# Life Sciences Grade 10 P2 Eastern Cape November 2017 QP

> Grade 10 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-qp-nov2017-afrikaans/e55b43d9-9787-4f2e-9a65-128f985b3bfe
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/life-sciences) › [Life Sciences Grade 10 P2 Eastern Cape November 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-qp-nov2017-afrikaans/e55b43d9-9787-4f2e-9a65-128f985b3bfe)

## About this document

Life Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [LIFE SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-memo-nov2017-afrikaans/2f49c755-9d74-4ae4-ac1c-2cc1d5e8119a) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 10

                       NOVEMBER 2017

                  LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                               *XLFSA2*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/NOVEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik word.

 5.     Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

 6.     Teken ALLE tekeninge in potlood en skryf byskrifte in blou of swart ink.

 7.     Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer gevra word.

 8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
        NIE.

 9.     MOENIE grafiekpapier gebruik nie.

 10.    Jy moet ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en ŉ kompas
        gebruik waar nodig.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                LEWENSWETENSKAPPE V2                                     3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
      Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
      vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
      1.1.11 D.

      1.1.1    Die deel van die Aarde waar organismes woon, word die ...
               genoem.

               A        atmosfeer
               B        litosfeer
               C        biosfeer
               D        hidrosfeer

      1.1.2    Bestudeer die onderstaande lys:

               (i)      Ontbinders
               (ii)     Sonlig
               (iii)    Plante
               (iv)     Edafiese faktore

               Watter van die volgende kombinasies kan as biotiese faktore
               beskou word?

               A        (i) en (iii)
               B        (ii) en (iv)
               C        (i), (ii) en (iii)
               D        (i), (iii) en (iv)

      1.1.3    Proteas is eie aan watter bioom?

               A        Woud
               B        Grasvlaktes
               C        Savanne
               D        Fynbos

      1.1.4    Die koninkryk waaraan bakterieë behoort:

               A        Plantae
               B        Protista
               C        Monera
               D        Animalia

      1.1.5    Watter van die volgende vorm NIE deel van die sistemiese
               bloedsomloop NIE?

               A        Regteratrium
               B        Aorta
               C        Linkerlong
               D        Vena cava

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2017)

       1.1.6     Tydens die koolstofkringloop word koolstofdioksied uit die atmosfeer
                 verwyder deur ...

                 A       primêre verbruikers.
                 B       sekondêre verbruikers.
                 C       ontbinders.
                 D       produseerders.

        1.1.7    Die grootste bloedvat in die menslike liggaam, wat suurstofryke
                 (geoksigineerde) bloed vervoer, is die ...

                 A       longslagaar.
                 B       aorta.
                 C       vena cava superior.
                 D       kroonslagaar.

        1.1.8    Bestudeer die onderstaande lys en beantwoord die vrae wat volg:

                 (i)     Tektoniese plate
                 (ii)    Ystydperke
                 (iii)   Afname in koolstofdioksiedvlakke
                 (iv)    Fossiel-toerisme

                 Watter van die bostaande veranderinge was ŉ belangrike invloed op
                 die geskiedenis van lewe op Aarde?

                 A       (i) en (ii)
                 B       (i) en (iii)
                 C       (i), (ii) en (iii)
                 D       Al die bogenoemde

        1.1.9    Die plek in Gauteng waar mense moontlik hul oorsprong kan hê, is …

                 A       die Wieg van die Mensdom.
                 B       die Drakensberge.
                 C       Mapungubwe.
                 D       Egoli.

        1.1.10   Die relatiewe kort geologiese tydperk waartydens organismes
                 gediversifiseer het en ŉ toename in die diversiteit van spesies op
                 aarde veroorsaak het:

                 A       Paleosoïese era
                 B       Kambriese Ontploffing
                 C       Jurassiese periode
                 D       Krytperiode
                                                                                 (10 x 2)      (20)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)               LEWENSWETENSKAPPE V2                                            5

 1.2    Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende
        beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.9) in
        die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.2.1        Die spierlaag wat die regter- en linkerkant van die hart skei.

        1.2.2        Die groot verskeidenheid lewende organismes wat op die Aarde
                     voorkom.

        1.2.3        Die proses waartydens groot plate ys, wat ons gletsers noem,
                     gevorm word.

        1.2.4        Bloedvate met eenrigtingkleppe.

        1.2.5        ‘Lewende fossiel’ wat langs die noordelike kus van KwaZulu-
                     Natal aangetref word.

        1.2.6        Die tydskaal wat gebruik word om die geskiedenis van lewe op
                     Aarde te meet.

        1.2.7        ŉ Persoon wat fossiele bestudeer.

