# Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr12-sept2020-afrikaans/0cc5d907-9557-4e6f-8ab0-14093b10de98
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr12-sept2020-afrikaans/0cc5d907-9557-4e6f-8ab0-14093b10de98)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2020

                  LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            LEWENSWETENSKAPPE V1                             (EC/SEPTEMBER 2020)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

    1.    Beantwoord AL die vrae.

    2.    Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

    3.    Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

    4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik word.

    5.    Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

    6.    Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

    7.    Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

    8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
          geteken NIE.

    9.    MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

    10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
          waar nodig.

    11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                      LEWENSWETENSKAPPE V1                                     3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
       die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1–
       1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

       1.1.1    Tydens Meiose II ...

                A     rangskik die chromosome hulself in homoloë pare op die ewenaar
                      van die sel.
                B     word die aantal chromosome gehalveer.
                C     rangskik individuele chromosome hulself op die ewenaar van die sel.
                D     beweeg volledige chromosome na die teenoorgestelde pole van die
                      sel.

       1.1.2    Watter deel van die manlike voortplantingstelsel skei testosteroon af?

                A     Vas deferens
                B     Testes
                C     Seminale vesikel
                D     Prostaatklier

       1.1.3    Die proses waardeur ova uit die kiemepiteel van die ovariums
                geproduseer word, staan as ... bekend.

                A     gametogenese
                B     oögenese
                C     spermatogenese
                D     ovulasie

       1.1.4    ŉ Ganglion is …

                A     ŉ obstruksie in ŉ bloedvat.
                B     ŉ versameling selle wat hormone in die bloed afskei.
                C     ŉ tipe senuweesel wat by ŉ refleksaksie betrokke is.
                D     ŉ versameling senuweeselle.

       1.1.5    As die bloedglukosevlak styg, reageer die liggaam onmiddellik om die vlak
                te verlaag deur … af te skei.

                A     glikogeen
                B     insulien
                C     glukagon
                D     adrenalien

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            LEWENSWETENSKAPPE V1                          (EC/SEPTEMBER 2020)

       1.1.6   Die diagram hieronder toon die rigting van die groei van die pluimpie
               (jong stam) by verskillende saailinge 1, 2, 3 en 4 wat in kartondose
               geplaas word. Die pyltjies dui die ligrigting aan.

                1                   2                    3                  4

               Watter EEN van die bogenoemde saailinge toon die regte reaksie op
               lig?

               A     1
               B     2
               C     3
               D     4

       1.1.7   Watter EEN van die volgende antwoorde word verwag as die groeipunt
               van saailing 4 na 4 weke se groei gesny word?

               A     Die plant sal doodgaan
               B     Laterale takke sal gevorm word
               C     Die plant sal ophou groei
               D     Die stam van die plant sal na swaartekrag groei

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                                                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                         5

       1.1.8                                    Die grafiek hieronder toon die resultate van ŉ ondersoek na die effek
                                                van bloedalkoholkonsentrasie op die reaksietyd (die tyd wat dit neem
                                                om op ŉ eksterne stimulus te reageer).

                                                       Graph wat
                                                      Grafiek showing
                                                                  die the  effect
                                                                      invloed  vanof blood alcohol concentration
                                                                                   bloedalkoholkonsentrasie
                                                      op die reaksietyd toon
                                                                           on reaction time
                                              140

          Reaksietyd  (in millisekondes)
                                              120

           Reaction time  (in milliseconds)
                                              100

                                               80

                                               60

                                               40

                                               20

                                                0
                                                           0.02                  0.05                    0.08
                                                                  Bloedalkoholkonsentrasie
                                                                  Blood alcohol             in in
                                                                                concentration  g/dL
                                                                                                  g/dL

                                                Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit die resultaat van die
                                                ondersoek hierbo getoon?

                                                Die hoë vlak van alkoholkonsentrasie in bloed ...

