# Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2019

                  LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                                *LFSCA1*

                     Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                 2

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 5.     Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

 6.     Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

 7.     Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

 8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
        NIE.

 9.     MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
        waar nodig.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                          LEWENSWETENSKAPPE V1                                  3

 AFDELING A
 VRAAG 1

 1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
       (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1    Watter EEN van die volgende vorm deel van die plasenta?

                A       Chorion
                B       Amnion
                C       Naelstring
                D       Uterus
       1.1.2    Die onderstaande lys verteenwoordig sekere voortplantingstrategieë by
                diere:
                (i)     Amniotiese eier
                (ii)    Uitwendige bevrugting
                (iii)   Ovipare ontwikkeling
                (iv)    Altrisiële ontwikkeling

                Watter van die bogenoemde strategieë is op hoenders van toepassing?

                A       Slegs (i) en (ii)
                B       Slegs (i) en (iii)
                C       Slegs (i), (ii) en (iii)
                D       Slegs (i), (ii) en (iv)
       1.1.3    Die onderstaande diagram verteenwoordig ŉ proses wat tydens meiose
                plaasvind.

                Watter EEN van die volgende stellings beskryf die proses korrek?

                A       Die proses is oorkruising en dit lei tot gamete wat geneties identies is
                B       Die proses is nie-disjunksie en dit lei tot gamete met dieselfde
                        chromosoomgetal
                C       Die proses is oorkruising en dit lei tot gamete wat geneties verskillend
                        is
                D       Die proses is nie-disjunksie en dit lei tot gamete met ’n abnormale
                        chromosoomgetal

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                                    4

       1.1.4    Die onderstaande tabel toon die gemiddelde lengte van menslike
                fetusse.

                      TYD (weke)                    FETALE LENGTE (cm)
                                               Vroulik               Manlik
                         8                        1                     1
                         16                      13                    14
                         24                      31                    33
                         36                      43                    46
                         40                      49                    51

                Watter van die volgende stellings oor die inligting in die tabel is korrek?

                A        Die vroulike fetusse groei teen dieselfde tempo as die manlike
                         fetusse.
                B        Die vroulike fetusse groei vinniger as die manlike fetusse.
                C        Die manlike fetusse groei vinniger as die vroulike fetusse in die
                         begin en aan die einde sal die vroulike fetusse vinniger groei as
                         die manlike fetusse.
                D        Die manlike fetusse groei vinniger as die vroulike fetusse.

       1.1.5    Die onderstaande diagram toon twee oë wat op voorwerpe, wat op
                verskillende afstande van die oog is, gefokus is.

                                      M N             O P
                                                                  X

                                      Q R             S T
                                                                 Y

                Die voorwerpe waarop oog X en Y gefokus is, is ...

                A        onderskeidelik N en R.
                B        onderskeidelik M en T.
                C        onderskeidelik O en S.
                D        onderskeidelik M en R.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                         LEWENSWETENSKAPPE V1                            5

       1.1.6     Die onderstaande diagram toon die ontwikkeling van ŉ sigoot in die
                 mens.

                                            Ontwikkeling van die sigoot

                               1            2        3       4        5     6

                 Die korrekte volgorde van die strukture is:
                 A       1, 4, 2, 3, 5, 6
                 B       6, 4, 2, 5, 3, 1
                 C       2, 4, 5, 1, 6, 3
                 D       2, 5, 4, 1, 6, 3
       1.1.7     Watter deel van die brein interpreteer inligting afkomstig van die
                 kristas?
                 A       Serebellum
                 B       Serebrum
                 C       Medulla oblongata
                 D       Corpus callosum
       1.1.8     Die aanvang van die voortplantingsouderdom word … genoem.
                 A       menstruasie
                 B       puberteit
                 C       menarg
                 D       menopouse
       1.1.9     Watter kombinasie van die onderstaande strukture dui die korrekte
                 volgorde aan waarlangs die sperm beweeg totdat dit die ovum van ŉ
                 vrou bereik?
                 A       Vagina → serviks → uterus → fallopiusbuis
                 B       Vagina → fallopiusbuis → serviks → uterus
                 C       Vagina → uterus → serviks → fallopiusbuis
                 D       Vagina → fallopiusbuis → uterus → serviks
       1.1.10    Die onderstaande lys toon die eienskappe van ŉ spermsel:
                 (i)     Kop met kern
                 (ii)    Ensiem-ryke struktuur in die kop
                 (iii)   Baie mitochondria
                 (iv)    Beweegbare stert
                 Watter van die bogenoemde eienskappe stel die spermsel in staat
                 om te beweeg?
                 A       Slegs (i), (iii) en (iv)
                 B       Slegs (ii), (iii) en (iv)
                 C       Slegs (ii) en (iii)
                 D       Slegs (iii) en (iv)
                                                                             (10 x 2)    (20)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                      6

