# Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2012 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC Supplementary 2012 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2012-afr-version-2/14d134e9-fba5-47bc-851d-966ce297c88b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC Supplementary
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2012-afr-version-2/14d134e9-fba5-47bc-851d-966ce297c88b)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary · 2012. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                          LEWENSWETENSKAPPE V2

         WEERGAWE 2 (OU INHOUD) VIR DEELTYDSE KANDIDATE

                            FEBRUARIE/MAART 2012

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 2) (Deeltyds)    2                         DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                               NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op elke vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.       ALLE sketse moet met 'n potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
         swart ink.

7.       Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 2) (Deeltyds)    3                              DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                               NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die
         vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.5) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
         1.1.6 D.

           1.1.1     Makro-evolusie is a term wat … omskryf.

                     A 'n toename in die grootte van individue van 'n bevolking oor 'n
                       lang tydperk
                     B die proses wat lei tot die vorming van nuwe genera en families
                       van organismes
                     C 'n geleidelike verandering in die aantal spesies wat in die
                       fossielrekord gevind word
                     D veranderinge wat sonder 'n mikroskoop gesien kan word

           1.1.2     Twee individue is heel moontlik lede van dieselfde spesie as
                     hulle ...

                     A    'n verskillende aantal chromosome besit.
                     B    kan paar en 'n vrugbare nageslag produseer.
                     C    op verskillende tye teel.
                     D    fenotipies verskillend is.

           1.1.3     Die volgende lys verwys na gebeure in die natuur:

                     1.   Ewekansige versmelting van gamete
                     2.   Ewekansige verskeidenheid chromosome
                     3.   Mutasies
                     4.   Die proses van oorkruising

                     Die gebeure wat tot genetiese variasie lei, sluit … in.

                     A    1, 2, 3 en 4
                     B    slegs 1, 2 en 4
                     C    slegs 4
                     D    slegs 1, 2 en 3

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 2) (Deeltyds)                             4                     DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                                                        NSS

         1.1.4                   Een manier om die ouderdom van 'n fossiel te bepaal, is om die
                                 tempo van verval van koolstof-14 te gebruik. Die grafiek hieronder
                                 toon hoe koolstof-14 mettertyd verval.

                                                           Koolstof-14 verval mettertyd

                     Hoeveelheid oorspronklike
                                                 100
                                                  90
                                                  80
                                                  70
                                                  60
                                                  50
                                                  40

                          koolstof-14 (%)
                                                  30
                                                  20
                                                  10
                                                   0
                                                       0        1         2      3        4    5         6
                                                                         Tyd (x 10 000 jaar)

                                 Daar is gevind dat 30% van 'n fossielslak se koolstof-14 oorgebly
                                 het. Volgens die grafiek hierbo is die ouderdom van die fossiel
                                 ongeveer …

                                 A               5 000 jaar.
                                 B               15 000 jaar.
                                 C               10 000 jaar.
                                 D               20 000 jaar.

         1.1.5                        Die volgende stappe vind tydens eutrofikasie plaas as gevolg van
                                      die oormatige gebruik van kunsmis:

                                      1. Akwatiese alge groei vinnig
                                      2. Bakterieë gebruik suurstof op
                                      3. Oormaat nitrate en fosfate word in die rivier vrygestel
                                      4. Bakterieë ontbind dooie alge
                                      5. Visse versmoor en sterf

                                      Die korrekte volgorde waarin eutrofikasie plaasvind is …

                                  A              3     4   1        5     2
                                  B              5     3   2        4     1
                                  C              5     2   3        1     4
                                  D              3     1   4        2     5                               (5 x 2)       (10)

Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 2) (Deeltyds)    5                        DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                               NSS

  1.2     Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
          slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.6) in jou
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1      Afval wat nie deur ontbinders afgebreek kan word nie

          1.2.2      'n Studie van spesies in soortgelyke biome regoor die wêreld

          1.2.3      Spesies wat nie meer op die Aarde gevind word nie

          1.2.4      Strukture, oorgeërf van die voorouer, wat klein en swak ontwikkel
                     is en geen nuttige funksie het nie

