# Life Sciences Grade 10 P2 Eastern Cape November 2019 QP

> Grade 10 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019, 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-nov-2019-afrd/b29b227c-5b7f-4cbe-bcbf-20ba3d23a1ba
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 10
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/life-sciences) › [Life Sciences Grade 10 P2 Eastern Cape November 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-nov-2019-afrd/b29b227c-5b7f-4cbe-bcbf-20ba3d23a1ba)

## About this document

Life Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 10

                       NOVEMBER 2019

                  LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                                  *XLFSA2*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.   Beantwoord AL die vrae.

 2.   Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

 3.   Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 5.   Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

 6.   ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
      swart ink.

 7.   Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra
      word.

 8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

 9.   MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
     waar nodig.

 11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)            LEWENSWETENSKAPPE V2                                          3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
     Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
     vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
     1.1.11 D.

       1.1.1    ŉ Kamer in die hart met dik spierwande wat bloed deur die aorta
                pomp.

                A     Regteratrium
                B     Linkeratrium
                C     Regterventrikel
                D     Linkerventrikel

       1.1.2    ŉ Bloedvat wat bloed na die niere neem.

                A     Lewerslagaar
                B     Nierslagaar
                C     Mesenteriese slagaar
                D     Dermslagaar

       1.1.3    Gespesialiseerde geleidingsweefsel in die hart, ook as die
                pasaangeër van die hart bekend.

                A     Sino-atriale knoop
                B     Atrio-ventrikulêre knoop
                C     Simpatiese senuwee
                D     Parasimpatiese senuwee

       1.1.4    Die vloeibare deel van bloed word ... genoem.

                A     plasma
                B     weefselvloeistof
                C     limf
                D     bloed

       1.1.5    ŉ Deel van die biosfeer wat uit grond en rotse bestaan, word die ...
                genoem.

                A     geosfeer
                B     litosfeer
                C     terasfeer
                D     hidrosfeer

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                LEWENSWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2019)

      1.1.6     ŉ Algemene groep plante wat aangepas is om in uiters droë
                streke te groei, word na verwys as ...
                A       hidrofiete.
                B       mesofiete.
                C       xerofiete.
                D       woestynplante.

      1.1.7     Bestudeer die lys hieronder en beantwoord die vraag wat volg:
                (i)     Warm somers met hoë reënval, koue winters met swaar ryp
                (ii)    Groot Vyf
                (iii)   Sanderige grond arm aan voedingstowwe
                (iv)    Plante is meestal grasse en klein struike

                Watter van die bogenoemde stellings is van toepassing op die
                Savanna-bioom?
                A       (i) en (ii)
                B       (ii) en (iii)
                C       (i), (ii) en (iii)
                D       (i), (ii), (iii) en (iv)

      1.1.8     Wat sal jy ŉ boer aanbeveel wat ŉ plek soek om gewasse te plant
                wat groot hoeveelhede sonlig, voedingsryke grond en goeie
                dreinering benodig?

                A       Plant op ŉ noordelike helling in grond wat hoofsaaklik uit
                        leem bestaan
                B       Plant op ŉ noordelike helling in sanderige grond
                C       Plant op die suidelike helling in grond wat hoofsaaklik uit
                        leem bestaan
                D       Plant op ŉ suidelike helling in grond met goeie klei-inhoud
      1.1.9     Wetenskaplikes het voorgestel dat die bome in die Amasone-
                oerwoud hul eie wolke en reën opwek. Dit word waarskynlik deur
                ... veroorsaak.
                A       neerslag
                B       verdamping
                C       kondensasie
                D       transpirasie
      1.1.10    Watter van die volgende verteenwoordig NIE die belangrikheid
                van vleilande NIE?
                A       ŉ Groot verskeidenheid habitatte aan die kus, soos
                        strandmere en riviermondings.
                B       Gee ŉ gereelde watervoorsiening en help om die effek van
                        droogtes te verminder
                C       Lae biodiversiteit
                D       Hoë watertafel en grond met ŉ hoë waterhouvermoë
                                                                           (10 x 2)    (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                            5

 1.2    Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende
        beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8)
        op die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.2.1        ŉ Bloedsirkulasiestelsel waar bloed binne die bloedvate bly

