# Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr12-sept2021-afrikaans/507a11c5-865a-4532-b0b0-e777421b3d72
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr12-sept2021-afrikaans/507a11c5-865a-4532-b0b0-e777421b3d72)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2021

               LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                       LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/SEPTEMBER 2021)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
      hierdie vraestel gebruik word.

5.    Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.    Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.    Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra
      word.

8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
      geteken NIE.

9.    MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
      gebruik, waar nodig.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                                 3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

      1.1.1    Die deel van die brein wat die koolstofdioksiedkonsentrasie in die
               menslike liggaam reguleer:

               A      Hipotalamus
               B      Serebrum
               C      Serebellum
               D      Medulla oblongata

      1.1.2    Die energie wat benodig word vir die beweging van ŉ spermsel word
               in die … geproduseer.

               A      mitochondria
               B      nukleus
               C      akrosoom
               D      ribosoom

      1.1.3    Watter EEN van die volgende hormone stimuleer puberteit by
               vroue?

               A      LH/Luteïniseringshormoon
               B      Estrogeen
               C      FSH/Follikelstimulerendehormoon
               D      Prolaktien

      1.1.4    Ovulasie is die vrystelling van ...

               A      die ovum in die fallopiusbuis.
               B      volwasse graafse follikels in die uterus.
               C      die corpus luteum in die fallopiusbuis.
               D      ŉ ovum in die uterus.

      1.1.5    Watter EEN van die volgende strukture bevat fotoreseptore?

               A      Retina
               B      Choroïed
               C      Glasvog
               D      Pupil

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                         LEWENSWETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2021)

      1.1.6    Die sinapse is ŉ mikroskopiese gaping tussen ŉ/die …

               A     selliggaam en akson van een neuron.
               B     reseptor en effektor.
                     akson van een neuron en die dendriete van ŉ ander
               C
                     neuron.
                     die akson van een neuron en die akson van ŉ ander
               D
                     neuron.

      1.1.7    Die miëlienskede …

               A     voorkom dehidrasie van die aksone.
               B     verskaf energie vir die geleiding van impulse.
               C     bied elektriese insolasie.
               D     handhaaf ŉ laer temperatuur.

      1.1.8    ŉ Man het sy geheue ná ŉ motorongeluk verloor.

               Watter EEN van die volgende dele van die brein is moontlik
               weens die ongeluk beskadig?

               A      Serebrum
               B      Serebellum
               C      Medulla oblongata
               D      Corpus callosum

       1.1.9   ŉ Lys van moontlike visuele effekte word hieronder gegee.

                     Is nie meer in staat om ŉ wye gesigsveld waar te neem
               (i) nie.
                     Nie in staat om tussen rooi en blou kleure te onderskei
               (ii) nie.
               (iii) Nie in staat om ŉ boek onder helder lig te lees nie.
               (iv) Nie instaat om ŉ sin van driedimensionele vorm vanaf
                     visuele insette/die diepte van ŉ voorwerp op 3D-voorwerp
                     waar te neem nie.

               Watter EEN van die volgende kombinasies sal plaasvind as ŉ
               persoon een oog tydens ŉ ongeluk verloor het?

               A      Slegs (i), (ii) en (iii)
               B      Slegs (i), (iii) en (iv)
               C      Slegs (i) en (iv)
               D      Slegs (ii), (iii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2021)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                        5

      1.1.10    ŉ Hoë konsentrasie adrenalien in die bloed lei tot ŉ toename in
                bloedglukosevlakke, omdat ...

                A      glikogeen in die lewer en spiere omgeskakel word in glukose.
                B      proteïene afgebreek word om meer glukose vry te stel.
                C      daar ŉ vertraging van metaboliese tempo plaasvind.
                D      daar ŉ toename in die vertering van koolhidrate is.
                                                                              (10 x 2)       (20)

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
      Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.8) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      1.2.1     Die versamelnaam vir die membrane wat die brein beskerm

      1.2.2     Die tak van die senuweestelsel wat uit die kraniale (kop)- en spinale
                (rugmurg) senuwees bestaan

      1.2.3     Die vertakte uitloper van ŉ neuron wat senuwee-impulse na die
                selliggaam van dieselfde neuron oordra

      1.2.4     Die plantgroeibeweging in reaksie op swaartekrag

      1.2.5     Die struktuur in die oor wat oortollige drukgolwe uit die binne-oor
                absorbeer

      1.2.6     Die hormoon wat ŉ toename in die tempo van die metaboliese
                tempo van die selle stimuleer

      1.2.7     Die klier wat aldosteroon afskei

      1.2.8     ŉ Struktuur in die vroulike voortplantingstelsel waar semen
                gedeponeer word
                                                                      (8 x 1)                (8)

