# Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr11-nov-2018-afrikaans/4378a48e-ae2c-4d16-aafc-72b40a9cf733
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr11-nov-2018-afrikaans/4378a48e-ae2c-4d16-aafc-72b40a9cf733)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov-2018-afrikaans/7839a03f-5438-4e0c-801b-89ccb1dd7577) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                     NOVEMBER 2018

                  LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    LEWENSWETENSKAPPE V1                (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
        hierdie vraestel gebruik is.

 5.     Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

 6.     ALLE sketse moet in potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
        swart ink.

 7.     Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra
        word.

 8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
        geteken NIE.

 9.     MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
        gebruik waar nodig.

 11.    Rond alle berekeninge af tot twee desimale na die komma.

 12.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                                                          LEWENSWETENSKAPPE V1                                                                                     3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
     Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) van jou keuse langs
     die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
     1.1.11 D.

       1.1.1                         Koolstofdioksied word hoofsaaklik in die bloed as ... vervoer.

                                     A    karbaminohemoglobien
                                     B    koolsuur in die eritrosiete
                                     C    bikarbonaatione in die rooibloedselle
                                     D    gasborrels in die bloedplasma

       1.1.2                         Die bloed wat die lewer verlaat, bevat ... in vergelyking met die bloed
                                     wat die lewer binnekom.

                                     A    minder glukose
                                     B    meer suurstof
                                     C    meer glukose
                                     D    minder ureum

       1.1.3                         Die grafieke hieronder (A, B, C en D) verteenwoordig die verwantskap
                                     tussen die tempo van fotosintese en temperatuur.

                                         A                                         B                                        C                                         D

                                                  Tempo van fotosintese                      Tempo van fotosintese                      Tempo van fotosintese
       Tempo van fotosintese

                                  20 40 60                                   20   40 60                                20   40   60                                20 40 60
                                   0
                               Temperatuur (°C)                           Temperatuur (°C)                           Temperatuur (°C)                           Temperatuur (°C)

                                     Watter EEN van die grafieke (A, B, C of D) verteenwoordig die korrekte
                                     verhouding tussen die temperatuur en die tempo van fotosintese?

                                     A    D
                                     B    A
                                     C    B
                                     D    C

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    LEWENSWETENSKAPPE V1                  (EC/NOVEMBER 2018)

      1.1.4    Die volgende komponente is betrokke by selrespirasie:
               (i)     Energie
               (ii)    Koolhidrate
               (iii)   Koolstofdioksied
               (iv)    Water
               (v)     Suurstof
               Watter EEN van die volgende kombinasies toon die korrekte manier
               waarop die komponente betrokke is?
               A       (ii) + (iii)  (i) + (iv) + (v)
               B       (ii) + (iv)  (i) + (iii) + (v)
               C       (i) + (ii)  (iii) + (iv) + (v)
               D       (ii) + (v)  (i) + (iii) + (iv)
      1.1.5    E. coli bakterieë wat in die kolon van die menslike spysverteringstelsel
               leef, is ŉ voorbeeld van ...
               A       parasitisme.
               B       mutualisme.
               C       kompetisie.
               D       kommensalisme.
      1.1.6    Prikkelbare derm-sindroom (PDS) is ŉ mediese term wat ŉ siekte van
               die spysverteringstelsel beskryf. Simptome kom gewoonlik voor nadat
               sekere kosse of drankies ingeneem is. Dit kan skielike en ernstige
               diarree veroorsaak.

               Watter gevolg kan dit vir ŉ persoon hê?
               A       Te veel water en voedingstowwe sal in die spysverteringskanaal
                       geabsorbeer word
               B       Te min water sal geabsorbeer word, maar die voedingstowwe sal
                       geabsorbeer word
               C       Te min voedingstowwe sal geabsorbeer word, maar water sal
                       geabsorbeer word
               D       Te min water en voedingstowwe sal geabsorbeer word

      1.1.7    Die volgorde van plant-suksessie op ŉ kaal stuk grond word hieronder
               beskryf:
               (i)   Bome begin groei
               (ii)  Mosse en ligene (korsmosse) groei en vorm grond wanneer hulle
                     doodgaan
               (iii) Grondlaag raak dikker en klein struike begin groei
               (iv) Grond ontwikkel waarin grasse en klein plantjies groei
               Watter volgorde, wat hieronder gelys word, sal aanleiding gee tot die
               vestiging van ŉ stabiele klimaksgemeenskap?
               A       (i)(ii) (iv)(iii)
               B       (ii) (i) (iv)(i)
               C       (ii)(iv)(iii)(i)
               D       (ii)(iii)(iv)(i)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                       5

       1.1.8    ŉ Eksperiment is opgestel om te bepaal (ondersoek) of suurstof tydens
                fotosintese vrygestel word. Die resultaat van die eksperiment word in die
                volgende diagram voorgestel.

