# Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2016-afr/e0fb0ae7-170d-4d36-ad0e-94c77e8cfe6a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2016-afr/e0fb0ae7-170d-4d36-ad0e-94c77e8cfe6a)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           LEWENSWETENSKAPPE V2

                            FEBRUARIE/MAART 2016

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                       2                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae begin beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
         swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          3                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die
         vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
         1.1.11 D.

         1.1.1        Watter EEN van die volgende kombinasies lei tot genetiese
                      variasie in organismes?

                      A   Mitose; geslagtelike voortplanting; mutasies
                      B   Meiose; ongeslagtelike voortplanting; mutasies
                      C   Mitose; meiose; geslagtelike voortplanting
                      D   Meiose; geslagtelike voortplanting; mutasies

         1.1.2        Die oorerwing van een kenmerk is nie afhanklik van die oorerwing
                      van 'n ander kenmerk nie. Dit verteenwoordig ...

                      A   Mendel se wet van dominansie.
                      B   die wet van kodominansie.
                      C   die beginsel van variasie.
                      D   Mendel se beginsel van onafhanklike sortering.

         1.1.3        By bye is vroulike bye diploïed en manlike bye haploïed. Vroulike
                      en manlike bye produseer haploïede gamete.

                      Dit beteken dat ...

                      A   vroulike bye gamete deur mitose produseer.
                      B   manlike bye gamete deur meiose produseer.
                      C   manlike bye gamete deur mitose produseer.
                      D   vroulike bye die helfte van die chromosome van manlike
                          bye het.

         1.1.4        By muise produseer die genotipe yy 'n grys pels en Yy produseer
                      'n geel pels. Die genotipe YY lei tot die dood in die vroeë
                      embrioniese stadiums.

                      'n Geel vroulike muis word met 'n geel manlike muis gepaar.
                      Watter van die volgende toon die korrekte verhouding van geel tot
                      grys nageslag wat lewendig gebore kan word?

                      A   1:1
                      B   1:3
                      C   2:1
                      D   3:1

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             4                       DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                NSS

         1.1.5        Die diagram hieronder toon oorkruising.

                                          C              D

                                     A    A               a AA
                                     B    B               b  b

                                                 P
                                                         RR   RR
                                     r     R         r        CR
                                           B
                                     t     DT        t        t
                                     B
                                       D
                      Watter EEN van die volgende kombinasies allele sal in
                      chromatied C teenwoordig wees nadat oorkruising by punt P
                      plaasgevind het?

                      A   Aart
                      B   abrT
                      C   ABRt
                      D   ABRT

         1.1.6        Die diagram hieronder toon die bloedtipes van twee ouers.

                                                O         A

                      Die enigste moontlike bloedtipe(s) van die nageslag in die eerste
                      generasie (F1) is …

                      A   AB en O.
                      B   A en O.
                      C   slegs A.
                      D   A en B.

         1.1.7        Die struktuur van DNS/DNA is bepaal deur X-straalfoto's te gebruik
                      wat deur ... geneem is.

                      A   Watson en Crick
                      B   Franklin en Wilkins
                      C   Watson en Franklin
                      D   Crick en Franklin
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                5                                 DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                   NSS

         1.1.8        Bruin oogkleur by mense is dominant oor blou oogkleur. 'n Man
                      met bruin oë trou met 'n vrou met blou oë. Hulle het 'n seun met
                      bruin oë en 'n dogter met blou oë.

                      Ons kan aflei dat ...

                      A     die man nie die kinders se ware pa is nie.
                      B     die man heterosigoties vir oogkleur is.
                      C     oogkleur geslagsgekoppeld is.
                      D     beide ouers homosigoties vir oogkleur is.

         1.1.9        'n Moontlike verduideliking vir 'n waarneming wat getoets kan word,
                      staan as 'n ... bekend.

                      A     feit
                      B     wet
                      C     teorie
                      D     hipotese

         1.1.10       Gemeenskaplike     strukturele     kenmerke     tussen   groepe
                      dinosourusse is gebruik om die filogenetiese stamboom hieronder
                      op te stel.

                          Plateosourus   Stegosourus   Parasourolofus   Trikeratops   Pagisefalosourus

                                         s                              s

                      Die twee groepe dinosourusse wat die meeste kenmerke in
                      gemeen het, is ...