                                                A    het geen invloed op reaksietyd nie.
                                                B    verminder die reaksietyd.
                                                C    verhoog die vermoë om vinniger te reageer.
                                                D    verhoog die reaksietyd.
                                                                                                                 (8 x 2)   (16)

Kopiereg voorbehou                                                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           LEWENSWETENSKAPPE V1                             (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
       slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.7) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.2.1    Die toename van die interne deursnee van bloedvate sodat meer
                bloed deur hulle vloei

       1.2.2    Die hitte-regulerende sentrum in die brein

       1.2.3    ŉ Verskynsel waar ŉ toename in een hormoon die afskeiding van ŉ
                ander hormoon belemmer

       1.2.4    Die komponent van die outonome senuweestelsel wat die hartklop
                terug na normaal verlaag

       1.2.5    Die hormoon wat die soutkonsentrasie in die menslike liggaam
                reguleer

       1.2.6    Die oordragplek van elektriese senuwee-impulse tussen twee
                senuweeselle (neurone) of tussen 'n neuron en 'n klier of spiersel

       1.2.7    ŉ Tydelike orgaan wat die ontwikkelende fetus deur die naelstring aan
                die baarmoederwand verbind                                     (7 x 1)        (7)

 1.3   Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
       A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
       Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
       (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM I                                KOLOM II
       1.3.1    Endokriene kliere in ŉ menslike    A:   Cowper se kliere
                liggaam                            B:   Maagkliere
       1.3.2    Die bloedvat wat suurstof en       A:   Naelstringaar
                voedingstowwe      vanaf     die   B:   Naelstring
                moeder se liggaam na die fetus
                vervoer
       1.3.3    Bring verlenging van internodes    A:   Gibberellien
                van stingels                       B:   Absisiensuur
                                                                                (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                                           7

1.4    Die diagram hieronder toon die streke (A, B en E) van die senuweestelsel wat
       deur plaaslike verdowingsmiddels (ŉ dwelm of middel wat ŉ volledige of
       gedeeltelike verlies van gevoel kan veroorsaak) vir verskillende mediese
       prosedures geblokkeer kan word.

                                                          SLEUTEL
                                Brein                     A – Die blok is by A
                                                          B – Die blok is by B
                                                          E – Die blok is by E
                                                          F – Daar is geen blok nie

               Rugmurg
                                                impuls

                                                                              Duim

                                                       impuls

       1.4.1    Skryf die korrekte letter vir elke stelling neer deur die sleutel in die diagram
                hierbo te gebruik.
                (a)   As die vel van die duim gestimuleer word, beweeg die duim en die
                      hand onwillekeurig, maar die pasiënt kan nie die hand vrywillig
                      beweeg of voel of dit beweeg nie.                                              (1)
                (b)   Die pasiënt kan voel dat die duim aangeraak of geknyp word, maar
                      kan nie die duim beweeg nie.                                                   (1)
                (c)   Die pasiënt kan die duim beweeg, maar voel nie die beweging nie.               (1)
                (d)   As die vel van die duim gestimuleer word, beweeg die duim, en die
                      pasiënt weet dat dit beweeg.                                                   (1)
       1.4.2    Watter gemerkte deel van die sentrale senuweestelsel sal aktief betrokke
                wees om vinnig te reageer by ŉ normale en gesonde persoon, as die duim
                per ongeluk ŉ warm oppervlak raak?                                                   (1)
       1.4.3    Noem die tipe reaksie in VRAAG 1.4.2 genoem.                                         (1)
       1.4.4    Watter TWEE dele wat in die diagram getoon word, word deur meninges
                beskerm?                                                                             (2)
       1.4.5    Identifiseer die letter wat die perifêre senuwee verteenwoordig wat
                bestaan uit:
                (a)      Sensoriese neurone                                                          (1)
                (b)      Motoriese neurone                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               LEWENSWETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.5   Die diagram hieronder toon die vroulike geslagsorgane. Twee buise is gesny en
       vasgemaak deur middel van ŉ chirurgiese prosedure om swangerskap te
       voorkom.