        1.2.2        Bloedvate wat uit ŉ enkele laag epiteel bestaan

        1.2.3        ŉ Fase in die hartsiklus waartydens die hele hart ontspan

        1.2.4        Die maatstaf van hoe suur of alkalies ŉ stof is

        1.2.5        Diere waar liggaamstemperatuur van die omgewings-
                     temperatuur afhang

        1.2.6        Die term wanneer ŉ organisme wat gedurende die winter
                     onaktief raak

        1.2.7        Voedingsvlakke van verskillende organismes binne ŉ
                     ekosisteem

        1.2.8        Die vorm waarin stikstof deur plante met hul plantwortels
                     opgeneem word
                                                                                 (8 x 1)     (8)

 1.3    Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
        SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
        KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
        vraagnommer (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                            KOLOM Ι                                KOLOM ΙΙ
        1.3.1    ŉ Bloedvat wat suurstofhoudende        A:    Longslagaar
                 bloed vervoer                          B:    Superior vena cava
        1.3.2    ŉ Abiotiese faktor betreffende         A:    Fisiografiese
                 grond                                  B:    Edafiese
        1.3.3    Organismes wat nie hul eie             A:    Heterotrofiese
                 voedsel kan produseer nie              B:    Ontbinders
                                                                                 (3 x 2)     (6)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/NOVEMBER 2019)

 1.4   Die diagram hieronder toon die struktuur van die menslike hart.

       1.4.1    Identifiseer dele A, B en G.                                          (3)

       1.4.2    Gee SLEGS die LETTERS van die dele wat die terugvloei van
                bloed na die atrium voorkom.                                          (2)

       1.4.3    Noem die deel wat bloed vanaf die onderste helfte van die liggaam
                na die hart bring.                                                    (1)

       1.4.4    Gee die LETTER en NAAM van die deel wat voorkom dat die
                geoksigineerde (suurstofryke) en gedeoksigeneerde
                (suurstofarme) bloed meng.                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)           LEWENSWETENSKAPPE V2                                            7

 1.5 Die tabel hieronder toon die verskillende hoeveelhede CO2 wat die
     atmosfeer binnekom (▲) en die hoeveelheid wat uit die atmosfeer
     verwyder word (▼). Die getalle verteenwoordig miljarde ton CO2 per jaar.

                                      ATMOSFEER
        120           60     60          1,1            8,4       90         90
        ▼             ▲      ▲           ▲              ▲         ▼          ▲

         Plantegroei         A         B                 C           Oseane
                             LITOSFEER                            HIDROSFEER

       1.5.1    Identifiseer die bronne van CO2 in die atmosfeer wat deur die
                volgende voorgestel word:

                (a)    A                                                                  (1)

                (b)    B                                                                  (1)

                (c)    C                                                                  (1)

       1.5.2    Plantegroei dra jaarliks 60 miljard ton CO2 tot die atmosfeer by.
                Watter biologiese proses is hiervoor verantwoordelik?                     (1)

       1.5.3    Volgens die tabel, wat is die netto hoeveelheid CO2 wat elke jaar die
                atmosfeer binnedring?                                                     (3)

       1.5.4    Noem die wêreldwye verskynsel van toenemende temperatuur wat
                deur oormatige CO2 in die atmosfeer veroorsaak word.                      (1)

                                                              TOTAAL AFDELING A:          50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  LEWENSWETENSKAPPE V2                            (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1 Die onderstaande diagram toon die aorta-druk tydens die hartsiklus.
                                   ଵଶ଴
      Normale bloeddruk is               , wat die sistoliese druk op die diastoliese druk is.
                                    ଼଴
      Die sistoliese druk is die hoogste druk wat die bloed in die aorta bereik,
      terwyl die diastoliese druk die laagste druk is waartoe die bloed in die aorta
      daal.