          1.2.5      Die verskeidenheid verskillende spesies wat in 'n gebied leef

          1.2.6      Die opbreek van Pangaea om verskillende landmassas te vorm                  (6)

  1.3     Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
          SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II. Skryf
          slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
          (1.3.1 tot 1.3.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                         KOLOM I                                      KOLOM II
        1.3.1 Organismes het 'n inherente/interne        A: Lamarck
              wilskrag om te verander                    B: Darwin
        1.3.2 Vergelykende embriologie                   A: Rugkoord
                                                         B: Buisvormige hart
        1.3.3 Australopitekane wat in Suid-Afrika        A: Little Foot
              gevind is                                  B: Mrs Ples
        1.3.4 Datering van fossiele deur die             A: Relatiewe datering
              ouderdom van een fossiel met 'n ander      B: Radiometriese datering
              een te vergelyk
        1.3.5 Bewys vir evolusie met gebruik van         A: Verskillende metaboliese roetes
              vergelykende biochemie                     B: Identiese proteïene
        1.3.6 Voortplanting tussen organismes wat        A: Uitteling
              nabyverwant is                             B: Inteling
        1.3.7 Beïnvloed deur omgewings-                  A: Spesiasie
              veranderinge                               B: Uitwissing van spesies
                                                                                 (7 x 2)    (14)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 2) (Deeltyds)                6                                              DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                                           NSS

1.4                 Bestudeer die diagram hieronder wat die relatiewe aantal spesies in die vyf
                    vertebraatklasse (visse, amfibieë, reptiele, voëls en soogdiere) toon. Die
                    afstand tussen die twee lyne in elke klas gee 'n aanduiding van die aantal
                    spesies.

                                                Tyd
      ERA                     Periode         (miljoen                              Vertebraatfossiele
                                            jaar gelede)

      KAINOSOÏ
                                                                                                                          Soogdiere
                       Kwartêr
                                                                                                         Voëls
        -KUM           Tersiêr
                                            100
                       Kryt
      MESOSOÏ-                              200

                                                                                        Reptiele
                       Jura
        KUM
                       Trias
                                            300

                                                                         Amfibieë
                       Permies

                       Karboon

      PALEOSOÏKUM
                                            400
                       Devoon                                    Visse

                       Siluur
                                            500
                       Ordovisium

                       Kambrium
                                            600
                       Prekambrium

                    1.4.1       Gedurende watter geologiese              periode                   was           die   meeste
                                reptielspesies teenwoordig?                                                                           (1)

                    1.4.2       Beskryf die veranderinge in die getal van reptiel- en soogdier-
                                spesies tydens die Tersiêre Periode.                                                                  (4)

                    1.4.3       Noem TWEE vertebraatklasse wat eerste ontwikkel het.                                                  (2)

                    1.4.4       Gebruik die inligting in die diagram om te verduidelik watter TWEE
                                van die drie klasse (voëls, reptiele en soogdiere) die naaste aan
                                mekaar verwant is.                                                                                    (3)
                                                                                                                                      (10)

Kopiereg voorbehou                                                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 2) (Deeltyds)    7                         DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                               NSS

1.5      'n Tipe bakterie, genoem Escherichia coli (E. coli), leef normaalweg in die
         dikderm van die mens. Om te bepaal of E. coli in water teenwoordig is, word
         'n chemiese indikator gebruik.

         As die chemiese indikator van 'n helderrooi kleur na 'n wolkerige geel kleur
         verander, is E. coli teenwoordig.

         In 'n ondersoek wat deur 'n groep graad 12-leerders gedoen is, is monsters
         uit DRIE riviere (X, Y en Z) geneem en vir die teenwoordigheid van E. coli
         getoets. Monsters is uit elke rivier geneem en in glasbottels wat helderrooi
         indikatoroplossing bevat het, geplaas. Die bottels is toe vir twee dae by 37 oC
         geïnkubeer/gehou.

         Die resultate van die ondersoek word in die tabel hieronder getoon.

