# Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2020-afr/66ebabfd-9d10-4fed-911b-d8231b120f03
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2020-afr/66ebabfd-9d10-4fed-911b-d8231b120f03)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           SENIOR SERTIFIKAAT/
                      NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                         LFSC.1

                            LEWENSWETENSKAPPE V1

                                 NOVEMBER 2020(2)

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

                     OGGENDSESSIE
Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        2                        DBE/November 2020(2)
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            3                        DBE/November 2020(2)
                                             SS/NSS

AFDELING A
VRAAG 1
1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1        Watter deel beheer die hoeveelheid lig wat die oog binnedring?

                      A   Kornea
                      B   Iris
                      C   Choroïed
                      D   Lens

         1.1.2        Watter EEN van die volgende verwys na 'n akwifer/waterdraer?

                      A   'n Styging in die temperatuur van watermassas as gevolg van
                          water afkomstig van nywerhede
                      B   Herhaaldelike aanplant van dieselfde gewas op dieselfde area
                      C   'n Ondergrondse deurdringbare rots wat met water versadig is
                      D   Die vrystelling van water met chemikalieë vanaf myne

         1.1.3        Die struktuur in die amniotiese eier wat afvalprodukte verwyder:

                      A   Dooiersak
                      B   Chorion
                      C   Amnion
                      D   Allantoïs

         1.1.4        Watter EEN van die volgende is KORREK met verwysing na
                      astigmatisme?

                      A   Lig kan nie deur die kornea beweeg nie
                      B   Lig kan nie deur die lens beweeg nie
                      C   Breking van ligstrale deur die kornea is oneweredig
                      D   Die lens kan nie nog ronder word nie

         1.1.5        Watter strukture skei tydens swangerskap progesteroon af?

                      A   Byniere en corpus luteum
                      B   Corpus luteum en plasenta
                      C   Tiroïedklier en Graafse follikel
                      D   Pituïtêre klier en Graafse follikel

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            4                      DBE/November 2020(2)
                                             SS/NSS

         1.1.6        Watter EEN van die volgende toon die korrekte volgorde van 'n
                      impuls vanaf die reseptor in 'n eenvoudige refleksboog?

                      A   Sensoriese neuron deur die dorsale wortel  motoriese
                          neuron deur die ventrale wortel  effektor
                      B   Motoriese neuron deur die dorsale wortel  sensoriese neuron
                          deur die ventrale wortel  effektor
                      C   Sensoriese neuron deur die dorsale wortel  effektor 
                          motoriese neuron deur die ventrale wortel
                      D   Effektor  interneuron deur die dorsale wortel  motoriese
                          neuron deur die ventrale wortel

         1.1.7        Watter EEN van die volgende sal nadelig wees wanneer 'n
                      biologiese metode gebruik word om indringerspesies te beheer?

                      A   In staat om indringerspesies te beheer sonder die gebruik van
                          skadelike chemikalieë
                      B   'n Deel van die indringerplant kan agtergelaat word om weer te
                          begin groei wanneer dit meganies verwyder word
                      C   Die spesies wat ingebring word, is dalk uitheems in die gebied
                          en kan die inheemse spesies verdring
                      D   Chemikalieë kan die inheemse plante in die gebied affekteer

         1.1.8        Watter EEN van die volgende is 'n gevolg van die vernietiging van
                      vleilande?

                      A   Verhoogde biodiversiteit
                      B   Afname in die beskikbaarheid van water
                      C   Afname in aardverwarming
                      D   Verhoogde watergehalte

         1.1.9        Nagdiere het die vermoë om duidelik in die donker te sien.
                      Hulle het …

                      A   groter oë.
                      B   meer stafies in die retina.
                      C   meer keëls in die retina.
                      D   nie 'n blinde vlek nie.

         1.1.10       Watter EEN van die volgende is KORREK met verwysing na die
                      homeostatiese beheer van glukose in die menslike liggaam?

