# Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2017-afr/8b51aefc-f380-40c7-a854-5b63d6099e66
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2017-afr/8b51aefc-f380-40c7-a854-5b63d6099e66)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                          LEWENSWETENSKAPPE V2

                            FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V2                       2                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae begin beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V2                               3                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                   NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) neer, kies die antwoord en maak
         'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

         VOORBEELD:

          1.1.9           A              B             C      D

         1.1.1        Die proses waar een DNS/DNA-molekuul twee identiese DNS/
                      DNA-molekule vorm, word … genoem.

                      A       voortplanting
                      B       replisering
                      C       translasie
                      D       proteïensintese

         1.1.2        'n Verskil tussen DNS/DNA en RNS/RNA:

                      A       RNS/RNA is dubbelgestring en DNS/DNA is enkelgestring.
                      B       DNS/DNA het 'n suikerfosfaat-raamwerk, maar RNS/RNA het
                              nie.
                      C       Daar is swak waterstofbindings in DNS/DNA, maar nie in
                              RNS/RNA nie.
                      D       RNS/RNA het 'n heliksstruktuur en DNS/DNA is reguit.

         1.1.3        'n Stamboomdiagram toon …

                      A       hoe organismes ontwikkel.
                      B       die oorerwing van kenmerke oor baie generasies.
                      C       slegs geslagsgekoppelde kenmerke.
                      D       slegs die getal kinders in 'n familie.

         1.1.4        'n Rooi blomplant word gekruis met 'n wit blomplant. Die nageslag
                      het almal pienk blomme. Wanneer die twee pienk blomplante
                      gekruis word, sal die volgende geslag blomplante blomme hê
                      wat …

                      A       slegs pienk is.
                      B       slegs rooi is.
                      C       slegs wit is.
                      D       pienk, rooi en wit is.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V2                           4                                DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

         1.1.5        Die diagram hieronder toon die chemiese struktuur van 'n proteïen.

                                                     X
                                                               Y

                                                              Aminosure

                      X verteenwoordig 'n …

                      A   waterstofbinding.
                      B   stikstofbasis.
                      C   peptiedbinding.
                      D   bRNS/mRNA-molekuul.

         1.1.6        Die verskil tussen nukleïensure en nukleotiede is dat ...

                      A   nukleïensure boustene van nukleotiede is.
                      B   nukleotiede boustene van nukleïensure is.
                      C   nukleotiede groter as nukleïensure is.
                      D   nukleïensure in die nukleus gevind word en nukleotiede in die
                          sitoplasma.

         1.1.7        Watter EEN van die volgende gebeure vind tydens metafase I van
                      meiose plaas?

                      A   Homoloë chromosome rangskik hulself op die ewenaar
                      B   Sentriole beweeg na die teenoorgestelde pole
                      C   Chromosome rangskik hulself een vir een op die ewenaar
                      D   Verdeling van die sitoplasma

         1.1.8       Die aminosuurvolgordes in 'n proteïen tussen die mens en 'n aantal
                     ander organismes is vergelyk. Die getal verskille word in die tabel
                     hieronder getoon.

               ORGANISME                HAAI    KANGAROE           VIS    KOEI       AKKEDIS
         Getal verskille in
         aminosuurvolgordes in 'n
                                         79              27        68       17           62
         proteïen, in vergelyking
         met die mens
                                                                   [Aangepas uit AQA Biology 1998]

                      Die tipe bewys vir evolusie in die tabel hierbo is …

                      A   fossielbewyse.
                      B   biogeografie.
                      C   kulturele bewyse.
                      D   genetiese bewyse.                                              (8 x 2)       (16)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V2                            5                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       'n Skielike verandering in die volgorde van stikstofbasisse van 'n
                     nukleïensuur

         1.2.2       Verduideliking vir 'n waarneming wat ondersteun word deur feite,
                     modelle en wette

         1.2.3       Die teling van organismes oor baie generasies om 'n gewenste
                     fenotipe te verkry

         1.2.4       Die tipe suiker wat in 'n RNS/RNA-molekuul gevind word

         1.2.5       Tipe evolusie wat lang tydperke behels wanneer geen verandering
                     in die spesie plaasvind nie en dan kort tydperke van vinnige
                     veranderings

         1.2.6       Die hipotese wat die migrasie van die mens se oerouers vanaf die
                     punt van oorsprong ondersteun