 1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
       Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.2.1     Die gebruik van hulpbronne, op so ŉ wyse, dat hulle vir toekomstige
                 geslagte beskikbaar is

       1.2.2     Die hormoon wat die hoeveelheid sout in die bloed reguleer

       1.2.3     Die struktuur wat voedingstowwe aan die ontwikkelende embrio in
                 ovipare organismes verskaf

       1.2.4     ŉ Diagram wat die aantal en voorkoms van chromosome in 'n sel toon

       1.2.5     Die verdeling van die sitoplasma tydens seldeling

       1.2.6     Die soort bevrugting waar die          eiersel   binne   die    vroulike
                 voortplantingsorgane bevrug word

       1.2.7     Die vroulike orgaan waar meiose plaasvind

       1.2.8     Chemiese stowwe wat gebruik word om plae uit te wis

       1.2.9     Punte op homoloë chromosoompare waar oorkruising plaasvind

       1.2.10     Die struktuur, in die kop van die spermsel, wat ensieme bevat
                                                                             (10 x 1)          (10)

 1.3   Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I op SLEGS A, SLEGS B,
       BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II van toepassing is nie.
       Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
       (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                        KOLOM І                                   KOLOM ІІ
       1.3.1     Inhibeer die groei van sytakke    A:    Absissiensuur
                                                   B:    Ouksiene
       1.3.2     ŉ Struktuur betrokke by           A:    Allantoïs
                 gaswisseling in die amniotiese    B:    Amnion
                 eier
       1.3.3     Komponent(e) van die              A:    Perifere senuweestelsel
                 outonome senuweestelsel           B:    Somatiese senuweestelsel
                                                                              (3 x 2)           (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                          LEWENSWETENSKAPPE V1                              7

 1.4   Die onderstaande diagram verteenwoordig die bou (struktuur) van die manlike
       voortplantingstelsel.

                                                                                       G
               A

               B

               C                                                                       F

                                                                                       E
               D

       1.4.1       Gee byskrifte vir dele:

                   (a)   G                                                                     (1)

                   (b)   F                                                                     (1)

       1.4.2       Verskaf die LETTER en die NAAM van die strukture met die volgende
                   funksies:

                   (a)   Die gedeelte waar die spermselle volwasse word                        (2)

                   (b)   Die struktuur wat die temperatuur vir spermproduksie beheer           (2)

       1.4.3       Beskryf die gemeenskaplike funksie van dele A en B.                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                              8

 1.5   Die onderstaande diagramme toon verskillende fases tydens die meiose-
       proses.

                                 1                             2

                                  3                            4

       Gee die NOMMER van die fase waar:

       1.5.1    Die chromosome haploïed is                                                (1)

       1.5.2    Spoelvesels die chromosome na teenoorgestelde pole trek                   (1)

       1.5.3    Oorkruising plaasvind                                                     (1)

       1.5.4    ŉ Nuwe kernmembraan rondom ongerepliseerde chromosome vorm                (1)

       1.5.5    Die spoelvesels begin vorm                                                (1)

       1.5.6    Onwillekeurige/lukrake rangskikking van chromosoompare plaasvind          (1)

                                                            TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                  9

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1   ŉ Fabriek is op ŉ heuwel langs ŉ dam gebou, soos in die onderstaande diagram
       getoon. Die dam is ŉ bron van water vir ŉ informele nedersetting wat langs die
       fabriek gebou is. As gevolg van die aktiwiteite van die fabriek, word warm water
       vanaf die fabriek na die dam gepomp.

