# Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2018-afr/5fc9bc12-7b3a-4213-bb86-05fb11447131
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2018-afr/5fc9bc12-7b3a-4213-bb86-05fb11447131)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            LEWENSWETENSKAPPE V2

                             FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                        2                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           3                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
         (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 D.

         1.1.1        'n RNS/RNA-molekuul word vanaf DNS/DNA deur die proses van
                      … gekopieer.

                      A   transkripsie
                      B   mitose
                      C   mutasie
                      D   translasie

         1.1.2        Bewyse wat die evolusieteorie ondersteun, word verkry deur die
                      struktuur van die voorste ledemate van vertebrate te bestudeer.

                      Hierdie tipe bewyse vir evolusie word die beste beskryf as …

                      A   biogeografie.
                      B   modifikasie deur afstamming.
                      C   DNS/DNA-bewyse.
                      D   genetiese bewyse.

         1.1.3        Wat is die persentasie kans dat 'n vrou 'n dogtertjie sal hê?

                      A   25%
                      B   100%
                      C   50%
                      D   75%

         1.1.4        'n Klein gedeelte van bRNS/mRNA het die volgende volgorde van
                      basisse wat vir verskillende aminosure kodeer:

                                             GCU CGU UAA

                      Watter EEN van die volgende is die KORREKTE
                      verteenwoordiging van die antikodons en getal aminosure wat deur
                      hierdie gedeelte gekodeer word?

                          ANTIKODONS                        GETAL AMINOSURE
                      A CGA GCA AUU                                9
                      B CGA GCA AUU                                3
                      C CGA GCA ATT                                9
                      D CGA GCA ATT                                3

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          4                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

         1.1.5        Indien 'n resessiewe alleel op die X-chromosoom na die nageslag
                      oorgedra word, is dit 'n voorbeeld van …

                      A   geslagsgekoppelde oorerwing.
                      B   onvolledige dominansie.
                      C   veelvuldige allele.
                      D   kodominansie.

         1.1.6        Die diagram hieronder toon die DNS/DNA-profiele van 'n kind,
                      haar moeder en vier mans. Daar is onsekerheid oor wie die
                      biologiese vader is. Om vas te stel wie die vader is, is 'n DNS/DNA-
                      profielsamestelling gedoen.

                              Kind    Moeder Man 1 Man 2 Man 3 Man 4

                      Watter man is hierdie kind se biologiese vader?

                      A   Man 1
                      B   Man 2
                      C   Man 3
                      D   Man 4

         1.1.7        Watter EEN van die volgende is die korrekte genus en
                      wetenskaplike vir die ontdekking van die 'Taung-kind'-fossiel?

                      A   Ardipithecus; Raymond Dart
                      B   Ardipithecus; Tim White
                      C   Australopithecus; Raymond Dart
                      D   Australopithecus; Tim White

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                          5                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                             NSS

         1.1.8           Verskillende paddas, wat almal aan die genus Lithobates behoort,
                         kom in dieselfde woud voor. Die grafiek hieronder toon hulle
                         paringsaktiwiteit.

                     Hoog

                      Paringsaktiwiteit

                     Laag
                                          Maart      April       Mei          Junie          Julie
                                                             Tyd van die jaar

                         Gebaseer op die inligting, watter tipe isolasiemeganisme hou heel
                         waarskynlik die brulpaddas en houtpaddas as aparte spesies?

                         A                Geografiese isolasie deur die teenwoordigheid van geografiese
                                          hindernisse
                         B                Voortplantingsisolasie deur spesie-spesifieke hofmakery
                         C                Voortplantingsisolasie deur op verskillende tye van die jaar te
                                          teel/broei
                         D                Voortplantingsisolasie deur die voortbring van onvrugbare
                                          nakomelinge

         1.1.9           Watter EEN van die volgende stellings is KORREK vir die
                         'Uit Afrika'-hipotese?

                         A                Alle moderne mense het hul oorsprong in Afrika gehad en na
                                          ander dele van die wêreld gemigreer.
                         B                Alle moderne mense het uit Afrika-ape geëvolueer en toe na
                                          ander dele van die wêreld gemigreer.
                         C                Die mees ontwikkelde artefakte (gereedskap; eetgerei; kuns) is
                                          in Afrika gevind.
                         D                'n Ontleding van mutasies op die mitochondriale DNS/DNA
                                          toon dat die oudste manlike voorgeslagte in Afrika gevind is.
                                                                                                   (9 x 2)         (18)