        1.2.8        Die laag gasse rondom die Aarde.

        1.2.9        Bloedplasma wat die kapillêres verlaat en die selle omring.
                                                                                   (9 x 1)      (9)

 1.3    Dui aan of elk van die stellings in KOLOM Ι, van toepassing is op
        SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B, of GEENEEN van die items in
        KOLOM ΙΙ nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
        vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                    KOLOM Ι                           KOLOM ΙΙ
        1.3.1        Bron van nitrate in die grond             A    Bakterieë
                                                               B    Fotosintese
        1.3.2        Abiotiese faktore                         A    Temperatuur
                                                               B    Lig
        1.3.3        Limfvate                                  A    Kleppe
                                                               B    Lengtespiere
                                                                                      (3 x 2)   (6)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/NOVEMBER 2017)

 1.4   Bestudeer die onderstaande diagram van die watersiklus en beantwoord die
       vrae wat volg.

       1.4.1     Noem die prosesse wat A–D gemerk is.                                        (4)

       1.4.2     Noem EEN menslike aktiwiteit wat ŉ invloed op die watersiklus kan
                 hê.                                                                         (1)

       1.4.3     Wat is die belangrikste faktor wat die tempo van die proses gemerk
                 B beïnvloed?                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)          LEWENSWETENSKAPPE V2                                          7

1.5    Bestudeer die onderstaande diagram van die hart en beantwoord die
       vrae wat volg.

1.5    1.5.1 Noem die bloedvate gemerk 1 en 2.                                      (2)

       1.5.2 Gee die NOMMER van die kamer(s) in die diagram wat
             suurstofarme (gedeoksigineerde) bloed bevat.                           (2)

       1.5.3 Skryf die NOMMER en NAAM neer van die klep wat verhoed dat
             bloed terugvloei in die regteratrium wanneer die regterventrikel
             saamtrek.                                                              (2)

       1.5.4 Uit watter soort spierweefsel bestaan die hart?                        (1)

       1.5.5 Noem TWEE strukturele maniere waarop die hart beskerm word.            (2)

                                                        TOTAAL AFDELING A:          50

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/NOVEMBER 2017)

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    Bestudeer die onderstaande ekostelsel en beantwoord die vrae wat volg.

                                             jakkals                   wesel
                                             s
                         valk

           lyster                                                 muis
                                                   eekhoring
                            konyn

                 ruspe

                                                            struike
                           gras             sampioene

                                                                      [www.phinglink.com]
       2.1.1     Vanuit die bostaande voedselweb noem:

                 (a)     EEN produseerder                                                       (1)

                 (b)     TWEE sekondêre verbruikers                                             (2)

       2.1.2     Gebruik ŉ voedselketting van die bostaande ekostelsel om ŉ volledig
                 geannoteerde piramiede van energie, met VIER trofiese vlakke te
                 teken.                                                                         (7)

       2.1.3     Wat sal gebeur indien al die wesels uit die ekostelsel verwyder
                 word?                                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                       9

 2.2    Aalwyne groei oor die algemeen op rotsagtige hellings met ŉ
        noordelike aansig, veral in die Oos-Kaap. Bestudeer die onderstaande
        diagram en beantwoord die vrae wat volg.

                                      aalwynplante

           Helling met
           noord-aansig

                                                                  Helling met
                                                                  suid-aansig

        2.2.1        Gee EEN strukturele aanpassing van die blare van aalwynplante by
                     hul xerofitiese lewenswyse.                                            (2)

        2.2.2        Waarom verkies aalwyne om op ŉ helling met ŉ noordelike aansig
                     eerder as ŉ suidelike aansig te groei?                                 (2)

        2.2.3        Verduidelik wat bedoel word met die terme:

                     (a)   Aspek                                                            (1)

                     (b)   Hoogte                                                           (1)

        2.2.4        Noem TWEE abiotiese faktore wat in die bostaande diagram gesien
                                                                                            (2)
                     kan word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2017)

 2.3    Die onderstaande tabel toon die resultate van ŉ ondersoek wat die
        gemiddelde globale koolstofdioksiedvlakke oor ŉ vyf-jaar periode gemeet het.

                      Jaar               Koolstofdioksiedvlakke (dele per miljoen)
                      2004                                376,0
                      2005                                377,0
                      2006                                379,5
                      2007                                381,0
                      2008                                383,5

        2.3.1        Teken ŉ lyngrafiek om die verandering in koolstofdioksiedvlakke
                     oor tyd te toon.                                                             (6)

        2.3.2        Beskryf die tendens wat getoon word in die grafiek wat jy in
                     VRAAG 2.3.1 geteken het.                                                     (2)

        2.3.3        Wat is die afhanklike veranderlike in die bostaande ondersoek?               (1)

        2.3.4        Bereken die toename in koolstofdioksiedvlakke van 2004 tot 2008.
                     Toon alle berekeninge.                                                       (2)

        2.3.5        Beskryf hoe ŉ toename in koolstofdioksiedvlakke kan lei tot
                     klimaatsverandering.                                                         (4)

        2.3.6        Jou koolstofvoetspoor is die hoeveelheid koolstofdioksied wat jy in
                     die atmosfeer vrystel tydens jou daaglikse aktiwiteite.