                      A     Trikeratops en Pagisefalosourus.
                      B     Parasourolofus en Trikeratops.
                      C     Stegosourus en Parasourofolus.
                      D     Plateosourus en Stegosourus.                                      (10 x 2)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          6                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
         slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Die tipe oorerwing waar die dominante alleel die resessiewe alleel
                      in die heterosigotiese toestand onderdruk

         1.2.2        Die proses waardeur geneties identiese organismes deur die
                      gebruik van biotegnologie gevorm word

         1.2.3        'n Groep organismes van dieselfde spesie in 'n spesifieke habitat

         1.2.4        Die tipe visie wat ape en mense in gemeen het en wat
                      dieptewaarneming moontlik maak

         1.2.5        Die familie waaraan mense behoort

         1.2.6        'n Menslike afwyking wat deur              die   nie-disjunksie    van
                      chromosoompaar 21 veroorsaak word

         1.2.7        Die stadium in proteïensintese waartydens mRNS/mRNA uit
                      DNS/DNA vorm

         1.2.8        Strukture in verskillende organismes wat 'n soortgelyke basiese
                      plan het, wat impliseer dat hulle 'n gemeenskaplike voorouer het

         1.2.9        Die posisie van 'n geen op 'n chromosoom

         1.2.10       Die tipe variasie in 'n bevolking met geen intermediêre fenotipes
                      nie                                                      (10 x 1)            (10)

1.3      Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I op SLEGS A, SLEGS B,
         BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II van toepassing is
         nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                          KOLOM I                                  KOLOM II
         1.3.1       Voortplantings-               A:   Blom verskillende tye van die jaar
                     isoleringsmeganismes by       B:   Aanpassing by verskillende
                     plante                             bestuiwers
         1.3.2       Bewyse van evolusie           A:   Biogeografie
                                                   B:   Fossielrekord
         1.3.3       Kom in Afrika-ape en          A:   Kloue in plaas van naels
                     mense voor                    B:   'n Opponeerbare duim
                                                                                     (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          7                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

1.4      Die grootte en kleur van onryp vrugte in 'n plantspesie word geneties
         beheer. Die alleel vir klein vrugte (b) is resessief teenoor die alleel vir
         groot vrugte (B). Die alleel vir geel vrugkleur (g) is resessief teenoor die alleel
         vir groen vrugte (G).

         1.4.1        Noem:

                      (a)   Die fenotipe van die plant met die genotipe BbGg                       (2)

                      (b)   AL die moontlike genotipes van die gamete wat geproduseer
                            word deur die plant wat in VRAAG 1.4.1(a) genoem is       (2)

         1.4.2        In 'n kruising tussen twee plante met genotipes BBGG en bbgg,
                      watter persentasie van die nageslag sal homosigoties vir beide
                      kenmerke wees?                                                               (2)
                                                                                                   (6)

1.5      Die diagramme hieronder toon verskillende fases van meiose.

                     A                   B                   C                     D
                              W                        Y
                                                                            Z
                              X

         1.5.1        Benoem struktuur W en X.                                                     (2)

         1.5.2        Hoeveel chromosome is teenwoordig in elke sel in:

                      (a)   Fase A                                                                 (1)

                      (b)   Fase C                                                                 (1)

         1.5.3        Gee slegs die LETTER van die diagram wat anafase II
                      verteenwoordig.                                                              (1)

         1.5.4        Noem die funksie van elk van struktuur Y en struktuur Z.                     (2)

         1.5.5        Identifiseer fase C.                                                         (1)
                                                                                                   (8)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           8                                DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Wetenskaplikes wou bepaal watter tipe oorerwing vir die meeste van die
         uitgesoekte genetiese afwykings in honde verantwoordelik is.

         Om dit te doen, het hulle die genome bepaal van 'n groot aantal honde van
         dieselfde ras wat aan die genetiese afwykings ly.

         Die resultate van die ondersoek word hieronder aangedui.

