurstof in die water sal nie die
                                             grootte van visse beïnvloed nie.
                                                                                                 (10 x 2)                     (20)

Kopiereg voorbehou                                                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          7                          DBE/November 2018
                                             NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.
         1.2.1        Die tipe eier wat reptiele produseer wat ekstra-embrioniese
                      membrane het

         1.2.2        Die tipe ontwikkeling by voëls waar jong voëltjies se oë oop is en
                      hulle liggame met donsvere bedek is

         1.2.3        Die deel van die brein wat impulse vanaf die makula ontvang

         1.2.4        Die donker gepigmenteerde laag van die oog

         1.2.5        Die struktuur wat die linker- en regterhemisfere van die brein
                      verbind

         1.2.6        Die deel van die brein wat liggaamstemperatuur beheer

         1.2.7        Die gas in die bloed wat, wanneer dit toeneem, 'n toename in die
                      asemhalingstempo tot gevolg het

         1.2.8        Plantgroeireaksie op uitwendige prikkels

         1.2.9        'n Stof wat planthormone bevat wat gebruik word om ongewenste
                      plante dood te maak

         1.2.10       Die onwettige jag en doodmaak van diere                                   (10)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                        KOLOM I                                      KOLOM II
         1.3.1 Verdubbeling van DNS/DNA            A:            Profase I
                                                   B:            Profase II
         1.3.2 'n Kwaal wat die kornea van die oog A:            Astigmatisme
               affekteer                           B:            Katarak
         1.3.3 Voeding word deur die eier voorsien A:            Oviparie
                                                   B:            Ovoviviparie
                                                                                    (3 x 2)     (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            8                          DBE/November 2018
                                               NSS

1.4      Die diagram hieronder stel 'n opeenvolging van gebeure voor wat in die
         vroulike voortplantingstelsel van die mens kan plaasvind.

                            I                    II

                                           A              B                   C

         1.4.1        Identifiseer die proses wat by I in die diagram hierbo plaasvind.            (1)

         1.4.2        Noem die tipe seldeling wat by II in die diagram hierbo plaasvind.           (1)

         1.4.3        Noem TWEE funksionele ekstra-embrioniese membrane wat deur
                      struktuur C gevorm word.                                                     (2)

         1.4.4        Identifiseer die stadium van ontwikkeling aangedui deur:

                      (a)       A                                                                  (1)

                      (b)       B                                                                  (1)

                      (c)       C                                                                  (1)

         1.4.5        Noem die deel van die vroulike voortplantingstelsel waar die
                      gebeure in die diagram hierbo normaalweg plaasvind.                          (1)

         1.4.6        Gee die chromosoomgetal van die sel by A indien hierdie sel in 'n
                      kind met Down-sindroom sou ontwikkel.                                        (1)
                                                                                                   (9)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           9                           DBE/November 2018
                                              NSS

1.5      Die diagram hieronder toon die hormone wat betrokke is by die
         homeostatiese beheer van metabolisme in die menslike liggaam. X is 'n klier
         wat om die larinks in die nek aangetref word.

              meer                                                        minder
              hormoon A                                                   hormoon A

                              minder                       meer
                              hormoon B                    hormoon B

                                                              X

         1.5.1        Identifiseer ELK van die volgende:

                      (a)    Die klier wat hormoon A afskei                                        (1)

                      (b)    Hormoon B                                                             (1)

         1.5.2        Noem die meganisme in die diagram wat die vlak van hormoon B
                      reguleer.                                                                    (1)

         1.5.3        Die helfte van klier X is chirurgies by 'n persoon verwyder.

                      Noem TWEE moontlike gevolge wat dit op die afskeiding van die
                      hormone, waarna in die diagram hierbo verwys word, sou hê.                   (2)
                                                                                                   (5)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          10                       DBE/November 2018
                                             NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagramme hieronder stel verskillende fases van meiose voor.