                     (a)     Noem DRIE menslike aktiwiteite wat ŉ toename in die
                             koolstofvoetspoor in die atmosfeer kan veroorsaak.                   (3)

                     (b)     Noem TWEE maniere waarop jy en jou gesin/familie jul
                             koolstofvoetspoor kan verminder.                                  (2)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)           LEWENSWETENSKAPPE V2                                             11

 VRAAG 3

 3.1    Kuhle en Bongile het in ŉ nabygeleë veld op die voetspore van die diere,
        hieronder getoon, afgekom terwyl hulle op ŉ klas-uitstappie was.

        Hul onderwyser het hulle die onderstaande sleutel gegee om hulle te help
        om die voetspore te identifiseer.

                      klou

                 A                          B                           C

                 D                          E                            F

                                                 klou-afdruk

                                                      toonkussing

                                                     hoofkussing

               Spoor het duidelike klou-afdrukke               Gaan na 2
          1
               Spoor het nie klou-afdrukke nie                 Gaan na 5
               Spoor het vier toonkussinkies                   Gaan na 3
          2
               Spoor het drie of vier toonkussinkies           Gaan na 4
               Gewebde pote                                    Krokodil
          3
               Pote nie geweb nie                              Jagluiperd (Cheetah)
               Drie toonkussinkies                             Afrika Pikkewyn
          4
               Vyf toonkussinkies                              Bobbejaan
               Toonkussing-afdrukke sigbaar                    Gaan na 6
          5
               Toonkussing-afdrukke nie sigbaar nie            Olifant
               Vier toonkussing-afdrukke                       Luiperd
          6
               Drie toonkussing-afdrukke                       Dassie

        Gebruik die bostaande sleutel om voetspore A, B, C en D te identifiseer. Skryf
        slegs die letter (A, B, C of D) en die naam van die dier neer.                          (4)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                    LEWENSWETENSKAPPE V2                            (EC/NOVEMBER 2017)

 3.2    Die onderstaande diagram verteenwoordig ŉ vereenvoudigde geologiese
        tydskaal wat toon hoe die aantal families (groepe verwante spesies) oor ŉ
        tydperk verander het.

                                            Paleosoïese                  Mesosoïese   Senosoïese

         Aantal families
                                                                                      Kryt

                                                  Devoniese
                                         Ordovisiese
                                                                        Triassiese
                                                                Permiese

                                                  Miljoen jaar gelede

        3.2.1              Hoeveel massa-uitwissings het al plaasgevind sedert die ontstaan
                           van die aarde?                                                                   (1)

        3.2.2              Watter massa-uitwissing het plaasgevind naby die einde van die
                           Paleosoïese era?                                                                 (1)

        3.2.3              Watter era het die langste geduur?                                               (1)

        3.2.4              Noem TWEE faktore of gebeurtenisse wat moontlik die massa-
                           uitwissings kon veroorsaak het.                                                  (2)

        3.2.5              Wanneer het die Triassiese uitwissing plaasgevind?                               (1)

        3.2.6              Watter uitwissing is die grootste in terme van die aantal families wat
                           uitgesterf het?                                                                  (1)

        3.2.7              Wetenskaplikes glo dat ons tans die sesde massa-uitwissing beleef.
                           Wat, dink hulle, is die oorsaak van hierdie massa-uitwissing?                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                   LEWENSWETENSKAPPE V2                                                   13

 3.3    Lees die onderstaande gedeelte en beantwoord die vrae wat volg.

        Armadillo’s, miervreters en luidiere behoort almal aan die soogdier-orde
        Xenarthra. Hulle lyk almal baie verskillend soos jy in die onderstaande
        diagram kan sien. Hulle is egter geneties meer soortgelyk aan mekaar as
        aan enige ander soogdiere. Dit suggereer dat hierdie drie verskillende
        groepe diere van ŉ gemeenskaplike voorouer afstam. Xenarthra is ook
        verlangs verwant aan ietermago’s wat in Afrika aangetref word.

        Vandag tref ons luidiere en die reuse-miervreter (Myrmecophaga tridactyla)
        in Suid-Amerika aan, die “nege-streep” armadillo (Dasypus novemcinctus) in
        Noord-Amerika, die stekelrige miervreter in Australië en 44 spesies
        ietermago’s in Afrika.

