# Life Sciences Grade 10 P2 National Exemplar 2012 QP (Afr)

> Grade 10 Life Sciences Paper 2 question paper from the National Exemplar Exam 2012 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr-10-exemplar-2012-afr/5e3efd87-2d4d-4a8f-a432-1fad4dd8f760
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: National Exemplar Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/life-sciences) › [Life Sciences Grade 10 P2 National Exemplar 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr-10-exemplar-2012-afr/5e3efd87-2d4d-4a8f-a432-1fad4dd8f760)

## About this document

Life Sciences · Grade 10 · National Exemplar Exam · 2012. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 GRAAD 12

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 10

                        LEWENSWETENSKAPPE V2

                                 MODEL 2012

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           2                                DBE/2012
                                      NSS – Graad 10 Model

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

5.       Beantwoord die vrae volgens die instruksies by elke vraag.

6.       Maak ALLE tekeninge met 'n potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                3                                  DBE/2012
                                           NSS – Graad 10 Model

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 D.

         1.1.1       Watter van die volgende is 'n abiotiese komponent?

                     A       Vegetatief
                     B       Diere
                     C       Lemoenbome
                     D       Water

         1.1.2       Watter van die volgende beskryf 'n gemeenskap binne-in 'n
                     ekosisteem?

                     A       Al die diere in 'n gebied
                     B       Al die plante in 'n gebied
                     C       Al die plante en diere in 'n gebied
                     D       Die totale getal van een spesie in 'n gebied

         1.1.3       Verwys na die kenmerke hieronder genoem:

                     (i)        Groot oppervlakarea
                     (ii)       In noue kontak met weefselselle
                     (iii)      Bevat dun wande

                     Watter kombinasie van kenmerke is van toepassing op die
                     kapillêre netwerk?

                     A       Slegs (i) en (ii)
                     B       Slegs (ii) en (iii)
                     C       Slegs (i) en (iii)
                     D       (i), (ii) en (iii)

         1.1.4       Die vyfrykstelsel, voorgestel deur Whittaker, gebruik die volgende
                     taksa/taksons om organismes te klassifiseer:

                     A       Monera, Protista, Fungi, Plantae, Animalia
                     B       Eubacteria, Protista, Fungi, Plantae, Animalia
                     C       Bacteria, Archae, Eukaryotes, Plantae, Animalia
                     D       Archaebacteria, Protista, Eukaryotes, Plantae, Animalia

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          4                                 DBE/2012
                                     NSS – Graad 10 Model

         1.1.5       As deel van 'n ekologiese studie is die biomassa van organismes
                     in 'n gemeenskap bepaal. Die tabel hieronder toon die biomassa.

                              ORGANISME         BIOMASSA (kg)
                                  R                   50
                                  S                   10
                                  T                  250
                                  U                  200
                                  V                 3 000
                                 W                    75

                     Uit die data hierbo, watter EEN van die volgende sal 'n moontlike
                     voedselketting wees?

                     A   S       W       U        V
                     B   T       V       R        S
                     C   U       T       W        R
                     D   V       T       W        S

         1.1.6       'n Persoon wat fossiele bestudeer, is 'n ...

                     A   argeoloog.
                     B   paleontoloog.
                     C   antropoloog.
                     D   radioloog.

         1.1.7       Watter klassifikasiestelsel gee aan elke spesie 'n naam wat uit
                     twee dele bestaan?

                     A   Taksonomiese stelsel
                     B   Hiërargiese stelsel
                     C   Tweerykstelsel
                     D   Binomiale stelsel

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            5                            DBE/2012
                                       NSS – Graad 10 Model

VRAAG 1.1.8 en 1.1.9 is op die diagramme hieronder gebaseer.

                                 1                                 2

                                  3                                4

         1.1.8       Die diagramme hierbo illustreer ...

                     A   tektoniese plate.
                     B   kontinentale drywing.
                     C   asteroïed-impak.
                     D   vulkaniese aktiwiteit.

         1.1.9       Die korrekte volgorde van gebeure gedurende die proses hierbo
                     is …

                     A   4, 3, 2, 1.
                     B   1, 3, 4, 2.
                     C   1, 2, 3, 4.
                     D   1, 4, 3, 2.
                                                                             (9 x 2)        (18)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          6                                      DBE/2012
                                     NSS – Graad 10 Model

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.
         1.2.1       Plante wat aangepas is om in droë habitats te leef

         1.2.2       'n Groep voedselkettings wat gerangskik is om aan te dui hoe
                     voeding van organismes ineengeskakel is