         E

          D
                                                                        Gesny en
                                                                       vasgemaak

         C
         B
                                                                       F
                                                                       F

         A

       1.5.1    Identifiseer:

                (a)   A                                                                      (1)

                (b)   B                                                                      (1)

                (c)   F                                                                      (1)

       1.5.2    Gee die LETTER en NAAM van die deel:

                (a)   Waar die embrio ingeplant word                                         (2)

                (b)   Wat ova produseer                                                      (2)

                (c)   Waar bevrugting normaalweg plaasvind                                   (2)

       1.5.3    Hoe verhoed die chirurgiese prosedure wat hierbo genoem word,
                swangerskap?                                                                 (1)

       1.5.4    Gee ŉ rede vir die chirurgiese prosedure wat op albei buise uitgevoer
                word.                                                                        (1)

                                                             TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                        9

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    Die diagram hieronder stel twee fases van meiotiese deling voor.

                                                                                        D
                                              A

                                              B

                                              C

                      Diagram I                                 Diagram II

        2.1.1   Identifiseer die stadium van meiose wat voorgestel word deur:

                (a)   Diagram I                                                                 (1)

                (b)   Diagram II                                                                (1)

        2.1.2   Identifiseer:

                (a)   A                                                                         (1)

                (b)   B                                                                         (1)

                (c)   D                                                                         (1)

        2.1.3   Beskryf die proses wat by C plaasvind.                                          (4)

        2.1.4   Verduidelik die belangrikheid van die gebeurtenis wat in Diagram II getoon
                word.                                                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                          LEWENSWETENSKAPPE V1                               (EC/SEPTEMBER 2020)

 2.2   Die diagram hieronder toon een van die ontwikkelingstrategieë wat by ŉ sekere
       voëlspesie voorkom.

       2.2.1   Identifiseer die ontwikkelingstrategie wat in die diagram getoon word.           (1)
       2.2.2   Gee DRIE waarneembare redes vir die antwoord in VRAAG 2.2.1.                     (3)
       2.2.3   Noem EEN moontlike nadeel van hierdie ontwikkelingstrategie.                     (1)
       2.2.4   Verduidelik die fisiese voorkoms van die voëltjies deur na die eierinhoud
               te verwys.                                                                       (2)

 2.3   Die diagram hieronder toon die struktuur van ŉ oogdefek.

                             A
                       Voorwerp                                   Beeld

       2.3.1   Identifiseer die oogdefek wat in die diagram getoon word.                        (1)

       2.3.2   Deur na die diagram te verwys, verduidelik hoe die strukturele defekte in
               die diagram die oogtoestand genoem in VRAAG 2.3.1 veroorsaak.                    (4)

       2.3.3   Noem EEN manier waarop hierdie toestand reggestel kan word.                      (1)

       2.3.4   Beskryf hoe die gedeelte gemerk A die inkomende lig onder dowwe
               toestande na sononder kan beheer.                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                                           LEWENSWETENSKAPPE V1                                           11

 2.4                            Die grafiek hieronder toon die vroulike hormoonvlakke gedurende die
                                menstruele siklus.

                                              Vroulike hormoonvlakke tydens menstruele siklus

                                                                  Ovulasie                   Hormoon B
                                            Hormoon A

                                           Estrogeen

       Vroulike hormoonvlakke

                                                                  Tyd (Dae)

                                2.4.1   Identifiseer hormoon A.                                                        (1)

                                2.4.2   Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 2.4.1.                                    (1)

                                2.4.3   Op watter dag van die siklus het ovulasie plaasgevind?                         (1)

                                2.4.4   Beskryf die effek van estrogeen op die endometrium vanaf die 7de tot
                                        die 13de dag van die siklus.                                                   (2)

                                2.4.5   ŉ Daling in die vlak van watter hormoon veroorsaak menstruasie?                (1)

                                2.4.6   Stel ŉ moontlike rede voor vir die handhawing van ŉ hoë vlak van
                                        hormoon B na 28 dae van die siklus.                                            (2)

                                2.4.7   Verduidelik waarom die afskeiding van FSH deur die hoë vlakke van
                                        hormoon B geïnhibeer word.                                                     (3)
                                                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                                      LEWENSWETENSKAPPE V1                              (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 3

 3.1                         ŉ Eksperiment is uitgevoer om die effek van die hormoon tiroksien op die
                             liggaamsmassa van Xenopus laevis-paddas te bepaal.

