# Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2019-afr/38484be7-10fe-418f-8fac-4b4225665487
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2019-afr/38484be7-10fe-418f-8fac-4b4225665487)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE V1

                                  NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        2                            DBE/November 2019
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                  3                  DBE/November 2019
                                                     NSS

AFDELING A
VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1        Watter EEN van die volgende hormone beheer die metaboliese
                      tempo?

                      A      Testosteroon
                      B      Tiroksien
                      C      Groeihormoon
                      D      Insulien

         1.1.2        Watter EEN van die volgende sal op 'n koue dag in die menslike
                      liggaam plaasvind?

                      A      Vasodilasie in die vel
                      B      Toename in die aktiwiteit van die sweetkliere
                      C      Afname in verdamping van sweet vanaf die veloppervlak
                      D      Toename in bloedvloei na die oppervlak van die vel

         1.1.3        Die lys hieronder sluit sekere faktore in wat voedselsekerheid
                      beïnvloed:

                     (i)      Gebruik van plaag-/onkruiddoders
                     (ii)     Gronderosie
                     (iii)    Genetiese modifikasie
                     (iv)     Gebruik van kunsmis

                      Watter EEN van die volgende kombinasies sluit faktore in wat
                      voedselsekerheid verhoog?

                      A      Slegs (ii), (iii) en (iv)
                      B      Slegs (i) en (iv)
                      C      Slegs (i), (iii) en (iv)
                      D      (i), (ii), (iii) en (iv)

         1.1.4        Watter deel van die neuron vervoer impulse na die selliggaam?

                      A      Dendriet
                      B      Miëlienskede
                      C      Akson
                      D      Sinaps

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          4                        DBE/November 2019
                                             NSS

         VRAAG 1.1.5 EN 1.1.6 IS OP DIE DIAGRAM VAN DIE MENSLIKE
         MANLIKE VOORTPLANTINGSTELSEL HIERONDER GEBASEER.

                                                                 1
                                                                 2

                                                                 3

                                                                 4

                                                                 5

                                                                 6

         1.1.5        Watter deel stoor sperms tot rypwording?

                      A   3
                      B   4
                      C   5
                      D   6

         1.1.6        'n Man wat kanker gehad het, het chirurgie ondergaan om deel 1
                      en deel 2 te laat verwyder.

                      Die man …

                      A   sal in staat wees om semen wat nie sperms bevat nie, vry te
                          stel en kan gevolglik nie voortplant nie.
                      B   kan nie voortplant nie omdat hy abnormale sperms sal
                          produseer.
                      C   kan nie voortplant nie omdat sy sperms nie die suurtoestande
                          van die vagina sal kan oorleef nie.
                      D   sal in staat wees om voort te plant, maar sy sperms sal nie
                          vinnig kan beweeg nie omdat hulle nie energie sal hê nie.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          5                          DBE/November 2019
                                             NSS

         1.1.7        Watter EEN van die volgende toon die resultaat wanneer 'n sel
                      met 20 chromosome mitose ondergaan?

                             GETAL DOGTERSELLE              GETAL CHROMOSOME
                      A              2                              20
                      B              2                              10
                      C              4                              20
                      D              4                              10

         1.1.8        Watter EEN van die volgende is 'n funksie van amniotiese
                      vloeistof?

                      A   Vervoer suurstof na die ontwikkelende fetus
                      B   Beskerm die fetus teen temperatuurveranderinge
                      C   Produseer progesteroon en estrogeen
                      D   Beskerm die fetus teen siektes

         1.1.9        Watter deel van die oor bevat die reseptore vir gehoor?

                      A   Koglea
                      B   Timpaniese membraan/Trommelvlies
                      C   Ovale venster
                      D   Ronde venster