                                 Sirkelgrafiek wat die tipe oorerwing vir
                                  genetiese afwykings by honde toon
                                                             Geslags-
                                                            gekoppeld
                                                              10%
                                                                           Ander
                                                                            8%

                                                                           Outosomale
                                                                           dominante
                                                                              11%

                 Outosomale
                 resessiwiteit
                     71%

                                                [Bron: http://www.instituteofcaninebiology.org]

         2.1.1        Indien 2 000 honde in hierdie ondersoek bestudeer is, hoeveel
                      honde het afwykings gehad wat deur outosomale dominante
                      oorerwing veroorsaak is? Toon AL die berekeninge.                                 (3)

         2.1.2        Noem TWEE maniere waarop die wetenskaplikes                                 die
                      betroubaarheid van hulle resultate kan verbeter.                                  (2)

         2.1.3        Noem EEN faktor wat in hierdie ondersoek konstant gehou is.                       (1)

         2.1.4        Verduidelik waarom dit in hierdie tipe ondersoek nie nodig is om
                      die ouderdom van die honde konstant te hou nie.                                   (2)

         2.1.5        Gee 'n gevolgtrekking vir hierdie ondersoek.                                      (2)
                                                                                                        (10)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            9                                    DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

2.2      By honde is growwe hare (H) dominant oor gladde hare (h). 'n Hond met
         growwe hare word met 'n hond met gladde hare geteel.

         Stel 'n genetiese kruising voor om die fenotipiese verhouding van die
         babahondjies aan te toon.                                                                         (6)

2.3      Die diagram hieronder stel twee stadiums van proteïensintese voor.

            mRNS
                 2          3

                                               Prolien   Valien   Serien   Glisien    5
                                           4
                                                GGA      CAA      AGG       CCU
                                               CCU       GUU      UCC       GGA

                                                           7

                                                                                      6
                      1

         2.3.1        Gee byskrifte vir:

                      (a)   Molekuul 1                                                                     (1)

                      (b)   Organel 6                                                                      (1)

         2.3.2        Gee slegs die NOMMER van die deel wat die volgende voorstel:

                      (a)   DNS/DNA-templaatstring                                                         (1)

                      (b)   Monomeer van proteïene                                                         (1)

                      (c)   Kodon                                                                          (1)

         2.3.3        Beskryf translasie soos dit by organel 6 plaasvind.                                  (4)

         2.3.4        Gee die:

                      (a) DNS/DNA-volgorde wat vir glisien kodeer                                          (2)

                      (b) Kodon vir prolien                                                                (2)

         2.3.5        Noem TWEE verskille tussen 'n DNS/DNA-nukleotied en 'n
                      RNS/RNA-nukleotied.                                                                  (4)
                                                                                                           (17)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         10                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

2.4      Lees die gedeelte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   GEBRUIK VAN STAMSELLE

         Dr. Orly Lachan-Kaplan van Monash Immunologie- en Stamsellaboratoriums
         het stamselmanipulering gebruik om 'n ovariumagtige struktuur te skep wat
         ovums bevat. Alhoewel dit nog nie duidelik is of die selle van hierdie
         ovariumagtige struktuur funksioneel is nie, hoop sy dat hierdie metode gebruik
         kan word om funksionele menslike ovums te skep.

                                                   [Bron: http//monash.edu/news/releases/308]

         2.4.1        Noem EEN bron van stamselle.                                                (1)

         2.4.2        Verduidelik waarom die kenmerke van stamselle dit nuttig maak vir
                      die behandeling van sekere afwykings.                                       (3)

         2.4.3        Verduidelik EEN moontlike voordeel van die skepping van 'n
                      ovariumagtige struktuur.                                                    (3)
                                                                                                  (7)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         11                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

VRAAG 3

3.1      Foute tydens DNS/DNA-replikasie kan soms tot mutasies lei.

         3.1.1        Beskryf DNS/DNA-replikasie.                                                 (5)

         3.1.2        Beskryf hoe 'n fout in DNS/DNA-replikasie tot 'n geenmutasie
                      kan lei.                                                                    (2)
                                                                                                  (7)

3.2      Die gedeelte hieronder verwys na menslike evolusie.

         Navorsing waar DNS/DNA-bewyse gebruik is, stel voor dat alle moderne
         mense uit 'n enkele groep Homo sapiens onstaan het wat 2 000 generasies
         gelede uit Afrika gemigreer het en oor duisende jare deur Europa en Asië
         versprei het.
                                                       [Bron: http://images.sciencedaily.com]

         3.2.1        Noem die hipotese oor menslike evolusie wat in hierdie gedeelte
                      beskryf word.                                                               (1)

         3.2.2        Noem die tipe DNS/DNA buite die selkern wat geanaliseer word ter
                      ondersteuning van die hipotese wat in VRAAG 3.2.1 genoem is.                (1)

