# Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2023-afr/f2ca3562-6f3e-4dd9-86e8-a798800db97a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2023-afr/f2ca3562-6f3e-4dd9-86e8-a798800db97a)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                               GRAAD 12

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                        LEWENSWETENSKAPPE V1

                               NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                        2                          DBE/November 2023
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                              3                       DBE/November 2023
                                                 NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

         1.1.1       Watter EEN van die volgende dele beheer die hoeveelheid lig wat
                     die oog binnekom deur die grootte van die pupil te beïnvloed?

                     A     Sklera
                     B     Kornea
                     C     Retina
                     D     Iris

         1.1.2       Die funksie van die naelstringaar/umbilikale vena is om … te
                     vervoer.

                     A     koolstofdioksied van die fetus na die moeder
                     B     voedingstowwe van die fetus na die moeder
                     C     koolstofdioksied van die moeder na die fetus
                     D     voedingstowwe van die moeder na die fetus

         1.1.3       Die diagram hieronder verteenwoordig die gebeure wat tydens die
                     homeostatiese beheer van bloedglukose plaasvind.

                          Vlak van           Klier X      Vlak van           Vlak van
                         glukose in         neem die     hormoon Y          glukose in
                         bloed daal        verandering      styg            bloed styg
                                              waar

                     Watter EEN van die volgende verteenwoordig klier X en
                     hormoon Y?

                                         Klier X                  Hormoon Y
                     A                  Pankreas                   Glukagon
                     B                Pituïtêre klier              Glukagon
                     C                  Pankreas                    Insulien
                     D                Pituïtêre klier               Insulien

         1.1.4       Watter EEN van die volgende is KORREK ten opsigte van die
                     homeostatiese beheer van die konsentrasie koolstofdioksied in die
                     bloed?

                     A     Die longe het reseptore.
                     B     Hoë suurstofvlakke is die stimulus.
                     C     Asemhalingspiere is die effektore.
                     D     Die proses word deur die serebrum beheer.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          4                        DBE/November 2023
                                             NSS

         1.1.5       Die planthormone wat gebruik kan word om breëblaar-onkruid
                     dood te maak, is …

                     A    slegs absissiensuur.
                     B    absissiensuur en gibberelliene.
                     C    slegs ouksiene.
                     D    absissiensuur en ouksiene.

         1.1.6       'n Meisie wat na 'n motor kyk wat van haar af wegbeweeg, is in
                     staat om op die letters op die nommerplaat te fokus.

                     Watter EEN van die volgende veranderinge het in haar oë
                     plaasgevind?

                     A    Die suspensoriese/draagligamente het verslap.
                     B    Die siliêre spiere het ontspan.
                     C    Ligstrale is meer gebreek.
                     D    Die lens het meer konveks geword.

         1.1.7       Een van die eienskappe van 'n sperm wat veroorsaak dat dit
                     vinniger beweeg, is die …

                     A    ovaalvormige kop.
                     B    haploïede nukleus.
                     C    teenwoordigheid van ensieme in die akrosoom.
                     D    afwesigheid van 'n middelstuk.

         1.1.8       By 'n persoon wat aan versiendheid ly, ...

                     A    is die oogbal langer as normaal.
                     B    val ligstrale agter die retina.
                     C    word ligstrale meer deur die lens gebreek.
                     D    sal vêrafgeleë voorwerpe dof voorkom.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                             5                          DBE/November 2023
                                                                NSS

         1.1.9       Die grafiek hieronder toon die resultate van 'n ondersoek wat
                     gedoen is om die effek van ligintensiteit op die grootte van die pupil
                     vas te stel.

                                                       6

                                                       5

                              Grootte van pupil (mm)
                                                       4

                                                       3

                                                       2

                                                       1

                                                       0
                                                           1       2       3       4         5
                                                               Afstand vanaf ligbron (cm)

                     Watter EEN van die volgende stellings is 'n gevolgtrekking wat uit
                     die resultate gemaak kan word?