1.3   Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
      A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
      Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
      (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                        KOLOM I                                  KOLOM II
      1.3.1     ŉ Tipe klier wat sy afskeiding deur   A:    Endokriene klier
                ŉ buis na die teikenorgaan vervoer    B:    Eksokriene klier
      1.3.2     ŉ Simptoom van Alzheimer se           A:    Geheueverlies
                siekte                                B:    Verwarring
      1.3.3     ŉ Tipe lens wat gebruik word om       A:    Bikonvekse lens
                bysiendheid (miopia) reg te stel      B:    Konkawe lens
                                                                                  (3 x 2)     (6)

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                         LEWENSWETENSKAPPE V1                        (EC/SEPTEMBER 2021)

1.4   Die onderstaande diagram stel die refleksboog voor.

      1.4.1    Skryf, in die korrekte volgorde, die LETTERS neer wat die
               neurone voorstel wat impulse na die effektor oordra.                      (2)

      1.4.2    Noem die belangrikheid/funksie van ŉ refleksaksie.                        (1)

      1.4.3    Gee EEN voorbeeld van ŉ effektor in die menslike liggaam.                 (1)

      1.4.4    Skryf die LETTER en die NAAM neer van:                                    (1)

               (a)    ŉ Neuron wat slegs in die brein of rugmurg geleë is                (2)

               (b)    Die deel wat ŉ wortel van die spinalerugmurgsenuwee
                      voorstel                                                           (2)

               (c)    Die neuron wat moontlik beskadig word as iemand pyn
                      ervaar, maar nie kan reageer nie                                   (2)

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                       LEWENSWETENSKAPPE V1                                     7

1.5   Die onderstaande diagram toon sommige van die endokriene kliere in die manlike
      liggaam.

      1.5.1    Identifiseer klier:

               (a)    B                                                                      (1)

               (b)    E                                                                      (1)

      1.5.2    Noem die:

               (a)    Klier wat ŉ groeihormoon afskei                                        (1)

               (b)    Hormoon wat klier B stimuleer                                          (1)

               (c)    Klier wat adrenalien afskei                                            (1)

      1.5.3    Gee die LETTER van die klier wat ŉ hormoon wat verantwoordelik is vir
               die stimulering van die heropname van water deur die nierbuisies, afskei.     (1)

                                                                TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                       LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2021)

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   Lees die onderstaande uittreksel oor voortplanting by seeperdjies.

      Manlike seeperdjies het ŉ sakagtige struktuur op hul buik, wat ŉ broeisak
      genoem word. Tydens ŉ paringsritueel plaas die vroulike seeperdjie ŉ
      groot aantal eiers in die sak met behulp van ŉ struktuur wat ŉ ovipositor
      genoem word.
      Die mannetjie stel dan baie sperms in die sakkie vry om die eiers te
      bevrug.

      Die ontwikkelende embrio's in die mannetjie se broeisak word deur die
      eiergeel (dooier) van die eiers gevoed. ŉ Vloeistof wat in die sakkie
      afgeskei word, verwyder afvalprodukte en voorsien suurstof aan die
      bevrugte eiers. Die kleintjies word lewendig gebore as hulle uit die
      broeisak vrygestel word.

                           Broeisak

       2.1.1   Noem die tipe bevrugting wat by seeperdjies plaasvind.                     (1)

      2.1.2    Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 2.1.1.                                (1)

      2.1.3    Verduidelik TWEE maniere        waarop    die   seeperdjies     hul
               voortplantingsukses verhoog.                                               (4)

      2.1.4    Gee EEN verskil tussen die voortplantingstrategie wat die
               seeperdjie vertoon en viviparie.                                           (2)

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                      9

2.2    By dragtige vroulike rotte word progesteroon hoofsaaklik deur die corpus
       luteum afgeskei. Dit neem ongeveer 22 dae vir die rot om na bevrugting
       geboorte te skenk.
       Wetenskaplikes het ŉ ondersoek gedoen om die hoeveelheid progesteroon
       te bepaal wat nodig is vir die suksesvolle voltooiing van gestasie by rotte.