                        Klokglas A                                 Klokglas B

                            Na ŉ kort tydjie het               Die kers bly vir ŉ langer
                           die kers doodgegaan                      tydperk brand

                Die volgende afleidings is gemaak voordat jy tot die finale gevolgtrekking
                gekom het.

                (i)      Fotosintese verminder die hoeveelheid CO2 in klokglas B
                (ii)     Die suurstof in klokglas A is heeltemal opgebruik en die
                         verbranding is nie onderhou nie
                (iii)    Fotosintese verhoog die hoeveelheid suurstof in klokglas B
                (iv)     Die waterdamp, wat tydens verbranding in klokglas A geproduseer
                         is, het die brandende kers uitgedoof (geblus)

                Watter EEN van die volgende stel afleidings is korrek?

                A        Slegs (i) en (iv)
                B        Slegs (i), (ii) en (iii)
                C        Slegs (i), (iii) en (iv)
                D        Slegs (iii) en (iv)

       1.1.9    Watter EEN van die volgende verteenwoordig ŉ voorbeeld van die
                afwesigheid van sosiale organisasie, waar die kanse op oorlewing
                verminder word?

                A        Verdeling van arbeid in ŉ byekorf
                B        ŉ Skool visse beweeg in verskillende formasies
                C        ŉ Roofdier jag alleen
                D        ŉ Alfa-mannetjie in ŉ leeutrop is die enigste een wat met die wyfies
                         paar

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2018)

      1.1.10    ŉ Kind word na die hospitaal geneem en met ŉ vorm van wanvoeding
                gediagnoseer. Tydens ŉ verdere ondersoek het dokters ontdek dat
                die kind slegs mieliemeel as voedsel gebruik het. Aan watter tipe
                wanvoeding gaan hierdie kind hoofsaaklik ly?

                A      Anoreksie
                B      Kwasjiorkor
                C      Marasmus
                D      Bulimie                                                 (10 x 2)    (20)

 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
     slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.9) in die
     ANTWOORDEBOEK neer.

      1.2.1     ŉ Soort wanvoeding waartydens die persoon groot hoeveelhede hoë-
                energie kos verbruik

      1.2.2     Die vorm waarin oortollige glukose in ŉ plant geberg word

      1.2.3     Verskillende bevolkings wat in ŉ bepaalde gebied voorkom

      1.2.4     Die eenrigting beweging van organismes uit ŉ bevolking na ŉ nuwe
                gebied

      1.2.5     Die anaërobiese respirasie wat in gisselle voorkom

      1.2.6     Die tipe energie wat deur chlorofil geabsorbeer word

      1.2.7     Die tipe verhouding tussen twee organismes waar die een die ander
                heeltemal uitkompeteer

      1.2.8     Die tipe kompetisie tussen lede van verskillende spesies

      1.2.9     Die posisie wat ŉ organisme in ŉ ekosisteem beklee               (9 x 1)   (9)

 1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
     SLEGS B, BEIDE A EN B of GEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs
     A, slegs B, beide A en B of geen langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.3) in die
     ANTWOORDEBOEK neer.

                     KOLOM І                                  KOLOM ІІ
      1.3.1    Stowwe wat verteer moet          A:   Aminosure
               word voor opname                 B:   Glukose
      1.3.2    Grondstowwe wat                  A:   Suurstof
               noodsaaklik is vir fotosintese   B:   Koolstofdioksied
      1.3.3    Voorbeelde van mutualisme        A:   Stikstofbindende bakterieë op
                                                     die wortels van peulgewasse
                                                B:   Suigmossels op walvisse
                                                                              (3 x 2)      (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                LEWENSWETENSKAPPE V1                                          7

 1.4    Die volgende diagramme verteenwoordig ondersoeke wat betrokke is by ŉ
        proses wat in groen plante plaasvind. Die plante/blare wat deur A en C
        voorgestel word was aan sonlig vir 4–5 ure blootgestel.