                       A                           B                        C

         2.1.1        Identifiseer die fase van meiose in diagram:

                      (a)   A                                                                 (1)

                      (b)   B                                                                 (1)

         2.1.2        Teken 'n benoemde diagram om die selle te toon wat aan die einde
                      van meiose van die sel in diagram C gevorm sal word.                    (5)
                                                                                              (7)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           11                           DBE/November 2018
                                              NSS

2.2      Lees die uittreksel hieronder oor 'n mediese toestand by babaseuntjies
         bekend as kriptorgidisme.

         Kriptorgidisme kom by pasgebore babas voor wanneer een of beide testes
         nie tydens geboorte in die skrotumsak afsak nie, maar in die buikholte bly.

         Kriptorgidisme kom by ongeveer 3–5% voltermyn-babaseuntjies voor, terwyl
         ongeveer een derde van vroeggebore babaseuntjies met hierdie toestand
         gebore word.

         Indien die testes nie teen die ouderdom van een jaar natuurlik afgesak het
         nie, is behandeling nodig. Behandeling kan die toediening van testosteroon
         behels, maar die algemeenste behandeling is chirurgie.

         Indien kriptorgidisme nie opgelos word nie, kan dit tot steriliteit lei indien beide
         testes nie afsak nie en 'n verhoogde risiko van testikulêre kanker teen die
         ouderdom van 30 tot 40 jaar tot gevolg het.

         2.2.1        Noem EEN funksie van testosteroon wat nie in die uittreksel hierbo
                      genoem word nie.                                                              (1)

         2.2.2        Volgens die uittreksel, noem TWEE maniere waarop kriptorgidisme
                      behandel word.                                                                (2)

         2.2.3        Watter persentasie vroeggebore          babaseuntjies     word     met
                      kriptorgidisme gebore?                                                        (1)

         2.2.4        Gee EEN rede uit die uittreksel, behalwe steriliteit, waarom
                      kriptorgidisme behandel moet word indien die siekte nie natuurlik
                      opgelos word nie.                                                             (1)

         2.2.5        Verduidelik waarom onafgesakte testes tot steriliteit by jong mans
                      kan lei.                                                                      (2)
                                                                                                    (7)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                                      12                       DBE/November 2018
                                                                         NSS

2.3      Sommige vroue neem langer as ander om swanger te word. 'n Vrou met 'n
         normale, vrugbare manlike lewensmaat, wat langer as 12 maande neem om
         swanger te raak, word as subfertiel beskou.

         'n Ondersoek is gedoen om die uitwerking van LMI (liggaamsmassa-indeks)
         en rook op subfertiliteit te bepaal.
                                                                                  Liggaamsmassa (kg)
                              LMI word soos volg bereken: LMI =                    (Lengte in meter)2

         'n Totaal van 2 587 vroue tussen die ouderdomme van 20 en 30 het aan die
         ondersoek deelgeneem. Al die vroue was ten minste 20 weke swanger, het
         beplan om swanger te word en het natuurlik swanger geraak.

         Die volgende inligting is by elke vrou bekom:

         •    Lengte en massa
         •    Tyd geneem om swanger te word (in maande)
         •    Rookgewoontes

         Van die totale getal vroue wat deelgeneem het, was 1 510 subfertiel.

                                                   Die persentasie vroue wat nie-rokers is en die wat wel
                                                        rook wat in elke LMI-kategorie subfertiel is
                                              45

              Persentasie subfertiele vroue
                                              40
                                              35
                                              30
                                              25                                                  Non-smoking
                                                                                                   Nie-roker
                                              20                                             41   Smoking
                                                                                                   Roker
                                              15
                                              10           17
                                              5        7           7 7         7 7       7
                                              0
                                                       < 20       20–24,9
                                                                 20 - 24.9 2525–29,9
                                                                               - 29.9    ≥ 30
                                                                LMI-kategorieë (kg/m2)

         2.3.1                                 Noem EEN rede waarom die vroue vir hulle lengtes en massas
                                               gevra is.                                                                  (1)

         2.3.2                                 Bepaal hoeveel van die deelnemers subfertiele rokers met 'n
                                               LMI ≥30 was. Toon ALLE berekeninge.                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          13                          DBE/November 2018
                                             NSS

         2.3.3        Stel voor waarom slegs vroue wat beplan het om swanger te raak
                      by die ondersoek ingesluit is.                                             (2)

