# Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2022-afr/1a44d994-d456-4316-896e-bad840a59cd8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2022-afr/1a44d994-d456-4316-896e-bad840a59cd8)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                            LEWENSWETENSKAPPE V1

                                  NOVEMBER 2022

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        2                            DBE/November 2022
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           3                             DBE/November 2022
                                              NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1        Watter EEN van die volgende hou die vorm van die oogbal in
                      stand?

                      A   Kornea
                      B   Lens
                      C   Glasagtige water/vog
                      D   Retina

         1.1.2        Die choroïed …

                      A   is ryklik van bloedvate voorsien.
                      B   bevat fotoreseptore.
                      C   breek die ligstrale.
                      D   stuur impulse na die brein.

         1.1.3        Watter EEN van die volgende vind onmiddellik na bevrugting
                      plaas?

                      A   Die blastula, wat 'n hol bal selle is, word deur meiose gevorm.
                      B   Die morula, wat 'n hol bal selle is, word deur meiose gevorm.
                      C   Die blastula, wat 'n soliede bal selle is, word deur mitose
                          gevorm.
                      D   Die morula, wat 'n soliede bal selle is, word deur mitose
                          gevorm.

         1.1.4        Op 'n warm dag …

                      A   vloei minder bloed na die oppervlak van die vel.
                      B   word die sweetkliere onaktief.
                      C   vloei meer bloed na die oppervlak van die vel.
                      D   vind vasokonstriksie plaas.

         1.1.5        Die normale plek van bevrugting by 'n vrou is die …

                      A   uterus.
                      B   ovarium.
                      C   vagina.
                      D   Fallopiusbuis.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           4                         DBE/November 2022
                                              NSS

         1.1.6        Watter EEN van die volgende beskryf die gebeure tydens
                      akkommodasie die beste wanneer 'n persoon na 'n voorwerp kyk
                      wat minder as 6 m ver is.

                              Siliêre spier   Suspensoriese/       Spanning/Trekkrag
                                              draagligamente          op die lens
                     A          Ontspan         Trek stywer            Neem toe
                     B         Trek saam          Verslap              Neem af
                     C          Ontspan           Verslap              Neem af
                     D         Trek saam        Trek stywer            Neem toe

         VRAAG 1.1.7 EN 1.1.8 IS OP DIE DIAGRAM VAN DIE NEURON
         HIERONDER GEBASEER.

                                                           2
          1
                                                               3

                                                       4

         1.1.7        Die akson word deur struktuur … voorgestel.

                      A   1
                      B   2
                      C   3
                      D   4

         1.1.8        Watter genommerde deel beïnvloed die spoed van die oordrag van
                      impulse?

                      A   1
                      B   2
                      C   3
                      D   4

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           5                         DBE/November 2022
                                              NSS

         VRAAG 1.1.9 EN 1.1.10 VERWYS NA DIE DIAGRAM HIERONDER WAT 'N
         ONDERSOEK TOON WAT UITGEVOER IS OM DIE INVLOED VAN
         OUKSIENE OP TROPISME TE BEPAAL.

         Die prosedure was soos volg:
             'n Potplant is op 'n stilstaande klinostaat geplaas.
             Die plant is aan lig uit alle rigtings blootgestel.
             Die groei is toe na 'n paar dae waargeneem.

         Die diagram hieronder toon die opstelling van die ondersoek.

                                              Klinostaat

         Die resultate na 'n paar dae het getoon dat die stingel opwaarts groei.

         1.1.9        Watter EEN van die volgende is 'n verduideliking van die resultate?
                      A   Fototropisme het plaasgevind omdat die ouksiene na die lig
                          beweeg het, wat groei aan die onderkant van die stingel
                          geïnhibeer het.
                      B   Geotropisme het plaasgevind omdat die ouksiene afwaarts
                          beweeg het, wat groei aan die onderkant van die stingel
                          gestimuleer het.
                      C   Fototropisme het plaasgevind omdat die ouksiene weg van die
                          lig beweeg het, wat groei aan die bokant van die stingel
                          gestimuleer het.
                      D   Geotropisme het plaasgevind omdat die ouksiene opwaarts
                          beweeg het, wat groei aan die bokant van die stingel geïnhibeer
                          het.