                       Tydperk        Kleur van chemiese indikator
                                     Rivier X   Rivier Y    Rivier Z
                     Voor inkubasie Helderrooi Helderrooi Helderrooi
                     Na inkubasie   Helderrooi Wolkerige Helderrooi
                                               geel

         1.5.1        Verduidelik TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls wat die leerders
                      moet neem wanneer die ondersoek uitgevoer word.                            (4)

         1.5.2        Gee EEN rede vir die inkubasie van die monster by 37 oC.                   (2)

         1.5.3        Watter rivier(e) (X, Y of Z) het die teenwoordigheid van E. coli
                      getoon?                                                                    (1)

         1.5.4        Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 1.5.3 hierbo.                        (1)

         1.5.5        Gee TWEE redes vir die teenwoordigheid van E. coli in riviere.             (2)
                                                                                                 (10)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 2) (Deeltyds)                    8                            DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                                               NSS

AFDELING B
VRAAG 2

2.1                        Ligene is klein, ligkleurige organismes wat as besoedelingsindikators gebruik
                           kan word. Ligene floreer normaalweg in landelike gebiede maar kom nie
                           gewoonlik in industriële gebiede, wat gewoonlik naby aan die middestad is,
                           voor nie. Die grafiek hieronder toon die getal wit en donker motte sowel as die
                           getal ligene op verskillende afstande van 'n middestad af aan.

                                        Getal motte en ligene op verskillende afstande
                                                     vanaf 'n middestad

                         100
                          90
                          80

      Getal organismes
                          70
                          60                                                                  Ligene
                          50                                                                  Wit motte
                          40                                                                  Donker motte
                          30
                          20
                          10
                           0
                                   20        40        60       80       100       120
                                            Afstand vanaf middestad (km)

                           2.1.1        Op watter afstand vanaf die middestad is die getal wit en donker
                                        motte en ligene dieselfde?                                                  (1)

                           2.1.2        Beskryf die verhouding tussen die verspreiding van ligene, donker
                                        motte en wit motte soos wat die afstand vanaf die middestad
                                        toeneem.                                                                    (4)

                           2.1.3        Verduidelik waarom ligene nie in industriële gebiede groei nie.             (2)

                           2.1.4        Voorspel hoe die bevolking van wit en donker motte sal verander
                                        as besoedeling in die industriële gebied verminder word.                    (2)

                           2.1.5        Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.1.4.                                    (4)
                                                                                                                    (13)

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 2) (Deeltyds)    9                         DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                               NSS

2.2      Twee studente besluit om die effek van verskillende konsentrasies
         natriumdisulfaat op die ontkieming van hawermoutsade te ondersoek. Vyf
         stelle bakkies, elk met 20 ontkiemende sade, is gebruik vir elk van die
         verskillende konsentrasies van natriumdisulfaatoplossing.

         Die tabel hieronder toon die resultate na een week.

              Konsentrasie            Getal ontkiemende sade             Ontkieming
             natriumdisulfaat             (vyf herhalings)             (gemiddelde %)
                   (%)
                   0,00                19      19    17   20   18               93
                   0,05                16      17    15   15   17               80
                   0,10                12      13    14   11   12               X
                   0,50                0       1      0    0    1               2
                   2,50                0       0      0    0    0               0

         2.2.1       Formuleer 'n moontlike hipotese vir hierdie ondersoek.                        (2)

         2.2.2       Noem die onafhanklike veranderlike in hierdie ondersoek.                      (1)

         2.2.3       Noem TWEE faktore wat saadontkieming kan beïnvloed en wat
                     tydens hierdie ondersoek konstant gehou moet word.                            (2)

         2.2.4       Waarom is die ondersoek vyf keer by elke konsentrasie herhaal?                (2)

         2.2.5       Bereken X in die tabel hierbo. Toon ALLE bewerkings.                          (2)

         2.2.6       Watter bewys uit die resultate in die tabel toon dat natriumdisulfaat
                     die ontkieming van hawermoutsade beïnvloed?                                   (2)
                                                                                                   (11)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 2) (Deeltyds)    10                   DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                               NSS

2.3      Hieronder is 'n reeks diagramme (A, B en C) wat die veranderinge in 'n
         bevolking kaktusplante wat deur bokke gevreet word oor 'n tydperk toon.

