# Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr12-sept2024-afrikaans/9086acd5-d532-4dfb-b468-2e35ac64726e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr12-sept2024-afrikaans/9086acd5-d532-4dfb-b468-2e35ac64726e)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2024

                  LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

                    Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.    Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.

7.    Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

9.    MOENIE grafiekpapier gebruik nie.

10.   Jy moet ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
      waar nodig.

11.   Alle berekeninge moet tot TWEE desimale plekke afgerond word.

12.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                                    3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
    die antwoord en skryf slegs die letter (A‒D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot
    1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 D.

     1.1.1    Bestudeer die diagram hieronder wat ŉ deursnit deur ŉ testis toon.

                                                                                      1

                                                                                      2

                                                                                      3

                                                                                     4

              Die korrekte byskrifte vir 1‒4 in die bostaande diagram is:

                             1               2                3                  4
              A           Sperm         Sertoli-selle    Saadbuisies        Leydig-selle

              B         Leydig-selle      Sperm          Sertoli-selle      Saadbuisies

              C           Sperm         Leydig-selle     Saadbuisies        Sertoli-selle

              D         Sertoli-selle   Saadbuisies         Sperm           Leydig-selle

     1.1.2    Die oorsaak dat geen insulien na ete in die bloed afgeskei word nie.

              A       Goiter
              B       Tipe 1-Diabetes
              C       Tipe 2-Diabetes
              D       Hipoglukemie

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 LEWENSWETENSKAPPE V1                         (EC/SEPTEMBER 2024)

     1.1.3   Bestudeer die lys hieronder.

             (i)     Die pupil trek saam.
             (ii)    Die suspensoriese ligamente trek styf.
             (iii)   Die pupil verwyd (raak groter).
             (iv)    Meer lig word in die binneste oog toegelaat.

             Watter van die bogenoemde stellings beskryf die prosesse wat in die
             oog plaasvind om ŉ duidelike beeld in ŉ swak verligte kamer te vorm?

             A       Slegs (ii) en (iii)
             B       (i); (ii) en (iv)
             C       (iii) en (iv)
             D       Slegs (iii)

     1.1.4   ŉ Persoon kan nie hoor nie weens die orgaan van Corti wat beskadig
             is. Watter van die volgende behandelings sal die persoon se gehoor
             verbeter?

              A      Kogleêre inplanting
              B      Grommet
              C      Gehoorapparaat
              D      Verwydering van koglea

     1.1.5   Watter EEN van die volgende planthormone is ŉ effektiewe
             onkruiddoder?

              A      Gibberelliene
              B      Absisiensuur
              C      Ouksien
              D      Etileen

     1.1.6   Watter EEN van die volgende stellings dui die belangrikheid van ŉ
             refleksaksie aan?

             A       Dit laat die serebrum toe om stimuli te interpreteer.
             B       Dit bring ŉ vinnige, onwillekeurige reaksie teweeg.
             C       Dit verhoed dat die persoon pyn voel.
             D       Dit laat tyd toe vir interpretasie en ŉ gekoördineerde reaksie.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                         LEWENSWETENSKAPPE V1                               5

     1.1.7    Die diagram hieronder verteenwoordig ŉ refleksboog.

                                                                                 A

                                                                                 B
                  D

                                                                                 C

              As deel B beskadig is ...

              A       sal geen pyn gevoel word nie, en die persoon sal nie hul vinger kan
                      wegtrek nie.
              B       sal pyn gevoel word, en die persoon sal sy vinger kan wegtrek.
              C       sal pyn gevoel word, en die persoon sal nie sy vinger kan wegtrek
                      nie.
              D       sal geen pyn gevoel word nie, en die persoon sal sy vinger kan
                      wegtrek.

     1.1.8    Bestudeer die stellings hieronder.

              (i)     Minder aldosteroon sal afgeskei word.
              (ii)    Meer natriumione sal in die bloed herabsorbeer word.
              (iii)   Meer natriumione sal deel van die urien vorm.
              (iv)    Natriumione sal in die nierbuis bly.