                     A       Soos die afstand vanaf die ligbron vergroot, neem die grootte
                             van die pupil toe.
                     B       Soos die afstand vanaf die ligbron verklein, neem die grootte
                             van die pupil toe.
                     C       Soos die grootte van die pupil toeneem, vergroot die afstand
                             vanaf die ligbron.
                     D       Soos die grootte van die pupil afneem, vergroot die afstand
                             vanaf die ligbron.

         1.1.10      Die volgende is 'n lys van gebeure wat in die vroulike liggaam
                     plaasvind:

                     (i)     Puberteit
                     (ii)    Ovulasie
                     (iii)   Ontwikkeling van die corpus luteum
                     (iv)    Oögenese
                     (v)     Verdikking van die endometrium

                     Watter EEN van die volgende is 'n kombinasie van gebeure wat
                     deur LH (luteïniseringshormoon) beïnvloed word?

                     A       (i), (ii), (iii), (iv) en (v)
                     B       Slegs (ii), (iii), (iv) en (v)
                     C       Slegs (ii) en (iii)
                     D       Slegs (iii)                                                           (10 x 2)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         6                          DBE/November 2023
                                            NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       'n Voortplantingstrategie waar die kleintjies voedingstowwe deur
                     die plasenta ontvang

         1.2.2       Die buis wat semen en urine na die buitekant van die liggaam
                     vervoer

         1.2.3       Die deel van die senuweestelsel wat uit kraniale (kop-) en spinale
                     (rugmurg-) senuwees bestaan

         1.2.4       Die vorm waarin 'n oormaat glukose in die lewer geberg word

         1.2.5       Die struktuur wat gedurende swangerskap as 'n mikrofilter dien

         1.2.6       Die gepigmenteerde deel van die oog wat oortollige lig absorbeer

         1.2.7       Die deel van 'n neuron wat 'n rol speel in die spoed waarteen 'n
                     senuwee-impuls gelei word

         1.2.8       Die deel van die manlike voortplantingstelsel wat sperms tydelik
                     berg, totdat hulle ryp is                                (8 x 1)          (8)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                           KOLOM I                              KOLOM II
         1.3.1       'n Proses wat vier volwasse      A: Oögenese
                     gamete by die mens vanaf 'n      B: Spermatogenese
                     enkele diploïede sel produseer
         1.3.2       'n Verdedigingsmeganisme wat     A: Dorings
                     plante teen herbivore beskerm    B: Chemikalieë
         1.3.3       Die senuwee wat impulse vanaf    A: Optiese senuwee/Oogsenuwee
                     die retina na die brein oordra   B: Gehoorsenuwee
                                                                              (3 x 2)          (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                               7                   DBE/November 2023
                                                  NSS

1.4      Die diagram hieronder verteenwoordig die menslike oor.

                                                        A

                                                                          B

                                  F
                                              E
                                                                                C
                                              D

         1.4.1       Identifiseer deel:

                     (a)   B                                                                  (1)

                     (b)   E                                                                  (1)

         1.4.2       Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

                     (a)   Met lug gevul is                                                   (2)

                     (b)   Die orgaan van Corti bevat                                         (2)

         1.4.3       Gee die LETTER van die deel:

                     (a)   Waar dreineringspypies ('grommets') ingeplant word                 (1)

                     (b)   Wat vibrasies versterk                                             (1)
                                                                                              (8)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                              8                     DBE/November 2023
                                                 NSS

1.5      Die diagram hieronder toon gebeure wat moontlik in 'n vrou se liggaam
         plaasvind.

                                             B
                                             C
                                                       C

           A                                     H
                                                                                     D

                           G

                                         F                    E

         1.5.1       Identifiseer struktuur:

                     (a)   B                                                                   (1)

                     (b)   D                                                                   (1)

                     (c)   E                                                                   (1)

