# Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/28f8e037-0338-4732-a6d2-f84e1691873e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/28f8e037-0338-4732-a6d2-f84e1691873e)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov2022-afrikaans/517533c3-ff51-4284-855a-667be5c924b5) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                   NOVEMBER 2022

                LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE: 150

TYD:   2½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.   Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

5.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.   Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.   Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
     NIE.

9.   MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy moet ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
    waar nodig.

11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                      LEWENSWETENSKAPPE V1                                     3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
    die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
    (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

     1.1.1    Watter van die onderstaande chemiese vergelykings hieronder
              verteenwoordig die proses van fotosintese?

              A      Glukose + Water + Ligenergie → Stysel + Koolstofdioksied
              B      Koolstofdioksied + Water + Ligenergie → Stysel + Suurstof
              C      Suurstof + Koolstofdioksied + Ligenergie → Glukose + Suurstof
              D      Koolstofdioksied + Water + Ligenergie → Glikogeen + Suurstof

     1.1.2    Die chemiese stof wat gebruik word om chlorofil uit blare te onttrek,
              is ...

              A      verdunde jodiumoplossing.
              B      helder kalkwater.
              C      alkohol.
              D      soutsuur.

     1.1.3    Watter EEN van die volgende grondstowwe, wat vir fotosintese benodig
              word, word deur die huidmondjies beheer?

              A      Koolstofdioksied
              B      Water
              C      Minerale soute
              D      Suurstof

     1.1.4    Die belangrikste funksie van chlorofil is om ...

              A      plante ŉ groen kleur te gee.
              B      plante teen gevaarlike kosmiese strale te beskerm.
              C      al die ensieme, wat nodig is vir die chemiese reaksie, te
                     vervaardig.
              D      ligenergie te absorbeer.

     1.1.5    Watter EEN van die volgende stadiums van fotosintese stel suurstofgas
              vry?

              A      Glukolise
              B      Lig-onafhanklike fase
              C      Lig-afhanklike fase
              D      Oksidatiewe fosforilering

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     LEWENSWETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2022)

      1.1.6     Watter van die volgende spysverteringsappe bevat geen ensieme
                nie?

                A       Pankreassap
                B       Maagsuur
                C       Gal
                D       Speeksel

      1.1.7     Bestudeer die lys van prosesse               wat   met   die   menslike
                spysverteringstelsel verband hou:

                (i)     Detoksifisering
                (ii)    Deaminering
                (iii)   Emulsifisering
                (iv)    Peristalse

                Watter EEN van die volgende kombinasies beskryf die
                spysverteringsfunksies van ŉ menslike lewer?

                A       (i), (ii), (iii) en (iv)
                B       (i) en (ii)
                C       (i), (ii) en (iii)
                D       (i), (iii) en (iv)

        1.1.8   Die epiglottis voorkom die beweging (vloei) van ...

                A       kos en water na die tragea.
                B       suurstof na die longe.
                C       koolstofdioksied uit die tragea.
                D       virusse en bakterieë na die longe.

        1.1.9   Tydens inaseming van lug in die longe ...

                A       neem die volume van die borsholte toe en die druk neem af.
                B       neem die volume van die borsholte af en die druk neem toe.
                C       bly die volume en die druk binne die borsholte dieselfde.
                D       bly die druk in die borsholte konstant, ongeag die verandering
                        in volume.

      1.1.10    Watter van die volgende buise vervoer urien vanaf die nier na die
                urienblaas?

                A       Ureter
                B       Uretra
                C       Proksimale kronkelbuis
                D       Distale kronkelbuis
                                                                                (10 x 2)    (20)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                     5

1.2    Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
       Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.2.1    Die deel van die chloroplast waarin die lig-onafhanklike reaksies van
                fotosintese plaasvind