              As die natriumkonsentrasie in die bloed hoog is, watter van die stellings
              hierbo is WAAR?

              A       (i); (iii) en (iv)
              B       (ii), (iii) en (iv)
              C       Slegs (iii) en (iv)
              D       Slegs (i) en (ii)

     1.1.9    Die parasimpatiese senuweestelsel is verantwoordelik vir die ...

              A       verhoogde bloedvloei na skeletspiere.
              B       veg-of-vlug reaksie.
              C       terugkeer van die hartklop na normaal.
              D       kraniale senuwees.
                                                                                  (9 x 2)   (18)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2024)

1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
    slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
    ANTWOORDEBOEK neer.

     1.2.1   Verantwoordelik vir die waarneming van ŉ stimulus en die voortbring van
             ŉ impuls

     1.2.2   Ekstra-embrioniese membraan wat gaswisseling in die amniotiese eier
             moontlik maak

     1.2.3   ŉ Klier of spier wat ŉ reaksie op stimuli veroorsaak

     1.2.4   Verwyding van bloedvate om bloedvloei te verhoog

     1.2.5   Die tipe lens wat nodig is om bysiendheid reg te stel

     1.2.6   Kliere wat uitsluitlik in soogdiere voorkom wat onder die invloed van
             prolaktien melk afskei

     1.2.7   Die laag van die oog wat fotoreseptore bevat

     1.2.8   Die ligging van die osmoreseptore in die liggaam

     1.2.9   Die mikroskopiese gaping tussen twee neurone sodat impulse van een
             na die volgende oorgedra kan word
                                                                          (9 x 1)         (9)

1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS A,
    SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM ΙΙ nie. Skryf
    slegs A, slegs B, BEIDE A en B, of GEENEEN langs die vraagnommers
    (1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDEBOEK.

                    KOLOM Ι                                  KOLOM ΙΙ
     1.3.1   Rol(le) van die plasenta          A:   Handhawing van swangerskap
                                               B:   Beskerm die fetus teen
                                                    meganiese besering
     1.3.2   Funksies van absisiensuur in      A:   Om blom te bevorder
             plante                            B:   Om wortelontwikkeling moontlik
                                                    te maak
     1.3.3   Hormoon(e) verantwoordelik        A:   Aldosteroon
             vir osmoregulering                B:   Anti-diuretiese hormoon
     1.3.4   Die verlies aan geheue as         A    Alzheimer se siekte
             gevolg van degenerasie van        B:   Veelvuldige sklerose
             senuweeweefsel
                                                                              (4 x 2)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                  7

1.4     Die diagram hieronder beeld dele van die sentrale senuweestelsel uit.

                                                                           A

                  D
                                                                        B

                                                                        C

        1.4.1     Gee die LETTER en NAAM van die deel wat waarskynlik geaffekteer
                  word as iemand die volgende na ŉ besering ervaar:

                  (a)   Onvermoë om vloeiend te skryf                                     (2)

                  (b)   Onsamehangende spraak                                             (2)

                  (c)   Onreëlmatige asemhaling en hartklop                               (2)

        1.4.2     Verduidelik TWEE maniere waarop deel C teen beserings beskerm
                  word.                                                                   (4)

1.5     Teken ŉ volledige diagram met byskrifte van ŉ sensoriese neuron.                  (5)
                                                                                         [50]

                                                           TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              LEWENSWETENSKAPPE V1                       (EC/SEPTEMBER 2024)

AFDELING B

VRAAG 2

2.1     Lees die uittreksel hieronder.

        In Suid-Afrika vind jaarliks 84 000 vroeggebore geboortes plaas. Preterm
        (vroeggebore) babas is diegene wat lewendig gebore word voor die volle 40
        weke van swangerskap verstryk het.
        10% van hierdie babas wat gebore word, sal waarskynlik sterf of akute
        respiratoriese, neurologiese en oogprobleme ervaar in vergelyking met vol-
        termyn babas omdat hulle onderontwikkeld is.
        Die ‘biosak’ in die diagram hieronder het ten doel om ŉ kunsmatige
        baarmoeder te skep vir die ontwikkelende fetus om sy ontwikkeling voort te
        sit. Studies het getoon dat hierdie ‘biosak’ gebruik kan word om ŉ lam van al
        die nodige toestande te voorsien om tot die volle swanger termyn te dra.

