# Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr11-nov2023-afrikaans/6722aace-675a-4851-bba0-747c91e6b28e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr11-nov2023-afrikaans/6722aace-675a-4851-bba0-747c91e6b28e)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov2023-afrikaans/85769031-3726-4a81-91d5-1b6af4517709) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIORSERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                     NOVEMBER 2023

                  LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               LEWENSWETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin die antwoord van ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

5.    Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.    Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.    Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

9.    MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.   Jy moet ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
      waar nodig.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                        LEWENSWETENSKAPPE V1                              3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1    Tydens anaërobiese respirasie by diere word die pirodruiwesuur na ...
                omgeskakel.

                A     etielalkohol
                B     melksuur
                C     soutsuur
                D     asynsuur

       1.1.2    Watter EEN van die volgende weë/paaie verteenwoordig ŉ
                metaboliese afvalstof wat deur die longe uitgeskei word?

                A     Ureum
                B     Ammoniak
                C     Koolstofdioksied
                D     Uriensuur

       1.1.3    Watter EEN van die volgende weë/paaie verteenwoordig die korrekte
                beweging van lug in die longe?

                A     Alveolus →brongioli →tragea →brongus
                B     Brongioli →tragea →brongus →alveolus
                C     Tragea →brongus →brongioli →alveolus
                D     Tragea →brongioli →brongus →alveolus

       1.1.4    Die bloedvat wat geabsorbeerde voedingstowwe vanaf die dunderm na
                die lewer vervoer, is die ...

                A     leweraar.
                B     lewerpoortaar.
                C     vena cava inferior.
                D     nieraar.

       1.1.5    Die gas wat tydens fotosintese vrygestel word, is ...

                A     koolstofdioksied.
                B     suurstof.
                C     waterstof.
                D     osoon.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/NOVEMBER 2023)

      1.1.6     Die hooforganel wat betrokke is by selrespirasie is die ...

                A      mitochondrion.
                B      nukleus.
                C      Golgi-apparaat.
                D      endoplasmiese retikulum.

      1.1.7     Watter EEN van die volgende kenmerke sal ŉ toename in die tempo
                van fotosintese veroorsaak?

                ŉ Blaar met …

                A      ŉ dik kutikula.
                B      baie mesofilselle met baie chloroplaste.
                C      min huidmondjies op die onderste oppervlak van die blaar.
                D      ŉ groot aantal epidermale hare.

      1.1.8     Tydens glikolise word die glukosemolekule afgebreek om ... te
                vorm.

                A      pirodruiwesuur, ATP en energieryke waterstofione
                B      pirodruiwesuur, ADP en ŉ suurstofatoom
                C      pirodruiwesuur, ADP en ŉ waterstofioon
                D      pirodruiwesuur, ATP en koolstofdioksied

        1.1.9   Die gas wat tydens die Krebssiklus vrygestel word, is …

                A      suurstof.
                B      koolstofdioksied.
                C      koolstofmonoksied.
                D      waterstof.

      1.1.10    EEN van die verskille tussen fotosintese en selrespirasie:

                             Fotosintese                    Selrespirasie
                A     Vind slegs gedurende die    Vind slegs in die nag plaas
                      dag plaas
                B     Vervaardig glukose          Breek glukose af
                C     Energie word vrygestel      Energie word absorbeer
                D     Ensieme word benodig        Geen ensieme word benodig nie
                                                                         (10 x 2)         (20)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                  5

1.2    Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
       slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.2.1    Die weefsel wat die binnewande van ŉ alveolus uitvoer

       1.2.2    Die dubbele membraan wat die buitekant van die longe bedek en die
                binnekant van die borsholte uitvoer

       1.2.3    Die deel van die brein wat die tempo van hartklop en die
                asemhalingstempo beheer

       1.2.4    Die hormoon wat die omskakeling van glikogeen in glukose stimuleer

       1.2.5    Die verwydering van onverteerde voedselreste uit die liggaam

       1.2.6    Die eindproduk van proteïenvertering

       1.2.7    Die vingeragtige strukture wat verteerde voedingstowwe absorbeer

       1.2.8    ŉ Gebou met deursigtige mure en dak, gewoonlik van glas, vir die
                verbouing en tentoonstelling van plante onder gekontroleerde toestande

       1.2.9    Die beskermende, buitenste membraan van die nier                (9 x 1)   (9)

1.3    Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
       SLEGS B, BEIDE A EN B of GEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs
       A, slegs B, beide A en B of geen langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in
       die ANTWOORDEBOEK neer.