       Druk (mm Hg)

                               Aortadruk

      2.1.1           Gebruik die inligting in die diagram hierbo en bereken die persoon
                      se bloeddruk.                                                              (3)

      2.1.2           Sou jy sê dat hierdie persoon lae, normale of hoë bloeddruk het?           (1)

      2.1.3           Beskryf wat ŉ beroerte veroorsaak.                                         (3)

      2.1.4           Noem TWEE risikofaktore vir ŉ beroerte.                                    (2)
                                                                                                 [9]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                             9

 2.2 Die kaart hieronder toon een van Suid-Afrika se biome en ŉ afbeelding van
     ŉ Karoo-dwergverkleurmannetjie.

                            A

       2.2.1         Identifiseer die bioom op die kaart wat deur die gemerkte gebied A
                     getoon word.                                                             (1)

       2.2.2         Beskryf die klimaat van hierdie bioom.                                   (3)

       2.2.3         Watter algemene plantegroei kan jy verwag om in hierdie bioom te
                     vind?                                                                    (2)

       2.2.4         Stel jou voor dat jy ŉ wetenskaplike is wat by die universiteit naby
                     hierdie streek werk. Iemand bring vir jou ŉ Karoo dwergverkleur-
                     mannetjie wat hulle gevind het. Dit lyk asof dit al ŉ rukkie lank nie
                     kos gehad het nie en dat dit versorg moet word voordat dit weer
                     in die natuur vrygelaat kan word.

                     Die Karoo-dwergverkleurmannetjie is ŉ klein reptiel, gewoonlik
                     8–15 cm lank. Soos ander verkleurmannetjies kan dit van kleur
                     verander om homself te kamoefleer.

                     Verduidelik hoe jy ŉ terrarium (ŉ geslote glashouer om plante en /
                     of diere in te hou) sal opstel, om dit lank genoeg aan die lewe te
                     hou totdat sy gesondheid verbeter.
                                                                                 (2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            LEWENSWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2019)

  2.3   Bob het besluit om vas te stel hoe die ligintensiteit die oopgaan van
        blomknoppe in ŉ spesifieke plantspesie, wat bekend staan as Watsonias,
        beïnvloed.

        Hy het vier buitelug-houers vir die Watsonias gebou. Die eerste een is
        bedek met een laag groen skadu-net. Die tweede een is met twee lae
        bedek, die derde met drie lae en die vierde met vier lae.

        Watsonias blom in die lente tot vroeë somer, dus het Bob sy eksperiment
        in Oktober gedoen met blomme wat hy by die kwekery gekoop het.

        In elke houer het Bob vyf identiese potte Watsonias gesit. Elke pot het ŉ
        enkele Watsonia-plant gehad van 20 cm hoog, bevat en het geen oop
        blomme gehad het nie. Elke houer is in volle sonlig op sy grasperk
        geplaas. Aan die einde van elke week het hy die totale aantal oop blomme
        in elke houer getel en sy resultate neergeskryf.

        Sy resultate word in die onderstaande tabel aangetoon.

          Aantal blomknoppies wat oor vier weke in Oktober op Watsonia-
                    plante in vier verskillende houers oopgaan
        Houernommer           Week 1        Week 2       Week 3  Week 4
        1 (25% skaduwee)          4            7           17      29
        2 (50% skaduwee)          2            5           9       15
        3 (75% skaduwee)          0            3           4        7
        4 (100% skaduwee)         0            0           0        3

        2.3.1   Wat is die:

                (a)   Afhanklike veranderlike?                                         (1)

                (b)   Onafhanklike veranderlike?                                       (1)

        2.3.2   Noem EEN ding wat Bob kan doen om die geldigheid van sy
                eksperiment te verseker.                                               (1)

        2.3.3   Hoe kon Bob ŉ kontrole vir sy eksperiment opgestel het?                (2)

        2.3.4   Bereken die persentasie toename in aantal oop blomme vir
                buitelug-houer 2 van week 2 tot week 3.                                (3)

        2.3.5   Wat kan Bob uit sy resultate aflei?                                    (2)

        2.3.6   Teken ŉ staafgrafiek van Bob se resultate van week 4.                  (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)           LEWENSWETENSKAPPE V2                                     11

 2.4 Die diagram hieronder toon ŉ voedselweb.

                                     Leeu

                                                        Hiëna

                         Springbok                      Sebra

                                               Gras

       2.4.1    Noem die organisme hierbo wat ŉ ...

                (a)   produseerder is.                                              (1)

