# Life Sciences Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2024-afr/97bc8313-4e8d-4283-ad69-6358c9e51d5c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2024-afr/97bc8313-4e8d-4283-ad69-6358c9e51d5c)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                               GRAAD 12

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                        LEWENSWETENSKAPPE V1

                               NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Lewenswetenskappe/V1                        2                          DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.       Beantwoord AL die vrae.

 2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

 3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

 4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

 5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

 6.       Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.

 7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

 8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
          NIE.

 9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
          waar nodig.

 11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Lewenswetenskappe/V1                            3                           DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
          (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.          Nov

          1.1.1        Die hormoon wat verantwoordelik is vir die regulering van die
                       soutinhoud in die menslike liggaam is …

                       A   testosteroon.
                       B   aldosteroon.
                       C   prolaktien.
                       D   glukagon.

          1.1.2        Watter EEN van die volgende is 'n stadium in menslike embrioniese
                       ontwikkeling?

                       A   Choroïed
                       B   Amnion
                       C   Morula
                       D   Chorion

          1.1.3        Wanneer die koolstofdioksiedvlak in die bloed bokant normaal styg,
                       sal die …
                       A   tempo en diepte van asemhaling daal/verlaag.
                       B   reseptorselle in die diafragma gestimuleer word.
                       C   hart stadiger klop.
                       D   reseptorselle in die karotis-arterie in die nek gestimuleer word.

          1.1.4        Watter EEN van die volgende veranderings vind onder die invloed
                       van adrenalien plaas?
                       A   'n Verhoogde toevoer van bloed na die skeletspiere
                       B   Verlaagde bloeddruk
                       C   Verlaagde spiertonus van skeletspiere
                       D   'n Verhoogde toevoer van bloed na die spysverteringstelsel

          1.1.5        'n Meisie is kaalvoet en trap op 'n doring, wat 'n refleksaksie
                       veroorsaak.

                       Watter EEN van die volgende dui die KORREKTE pad van die
                       refleksboog aan?

                       A   Pynreseptor  motoriese neuron  sensoriese neuron  beenspier
                       B   Voetspier  sensoriese neuron  motoriese neuron  pynreseptor
                       C   Voetspier  motoriese neuron sensoriese neuron pynreseptor
                       D   Pynreseptor  sensoriese neuron  motoriese neuron  beenspier

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Lewenswetenskappe/V1                                 4                    DBE/November 2024
                                                NSS Vertroulik

          1.1.6        Die diagram hieronder verteenwoordig 'n gedeelte van die menslike
                       oog.

                                                                 X

                                         Z
                                                                 Y

                       'n Toeskouer in 'n sokkerstadium sit 200 meter weg van die veld af.

                       Watter EEN van die volgende beskryf die toestand van strukture
                       X, Y en Z wanneer hy na die bal kyk wat in die middel van die veld
                       geplaas is?

                                   SPIER IN X             STRUKTUUR Y      DEEL Z
                       A           Ontspanne                  Slap      Meer konveks
                       B           Saamgetrek                 Slap      Minder konveks
                       C           Ontspanne                  Styf      Minder konveks
                       D           Saamgetrek                 Styf      Meer konveks

          1.1.7        Watter EEN van die volgende is betrokke by termoregulering?

                       A       Corpus callosum
                       B       Hipotalamus
                       C       Serebellum
                       D       Rugmurg

          1.1.8        Die volgende is 'n lys van faktore ten opsigte van 'n ontwikkelende
                       fetus:

                       (i)       Temperatuurregulering
                       (ii)      Beskerming
                       (iii)     Vrye beweging
                       (iv)      Voeding

                       Vir watter kombinasie van faktore is die amniotiese vloeistof
                       verantwoordelik?

                       A       Slegs (i), (ii) en (iii)
                       B       Slegs (i) en (iv)
                       C       Slegs (ii) en (iii)
                       D       (i), (ii), (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Lewenswetenskappe/V1                           5                         DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

          1.1.9        Die diagram hieronder toon 'n gedeelte van die menslike oor.

                               A

                                                               B

                                                               C

                       Watter EEN van die volgende vind plaas wanneer daar te veel golwe
                       in die inwendige oor is?

                       A   Druk word by A verlig
                       B   Druk word by C verlig
                       C   Druk word by B geabsorbeer
                       D   Druk word by A en C geabsorbeer

          1.1.10       Die diagramme hieronder verteenwoordig die oordrag van impulse
                       vanaf 'n struktuur in die inwendige oor na die brein.