         1.2.7       Die gemineraliseerde oorblyfsels van organismes wat in die verlede
                     geleef het                                                  (7 x 1)            (7)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                         KOLOM I                                     KOLOM II
         1.3.1       Vind tydens telofase van         A:   Verdeling van die sitoplasma
                     meiose I plaas                   B:   Sentriole beweeg na die
                                                           teenoorgestelde pole
         1.3.2       Posisie van DNS/DNA              A:   Nukleus
                                                      B:   Mitochondria
         1.3.3       Word in Afrika-ape en die        A:   Kloue in plaas van naels
                     mens gevind                      B:   'n Opponeerbare duim

                                                                                      (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V2                                         6                                                 DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                             NSS

1.4      Die diagram hieronder toon moontlike evolusionêre verwantskappe tussen
         primate.

                                                                        Nuwe Wêreld-ape   Ou Wêreld-ape
                                       Lorisse   Lemurs      Tarsiërs                                     Ape
                               Tans
                                  25

                                  40

                                  50
                                  58
                                  63

                                    Miljoen jaar gelede (mjg)

                                                          [Bron: http://dl0.creation.com/articles]

         1.4.1       Hoeveel miljoen jaar gelede het die:

                     (a) Ape op Aarde verskyn                                                                                         (1)

                     (b) Gemeenskaplike voorouer ontwikkel om die Tarsiërs en
                         Lemurs te vorm                                                                                               (1)

         1.4.2       Watter TWEE spesies deel die mees onlangse gemeenskaplike
                     voorouer?                                                                                                        (2)

         1.4.3       Watter spesie is die naaste verwant aan die Lemur?                                                               (1)
                                                                                                                                      (5)

Kopiereg voorbehou                                                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V2                             7                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                 NSS

1.5      Die diagramme hieronder stel 'n chromosoompaar in 'n vroulike sel van die
         mens voor. Die selle (A, B en C) toon verskillende gebeure in 'n fase van
         meiose, wat nie noodwendig in die korrekte volgorde is nie.

                                                       Y

                     X

                               A                       B                       C

         1.5.1           Hoeveel paar chromosome kom in 'n normale sel van die mens
                         voor?                                                                      (1)

         1.5.2           Gee byskrifte vir:

                         (a)   Struktuur X                                                          (1)

                         (b)   Gebied Y                                                             (1)

         1.5.3           Noem die orgaan in die vroulike liggaam waar meiose plaasvind.             (1)

         1.5.4           Noem die:

                         (a)   Proses wat in diagram B plaasvind                                    (1)

                         (b)   Fase wat deur die diagramme hierbo verteenwoordig word               (1)

                         (c)   Tipe sel wat die gevolg sal wees van meiose van hierdie sel          (1)

         1.5.5           Rangskik die letters A, B en C om die korrekte volgorde van die
                         gebeure te toon.                                                           (1)
                                                                                                    (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V2                            8                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

1.6      Pelskleur by muise word deur twee allele, swart (B) en grys (b), beheer.
         Stertlengte word deur twee allele, lank (T) en kort (t), beheer.

         Die Punnett-vierkant hieronder toon 'n gedeelte van die kruising tussen twee
         muise. Genotipe (i) is uitgelaat.

                                                          Ouer 1

                                    Gamete     BT      Bt     bT      bt
                                      Bt      BBTt    BBtt   BbTt    Bbtt
                     Ouer 2           Bt      BBTt    BBtt   BbTt    Bbtt
                                      Bt      BBTt    BBtt    (i)    Bbtt
                                      Bt      BBTt    BBtt   BbTt    Bbtt

         1.6.1         Gee die:

                       (a)    Genotipe van ouer 1                                                 (2)

                       (b)    Fenotipe van ouer 2                                                 (2)

                       (c)    Genotipe van nageslag (i)                                           (1)

         1.6.2         Watter persentasie van die nageslag hierbo is grys met kort sterte?        (1)

         1.6.3         Noem die genotipes van TWEE gamete uit die tabel hierbo, wat 'n
                       nageslag tot gevolg sal hê wat heterosigoties vir beide kenmerke
                       sal wees as bevrugting plaasvind.                                          (2)
                                                                                                  (8)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V2                         9                                 DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Lees die uittreksel hieronder.

                               NUWE HOMINIEN-SPESIE ONTDEK

         Wetenskaplikes het op 13 September 2013 fossiele in die Sterkfonteingrotte
         in Suid-Afrika ontdek, wat vermoedelik aan 'n voorheen onbekende spesie
         hominiene behoort het.