                      A
                                                         dorings

                      B

                      C

         2.3.1       Watter evolusionêre proses word deur die diagramme hierbo
                     verteenwoordig?                                                        (1)

         2.3.2       Gebruik die diagramme A, B en C hierbo om die proses genoem in
                     VRAAG 2.3.1 te verduidelik.                                            (5)
                                                                                            (6)
                                                                                            [30]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 2) (Deeltyds)    11                         DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                               NSS

VRAAG 3

3.1      Bestudeer die basiese planne van drie verskillende vertebraatledemate soos
         hieronder getoon.

                                                            Radius
                                                     Ulna                            Vingers

                                     Humerus
           Humerus

                                                      Vlermuis

           Radius                                                           Dun membraan

           Ulna
                                                       Radius

                                           Humerus               Karpale
           Karpale
                                                                                Kloue
           Vingers
                                                      Ulna

                  Algemene voorste
                                                     Mol         Vingers
                  ledemaat van 'n
                  soogdier

                       Basiese planne van die verskillende vertebraatledemate

         Daar word gesê dat die ledemate verteenwoordig in die diagram homoloë
         strukture is.

         3.1.1       Wat verstaan jy onder die konsep homoloë?                                   (2)

         3.1.2       Verduidelik EEN manier waarop die ledemaat van die vlermuis vir
                     beweging aangepas is.                                                       (2)
                                                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 2) (Deeltyds)    12                       DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                               NSS

3.2      Die diagramme hieronder verteenwoordig die skedels van twee organismes,
         'n moderne mens en 'n gorilla. Die pyltjies toon die posisies van die foramen
         magnum aan. Bestudeer die diagramme, wat volgens skaal geteken is, en
         beantwoord die vrae wat volg.

                             Organisme A                       Organisme B

         3.2.1       Identifiseer elk van die organismes wat deur A en B onderskeidelik
                     verteenwoordig word.                                                      (2)

         3.2.2       Tabuleer VIER sigbare verskille tussen die skedels van organisme
                     A en B.                                                                   (9)

         3.2.3       Watter organisme is tweevoetig/bipedaal vir die grootste gedeelte
                     van sy volwasse lewe?                                                     (1)

         3.2.4       Verduidelik TWEE moontlike voordele van tweevoetigheid/
                     bipedalisme vir die organisme waarna in VRAAG 3.2.3 verwys
                     word.                                                                     (4)

         3.2.5       Noem enige EEN ooreenkoms tussen organisme A en B wat 'n
                     kenmerk van primate is.                                                   (1)
                                                                                               (17)

3.3      Gebaseer op fossielbewyse weet ons dat dinosourusse amper 65 miljoen jaar
         gelede uitgewis is. Die ouderdom van fossiele kan deur die gebruik van
         koolstof of uranium bepaal word. Die halflewe van koolstof-14 is 5 730 jaar
         en die halflewe van uraan is 700 miljoen jaar. Halflewe verwys na die tyd
         wat dit neem vir die helfte van die oorspronklike hoeveelheid koolstof of uraan
         om af te breek.

         Verduidelik watter een van koolstof-14 of uraan gebruik moet word om die
         ouderdom van dinosourusfossiele te bereken.                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 2) (Deeltyds)    13                              DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                               NSS

3.4        Die diagram hieronder toon 'n filogenetiese boom gebaseer op
           DNS/DNA-ooreenkomste. Die persentasie langs elke tak toon die
           hoeveelheid verskille in die genoom (DNS/DNA-nukleotiedvolgorde) van die
           twee groepe wat vergelyk word.

                                                                                         Mens
                                                                             1,4%        Dwergsjimpansee
                                                                   C                     Algemene sjimpansee
                                                                       1,6%
                                                          B
                                                              3,6%                       Gorilla
                                               A                                         Orangoetang
                                                   5,7%
                                     7,9%                                                Gibbon

       13,0%                                                                             Ouwêreldse aap

                                                                                         Nuwewêreldse aap
      40       35      30       25       20          15       10         5           0

                      Miljoene jaar gelede ('mya')

                     'n Filogenetiese boom gebaseer op DNS/DNA-ooreenkomste

           3.4.1      Vanaf die diagram bepaal hoe lank gelede mense en sjimpansees
                      'n gemeenskaplike voorouer gedeel het.                                             (2)

           3.4.2      Watter gemeenskaplike voorouer (A, B of C) word deur gibbons
                      en gorillas gedeel?                                                                (1)

           3.4.3      Watter organisme is die naaste aan die mens verwant?                               (1)

           3.4.4      Wat is die DNS/DNA-ooreenkoms tussen die genome van die
                      sjimpansee en die mens?                                                            (2)
                                                                                                         (6)
                                                                                                         [30]

                                                                       TOTAAL AFDELING B:                60

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 2) (Deeltyds)    14                       DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                               NSS

AFDELING C

VRAAG 4

4.1      Die tabel hieronder toon die gemiddelde getal van twee visspesies, harings
         en kabeljoue, wat in 'n enkele net per jaar, oor 'n tydperk van agt jaar, gevang
         is.