                                      E
                                                                                       G
                                                           F
                                            J

                                                                                 H

                       Die senuwee-impulse vir balans word soos volg oorgedra:

                       A   J  F  H
                       B   E  F  H
                       C   E  F  G
                       D   J  F  G                                             (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Lewenswetenskappe/V1                          6                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 1.2      Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings.
          Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1        Die struktuur wat die fetus met die plasenta verbind

          1.2.2        Die gedeelte van die senuweestelsel wat uit simpatiese en
                       parasimpatiese afdelings bestaan

          1.2.3        Reseptore in die oor wat veranderings in spoed en rigting van
                       beweging van die kop waarneem

          1.2.4        Die gehoorbeentjie wat vibrasies na die ovale venster oordra

          1.2.5        Die groeireaksie van 'n plant in reaksie op swaartekrag

          1.2.6        Die deel in die inwendige oor waar die orgaan van Corti geleë is

          1.2.7        'n Planthormoon wat die ontkieming van sade stimuleer

          1.2.8        'n Struktuur in die kop van 'n spermsel wat ensieme bevat      (8 x 1)      (8)

 1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
          SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II
          nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
          (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                   KOLOM I                              KOLOM II
            1.3.1      Tree as 'n mikrofilter vir die            A: Plasenta
                       ontwikkelende fetus op                    B: Serviks
            1.3.2      Die deel van die brein wat                A: Corpus callosum
                       hartkloptempo beheer                      B: Medulla oblongata
            1.3.3      Die area op die retina waar daar geen     A: Blindevlek
                       stafies of keëltjies is nie               B: Kornea
                                                                                  (3 x 2)          (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Lewenswetenskappe/V1                          7                          DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 1.4      Die diagram hieronder verteenwoordig die vooraansig van die menslike
          manlike voortplantingstelsel.

                                                                     Blaas

                                                                     A

                                                                     B

                        E                                            C

                        D

          1.4.1        Gee die LETTER en NAAM van die struktuur wat:

                       (a) Deel vorm van beide die urinêre- en voortplantingstelsels              (2)

                       (b) Sperm tydelik berg                                                     (2)

                       (c) Testosteroon afskei                                                    (2)

          1.4.2        Identifiseer:

                       (a)   Deel A                                                               (1)

                       (b)   Die tipe gametogenese wat in deel E plaasvind                        (1)
                                                                                                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Lewenswetenskappe/V1                         8                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 1.5      Die diagram hieronder verteenwoordig sommige strukture wat by homeostase
          in die menslike liggaam betrokke is.

                                              A

                                                                           Deel van
                                                                           die vel

                                                      D   C            B
              F

                                                  E

          1.5.1        Skryf die LETTERS neer van die dele wat slegs as endokriene kliere
                       dien.                                                                    (2)

          1.5.2        Gee die LETTERS en NAME van die dele wat vir die regulering van
                       liggaamstemperatuur verantwoordelik is.                                  (4)

          1.5.3        Noem die volgende in verband met die regulering van waterinhoud
                       in die bloed:

                       (a) Hormoon wat deur deel A afgeskei word                                (1)

                       (b) Teikenorgaan E                                                       (1)
                                                                                                (8)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Lewenswetenskappe/V1                             9                         DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1      Die diagram hieronder             verteenwoordig   'n   deel   van   die    vroulike
          voortplantingstelsel.

                       A

                  C                                                      Endometrium

                                                              B

          2.1.1        Identifiseer deel:

                       (a) A                                                                        (1)

                       (b) B                                                                        (1)

          2.1.2        Gee TWEE:

                       (a) Eienskappe van die endometrium wat dit vir inplanting geskik
                           maak                                                                     (2)

                       (b) Sigbare redes waarom daar 'n verhoogde kans op bevrugting
                           by hierdie vrou is                                                       (2)

          2.1.3        Identifiseer en beskryf die tipe gametogenese wat tot die vorming
                       van struktuur C lei.                                                         (6)

          2.1.4        Tydens 'n ektopiese swangerskap kan die bevrugte ovum by deel A
                       inplant. Dit lei normaalweg tot die dood van die embrio en kan die
                       moeder se lewe in gevaar stel.

                       Verduidelik waarom 'n ektopiese swangerskap die dood van 'n
                       embrio tot gevolg kan hê.                                                    (3)
                                                                                                    (15)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Lewenswetenskappe/V1                         10                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 2.2      Die tabel hieronder toon die vlakke van twee hormone gedurende die
          menstruele siklus van 'n gesonde vrou.