                             Die prosedure was soos volg:
                              Vier-en-veertig paddavissies van die Xenopus laevis paddaspesie is
                                 gevang en in twee gelyke groepe verdeel.
                              Die gemiddelde aanvanklike liggaamsmassa van elk van die groepe is voor
                                 die aanvang van die eksperiment bereken.
                              Twee-en-twintig paddavissies van die Xenopus laevis paddaspesie is 21
                                 dae lank behandel met ŉ oplossing van tiroksien.
                              Twee en twintig paddavissies van die Xenopus laevis paddaspesie is 21
                                 dae lank met 1% NaOH behandel.
                              Die behandeling is na 21 dae gestaak en daarna is die finale gemiddelde
                                 liggaamsmassa vir elke groep bereken.

                             Die resultate van die eksperiment word hieronder gegee.

                                     Gemiddelde aanvanklike en finale liggaamsmassa in gram vir beide
                                         tiroksienbehandelde en NaOH behandelde paddavissies

       Gemiddelde massa (in gram)
                                    1,6
                                    1,4
                                    1,2

                                    1,0                                                                  NaOH
                                                                                                        behandel
                                    0,8
                                    0,6                                                                 Tiroksien
                                                                                                        behandel
                                    0,4
                                    0,2
                                     0
                                             Aanvanklike                         Finale
                                                                 Tyd

                             3.1.1        Noem die klier wat tiroksien afskei.                                            (1)

                             3.1.2        Identifiseer die onafhanklike veranderlike in hierdie eksperiment.              (1)

                             3.1.3        Noem enige TWEE veranderlikes wat tydens die eksperiment konstant
                                          moes gewees het.                                                                (2)

                             3.1.4        Watter inligting wat op die grafiek verskyn, word as basisdata gebruik om
                                          ŉ gevolgtrekking te maak aan die einde van die eksperiment?                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                       LEWENSWETENSKAPPE V1                                   13

       3.1.5       Verduidelik waarom daar ŉ daling in die finale liggaamsmassa van die
                   tiroksien-behandelde paddavissies in vergelyking met NaOH- behandelde
                   paddavissies is.                                                             (4)
       3.1.6       Beskryf hoe ŉ konstante tiroksienvlak in die menslike bloed gehandhaaf
                   word wanneer die vlak onder die normale daal.                                (5)

 3.2   Die diagram hieronder toon die struktuur van ŉ menslike brein.

             D

             C

                                                                                    E

             B
                                                                                    F
               A

       3.2.1       Identifiseer die dele met byskrifte:

                   (a)   B                                                                      (1)

                   (b)   C                                                                      (1)

                   (c)   E                                                                      (1)

       3.2.2       Gee EEN funksie van die:

                   (a)   Deel met byskrif A                                                     (1)

                   (b)   Vloeistof wat in deel F aangetref word                                 (1)

       3.2.3       Bloeding (oormatige bloeding weens breuk van die bloedvate) by die
                   deel gemerk D kan permanente wanfunksionering veroorsaak.

                   (a)   Verduidelik die oorsaak van skade aan die deel gemerk D.               (3)

                   (b)   Noem DRIE moontlike gevolge van die skade genoem in
                         VRAAG 3.2.3 (a) vir ŉ pasiënt.                                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          LEWENSWETENSKAPPE V1                                (EC/SEPTEMBER 2020)

 3.3   ŉ Eksperiment is uitgevoer om die rigting van die groei van ŉ pluimpie te
       ondersoek toe die ontkiemende saad vertikaal op ŉ stilstaande klinostaat
       geplaas is, soos in die diagram hieronder getoon. Die groeiende punte van die
       ontkiemende saad is aan lig vanuit alle rigtings blootgestel. Die nat
       weefselpapier is periodiek met water gespuit om die saad klam te hou. Die saad
       is vier dae lank in hierdie posisie gehou. Die punt van die pluimpie het begin buig
       en het na vier dae in ŉ opwaartse rigting gegroei.