       Die prosedure was soos volg:
        100 vroulike rotte van dieselfde ouderdom is gekies
        Hulle is in vyf gelyke groepe verdeel
        Al die 100 vroulike rotte is kunsmatig geïnsemineer in die laboratorium
           (die sperms is met ŉ spuit in die vroulike voortplantingskanaal geplaas
           sodat bevrugting kan plaasvind)
        Die ovaria van elke rot is onmiddellik verwyder nadat hulle dragtig
           geraak het
        Groep 1 het geen progesteroon inspuiting gekry nie
        Groep 2 is ŉ daaglikse inspuiting van 5 mg progesteroon toegedien
        Groep 3 is ŉ daaglikse inspuiting van 10 mg progesteroon toegedien
        Groep 4 is ŉ daaglikse inspuiting van 15 mg progesteroon toegedien
        Groep 5 is ŉ daaglikse inspuiting van 20 mg progesteroon toegedien
        Die aantal rotte wat deur elke groep gestasie voltooi het, is getel en die
           persentasie is bereken

       2.2.1     Definieer die term gestasie.                                               (2)

        2.2.2    Hoe lank is die gestasie tydperk van rotte?                                (1)

        2.2.3    Identifiseer die onafhanklike veranderlike in hierdie ondersoek.           (1)

       2.2.4     Noem TWEE faktore wat tydens die ondersoek konstant gehou
                 moes word.                                                                 (2)

       2.2.5     Verduidelik waarom die ovaria onmiddellik verwyder is nadat die
                 rotte dragtig geraak het.                                                  (3)

       2.2.6     Beskryf hoe die persentasie rotte wat gestasie voltooi het, bereken
                 is.                                                                        (2)

       2.2.7     Verduidelik waarom groep 1 by die ondersoek ingesluit is.                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                       LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2021)

2.3   Die onderstaande diagram toon die struktuur van ŉ menslike oog.

      2.3.1   Identifiseer die dele gemerk:

              (a)    A                                                             (1)

              (b)    B                                                             (1)

      2.3.2   Noem EEN funksie van deel C.                                         (1)

      2.3.3   Beskryf die akkommodasie van die oog wanneer ŉ persoon op ŉ
              voorwerp wat wegbeweeg, fokus.                                       (4)

      2.3.4   Verduidelik die gevolge wat ŉ skade aan deel D op die visie (sig)
              van ŉ persoon het.                                                   (3)

2.4   2.4.1   Definieer homeostase.                                                (2)

      2.4.2   ŉ Man spring in yskoue seewater. Sy liggaamstemperatuur was
              deur homeostase gehandhaaf.

              Beskryf die rol van die vel in termoregulering gedurende hierdie
              tyd.                                                                 (7)

      2.4.3   As ŉ persoon blootgestel word aan baie koue temperature,
              verloor die liggaam meer hitte as wat dit kan produseer.

              Verduidelik waarom langdurige blootstelling aan baie koue
              temperature sonder beskerming, tot die dood kan lei.                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                11

2.5   Die onderstaande diagram stel die manlike voortplantingstelsel voor, na ŉ
      chirurgiese prosedure om swangerskap te voorkom.

      2.5.1    Identifiseer die deel gemerk B.                                        (1)

      2.5.2    Noem EEN funksie van deel A.                                           (1)

      2.5.3    Verduidelik waarom deel C op ŉ baie warm dag van die liggaam af
               wegbeweeg.                                                             (3)

      2.5.4    Verduidelik waarom hierdie prosedure nie swangerskap kan voorkom
               nie.                                                                  (2)
                                                                                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                         LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 3

3.1   ŉ Persoon het ernstige gehoorverlies gehad wat veroorsaak is deur skade aan
      die ossikels (gehoorbeentjies) en binneoor. Hy het ŉ kogleêre inplanting
      ondergaan. Die kogleêre inplanting het die gehoor gedeeltelik herstel. As ŉ
      persoon ŉ kogleêre oorplanting ondergaan, word die klankgolwe deur die
      mikrofoon versamel en deur die ontvanger en sender na ŉ stimulus
      omgeskakel. Die impuls word deur ŉ elektrode na die koglea oorgedra.

      Die onderstaande diagram toon die struktuur van die oor met ŉ kogleêre
      inplanting.

              oordraer
                                              ontvanger

       klankgolwe
                                                   elektrode
                                                                     A
      mikrofoon
                                                   gehoorbeentjies

                                                                           koglea

                                    D

                                               C
                                                                                  B

      3.1.1    Identifiseer die deel gemerk B.                                                 (1)

      3.1.2    Noem EEN funksie van deel C.                                                    (1)

      3.1.3    Watter deel van die oor funksioneer normaalweg as:

               (a)    Mikrofoon                                                                (1)

               (b)    Ontvanger en oordraer                                                    (1)

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                                    13

