# Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov-2019-afr-d/5b75d9fc-9e77-4ea1-b520-f75561526607
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov-2019-afr-d/5b75d9fc-9e77-4ea1-b520-f75561526607)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                       NOVEMBER 2019

                  LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                                *ILFSCA2*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/NOVEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 5.     Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

 6.     ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
        swart ink.

 7.     Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra
        word.

 8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
        geteken NIE.

 9.     MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
        waar nodig.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)           LEWENSWETENSKAPPE V2                                              3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
     verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs
     die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
     byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1     Watter van die volgende is van toepassing op virusse?

                 A    Hulle is mutualisties
                 B    Hulle is die eenvoudigste bekende lewende organismes
                 C    Hulle is parasities
                 D    Hulle kan respireer

       1.1.2     Die selwande van swamme bestaan uit ...

                 A    chitien.
                 B    sellulose.
                 C    pektien.
                 D    lignien.

       1.1.3     Watter stelling beskryf swamme en protosoë korrek?

                 A    Swamme en protosoë is almal eensellig
                 B    Swamme en protosoë het almal chloroplaste
                 C    Swamme en protosoë is eukarioties
                 D    Swamme en protosoë het almal selwande

       1.1.4     Hondsdolheid is ŉ virussiekte wat deur besmette diere na mense
                 versprei word. ŉ Persoon wat deur ŉ besmette dier gebyt is, moet
                 ŉ inspuiting ontvang wat spesifieke teenliggaampies bevat.

                 Na die inspuiting sal die persoon ... hê.

                 A    natuurlike, aktiewe immuniteit
                 B    kunsmatige, aktiewe immuniteit
                 C    natuurlike, passiewe immuniteit
                 D    kunsmatige, passiewe immuniteit

       1.1.5     Pteridofiete is aangepas om op land te leef omdat hulle ...

                 A    geslagtelik voortplant.
                 B    vaatweefsel het.
                 C    risoïede het.
                 D    van water afhanklik vir voortplanting is.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              LEWENSWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2019)

      1.1.6     Watter van die volgende sal ŉ negatiewe uitwerking op
                voedselsekerheid hê?

                A      Kunsmis
                B      Rotasie van gewasse (wisselbou)
                C      Klimaatsverandering
                D      Geneties gemodifiseerde organismes (GMO)

      1.1.7     Die onderstaande diagram toon die struktuur van ŉ
                stortingsterrein.

                     grond-
                     vlak                                skoorsteen

                                                          lae vaste
                     sandlae                              afval

                                   giftige vloeistowwe

                Die gas wat uit die skoorsteen kan ontsnap, sal heel waarskynlik
                ... wees.

                A      koolstofdioksied.
                B      suurstof.
                C      metaan.
                D      etanol.

      1.1.8     Watter van die volgende is NIE ŉ doeltreffende metode om Suid-
                Afrika se stortingsterreine te bestuur NIE?

                A      Herwinning van papier en karton
                B      Bou nuwe stortingsterreine nader aan die stad
                C      Moedig die hergebruik van koeldrankbottels aan
                D      Verminder die hoeveelheid plastiek wat geproduseer word

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                    LEWENSWETENSKAPPE V2                                                 5

               1.1.9      Bestudeer die grafieke hieronder.

                    Suurstof- en rioolinhoud en visbevolking in ŉ meer

                                       Rioolafval                                          Karp

  Hoeveelheid                                       Aantal visse in

  spesifieke stof                      Suurstof     elke spesie                      Walvisvis
                                                                          Forel

                    1950 1965 1960 1965 1970                          1950 1965 1960 1965 1970
                              Jaar                                               Jaar

                          Watter verhouding word die beste deur die gegewens in die
                          grafiek uitgebeeld?

                          A    Namate rioolafval toeneem, neem die suurstofinhoud toe
                          B    Namate die karpbevolking toeneem, neem die walvisvis-
                               bevolking toe
                          C    Namate die suurstofinhoud afneem, neem die karpbevolking
                               af
                          D    Namate die suurstofinhoud afneem, neem die forelbevolking
                               af

               1.1.10     Verwoestyning verminder die vermoë van die omgewing om
                          balans in die natuur te handhaaf, omdat dit ...