                (b)   primêre verbruiker is.                                        (1)

       2.4.2    Verduidelik wat kan gebeur as die hiëna uit hierdie ekosisteem
                verwyder word.                                                     (3)
                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 3

 3.1 Die sneeu-luiperd word soos volg geklassifiseer:
     Animalia, Chordata, Mammalia, Carnivora, Felidae, Panthera, Uncia

      3.1.1    Aan watter Orde en Familie behoort die sneeu-luiperd?                 (2)

      3.1.2    Korrigeer die foute in die binomiale (wetenskaplike) naam van die
               sneeu-luiperd.                                                        (2)

      3.1.3    Hoeveel koninkryke van lewende organismes is daar?                    (1)

      3.1.4    Die sneeu-luiperd is eukarioties. Wat beteken dit?                    (1)

      3.1.5    Stel voor watter voedingswyse en voortplantingsmetode by sneeu-
               luiperde voorkom.                                                     (2)

      3.1.6    Tiere, jaguars, leeus en luiperde behoort tot dieselfde genus as
               sneeu-luiperde.

               Noem die tipe tweestap-sleutel wat gebruik kan word om hierdie
               katte te identifiseer.                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)           LEWENSWETENSKAPPE V2                                            13

 3.2 Die tabel hieronder toon ŉ geologiese tydskaal.

                     ERA                   PERIODE                    MJG
                                           Kwaternêr                    2
                Senosoïes
                                             Tersiêr                   65
                                              Kryt                   140–65
                Mesosoïes                  Jurassies                 190–140
                                            Triassies                250–190
                                            Permies                  280–250
                                           Karbonies                 345–280
                                            Devonies                 400–345
                Paleosoïes
                                            Siluries                 435–400
                                           Ordovisies                515–435
                                           Kambries                  570–515

       3.2.1    Wetenskaplikes het fossiele van vroeë mense op baie plekke in
                Afrika ontdek. In watter era en periode sou hierdie fossiele geleef
                het?                                                                       (2)

       3.2.2    Wetenskaplikes het onlangs ŉ vroeë fossiel van die soogdier,
                genaamd Megaconus, ontdek, met die bynaam ‘Jurassiese
                Eekhoring’. Volgens wetenskaplikes het dit presies in die middel van
                die Jurassiese periode geleef. Bereken hoeveel miljoen jaar gelede
                dit was.                                                                   (2)

       3.2.3    Ongeveer 543 MJG het ŉ gebeurtenis bekend as die 'Kambriese
                Ontploffing' plaasgevind. Wat het tydens hierdie gebeurtenis
                gebeur?                                                                    (2)

       3.2.4    Die dinosourusse het aan die einde van die Krytperiode uitgesterf.
                Wetenskaplikes het voorgestel dat dit moontlik deur ŉ vulkaniese
                uitbarsting veroorsaak is. Verduidelik hoe die uitbarsting hierdie
                uitwissing kon veroorsaak het.                                             (5)

       3.2.5    Alle uitsterwingsgebeurtenisse soos die einde van die dinosourusse
                was te wyte aan fisieke oorsake, maar tog veroorsaak mense die
                uitsterwing van verskillende spesies teen ŉ hoër tempo as ooit
                tevore. Noem hierdie huidige massa-uitwissingsgebeurtenis en
                noem TWEE maniere waarop menslike aktiwiteite biodiversiteit
                bedreig.                                                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2019)

 3.3    Die diagram hieronder toon hoe Suid-Amerika en Afrika eens in die
        verlede verbind was.

                         SUID-AMERIKA                 AFRIKA

                       RHEA
                                                                VOLSTRUIS

        3.3.1        Aan watter een van die twee groot super-kontinente het Suid-
                     Amerika en Afrika behoort?                                          (1)

        3.3.2        Wat noem ons die studie van die verspreiding van bestaande
                     en uitgestorwe organismes in verskillende geografiese
                     gebiede?                                                            (1)