         Die fossiele is as 'n nuwe spesie, Homo naledi, geklassifiseer. Die fisiese
         kenmerke van H. naledi word beskryf dat hulle kenmerke het wat ooreenstem
         met die genus Australopithecus, gemeng met kenmerke wat meer
         kenmerkend is van die genus Homo. H. naledi is vermoedelik 'n
         oorgangsfossiel.

         'n Analise van H. naledi se skelet toon dat dit regop kon staan en tweevoetig
         was. Die struktuur van die pelvis is soortgelyk aan die Australopithecines,
         maar sy bene, voete en enkels stem meer ooreen met die genus Homo.

         Vier skedels is ontdek, elk met ongeveer die helfte van die volume van die
         moderne skedels van die mens. Die H. naledi-skedels is nader aan die
         kraniumvolume van die skedel van die Australopithecus, maar die
         kraniumstruktuur stem meer ooreenstem met dié gevind in die genus Homo.

         Die tande is baie kleiner as dié van Australopithecus en soortgelyk aan die
         tande van die moderne mens.
                                               [Aangepas uit https://humanorigins.si.edu/evidence]

         2.1.1        Definieer die term oorgangsfossiel.                                              (2)

         2.1.2        Noem 'n kenmerk in die uittreksel wat Homo naledi met beide
                      Australopithecus en Homo gedeel het.                                             (1)

         2.1.3        Noem EEN ander kenmerk in die uittreksel wat Homo naledi slegs
                      met Australopithecus gedeel het.                                                 (1)

         2.1.4        Verduidelik TWEE kenmerke van 'n geraamte wat aanpassings vir
                      tweevoetigheid is.                                                               (4)

         2.1.5        Gee EEN moontlike rede waarom daar 'n verandering na kleiner
                      tande by die moderne mens was.                                                   (3)
                                                                                                       (11)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V2                          10                                 DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

2.2      Bestudeer die tabel hieronder wat die verandering in antibiotiese
         weerstandigheid in drie stamme bakterieë (MRSA, VRE en FQRP) oor 'n
         tydperk van 20 jaar toon.

                             ANTIBIOTIESE WEERSTANDIGHEID (% )
                     JAAR
                               MRSA        VRE       FQRP
                     1981        2           0         0
                     1985       10           0         0
                     1989       15           2         0
                     1993       40           5         5
                     1997       40          20         10
                     2001       60          20         25
                                [Bron: http://wallace.genetics.uga.edu/groups/evol]

         2.2.1       Watter bakteriestam was die:

                     (a) Meeste weerstandig teen antibiotika oor die jare                                  (1)

                     (b) Laaste om weerstandigheid teen antibiotika te ontwikkel                           (1)

         2.2.2       Bereken die persentasie toename vanaf 1993 tot 1997 in
                     antibiotiese weerstandigheid by VRE.                                                  (3)

         2.2.3       Trek 'n lyngrafiek om die ontwikkeling van                        antibiotiese
                     weerstandigheid by die bakteriestam MRSA te toon.                                     (6)
                                                                                                           (11)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V2                            11                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

2.3      Die diagram hieronder toon stikstofbasis-volgordes vir 'n gedeelte van 'n
         nukleïensuur wat vir die vervaardiging van insulien kodeer. Insulien is nodig
         vir die opname van suiker uit die bloed.

         Die volgordes hieronder is van twee individue en word van links na regs
         gelees. Volgorde 1 is van 'n normale persoon en volgorde 2 is van 'n persoon
         wat 'n mutasie toon en nie insulien kan vervaardig nie.

                                TWEE STIKSTOFBASIS-VOLGORDES
                                VAN 'N DEEL VAN 'N NUKLEÏENSUUR
          Volgorde 1           TAG CCA CAC GTT ACA ACG TGA                      AGG TAA
          Volgorde 2           TAT CCA CAC GTT ACA ACG TGA                      AGG TAA
                                                                [Bron: www.biologyjunction.com]

         2.3.1        Watter nukleïensuur word in beide volgordes verteenwoordig?                    (1)

         2.3.2        Waar het die mutasie in die tweede volgorde voorgekom?                         (1)

         Die tabel hieronder toon die aminosure waarvoor gekodeer is deur
         verskillende DNA-basisdrietalle.