                              KLIER         HORMOON        EFFEK OP DIE VLAK VAN
                                            AFGESKEI         GLUKOSE IN BLOED
                      A      Pankreas         Insulien              Styg
                      B      Pituïtêre       Glukagon               Styg
                      C      Pankreas         Insulien             Daal
                      D      Pankreas        Glukagon              Daal
                                                                               (10 x 2)         (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            5                             DBE/November 2020(2)
                                             SS/NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Die laag in die atmosfeer wat lewende organismes teen die
                      ultraviolet strale van die son beskerm

         1.2.2        Die onwettige jag en doodmaak van diere

         1.2.3        'n Toestand van die sel waar daar net een stel chromosome is

         1.2.4        Die reaksie van 'n deel van 'n plant op 'n ligprikkel

         1.2.5        'n Hormoon wat ovulasie in mense stimuleer

         1.2.6        Die deel van die brein wat die linker- en regterhemisfere verbind

         1.2.7        Die bloedvat wat deoksigeneerde bloed vanaf die fetus na die
                      plasenta vervoer

         1.2.8        'n Toestelletjie wat binne die oor geplaas word om vloeistowwe,
                      wat deur middeloorontsteking veroorsaak word, te dreineer

         1.2.9        Die tak van die outonome senuweestelsel wat 'n versnelde hartklop
                      terug na normaal herstel

         1.2.10       'n Struktuur in die oog wat lig absorbeer om inwendige
                      weerkaatsing te voorkom                        (10 x 1)                         (10)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                     KOLOM I                            KOLOM II
         1.3.1        Die funksionele verbinding tussen        A: Reseptor
                      twee opeenvolgende neurone               B: Sinaps
         1.3.2        Die kleintjies ontwikkel en word in 'n   A: Oviparie
                      amniotiese eier gevoed wat in die        B: Viviparie
                      ma se liggaam gehou word
         1.3.3        'n Voortplantingstrategie by             A: Altrisiële ontwikkeling
                      werweldiere waar inwendige               B: Prekosiële ontwikkeling
                      bevrugting plaasvind
                                                                                        (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            6                       DBE/November 2020(2)
                                             SS/NSS

1.4      Die diagramme hieronder toon strukture wat tydens menslike voortplanting
         gevorm word.

                                                            A B     C

                       1                 2            3                 4

         1.4.1        Identifiseer deel A.                                                       (1)

         1.4.2        Noem die organelle wat in groot getalle in deel C voorkom.                 (1)

         1.4.3        Gee die NOMMER (1, 2, 3 of 4) van die diagram wat die volgende
                      voorstel:

                     (a) Morula                                                                  (1)

                     (b) Struktuur wat in die uterus sal inplant                                 (1)

                     (c) Blastula/Blastosist                                                     (1)

         1.4.4        Gee die LETTER en NAAM van die deel wat die ovum tydens
                      bevrugting sal binnedring.                                                 (2)

         1.4.5        Noem die tipe seldeling wat plaasgevind het om die struktuur in
                      diagram 3 te vorm.                                                         (1)
                                                                                                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          7                          DBE/November 2020(2)
                                           SS/NSS

1.5      Die diagramme hieronder toon verskillende neurone.

                 1                   2                       3                     4

         Gee slegs die NOMMERS (1, 2, 3 of 4) van TWEE neurone wat:

         1.5.1       Impulse vanaf die reseptor na die sentrale senuweestelsel vervoer           (2)

         1.5.2       Impulse vinniger sal vervoer                                                (2)

         1.5.3       Beskadig is indien 'n persoon die prikkel kan voel, maar nie in staat
                     is om te reageer nie                                                        (2)
                                                                                                 (6)
                                                                 TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          8                          DBE/November 2020(2)
                                           SS/NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagramme hieronder toon verskillende dele van die brein en die oor.