         1.1.10       Watter EEN van die volgende is 'n gevolg as die ronde venster van
                      die oor verhard?

                      A   Drukgolwe sal nie gevorm word nie.
                      B   Impulse sal nie na die brein vervoer word nie.
                      C   Druk tussen die uitwendige en middeloor sal nie konstant
                          gehou word nie.
                      D   'n Eggo sal voorkom en die klank sal verwronge wees. (10 x 2)          (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           6                             DBE/November 2019
                                              NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.9) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Die vingeragtige uitgroeisels wat uit die buitenste ekstra-
                      embrioniese membraan ontwikkel

         1.2.2        Verdeling van die sitoplasma tydens seldeling

         1.2.3        'n Plantspesie wat nie in 'n gebied hoort nie en wat die inheemse
                      spesies van daardie gebied verdring/uitkompeteer

         1.2.4        'n Struktuur in die vroulike voortplantingstelsel waar semen tydens
                      kopulasie/paring gestort word

         1.2.5        Die permanente, grootskaalse        verwydering    van     bome      en
                      plantegroei uit 'n gebied

         1.2.6        'n Hormoon wat die borskliere stimuleer om melk te produseer

         1.2.7        Die ontwikkelingstydperk van die fetus in die uterus

         1.2.8        'n Struktuur in die vroulike voortplantingstelsel waar bevrugting
                      plaasvind

         1.2.9        Die stadium wanneer sekondêre seksuele eienskappe in mans en
                      vroue ontwikkel                                       (9 x 1)                 (9)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                     KOLOM I                          KOLOM II
         1.3.1        Die bloedvat wat suurstofryke bloed      A: Naelstringaar
                      van die plasenta na die fetus vervoer    B: Naelstringslagaar
         1.3.2        'n Siekte wat deur die degenerasie van   A: Veelvuldige sklerose
                      die miëlienskede van motoriese           B: Alzheimer se siekte
                      neurone veroorsaak word
         1.3.3        'n Meting van die totale hoeveelheid     A: Kweekhuiseffek
                      koolstofdioksied wat per jaar deur 'n    B: Koolstofvoetspoor
                      individu vrygestel word
                                                                                      (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        7                         DBE/November 2019
                                           NSS

1.4      Die diagramme hieronder stel die strukture van 'n ovum en 'n sperm voor.

                      Ovum                            Sperm

                                       A
                                              C   D   E                F
                                       B

         1.4.1        Identifiseer deel:

                     (a) A                                                                   (1)

                     (b) B                                                                   (1)

                     (c) C                                                                   (1)

         1.4.2        Noem die proses waarby meiose betrokke is wat tot die vorming
                      van 'n ovum lei.                                                       (1)

         1.4.3        Skryf slegs die LETTER neer van die deel van die sperm wat die
                      ovum binnedring.                                                       (1)

         1.4.4        Skryf slegs die LETTERS neer van TWEE dele wat die sperm in
                      staat stel om na die ovum te beweeg.                                   (2)
                                                                                             (7)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         8                             DBE/November 2019
                                            NSS

1.5      Die diagram hieronder toon sommige dele van die menslike sentrale
         senuweestelsel.

                                                                             D

                      C

                                                                             E

                             B

                             A

         1.5.1        Identifiseer deel:

                     (a) A                                                                        (1)

                     (b) C                                                                        (1)

         1.5.2        Skryf die LETTER en NAAM neer van die deel wat:

                     (a) Die sentrum vir die interpretasie van smaak het                          (2)

                     (b) Die hartkloptempo beheer                                                 (2)

                     (c) Vir motoriese koördinasie verantwoordelik is                             (2)
                                                                                                  (8)

                                                               TOTAAL AFDELING A:                 50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          9                         DBE/November 2019
                                             NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagramme hieronder verteenwoordig verskillende fases van meiose in 'n
         organisme.

                                                          B

                                                                                         C

                                  A
           Diagram 1                    Diagram 2                  Diagram 3

         2.1.1        Identifiseer:

                     (a) A                                                                      (1)

                     (b) B                                                                      (1)

                     (c) C                                                                      (1)

         2.1.2        Identifiseer die fase wat in DIAGRAM 3 voorgestel word.                   (1)

         2.1.3        Skryf die nommers van die diagramme neer om die volgorde
                      waarin die fases plaasvind, te toon.                                      (2)

         2.1.4        Noem EEN verskil tussen metafase I en metafase II.                        (2)
                                                                                                (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                             10                          DBE/November 2019
                                                NSS

2.2      Die tabel hieronder toon 'n vergelyking van die samestelling van die
         amniotiese eier in drie verskillende voëlspesies.