                          A    ŉ negatiewe impak op biodiversiteit het.
                          B    die aantal plaagspesies verhoog en siektes versprei.
                          C    grondwaterbronne besoedel.
                          D    seisoenale oorstromings van riviere veroorsaak.
                                                                                           (10 x 2)    (20)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/NOVEMBER 2019)

    1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
          Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
          ANTWOORDEBOEK neer.

          1.2.1      Bloedselle verantwoordelik vir immuniteit by mense

          1.2.2      Organismes wat siektes veroorsaak

          1.2.3      Filum waaraan sponse behoort

          1.2.4      Chemiese stof wat gebruik word om bakterieë dood te maak

          1.2.5      Die plant- en dieragtige Protista wat in die oop oseane dryf

          1.2.6      Mikro-organisme wat in die vervaardiging van tradisionele bier
                     gebruik word

          1.2.7      Chemikalieë wat in landbou gebruik word om onkruid dood te
                     maak ten einde die oesopbrengs te verhoog

          1.2.8      ŉ Natuurlike proses wat hitte binne die atmosfeer van die aarde
                     vasvang en sodoende geskikte lewensomstandighede skep
                                                                                (8 x 1)       (8)

    1.3   Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
          SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
          Skryf slegs A, slegs B, Beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
          (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                               KOLOM Ι                             KOLOM ΙΙ
          1.3.1      Gebruik van bakterieë             A:   Maak van antibiotika
                                                       B:   Stikstofkringloop
          1.3.2      Verlies aan biodiversiteit        A:   Gholflandgoedere
                                                       B:   Mynbou
          1.3.3      Osoonuitputting                   A:   Chloorfluoorkoolstowwe
                                                       B:   Hidrofluoorkoolstowwe
                                                                                    (3 x 2)   (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)             LEWENSWETENSKAPPE V2                                        7

 1.4       Die onderstaande diagram stel ŉ kladogram wat die verwantskappe tussen
           plantdivisies / groepe toon, voor. Die letters A tot D dui die kenmerke aan
           wat mettertyd ontwikkel het.

 1.4.1     Watter eienskap word volgens die kladogram deur alle organismes in die
           planteryk gedeel?                                                              (1)

 1.4.2.    Watter LETTER verteenwoordig elk van die volgende eienskappe
           (kenmerke) op die bostaande kladogram?

           (a)       Keëls                                                                (1)
           (b)       Dominante sporofietgenerasie                                         (1)
           (c)       Sade                                                                 (1)
           (d)       Blomme                                                               (1)
           (e)       Vaatweefsel                                                          (1)

 1.4.3     Skryf die name van die groepe wat gesamentlik as spermatofiete bekend
           staan neer.                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                           LEWENSWETENSKAPPE V2                   (EC/NOVEMBER 2019)

    1.5 Bestudeer die onderstaande diagramme van mikro-organismes en
        beantwoord die vrae wat volg.

        1.5.1 Noem die groep organismes waaraan B en C onderskeidelik behoort.          (2)

        1.5.2 Voorsien byskrifte vir:

               (a) 1

               (b) 2

               (c) 3                                                                    (3)

        1.5.3 Gee die LETTER van die organisme wat:

               (a) Nie as lewend beskou word nie                                        (1)

               (b) Eukarioties is                                                       (1)

        1.5.4 Noem die vorm van die bakterium in DIAGRAM A.                             (1)

                                                        TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                                LEWENSWETENSKAPPE V2                                         9

  AFDELING B

  VRAAG 2

  2.1    Lees die uittreksel hieronder en bestudeer die temperatuurkaart van ŉ
         pasiënt wat aan malaria ly.

         Malaria word veroorsaak deur ŉ eensellige organisme genaamd
         Plasmodium. Die parasiet word deur die Anopheles-muskiet aan mense
         oorgedra.
         Malaria-simptome verskyn eers na 10 dae wanneer die eerste koorsaanval
         voorkom.