         1.2.3       Al die stowwe wat 'n pH van minder as 7 het

         1.2.4       Die onrekbare membraan wat 'n lagie rondom die hart vorm

         1.2.5       'n Operasie uitgevoer om die bloed weg te lei van 'n geblokkeerde
                     deel van 'n koronêre arterie deur 'n klein aartjie uit die been of arm
                     daaraan te heg

         1.2.6       Die hoogte bo seevlak

         1.2.7       Die verskeidenheid lewende organismes op Aarde

         1.2.8       Die verteenwoordiging van 'n tydskaal wat die geskiedenis van
                     lewe op Aarde vertoon

         1.2.9       Kalksteengrotte, noordwes van Johannesburg, waar die grootste
                     hoeveelheid hominiedfossiele in die wêreld gevind word

         1.2.10      Die dood van alle individue van 'n spesie in die wêreld      (10 x 1)          (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           7                                     DBE/2012
                                      NSS – Graad 10 Model

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.3.1–1.3.11) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                 KOLOM I                                 KOLOM II
         1.3.1       Die posisie van 'n area in verhouding tot    A: Aspek
                     die son                                      B: Helling
         1.3.2       Organismes wat op dooie of verrottende       A: Saprofiete
                     materiaal voed                               B: Karnivore
         1.3.3       'n Plek wat deur 'n organisme in 'n          A: Habitat
                     ekosisteem bewoon word en die interaksie     B: Nis
                     daarmee en met ander organismes
         1.3.4       Die deel van die Aarde waar lewe gevind      A: Atmosfeer
                     word                                         B: Hidrosfeer
         1.3.5       Die verlies van water in dampvorm            A: Transpirasie
                                                                  B: Verdamping
         1.3.6       Wanneer koolstofdioksied uit die             A: Respirasie
                     atmosfeer verwyder word                      B: Fotosintese
         1.3.7       Spesies wat slegs in een spesifieke area     A: Inheems
                     en nêrens anders in die wêreld gevind        B: Endemies
                     word nie
         1.3.8       Die tipe organisme wat as 'n skakel tussen   A: Dinosourus
                     visse en amfibieë beskou word                B: Selakant
          1.3.9      'n Fossiel wat kenmerke besit van            A: Oorgangsfossiele
                     organismes wat aan twee verskillende         B: Afdrukfossiele
                     taksa/taksons behoort
         1.3.10      Vroeë landplante in die                      A: Kolfmosse
                     Grahamstadgebied                             B: Archaebacteria
         1.3.11      Moontlike oorsake vir die sesde massa-       A: Klimaatsverandering
                     uitwissing                                   B: Menslike impak
                                                                                 (11 x 2)           (22)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:                50

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             8                                  DBE/2012
                                        NSS – Graad 10 Model

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder verteenwoordig 'n voedselketting in 'n tuin.

                                     'n VOEDSELKETTING IN 'n TUIN

           Roos
           Roos                 Groen               Liewenheersbesie           Lyster
                               plantluis

                                     'n Voedselketting in 'n tuin

        2.1.1        Noem die organisme hierbo wat die volgende verteenwoordig:

                     (a)   Herbivoor                                                               (1)

                     (b)   Produsent                                                               (1)

        2.1.2        'n Roosplant beskik oor 1 000 kJ/m2/jaar energie en slegs 10% van
                     hierdie energie word by elke trofiese vlak van die voedselketting
                     oorgedra. Hoeveel energie sal aan die lyster oorgedra word? Toon
                     AL jou berekeninge.                                                           (4)

        2.1.3        Indien al die groen plantluise in hierdie tuin verwyder sou word,
                     verduidelik wat met die bevolkings van die volgende sou gebeur:

                     (a)   Roosplante                                                              (2)

                     (b)   Liewenheersbesies                                                       (2)

                     (c)   Lysters                                                                 (2)
                                                                                                   (12)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         9                                  DBE/2012
                                    NSS – Graad 10 Model

2.2      Drie grondmonsters wat in verskillende streke bymekaargemaak is, is vir
         luginhoud, waterhouvermoë en humusinhoud ontleed. Die resultate wat
         verkry is, word in die tabel hieronder vertoon.