                  Noord-Amerika

                                                     Afrika

                          Suid-Amerika

                                                                               Australië

                Luidier                                       ietermagog

                                  Reuse-miervreter
                                                                           stekelrige miervreter

        3.3.1         Wat noem ons die studie van die verspreiding van bestaande en
                      uitgestorwe plant- en dierspesies oor spesifieke gebiede op Aarde?                      (1)

        3.3.2         Noem die kontinent waarvan Suid-Amerika, Afrika en Australië deel
                      uitgemaak het nadat dit van Pangaea weggebreek het.                                     (1)

        3.3.3         Beskryf kortliks die kontinentale drywingsteorie.                                       (3)

        3.3.4         Behoort reuse-miervreters en armadillo’s aan dieselfde genus?                           (1)

        3.3.5         Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 3.3.4.                                             (2)

        3.3.6         Skryf die wetenskaplike naam van die “nege-streep” armadillo
                      korrek neer.                                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          LEWENSWETENSKAPPE V2                          (EC/NOVEMBER 2017)

 3.4    Verduidelik hoe die verandering in suurstofvlakke die geskiedenis van lewe
        op Aarde beïnvloed het.                                                                 (5)

 3.5    Die onderstaande diagramme vorm deel van die kardiale siklus. Bestudeer
        hulle aandagtig en beantwoord die vrae wat volg.

                     A                       B                           C
                                                       [www.coursesss.lumen.biology.com]
        3.5.1    Noem onderskeidelik fases A, B en C.                                           (3)

        3.5.2    Beskryf wat in die hart tydens fase B gebeur.                                  (4)

        3.5.3    Noem die spesiale weefsel wat elektriese impulse na die
                 spiervesels in die atria stuur wat veroorsaak dat hulle saamtrek.              (1)

        3.5.4    Hoe lank duur elke kardiale siklus?                                            (1)

        3.5.5    Verduidelik hoe hoë koolstofdioksiedvlakke in die bloed ŉ
                 verandering in die tempo waarteen die hart klop, sal veroorsaak.            (4)
                                                                                            [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:                 80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)        LEWENSWETENSKAPPE V2                                       15

 AFDELING C

 VRAAG 4

 Fossiele is die gepreserveerde oorblyfsels of spore van diere, plante, en ander
 organismes vanuit die verlede. Fossiele is belangrike bewyse vir evolusie omdat
 hulle toon dat lewe vroeër op aarde verskil het van die lewe wat tans op aarde
 aangetref word.

 Beskryf hoe versteende fossiele in sedimentêre gesteentes gevorm is en gee
 voorbeelde van fossiele wat op ander plekke as gesteentes (rots) gevind is.
 Verduidelik hoe wetenskaplikes die ouderdom van hierdie fossiele bepaal en hoe
 fossiel-toerisme voordelig kan wees vir die land.
                                                                         Inhoud:      (17)
                                                                        Sintese:       (3)

 NOTA:      GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
            vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie.

                                                        TOTAAL AFDELING C:             20
                                                            GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2017-national-november-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/c1e4d056-81c3-4a23-aa2f-55ffbe979f3d) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2017-national-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/fafa551d-05d3-43bc-9740-1b5116690f59) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR10 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr10-nov2020-afrikaans/526feaf4-9afb-47ec-ad9f-5ddbc15dc1cc) — Life Sciences · Memo · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-memo-nov2019-afrikaans/e7a029c4-1a57-4fd2-8fe0-7dd48b83d249) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr10-memo-nov2018-afrikaans/c2a7733d-cd9f-4042-a6d8-c00aa9fdbc60) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [LIFE SC P1 QP GR10 NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sc-p1-qp-gr10-nov-2018-afrikaans/6369a975-f289-4a19-a7cc-86653673d2d2) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Life Sciences

- [Gr10-Lewenswetenskappe-OG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-lewenswetenskappe-og-studyguide-lr/8e3e18e1-6b71-4e05-952d-de0944ef8eff) — Guide
- [Gr10-Life-Sciences-TG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-life-sciences-tg-studyguide-lr/5615738c-106e-4a50-9536-78ad61f5ee23) — Guide
- [KZN Life Sciences Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-life-sciences-2026-kzn-march-test-question-paper-and-memorandum/a3348de3-4618-469e-a3dc-d828cb2b83c5) — QP + Memo · 2026
- [Gr 10 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-life-sci-atp-2023-24/ed5e1ff0-929f-4365-8c9b-45bddb8d3048) — ATP
- [EC Life Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/aa6599b4-f6e3-4768-8731-6f1e10a5494e) — QP + Memo · 2025
- [FS Life Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-life-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/3c40be94-69ee-40e0-9355-f835c10d452c) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