                                                                           wit area
                                              B
                                                              groen area
                              Aluminium
                              foelie-papier

                     A
                                                                                C

        1.4.1    Watter ondersoek (A, B of C) is opgestel om te toets vir die volgende?

                 (a)     Chlorofil is nodig vir fotosintese                                     (1)

                 (b)     Lig word vir fotosintese benodig                                       (1)

                 (c)     Suurstof word tydens fotosintese geproduseer                           (1)

        1.4.2    Gee die LETTER van die ondersoek wat nie ŉ kontrole toon nie.                  (1)

        1.4.3    Watter ondersoek(e) benodig ŉ chemikalie om te toets of fotosintese
                 plaasgevind het?                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               LEWENSWETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2018)

 1.5   Die diagram hieronder toon ŉ diagrammatiese voorstelling van die
       spysverteringstelsel.

                                          Mond

                                                            X

                                          Maag

                      P                 Dunderm                 Q

                                        Dikderm

       1.5.1    Noem die deel van die spysverteringskanaal wat deur X voorgestel
                word.                                                                      (1)

       1.5.2    Deur watter proses beweeg voedsel deur struktuur X?                        (1)

       1.5.3    Noem die kliere P en Q wat hul afskeidings in die dunderm vrystel.         (2)

       1.5.4    Noem die deel van die spysverteringskanaal waar die vertering van
                proteïene begin.                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               LEWENSWETENSKAPPE V1                                    9

 1.6    Die onderstaande diagram verteenwoordig die struktuur van ŉ chloroplast.

                                                                               A

                                                                                B

                                                                                C

                                                                                D

        1.6.1    Identifiseer:

                 (a)   Deel C                                                            (1)

                 (b)   Struktuur D                                                       (1)

        1.6.2    Gee die funksie van die deel gemerk A.                                  (1)

        1.6.3    Noem die deel wat slegs in die lig aktief sal wees.                     (1)

                                                              TOTAAL AFDELING A:         50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2018)

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    Die onderstaande tabel toon ŉ vergelyking tussen die vrugbaarheidsyfers van
        mense in ontwikkelde en ontwikkelende lande vanaf 1950 tot 2010.

                Jaar           Ontwikkelde lande           Ontwikkelende lande
                1950                   2,8                           6,1
                1960                   2,7                           6,1
                1970                   2,2                           5,4
                1980                   2,0                           4,1
                1990                   2,0                           3,4
                2000                   2,0                           3,0
                2010                   2,1                           2,7

        2.1.1    Definieer die term vrugbaarheidskoers.                                    (2)

        2.1.2    Beskryf die tendens/neiging in die vrugbaarheidskoerse van beide
                 ontwikkelde en ontwikkelende lande.                                       (3)

        2.1.3    Gee enige TWEE moontlike redes vir die tendens/neiging in die
                 vrugbaarheidskoerse in VRAAG 2.1.2 genoem.                                (2)

        2.1.4    As die tendens in ontwikkelde lande voortduur, verduidelik die
                 moontlike uitwerking op hul ekonomieë oor die volgende 60 jaar.           (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)                 LEWENSWETENSKAPPE V1                                       11

 2.2    Die onderstaande diagram toon die struktuur van die menslike urienstelsel.

                C
                                                                       D

              B

                A

                                                                       E

        2.2.1       Gee byskrifte vir die volgende dele:

                    (a)   A                                                                     (1)

                    (b)   B                                                                     (1)

                    (c)   E                                                                     (1)

        2.2.2       Gee EEN verskil tussen die samestelling van bloed in C en D.                (2)

        2.2.3       Die deel gemerk B bestaan uit miljoene mikrobuisies wat nefrone
                    genoem word waar bloed gefiltreer en gesuiwer word. ŉ Deel van die
                    nefron is die Malpighi-liggaampie.

                    Teken 'n diagram met byskrifte van ŉ Malpighi-liggaampie.                   (4)

        2.2.4       Die vloei van urien in die urienblaas kan in die deel gemerk A
                    geblokkeer word. Die blokkasie veroorsaak ernstige pyn en moontlike
                    infeksie.

                    (a)   Wat is die moontlike oorsaak van die blokkasie van urien in die
                          deel gemerk A?                                                        (1)

                    (b)   Gee ŉ moontlike voorkomende maatreël om sulke blokkasies
                          in die urienstelsel te vermy.                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 LEWENSWETENSKAPPE V1                          (EC/NOVEMBER 2018)

 2.3    ŉ Ondersoek is uitgevoer om die aantal sprinkane in ŉ mielieveld te bereken.
        Vyftig sprinkane is in klein hokke gevang, met klein kolletjies gemerk en toe
        weer vrygelaat. Twee weke later is 96 sprinkane gevang en 8 van hulle het
        kolletjies op hulle gehad.

        2.3.1       Watter metode is gebruik om die bevolkingsgrootte te bepaal?                 (1)

        2.3.2       Bereken die geskatte aantal sprinkane in die mielieveld deur die
                    onderstaande formule te gebruik. Toon alle berekeninge.