                         DAG VAN    VLAK VAN   VLAK VAN
                        MENSTRUELE ESTROGEEN PROGESTEROON
                          SIKLUS     (pg/mℓ)     (ng/mℓ)
                             4          55        0,23
                             8          70        0,03
                            10         280        0,03
                            12         300        0,03
                            14         140         3,0
                            16         110        12,5
                            20          80        15,0
                            24          70         5,0
                            28          65         0,8

          2.2.1        Op watter dag van hierdie menstruele siklus is die vlak van
                       progesteroon die hoogste?                                                (1)

          2.2.2        Noem die voortplantingshormoon wat vanaf dag 24 van hierdie vrou
                       se menstruele siklus sal begin toeneem.                                  (1)

          2.2.3        Gebruik data in die tabel om jou antwoord op VRAAG 2.2.2 te
                       verduidelik.                                                             (2)

          2.2.4        Bereken die persentasie toename in die estrogeenvlak vanaf dag 8
                       tot dag 10. Toon AL jou bewerkinge.                                      (3)

          2.2.5        Hoe sou die progesteroonvlak ná dag 20 verskil het indien hierdie
                       vrou swanger was?                                                        (1)

          2.2.6        Verduidelik wat die verandering in die progesteroonvlak, genoem in
                       VRAAG 2.2.5, veroorsaak.                                                 (2)
                                                                                                (10)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Lewenswetenskappe/V1                          11                          DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 2.3      Lees die gedeelte hieronder.

                  KATARAKTE – DIE ALGEMEENSTE OORSAAK VAN BLINDHEID

          Katarakte word hoofsaaklik gevorm wanneer proteïenstrukture in die lens van
          die oog begin disintegreer en klonte vorm. Katarakte is die algemeenste
          oorsaak van blindheid en die hoofoorsaak van verlies aan sig by mense ouer
          as 40 jaar.

          Twee tipes katarakte wat voorkom, is nukluêre katarakte en subkapsulêre
          katarakte. By nukluêre katarakte vorm die katarakte in die sentrale gedeelte
          van die lens en sprei geleidelik uitwaarts. By subkapsulêre katarakte ontwikkel
          die katarakte aan die agterkant van die lens en dit is die algemeenste by mense
          met diabetes.

          2.3.1        Volgens die gedeelte, watter tipe katarak word met 'n afwyking van
                       die pankreas geassosieer?                                                 (1)

          2.3.2        Gebruik inligting in die gedeelte om te verduidelik waarom katarakte
                       'n verlies aan sig veroorsaak.                                            (5)
                                                                                                 (6)

 2.4      'n Man is versiende.

          Verduidelik hoe:

          2.4.1        Die struktuur van sy oogbal sy sig affekteer wanneer hy 'n boek
                       sonder 'n bril lees                                                       (3)

          2.4.2        Die dra van 'n bril met konvekse lense sy sig sal verbeter wanneer
                       hy 'n boek lees                                                           (2)
                                                                                                 (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Lewenswetenskappe/V1                         12                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 2.5      Die diagramme hieronder verteenwoordig 'n neuron met 'n miëlienskede
          (gemiëlineerd) en 'n neuron sonder 'n miëlienskede (ongemiëlineerd).
          (Die diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE.)

                     Neuron met 'n                          Neuron sonder 'n
                     miëlienskede                            miëlienskede

                                                                                    B

                                  Miëlienskede

                                                             A

                                                                                C

          2.5.1        Identifiseer die tipe neuron wat in die diagramme getoon word.            (1)

          2.5.2        Gee EEN sigbare rede vir jou antwoord op VRAAG 2.5.1.                     (1)

          2.5.3        Beskryf die funksie van die tipe neuron wat in VRAAG 2.5.1
                       geïdentifiseer is.                                                        (3)

          2.5.4        Gebruik die letters A, B en C om die rigting waarin 'n impuls deur
                       die neuron beweeg, aan te dui.                                            (2)

          2.5.5        Noem die afwyking wat met degenerasie van die miëlienskedes
                       van neurone geassosieer word.                                             (1)
                                                                                                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Lewenswetenskappe/V1                                              13                                                  DBE/November 2024
                                                             NSS Vertroulik

 2.6       In die menslike liggaam het die aksons van gemiëlineerde neurone baie kleiner
           deursneë as die aksons van ongemiëlineerde neurone.

           Die grafieke hieronder toon die spoed van senuwee-impulse in gemiëlineerde
           neurone en in ongemiëlineerde neurone met verskillende aksondeursneë.