         1.5.2       Noem die:

                     (a)   Proses wat by A plaasvind                                           (1)

                     (b)   Binnewand van die uterus waar struktuur E inplant                   (1)

         1.5.3       Noem die tipe seldeling wat by C plaasvind.                               (1)

         1.5.4       Hoeveel chromosome word normaalweg in H aangetref?                        (1)

         1.5.5       Identifiseer die ekstra-embrioniese membraan G.                           (1)
                                                                                               (8)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          9                           DBE/November 2023
                                             NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Tydens paring by sommige padda-spesies klim die mannetjie op die wyfie se
         rug en gryp haar met sy voorpote vas. Gedurende hierdie tyd sal die wyfie
         ongeveer 6 000 ova vrystel, terwyl die mannetjie sperms oor die ova uitstort.
         Hierdie paringsgedrag word ampleksus genoem.

                                                   Mannetjie

                                                   Wyfie

                                                                      Paddaeiers

         2.1.1       Noem die tipe bevrugting wat tydens voortplanting by paddas
                     plaasvind.                                                                  (1)

         2.1.2       Verduidelik waarom die bevrugte eiers van hierdie paddas nie op
                     land oorleef nie.                                                           (2)

         2.1.3       Verduidelik hoe ampleksus die kanse op bevrugting by paddas
                     verhoog.                                                                    (2)

         2.1.4       Verduidelik EEN ander strategie, vanuit die inligting hierbo, wat tot
                     die voortplantingsukses van die paddaspesie bydra.                          (2)
                                                                                                 (7)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          10                       DBE/November 2023
                                             NSS

2.2      Die diagram hieronder verteenwoordig die manlike voortplantingstelsel.

                                A

                           Prostaatklier

                                 B

         2.2.1       Noem:

                     (a)     Deel A                                                            (1)

                     (b)     Die hormoon wat deur B vrygestel word                             (1)

         2.2.2       Verduidelik EEN funksie van die vloeistof wat tydens voortplanting
                     deur die prostaatklier vrygestel word.                                    (2)

         2.2.3       Prostaatkanker is een van die algemeenste tipes kanker by mans.

                     Die tabel hieronder toon die getal mans per 100 000 mans van
                     verskillende ouderdomsgroepe, wat oor 'n tydperk van 14 jaar in 'n
                     sekere land met prostaatkanker gediagnoseer is.

                                                            GETAL
                       OUDERDOMSGROEP              PROSTAATKANKERGEVALLE
                                                      (PER 100 000 MANS)
                                  <49                          5
                                 50–54                        135
                                 55–59                        288
                                 60–64                        488
                                 65–69                        720
                                 70–74                        764
                                 75–79                        693
                                  >80                         473

                     (a)     Volgens die tabel, watter ouderdomsgroep van mans is meer
                             geneig om prostaatkanker te ontwikkel?                            (1)

                     (b)     Teken 'n histogram om die data vir mans vanaf die
                             ouderdomsgroep 60–64 tot die ouderdomsgroep 75–79 te
                             verteenwoordig.                                                   (6)
                                                                                               (11)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          11                        DBE/November 2023
                                             NSS

2.3      Lees die uittreksel hieronder.

                                  OVARIALE SISTE BY VROUE

         Ovariale siste is vloeistofgevulde strukture wat in die ovariums van sommige
         vroue ontwikkel. Die twee algemeenste tipes siste by vroue van
         voortplantingsouderdom is follikulêre siste en corpus luteum-siste.

         Follikulêre siste ontwikkel wanneer 'n Graafse follikel nie daarin slaag om oop
         te bars en die ovum vry te stel nie. Die follikel hou aan met groei as gevolg
         van voortdurende hormoonstimulasie.

         'n Corpus luteum-sist ontwikkel wanneer die corpus luteum nie degenereer
         nie, selfs al is 'n persoon nie swanger nie.