                                                       MxC
                                                  P=                                             (3)
                                                         R

        2.3.3       Noem TWEE maniere waarop die akkuraatheid van hierdie ondersoek
                    verbeter kan word.                                                           (2)

 2.4    Die onderstaande diagram toon ŉ struktuur wat met die spysverteringstelsel
        geassosieer word.

                                                               A
                                                               B

                D

                                                              C

        2.4.1       Identifiseer die struktuur wat in die diagram getoon word.                   (1)

        2.4.2       Noem die volgende dele:

                    (a)   A                                                                      (1)

                    (b)   B                                                                      (1)

        2.4.3       In watter deel van die spysverteringskanaal word hierdie struktuur
                    aangetref?                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               LEWENSWETENSKAPPE V1                                      13

        2.4.4    Verduidelik TWEE strukturele aanpassings van die deel genoem in
                 VRAAG 2.4.3 wat dit in staat stel om sy funksies te verrig.                 (4)

        2.4.5    In watter deel (C of D) sal jy verwag om meer voedingstowwe te kry?         (1)

        2.4.6    Verduidelik jou antwoord in VRAAG 2.4.5.                                    (2)

        2.4.7    Ingewandsiekte/Seliaksiekte (‘Coeliac disease’) is ŉ siekte wat die
                 menslike liggaam laat reageer op gluten (ŉ proteïen wat in koring, rog,
                 gars en grane voorkom). Die reaksie van die immuunstelsel beskadig
                 uiteindelik die strukture wat in die diagram hierbo geïllustreer word.

                 Verduidelik die uitwerking van hierdie siekte op die menslike liggaam.     (2)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                                                                               LEWENSWETENSKAPPE V1                                                                                                           (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 3

 3.1    Die onderstaande grafiek verteenwoordig ŉ interaksie tussen twee
        organismes in 'n ekosisteem.

           Bevolkingsgrootte (aantal organismes)
                                                                                                                                                                                                Dravermoë
                                              120
                                                                                                                                                                                                                          Aantal liewen-
                                                                                                                                                                                                                          heersbesies
                                                                                                                                                                                                                          Number    of lady
                                              100                                                                                                                                                                         birds
                                                                                                                                                                                                                          Aantal
                                                                                                                                                                                                                          Number of
                                                                                                     A                                                                                                                    groenvlieë
                                                                                                                                                                                                                          green flies

                                                   80

                                                   60

                                                   40

                                                   20

                                                   0

                                                        Jan-98   Feb-98   Mar-98   Apr-98   May-98   Jun-98   Jul-98   Aug-98   Sep-98   Oct-98   Nov-98   Dec-98   Jan-99   Feb-99   Mar-99   Apr-99   May-99   Jun-99    Jul-99   Aug-99   Sep-99   Oct-99

                                                                                                                                    Tyd (maande)

        3.1.1                                       Gee ŉ gepaste opskrif vir die grafiek.                                                                                                                                                                     (2)

        3.1.2                                       Watter groeifase word deur A voorgestel?                                                                                                                                                                   (1)

        3.1.3                                       Identifiseer die prooi-bevolking in die bostaande grafiek.                                                                                                                                                 (1)

        3.1.4                                       Verduidelik waarom die kanse beperk is vir liewenheersbesies en
                                                    groenvlieë om die dravermoë te bereik.                                                                                                                                                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               LEWENSWETENSKAPPE V1                                        15

 3.2    ŉ Uittreksel oor nierversaking en die behandeling daarvan word hieronder
        gegee. (Die onderstaande diagram verteenwoordig ŉ dialise-masjien wat
        gebruik word om pasiënte te behandel wat aan nierversaking ly.)

                                      dialise vloeistof               dialise vloeistof

             na pasiënt     A
             se
             bloedvate

       vanaf
       pasiënt se B Pomp
       bloedvate

                                                   Dialisemembraan
                                                   (Dialisebuis)

        Niere kan so beskadig word dat hulle nie meer behoorlik funksioneer nie, en
        ons sê dat die persoon nierversaking het. Mense met ernstige nierversaking
        kan deur dialise, met behulp van ŉ dialise-masjien, behandel word om die
        bloed te suiwer. Dialise is die skeiding van molekules volgens grootte, die
        kleiner molekules diffundeer deur ŉ dialise-buis (selektief-deurlatende
        membraan). Die proses duur tussen drie en ses uur en moet twee of drie keer
        per week gedoen word.