       1.2.2    Die selorganel waarin ATP-molekules tydens selrespirasie vervaardig
                word

       1.2.3    Die fase van selrespirasie waartydens twee pirodruiwesuurmolekules
                vervaardig word

       1.2.4    ŉ Eensellige fungus (swam) wat tydens die bak van brood gebruik word

       1.2.5    Die twee hoofvertakkings van die tragea

       1.2.6    Die streek in die nier waar nierpiramides aangetref word

       1.2.7    Die verwydering van metaboliese afvalprodukte uit lewende organismes

       1.2.8    Die strukturele en funksionele eenheid van die menslike nier       (8 x 1)    (8)

1.3    Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
       SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
       slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
       (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                        KOLOM I                                  KOLOM II
       1.3.1    Mesofilweefsel                       A:   Palissadeweefsel
                                                     B:   Sponsagtige weefsel
       1.3.2    Die fase van selrespirasie           A:   Glikolise
                waartydens koolstofdioksied          B:   Krebs-siklus
                vrygestel word
       1.3.3    Die dubbele membraan wat die A:           Plasmamembraan
                longe omring                 B:           Pleurale membraan
                                                                                   (3 x 2)    (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  LEWENSWETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2022)

1.4   Die diagram hieronder stel die struktuur (bou) van ŉ alveolus voor.

                              A                              B

        Bloedvloei                                                        Bloedvloei

                                                                      Vog

                                                                      C

                                       E                D

      1.4.1    Identifiseer die:

               (a)    Gas verteenwoordig deur C                                           (1)

               (b)    Proses by E                                                         (1)

      1.4.2    Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

               (a)    Gedeoksigineerde (suurstofarme) bloed vervoer                       (2)

               (b)    Hemoglobien bevat                                                   (2)

               (c)    By die longaar aansluit                                             (2)

      1.4.3    Noem die weefsel wat die … uitvoer:

               (a)    Alveolus                                                            (1)

               (b)    Bloedkapillêre                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                  7

1.5    Die onderstaande diagram verteenwoordig ŉ deel van die menslike
       spysverteringstelsel.

       1.5.1    Identifiseer dele:

                (a)   A                                                                    (1)

                (b)   B                                                                    (1)

                (c)   C                                                                    (1)

       1.5.2    Gee die funksie van die deel gemerk C.                                     (1)

       1.5.3    Noem die:

                (a)   Spysverteringskliere wat op die slymvlieslaag (mukosa) van deel B
                      aangetref word                                                       (1)

                (b)   Suur wat deur die kliere wat in VRAAG 1.5.3(a) genoem word,
                      afgeskei word                                                        (1)

                                                              TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   Die onderstaande diagram stel ŉ deel van die menslike nier voor.

                                                             Bloedvloei
                                                         B
                      A

       Bloedvloei

                                                                          C

                                                                          D

       2.1.1   Noem die:

               (a)    Deel wat in die diagram getoon word                                    (1)

               (b)    Proses wat plaasvind in die deel wat deur die diagram
                      voorgestel word                                                        (1)

      2.1.2    Identifiseer:

               (a)    Deel A                                                                 (1)

               (b)    Deel C                                                                 (1)

               (c)    Proses D                                                               (1)

      2.1.3    Verduidelik waarom groot hoeveelhede proteïen (albumien) in die urien
               ŉ aanduiding van nierskade is.                                                (3)

      2.1.4    Noem die noodsaaklike voedingstof wat nie by diabetespasiënte uit die
               inhoud van D geherabsorbeer sal word nie.                                     (1)

      2.1.5    Verduidelik DRIE maniere waarop die deel in die diagram struktureel
               aangepas is om sy funksie te verrig.                        (3 x 2)           (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                                    9

2.2    ŉ Eksperiment is uitgevoer om die effek (uitwerking) van ligintensiteit op die
       tempo van fotosintese te bepaal.