         Vroue toon dikwels geen simptome nie en die siste verdwyn, maar in skaars
         gevalle hou die ovariale siste aan om te vergroot. 'n Baie groot sist kan
         intense pyn veroorsaak en moontlik oopbars, wat tot inwendige bloeding lei.
         Sulke siste sal chirurgies verwyder moet word.

         2.3.1       Gee vanuit die uittreksel:

                     (a)   TWEE strukture in die ovarium wat in siste kan ontwikkel             (2)

                     (b)   TWEE simptome wat met baie groot siste geassosieer word              (2)

         2.3.2       Noem die hormoon:

                     (a)   Verantwoordelik vir die groei van die follikel onder normale
                           toestande                                                            (1)

                     (b)   Wat 'n hoë konsentrasie sal hê in die bloed van vroue by wie
                           follikulêre siste ontwikkel                                          (1)

         2.3.3       Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.2(b).                            (1)

         2.3.4       Verduidelik waarom 'n vrou nie sal kan swanger raak indien sy 'n
                     corpus luteum-sist het wat nie verdwyn nie.                                (5)
                                                                                                (12)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                 12                        DBE/November 2023
                                                    NSS

2.4      Die diagram hieronder verteenwoordig 'n gedeelte van die sentrale
         senuweestelsel van 'n mens.

                                                                                     A

                     Corpus
                     callosum

                                                                                     B
                            E
                                                 D

                                                C

         2.4.1        Identifiseer:

                      (a)       Deel C                                                                (1)

                      (b)       Klier E                                                               (1)

         2.4.2        Gee die LETTER van die deel wat willekeurige aksies beheer.                     (1)

         2.4.3        Beskryf die ligging van die corpus callosum.                                    (2)

         2.4.4        'n Leerder het tydens 'n rugbywedstryd 'n breinbesering opgedoen.
                      Hy kon steeds behoorlik asemhaal, maar hy het soms verlies van
                      geheue en balans ervaar.

                      Verduidelik waarom:

                      (a)       Die leerder steeds behoorlik kon asemhaal                             (2)

                      (b)       Dit moontlik is dat die besering deel B kon beïnvloed het             (2)

                      (c)       Die gehoor van die leerder ook as gevolg van die besering
                                aangetas kon wees                                                     (2)
                                                                                                      (11)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                              13                      DBE/November 2023
                                                 NSS

2.5      Die doeltreffendheid en spoed van die knieruk-reaksie is baie belangrik vir
         balans en beweging. Die stimulasie van die patella(knieskyf)-tendon, net
         onder die knieskyf (patella), veroorsaak die sametrekking en verslapping van
         die kwadriseps-spier in die bobeen.

         Die diagram hieronder verteenwoordig die refleksboog vir die knieruk-reaksie
         wat slegs EEN sinaps bevat. Die pyle dui die geleiding van senuwee-impulse
         aan.

                                Patella-tendon

                                                                         Sinaps

                     Kwadriseps-spier

         2.5.1         Wat is 'n refleksaksie?                                                   (2)

         2.5.2         Noem:

                       (a)   EEN rede waarom 'n sinaps belangrik is                              (1)

                       (b)   Die belangrikheid van die knieruk-reaksie                           (1)

         2.5.3         Beskryf die pad van die impuls in hierdie refleksboog om die
                       knieruk-reaksie te veroorsaak.                                            (5)
                                                                                                 (9)
                                                                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                            14                    DBE/November 2023
                                               NSS

VRAAG 3

3.1      Lees die uittreksel hieronder.

                                ALZHEIMERSIEKTE EN OEFENING

         Ouderdom en familiegeskiedenis is die bekende risikofaktore vir Alzheimer-
         siekte. Die algemeenste simptoom van Alzheimersiekte is 'n verergerende
         vermoë om nuwe inligting te onthou.