         1.1.10       'n Kontrole vir dieselfde ondersoek is opgestel deur 'n identiese
                      potplant op 'n roterende klinostaat te plaas.
                      Watter EEN van die volgende sal die verwagte resultate wees wat
                      na 'n paar dae waargeneem sou word?
                      A   Daar sal geen groei wees nie.
                      B   Die stingel sal opwaarts groei.
                      C   Die stingel sal afwaarts groei.
                      D   Die stingel sal horisontaal groei.                       (10 x 2)      (20)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          6                             DBE/November 2022
                                             NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Die gedeelte van die skedel wat die brein beskerm

         1.2.2        Die homeostatiese proses waardeur temperatuur in die liggaam
                      beheer word

         1.2.3        Die visuele defek gekenmerk deur 'n wolkerige lens

         1.2.4        Die bloedvat wat gedeoksigeneerde bloed van die fetus na die
                      plasenta vervoer

         1.2.5        Die gedeelte van die brein wat liggaamstemperatuur beheer

         1.2.6        'n Tak van die senuweestelsel wat uit rugmurg- en kraniale/
                      kopsenuwees bestaan

         1.2.7        Vingeragtige uitgroeisels wat na inplanting uit die buitenste
                      membraan van 'n embrio ontwikkel

         1.2.8        'n Hormoon wat die soutvlakke in die bloed reguleer

         1.2.9        Die vloeistof wat die ontwikkelende fetus teen meganiese
                      beserings beskerm

         1.2.10       Die area van die retina wat die hoogste konsentrasie keëls bevat
                                                                                 (10 x 1)          (10)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                            KOLOM I                               KOLOM II
         1.3.1        'n Planthormoon wat die         A:   Gibberelliene
                      ontkieming van sade inhibeer    B:   Absissiensuur
         1.3.2        Die funksionele verbinding      A:   Sinaps
                      tussen twee opeenvolgende       B:   Effektor
                      neurone
         1.3.3        'n Hormoon wat puberteit        A:   Testosteroon
                      stimuleer                       B:   Estrogeen
                                                                                     (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          7                          DBE/November 2022
                                             NSS

1.4      Die diagramme hieronder toon die toestand van die oë vir verskillende
         ligintensiteite wanneer na dieselfde voorwerp gekyk word.

                                   A                         C

                                   B
                     Diagram 1                Diagram 2              Diagram 3

         1.4.1        Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

                      (a) Spiere bevat                                                          (2)

                      (b) Uit taai wit veselagtige weefsel bestaan                              (2)

         1.4.2        Watter diagram (1, 2 of 3) verteenwoordig die oog van 'n persoon:

                      (a) In 'n baie helder area                                                (1)

                      (b) Waar die stafies die meeste gestimuleer word                          (1)

         1.4.3        Watter spiere is:

                      (a) In diagram 2 saamgetrek                                               (1)

                      (b) In diagram 3 ontspanne                                                (1)
                                                                                                (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         8                         DBE/November 2022
                                            NSS

1.5      Die diagram hieronder toon die interaksie tussen twee endokriene kliere.

                                        Pituïtêre klier

                 Hormoon C                                       Hormoon A

                                                  Klier B

         1.5.1        Noem die tipe interaksie wat tussen hormoon A en klier B
                      plaasvind.                                                              (1)

         1.5.2        Identifiseer:

                     (a) Klier B                                                              (1)

                     (b) Hormoon A                                                            (1)

                     (c) Hormoon C                                                            (1)

         1.5.3        Noem die siekte wat ontstaan wanneer klier B oorgestimuleer word
                      en vergroot.                                                            (1)

         1.5.4        Watter hormoon (A of C) sal na verwagting hoog wees in die bloed
                      van die persoon met die siekte wat in VRAAG 1.5.3 genoem is?            (1)
                                                                                              (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                               9                   DBE/November 2022
                                                  NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder verteenwoordig die manlike voortplantingstelsel.