         Die onderstaande grafiek toon                                die   liggaamstemperatuur   van    ŉ
         malariapasiënt oor vyf (5) dae.
                                      41

           Liggaamstemperatuur (°C)
                                      40

                                      39

                                      38

                                      37

                                      36     Dag 11     Dag 12        Dag 13     Dag 14     Dag 15
                                                               Tyd (dae)

         2.1.1                         Aan watter groep mikroörganismes behoort Plasmodium?                   (1)

         2.1.2                         Noem EEN weefsel in die liggaam wat deur die malaria-parasiet
                                       aangeval word.                                                         (1)

         2.1.3                         Vanaf die kaart, bepaal die:

                                       (a)    Hoogste temperatuur wat hierdie pasiënt gedurende die
                                              tydperk ondervind het                                           (1)

                                       (b)    Aantal koorsaanvalle wat die pasiënt gedurende die vyf dae
                                              ervaar het                                                      (1)

         2.1.4                         Bereken op watter dag die pasiënt die begin van die volgende
                                       koorsaanval kan verwag.                                                (1)

         2.1.5                         Stel DRIE maniere voor om malaria te voorkom.                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/NOVEMBER 2019)

  2.2   Beskryf TWEE maniere waarop ongewerweldes nuttig in ̓n ekosisteem kan
        wees.                                                                                (4)

  2.3    Die onderstaande diagram toon verskillende aansigte van die liggaamsplan
         van ̓n dier wat aan die filum Platyhelminthes behoort.

                                             Oogvlekke
                                             (omring deur
                                             ganglia)
                                                               Sensoriese lobbe
                                                                          Senuwee-
                                                                          koord

                                            Gastrovaskulêre
                                            holte
                                               farinks (vir
                                               voedselversameling)

                      A

                      B

                      C

         2.3.1       Verstrek byskrifte vir die kiemlae (embrioniese lae) A, B en C.         (3)

         2.3.2       Verduidelik TWEE maniere hoe hierdie dier se liggaamsplan vir sy
                     leefwyse geskik is.                                                     (4)

         2.3.3       Waarom benodig die bostaande dier nie ̓n bloedsirkulasiestelsel
                     nie?                                                                    (2)

         2.3.4       Tabuleer TWEE verskille tussen die filum Platyhelminthes en die
                     filum Cnidaria.                                                         (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                          LEWENSWETENSKAPPE V2                                     11

  2.4     Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat volg.

            DIE OORDEELSDAGKLUIS (‘DOOMSDAY VAULT’) IS IN GEVAAR

          Svalbard Global Seed Vault (SGSV) is ŉ saadbank in Arktiese Noorweë.
          Die sade word teen -18 °C gehou met minimum toegang tot suurstof om
          veroudering soveel as moontlik te vertraag. Die kluis word ook omring deur
          bevrore grond wat ‘permafrost’ genoem word. Aardverwarming veroorsaak
          egter dat die ‘permafrost’ smelt en dat die kluis die gevaar loop om te
          oorstroom.

          SGSV bewaar sade van byna 4 000 soorte plante en fokus op
          voedselgewasse soos koring, rys en mielies. SGSV bewaar sade van meer
          as 865 000 plantvariëteite, insluitend 200 000 variëteite van koring en rys.
          Sommige van hierdie variëteite is skaars of reeds in die natuur uitgesterf.
                  [Aangepas van "The Doomsday Vault Is In Serious Danger" deur Alfredo Carpineti,
                                                                                  07 Feb. 2019.]

         2.4.1             Wat is volgens die artikel, geskikte toestande om sade in ŉ
                           saadbank te berg?                                                        (1)

          2.4.2            Watter omgewingsgebeurtenis bedreig die veiligheid van die
                           sade by die Globale Saadkluis (‘Global Seed Vault’)?                     (1)

          2.4.3            Gee DRIE verskillende maniere waarop sade ŉ voedselbron
                           vir mense bied.                                                          (3)

          2.4.4            Waarom is saadbanke vir die toekoms belangrik?                           (2)

          Die doel van SGSV is om sade vir 50 jaar of langer vir toekomstige gebruik
          te berg. Sade van drie soorte mielies is getoets om die gevolge van
          langdurige bergingsperiodes te bepaal.
          Die resultate van hierdie toetse word in die grafiek getoon.