                 SAMESTELLING                                 VOËLSPESIES
                                                   1               2                   3
           Dooier (%)                              17              36                  22
           Waterinhoud in dooier (%)               77              57                  61
           Energie (kkal/g)                       1,04            1,44                1,14

         2.2.1        Definieer ovoviviparie.                                                        (2)

         2.2.2        Watter EEN van die voëlspesies (1, 2 of 3) toon heel waarskynlik 'n
                      prekosiële ontwikkelingsvoortplantingstrategie?                                (1)

         2.2.3        Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.2.2.                                       (2)

         2.2.4        Watter EEN van die voëlspesies (1, 2 of 3) sal moontlik 'n nageslag
                      voortbring wat die hoogste vorm van ouersorg vereis?                           (1)
                                                                                                     (6)

2.3      Die tabel hieronder toon die persentasie gesiggestremde mense in die wêreld
         wat aan verskillende visuele defekte/siggebreke ly.

                             VISUELE DEFEK/              MENSE
                                SIGGEBREK                 (%)
                            Blindheid                      2
                            Versiendheid                   64
                            Bysiendheid                    30
                            Ander                          4

         2.3.1        Watter visuele defek/siggebrek in die tabel is die algemeenste
                      onder die wêreldbevolking?                                                     (1)

         2.3.2        In sommige gevalle waar mense blind is, word die toestand deur
                      katarakte veroorsaak.

                      (a)    Verduidelik waarom mense met katarakte blind kan word.                  (2)

                      (b)    Noem EEN manier waarop katarakte behandel kan word.                     (1)

         2.3.3        Verduidelik waarom mense met versiendheid 'n                   bril   met
                      bikonvekse lense as 'n korrektiewe maatreël moet dra.                          (4)

         2.3.4        Noem 'n visuele defek/siggebrek wat deur 'n oneweredige kornea
                      of lens gekenmerk word.                                                        (1)

         2.3.5        Trek 'n sirkelgrafiek om die data in die tabel voor te stel.                   (6)
                                                                                                     (15)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                                        11                                   DBE/November 2019
                                                                           NSS

2.4      Voorbehoedmiddels word gebruik om swangerskap te voorkom. Sommige
         vroue gebruik pille wat progesteroon bevat. In een pakkie sal daar 28 pille
         wees, waarvan 21 verskillende konsentrasies progesteroon volgens die dag
         van die siklus bevat, en die oorblywende 7 sal geen progesteroon bevat nie.
         'n Vrou moet daagliks een pil op dieselfde tyd in 'n gegewe volgorde neem,
         soos hieronder getoon.

                       Begin hier
                                                                                                                      Vr
                         Ma                            Di   Wo   Do   Vr    Sa      So       Ma   Di   Wo   Do
                                                                                                                      Sa

                                                                                                                      So

                                                                                                                      Ma
                               Pille sonder progesteroon
                                                                                                                      Di

                                                                                                                      Wo
                         So                            Sa   Vr   Do   Wo    Di      Ma       So   Sa   Vr   Do
                                                                                                            n

         Die grafiek hieronder toon die verskille in die progesteroonvlakke tydens 'n
         menstruasiesiklus van 'n vrou wat voorbehoedpille neem en 'n vrou wat nie
         voorbehoedpille neem nie.
                                                                      Met pille                        Sonder pille

                          Progesteroon (nanogram/mℓ)

                                                                                 Tyd (dae)