        3.2.1    Beskryf wat nierversaking is.                                                 (2)

        3.2.2    Watter proses word in die bostaande diagram geïllustreer?                     (1)

        3.2.3    By watter punt in die diagram (A of B) sal jy die hoogste konsentrasie
                 ureum verwag?                                                                 (1)

        3.2.4    Beskryf hoe die suiwering van bloed in die dialise-masjien plaasvind.         (3)

        3.2.5    Verduidelik waarom ŉ dialise-membraan selektief-deurlatend moet
                 wees.                                                                         (2)

        3.2.6    Nierversaking beïnvloed die osmoregulatoriese funksie van die nier,
                 sodat dit nie meer doeltreffend water uitskei nie. Verduidelik die effek
                 van nierversaking op die pasiënt se bloeddruk.                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                             LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2018)

 3.3    Die onderstaande apparaat is gebruik om ŉ ondersoek na aërobiese
        respirasie uit te voer.

        Die eksperiment is soos volg opgestel:

         17 sade van dieselfde soort is gebruik.
         Die sade en die apparaat is voor die ondersoek gesteriliseer.
         Sodra die apparaat opgestel is, is die apparaat in ŉ donker kas by 35 °C
          geplaas.
         Daar is ook ŉ kontrole opgestel.

                                                  watteprop

                                              ontkiemende
                                                  sade

                                                  watteprop

                                              helder kalkwater

        3.3.1   Formuleer ŉ hipotese vir hierdie ondersoek.                                (2)

        3.3.2   Wat is die belangrikheid van die sterilisasie van die sade voordat
                hulle gebruik word?                                                        (1)

        3.3.3   Noem TWEE gekontroleerde veranderlikes tydens hierdie
                ondersoek.                                                                 (2)

        3.3.4   Verduidelik hoe ŉ kontrole vir hierdie ondersoek opgestel sal word.        (3)

        3.3.5   Verduidelik waarom ontkiemende sade in hierdie ondersoek gebruik
                is.                                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)               LEWENSWETENSKAPPE V1                                         17

 3.4    ŉ Eksperiment is uitgevoer om die tempo van fotosintese in ŉ groep plante
        teen verskillende konsentrasies koolstofdioksied te bereken. Dit is by twee
        verskillende ligintensiteite herhaal. Die resultate word hieronder gegee:

                                      Tempo van fotosintese (Arbitrêre eenhede)
        CO2 konsentrasie (%)
                                       Lae ligintensiteit     Hoë ligintensiteit
                     0,00                      0                      0
                     0,02                      20                    20
                     0,04                      29                    35
                     0,06                      35                    47
                     0,08                      39                    68
                     0,10                      42                    84
                     0,12                      45                    89
                     0,14                      46                    90
                     0,16                      46                    90
                     0,18                      46                    90

        3.4.1    Identifiseer die afhanklike faktor in die bostaande grafiek.                   (1)

        3.4.2    Tot en met watter waardes tree CO2-konsentrasie as ŉ beperkende
                 faktor op by hoë ligintensiteite?                                              (1)

        3.4.3    Noem TWEE beperkende faktore van fotosintese behalwe dié in
                 VRAAG 3.4.2 genoem.                                                            (2)

        3.4.4    Teken ŉ lyngrafiek om die tempo van fotosintese voor te stel onder
                 verskillende konsentrasies CO2 by lae ligintensiteit.                         (7)
                                                                                              [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                             LEWENSWETENSKAPPE V1                    (EC/NOVEMBER 2018)

 AFDELING C

 VRAAG 4

 James oefen vir ŉ wedloop deur elke dag 20 km te hardloop. Beskryf hoe suurstof in
 sy liggaam opgeneem word en hoe dit tot in sy bloedstroom beweeg. Beskryf ook
 hoe die koolstofdioksied, wat tydens oefening in sy liggaam geproduseer word,
 beheer word om normale vlakke te handhaaf.

                                                                            Inhoud: (17)
                                                                           Sintese: (3)

 LET WEL:      Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van ŉ
               vloeidiagram of diagram nie.

                                                           TOTAAL AFDELING C:           20
                                                               GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6384ce3f-cccc-427f-a368-7b8fe8b152a4) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov2022-afrikaans/517533c3-ff51-4284-855a-667be5c924b5) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-memo-nov2017-afrikaans/7df20d63-e42b-4304-a4c6-711f21b5ecc5) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans-docx/6bfde4c0-705a-4366-b519-da158a210651) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans/548b157e-3fe2-429d-945d-ed753014122b) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/5c136a7a-ccf7-4459-99cd-5fb4f04747c4) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Memo · 2025 · Afr
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Memo · 2024 · Afr
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/16f6b3c9-ef72-40fd-8904-5ab062f8ed6e) — QP + Memo · 2024

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