                                        Gemiёlineerde neuron                                             Ongemiёlineerde neuron
                              140                                                                 35

                              120                                                                 30

          Impulsspoed (m/s)                                                   Impulsspoed (m/s)
                              100                                                                 25

                               80                                                                 20

                               60                                                                 15

                               40                                                                 10

                               20                                                                  5

                                0                                                                  0
                                    5   10    15   20   25    30                                       200    400   600    800   1000 1200
                                        Aksondeursnee (µm)                                                   Aksondeursnee (µm)

           2.6.1                        Gee die aksondeursnee (in µm) waar 'n impuls teen 20 m/s beweeg
                                        in:

                                        (a)   'n Gemiëlineerde neuron                                                                          (1)

                                        (b)   'n Ongemiëlineerde neuron                                                                        (1)

           2.6.2                        Gebruik die grafieke om die volgende te beskryf:

                                        (a)   Verskil in impulsspoed vir gemiëlineerde en ongemiëlineerde
                                              neurone                                                                                          (2)

                                        (b)   Verwantskap tussen aksondeursnee en impulsspoed                                                  (2)
                                                                                                                                               (6)
                                                                                                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Lewenswetenskappe/V1                          14                               DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 3

 3.1      Die gedeelte hieronder beskryf die broeigewoontes van aasvoëls.

          Aasvoëls is predatore wat op die vleis van dooie diere voed.

          'n Vroulike aasvoël lê slegs een tot twee bevrugte eiers wat dan tydens
          inkubasie deur beide ouers beskerm word. Inkubasie is die tydperk vandat die
          eier gelê is totdat dit uitbroei. Aasvoëls het 'n kort inkubasietydperk van 32
          tot 45 dae. Hierdie kort inkubasietydperk is tipies van voëls wat altrisiële
          ontwikkeling toon. Nadat die eiers uitgebroei het, voer die ouers die jong
          kuikens so veel as 20 keer per dag.

          3.1.1        Gee EEN rede in die gedeelte waarom aasvoëls:

                       (a)   As ovipaar beskou word                                                   (1)

                       (b)   'n Hoë oorlewingskoers het selfs al word net 'n paar eiers gelê          (1)

          3.1.2        Bevrugting by aasvoëls vind inwendig plaas.

                       Noem TWEE voordele van inwendige bevrugting.                                   (2)

          3.1.3        Noem TWEE eienskappe van kuikens wat altrisiële ontwikkeling
                       toon.                                                                          (2)

          3.1.4        Verduidelik waarom voëls           met   altrisiële   ontwikkeling    kort
                       inkubasietydperke het.                                                         (2)
                                                                                                      (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Lewenswetenskappe/V1                             15                     DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

 3.2      Die diagramme hieronder verteenwoordig die pupilmeganisme in die menslike
          oog.

                             DIAGRAM A                        DIAGRAM B

               X
               Y

          3.2.1        Identifiseer deel:

                       (a)   X                                                                 (1)

                       (b)   Y                                                                 (1)

          3.2.2        Verduidelik hoekom die pupilmeganisme as 'n refleksaksie beskou
                       word.                                                                   (3)

          3.2.3        Noem die TWEE effektorspiere wat by die pupilmeganisme betrokke
                       is.                                                                     (2)

          3.2.4        Verduidelik die betekenis van die verandering in die deursnit van
                       deel X van diagram A na diagram B.                                      (4)
                                                                                               (11)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Lewenswetenskappe/V1                         16                            DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

 3.3      'n Ondersoek is gedoen om die effek van insulien op bloedglukosevlakke vas
          te stel.

          Die prosedure was soos volg:

                Twee groepe van tien mense elk is gekies.
                Een van die groepe het uit gesonde individue bestaan en die tweede
                 groep, wat as 'n kontrole gedien het, het uit mense met diabetes bestaan.
                Elke groep het 75 g glukose gekry om in te neem.
                Hulle bloed is weer na 60 en 90 minute getoets om die vlakke van glukose
                 en insulien te bepaal.

          LET WEL:
             Die normale vlak van glukose in die bloed is tussen 3,9 mmol/ℓ en
              5,6 mmol/ℓ.
             Die normale vlak van insulien in die bloed, 60 minute nadat glukose
              ingeneem is, is tussen 18 mU/ℓ en 276 mU/ℓ.

          Die resultate word in die tabel hieronder aangeteken.