                                                                             D

                     A

                                                                                      E

                                                C
                 B

                                            I
                                                                                  F
                                                                                  G

                                                                                 H

         2.1.1        Identifiseer deel:

                     (a) A                                                                       (1)

                     (b) B                                                                       (1)

                     (c) H                                                                       (1)

         2.1.2        Gee die LETTER en NAAM van die deel van die oor wat oortollige
                      drukgolwe vanaf die inwendige oor absorbeer.                               (2)

         2.1.3        Noem die reseptore wat by deel E aangetref word.                           (1)

         2.1.4        Verduidelik waarom skade aan deel B tot onmiddellike dood kan
                      lei.                                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           9                          DBE/November 2020(2)
                                            SS/NSS

         2.1.5        Beskryf hoe deel C op impulse vanaf deel D reageer.                         (3)

         2.1.6        Deel F van die oor kan by ouer mense verhard.

                      Verduidelik hoe hierdie toestand tot gehoorverlies kan lei.                 (4)
                                                                                                  (15)

2.2      Beskryf akkommodasie van die oog vir ver visie.                                          (5)

2.3      Lees die uittreksel hieronder.

                               'N UITBREEK VAN TIROTOKSIKOSE

         Tirotoksikose is 'n mediese toestand wat deur hoë vlakke van tiroksien in die
         bloed veroorsaak word. Daar was 'n skielike styging in die getal aangemelde
         gevalle van hierdie toestand in 'n stad. Daar is vermoed dat dit veroorsaak is
         deur mense wat maalvleis van 'n plaaslike slagter geëet het. Die slagter het
         die tiroïedkliere van beeste by die maalvleis gevoeg toe hy dit gemaak het.
         Sommige mense wat van hierdie maalvleis geëet het, het simptome van 'n
         versnelde hartklop, oormatige sweetafskeiding en gewigsverlies getoon.

         Dokters het 'n ondersoek uitgevoer om te bepaal of die maalvleis die styging
         in tirotoksikose veroorsaak het. Die normale tiroksienvlakke van 5 vrywilligers
         is gemeet. Hulle het gekookte maalvleis van die slaghuis gekry om te eet.
         Hulle tiroksienkonsentrasie is elke 4 uur op dag 1 en daarna een maal per
         dag vir die volgende 23 dae gemeet. Die gemiddelde tirosienvlakke is
         bereken en aangeteken.

         Die resultate word in die grafiek hieronder getoon.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                                         10                        DBE/November 2020(2)
                                                                           SS/NSS

                                                                 DIE GEMIDDELDE TIROKSIENKONSENTRASIE IN
                                                                       DIE VRYWILLIGERS NADAT HULLE
                                             25                     GEKOOKTE MAALVLEIS GEËET HET WAT

          Gemiddelde tiroksienkonsentrasie
                                                                            TIROÏEDKLIERE BEVAT
                                             20

                                             15

                       (µg/dl)
                                             10

                                              5

                                                  0 4 812    4        8       12       16       20       24
                                                  4                            Dae
                                                      Uur

         2.3.1                                        Gee die gemiddelde normale tiroksienkonsentrasie (µg/dl) in die
                                                      bloed van die vrywilligers                                               (1)

         2.3.2                                        Bereken     die    persentasiestyging    van    die   gemiddelde
                                                      tiroksienkonsentrasie in die eerste 8 uur nadat van die maalvleis
                                                      geëet is. Toon ALLE berekeninge.                                         (3)

         2.3.3                                        Verduidelik waarom tirotoksikose gewigsverlies veroorsaak.               (3)

         2.3.4                                        Verduidelik die verwagte konsentrasie van TSH in die bloed 8 uur
                                                      nadat die maalvleis geëet is.                                            (4)
                                                                                                                               (11)

Kopiereg voorbehou                                                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          11                        DBE/November 2020(2)
                                            SS/NSS

2.4      'n Ondersoek is gedoen om die invloed van 'n planthormoon op die
         plantegroei te bepaal:
         Die prosedure was soos volg:
                Twee potplante (1 en 2) van dieselfde spesie en ouderdom is gebruik.
                Die groeipunte van beide plante is op dieselfde afstand op die stingel
                 afgesny.
                Die gesnyde oppervlak van plant 1 is met petroleumjellie geseël.
                Die afgesnyde groeipunt van potplant 2 is vir 2 uur op 'n blokkie met
                 agarjellie geplaas.
                Die blokkie agarjellie is toe op die afgesnyde oppervlak van plant 2
                 geplaas.
                Die plante is vir 2 weke aan dieselfde omgewingstoestande blootgestel.
                Die groei van beide plante is aan die einde van die periode
                 waargeneem.
         Die diagramme hieronder toon die resultate wat verkry is.