         2.4.1        Die estrogeenvlakke tussen dag 8 en 22 sal laag bly by die vrou
                      wat voorbehoedpille neem. Verduidelik waarom dit die geval is.                                                       (4)
         2.4.2        Ovulasie vind op dag 14 by die vrou plaas wat nie voorbehoedpille
                      neem nie. Verduidelik die bewyse in die grafiek wat hierdie
                      gevolgtrekking ondersteun.                                                                                           (2)
         2.4.3        Stel EEN rede voor vir die insluiting van pille met geen hormone in
                      die voorbehoedpilpakkie nie.                                                                                         (1)
                                                                                                                                           (7)
2.5      Beskryf die ontwikkeling van 'n sigoot totdat inplanting plaasvind.                                                               (4)
                                                                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         12                            DBE/November 2019
                                            NSS

VRAAG 3

3.1      Die diagramme hieronder toon die herabsorpsie van sout en water deur die
         buisies van 'n nefron in die nier onder drie verskillende toestande. Die dikte
         van die pyle verteenwoordig die hoeveelheid sout en water.

        Diagram 1                 Herabsorpsie     Nierbuisie

        Glomerulêre filtraat
        met sout en water
                                                                Na die urinêre blaas

        Diagram 2                 Herabsorpsie       Nierbuisie

        Glomerulêre filtraat
        met sout en water
                                                                Na die urinêre blaas

                                    Herabsorpsie     Nierbuisie
        Diagram 3

        Glomerulêre filtraat
        met sout en water                                       Na die urinêre blaas

                                                   Salt
                                              SLEUTEL:
                                                Water              Sout         Water

         3.1.1        Noem die hormoon in die menslike liggaam wat verantwoordelik is
                      vir die beheer van die:

                      (a)   Waterinhoud                                                           (1)

                      (b)   Soutinhoud                                                            (1)

         3.1.2        Noem die klier wat die hormoon in VRAAG 3.1.1(b) afskei.                    (1)

         3.1.3        Watter diagram (1, 2 of 3) sou 'n persoon voorstel wat op 'n warm
                      dag souterige aartappelskyfies sonder enige waterinname geëet               (1)
                      het?

         3.1.4        Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.1.3.                                    (5)
                                                                                                  (9)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           13                          DBE/November 2019
                                              NSS

3.2      Lees die uittreksel hieronder.

         Mense met Tipe I-diabetes mellitus is gewoonlik insulien-afhanklik
         (moet hulself met insulien inspuit om die glukosevlak in hulle bloed te
         beheer). Daar is vasgestel dat hierdie mense, binne vyf jaar nadat hulle
         gediagnoseer is, ook hulle vermoë om glukagon af te skei, verloor en hulle
         het 'n tekort aan glukagon.

         Tydens 'n spanningsvolle situasie word adrenalien afgeskei, wat dieselfde
         effek as glukagon op die bloedglukosevlakke het.

         'n Ondersoek is uitgevoer om die invloed van adrenalien te bepaal op die
         bloedglukosevlakke van Tipe I-diabete wat ook 'n glukagon-tekort het.

         Die ondersoek is soos volg uitgevoer:

            100 manspasiënte met Tipe I-diabetes mellitus, wat ook 'n glukagon-tekort
             het, het aan die ondersoek deelgeneem.
            Hulle is dieselfde hoeveelheid voedsel en water op dieselfde tyd vir 'n
             tydperk van drie dae gegee.
            Hulle bloedglukosevlakke is op die oggend van die derde dag gemeet.
            'n Oplossing met 'n lae adrenalienkonsentrasie is toe binneaars toegedien
             (ingespuit).
            Na 20 minute is die bloedglukosekonsentrasie in elke persoon weer
             gemeet.
            Die bloedglukosevlakke voor en na die toediening van adrenalien is
             vergelyk.

