# Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2021-afr/d1928542-d152-451c-9359-0e18ea26c49a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2021-afr/d1928542-d152-451c-9359-0e18ea26c49a)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE V1

                                 NOVEMBER 2021

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        2                            DBE/November 2021
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           3                        DBE/November 2021
                                              NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.

         1.1.1        Dreineringspypies ('grommets') word gebruik vir die behandeling
                      van ...

                      A   doofheid.
                      B   blindheid.
                      C   middeloorontsteking.
                      D   veelvuldige sklerose.

         1.1.2        Die vermoë van die lens van die oog om sy vorm te verander
                      wanneer daar gekyk word na 'n voorwerp wat naby of ver is,
                      word ... genoem.

                      A   binokulêre visie
                      B   akkommodasie
                      C   pupilmeganisme
                      D   breking van ligstrale

         1.1.3        Watter EEN van die volgende is die gesigsgebrek wat die gevolg
                      van die onewe kromming van die kornea is?

                      A   Katarakte
                      B   Versiendheid
                      C   Bysiendheid
                      D   Astigmatisme

         1.1.4        Die reseptor(e) betrokke by die handhawing van balans is …

                      A   slegs die orgaan van Corti.
                      B   slegs die makula.
                      C   slegs die makula en die crista.
                      D   die orgaan van Corti, makula en crista.

         1.1.5        Watter van die volgende strukture is betrokke by die handhawing
                      van balans wanneer daar 'n verandering in die rigting en beweging
                      van die liggaam is?

                      A   Halfsirkelvormige kanale en serebellum
                      B   Eustachius-buis en serebellum
                      C   Halfsirkelvormige kanale en serebrum
                      D   Eustachius-buis en serebrum

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                                                                 4                                           DBE/November 2021
                                                                                                    NSS

         1.1.6                                            Watter van die volgende strukture word deur die breinvliese/
                                                          meninges beskerm?

                                                          A            Rugmurg en reseptore
                                                          B            Rugmurg en brein
                                                          C            Brein en effektore
                                                          D            Effektore en reseptore

         1.1.7                                            Twee mans is op dieselfde tyd 'n glukose-ryke maaltyd
                                                          gegee (0 uur). Een van die mans is diabeties en die ander een is
                                                          nie-diabeties. Die diabeet het geen mediese behandeling ontvang
                                                          nie. Hulle bloedglukosevlakke is oor 'n tydperk van 3 uur gemeet.

                                                          Die grafieke hieronder toon die moontlike bloedglukosevlakke van
                                                          die twee mans in hierdie tyd.

                                W                                                                                  X
                                                                                                   Diabeet                                      Diabeet

                                                                                                               Glukose-vlakke (mg/dℓ)
                                          Glukose-vlakke (mg/dℓ)
                                                                                        Nie-diabeet                                               Nie-diabeet

                                                                               I             I             I                                I        I           I
                                                                   0           1             2             3                            0   1        2           3
                                                                                     Tyd (uur)                                                  Tyd (uur)

                 Y                                                                                             Z
                                                                                                                                                          Nie-diabeet
                                                                                                 Diabeet

                 Glukose-vlakke (mg/dℓ)                                                                        Glukose-vlakke (mg/dℓ)
                                                                                                                                                           Diabeet
                                                                                            Nie-diabeet

                                                                           I            I              I                                    I        I           I
                                          0                                1           2              3                                 0   1       2           3
                                                                                   Tyd (uur)                                                    Tyd (uur)

                                                          Wattter EEN van die grafieke toon die bloedglukosevlakke van die
                                                          twee mans korrek aan?

                                                          A            W
                                                          B            X
                                                          C            Y
                                                          D            Z

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          5                         DBE/November 2021
                                             NSS

         1.1.8        Tydens 'n refleksaksie gaan impulse die rugmurg binne deur
                      middel van 'n …

                      A   sensoriese neuron deur die ventrale wortel van die
                          rugmurgsenuwee.
                      B   sensoriese neuron deur die dorsale wortel van die
                          rugmurgsenuwee.
                      C   interneuron deur die ventrale wortel van die rugmurgsenuwee.
                      D   interneuron deur die dorsale wortel van die rugmurgsenuwee.