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             6                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                NSS

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Die tipe RNS/RNA wat antikodons bevat

         1.2.2        Die proses waartydens geneties identiese organismes gevorm
                      word deur biotegnologie te gebruik

         1.2.3        Ongedifferensieerde dierselle wat enige tipe weefsel kan vorm

         1.2.4        Tipe oorerwing waar nie een van die twee allele oor die ander een
                      dominant is nie en 'n intermediêre fenotipe geproduseer word

         1.2.5        Die teel van organismes deur mense om 'n gunstige fenotipe te kry

         1.2.6        Die punt van oorkruising tussen twee aangrensende chromosome

         1.2.7        Die organel in 'n sel waar translasie plaasvind

         1.2.8        Die verskeidenheid lewende organismes op Aarde               (8 x 1)         (8)

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I op SLEGS A, SLEGS B,
         BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II van toepassing is
         nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                            KOLOM I                                 KOLOM II
         1.3.1        Bevat die suiker ribose            A:    DNS/DNA
                                                         B:    RNS/RNA
         1.3.2        Chromosome rangskik in 'n lyn      A:    Metafase I
                      op die ewenaar                     B:    Metafase II
         1.3.3        Het die eerste X-straalbeeld van   A:    Rosalind Franklin
                      die DNS/DNA-molekuul               B:    Watson en Crick
                      geproduseer
                                                                                    (3 x 2)        (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           7                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

1.4      Die diagram verteenwoordig 'n gedeelte van 'n nukleïensuur.

                                        V
                                                    W

                                        C                               X

                                                                        Y

                                                    Z

         1.4.1       Noem die nukleïensuur.                                                       (1)

         1.4.2       Noem TWEE plekke in dierselle waar hierdie nukleïensuur gevind
                     kan word.                                                                    (2)

         1.4.3       Identifiseer:

                     (a) Gedeelte V                                                               (1)

                     (b) Stikstofbasis W                                                          (1)

                     (c) Molekuul Y                                                               (1)

                     (d) Binding Z                                                                (1)

         1.4.4       Wat is die natuurlike vorm van hierdie molekuul?                             (1)

         1.4.5       Noem die proses waartydens hierdie molekuul 'n kopie van homself
                     maak.                                                                        (1)
                                                                                                  (9)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                                     8                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                                        NSS

1.5      Die diagram hieronder toon moontlike evolusionêre verwantskappe tussen
         sommige hominiede.

                                                   Sjimpansee
                                                   (Pan troglodytes)                      Homo sapiens        Homo
            Tans                                                                                         neanderthalensis

                                                                                   Homo erectus
                                        1
                                                           Paranthropus Paranthropus
                                                             robustus      boisei                     Homo habilis

                                        2                                       Australopithecus

            Miljoen jaar gelede (mjg)
                                                                                     garhi
                                                         Paranthropus
                                                          aethiopicus                               Australopithecus
                                                                                                    africanus
                                        3
                                                                                     Australopithecus
                                                                                     afarensis
                                        4                        Ardipithecus        Australopithecus anamensis
                                                                   ramidus

                                        5

                                                            Hominien-voorouer
                                        6

         1.5.1                               Wat word hierdie tipe diagram genoem?                                            (1)

         1.5.2                               Hoeveel van ELK van die volgende word in die diagram
                                             verteenwoordig:

                                             (a)   Genera                                                                     (1)
                                             (b)   Homo-spesies                                                               (1)

         1.5.3                               Noem die spesie wat Paranthropus                 aethiopicus     as    'n
                                             gemeenskaplike voorouer het.                                                     (2)

         1.5.4                               Wanneer het:

                                             (a)   Ardipithecus ramidus uitgesterf                                            (1)
                                             (b)   Homo erectus die eerste keer verskyn                                       (1)

         1.5.5                               Noem die:

                                             (a)   Hominied-spesie wat dieselfde tyd as Homo sapiens bestaan
                                                   het                                                                        (1)
                                             (b)   Eerste Homo-spesie wat gereedskap gebruik het                              (1)
                                                                                                                              (9)

                                                                                           TOTAAL AFDELING A:                 50
Kopiereg voorbehou                                                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          9                               DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die kariotipe hieronder toon die chromosome van 'n persoon met
         Down-sindroom.