         3.2.1        Noem die klier wat glukagon afskei.                                         (1)

         3.2.2        Identifiseer die onafhanklike veranderlike in die ondersoek.                (1)

         3.2.3        Noem DRIE ander faktore wat tydens die ondersoek konstant
                      gehou moes word.                                                            (3)

         3.2.4        Verduidelik waarom die bloedglukosevlakke gemeet is voordat
                      adrenalien op die derde dag ingespuit is.                                   (2)

         3.2.5        Verduidelik waarom adrenalien ingespuit is in plaas daarvan om dit
                      mondeliks toe te dien.                                                      (2)

         3.2.6        Verduidelik wat die verwagte resultate sou wees nadat adrenalien
                      in die pasiënte ingespuit is.                                               (2)

         3.2.7        Gee 'n rede waarom 100 pasiënte in plaas van slegs 10 pasiënte in
                      die ondersoek gebruik is.                                                   (1)
                                                                                                  (12)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          14                        DBE/November 2019
                                             NSS

3.3      Die diagram hieronder toon 'n dam wat in 'n vloeiende rivier gebou is.

      Dorpie 1                                                                        Dorpie 2

                                                                    Damwater

             Vloeirigting van rivier

                                                           Dam-
             Rivier                                         wal

         3.3.1        Verduidelik hoe die aanwesigheid van 'n dam die biodiversiteit van
                      die rivier kan beïnvloed.                                                 (2)

         3.3.2        Dorpie 2 is 'n plaasdorpie wat kunsmis gebruik om hulle
                      oesopbrengs te verhoog.

                      Beskryf die invloed van kunsmis op die watergehalte wanneer dit
                      tydens swaar reëns in die dam inloop.                                     (5)

         3.3.3        Verduidelik EEN ekonomiese voordeel van die bou van die dam vir
                      die mense wat in Dorpie 2 woon.                                           (2)
                                                                                                (9)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         15                           DBE/November 2019
                                            NSS

3.4      Die diagram hieronder toon die totale hoeveelheid plastiek wat tussen 1950
         en 2015 vervaardig is, asook wat daarmee gebeur het.

                 TOTALE HOEVEELHEID PLASTIEK WAT TUSSEN 1950 EN 2015
                   VERVAARDIG IS, ASOOK WAT DAARMEE GEBEUR HET

                                                            Nog in gebruik
                                                            2,5 miljard ton

                                                            Herwin
                                                            0,5 miljard ton

       Totaal geproduseer
       8,7 miljard ton

                                                            Weggegooi op
                                                            stortingsterreine

                                                           Verbrand
                                                           0,8 miljard ton

         3.4.1        Bereken hoeveel plastiek (in miljard ton) wat tussen 1950 en 2015
                      vervaardig is, het op stortingsterreine beland. Toon ALLE
                      berekeninge.                                                                 (2)

         3.4.2        Beskryf die impak       van    verbranding    van       plastiek    op
                      aardverwarming.                                                              (4)

         3.4.3        Verduidelik TWEE strategieë wat munisipaliteite kan implementeer
                      om die hoeveelheid plastiek wat deur 'n gemeenskap herwin word,
                      te vergroot.                                                                 (4)
                                                                                                   (10)
                                                                                                   [40]
                                                               TOTAAL AFDELING B:                  80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                       16                         DBE/November 2019
                                          NSS

AFDELING C

VRAAG 4

Beide plante en mense reageer op swaartekrag.

Verduidelik hoekom die wortel en die stingel in verskillende rigtings groei wanneer 'n
potplant horisontaal op die grond geplaas word en lig eweredig vanuit alle rigtings
ontvang.

Beskryf ook die rol van die makulae om balans te handhaaf wanneer 'n persoon
sy/haar kop na een kant buig sonder om om te val.                                         (17)
                                                                     Inhoud:              (3)
                                                                    Sintese:              (20)

LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
         vloeidiagramme, diagramme of tabelle NIE.

                                                             TOTAAL AFDELING C:           20
                                                                 GROOTTOTAAL:             150

.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2019-eng/830f1c66-6246-4109-b897-0aceb3aff57f) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2019-eng/ad42999d-6e30-4bbc-9860-4febb47c7166) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2019-afr/3a3f6e0d-1732-4f2c-aba0-9b2bf232ef02) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 English final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-english-final/0aee37ba-cb6c-4703-8a28-3bd5d8231c5d) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