         Gereelde oefening mag help om die risiko vir die ontwikkeling van Alzheimer-
         siekte te verminder omdat dit bloedvloei na die brein kan bevorder en help om
         die volume van die hippokampus in stand te hou. Die hippokampus is diep in
         die serebrum geleë en speel 'n groot rol in leervermoë en oriëntasie.

         Wetenskaplikes het 'n ondersoek uitgevoer om vas te stel of gereelde
         oefening die kans op Alzheimersiekte by die mens verminder.

         Hulle het:
          37 vroulike deelnemers tussen die ouderdomme van 65 en 75 in 'n
            oefenprogram gebruik
          Deelnemers gebruik wat aan die begin van die ondersoek nie simptome
            van Alzheimersiekte getoon het nie
          Die ondersoek drie keer 'n week vir drie maande uitgevoer

         Die resultate het 'n verbetering in hoërorde-denkvermoë en 'n toename in
         bloedvloei na die serebrum getoon.

         3.1.1       Noem EEN verandering in die senuweeweefsel van die brein wat
                     Alzheimersiekte kan veroorsaak.                                          (1)

         3.1.2       Noem vanuit die uittreksel:

                     (a)   EEN simptoom van Alzheimersiekte                                   (1)

                     (b)   'n Genetiese risikofaktor                                          (1)

                     (c)   TWEE funksies van die hippokampus                                  (2)

         3.1.3       Noem TWEE faktore wat in gedagte gehou is toe die deelnemers vir
                     hierdie ondersoek uitgesoek is.                                          (2)

         3.1.4       Noem TWEE maniere waarop die wetenskaplikes                    die
                     betroubaarheid van hulle resultate verbeter het.                         (2)

         3.1.5       Verduidelik waarom hierdie ondersoek nie gebruik kan word om tot
                     die gevolgtrekking te kom dat oefening die risiko verminder om
                     Alzheimersiekte te kry nie.                                              (2)

         3.1.6       Verduidelik, vanuit die uittreksel, waarom daar verwag word dat
                     gereelde oefening die risiko vir Alzheimersiekte kan verminder.          (3)
                                                                                              (14)
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                          15                       DBE/November 2023
                                             NSS

3.2      Die diagram hieronder toon die ligging van die bynier in die menslike liggaam.

                                                   Bynier

                                                   X

         3.2.1       Identifiseer:

                     (a)   Orgaan X                                                            (1)

                     (b)   Die stelsel waaraan die bynier behoort                              (1)

         3.2.2       Noem TWEE eienskappe van die tipe kliere wat aan die stelsel
                     behoort wat in VRAAG 3.2.1(b) geïdentifiseer is.                          (2)

         3.2.3       Beskryf die interaksie tussen die bynier en orgaan X om
                     homeostase in stand te hou wanneer soutvlakke in die liggaam
                     laag is.                                                                  (5)

         3.2.4       Verduidelik die effek wat 'n afskeiding van die pituïtêre klier op
                     orgaan X sal hê wanneer 'n persoon dehidrasie ervaar.                     (5)
                                                                                               (14)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                                                   16                                DBE/November 2023
                                                                      NSS

3.3      'n Twaalfjarige seun het vir 45 minute aan fisiese oefening deelgeneem,
         gevolg deur 'n rusperiode van 15 minute. Die seun se veltemperatuur is
         gemeet en die resultate is aangeteken.

         Die diagram hieronder verteenwoordig die seun se vel voor oefening.

                                                                                               Q

                                                    P

         Die grafiek hieronder toon die veranderinge in veltemperatuur oor 'n tydperk.