                                                                     A

                                                                     B

                            D

                            C

         2.1.1        Identifiseer struktuur A.                                                  (1)

         2.1.2        Noem EEN funksie van deel D tydens voortplanting.                          (1)

         2.1.3        Gee TWEE redes waarom struktuur B NIE as 'n endokriene klier
                      beskou word NIE.                                                           (2)

         2.1.4        Noem die tipe gametogenese wat in deel C plaasvind.                        (1)

         2.1.5        Verduidelik hoe die sekresies van struktuur A en B die kanse op
                      bevrugting verbeter.                                                       (4)
                                                                                                 (9)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           10                          DBE/November 2022
                                              NSS

2.2      Die diagramme hieronder toon die struktuur/bou van 'n normale en 'n
         abnormale sperm. (Die diagramme is volgens skaal geteken.)

                     A    B         C

                      Sperm 1

                      Sperm 2

         2.2.1        Identifiseer deel A.                                                        (1)

         2.2.2        Beskryf die rol van struktuur B tydens bevrugting.                          (1)

         2.2.3        Verduidelik die rol van die organelle wat in groot getalle in deel C
                      aangetref word.                                                             (2)

         2.2.4        Verduidelik TWEE redes waarom sperm 1 struktureel beter geskik
                      is vir bevrugting as sperm 2.                                               (4)
                                                                                                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                      11                        DBE/November 2022
                                                         NSS

2.3      Die grafiek hieronder toon die vlakke van twee hormone wat tydens die
         menstruele siklus deur die pituïtêre klier gesekreteer word.

                                   Hormoonvlakke tydens 'n menstruele siklus oor 28 dae

                                          Hormoon B

              Hormoonvlakke              Hormoon A

                              0      2   4    6    8   10   12 14    16   18   20 22    24    26 28
                                                         Tyd (Dae)

         2.3.1                    Noem TWEE funksies van hormoon B.                                         (2)

         2.3.2                    Verduidelik waarom 'n vrou wat sukkel om swanger te raak:

                                  (a) Pille wat hormoon A bevat, as 'n behandeling kan kry                  (3)

                                  (b) Se vlakke van hormoon B konstant gemonitor sal moet word              (2)

         2.3.3                    Verduidelik hoe die vlakke van hormoon A op dae 0 tot 5 by 'n
                                  swanger vrou sal verskil.                                                 (3)
                                                                                                            (10)

2.4      Beskryf die sekresie van die ovariale hormone en hulle rol in die menstruele
         siklus.                                                                                            (5)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                                 12                        DBE/November 2022
                                                                    NSS

2.5                        Lees die uittreksel hieronder.

                           Ansjovis is 'n soort vis wat in die Stille Oseaan aangetref word. Gedurende
                           die broeiseisoen kom die wyfies en mannetjies in groot groepe bymekaar en
                           stel ovums en semen in die water vry. Na bevrugting dryf die eiers in die
                           water en embrioniese ontwikkeling vind plaas totdat hulle uitbroei.

                           Die Europese snoekvis word hoofsaaklik in riviere aangetref. Gedurende die
                           broeiseisoen stel die wyfie duisende ovums vry en die mannetjie stel semen
                           reg rondom die wyfie vry. Die bevrugte eiers heg vas aan plantegroei naby
                           die rivierbedding, waar embrioniese ontwikkeling plaasvind totdat hulle
                           uitbroei.

                           Die grafiek hieronder toon die oorlewingstempo van beide visspesies.

                                             Survival rate of fish
                                            Oorlewingstempo     vanembryos over a
                                                                    vis-embrio's  period of
                                                                                 oor 'n      50 van
                                                                                        tydperk days50 dae

       Oorlewingstempo       vis-embrio's
                         van embryos

       Survival rate of fish
                                                                                                   Graph
                                                                                                   GrafiekXX

                                                                                                    GrafiekYY
                                                                                                    Graph

                                                                   Time (Days)
                                                                    Tyd (Dae)

                           2.5.1             Noem die tipe bevrugting wat by beide visspesies plaasvind.               (1)

                           2.5.2             Verduidelik waarom beide visspesies ovipaar is.                           (2)

                           2.5.3             Beskryf TWEE maniere waarop die kanse op bevrugting by die
                                             Europese snoekvis verhoog word                                            (2)

                           2.5.4             Watter grafiek (X of Y) verteenwoordig die oorlewingstempo van
                                             die Europese snoekvis?                                                    (1)

                           2.5.5             Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.5.4.                                  (3)
                                                                                                                       (9)

Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                              13                         DBE/November 2022
                                                 NSS

2.6      Die   diagram    hieronder         toon       die   homeostatiese    beheer     van
         bloedglukosevlakke.