                          KOLOM I                               KOLOM II
       1.3.1    Die setel van die chemiese reaksies A:   Stroma
                tydens die donkerfase               B:   Sitoplasma
       1.3.2    Funksie van hemoglobien             A:   Vervoer van suurstof
                                                    B:   Vervoer van CO2
       1.3.3    Plek van buisie-/ tubulêre          A:   Versamelbuis
                uitskeiding                         B:   Uretra
                                                                                (3 x 2)   (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   LEWENSWETENSKAPPE V1                  (EC/NOVEMBER 2023)

1.4   Die onderstaande diagram stel die menslike niere voor.

                                    D
                                                         A

                                                         B

                                                         C

      1.4.1    Identifiseer dele:

               (a)    A                                                                 (1)

               (b)    D                                                                 (1)

      1.4.2    Noem die:

               (a)    Bloedvat wat bloed met metaboliese afvalprodukte direk na die
                      nier vervoer                                                      (1)

               (b)    Buis wat urine na deel C vervoer                                  (1)

               (c)    Deel wat urine tydelik stoor                                      (1)

      1.4.3    Gee DRIE funksies van deel B.                                            (3)

      1.4.4    Watter EEN van die aangetoonde bloedvate het die hoogste
               bloeddruk?                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                                7

1.5    Die onderstaande diagram stel ŉ organel voor wat ŉ belangrike rol in ŉ plantsel
       speel.

                                                                           A

                                                                           B

       1.5.1    Noem die:

                (a)    Organel wat in die diagram getoon word                             (1)

                (b)    Biochemiese proses waarin die organel in die diagram getoon ŉ
                       belangrike rol speel                                               (1)

       1.5.2    Gee die LETTER en NAAM van die struktuur waarin die ligafhanklike
                reaksie plaasvind.                                                        (2)

       1.5.3    Gee ŉ rede(s) vir jou antwoord in VRAAG 1.5.2.                            (2)

                                                                TOTAAL AFDELING A:        50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               LEWENSWETENSKAPPE V1                      (EC/NOVEMBER 2023)

AFDELING B

VRAAG 2

2.1     Die onderstaande diagram verteenwoordig ŉ deel van die spysverteringskanaal.

                                                                             A

                                                                             B

                                                                             C

                                                                             D

                                                                             E
                      F

        2.1.1   Identifiseer:

                (a)   Deel A                                                                    (1)

                (b)   Deel C                                                                    (1)

        2.1.2   Gee DRIE algemene funksies van klier F.                                         (3)

        2.1.3   Die suur wat in gedeelte B geproduseer word, vernietig nie sy wande nie.
                Verduidelik waarom dit moontlik is.                                             (2)

        2.1.4   Verduidelik waarom ŉ blokkasie in deel D die spysverteringsproses in die
                dunderm sal ontwrig.                                                            (5)

        2.1.5   Noem, met redes, waarom deel E as ŉ endokriene, sowel as ŉ eksokriene
                klier beskou word.                                                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                    9

2.2    Die onderstaande diagram verteenwoordig ŉ sekere gedeelte van ŉ nefron.

                                     Deel A                      Deel B

               F

               E

               D

                                       C

       2.2.1    Identifiseer deel:

                (a)    A                                                                   (1)

                (b)    B                                                                   (1)

       2.2.2    Noem die proses wat plaasvind by:

                (a)    A                                                                   (1)

                (b)    B                                                                   (1)

       2.2.3    Verduidelik hoekom bloedvate D en F struktureel in grootte verskil.        (4)

       2.2.4    Watter komponente van bloed in gedeelte E, is afwesig in die vloeistof
                C?                                                                         (2)

       2.2.5    Verduidelik hoe die struktuur wat deel B gemerk is, struktureel vir sy
                funksie geskik is.                                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2023)

2.3   Die onderstaande diagram verteenwoordig die boonste dele van die
      spysverteringstelsel en gaswisselingstelsel.