                                                                      Dik
                                                                    Biobag
                                                                      plastieksak

                                                                      Fetus
                                                                    Fetus
                                                                     Naelstring
                                                                     aanhegting

                                                                    Inlaat vir
                                                                    gesuiwerde
                                                                    amniotiese
                                                                    vloeistof

                                                                  Oksigeneerder
        Intraveneuse sak (hormone,
        antistolmiddel en voedingstowwe)
                                                                                        4

        2.1.1   Bereken die getal vroeggebore babas, gebore in Suid-Afrika wat
                waarskynlik sal sterf of akute respiratoriese, neurologiese en
                oogprobleme ervaar.                                                         (3)

        2.1.2   Identifiseer EEN komponent van die ‘biosak’ en verduidelik hoe dit
                sou dien as die:

                (a)   Amnion                                                                (2)

                (b)   Plasenta                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                      LEWENSWETENSKAPPE V1                                 9

        2.1.3    Beskryf hoe die ‘biosak’ die risiko’s van onderontwikkelde organe by
                 vroeggebore babas kan uitskakel.                                            (3)

        2.1.4    Lys TWEE etiese kwessies wat oorweeg moet word voor die
                 bekendstelling van hierdie voortplantingstegnologie op menslike
                 proewe.                                                                     (2)

 2.2    Lees die uittreksel hieronder.

        Die rooi-kangaroe is die grootste van alle kangaroe-spesies en is endemies
        aan Australië. Tydens kopulasie stel die mannetjie semen binne-in die wyfie
        se liggaam vry en swangerskap duur 33 dae tot geboorte. Die blinde, naakte
        en stompbeen baba kangaroe moet op die ma se pels kruip na ŉ sakkie waar
        dit aan ŉ speen heg, wat voeding verskaf, en daar beskerm bly vir die
        volgende 190 dae totdat dit ŉ joey word. Op 235 dae is die joey gereed om
        die ma se sakkie voltyds te verlaat.

             Sakkie met ŉ
                 joey

        2.2.1    Identifiseer die tipe bevrugting wat in die rooi-kangaroe plaasvind.        (1)

        2.2.2    Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.2.1.                               (1)

        2.2.3    Identifiseer die voortplantingstrategie wat deur die rooi-kangaroe
                 gebruik word waar sy kleintjies lewendig gebore word.                       (1)

        2.2.4    Bespreek EEN ouerstrategie wat die rooi-kangaroe vertoon wat ŉ hoë
                 oorlewingsyfer van sy kleintjies verseker.                                  (2)

        2.2.5    Hoekom sou jy die rooi-kangaroe as altrisieël beskryf?                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                LEWENSWETENSKAPPE V1                          (EC/SEPTEMBER 2024)

2.3   Die diagram hieronder toon ŉ deursnit van die oog.

              A

              B

              C

      2.3.1       Gee die NAAM en EEN FUNKSIE van elk van die volgende dele:

                  (a)    A                                                                       (2)

                  (b)    B                                                                       (2)

      2.3.2       Polycoria is ŉ siekte wat deel C aantas. ŉ Persoon wat aan hierdie
                  siekte ly, het meer as een pupil. Elke pupil het sy eie stel sirkelvormige
                  spiere.