                         Fabriek                            Warm water wat van
                                                            die fabriek in die
                                                            waterbron vloei

                           Heuwel                          Waterbron

       2.1.1    Definieer die term termiese besoedeling.                                    (2)

       2.1.2    Verduidelik EEN voordeel van die dam vir die gemeenskap.                    (2)

       2.1.3    Die bestuur van die fabriek het ŉ verklaring uitgereik waarin daar gesê
                word dat die warm water wat in die dam gepomp word, geen invloed op
                die water en lewende organismes in die water het nie.

                Verduidelik TWEE redes waarom hierdie stelling onwaar is.                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                    10

 2.2   Die onderstaande diagram toon die proses van die kweekhuiseffek.

                          A

                                                  B

                                                       [Aangepas uit www.blogs.ntu.edu.sg]

       2.2.1    Die proses by B word veroorsaak deur ŉ toename in die konsentrasie
                van kweekhuisgasse, koolstofdioksied ingesluit.

                Noem TWEE menslike aktiwiteite wat ŉ toename                     in   die
                koolstofdioksiedkonsentrasie in die atmosfeer veroorsaak.                    (2)

       2.2.2    Beskryf wat by die volgende dele op die diagram gebeur:

                (a)   A                                                                      (1)

                (b)   B                                                                      (1)

       2.2.3    ŉ Toename in koolstofdioksiedkonsentrasie in die atmosfeer, lei tot ŉ
                verhoogde kweekhuiseffek wat verder ŉ verhoogde gemiddelde
                temperatuur van die aardoppervlak meebring, bekend as
                aardverwarming.

                Verduidelik TWEE uitwerkings (effekte) van die verhoging in die
                gemiddelde temperature op die aarde.                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                 11

 2.3   Gonadotropien-vrystellingshormoon is ŉ hormoon wat vrygestel word deur die
       hipotalamus by vroue. Dit sit ŉ reeks gebeure tydens die menstruele siklus aan
       die gang. Die onderstaande diagram is ŉ voorstelling van die stappe tydens die
       menstruele siklus by vroue.

                                        Hipotalamus

                              Gonadotropien-vrystellingshormoon

                                           Klier A

                                         FSH en LH

                                           Ovaria

                                                             [Aangepas uit www.open.edu]

       2.3.1    Benoem klier A.                                                             (1)

       2.3.2    Volgens die diagram, wat is die funksie van gonadotropien-vrystellings
                hormoon?                                                                    (2)

       2.3.3    Beskryf die effek van FSH op die ovaria.                                    (2)

       2.3.4    ŉ Ovulasie-indikatortoets kan gebruik word om die ovulasie-tydperk van
                ŉ vrou te voorspel. Dit meet die hoeveelheid LH in die bloed of urine.

                Verduidelik hoekom ŉ vrou wat swanger wil raak ŉ ovulasie-indikator-
                toets sal gebruik.                                                          (2)

       2.3.5    In sommige vroue word te min progesteroon afgeskei.

                Verduidelik EEN probleem wat dit kan veroorsaak in ŉ vrou wat swanger
                probeer raak.                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                    12

 2.4   Lees die volgende uittreksel oor motorneuronsiekte.

       Motorneuronsiektes (MNS’s) verwys na ŉ groep toestande wat veroorsaak dat
       die motoriese neurone in die senuwees van die rugmurg en brein hul funksie
       progressief verloor. MNS’s is ŉ skaars maar ernstige en ongeneeslike vorme van
       progressiewe neurodegenerasie(senuwee-agteruitgang). Motoriese neurone is
       senuweeselle wat impulse na die spiere stuur.