         1.1.9        'n Persoon produseer heel waarskynlik 'n kleiner hoeveelheid urien
                      omdat die …

                      A   ADH-vlakke in die bloed hoog is en die nierbuisies meer
                          deurlaatbaar vir water is.
                      B   ADH-vlakke in die bloed hoog is en die nierbuisies minder
                          deurlaatbaar vir water is.
                      C   ADH-vlakke in die bloed laag is en die nierbuisies meer
                          deurlaatbaar vir water is.
                      D   ADH-vlakke in die bloed laag is en die nierbuisies minder
                          deurlaatbaar vir water is.                        (9 x 2 )            (18)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           6                             DBE/November 2021
                                              NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Die vrystelling van 'n ovum vanaf die ovarium

         1.2.2        Die mikroskopiese gaping tussen twee opeenvolgende neurone

         1.2.3        Die ontwikkelingstydperk van die fetus in die uterus

         1.2.4        Die groeibeweging van 'n plant in reaksie op 'n prikkel/stimulus

         1.2.5        Die tipe ontwikkeling by voëls waar die jong voëls in staat is om
                      onafhanklik rond te beweeg en hulself te voed nadat hulle
                      uitgebroei het

         1.2.6        Die ekstra-embrioniese membraan wat verantwoordelik is vir die
                      uitskeiding van afval in 'n amniotiese eier

         1.2.7        Buisies in die testes waar spermatogenese plaasvind

         1.2.8        Die planthormoon wat, wanneer toestande ongunstig is, die
                      dormansie van sade veroorsaak                    (8 x 1)                      (8)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                  KOLOM I                            KOLOM II
         1.3.1        'n Eksokriene klier              A:       Cowper se klier
                                                       B:       Pankreas
         1.3.2        'n Komponent van die perifere A:          Kraniale senuwees
                      senuweestelsel                   B:       Rugmurg
         1.3.3        'n Siekte van die senuweestelsel A:       Goiter
                      wat deur die degenerasie van die B:       Alzheimer se siekte
                      breinselle gekenmerk word
                                                                                      (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        7                            DBE/November 2021
                                           NSS

1.4      Die diagram hieronder toon die dele van die manlike voortplantingstelsel.

                                                                    A

                                                                    B

                     H                                              C

                     G                                              D

                                                                    E

                                                                     F

         1.4.1        Identifiseer deel:

                     (a) C                                                                      (1)

                     (b) F                                                                      (1)

                     (c) H                                                                      (1)

         1.4.2        Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

                     (a) Sperms tydelik stoor                                                   (2)

                     (b) Beide semen en urien vervoer                                           (2)

                     (c) Testosteroon produseer                                                 (2)

         1.4.3        Gee die LETTERS van TWEE dele wat tot die vorming van semen
                      bydra.                                                                    (2)
                                                                                                (11)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            8                          DBE/November 2021
                                               NSS

1.5      Die diagram hieronder stel 'n ovum en 'n sperm voor.

                     A B         C
                                           E   F     G                 H

                                   D

         1.5.1        Identifiseer deel:

                     (a) B                                                                        (1)

                     (b) D                                                                        (1)

                     (c) H                                                                        (1)
         1.5.2        Noem die organel wat in groot getalle in deel G aangetref word.             (1)

         1.5.3        Gee die LETTERS van die TWEE dele wat tydens bevrugting
                      versmelt.                                                                   (2)

         1.5.4        Noem die meiotiese proses waardeur ovums geproduseer word.                  (1)
                                                                                                  (7)
                                                                TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           9                           DBE/November 2021
                                              NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder stel 'n soort neuron wat in die menslike liggaam
         aangetref word, voor.

                 NEURON 1                                              NEURON 2
                                          C
          A            B

         2.1.1        Identifiseer die soort neuron wat getoon word.                              (1)

         2.1.2        Gebruik slegs die LETTERS A, B en C en gee die korrekte
                      volgorde vir die oordrag van 'n impuls langs neuron 1.                      (2)

         2.1.3        Verduidelik hoe die spoed van oordrag van die impulse vir
                      neuron 1 en neuron 2 sal verskil.                                           (3)

         2.1.4        Verduidelik waarom 'n persoon die prikkel sal voel, maar nie in
                      staat sal wees om te reageer nie indien slegs hierdie soort neuron
                      beskadig is.                                                                (3)
                                                                                                  (9)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          10                         DBE/November 2021
                                             NSS

2.2      Die diagram hieronder stel die bou van die menslike oog voor.

                                       B             C

           A                                                               D

           F

                                       E

         2.2.1        Identifiseer deel C.                                                       (1)

         2.2.2        Gee EEN funksie van deel E.                                                (1)

         2.2.3        Noem waarom die helderste beeld sal vorm wanneer die ligstrale
                      op deel D val.                                                             (1)

         2.2.4        Verduidelik EEN manier waarop deel B struktureel verskillend van
                      deel F is.                                                                 (4)

         2.2.5        Beskryf hoe die spiere in deel A funksioneer om die hoeveelheid lig
                      wat die oog binnedring, te vermeerder.                                     (3)

         2.2.6        Beskryf hoe 'n dowwe beeld gevorm word terwyl 'n boek gelees
                      word indien 'n persoon met normale sig 'n bril met bikonvekse              (3)
                      lense dra.                                                                 (13)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         11                         DBE/November 2021
                                            NSS

2.3      Lees die uittreksel hieronder.

         Endometriose is 'n mediese toestand wat voorkom wanneer die endometrium
         in of op ander strukture soos die Fallopiusbuise, ovariums of pelvis ontwikkel.
         Dit word deur hoër as normale estrogeenvlakke veroorsaak. Vroue met
         hierdie kondisie sal heel waarskynlik matige tot hewige menstruele pyn
         ervaar. Die toestand kan soms tot onvrugbaarheid lei.