         3.2.3        Verduidelik hoe die tipe DNS/DNA genoem in VRAAG 3.2.2,
                      gebruik word as bewys vir die hipotese genoem in VRAAG 3.2.1.               (3)

         3.2.4        Behalwe DNS/DNA-bewyse, noem EEN ander lyn van bewyse wat
                      gebruik kan word om die hipotese wat in VRAAG 3.2.1 genoem is,
                      te ondersteun.                                                              (1)
                                                                                                  (6)

3.3      Beskryf hoe 'n nuwe spesie deur geografiese isolasie gevorm word.                        (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                              12                       DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                 NSS

3.4      Die diagram hieronder toon die gefossileerde skedels van drie verskillende
         primaatspesies voor. Hulle was óf tweevoetig óf viervoetig (organismes wat
         gewoonlik op al vier ledemate loop).

                                   Y

                                                                       A
                     X

                                                                       B

                                             B

                                                                       C

         3.4.1           Benoem deel X en die tipe tande by Y.                                   (2)

         3.4.2           Verduidelik die belangrikheid van die ligging van struktuur X in
                         organisme C.                                                            (3)

         3.4.3           Watter van die skedels (A, B of C) behoort aan:

                         (a)     'n Australopithecine                                            (1)

                         (b)     'n Viervoetige primaat                                          (1)

         3.4.4           Verduidelik hoe die verandering in die skedel van B na C 'n
                         verandering in intelligensie kan aandui.                                (3)

         3.4.5           Tabuleer TWEE waarneembare verskille, behalwe dié genoem in
                         VRAAG 3.4.2 en 3.4.4, tussen skedel B en C wat tendense in
                         menslike evolusie aandui.                                               (5)
                                                                                                 (15)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           13                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

3.5      Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwingspatroon van 'n sekere
         genetiese afwyking wat deur 'n resessiewe alleel beheer word. Die dominante
         alleel word deur N voorgestel en die resessiewe alleel deur n.

                                         Pa            Ma

                         SLEUTEL:         Normale            Aangetaste
                                          man                man

                                          Normale            Aangetaste
                                          vrou               vrou

          3.5.1       Verduidelik waarom albei ouers heterosigoties vir hierdie kenmerk
                      moet wees.                                                                (2)

          3.5.2       Gee die positiewe genotipe(s) van die normale kinders.                    (2)

          3.5.3       Gee bewyse uit die stamboomdiagram om aan te dui dat hierdie
                      kenmerk nie geslagsgekoppeld is nie.                                      (2)
                                                                                                (6)
                                                                                                [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         14                      DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

AFDELING C

VRAAG 4

'n Voorouer van die olifant, Phiomia, het 'n lang neusagtige struktuur gehad wat 'n
proboskis genoem word en wat tot die slurp van die olifant geëvolueer het. Die
proboskis is gebruik om blare as voedsel bymekaar te maak. Die proboskis van
Phiomia en die slurp van die olifant word hieronder getoon. Die diagramme is volgens
skaal geteken.

                                    slurp
           proboskis

             Voorouer van olifant (Phiomia)              Olifant

Verduidelik die evolusie van die olifant se slurp ten opsigte van Lamarckisme en
Darwinisme, asook die manier waarop 'n verlenging van die slurp van die olifant deur
kunsmatige seleksie gedoen kan word.
                                                                             Inhoud:      (17)
                                                                            Sintese:      (3)
                                                                                          (20)

LET WEL:       GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
               vloeidiagramme, tabelle of diagramme NIE.

                                                            TOTAAL AFDELING C:            20
                                                                GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 Feb March 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2016-memo-eng/f26c26e8-9a6f-40ce-9cdf-2296b0af028f) — Life Sciences · Memo · 2016 · Eng
- [Life Sciences P2 Feb March 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2016-memo-afr/53779821-f25b-4aba-9f2a-b868578454de) — Life Sciences · Memo · 2016 · Afr
- [Life Sciences P1 Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-feb-march-2016-eng/1289bece-5f76-4cc1-912c-95fa7f8270ac) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 SEPT2016 QP Engl FINAL](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-sept2016-qp-engl-final/660dff8f-a299-49ec-8bcf-9bdb39099fa3) — Life Sciences · QP · 2016
- [Life Sciences P2 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2016-eng/a7003e52-d0ba-4e5e-b91b-a71927b224ec) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Life Sciences P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2017-eng/7e62377f-2abd-4a09-be12-9a33dc3af21b) — Life Sciences · QP · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