                    GRONDMONSTER                           A        B           C
         Luginhoud (%)                                     30       10          60

         Waterhouvermoë (mℓ water wat deur 100 g           20        5          70
         grond per minuut beweeg)
         Humusinhoud (%)                                   25       10           5

         2.2.1       Na aanleiding van die resultate hierbo, watter grondmonster (A, B
                     of C) sal die volgende wees:

                     (a) Leem                                                                  (1)

                     (b) Klei                                                                  (1)

                     (c) Sand                                                                  (1)

         2.2.2       Verduidelik die nadele vir die plante wat in grondmonster B groei
                     met verwysing na die waterhouvermoë van water.                            (2)

         2.2.3       Noem TWEE faktore met betrekking tot die samestelling van
                     grondmonster B wat die grond se lae waterhouvermoë tot gevolg
                     gehad het.                                                                (2)

         2.2.4       Noem TWEE voordele van 'n hoër persentasie humus vir die
                     grond.                                                                    (2)
                                                                                               (9)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          10                                   DBE/2012
                                     NSS – Graad 10 Model

2.3      Lees die leesstuk hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Die Kaapse fynbos-ryk is die kleinste van die wêreld se blomryke. Dit is die
         tuiste vir meer endemiese en inheemse plante as enige ander streek in
         Suid-Afrika. Ongeveer 70% van die gebied se 9 000 plantspesies word
         nêrens anders in die wêreld aangetref nie.

         Die plante van hierdie bioom, wat meestal klein struike is, groei in grond wat
         arm aan voedingstowwe is. Hulle oorleef ook die lang, droë somertoestande,
         asook gereelde brande.

         Die flora van die Kaap word onder meer deur indringerplante bedreig, asook
         deur habitatvernietiging deur die mens. Verskeie spesies van die bioom is
         alreeds uitgewis. Daarom is die bewaring daarvan 'n nasionale
         bewaringsprioriteit.

         In 'n poging om hierdie bioom te bewaar, is daar verskeie projekte met die
         doel om verantwoordelike uitstappies na natuurlike gebiede te onderneem om
         die omgewing te bewaar, asook om die welstand van plaaslike
         gemeenskappe te verbeter.

         2.3.1       Wat is die naam van die bioom in die leesstuk hierbo?                        (1)

         2.3.2       Definieer 'n bioom.                                                          (1)

         2.3.3       Gee TWEE redes vir die vernietiging van die habitat deur mense.              (2)

         2.3.4       Gee TWEE moontlike redes hoekom mense die natuur behoort te
                     bewaar.                                                                      (2)

         2.3.5       Bereken die totale getal spesies wat endemies aan hierdie bioom
                     is. Toon jou berekeninge.                                                    (3)

         2.3.6       Benoem die tipe toerisme wat in die paragraaf genoem word.                   (1)

         2.3.7       Noem TWEE maniere waarop die plaaslike gemeenskappe uit die
                     tipe toerisme, genoem in VRAAG 2.3.6, voordeel sal trek.                     (2)
                                                                                                  (12)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         11                                   DBE/2012
                                    NSS – Graad 10 Model

2.4      Bestudeer die diagrammatiese voorstelling hieronder van 'n dwarssnee deur
         'n aar/vene en 'n slagaar/arterie.

                                                1

                                                2

                                                3

                              A                                     B

         2.4.1       Watter diagram (A of B) verteenwoordig 'n slagaar/arterie?                  (1)

         2.4.2       Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.4.1.                                    (2)

         2.4.3       Watter bloedvat (A of B) het kleppe?                                        (1)

         2.4.4       Verskaf die byskrifte vir die dele genommer:

                     (a) 1                                                                       (1)

                     (b) 2                                                                       (1)

                     (c) 3                                                                       (1)
                                                                                                 (7)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          12                                     DBE/2012
                                     NSS – Graad 10 Model

VRAAG 3

3.1      Bestudeer die twee fossiele (Diagram A en Diagram B) wat ontdek is en as
         oorgangsfossiele geklassifiseer word.

                                          DIAGRAM A

                                         DIAGRAM B

         3.1.1       Wat is die wetenskaplike naam van die prehistoriese voël in
                     Diagram A?                                                                     (2)

         3.1.2       Verduidelik hoekom wetenskaplikes           kon   aflei   dat   hierdie
                     prehistoriese voël 'n oorgangsfossiel is.                                      (4)

         3.1.3       Beskryf hoe hierdie fossiel gevorm kon word.                                   (4)

         3.1.4       Noem die organisme in Diagram B geïllustreer en noem waar dit in
                     Suid-Afrika gevind is.                                                         (2)
                                                                                                    (12)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           13                                 DBE/2012
                                      NSS – Graad 10 Model

3.2      Bestudeer die tabel hieronder wat die verval van koolstof-14 oor tyd vertoon
         en beantwoord dan die vrae wat volg.