                          Petroleumjellie            Blokkie met agarjellie

                                            Sytak

                             Potplant 1                    Potplant 2

         2.4.1        Noem waarom die groeipunt op 'n blokkie agarjellie vir 2 uur
                      geplaas is.                                                                (2)

         2.4.2        Beskryf die resultate wat by plant 1 waargeneem is.                        (2)

         2.4.3        Verduidelik waarop vrugteboere die kennis uit die resultate by
                      VRAAG 2.4.2 tot hulle voordeel kan gebruik.                                (2)

         2.4.4        Verduidelik waarom die stingel van potplant 2 opwaarts groei.              (3)
                                                                                                 (9)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           12                            DBE/November 2020(2)
                                             SS/NSS

VRAAG 3

3.1      Die diagramme hieronder toon twee fases van meiose.

                                             A

                                                 B

                                                                                             C

                        Diagram 1                            Diagram 2

         3.1.1        Identifiseer deel A.                                                           (1)

         3.1.2        Identifiseer die fase wat deur diagram 1 voorgestel word.                      (1)

         3.1.3        Beskryf die gebeure wat in die fase voor die een wat deur diagram
                      2 voorgestel word, plaasvind.                                                  (2)

         3.1.4        Noem die proses wat veroorsaak dat die chromosome 'n
                      kombinasie van gene het, soos in die diagramme voorgestel.                     (1)

         3.1.5        Gee EEN rede waarom die proses in VRAAG 3.1.4 genoem,
                      belangrik is.                                                                  (1)

         3.1.6        Indien hierdie 'n menslike sel is, hoeveel chromosome sou tydens
                      die fase wat in diagram 1 voorgestel is, in die sel teenwoordig
                      gewees het?                                                                    (1)

         3.1.7        Struktuur B en struktuur C is beide chromosome.

                      Verduidelik waarom hulle struktureel verskillend is.                           (3)
                                                                                                     (10)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           13                        DBE/November 2020(2)
                                             SS/NSS

3.2      Die struktuur hieronder stel 'n deel van die vroulike voortplantingstelsel voor.

                                                                                  A

                                                                                  B
                                                                                  C

                                                                                 D

         3.2.1        Identifiseer deel D.                                                        (1)

         3.2.2        Noem EEN funksie van deel A.                                                (1)

         3.2.3        Beskryf die proses van oögenese soos wat dit in deel B plaasvind.           (4)

         3.2.4        Noem EEN manier waarop struktuur C vir sy funksie tydens
                      swangerskap geskik is.                                                      (1)

         3.2.5        'n Persoon ondergaan 'n chirurgiese operasie om deel B aan beide
                      kante te verwyder.

                      Verduidelik waarom hierdie persoon nie sal menstrueer nie.                  (3)
                                                                                                  (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          14                          DBE/November 2020(2)
                                            SS/NSS

3.3      Manlikehormoon-voorbehoedpille is vir meer as 50 jaar in ontwikkeling. Die
         pille bevat 'n stof, TU, wat die afskeiding van testosteroon inhibeer. Daar is
         tans geen produk op die mark beskikbaar nie, hoofsaaklik as gevolg van die
         talle newe-effekte wat met die produk geassosieer word.

         'n Ondersoek is gedoen om te bepaal hoe TU manlike vrugbaarheid
         beïnvloed.

         Die prosedure was soos volg:

                308 gesonde, manlike vrywilligers is gekies.
                'n Spermtelling is aanvanklik by elke vrywilliger geneem.
                Elke vrywilliger het maandeliks 500 mg TU oor 'n tydperk van
                 12 maande ontvang.
                Tydens die periode van die ondersoek is die vrywilligers gevra om los-
                 passende broeke en onderklere, wat van dieselfde ligte materiaal
                 gemaak is, te dra.
                'n Spermtelling is weekliks oor 'n tydperk van 24 maande geneem .
                Die gemiddelde spermtelling is per vrywilliger bereken.