                                                         Veltemperatuur oor 'n tydperk
                                     3838
                                                    37,4 (voor oefening)
                                      37,5
                                    37,5                                                                    36,9
                                                                                                    (ná 'n rusperiode)

               tempera (°C)
         Veltemperatuur
                                     3737

          Skin          ture (oC)
                                      36,5
                                    36,5
                                     3636
                                      35,5
                                    35,5
                                                                                35,4
                                     3535                                    (direk ná
                                      34,5                                   oefening)
                                    34,5
                                     3434
                                              Before exercise              Directly
                                                                             Tydperkafter          After a rest period
                                                                             exercise

         3.3.1                               Noem die:

                                             (a)   Homeostatiese meganisme               wat   die      verandering      in
                                                   veltemperatuur teweegbring                                                    (1)

                                             (b)   Deel van die brein wat verantwoordelik is vir die meganisme
                                                   wat in VRAAG 3.3.1(a) genoem is                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         17                          DBE/November 2023
                                            NSS

         3.3.2       Identifiseer die volgende dele vanaf die diagram:

                     (a)   P                                                                    (1)

                     (b)   Q                                                                    (1)

         3.3.3       Bereken die persentasie afname in die gemiddelde veltemperatuur
                     van die seun voor en direk ná oefening.
                     Toon ALLE bewerkings.                                                      (3)

         3.3.4       Verduidelik die rolle van deel P en Q in die verandering in
                     veltemperatuur van voor oefening tot direk ná oefening.                    (6)
                                                                                                (13)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                             18                       DBE/November 2023
                                                NSS

3.4      'n Ondersoek is gedoen om die effek van ouksiene op die groei van sytakke
         te bepaal. (Die verlenging van syknoppe lei tot die groei van sytakke.)
         Die prosedure was soos volg:
             Vier potplante (A, B, C en D) van dieselfde spesie is gebruik.
             Plant A is onbehandeld gelaat.
             Die eindknop van plant B is verwyder.
             Die eindknop van plant C is verwyder en met agarjellie ('n jellieagtige stof
              waardeur ander stowwe kan diffundeer) vervang.
             Die eindknop van plant D is verwyder en vervang met agarjellie wat
              ouksiene bevat.
             Die plante is aan dieselfde omgewingstoestande blootgestel.
             Die lengte van die syknoppe van elke plant is aan die begin van die
              ondersoek en weer ná drie weke gemeet.
         Die diagram hieronder toon die opstelling van die ondersoek aan die begin.

              Eind-         Posisie van                 Agar sonder      Agar met
              knop            syknop                     ouksiene        ouksiene

                      A                     B                C                D

         Die resultate word in die tabel hieronder getoon.

                                        Lengte van die syknoppe (mm)
                            Plant
                                       Aan die begin      Ná drie weke
                              A             7,0                7,3
                              B             6,9               10,4
                              C             7,2               10,3
                              D             7,1                7,2

         3.4.1        Vir hierdie ondersoek, noem die:

                      (a)     Onafhanklike veranderlike                                          (1)

                      (b)     Afhanklike veranderlike                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V1                         19                        DBE/November 2023
                                            NSS

         3.4.2       Verduidelik  waarom     al    die      plante    aan     dieselfde
                     omgewingstoestande blootgestel is.                                    (2)

         3.4.3       Verduidelik waarom agar sonder ouksiene in plant C gebruik is.        (3)

         3.4.4       Noem 'n gevolgtrekking vir hierdie ondersoek.                         (2)
                                                                                           (9)
                                                                                           [50]

                                                               TOTAAL AFDELING B:          100
                                                                   GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2023 isiXhosa](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-qp-sept2023-isixhosa/4bfbd428-d580-44bb-9e04-f4e5ad0bda53) — Life Sciences · QP · 2023 · isiXhosa
- [Life Sciences P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2022-eng/c0ba0c20-6c29-4abe-aef0-baeb48113dd3) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2020-eng/81c455c0-136c-4dfc-a4ca-6899136e61c1) — Life Sciences · QP · 2020 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2019-eng/830f1c66-6246-4109-b897-0aceb3aff57f) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-afr/12a337df-bd94-4623-80e8-1f7baba2ce86) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Life Sciences P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2018-eng/f78a2850-007f-41f2-9e3b-939d8311bf0d) — Life Sciences · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