                 Hoë
                 bloed-                                      Hormoon
                                         Klier
                 glukose-                                       B
                                          A
                 vlakke                                                       Lewer
                                                                              en
                                                                              liggaam-
                 Lae                                                          selle
                 bloed-                  Klier               Hormoon
                 glukose-                 A                     C
                 vlakke

         2.6.1        Identifiseer:

                      (a)      Klier A                                                              (1)

                      (b)      Hormoon C                                                            (1)

         2.6.2        'n Sekere siekte veroorsaak 'n afname in die produksie van
                      hormoon B.

                     (a) Verduidelik hoe dit die bloedglukosevlakke sal beïnvloed.                  (3)

                     (b) Noem die siekte.                                                           (1)

         2.6.3        Wetenskaplikes ondersoek die gebruik van adrenalien as 'n
                      behandeling vir mense wat nie hormoon C kan produseer nie.

                      Verduidelik waarom hierdie behandeling kan werk.                              (3)
                                                                                                    (9)
                                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                             14                          DBE/November 2022
                                                NSS

VRAAG 3

3.1      Die diagram hieronder toon 'n deel van die menslike brein.

                           A

                           C
                                                                   B

         3.1.1        Identifiseer deel A.                                                          (1)

         3.1.2        Verduidelik waarom 'n persoon kan sterf indien deel C beskadig
                      word.                                                                         (2)

         3.1.3        Deel B in 'n persoon se lae rug is beskadig.

                     (a) Identifiseer deel B.                                                       (1)

                     (b) Verduidelik waarom die persoon geen beheer oor die
                         skeletspiere van die bene sal hê nie.                                      (2)
                                                                                                    (6)

3.2      Die tabel hieronder toon die getal ernstige breinbeserings wat per 100 000
         mense per jaar in verskillende streke van die wêreld aangeteken is.

         STREKE VAN DIE WÊRELD                  GETAL ERNSTIGE BREINBESERINGS
                                                  (PER 100 000 MENSE PER JAAR)
         Latyns-Amerika                                         900
         VSA en Kanada                                         1 300
         Oos-Mediterreens                                       890
         Europa                                                1 010
         Afrika                                                 800

         3.2.1        Watter streek het die kleinste getal ernstige breinbeserings?                 (1)

         3.2.2        Verduidelik waarom hierdie data moontlik nie akkuraat is vir die
                      streek wat in VRAAG 3.2.1 genoem is nie.                                      (2)

         3.2.3        Trek 'n staafgrafiek om die data in die tabel voor te stel.                   (6)
                                                                                                    (9)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                           15                          DBE/November 2022
                                              NSS

3.3      Die diagram hieronder toon 'n deel van die menslike oor.

                                         A

                                                                                    B

                                             D                                       C

         3.3.1        Identifiseer deel C.                                                         (1)

         3.3.2        Noem EEN funksie van:

                     (a) Deel D                                                                    (1)

                     (b) Die reseptore wat in deel C aangetref word                                (1)

         3.3.3        Verduidelik waarom 'n opbou van oorwas by deel A tydelike
                      gehoorverlies tot gevolg kan hê.                                             (2)

         3.3.4        'n Dreineringspypie is 'n klein toestel wat lug in staat stel om in en
                      uit die middeloor te beweeg. Dit voorkom die opbou van druk in die
                      middeloor.