         LET WEL:        Spermtelling verwys na die totale aantal gesonde sperms
                         per ml van die semen en is 'n aanduiding van manlike
                         vrugbaarheid.

         3.3.1        Identifiseer die afhanklike veranderlike in hierdie ondersoek.               (1)

         3.3.2        Noem hoe die afhanklike veranderlike in VRAAG 3.3.1 gemeet is.               (1)

         3.3.3        Noem TWEE ander faktore wat oorweeg moet word wanneer
                      vrywilligers gekies word.                                                    (2)

         3.3.4        Verduidelik hoe TU vrugbaarheid verlaag.                                     (2)

         3.3.5        Verduidelik waarom die dra van styfpassende klere manlike
                      vrugbaarheid sal verlaag.                                                    (2)

         3.3.6        Stel EEN rede voor waarom die spermtelling vir 'n addisionele
                      12 maande geneem is nadat die TU behandeling gestaak is.                     (1)

         3.3.7        Die opsies vir voorbehoedmiddels vir mans is tans tot kondome en
                      'n vasektomie beperk. 'n Vasektomie behels die deursny en afbind
                      van beide vas deferens.

                      Verduidelik hoe 'n vasektomie swangerskap voorkom.                           (2)
                                                                                                   (11)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                                       15                        DBE/November 2020(2)
                                                                         SS/NSS

3.4                          Die grafiek hieronder toon die invloed van stikstofryke kunsmis op
                             oesopbrengs en stikstofbesoedeling van 'n nabygeleë watermassa.

                                                  EFFEKTE VAN STIKSTOFRYKE KUNSMIS OP OESOPBRENGS
                                                      EN STIKSTOFBESOEDELING VAN 'N WATERMASSA

      Oesopbrengs en stikstofbesoedeling van 'n
                                                                                                            Oesopbrengs

                                                                                                Stikstofbesoedeling

                   watermassa                                                               Aanbevole hoeveelheid
                                                                                            stikstofbevattende kunsmis

                                                               Hoeveelheid stikstofryke kunsmis

                             3.4.1                  Noem die proses waardeur oortollige stikstof in 'n watermassa
                                                    akkumuleer.                                                                (1)

                             3.4.2                  Verduidelik waarom dit nie vir die boer ekonomies voordelig sal
                                                    wees om meer as die aanbevole hoeveelheid kunsmis te gebruik
                                                    nie.                                                                       (3)

                             3.4.3                  Stel EEN rede voor waarom boere geadviseer word om kunsmis
                                                    tydens die droë seisoen van die jaar op die grond toe te dien.             (1)

                             3.4.4                  Verduidelik die effek wat 'n styging in stikstofbesoedeling op die
                                                    hoeveelheid bakterieë in water sal hê.                                     (4)
                                                                                                                               (9)
                                                                                                                               [40]

                                                                                             TOTAAL AFDELING B:                80

Kopiereg voorbehou                                                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                     16                        DBE/November 2020(2)
                                       SS/NSS

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf hoe die menslike liggaam die temperatuur en koolstofdioksiedkonsentrasie in
die bloed handhaaf wanneer dit bo die normale vlakke styg.

Beskryf ook die noodsaaklikheid van koolstofdioksied om atmosferiese temperatuur te
reguleer en waarom stygende koolstofdioksiedvlakke tot aardverwarming lei.
                                                                           Inhoud:        (17)
                                                                           Sintese:       (3)
                                                                                          [20]
i

LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
         vloeidiagramme, diagramme of tabelle NIE.

                                                           TOTAAL AFDELING C:             20
                                                               GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2020-eng/81c455c0-136c-4dfc-a4ca-6899136e61c1) — Life Sciences · QP · 2020 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2020-memo-afr/f001fd30-bc70-4e99-8fd0-025399f036d8) — Life Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [Life Sciences P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2022-eng/c0ba0c20-6c29-4abe-aef0-baeb48113dd3) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2019-eng/830f1c66-6246-4109-b897-0aceb3aff57f) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-afr/12a337df-bd94-4623-80e8-1f7baba2ce86) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-eng/f78a2850-007f-41f2-9e3b-939d8311bf0d) — Life Sciences · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