                         1       2      3       4      5       6

                         7       8      9       10     11     12
                                                                          A

                         13     14      15      16     17     18

                         19       20    21      22     23

         2.1.1        Benoem A.                                                                     (1)

         2.1.2        Hoeveel outosome is daar in 'n nukleus van hierdie sel?                       (1)

         2.1.3        Noem die tipe chromosome by posisie 23.                                       (1)

         2.1.4        Watter bewys toon dat hierdie 'n kariotipe van 'n man is?                     (1)

         2.1.5        Noem die tipe mutasie wat in die diagram voorgestel word.                     (1)

         2.1.6        Beskryf die gebeure wat tot Down-sindroom aanleiding gegee het.               (6)
                                                                                                    (11)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             10                      DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                NSS

2.2      Die diagram hieronder toon die patroon van oorerwing van doofheid in 'n
         familie. Die letter H verteenwoordig die alleel vir gehoor en h verteenwoordig
         die alleel vir doofheid.

                                                 Hh            hh

                                                 Jon          Linda

                                   Gabby         Paul         Fiona

                                 Mieke                Lyall

         2.2.1        Hoeveel van ELK van die volgende word in hierdie diagram
                      verteenwoordig?

                      (a)   Mans                                                                (1)

                      (b)   Generasies                                                          (1)

         2.2.2        Gee die:

                      (a)   Fenotipe van Jon                                                    (1)

                      (b)   Genotipe van Paul                                                   (1)

         2.2.3        Beide Lyall se ouers kan hoor, tog is hy doof.

                      Verduidelik hoe hy doofheid oorgeërf het.                                 (2)

         2.2.4        Lyall trou met 'n vrou wat homosigoties dominant vir gehoor is.
                      Gebruik 'n genetiese kruising om die persentasie kans aan te dui
                      dat hulle 'n dowe kind sal hê.                                            (7)
                                                                                                (13)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          11                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

2.3      Die uittreksel hieronder handel oor menslike evolusie.

         Wetenskaplikes het in 2004 in Indonesië die eerste fossiel van die spesie
         Homo floresiensis saam met klipgereedskap en oorblyfsels van diere ontdek.
         Die fossiel het bestaan uit 'n byna volledige skedel en skelet, wat hand- en
         voetbeentjies en 'n bekken ingesluit het.

         Datering van die gereedskap dui daarop dat H. floresiensis dalk van so vroeg
         as 95 000 jaar gelede tot ongeveer 12 000 jaar gelede geleef het.

         Navorsers het drie gewrigsbeentjies noukeurig ontleed en gevind dat daar
         sterker ooreenkomste met dié van ape as met die moderne mens was.
         Hierdie bevinding het daarop gedui dat H. floresiensis inderdaad 'n aparte
         spesie van moderne mense was.

         Hulle het skedels gehad wat met vroeë Homo-spesies ooreengekom het.
         Dit het 'n plat voorkop en 'n kort, plat gesig ingesluit; hulle tande en kake het
         egter sterker met Australopithecus ooreengekom.

         Die skanderings van die skedel het daarop gedui dat die breinvolume van
         H. floresiensis ongeveer 426 cm3 was; ongeveer 'n derde van die grootte van
         die moderne menslike brein wat 'n gemiddelde volume van ongeveer 1 300
         cm3 het. Die bevindings het daarop gedui dat H. erectus moontlik die
         voorouer van H. floresiensis was omdat H. erectus se brein ongeveer 860
         cm3 groot was, of anders kon dit uit H. habilis geëvolueer het, wie se brein
         ongeveer 600 cm3 groot was.