       Genetiese, virale en omgewingskwessies kan ŉ rol speel om MNS’s te
       veroorsaak. Motorneuronsiektes (MNSs) kan op enige ouderdom voorkom,
       maar die meeste pasiënte is ouer as 40 jaar as ŉ diagnose gemaak word. Dit
       raak mans meer as vroue.
                                                    [Aangepas uit www.medicalnewstoday.com]

       2.4.1    Volgens die uittreksel, wat is die definisie van motorneuronsiekte?            (1)

       2.4.2    Lys TWEE faktore vanuit die uittreksel wat motorneuronsiekte kan
                veroorsaak.                                                                    (2)

       2.4.3    Verduidelik die moontlike effek wat hierdie siekte op die refleksaksie sal
                hê indien ŉ persoon op 'n doring sou trap.                                     (3)

       2.4.4    Teken ŉ diagram met byskrifte van ŉ motoriese neuron.                          (4)

 2.5   Een van die gebreke van die oog is astigmatisme.

       2.5.1    Beskryf hoe astigmatisme veroorsaak word.                                      (2)

       2.5.2    Beskryf hoe astigmatisme behandel kan word.                                    (1)

       2.5.3    Noem TWEE defekte van die oog wat met die lens geassosieer word.               (2)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                                                    LEWENSWETENSKAPPE V1                                     13

 VRAAG 3

 3.1   ŉ Ondersoek is deur wetenskaplikes gedoen om die effek van ŉ lae GI-ontbyt
       en ŉ hoë GI-ontbyt op die gemiddelde bloedglukosekonsentrasie van vroue te
       bepaal.

       LET WEL:
         • Hoë GI-voedsel word vinnig verteer en geabsorbeer.
         • Lae GI-voedsel word stadig verteer en geabsorbeer.
         • GI is die Glikemiese Indeks van ŉ persoon. Glikemiese Indeks is ŉ syfer
            wat die relatiewe vermoë van koolhidraatvoedsel, om die vlak van glukose
            in die bloed te verhoog, voorstel.

       Die volgende stappe is tydens die ondersoek gevolg:

       •    Tien vroue tussen die ouderdomme van 28 en 30, het vrywillig deelgeneem.
       •    Die bloedglukosekonsentrasie van elke vrou is gemeet voordat hulle ontbyt
            geëet het.
       •    Nadat hulle ontbyt geëet het, is die bloedglukosekonsentrasie met intervalle
            van 15 minute, oor ŉ tydperk van 120 minute, gemeet.

       Die resultate van hierdie ondersoek word in die onderstaande grafiek
       voorgestel.

                                                  G ra fi e k va n di e ge mi dde l de bl oe dgl uk os e vl a k
                                                       va n 1 0 vroue na ontbyt oor 1 2 0 mi nute
                                                                        Low GI        High GI

           Gemiddelde bloedglukosevlakke na
                                              9                                                         Hoë GI
                                              8
                                              7
                                              6
                                              5
                                              4                                                  Lae GI

                    ete (mmol / ℓ)
                                              3
                                              2
                                              1
                                              0
                                                  0      15       30      45        60     75      90      105        120
                                                                               Tyd (minute)

                                                                                             [Aangepas uit www.ncbi.nih.gov]

       3.1.1                            Verduidelik EEN moontlike rede waarom bloedmonsters geneem is
                                        voordat hulle ontbyt geëet het.                                                          (2)

       3.1.2                            Gee die onafhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek.                                 (1)

       3.1.3                            Gee die bloedglukosekonsentrasie, in mmol/ℓ, 45 minute nadat ŉ hoë GI-
                                        ontbyt geëet is.                                                                         (1)
Kopiereg voorbehou                                                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                     LEWENSWETENSKAPPE V1                                 14

       3.1.4    Met verwysing na die grafiek, beskryf die verskil tussen die effek van die
                eet van lae GI-voedsel in vergelyking met die eet van hoë GI-voedsel op
                die bloedglukosevlakke van die vroue.                                         (2)

       3.1.5    Noem die hormoon wat deur die pankreas afgeskei word, wat die
                uitwerkings op die bloedglukosevlakke het, soos in die grafiek getoon
                van 45 tot 120 minute.                                                        (1)
       3.1.6    Verduidelik die effek van ŉ hoë-GI ontbyt op die afskeiding van die
                hormoon in VRAAG 3.1.5 genoem.                                                (2)
       3.1.7    Ses maande later het die wetenskaplikes besluit om die ondersoek te
                herhaal. Vyf addisionele vroue het as ’n kontrolegroep by die ondersoek
                aangesluit en het nie ontbyt geëet nie.