       Die prosedure was soos volg:

       •   Waterplante van die Elodea-spesie is onder ŉ glastregter in ŉ beker met
           water geplaas.
       •   ŉ Proefbuis met water, sonder lugborrels, is oor die glastregter geplaas,
           soos in die diagram getoon.
       •   Twee knippies koeksoda is by die water voor die aanvang van die
           eksperiment gevoeg.
       •   Nadat al die ligte afgeskakel is, is ŉ aangeskakelde tafellamp 1 meter van
           die beker geplaas.
       •   ŉ Meterskaal is tussen die tafellamp en die beker geplaas.
       •   Die aantal lugborrels wat die plante in ŉ periode van 1 minuut vrygestel
           het, is getel en in ŉ tabel aangeteken.
       •   Die bogenoemde stappe is by verskillende ligintensiteite herhaal deur die
           lamp na verskillende afstande te skuif.
       •   ŉ Toets is uitgevoer om die gas wat in die proefbuis versamel is, te
           identifiseer.

                Elektriese lamp                      Proefbuis
                                  Gasborrels                            Staander

                              Meterskaal
                                                                          Elodea
                                                                        (Waterplant)

                            Tregter

        2.2.1     Formuleer ŉ hipotese vir hierdie eksperiment.                               (2)

       2.2.2      Identifiseer die onafhanklike veranderlike in die eksperiment.              (1)

       2.2.3      Hoe is die afhanklike veranderlike in hierdie eksperiment gemeet?           (2)

       2.2.4      Noem die gas wat as borrels vrygestel word.                                 (1)

       2.2.5      Gee TWEE veranderlikes wat tydens hierdie eksperiment konstant
                  gehou moes word.                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2022)

       2.2.6   Waarom is ŉ knippie koeksoda aan die begin van die eksperiment by
               die beker gevoeg?                                                              (1)

       2.2.7   Beskryf die toets wat uitgevoer is om die gas genoem in
               VRAAG 2.2.4, te identifiseer.                                                  (2)

       2.2.8   Die onderstaande tabel toon die aantal borrels wat die Elodea-plante
               vrygestel het toe die ligbron op verskillende afstande was.

                     AFSTAND TUSSEN DIE
                                                    AANTAL BORRELS WAT BINNE
                     FONTEINKRUID EN DIE
                                                     1 MINUUT AFGEGEE WORD
                      LIGBRON (METERS)
                              1,0                                    8
                              0,5                                    28
                             0,25                                   105
                            0,125                                   105

               (a)    Bereken die persentasie toename in die aantal borrels as die
                      ligbron van 1,0 m na 0,5 m verskuif word. Toon AL jou
                      berekeninge.                                                            (3)

               (b)    Verduidelik hoe die resultaat wat in hierdie eksperiment verkry is,
                      voordelig vir die kweekhuisverbouing van gewasse is.                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                  11

2.3    Die onderstaande diagram verteenwoordig een van vele soortgelyke strukture
       wat in die menslike spysverteringskanaal voorkom.

       2.3.1    Identifiseer die struktuur wat in die diagram getoon word.                  (1)

       2.3.2    In watter orgaan word die struktuur in VRAAG 2.3.1 genoem,
                aangetref?                                                                  (1)

       2.3.3    Gee die funksie van hierdie struktuur.                                      (1)

       2.3.4    Definieer die proses waardeur stowwe in hierdie struktuur kan
                inbeweeg.                                                                   (2)

       2.3.5    Verduidelik hoe die struktuur in die diagram struktureel aangepas is om
                sy funksie effektief te verrig.                                             (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              LEWENSWETENSKAPPE V1                          (EC/NOVEMBER 2022)

 2.4   Die diagram hieronder stel ŉ eksperiment voor wat deur ŉ groep leerders
       opgestel is. Al drie buise is vir 3 ure aan lig blootgestel. Waterstofkarbonaat is
       gebruik as ŉ aanduiding om die verskillende vlakke van koolstofdioksied in die
       proefbuise te toets.