                                      100                                       SLEUTEL:

                                      90                                            Variëteit A

                     Ontkieming (%)
                                                                                --- Variëteit B
                                                                                 …. Variëteit C
                                      80

                                      70

                                      60

                                            0   10   20   30   40    50   60
                                                 Saadouderdom (jare)

          2.4.5               Verduidelik hoe SGSV van hierdie resultate gebruik kan maak.          (2)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                           LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2019)

 2.5     Die onderstaande grafiek toon die aantal renosters wat jaarliks gestroop
         word. Gebruik die grafiek om die vrae volgende te beantwoord.

         2.5.1       Bereken die persentasie verandering in die stropery van
                     renosters in Suid-Afrika vanaf 2014 tot 2017. Toon alle
                     berekeninge.                                                          (3)

         2.5.2       Beskryf die tendens (neiging) in renosterstropery vanaf 2007
                     tot 2017.                                                             (2)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)             LEWENSWETENSKAPPE V2                                           13

  VRAAG 3

  3.1     Bestudeer DIAGRAMME 1 en 2 van angiospermblomme hieronder en
          beantwoord die vrae wat volg.

                                           B                        F

                                                                                            E

             A
                                                                D                     C

                           DIAGRAM 1                                    DIAGRAM 2

          3.1.1      Verskaf byskrifte vir strukture A tot D.                                   (4)

          3.1.2      Gee die letter van die struktuur waar die saad gevorm word.                (1)

          3.1.3      Nie een van hierdie blomme word deur wind bestuif nie. Gee
                     TWEE maniere waarop jy ŉ windbestuifde blom sal identifiseer.              (2)

          3.1.4      Gee TWEE voordele van geslagtelike voortplanting.                          (2)

          3.1.5      Noem TWEE maniere waarop Angiosperme beter as Briofiete
                     vir ̓n terrestriёle leefwyse aangepas is.                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                           LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/NOVEMBER 2019)

  3.2    Lees die onderstaande uittreksel.

                                                   Die Waterhiasint is ŉ
                                                   indringerplant wat Suid-
                                                   Afrikaanse riviere, damme en
                                                   mere oorgeneem het.
                                                   Indien dit nie beheer word nie,
                                                   groei die Waterhiasint en vorm ŉ
                                                   dik laag wat die oppervlak van
                                                   die water bedek.

          Die kalander, Neochetina eichhorniae,
          is baie effektief in die beheer van die
          Waterhiasint. Die kalander voed op die
          sagte dele van die plant, wat verhoed dat
          die plant voortplant en veroorsaak dat dit
          opbreek.

         Navorsers wou die optimale aantal kalanders wat per plant ingevoer moet
         word, bepaal.
             Hulle het Waterhiasinte in ses groot watertenks gekweek.
             Hulle het verskillende aantalle kalanders in elke tenk geplaas.
             Hulle het toe die aantal dae wat die kalanders geneem het om die
              Waterhiasinte te beheer, aangeteken.

         Die resultate word in die onderstaande tabel aangeteken.

          Aantal kalanders per plant         Dae geneem om die waterhiasint uit
                  in die tenk                              te roei
                       4                                     50
                       8                                     40
                       12                                    30
                       16                                    20
                       20                                    20
           Kontrole (geen kalanders)         Geen verandering in Waterhiasint nie

         3.2.1       Noem die metode wat gebruik word wanneer ŉ natuurlike plaag
                     vrygestel word om ŉ uitheemse indringerspesie te beheer.                (1)

         3.2.2       Gee TWEE ander maniere, behalwe die metode wat in
                     VRAAG 3.2.1 genoem word om indringerplante te beheer.                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)             LEWENSWETENSKAPPE V2                                                  15

          3.2.3      Wat sal die optimale aantal kalanders wees om per plant in te
                     voer?                                                                                (1)

          3.2.4      Verduidelik EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.3.                                (2)

          3.2.5      Gee EEN manier hoe jy die betroubaarheid van hierdie ondersoek
                     sal verbeter.                                                                        (1)

          3.2.6      Vir die bogenoemde ondersoek, gee die:

                     (a)    Afhanklike veranderlike                                                       (1)

                     (b)    Onafhanklike veranderlike                                                     (1)

          3.2.7      Gee TWEE faktore wat beheer moet word om te verseker dat die
                     ondersoek geldig is.                                                                 (2)

          3.2.8      Verduidelik die negatiewe impak wat die Waterhiasint sal hê op:

                     (a)    ŉ Boer                                                                        (2)

                     (b)    ŉ Sportman wat van swem en kanovaart hou.                                     (2)

 3.3      Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                  SA WONDERPLANT VERWYDER MEER CO2 AS AMASONE

          Spekboom is ons eie inheemse wonderplant in die Oos-Kaap en is ŉ
          belangrike ‘wapen’ in die stryd teen klimaatsverandering.