      3.1.4    Verduidelik waarom ŉ persoon die vermoë, om te kan hoor, verloor
               as daar:

               (a)    Skade aan die ossikels is                                           (3)

               (b)    ŉ Gaatjie in deel D is                                              (3)

      3.1.5    Beskryf hoe die deel A en die brein saam balans handhaaf.                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                         LEWENSWETENSKAPPE V1                            (EC/SEPTEMBER 2021)

3.2 ŉ Ondersoek is gedoen om die effek van ouksien op die rigting waarin die
    stingel groei, te bepaal.
     Die prosedure was soos volg:
      Twee potplante (1 en 2) van dieselfde spesie en ouderdom is gebruik
      Die apikale knoppe van albei plante is verwyder deur dit op dieselfde
         hoogte op die stingel deur te sny
      Die gesnyde apikale knoppe van albei plante is vir ŉ tydperk van 2 uur
         op aparte blokke agarjellie geplaas
      Een blok agarjellie is daarna aan die regterkant van die boonste rand
         van die gesnyde oppervlak van potplant 1 geplaas en die ander blok
         agarjellie is daarna op die linkerkantste boonste rand van potplant 2
         geplaas, soos in die onderstaande diagram getoon
      Beide potplante is vir twee weke in ŉ donker kartonhouer gebêre
      Die groeirigting van die stingels van albei plante is aan die einde van
         hierdie periode waargeneem

                                                                                 Deksel
                                          Donker
                                          karton-
                     agarblok             houer                 agarblok

             regter-                                  regter-
             kant               linker-               kant            linker-
                                kant                                  kant

                     Potplant 1                             Potplant 2

     3.2.1    Gee ŉ rede waarom die apikale knoppe:

              (a)      Verwyder is                                                          (1)
              (b)      Vir 2 ure op die blokke agarjellie geplaas was                       (1)
     3.2.2    Verduidelik die resultate wat vir potplant 1 verkry is.                       (4)
     3.2.3    Potplant 2 is blootgestel aan ŉ eensydige lig, vanaf die linkerkant
              deur die deksel van die kartonhouer gedurende hierdie tydperk te
              verwyder.
              Verduidelik die resultate wat verkry is.                                      (4)

     3.2.4    Verduidelik waarom vrugteboere gereeld die apikale knoppe van
              vrugtebome verwyder.                                                         (2)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                 15

3.3   Die onderstaande grafiek toon die homeostatiese beheer van bloedglukose
      in ŉ gesonde persoon.

      3.3.1    Identifiseer:

               (a)    Hormoon A                                                         (1)

               (b)    Die klier wat hormoon B afskei                                    (1)

      3.3.2    Noem die meganisme wat die vlakke van hormone A en B beheer.             (1)

      3.3.3    As ŉ persoon vas, hetsy om godsdienstige of gesondheidsredes, eet
               hy/sy vir ŉ sekere tydperk nie kos nie.

               Verduidelik die vlakke van hormoon A in ŉ persoon tydens ŉ
               vasperiode.                                                              (2)

      3.3.4    Beskryf die rol van hormoon B in die handhawing van normale
               glukosevlakke in die bloed.                                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                        LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2021)

3.4   Die diagram hieronder verteenwoordig die vroulike voortplantingstelsel
      tydens swangerskap.

      3.4.1   Identifiseer:

              (a)    Vloeistof A                                                    (1)

              (b)    Ekstra embrioniese membraan D                                  (1)

      3.4.2   Noem die bloedvat in deel C wat suurstofryke bloed vanaf die
              moeder na die fetus vervoer.                                          (1)

      3.4.3   Noem TWEE funksies van deel B.                                        (2)

      3.4.4   Beskryf die ontwikkeling van die sigoot totdat deel B gevorm is.      (8)

      3.4.5   Verduidelik EEN strukturele geskiktheid van deel E om sy
              funksie te verrig.                                                    (2)
                                                                                   [50]

                                                      TOTAAL AFDELING B:           100
                                                          GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT 2021 Xhosa D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept-2021-xhosa-d/bf73c123-831d-499a-9ecd-62ac37eff2bf) — Life Sciences · QP · 2021
- [LIFE SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-memo-sept2023-afrikaans/4a6384bb-d099-47ae-9fde-15f096079e67) — Life Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2021 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2021-afr-d/b7cdfe9c-5e90-4696-bc67-e8fca24f68fe) — Life Sciences · QP · 2021 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR12 SEPT2021 XHOSA D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr12-sept2021-xhosa-d/f43645b2-00fd-4ad4-bdbe-7bc3201c5a62) — Life Sciences · QP · 2021

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