        3.3.3        Voëls wat nie kan vlieg nie soos die rhea en volstruis is
                     verskillende spesies, maar tog het hulle baie soortgelyke
                     eienskappe. Verduidelik hoe sulke soortgelyke voëls wat nie
                     kan vlieg nie op kontinente wat deur ŉ groot oseaan geskei is,
                     beland het.                                                         (3)

        3.3.4        Ysbere woon in die Noordpool, die Arktiese gebied, terwyl
                     pikkewyne in die Suidpool, die Antarktika, woon, wat albei baie
                     eenderse klimaatstoestande het. Stel ŉ rede voor waarom
                     pikkewyne en ysbere nie by albei pole aangetref word nie.           (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)           LEWENSWETENSKAPPE V2                                         15

 3.4 Die kaart hieronder toon verskillende terreine waar bewyse van die ryk
     fossielgeskiedenis van Suid-Afrika gesien kan word.

                                                                             A

                                                                             B

                                                                             C
                                                                             D

       3.4.1    By watter nasionale erfenisgebied en grotte op punt A is die
                fossieloorblyfsels van mense gevind?                                    (2)

       3.4.2    Noem TWEE voordele wat fossielterreine, soos dié by punt A, vir die
                plaaslike bevolking inhou.                                              (2)

       3.4.3    Gee die wetenskaplike naam van die primitiewe plante by punt B
                wat verantwoordelik is vir die meeste van Suid-Afrika se
                steenkoolafsettings.                                                    (2)

       3.4.4    Noem die uitgestorwe geleedpotiges met gesegmenteerde liggame
                wat by punt C ontdek is.                                                (1)

       3.4.5    Watter ‘lewende fossiel’ is aan die kus naby Oos-Londen by punt D
                gevang?                                                                (1)
                                                                                      [40]

                                                          TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                         LEWENSWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING C

 VRAAG 4

 Gee ŉ gedetailleerde beskrywing van die proses van fossielvorming in
 sedimentêre gesteentes en beskryf hoe wetenskaplikes die ouderdom van die
 fossiele kan skat met behulp van relatiewe datering. Noem ook hoe fossiele
 moontlik deur wetenskaplikes ontdek kan word.

                                                                    Inhoud:      (17)
                                                                    Sintese:      (3)

 LET WEL:       GEEN punte word toegeken vir antwoorde in die vorm van
                vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie.

                                                     TOTAAL AFDELING C:           20
                                                         GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR10 NOV .2019 EngD](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-nov-2019-engd/f55efed9-bce4-4582-b2e4-a2da60b806f6) — Life Sciences · QP · 2019
- [LIFE SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-memo-nov2019-afrikaans/e7a029c4-1a57-4fd2-8fe0-7dd48b83d249) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2019 English](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-memo-nov2019-english/65073577-7cf4-4250-ba31-47e90e21f228) — Life Sciences · Memo · 2019 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 GR10 QP NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr10-qp-nov2019-afr-d/d0ed5bb9-cdbf-43ec-83de-2566d1a34187) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR10 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr10-qp-nov2019-eng-d/cded76a6-8260-402d-9435-3f582ce6818b) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [NW NSC GR 10 LIFE SCIENCES P2 AFR NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/nw-nsc-gr-10-life-sciences-p2-afr-nov-2019/c001dbdf-0c9a-4ba5-a990-6ec94f1b2c6e) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 10 Life Sciences

- [Gr10-Lewenswetenskappe-OG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-lewenswetenskappe-og-studyguide-lr/8e3e18e1-6b71-4e05-952d-de0944ef8eff) — Guide
- [Gr10-Life-Sciences-TG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-life-sciences-tg-studyguide-lr/5615738c-106e-4a50-9536-78ad61f5ee23) — Guide
- [KZN Life Sciences Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-kzn-march-test-question-paper-and-memorandum/a3348de3-4618-469e-a3dc-d828cb2b83c5) — QP + Memo · 2026
- [Grade 10 Life Sciences P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/7cd01b5e-09b4-433c-9125-b004c26811cd) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 Life Sciences P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2/deda828d-ebf9-499d-a570-e4ba51257bbb) — Memo · 2026 · Eng
- [Grade 10 Life Sciences P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1/2cca23be-2318-4e79-adc5-bc33177854a5) — Memo · 2026 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