         Dokters kan 'n voorbehoedpil as behandeling voorskryf om die ontwikkeling
         van die endometrium te verminder. Die pil bevat progesteroon.

         2.3.1        Noem die struktuur waar die endometrium normaalweg ontwikkel.            (1)

         2.3.2        Verduidelik waarom endometriose in die Fallopiusbuise tot
                      onvrugbaarheid kan lei.                                                  (3)

         2.3.3        Gebruik die negatiewe terugkoppelingsmeganisme om te
                      verduidelik waarom die pille wat progesteroon bevat, suksesvol is
                      om endometriose te behandel.                                             (4)
                                                                                               (8)

2.4      Beskryf die gehoorproses.                                                             (7)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                              12                       DBE/November 2021
                                                 NSS

2.5      Die diagram hieronder toon 'n ontwikkelende menslike fetus.

                                                                 A

         D

         C

                                                                                       Na die ma

                                                                                 B

                                                 Na die
                                                 fetus

         2.5.1        Identifiseer deel D.                                                         (1)

         2.5.2        Noem TWEE funksies van die vloeistof in deel C.                              (2)

         2.5.3        Beskryf die ontwikkeling van die sigoot totdat inplanting plaasvind.         (4)

         2.5.4        Noem TWEE maniere waarop deel A funksioneer om die
                      ontwikkelende fetus te beskerm.                                              (2)

         2.5.5        Identifiseer bloedvat B.                                                     (1)

         2.5.6        Beskryf hoe die voeding van 'n menslike fetus verskil van dié van
                      organismes wat ovipaar is.                                                   (3)
                                                                                                   (13)
                                                                                                   [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          13                        DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 3

3.1        Die diagramme hieronder toon 'n mens se brein en 'n mens se nier.

       D
                                                                                     Klier E

       C

                                                   A
                           B

           3.1.1      Identifiseer deel A.                                                      (1)

           3.1.2      Noem EEN funksie van deel C.                                              (1)

           3.1.3      'n Persoon het tydens 'n motorongeluk 'n hoofbesering opgedoen
                      en het sy geheue verloor.

                      Skryf die LETTER en NAAM neer van die deel van die brein wat
                      geaffekteer is.                                                           (2)

           3.1.4      Tydens 'n noodsituasie stel klier E 'n hormoon vry wat die liggaam
                      vir die 'veg-of-vlug'-reaksie voorberei deur 'n styging in die
                      asemhalingstempo en hartklop te stimuleer. Hierdie styging lei tot
                      verhoogde energieproduksie in die skeletspiere asook 'n verhoging
                      van die koolstofdioksiedvlakke in die bloed.

                     (a) Noem die hormoon wat tydens 'n noodsituasie deur klier E
                         afgeskei word.                                                         (1)

                     (b) Verduidelik hoe 'n styging van die asemhalingstempo en
                         hartklop 'n verhoogde energieproduksie in die skeletspiere tot
                         gevolg het.                                                            (4)

                     (c) Beskryf hoe deel B betrokke is by die homeostase van
                         koolstofdioksied.                                                      (4)
                                                                                                (13)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          14                         DBE/November 2021
                                             NSS

3.2      Die tabel hieronder toon die gemiddelde tempo van bloedvloei na die vel by
         verskillende omgewingstemperature.

             OMGEWINGSTEMPERATUUR GEMIDDELDE TEMPO VAN
                      (°C)        BLOEDVLOEI NA DIE VEL
                                   (mℓ /100 mℓ weefsel/min)
                        0                    2,5
                        5                     4
                       20                    4,5
                       35                     11
                       45                     18
                       50                     19

         3.2.1        Gee die omgewingstemperatuur waar die hoogste gemiddelde
                      tempo van bloedvloei na die vel was.                                       (1)

         3.2.2        Beskryf die verwantskap tussen die omgewingstemperatuur en die
                      gemiddelde tempo van bloedvloei na die vel.                                (2)

         3.2.3        Bereken die persentasie styging in die bloedvloei na die vel tussen
                      5 °C en 35 °C. Toon AL jou berekeninge.                                    (3)

         3.2.4        Verduidelik die gemiddelde tempo van bloedvloei na die vel tussen
                      20 °C en 45 °C.                                                            (4)

         3.2.5        Vriesbrand is 'n toestand waar langtermyn-blootstelling en uiterste
                      koue toestande (0 °C of minder) tot die doodgaan van weefsel in
                      gedeeltes, soos die hande en voete, kan lei.