         2.3.1        Noem die TWEE tydlyne van bewyse vir menslike evolusie waarna
                      in die uittreksel hierbo verwys word.                                        (2)

         2.3.2        Hoe lank het Homo floresiensis op die Aarde bestaan?                         (1)

         2.3.3        Noem EEN Homo-voorouer wat in die uittreksel genoem word.                    (1)

         2.3.4        Noem DRIE eienskappe van die kaak van H. floresiensis wat
                      wetenskaplikes moontlik laat glo het dat dit met dié van
                      Australopithecus, eerder as met 'n Homo-spesie, ooreengekom
                      het.                                                                         (3)

         2.3.5        Beskryf EEN eienskap van die skedel wat as bewys vir
                      tweevoetigheid/bipedalisme gebruik kan word.                                 (2)

         2.3.6        Noem TWEE ooreenkomste tussen die hande van Afrika-ape en
                      moderne mense.                                                               (2)

         2.3.7        Teken 'n tabel om die breinvolumes van die verskillende Homo-
                      spesies te toon deur van die inligting in die uittreksel te gebruik.         (5)
                                                                                                   (16)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          12                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

VRAAG 3

3.1      Die tabel hieronder toon die persentasie van die bevolkings met verskillende
         bloedgroepe vir twee lande.

                                               PERSENTASIE VAN
                        BLOEDGROEP                 BEVOLKING
                                              LAND Q       LAND R
                              O                 40           20
                              A                 10           35
                              B                 45           40
                              AB                5            5

         3.1.1       Watter bloedgroep toon die grootste persentasieverskil tussen die
                     twee lande?                                                                  (1)

         3.1.2       Die bevolkingsgrootte van land Q is 5 miljoen mense.

                     Bereken die getal mense wat bloedgroep O het. Toon AL jou
                     berekenings.                                                                 (3)

         3.1.3       Verduidelik hoe die oorerwing van bloedgroep AB 'n voorbeeld van
                     kodominansie is.                                                             (2)

         3.1.4       Verduidelik hoekom bloedgroepe as 'n voorbeeld van diskontinue
                     (nie-deurlopende) variasie beskou word.                                      (2)

         3.1.5       By die oorerwing van bloedgroepe, gee die:

                     (a) Resessiewe alleel                                                        (1)

                     (b) Fenotipe van 'n individu wat homosigoties resessief is                   (1)
                                                                                                  (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         13                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

3.2      Lees die uittreksel hieronder.

         Die rooipens-swartslang (Pseudechis porphyriacus) en die groen boomslang
         (Denderelaphis punctulatus) is predatore wat soms marinepaddas ('cane
         toads') (Bufo marinus) eet wat 'n gifstof bevat wat hulle kan doodmaak.

         Die slange verorber die paddas deur hulle heel in te sluk. 'n Verkleining in die
         gemiddelde kaakgrootte van die slange is oor 'n tydperk van 70 jaar
         waargeneem. Sommige wetenskaplikes glo dat dit 'n voorbeeld van gepunte
         ewewig kan wees. Saam met hierdie verandering is ook waargeneem dat die
         slange nie meer die groot marinepaddas kon insluk nie. Dit het 'n verhoging in
         die oorlewing van die slange tot gevolg gehad.

         3.2.1        Definieer gepunte ewewig.                                                  (3)

         3.2.2        Watter eienskap van die paddaspesie beskerm dit teen predasie?             (1)

         3.2.3        Verduidelik hoe die verandering in kaakgrootte die slange gehelp
                      het om te oorleef.                                                         (3)

         3.2.4        Hoe sou Lamarck die ontwikkeling van 'n klein kaakgrootte by die
                      slange verduidelik het?                                                    (4)
                                                                                                 (11)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         14                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

3.3      By 'n plantspesie is twee eienskappe, blomkleur en planthoogte, bestudeer.
         Elkeen van hierdie eienskappe het twee variasies: blomme kan rooi of wit van
         kleur wees en die plante kan hoog of kort wees.

         Plante wat heterosigoties vir blomkleur is, het rooi blomme en plante wat
         homosigoties resessief vir planthoogte is, is kort.

         Die allele vir elke eienskap word in die tabel hieronder getoon.