                                            Vangste per net
                                             (duisende ton)
                              Jaar       Haring        Kabeljou
                               1          370             145
                               2          150             120
                               3          110              80
                               4          105              60
                               5           85              50
                               6           70              45
                               7           65              50
                               8           70              60

         4.1.1       Trek TWEE lyngrafieke op dieselfde assestelsel met gebruik van
                     die inligting in die tabel hierbo.                                         (12)

         4.1.2       Beskryf hoe die vangs per net van die haringbevolking gedurende
                     die agt jaar verander het.                                                 (4)

         4.1.3       Noem enige TWEE bestuurstrategieë wat die oorbenutting van
                     bronne, soos harings en kabeljoue, kan voorkom.                            (2)
                                                                                                (18)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 (Weergawe 2) (Deeltyds)    15                       DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                               NSS

4.2      Bestudeer die paragraaf hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Die Afrika-aartappel (Hypoxis hemerocaluidea) word algemeen vir
         tradisionele medisyne in Suid-Afrika gebruik en word as 'n natuurlike hulpbron
         beskou. Dit word kommersieel gebruik om menslike siektes soos testikulêre
         gewasse, vergroting van die prostaatklier, urienweginfeksies en maagpyn te
         behandel. Dit word ook as ’n lakseermiddel gebruik.
         Navorsing het getoon dat 73 ton of 428 000 bolle elke jaar deur sangomas en
         insamelaars in KwaZulu-Natal geoes word. Bewerings dat die Afrika-
         aartappelekstrak gebruik kan word om siektes soos MIV/Vigs en kanker te
         genees, het hierdie tradisionele medisyne onder die vergrootglas geplaas.

                                                               [Bron: www.kznwildlife.com]

         4.2.1       Noem TWEE mediese toestande wat met die Afrika-aartappel
                     behandel kan word.                                                       (2)
         4.2.2       Noem DRIE strategieë om die oorbenutting van plante soos die
                     Afrika-aartappel te voorkom.                                             (3)
         4.2.3       Noem TWEE gevolge vir die oorbenutting van plante soos die
                     Afrika-aartappel.                                                        (2)
                                                                                              (7)

4.3      Verduidelik VIER strategieë wat jy sou gebruik vir die bestuur van soliede
         afval as jy as die hoof van afvalbewerking in jou dorp/stad aangestel sou
         word.                                                              Inhoud            (12)
                                                                            Sintese           (3)
                                                                                              (15)

         LET WEL:      GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van diagramme
                       en vloeidiagramme toegeken word NIE.

                                                              TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                  GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 Feb-March 2012 Eng Version 1](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2012-eng-version-1/ed007fd2-2cd3-4524-9232-4058398d68d5) — Life Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Life Sciences P2 Feb-March 2012 Memo Eng Version 2](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2012-memo-eng-version-2/62f5811f-5098-444d-bb69-1c480216bf8f) — Life Sciences · Memo · 2012 · Eng
- [Life Sciences P2 Feb-March 2013 Version 2 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2013-version-2-eng/7d4fd245-1073-4172-8973-11c298679339) — Life Sciences · QP · 2013 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2012 Version 1 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2012-version-1-memo-eng/53ca076c-094d-47ab-a446-eeba15e9b01d) — Life Sciences · Memo · 2012 · Eng
- [Life Sciences P1 Nov 2012 Version 1 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-nov-2012-version-1-eng/85605d81-57ce-4bb8-9be6-eaa17806c770) — Life Sciences · QP · 2012 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/13d7c9c8-15ee-4ae8-9e7d-b86c6cb669b9) — Life Sciences · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