                  Bespreek kortliks hoe hierdie siekte visie sal beïnvloed.                      (3)

      2.3.3       Beskryf die veranderinge wat in die oog plaasvind wanneer ŉ persoon
                  op ŉ voorwerp wat drie meter weg is fokus.                                     (5)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                11

2.4    Die diagram hieronder toon die struktuur van die binneoor.

                                                                    A

                 E

                                                                        B

                                       C

       2.4.1    Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

                (a)   Vibrasies van gehoorbeentjies versamel en dit na drukgolwe
                      omskep                                                               (2)

                (b)   Die orgaan van Corti bevat                                           (2)

       2.4.2    Top ysfiguurskaatsers kan tot ses omwentelinge op hul liggaam se as
                per sekonde draai.

                Beskryf die rol van deel A in die handhawing van balans van hul
                liggaam terwyl hulle draai.                                                (4)

       2.4.3    Beskryf EEN strukturele geskiktheid van deel B om sy funksie uit te
                voer.                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            LEWENSWETENSKAPPE V1                          (EC/SEPTEMBER 2024)

2.5     Die eksperiment hieronder toon ŉ plant wat op ŉ roterende klinostaat, in ŉ
        donker kamer, geplaas is.

                                Permanente
                                  rotasie

                                                  Klinostaat

        2.5.1   Identifiseer die tropisme wat in hierdie eksperiment getoets word.           (1)

        2.5.2   Verduidelik die rigting van groei wat na verwagting in die wortel gesien
                sal word.                                                                    (3)

        2.5.3   Beskryf waarom die stingel van ŉ plant na ŉ eensydige lig sal groei.         (3)

        2.5.4   Noem TWEE verdedigingsmeganismes wat deur plante gebruik word
                om hulle teen diere wat hulle eet te beskerm.                               (2)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                                  13

VRAAG 3

3.1     Navorsers het die effek van mikroplastiese bioakkumulasie op manlike
        vrugbaarheidsvlakke by rotte ondersoek. Mikroplastiek is plastiek wat in
        mikrometergroottes afgebreek is, hulle kan nie deur die liggaam afgebreek en
        uitgeskei word nie, en sal dus mettertyd in die bloed toeneem. Dit staan as
        bioakkumulasie bekend.

        Die ondersoek is soos volg gedoen:
        •    60 manlike rotte, almal Albino Wistar sp. is gelykop in drie groepe verdeel.
        •    Rotte in al drie groepe was gesond en het dieselfde dieet gevolg.
        •    Groep 1 is daagliks drinkwater met 0,0 μm/ℓ mikroplastiek gevoer.
        •    Groep 2 is daagliks met besmette drinkwater bestaande uit 4 μm/ℓ mikro-
             plastiek gevoer.
        •    Groep 3 is daagliks met besmette drinkwater bestaande uit 10 μm/ℓ mikro-
             plastiek gevoer.
        •    Wetenskaplikes het toe die ondersoek oor ŉ tydperk van 90 dae
             uitgevoer.
        •    Elke 30 dae het wetenskaplikes bloedmonsters getrek en
             testosteroonvlakke (ng/mℓ) van 10 rotte is willekeurig binne elke groep
             getoets en ŉ gemiddelde per groep is bereken.
        Uitslae was soos volg:

                                       TESTOSTEROONVLAK (ng/ml)
                                   GROEP 1    GROEP 2    GROEP 3
                                   0,0 μm/ℓ    4 μm/ℓ     10 μm/ℓ
                 DAG 0             28 ng/mℓ   25 ng/mℓ   26 ng/mℓ
                 DAG 30            26 ng/mℓ   19 ng/mℓ   17 ng/mℓ
                 DAG 60            27 ng/mℓ   14 ng/mℓ    8 ng/mℓ
                 DAG 90            26 ng/mℓ   10 ng/mℓ   3 ng / mℓ

        3.1.1    Verduidelik EEN manier waarop die navorsers die betroubaarheid
                 van hul ondersoek verseker het.                                              (2)

        3.1.2    Identifiseer EEN manier waarop die navorsers die geldigheid van hul
                 resultate uit die navorsingsontwerp hierbo kon verhoog het.                  (1)