       Waterstofkarbonaat aanwyser word:
       • Pers in die teenwoordigheid van ŉ klein hoeveelheid koolstofdioksied
       • Geel in die teenwoordigheid van ŉ groot hoeveelheid koolstofdioksied
       • Oranje in die teenwoordigheid van ŉ matige hoeveelheid koolstofdioksied

                       Rubberprop

                                                          Sak lewende
                                                          wurms
                           Groen blare

                          Waterstof=
                          karbonaat                         Waterstof–
                          aanwyser                          karbonaat
                                                            aanwyser

                 A                                  B                           C

       Die resultaat van die eksperiment word in die onderstaande tabel getoon:

                                         Proefbuis A     Proefbuis B      Proefbuis C
       Kleur van aanwyser aan die
                                            Oranje           Oranje          Oranje
       begin van die eksperiment
       Kleur van die aanwyser na 3
                                             Pers             Geel           Oranje
       uur

       2.4.1   Gee ŉ rede waarom elke proefbuis met ŉ rubberprop toegemaak word.              (1)

       2.4.2   Verduidelik waarom die aanwyser in proefbuis B na 3 uur geel geword
               het.                                                                           (2)

       2.4.3   Wat is die doel van proefbuis C in die ondersoek?                              (1)

       2.4.4   Verduidelik waarom die kleur van die aanwyser na oranje/geel sou
               verander, as proefbuis A die hele dag in ŉ donker kas geplaas word.           (3)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                   13

 VRAAG 3

 3.1 Die onderstaande diagramme stel die proses van asemhaling by mense voor.

                                            A

                                           B

                                                                          C

                                           Longe
                                                                          D

                      DIAGRAM 1                      DIAGRAM 2

       3.1.1    Noem die asemhalingspiere:

                (a)   Deur D verteenwoordig                                                  (1)

                (b)   Wat tussen C aangetref word                                            (1)

       3.1.2    Watter diagram (1 of 2), toon uitaseming?                                    (1)

       3.1.3    Gee TWEE waarneembare kenmerke om jou antwoord in
                VRAAG 3.1.2 te ondersteun.                                                   (2)

       3.1.4    Identifiseer die LETTERS wat die lugweg voorstel waar koronavirusse
                sal versamel en vermeerder, voordat dit die longe binnegaan.                 (2)

       3.1.5    As die koronavirus die dun binnevoering van die alveoli besmet, word
                groot hoeveelhede slym en vloeistof as ŉ reaksie afgeskei. Dit verlaag
                die doeltreffendheid van gaswisseling aansienlik. Hierdie toestand
                staan as longontsteking bekend.

                (a)   Verduidelik waarom daar ŉ aansienlike toename in asemhaling
                      en hartklop is by pasiënte wat aan longontsteking ly.                  (4)

                (b)   Verduidelik waarom die pasiënte ŉ ventilator benodig om aan die
                      lewe te bly. (ŉ Ventilator is ŉ masjien wat aktief hoogs
                      gekonsentreerde suurstof direk in die longe van die pasiënt pomp
                      deur ŉ aangehegte buis wat in die deel gemerk B geplaas word.)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                                            LEWENSWETENSKAPPE V1                        (EC/NOVEMBER 2022)

3.2    Die onderstaande grafiek stel die melksuurvlakke in die bloed van ŉ
       langafstand atleet voor.

                                                      Grafiek wat die melksuurkonsentrasie in die bloed van
                                                                      langafstandloper toon
                                                100

          Konsentrasie van melksuur in bloed
                                                 90
                                                 80
                                                 70
                                                 60
                                                 50

                 (Arbitrêre eenhede)
                                                 40
                                                 30
                                                 20
                                                 10
                                                  0
                                                      0   510 15 20 25 30 35 40 45 50 55 60
                                                                      Tyd (minute)
                                               Begin van wedloop Einde van wedloop

       3.2.1                               Noem die:

                                           (a)    Soort respirasie wat plaasvind in die selle van ŉ langafstandatleet
                                                  15 minute nadat die wedloop begin het                                   (1)

                                           (b)    Plek waar melksuur tydens hierdie proses ophoop                         (1)

       3.2.2                               Volgens die grafiek, wat is die aanvaarbare vlak van melksuur in die
                                           bloed?                                                                         (1)

       3.2.3                               Hoe lank het die melksuurkonsentrasie na die einde van die wedloop
                                           bly toeneem?                                                                   (1)

       3.2.4                               Verduidelik waarom die melksuurkonsentrasie in die bloed toeneem.              (4)

       3.2.5                               Verduidelik waarom ŉ langafstandatleet wat aan ernstige spierkrampe
                                           ly, aangeraai word om onmiddellik te rus.                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                      LEWENSWETENSKAPPE V1                               15

3.3    Lees die uittreksel hieronder.

       Hipernatremie is die mediese term wat gebruik word om te veel natrium in die
       bloed te beskryf. Natrium is ŉ belangrike voedingstof vir die behoorlike
       funksionering van die liggaam. Die meeste natrium in die liggaam word in die
       bloed aangetref.