                            AMINOSUUR                 DNA-BASISDRIETAL
                                                            CCG
                     Glisien                                CCT
                                                            CCC
                                                            CAT
                     Valien
                                                            CAC
                                                            GTA
                     Histidien
                                                            GTG
                                                            GGA
                     Prolien
                                                            GGC
                                                            TAA
                     Isoleusien
                                                            TAT

         2.3.3        Gee die:

                      (a)      Antikodon van die vierde basisdrietal op volgorde 2                   (2)

                      (b)      Aminosuur waarvoor gekodeer          is   deur    die   eerste
                               basisdrietal in volgorde 2                                            (2)
                                                                                                     (6)

2.4      Beskryf die proses van transkripsie in proteïensintese.                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V2                           12                               DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

2.5      Tay-Sachs-siekte word deur 'n outosomale resessiewe alleel (n) veroorsaak.
         Kinders met Tay-Sachs-siekte verloor hul motoriese vaardighede en
         verstandelike funksies. Die kinders word mettertyd blind, doof, verstandelik
         vertraag en verlam. Tay-Sachs-kinders sterf op die ouderdom van vyf jaar.

         Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwing van Tay-Sachs-siekte in
         'n familie.

                                     Bill       Pam

                            Charly          Helen      Portia       Patrick

                                                    Elizabeth             Sam

                                                                [Bron: www.tay-sachs.org]
         2.5.1       Gee:

                     (a) Charly se fenotipe                                                             (2)

                     (b) Portia se genotipe                                                             (2)

                     (c) Bill se genotipe                                                               (2)

         2.5.2       Verduidelik waarom Patrick normaal is, maar 'n draer is van
                     Tay-Sachs-siekte.                                                                  (2)
                                                                                                        (8)
                                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V2                            13                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

VRAAG 3

3.1      Tom en Maria het drie kinders. Een van die drie kinders is aangeneem.
         'n DNA-profiel is vir elke familielid voorberei om te bepaal of Tom al drie
         kinders (Anne, Mary en Steve) se pa is.

         Die DNA-profiele word hieronder gegee.

                               Tom      Maria         Anne   Mary Steve

         3.1.1        Watter EEN van die kinders is aangeneem?                                   (2)

         3.1.2        Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.1.1.                                   (2)
                                                                                                 (4)

3.2      Menslike bloedgroepe word deur veelvuldige allele beheer.

         3.2.1        Hoeveel allele beheer bloedgroepe?                                         (1)

         3.2.2        Watter TWEE      allele   is    kodominant in die   oorerwing    van
                      bloedgroepe?                                                               (2)

         3.2.3        'n Man is heterosigoties vir bloedgroep A en trou met 'n vrou met
                      bloedgroep O. Gebruik 'n genetiese kruising om die fenotipiese
                      verhouding van hul nageslag te toon.                                       (7)
                                                                                                 (10)

3.3      Hemofilie is 'n genetiese afwyking wat deur 'n resessiewe alleel op die
         X-chromosoom veroorsaak word.

         'n Vroulike hemofilielyer trou met 'n normale man. Verduidelik waarom al hulle
         seuns hemofilielyers sal wees.                                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V2                          14                              DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

3.4      Vinke van die spesie Geospiza fortis word op een van die Galápagos-eilande
         gevind. Daar was variasie in hul snawelgrootte.

         Al die vinke het altyd klein, sagte sade wat oorvloedig op die eiland
         voorgekom het, gevreet. Die eiland is toe deur 'n erge droogte geraak, wat
         voedsel skaars gemaak het.

         Baie van die plante op die eiland het gevrek. Die klein, sagte sade was almal
         weg. Slegs harde, houtagtige sade het oorgebly.

         Wetenskaplikes het 'n ondersoek gedoen om te bepaal wat die verhouding
         tussen snawelgrootte en oorlewing van die vinke voor en gedurende die
         droogte was.

         Die tabel hieronder toon die resultate van 'n gedeelte van die ondersoek.

                                    TOTALE GETAL VINKE             TOTALE GETAL VINKE
         SNAWELGROOTTE
                                     VOOR DIE DROOGTE                GEDURENDE DIE
              (mm)
                                                                        DROOGTE
                      7,3                      2                            0
                      7,8                      12                           2
                      8,3                      30                           4
                      8,8                      48                           4
                      9,3                      45                           6
                      9,8                      40                           8
                     10,3                      25                          10
                                                    [Aangepas uit Excerpt Evolution, Roberts et al.]