                               VERVAL VAN KOOLSTOF-14

Jare van nou af
                       0      5 730     11 460    17 190     22 920   X    34 380     40 110
Getal halflewens
wat verval het         0        1          2         3         4      5       6          7
Persentasie van
oorspronklike          100     50         25       12,5       6,25    Z     1,56       0,78
koolstof-14 wat
oorbly

         3.2.1       Noem TWEE tipes metodes wat gebruik word om die ouderdom
                     van fossiele te bepaal.                                                   (2)

         3.2.2       Bereken die waarde van:

                     (a) X                                                                     (2)

                     (b) Z                                                                     (2)

         3.2.3       Verduidelik hoekom dit nie moontlik is om die ouderdom van 'n
                     fossiel wat 80 miljoen jare gelede geleef het, te bepaal deur die
                     gebruik van die verval van koolstof-14 nie.                               (2)

         3.2.4       Gee TWEE redes hoekom daar gapings in die fossielrekords is.              (2)
                                                                                               (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                        14                                  DBE/2012
                                   NSS – Graad 10 Model

3.3      Bestudeer die grafiek hieronder wat die hoof- uitwissingsgebeurtenisse toon
         en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                 Kryt-
                                                                 uitwissing

                          Ordovisium-
                          uitwissing       Permiese uitwissing

         3.3.1       Wanneer het die Senosoïkum-tydperk begin?                                 (2)

         3.3.2       Watter massa-uitwissing het aan die einde van die Paleosoïkum-
                     tydperk plaasgevind?                                                      (1)

         3.3.3       Ongeveer hoeveel families van spesies het aan die einde van die
                     Paleosoïkum-tydperk uitgesterf? Toon AL die bewerkings.                   (3)

         3.3.4       Verduidelik hoekom die getal families van organismes na elke
                     massa-uitwissing vinnig toegeneem het.                                    (3)
                                                                                               (9)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         15                                DBE/2012
                                    NSS – Graad 10 Model

3.4      Die volgende vrae is op die uitwissing van dinosourusse op Aarde gebaseer.

         3.4.1       Watter bewyse gebruik wetenskaplikes om aan te toon dat
                     dinosourusse lank gelede op die Aarde geleef het?                    (1)

         3.4.2       Hoe lank gelede het dinosourusse uitgesterf?                         (2)

         3.4.3       Beskryf 'n hipotese wat voorgestel is vir die uitwissing van baie
                     spesies, insluitend die dinosourusse, gedurende die tyd genoem in
                     VRAAG 3.4.2.                                                         (6)
                                                                                          (9)
                                                                                          [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:          80

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf pulmonêre sirkulasie (die bloedvloei tussen die hart en die longe) en
verduidelik hoe die hart geskik is om sy funksie te verrig.
                                                                       Inhoud:            (17)
                                                                      Sintese:            (3)

LET WEL:     GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van diagramme of
             vloeidiagramme toegeken word nie.

                                                              TOTAAL AFDELING C:          20
                                                                  GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 GR 10 Exemplar 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr-10-exemplar-2012-eng/47078c13-0c44-47ba-bfb8-6bfcad9fb0b4) — Life Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Life Sciences P2 GR 10 Exemplar 2012 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr-10-exemplar-2012-memo-eng/10f18a1c-e000-43c9-a569-8d2434c94d64) — Life Sciences · Memo · 2012 · Eng
- [Life Sciences P2 GR 10 Exemplar 2012 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr-10-exemplar-2012-memo-afr/9fe56c25-b2ed-4907-ae3c-7e8348eae4b6) — Life Sciences · Memo · 2012 · Afr
- [Life Sciences P1 GR 10 Exemplar Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr-10-exemplar-eng/114fda25-3612-4a7c-bf6c-73e6ba22f18c) — Life Sciences · QP · 2012 · Eng
- [Life Sciences P1 GR 10 Exemplar Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr-10-exemplar-afr/7607d08f-5221-4c70-8f96-b41fb3c5792c) — Life Sciences · QP · 2012 · Afr
- [Life Sciences P3 GR 10 Exemplar 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p3-gr-10-exemplar-2012-eng/92171bff-9160-405d-a9e5-e6c61a315cd9) — Life Sciences · QP · 2012 · Eng

## More from Grade 10 Life Sciences

- [Gr10-Lewenswetenskappe-OG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-lewenswetenskappe-og-studyguide-lr/8e3e18e1-6b71-4e05-952d-de0944ef8eff) — Guide
- [Gr10-Life-Sciences-TG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-life-sciences-tg-studyguide-lr/5615738c-106e-4a50-9536-78ad61f5ee23) — Guide
- [KZN Life Sciences Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-kzn-march-test-question-paper-and-memorandum/a3348de3-4618-469e-a3dc-d828cb2b83c5) — QP + Memo · 2026
- [Grade 10 Life Sciences P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/7cd01b5e-09b4-433c-9125-b004c26811cd) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 Life Sciences P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2/deda828d-ebf9-499d-a570-e4ba51257bbb) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 Life Sciences P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1/2cca23be-2318-4e79-adc5-bc33177854a5) — Memo · 2026 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