                      Verduidelik hoe die gebruik van dreineringpypies by die
                      behandeling van middeloorontstekings gehoorverlies voorkom.                  (4)

         3.3.5        Beskryf hoe die reseptore by deel B by die handhawing van balans
                      betrokke is wanneer daar veranderinge in die spoed en rigting van
                      beweging van die kop is.                                                     (4)
                                                                                                   (13)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         16                       DBE/November 2022
                                            NSS

3.4      Die dra van 'n gesigsmasker word aanbeveel om die verspreiding van die
         koronavirus te verminder. Daar is kommer oor die effektiwiteit van asemhaling
         wanneer 'n gesigsmasker gedra word.

         Wetenskaplikes het die invloed van die dra van gesigmaskers op die
         koolstofdioksiedvlakke in bloed ondersoek.

         Hulle het:

             Toestemming by 150 gesonde vrywilligers, 30 jaar oud, gekry om aan die
              ondersoek deel te neem
             'n Sensor op die vrywilligers se vel aangebring om die
              koolstofdioksiedvlakke in die bloed te meet
             Die vrywilligers gevra om:
              o Vir 10 minute stil te sit sonder om 'n gesigmasker te dra
              o Vir 10 minute stil te sit terwyl hulle 'n gesigmasker dra
              o Vir 10 minute oefeninge te doen sonder om 'n gesigmasker te dra
              o Vir 10 minute oefeninge te doen terwyl hulle 'n gesigmasker dra
             'n 15-minuut-pouse tussen elke 10-minuut-fase toegelaat
             Die koolstofdioksiedvlakke aan die einde van elke 10-minuut-fase
              aangeteken
             Seker gemaak dat die gesigmasker die neus en mond bedek

         3.4.1        Identifiseer die:

                      (a) Onafhanklike veranderlike                                           (1)

                      (b) Afhanklike veranderlike                                             (1)

         3.4.2        Noem TWEE faktore wat met die kies van die deelnemers in
                      aanmerking geneem is.                                                   (2)

         3.4.3        Gee EEN rede waarom die resultate aan die einde van hierdie
                      ondersoek as betroubaar beskou kan word.                                (1)

         3.4.4        Verduidelik waarom die wetenskaplikes tussen elke fase 'n
                      15-minuut-pouse toegelaat het.                                          (2)

         3.4.5        Gee 'n rede waarom die koolstofdioksiedvlakke gemeet is terwyl
                      die deelnemers stilgesit het.                                           (1)

         3.4.6        Beskryf die homeostatiese beheer van koolstofdioksied wanneer
                      dit hoog in bloed is.                                                   (7)
                                                                                              (15)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        17                          DBE/November 2022
                                           NSS

3.5      Lees die uittreksel hieronder.

         Ouksiene beheer verskillende aspekte van groei en ontwikkeling by plante.
         Dit is bekend dat dit die groei van stingels beïnvloed en dit stimuleer ook die
         ontwikkeling van nuwe wortels op steggies van stingels gedurende die
         voortplanting van plante.

         Tydens die voortplanting van plante word 'n stingel van 'n plant gesny en dan
         in water, wat klein hoeveelhede kunsmatige ouksiene bevat, geplaas. Die
         ouksiene stimuleer wortelontwikkeling in die steggies.

         3.5.1        Noem TWEE plekke in plante waar ouksiene geproduseer word.            (2)

         3.5.2        Noem TWEE maniere waarop ouksiene veroorsaak dat stingels
                      langer word.                                                          (2)

         3.5.3        Noem EEN ander planthormoon wat 'n toename in die lengte van
                      stingels veroorsaak.                                                  (1)

         3.5.4        Verduidelik hoe ouksiene by die voortplanting van plante tot
                      voordeel van natuurbewaring gebruik kan word.                         (2)
                                                                                            (7)
                                                                                            [50]

                                                               TOTAAL AFDELING B:           100
                                                                   GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2022-eng/c0ba0c20-6c29-4abe-aef0-baeb48113dd3) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2022-eng/47b0f5ad-d719-45e4-9408-1d076d3907c1) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2022-eng/88be2a14-1b51-47ea-bec4-810a3bbfd3b4) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2020-eng/81c455c0-136c-4dfc-a4ca-6899136e61c1) — Life Sciences · QP · 2020 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2019-eng/830f1c66-6246-4109-b897-0aceb3aff57f) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-afr/12a337df-bd94-4623-80e8-1f7baba2ce86) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