                                       DOMINANTE             RESESSIEWE
                      EIENSKAP
                                        ALLEEL                 ALLEEL
                 Blomkleur                 F                      f
                 Planthoogte               H                      h

         3.3.1       Wat is die term wat gegee word vir 'n genetiese kruising wat twee
                     eienskappe behels?                                                           (1)

         3.3.2       Gee die:

                     (a) Dominante fenotipe vir blomkleur                                         (1)

                     (b) Resessiewe fenotipe vir planthoogte                                      (1)

                     (c) Fenotipe van 'n plant wat heterosigoties vir blomkleur en
                         homosigoties dominant vir planthoogte is                                 (2)

                     (d) Genotipe van 'n wit blomdraende, kort plant                              (2)

         3.3.3       Gee Mendel se Wet van Dominansie.                                            (3)
                                                                                                  (10)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         15                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

3.4      Bestudeer die uittreksel en die inligting wat gegee word.

         'n Insekdoder word deur boere gebruik om insekbevolkings van
         Plodia interpunctella te beheer wat op gebergde graan voed. Boere behandel
         die graan met die insekdoder om 'n insekbesmetting te voorkom.

         Hierdie insekdoder is uiters giftig vir sekere insekte, maar veroorsaak min of
         geen skade by mense en nuttige insekte nie.

         Daar is in die laaste paar jaar waargeneem dat hierdie insekdoder nie meer
         effektief is om insekbevolkings van Plodia interpunctella te beheer nie.

         Wetenskaplikes het veronderstel ('n hipotese gehad) dat insekbevolkings wat
         voorheen aan die insekdoder blootgestel is, 'n hoër oorlewingskoers het
         wanneer die graan weer behandel word.

         In 'n ondersoek om hierdie hipotese te toets, het hulle:

          Bergingshouers geïdentifiseer wat voorheen met die insekdoder behandel
           is en houers wat nog nooit met die insekdoder behandel is nie
          'n Monster van 300 insekte uit elke houer versamel
          Elke monster in 'n aparte houer met dieselfde grootte en dieselfde
           toestande aangehou
          Dieselfde konsentrasie en volume insekdoder oor beide houers gespuit
          24 uur toegelaat vir die insekdoder om te begin werk
          Die getal insekte wat in elke houer oorleef het, getel

         Die resultate word in die tabel hieronder gegee:

                      VORIGE BLOOTSTELLING                     GETAL INSEKTE
                         AAN INSEKDODER                       WAT OORLEEF HET
             Met vorige blootstelling aan insekdoder                182
             Geen vorige blootstelling aan insekdoder nie           66

         3.4.1       Gee die:

                     (a) Onafhanklike veranderlike                                              (1)

                     (b) Afhanklike veranderlike                                                (1)

         3.4.2       Noem DRIE faktore wat in hierdie ondersoek konstant gehou is.              (3)

         3.4.3       Gee TWEE redes waarom die wetenskaplikes se resultate dalk nie
                     betroubaar is nie.                                                         (2)

         3.4.4       Gee 'n gevolgtrekking vir hierdie ondersoek.                               (2)
                                                                                                (9)
                                                                                                [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                      16                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf hoe 'n geenmutasie die struktuur van 'n proteïen kan beïnvloed. Gebruik ook
EEN voorbeeld om die rol van mutasies tans in evolusie te beskryf.

                                                                           Inhoud:         (17)
                                                                           Sintese:        (3)

LET WEL:     GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van tabelle,
             vloeidiagramme of diagramme nie.

                                                           TOTAAL AFDELING C:              20
                                                               GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2018-memo-afr/3446f3c9-dda0-4d73-8f83-759be6e74d1d) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2018-english/77f4ce99-c134-4c97-bb48-a35ebaf63702) — Life Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Life Sciences P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2017-eng/7e62377f-2abd-4a09-be12-9a33dc3af21b) — Life Sciences · QP · 2017 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2018-final-memo-afr/0335a3c8-f1eb-4093-94d2-7a5b284fa6d3) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [Life Sciences P2 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2017-memo-eng/859c3d51-42fc-4a5f-acda-48de5f985ffe) — Life Sciences · Memo · 2017 · Eng
- [Life Sciences P2 Feb March 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2016-memo-eng/f26c26e8-9a6f-40ce-9cdf-2296b0af028f) — Life Sciences · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