         2.3.4        Noem EEN faktor wat tydens die ondersoek konstant gehou is.                (1)

         2.3.5        Gebaseer op die inligting in die grafiek op bladsy 12, watter advies
                      moet aan vroue gegee word wat hulle kanse om swanger te raak,
                      wil verhoog?                                                               (2)

         2.3.6        Die ondersoek is in 'n ander land uitgevoer en die resultate
                      hieronder is verkry.

                                                   % SUBFERTIELE VROUE
                                        LMI
                                                      Nie-
                                      (kg/m2)                  Rokers
                                                     rokers
                                        <20            7,2       18
                                      20–24,9          7,4       7,3
                                      25–29,9          7,4       7,3
                                        ≥30            7,4       38

                      Verduidelik waarom die uitslae van die oorspronklike ondersoek as
                      betroubaar beskou kan word.
                                                                                                 (2)
                                                                                                 (11)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           14                         DBE/November 2018
                                              NSS

2.4      Bestudeer die diagram hieronder.

                                    A                  B                 C          D

                                                F
                                                E

         2.4.1       Noem EEN funksie van deel:

                     (a) A                                                                        (1)

                     (b) E                                                                        (1)

                     (c) F                                                                        (1)

         2.4.2       Skryf slegs die LETTER neer van die deel waar klank in die
                     volgende vorm vervoer word:

                     (a) 'n Drukgolf in 'n vloeistof                                              (1)

                     (b) 'n Elektriese impuls                                                     (1)

         2.4.3       Verduidelik die uitwerking as die reseptore in deel C beskadig is.           (3)

         2.4.4       Beskryf hoe die dele van die middeloor, die membrane ingesluit,
                     help om klankgolwe te versterk.                                              (3)

         2.4.5       Beskryf die rol van die halfsirkelvormige kanale om balans te
                     behou.                                                                       (4)
                                                                                                  (15)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          15                     DBE/November 2018
                                             NSS

VRAAG 3

3.1      Die diagramme hieronder stel die groeireaksies (groeibewegings) van twee
         verskillende plantorgane op uitwendige prikkels voor.

                                        A               C

                                    B

                                                            D

         3.1.1        Noem die groep planthormone wat verantwoordelik is vir die
                      groeireaksies wat in die diagramme waargeneem word.                    (1)

         3.1.2        Noem die uitwendige prikkel by:

                      (a) A                                                                  (1)

                      (b) D                                                                  (1)

         3.1.3        Gee EEN waarneembare rede waarom plantorgaan B 'n stingel is.          (1)

         3.1.4        Verduidelik die groeireaksies wat by plantorgaan C waargeneem
                      word.                                                                  (3)
                                                                                             (7)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           16                          DBE/November 2018
                                              NSS

3.2       Die diagram hieronder stel twee moontlike bane, A en B, voor wat 'n
          senuwee-impuls in die menslike liggaam kan volg.

                                                                  Brein

                                 1

                     Baan A                                             Baan B

                                 2

         3.2.1         Watter baan, A of B, stel 'n refleksboog voor?                             (1)

         3.2.2         Gee 'n waarneembare rede in die diagram vir jou antwoord op
                       VRAAG 3.2.1.                                                               (1)

         3.2.3         Beskryf die belangrikheid van 'n refleksaksie in die menslike
                       liggaam.                                                                   (3)

         3.2.4         Identifiseer die deel van die senuweestelsel wat deur 1 voorgestel
                       word.                                                                      (1)

         3.2.5         Verduidelik EEN manier waarop die miëlienskede (murgskede) vir
                       die funksionering van neurone belangrik is.                                (2)

         3.2.6         Beskryf hoe die persoon beïnvloed sou word indien die akson van
                       neuron 2 deurgesny word.                                                   (2)

         3.2.7         Beskryf baan B.                                                            (6)
                                                                                                  (16)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                          17                           DBE/November 2018
                                                             NSS

3.3      Die grafieke hieronder toon die invloed van die eet van baie klein maaltye en
         die eet van minder groot maaltye op bloedglukose- en insulienkonsentrasies
         by 'n normale persoon.
         Die pyle op die grafieke hieronder dui aan wanneer maaltye geëet is. Die
         normale bloedglukosekonsentrasie is 100 mg/dl.