           Skyf van klinostaat

           Duimspyker                                                    Karton

                                                                          Nat
                                                                      weefselpapier

                                                                         Pluimpie

                                                                   Kiemworteltjie

       3.3.1   Noem die hormoon wat die rigting beheer waarin die pluimpie in ŉ
               ontkiemende saad groei.                                                          (1)

       3.3.2   Noem waar die hormoon genoem in VRAAG 3.3.1 geleë kan wees.                      (1)

       3.3.3   Gee ŉ rede waarom die ontkiemende saad aan alle rigtings van die lig
               blootgestel is.                                                                  (1)

       3.3.4   Verduidelik die rigting waarin die pluimpie groei soos na vier dae
               waargeneem.                                                                      (4)

       3.3.5   Hoe verskil die kontrole van die eksperiment?                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                          LEWENSWETENSKAPPE V1                                                    15

 3.4   ŉ Uittreksel, wat op die skrotum betrekking het, word hieronder gegee.

       Die skrotum is die los sakagtige vel wat agter die penis hang. Dit bevat die
       testikels (ook testes genoem), asook baie senuwees en bloedvate. Die skrotum
       het ŉ beskermende funksie en dien as ŉ klimaatbeheerstelsel vir die testes. Vir
       normale spermontwikkeling moet die testes by ŉ effens koeler temperatuur wees
       as die liggaamstemperatuur. Spesiale spiere in die wand van die skrotum laat
       dit saamtrek (verskerp) en ontspan, en beweeg die testikels nader aan die
       liggaam vir warmte en beskerming of verder weg van die liggaam af om die
       temperatuur te verkoel.

                      [Bron: https://my.clevelandclinic.org/health/articles/9117-male-reproductive-system]

       3.4.1    Noem TWEE funksies van die skrotum vanuit die uittreksel.                                      (2)

       3.4.2    Noem die struktuur waarin die sperma ontwikkel en volwasse word.                               (1)

       3.4.3    Verduidelik die gevolge vir voortplanting van die mens as ŉ man heeltyd
                stywe onderklere dra.                                                                          (3)

       3.4.4    Watter raad sou jy aan mans gee wat langafstande bestuur om die
                moontlike negatiewe uitwerking op hul vermoë om voort te plant, tot die
                minimum te beperk?                                                                             (1)
                                                                                                              [40]

                                                                            TOTAAL AFDELING B:                 80

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                         LEWENSWETENSKAPPE V1                           (EC/SEPTEMBER 2020)

 AFDELING C

 VRAAG 4

 Mnr. Nkosi is vasgevang in ŉ rookdigte hotelkamer wat aan die brand geslaan het. Sy
 asemhalingstempo het verhoog toe hy met digte rook bedek is wat vanaf die onderste
 vloer afkomstig was. Hy kon die venster breek en uit sy kamer spring. Hy het op ŉ
 straatvullisblik beland en daarin geslaag om sy balans te herwin.

 Beskryf die proses wat gelei het tot ŉ verhoogde asemhalingstempo terwyl hy deur
 digte rook omring was. Beskryf ook hoe hy sy balans kon herwin toe hy op die
 straatvullisbak beland het.
                                                                          Inhoud: (17)
                                                                          Sintese: (3)
                                                                                   [20]

 LET WEL:      GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
               vloeidiagramme of diagramme NIE.

                                                            TOTAAL AFDELING C: 20
                                                                GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-memo-sept2023-afrikaans/4a6384bb-d099-47ae-9fde-15f096079e67) — Life Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