       Hipernatremie kan voorkom as daar oormatige waterverlies of oormatige
       natriuminname in die liggaam voorkom. Die gevolg is te min liggaamswater vir
       die hoeveelheid natrium in die liggaam.

       3.3.1    Wat is hipernatremie?                                                      (1)

       3.3.2    Met verwysing na die uittreksel, gee TWEE moontlike redes vir
                hipernatremie.                                                             (2)

       3.3.3    Verduidelik waarom natriumione aktief by sekere dele van die boog van
                Henle in die medulla-gebied van die nier uitgepomp word.                   (3)

       3.3.4    Beskryf hoe ŉ konstante natriumkonsentrasie in die bloed van ŉ
                gesonde mens gehandhaaf word, as die natriumkonsentrasie onder die
                normale vlak daal.                                                         (4)

       3.3.5    Verduidelik waarom die vlakke van antidiuretiese hormoon (ADH) hoog
                bly by ŉ pasiënt wat ernstig ontwater is as gevolg van diarree en
                braking.                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                                                LEWENSWETENSKAPPE V1                    (EC/NOVEMBER 2022)

3.4   Die onderstaande grafiek toon die veranderinge in die bloedglukosevlakke van
      ŉ gesonde persoon na ŉ insulieninspuiting.

                                                   Grafiek wat die veranderinge in die bloedglukosevlak
                                                   van ŉ gesonde persoon na ŉ insulieninspuiting toon

                                            0,8
                                                         insulien ingespuit

        Bloedglukosekonsentrasie (mg/cm3)
                                            0,7

                                            0,6

                                            0,5

                                            0,4

                                            0,3

                                            0,2

                                            0,1

                                             0
                                                  0          20        40          60      80       100     120
                                                                              Tyd (minute)

      3.4.1                                  Gee die hoeveelheid glukose wat in die persoon se bloed voorkom:

                                             (a)      Ten tyde van die inspuiting                                         (1)

                                             (b)      10 minute na die insulieninspuiting                                 (1)

      3.4.2                                  Verduidelik die drastiese daling in die bloedglukosevlak van die
                                             normale gesonde persoon na die inspuiting.                                   (3)

      3.4.3                                  Verduidelik hoe die normale bloedglukosevlak twee uur na die
                                             inspuiting herstel word.                                                     (4)

      3.4.4                                  Sommige diabeet pasiënte stort ineen weens ŉ skielike daling in die
                                             bloedglukosevlak. Om die bloedglukosevlak te verhoog, kry hulle ŉ
                                             gekonsentreerde glukose-oplossing, eerder as voedsel wat stysel
                                             bevat. Verduidelik die rede vir hierdie behandeling.                        (2)
                                                                                                                        [50]

                                                                                                TOTAAL AFDELING B:      100
                                                                                                    GROOTTOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/56b8976d-2a83-4671-af07-a62c8516e9ab) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov-2018-afrikaans/7839a03f-5438-4e0c-801b-89ccb1dd7577) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-memo-nov2017-afrikaans/7df20d63-e42b-4304-a4c6-711f21b5ecc5) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans-docx/6bfde4c0-705a-4366-b519-da158a210651) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans/548b157e-3fe2-429d-945d-ed753014122b) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6384ce3f-cccc-427f-a368-7b8fe8b152a4) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Memo · 2025 · Afr
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Memo · 2024 · Afr
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/16f6b3c9-ef72-40fd-8904-5ab062f8ed6e) — QP + Memo · 2024

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