                (a)    Gee EEN rede waarom die wetenskaplikes besluit het om die
                       ondersoek te herhaal.                                                  (1)

                (b)    Verduidelik die belangrikheid van ŉ kontrolegroep vir hierdie
                       ondersoek.                                                             (2)
       3.1.8    Gee TWEE maniere waarop die wetenskaplikes die geldigheid van die
                oorspronklike ondersoek verseker het.                                         (2)

 3.2   ŉ Groep graad 12-leerders het die volgende apparaat in hul klaskamer opgestel.
       Hulle het twee plante gebruik. Een is op ŉ roterende klinostaat geplaas (Diagram
       A) en die ander een het stilgestaan (Diagram B).Hulle het die apparaat, in hierdie
       posisies,vir twee weke in ŉ donker kas gelos, voordat die waarnemings soos in
       die onderstaande diagram aangedui, gemaak is.

       LET WEL: ŉ Klinostaat is ŉ apparaat wat in staat is om te roteer.

                                                         Klinostaat
                                   c

                              A                                       c

                                                          B

       3.2.1    Watter tipe plantgroeibeweging is waargeneem?                                 (1)
       3.2.2    Verduidelik kortliks die resultate in:
                (a)    A                                                                      (3)
                (b)    B                                                                      (4)
       3.2.3    Noem EEN rede waarom die apparaat vir die duur van die ondersoek in
                ŉ donker kas geplaas is.                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                   LEWENSWETENSKAPPE V1                                     15

 3.3   Uitheemse indringerplante kan tot die verlies van biodiversiteit lei.

       3.3.1    Noem DRIE maniere waarop uitheemse indringerplante beheer kan
                word.                                                                           (3)

       3.3.2    Verduidelik hoe uitheemse indringerplante tot die verlies van
                biodiversiteit kan lei.                                                         (2)

       3.3.3    Behalwe indringerplante, noem TWEE ander oorsake vir die verlies van
                biodiversiteit.                                                                 (2)

 3.4   Die onderstaande diagram toon die struktuur van ŉ menslike oor.

                                                              C          D          E

                                           G
                                           F

       3.4.1     Gee byskrifte vir:
                 (a)   A                                                                        (1)
                 (b)   C                                                                        (1)
                 (c)   D                                                                        (1)

       3.4.2     Identifiseer die LETTER wat die gehoorsenuwee verteenwoordig.                  (1)
       3.4.3     Noem die tipe neuron wat in die gehoorsenuwee aangetref word.                  (1)

       3.4.4     Verduidelik die belangrikheid daarvan dat die strukture gemerk C in
                 verskillende vlakke gerangskik is.                                             (2)
       3.4.5     Indien ŉ persoon na aan ŉ bomontploffing is, word ŉ aansienlike
                 hoeveelheid druk op die oor uitgeoefen.

                 Verduidelik die effek wat dit op die gehoorproses sal hê.                      (3)
                                                                                               [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                  LEWENSWETENSKAPPE V1                                 16

 AFDELING C

 VRAAG 4

 ŉ Marathon-hardloper het deelgeneem aan ŉ wedren wat voor sonsopkoms begin
 het.

 Beskryf hoe haar liggaamstemperatuur en waterbalans gedurende die wedren
 gereguleer is. Beskryf ook die veranderinge wat in haar oë plaasgevind het soos die
 son voor haar opgekom het.

                                                                              Inhoud: (17)
                                                                              Sintese: (3)

 LET WEL:       Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van tabelle of
                diagramme nie.

                                                              TOTAAL AFDELING C: 20
                                                                  GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-sept2019-afrikaans-final/88f6122c-22ff-4c15-93fa-fe3e2368921c) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-memo-sept2023-afrikaans/4a6384bb-d099-47ae-9fde-15f096079e67) — Life Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