                                                               A

                          E
                          D
                                                               B

               C-vormige kraakbeen

      2.3.1    Noem die:

               (a)    Deel wat die neusholte van die mondholte skei                      (1)

               (b)    Proses wat die beweging van voedsel deur deel B vergemaklik        (1)

               (c)    TWEE spiere wat betrokke is by die proses in VRAAG 2.3.1(b)
                      genoem                                                             (2)

      2.3.2    Verduidelik hoekom kos normaalweg in deel B in plaas van deel D
               afbeweeg.                                                                 (2)

      2.3.3    Hoe bied die C-vormige kraakbeenringe in deel D ŉ funksionele
               voordeel aan deel B?                                                      (2)

      2.3.4    Verduidelik die moontlike gevolg van ŉ bakteriële infeksie by deel E.     (2)

      2.3.5    Verduidelik waarom ŉ obstruksie/blokkasie in deel D, vir meer as
               20 minute, tot die dood kan lei.                                          (4)

2.4   Verbruik van voedselitems soos piekels, skyfies en soutbeskuitjies kan die
      soutkonsentrasie in die bloed verander.

      Beskryf hoe die korrekte soutkonsentrasie in die bloed deur die
      homeostatiese proses in hierdie omstandighede genormaliseer word.                  (6)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                   11

VRAAG 3

3.1    Die onderstaande diagram verteenwoordig ŉ alveolus.

                                                                B

                         A
                                                                         C

                                                                         D

                                                                    Vogtige
                                                                    laag

       3.1.1    Identifiseer die gas wat ŉ hoë konsentrasie in bloedvat B het.               (1)

       3.1.2    Noem TWEE maniere waarop hierdie gas in B deur die bloed vervoer
                word.                                                                        (2)

       3.1.3    Watter groot bloedvat ontvang bloed van A?                                   (1)

       3.1.4    Gee ŉ waarneembare rede vir jou antwoord op VRAAG 3.1.3.                     (1)

       3.1.5    Verduidelik TWEE maniere waarop die bloedsel gemerk D struktureel
                vir sy funksie geskik is.                                                    (4)

       3.1.6    Verduidelik hoekom dit nie raadsaam is om in ŉ ongeventileerde kamer
                te slaap waar ŉ verwarmer aangeskakel is nie.                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 LEWENSWETENSKAPPE V1                   (EC/NOVEMBER 2023)

3.2    ŉ Student het ŉ eksperiment opgestel, soos in die onderstaande diagram
       getoon, om die effek van koolstofdioksiedkonsentrasie op die tempo van
       fotosintese van ŉ fonteinkruid te bepaal.

                                                                        Tafellamp
                                     Lugborrels

                                        Water en bakpoeier

                                        Fonteinkruid

                                        Meterskaal

       Die prosedure was soos volg:

       • Die student het vyf soortgelyke stukke fonteinkruid en vyf verskillende
         konsentrasies bakpoeier (natriumwaterstofkarbonaat) oplossing, wat
         koolstofdioksied produseer, gebruik
       • ŉ Kontrole-eksperiment met ŉ soortgelyke stuk fonteinkruid is opgestel.
       • Die student het die aantal borrels wat deur die fonteinkruid geproduseer is
         oor ŉ tydperk van vyf minute getel
       • Die student het die ondersoek drie keer by elke konsentrasie
         bakpoeieroplossing herhaal en die gemiddelde tempo van fotosintese
         bereken

          Koolstofdioksied-                     Aantal borrels per minuut
           konsentrasie %              1ste        2de        3de       Gemiddeld
                  0                     3           2           4           3
                 0,1                    6           4           5           5
                 0,2                    12          7          11          10
                 0,3                    14          15         16          15
                 0,4                    18          22         21          20
                 0,5                    19          23         21          21

       3.2.1   Identifiseer die:

               (a)    Afhanklike veranderlike                                             (1)

               (b)    Onafhanklike veranderlike                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                                                 LEWENSWETENSKAPPE V1                             13

       3.2.2    Hoe is die tempo van fotosintese gemeet?                                                            (1)

       3.2.3    Identifiseer DRIE veranderlikes wat konstant gehou moes word.                                       (3)

       3.2.4    Hoe het die student die betroubaarheid van hierdie ondersoek
                verhoog?                                                                                            (1)

       3.2.5    Gee ŉ rede vir die opstel van ŉ kontrole vir hierdie eksperiment.                                   (2)

       3.2.6    Teken ŉ staafgrafiek om die gemiddelde getal borrels voor te stel wat
                by verskillende konsentrasies koolstofdioksied deur die fonteinkruid
                vrygestel word.                                                                                     (6)

       3.2.7    Watter gevolgtrekking kan uit die resultate gemaak word?                                            (2)

3.3    Die onderstaande uittreksel beskryf die mikrobiese aktiwiteite wat tydens die
       produksie van piesangbier plaasvind.