                                           Invloed van die eet van baie klein maaltye op
                                             bloedglukose- en insulienkonsentrasies
                                   180                                   glukose      insulien

             Bloedglukose- en
                                   160
                                   140
                                   120

           insulienkonsentrasies
                                   100
                                    80
                                    60

                   (mg/dl)
                                    40
                                    20
                                     0
                                     06:00     08:00    10:00    12:00 14:00       16:00   18:00   20:00
                                                                   Tyd (uur)

                   Invloed van die eet van minder groot maaltye op bloedglukose- en
                                         insulienkonsentrasies
                                 glukose           insulien
                        180

              Bloedglukose- en
                        160
                        140
                        120

            insulienkonsentrasies
                        100
                         80
                         60

                    (mg/dl)
                         40
                         20
                          0
                           06:00 08:00 10:00 12:00 14:00 16:00 18:00 20:00
                                                    Tyd (uur)

         3.3.1                      Noem wat met die bloedglukosekonsentrasie gebeur onmiddellik
                                    nadat 'n maaltyd geëet is.                                                    (1)
         3.3.2                      Gebruik die inligting in die grafieke.
                                    Tabuleer TWEE maniere waarop die eet van minder groot maaltye
                                    en die eet van baie klein maaltye die insulienvlak verskillend
                                    beïnvloed.                                                                    (5)
         3.3.3                      Verduidelik hoekom dit vir 'n persoon met diabetes beter is om baie
                                    klein maaltye op 'n dag te eet as om minder groot maaltye per dag
                                    te eet.                                                                       (4)
                                                                                                                  (10)
Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         18                            DBE/November 2018
                                            NSS

3.4      Die diagramme hieronder stel strukture in die vel van twee persone voor. Albei
         persone was op dieselfde tyd in dieselfde vertrek, maar een persoon was
         besig om te oefen terwyl die ander een stilgesit het. Die temperatuur van die
         veloppervlakke van albei persone is na 10 minute gemeet.

                            Persoon A                         Persoon B

         3.4.1        Watter persoon, A of B, was besig om te oefen?                              (1)

         3.4.2        Gee TWEE waarneembare           redes    vir   jou   antwoord      op
                      VRAAG 3.4.1.                                                                (2)

         3.4.3        Noem EEN hormoon wat dieselfde uitwerking op die bloedvate sou
                      hê as wat by persoon A waargeneem kan word.                                 (1)

         3.4.4        Die veloppervlaktemperatuur van elke persoon is na 10 minute
                      gemeet. Die resultaat was soos volg:

                      •   Persoon A: 37,2 °C
                      •   Persoon B: 36,6 °C

                      Verduidelik waarom die veltemperatuur van persoon A na
                      10 minute hoër was.                                                         (3)
                                                                                                  (7)
                                                                TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                       19                        DBE/November 2018
                                          NSS

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf hoe menslike aktiwiteite tydens die laaste eeu vinnig toenemende
aardverwarming veroorsaak het, die impak van aardverwarming op weerpatrone en
hoe die verandering in weerpatrone voedselsekerheid beïnvloed.
                                                                       Inhoud:           (17)
                                                                      Sintese:           (3)
                                                                                         (20)

LET WEL:       GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van 'n tabel, vloeidiagramme
               of diagramme toegeken word NIE.

                                                            TOTAAL AFDELING C:           20
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-eng/f78a2850-007f-41f2-9e3b-939d8311bf0d) — Life Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2022-eng/c0ba0c20-6c29-4abe-aef0-baeb48113dd3) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2020-eng/81c455c0-136c-4dfc-a4ca-6899136e61c1) — Life Sciences · QP · 2020 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2019-eng/830f1c66-6246-4109-b897-0aceb3aff57f) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2016-eng/f9972eee-7003-48cf-abd1-093a89c505c4) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2015-eng/7dd0fbbe-9034-4c26-b59e-2b3065a119d0) — Life Sciences · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