                                                      GROEP X             GROEP Y
              Tyd na glukose-inname
                                                  0      60     90    0       60     90
              (minute)
              Gemiddelde vlak van glukose
                                                 6,8     8,9   8,7   4,5     6,2     4,5
              in bloed (mmol/ℓ)
              Gemiddelde vlak van insulien
                                                  4      2      2     8     142     108
              in bloed (mU/ℓ)

          3.3.1        Noem die doel van die kontrolegroep in hierdie ondersoek.                   (2)

          3.3.2        Beskryf TWEE maniere waarop insulien bloedglukosevlakke laat
                       afneem.                                                                     (4)

          3.3.3        Watter groep (X of Y) bestaan uit gesonde individue?                        (1)

          3.3.4        Gebruik data in die tabel om jou antwoord op VRAAG 3.3.3 te
                       verduidelik.                                                                (3)
                                                                                                   (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Lewenswetenskappe/V1                          17                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

 3.4      Die vloeidiagram hieronder toon die homeostatiese beheer van tiroksien in die
          menslike liggaam.

                                            Minder TSH

                                        Vlak van tiroksien (X)
                                                                           PITUÏTÊRE
                     KLIER Y
                                                                            KLIER
                                         Vlak van tiroksien (Z)

                                            Meer TSH

          3.4.1        Identifiseer:

                       (a)   Die tipe interaksie wat deur die diagram verteenwoordig word          (1)

                       (b)   Klier Y                                                               (1)

                       (c)   Die afwyking wat deur die vergroting van klier Y gekenmerk
                             word                                                                  (1)

          3.4.2        Noem EEN funksie van tiroksien.                                             (1)

          3.4.3        Beskryf die rol van die pituïtêre klier om die vlak van tiroksien by X
                       te herstel.                                                                 (4)

          3.4.4        Verduidelik waarom 'n voortdurende onderafskeiding van tiroksien
                       tot 'n toename in liggaamsmassa kan lei.                                    (2)
                                                                                                   (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Lewenswetenskappe/V1                           18                          DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

 3.5      'n Ondersoek is uitgevoer om die effek van ouksiene op tropisme by plante vas
          te stel.
          Die ondersoek is soos volg uitgevoer:
              Twaalf plante van dieselfde spesie is in drie groepe (groep A, B en C), van
               vier plante elk, verdeel.
              Al die plante is tydens die ondersoek vir 72 uur in die donker gehou.
              Die groeipunte van groep A het geen behandeling ontvang nie.
              Die groeipunte van groep B is afgesny en vervang met 'n stukkie agar wat
               ouksiene bevat het (agar is 'n jellieagtige stof waardeur ander stowwe kan
               diffundeer).
              Die groeipunte van groep C is afgesny en vervang met 'n stukkie agar
               sonder ouksiene.
          Die diagram hieronder toon hoe die groeipunte van die drie groepe behandel
          is.

                                          Agar wat           Agar sonder
                                        ouksiene bevat        ouksiene

                                 Groep A       Groep B       Groep C

          3.5.1        Gee vir hierdie ondersoek:
                       (a)   Die onafhanklike veranderlike                                      (1)
                       (b)   TWEE veranderlikes wat gekontroleer is                             (2)
          3.5.2        Gee die verwagte resultate van die plante in:
                       (a)   Groep A                                                            (1)
                       (b)   Groep C                                                            (1)
          3.5.3        Hoe is die betroubaarheid van hierdie ondersoek verseker?                (2)
          3.5.4        Die stingels van die plante in groep B het ná 72 uur na die regterkant
                       toe gebuig.
                       Verduidelik hierdie resultate.                                           (4)
                                                                                                (11)
                                                                                                [50]
                                                                   TOTAAL AFDELING B:           100
                                                                       GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr 12 Life Sciences P1 (English) 2024 Question Paper X05](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-p1-english-2024-question-paper-x05/14c6bb83-399b-4f65-858d-915e1e99c43f) — Life Sciences · QP · 2024 · Eng
- [Gr 12 Life Sciences P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-p1-english-june-2024-question-paper/4fc6ccbd-0c7e-4401-885a-2cf93f82dfd5) — Life Sciences · QP · 2024 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR12 SEPT2024 English](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr12-sept2024-english/fa4befb2-edb6-4abd-ab23-dadee10f33fc) — Life Sciences · Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Life Sciences P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-p1-english-2024-possible-answers/f92ba3f0-2aa9-4a93-8230-8fa1e37eb2c9) — Life Sciences · Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Life Sciences (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-english-june-2024-question-paper/bcc5f9b8-cec0-4ce9-b98f-a2f48f66b8c4) — Life Sciences · QP · 2024 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2023 isiXhosa](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-qp-sept2023-isixhosa/4bfbd428-d580-44bb-9e04-f4e5ad0bda53) — Life Sciences · QP · 2023 · isiXhosa

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