       Piesangbier, urwagwa, is een van die oudste en belangrikste alkoholiese
       drankies wat tradisioneel in Rwanda gemaak word. Die piesangbier word uit
       die fermentasie van piesangsap en geroosterde rooi sorghum vervaardig.

       Toe ŉ mikrobiese ontleding gedoen is, is gevind dat melksuurbakterieë en gis
       gedurende die 70-uur fermentasieperiode saam groei. Die proses het
       melksuurfermentasie behels, gevolg deur alkoholiese fermentasie.

       ŉ Simbiotiese verwantskap kan die teenwoordigheid van beide gis- en
       melksuurbakterieë in die piesangbier verklaar, met melksuurbakterieë wat ŉ
       suurmedium skep wat gunstig vir die vermeerdering van gis is. Die gis
       produseer vitamiene en verhoog ander voedingsfaktore soos aminosure in die
       omgewing, vir die groei van melksuurbakterieë.

       Die onderstaande grafieke toon die biochemiese veranderinge wat tydens die
       fermentasieproses plaasgevind het.

                                                           Veranderinge in die suikerkonsentrasie
                                                            tydens fermentasie van piesangbier
                                                  20       20

                      Suikerkonsentrasie (Brix)
                                                               17
                                                  15                13
                                                                           11
                                                                                 9
                                                  10                                  8
                                                                                           7    7

                                                   5

                                                   0
                                                       0      10    20     30    40   50   60   70
                                                                         Tyd (ure)

Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                                              LEWENSWETENSKAPPE V1                           (EC/NOVEMBER 2023)

                                                              Veranderinge in die alkoholinhoud
                                                            tydens die fermentasie van piesangbier
                                                    8

                       Alkoholkonsentrasie (%v/v)
                                                    7
                                                    6                                                     7
                                                                                                    6,9
                                                    5                                          6
                                                    4                                     5
                                                                                  4,3
                                                    3
                                                                          2,9
                                                    2
                                                    1                1
                                                    0       0
                                                        0       10       20     30      40    50     60   70

                                                                              Tyd (ure)

      3.3.1    Dui vanaf die grafiek die:

               (a)    Aanvanklike suikervlak van piesangsap aan                                                             (1)

               (b)    Finale alkoholinhoud van die piesangbier aan                                                          (1)

      3.3.2    Noem EEN neweproduk, behalwe alkohol, wat tydens die
               fermentasieproses gevorm word.                                                                               (1)

      3.3.3    Beskryf die simbiotiese verwantskap tussen melksuurbakterieë en gis
               tydens die fermentasieproses.                                                                                (4)

      3.3.4    Bereken die persentasie afname in suikerkonsentrasie vanaf die 10de
               uur tot die 70ste uur. Wys AL jou bewerkings.                                                                (3)

      3.3.5    Uit die grafiek, hoe sou jy die voltooiing van fermentasie bepaal?                                           (1)

      3.3.6    Verduidelik hoekom die suikervlak met die fermentasietyd afgeneem
               het.                                                                                                         (3)

3.4   ŉ Persoon het tydens middagete twee groot blokkies sjokolade en twee glase
      koeldrank met ŉ hoë suikerinhoud geëet.

      Beskryf die homeostatiese proses wat die korrekte vlak van glukose in die
      bloed herstel het.                                                                                                    (7)
                                                                                                                           [50]

                                                                                                   TOTAAL AFDELING B:      100
                                                                                                       GROOTTOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/ae8cb13c-71ab-498f-8593-036a6b0fb035) — Life Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Life Sciences · Memo · 2025 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Life Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov2022-afrikaans/517533c3-ff51-4284-855a-667be5c924b5) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov-2018-afrikaans/7839a03f-5438-4e0c-801b-89ccb1dd7577) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-memo-nov2017-afrikaans/7df20d63-e42b-4304-a4c6-711f21b5ecc5) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/16f6b3c9-ef72-40fd-8904-5ab062f8ed6e) — QP + Memo · 2024
- [Life Sciences Grade 11 March 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-11-march-2023-qp-and-memo/fba019ce-d02a-4f9b-a4ee-24c91a5e035c) — QP + Memo · 2023
- [KZN Life Sciences Grade 11 September 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-september-2023-qp-and-memo/5cd8ebb9-a204-4f7c-87a1-46dc4d3347f7) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