         3.4.1         Noem VIER stappe wat die wetenskaplikes gevolg het om hul
                       resultate te verkry.                                                            (4)

         3.4.2         Noem die onafhanklike veranderlike in hierdie ondersoek.                        (1)

         3.4.3         Beskryf die verhouding tussen die getal vinke gedurende die
                       droogte en snawelgrootte.                                                       (2)

         3.4.4         Gee 'n moontlike rede vir die verhouding in jou antwoord op
                       VRAAG 3.4.3.                                                                    (3)

         3.4.5         Voorspel watter snawelgrootte(s) in die bevolking teenwoordig sou
                       wees indien die droogte sou voortduur.                                          (1)
                                                                                                       (11)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V2                               15                              DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                   NSS

3.5      Die diagram hieronder toon 'n proses van genetiese ingenieurswese/
         manipulasie. 'n Skenkersel is uit die spiersel van 'n manlike kampioenperd
         (hings) geneem om 'n nuwe nageslag te skep.

            Sel uit spierweefsel van 'n
            manlike kampioenperd (hings)             Nukleus verwyder
                                                     uit spiersel
                                                                                      Nukleus in ovum
                                                      A                               van merrie geplaas.
                                                                                      'n Elektriese skok
                                                  Ovum sonder                         veroorsaak dat die
                                                  nukleus                             'ovum' begin
                 Ovum van vroulike perd                                               verdeel.
                 (merrie)
                                                                                                 C
                                      Nukleus van die ovum
                              B       is verwyder en vernietig

                                                                                         'Ovum' verdeel
                                                                                         normaalweg
                                              D
           Nageslag     Embrio ontwikkel
                        normaalweg                                      Embrio in uterus van
                                                                        volwasse vroulike
                                                                        perd geplaas

                                                                 [Aangepas uit www.biologyreference.com]

         3.5.1         Noem die:

                       (a) Proses van genetiese ingenieurswese/manipulasie wat in die
                           diagram hierbo getoon word                                                       (1)
                       (b) Proses wat ovum B voortgebring het                                               (1)

         3.5.2         Waarom is die skenkersel van 'n kampioenperd geneem?                                 (2)

         3.5.3         Verduidelik waarom slegs die nukleus/selkern van die skenkersel
                       gebruik word.                                                                        (2)

         3.5.4         'n Somatiese sel in 'n perd het 64 chromosome.

                       Hoeveel chromosome sal daar wees in:

                       (a) Struktuur A                                                                      (1)

                       (b) Ovum B                                                                           (1)

                       (c) 'n Spiersel in organisme D                                                       (1)

         3.5.5         Verduidelik waarom die 'ovum' gemerk C nie as 'n gameet beskou
                       kan word nie.                                                                        (2)
                                                                                                            (11)
                                                                                                            [40]

                                                                        TOTAAL AFDELING B:                  80
Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V2                     16                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                         NSS

AFDELING C

VRAAG 4

Die anoolakkedis van die Karibiese Eilande verteenwoordig 'n groep van ongeveer 150
nabyverwante spesies, wat in die laaste 50 miljoen jaar vanuit 'n enkele spesie
ontstaan het.

Gebruik hierdie voorbeeld om te beskryf hoe natuurlike seleksie tot die proses van
spesiasie van die 150 verskillende spesies akkedisse gelei het.
                                                                            Inhoud:       (17)
                                                                           Sintese:       (3)
                                                                                          (20)

LET WEL: GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme, tabelle of
         diagramme toegeken word NIE.

                                                           TOTAAL AFDELING C:             20
                                                               GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2017-eng/7e62377f-2abd-4a09-be12-9a33dc3af21b) — Life Sciences · QP · 2017 · Eng
- [Life Sciences P2 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2017-memo-eng/859c3d51-42fc-4a5f-acda-48de5f985ffe) — Life Sciences · Memo · 2017 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Science P2 Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p2-preparatory-2017-possible-answers/7cdfe52c-6c5b-4229-879b-4720a39713a9) — Life Sciences · Memo · 2017
- [Life Sciences P2 May June 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2017-memo-eng/ac055537-b682-4f91-8ae5-b842212979ad) — Life Sciences · Memo · 2017 · Eng
- [Life Sciences P2 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2018-memo-afr/3446f3c9-dda0-4d73-8f83-759be6e74d1d) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