                      Gebruik die data in die tabel om te verduidelik waarom die weefsel
                      kan doodgaan.                                                              (2)
                                                                                                 (12)

3.3      3.3.1        Beskryf die negatiewe terugkoppelingsmeganisme wat plaasvind
                      wanneer die tiroksienvlakke in die bloed hoog is.                          (5)

         3.3.2        'n Persoon het 'n mediese toestand wat 'n onderafskeiding van
                      tiroksien tot gevolg het.

                      Verduidelik waarom hierdie persoon se gewig sal toeneem indien
                      die tiroksienvakke in die bloed aanhoudend laag bly.                       (3)
                                                                                                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                             15                        DBE/November 2021
                                                NSS

3.4      'n Groep leerders het 'n ondersoek uitgevoer om die invloed van ouksien op
         die groei van die stingels van boontjiesaailinge te bepaal.
         Die prosedure was soos volg:
                30 boontjiesade is toegelaat om vir 5 dae te ontkiem om saailinge te
                 vorm.
                Die saailinge is in 3 groepe (A, B en C) met 10 saailinge in elke groep,
                 ingedeel.
                Die punte van al die saailinge is op dieselfde lengte afgesny.
                By groep A is die afgesnyde punt op die jong stingelpunt teruggeplaas.
                By groep B is die punt nie teruggeplaas nie.
                By groep C is 'n stukkie plastiek op die punt van die afgesnyde
                 oppervlak geplaas en die stingelpunt is toe bo-op die plastiek geplaas.
                Die saailinge van al die groepe is vir 'n week in 'n donker kas geplaas.
                Die groei van die stingel is toe waargeneem.

         Die diagram hieronder toon hoe die saailinge in elke groep behandel is.

                   Punt                                   Gesnyde             Plastiek
                 gesny en                                  punt
                  terug-
                 geplaas
                                       Jong
                                      stingel

                                 Jong
                                 wortel
                            Groep A               Groep B              Groep C

         3.4.1        Identifiseer die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek.              (1)
         3.4.2        Waarom het die leerders die punte van die jong stingels gesny?               (1)
         3.4.3        Gee EEN rede waarom 10 boontjiesaailinge in elke groep gebruik
                      is.                                                                          (1)
         3.4.4        Skryf die LETTER(S) (A, B of C) neer van die groep(e) waar daar
                      geen opwaartse groei van die stingel sal wees nie.                           (2)
         3.4.5        Beskryf hoe ouksien apikale dominansie veroorsaak.                           (3)
         3.4.6        Noem die planthormoon:

                     (a) Behalwe ouksien, wat die ontkieming van sade bevorder                     (1)
                     (b) Wat die ontkieming van sade inhibeer                                      (1)
                                                                                                   (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          16                        DBE/November 2021
                                             NSS

3.5      Lees die uittreksel hieronder.

          Die blouvin-tuna, die grootwithaai en die bottelneusdolfyn is drie akwatiese
          spesies wat in die Indiese Oseaan voorkom.

          'n Volwasse blouvintuna stel jaarliks tot 540 000 000 eiers in die water vry,
          terwyl die wyfie-grootwithaai elke twee jaar 2 tot 12 nakomelinge deur middel
          van ovoviviparie voortbring. 'n Wyfie-bottelneusdolfyn, wat 'n soogdier is, is
          viviparie en bring elke twee tot drie jaar een nakomeling voort.

         3.5.1        Noem die soort bevrugting wat by bottelneusdolfyne plaasvind.         (1)

         3.5.2        Verduidelik hoe TWEE van die voortplantingstrategieë van die
                      grootwithaai sy voortplantingsukses verhoog.                          (4)

         3.5.3        Verduidelik EEN rede waarom die blouvin-tuna groot hoeveelhede
                      eiers vrystel.                                                        (2)
                                                                                            (7)
                                                                                            [50]

                                                               TOTAAL AFDELING B:           100
                                                                   GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 Nov 2021 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2021-mg-afr/49c0ade5-a6de-497f-beba-2a2361658df7) — Life Sciences · Memo · 2021 · Afr
- [Life Sciences P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2021-afr/6a0be2cc-cabc-40b2-a5fc-4dcf29d7b1b8) — Life Sciences · QP · 2021 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT 2021 Xhosa D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept-2021-xhosa-d/bf73c123-831d-499a-9ecd-62ac37eff2bf) — Life Sciences · QP · 2021
- [LIFE SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr12-sept2021-english/51bdf0cb-548d-43fc-b083-c4f0f664b370) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2022-eng/c0ba0c20-6c29-4abe-aef0-baeb48113dd3) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2020-eng/81c455c0-136c-4dfc-a4ca-6899136e61c1) — Life Sciences · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