        3.1.3    Hoe is die afhanklike veranderlike in die ondersoek gemeet?                  (1)

        3.1.4    Verduidelik waarom Groep 1 in hierdie ondersoek belangrik was.               (3)

        3.1.5    Meld die gevolgtrekking vir die ondersoek.                                   (2)

        3.1.6    Beskryf die proses van spermatogenese.                                       (4)

        3.1.7    Hoe sou spermatogenese na 90 dae in Groep 3 beïnvloed word?                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              LEWENSWETENSKAPPE V1                          (EC/SEPTEMBER 2024)

3.2   Die diagram hieronder verteenwoordig die endokriene kliere van die menslike
      liggaam.

                                                                          A

                                                                        Frontale lob

                                                                          B

                                                                         C
                                                                         D

      3.2.1   Identifiseer kliere:

              (a)    C                                                                        (1)

              (b)    D                                                                        (1)

      3.2.2   Wat is die funksie van die ‘negatiewe terugvoermeganisme’ wat klier B
              reguleer?                                                                       (2)

      3.2.3   Verduidelik waarom klier D as beide ŉ endokriene en eksokriene klier
              beskryf kan word.                                                               (4)

      3.2.4   Beskryf hoe klier C glukose en suurstoftoevoer na die skeletspiere in ŉ
              noodgeval kan verhoog.                                                          (5)

      3.2.5   As gevolg van ŉ gewas wat in die frontale lob van die brein groei, kan
              oortollige vlakke van groeihormoon (GH) afgeskei word.

              (a)    Watter deel van die brein is verantwoordelik vir die afskeiding van
                     groeihormoon (GH)?                                                       (1)

              (b)    Noem EEN toestand wat oortollige vlakke van groeihormoon
                     (GH) by volwassenes sal veroorsaak.                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                                                   LEWENSWETENSKAPPE V1                               15

3.3 Die grafiek hieronder toon die veranderinge in vroulike hormone gedurende die
    menstruele siklus.

                                             OESTROGEEN, PROGESTEROON EN LUTEÏNISERINGS-
                                                   HORMOON OOR ʼN 28-DAG PERIODE
                                      100

      Hormoon konsentrasie (mIU/mL)
                                       90
                                       80
                                       70
                                       60
                                       50
                                       40
                                       30
                                       20
                                       10
                                        0
                                            1    3   5    7    9   11 13 14 15 17 19 21 23 25 27 28
                                                                             Dag
                                                Oestrogeen         Progesteroon  Luteïniseringshormoon

     3.3.1                                  Identifiseer die strukture wat … afskei.

                                            (a) estrogeen vanaf dag 1–13                                                 (1)

                                            (b) progesteroon vanaf dag 13–20                                             (1)

     3.3.2                                  Op watter dag het ovulasie plaasgevind?                                      (1)

     3.3.3                                  Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.2.                                  (1)

     3.3.4                                  Verduidelik waarom progesteroonvlakke na dag 21 hoog bly.                    (2)

     3.3.5                                  Hoekom is dit nie moontlik vir ŉ vrou om ŉ ander Graafse follikel tydens
                                            swangerskap te ontwikkel nie?                                                (4)

3.4 Gedurende periodes van intense oefening neem koolstofdioksiedvlakke in die
    bloed en die liggaam se temperatuur toe.

     3.4.1                                  Beskryf die homeostatiese beheer van koolstofdioksied wanneer dit te
                                            hoog in die bloed is.                                                        (7)

     3.4.2                                  Beskryf wat die effek op die atleet se liggaam sal wees as dit nie die
                                            temperatuur kan verlaag nie.                                                (3)
                                                                                                                       [50]

                                                                                           TOTAAL AFDELING B:           50
                                                                                               GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                                                        Blaai om asseblief

                                                         Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-memo-sept2023-afrikaans/4a6384bb-d099-47ae-9fde-15f096079e67) — Life Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Science P1 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p1-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