          Die Spekboom is tien keer meer doeltreffend as die Amasone-reënwoud om
          koolstofdioksied uit die atmosfeer te absorbeer. Dit is veral goed vir
          fotosintese, en lewer ŉ neweproduk wat ons dringend benodig.

          Kuzuko-lodge, ŉ privaat-wildreservaat langs die Addo-Olifant Nasionale Park,
          is in staat om koolstofkrediete te verkoop as gevolg van hierdie wonderstruik
          wat natuurlik daar voorkom.

          Regerings in Europa wil industriële besoedeling verminder en belas daarom
          ondernemings swaar vir uitermatige koolstofvrystellings. Daarom kan
          ondernemings wat hoë vlakke kweekhuisgasvrystellings produseer, soos
          vervoermaatskappye, koolstofkrediete as teenvoeter vir hul koolstofvoetspoor
          koop.
           [Aangepas uit https://www.getaway.co.za/travel/nature-and-conservation/sa-wonder-plant-
                                                      removes-more-carbon-dioxide-than-amazon/]

          3.3.1      Wat beteken die term koolstofvoetspoor?                                          (2)

          3.3.2      Wat is die neweproduk wat ons so dringend benodig volgens
                     paragraaf 2?                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                            LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2019)

         3.3.3       Waarom wil ondernemings in Europa hul koolstofvoetspoor
                     verminder?                                                           (1)

         3.3.4       Hoe kan jy, as individu, jou koolstofvoetspoor verminder?            (3)

         3.3.5       Hoe sal die verkoop van koolstofkrediete aan Europese
                     ondernemings die omgewing in die Kuzuko-lodge bevoordeel?            (2)

         3.3.6       Verduidelik hoe verhoogde koolstofdioksiedvrystellings die
                     omgewing negatief kan beïnvloed.                                    (5)
                                                                                        [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)          LEWENSWETENSKAPPE V2                                       17

  AFDELING C

  VRAAG 4

  Tradisioneel het die Suid-Afrikaanse ekonomie staatgemaak op mynbou en
  landbou – die resultaat van ŉ magdom mineralebronne en gunstige landbou-
  toestande. Deesdae lewer hulle egter ŉ baie klein bydrae tot die bruto
  binnelandse wins van Suid-Afrika. Ongelukkig het hulle ŉ groot invloed op die
  omgewing.

  Verduidelik die impak van landbou en mynbou op die gehalte en beskikbaarheid
  van water in Suid-Afrika.
                                                                       Inhoud:      (17)
                                                                      Sintese:       (3)

  LET WEL:       GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
                 vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie.

                                                        TOTAAL AFDELING C:           20
                                                            GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

         

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov-2019-eng-d/ab23dc5b-3195-400d-8fa7-0eb3e63f38a5) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 GR11 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-qp-nov2019-eng-d/cc5b7ced-f860-4445-ae31-6450f19e246c) — Life Sciences · QP · 2019 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 GR11 QP NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-qp-nov2019-afr-d/c4e8517e-b992-44df-b6fa-3e12cb9e3f9a) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov-2022-afrikaans/1dc5c137-1205-4c5f-93eb-bd628fbe2fcf) — Life Sciences · QP · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020ENG D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020eng-d/19d1d8df-c0d8-47f8-963c-b975379e9946) — Life Sciences · QP · 2020
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans-docx/6bfde4c0-705a-4366-b519-da158a210651) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Memo · 2025 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-english-watermark/595fffde-81ad-4f4d-be06-d944b73bcfd5) — Memo · 2025 · Eng
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
