# Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov-2022-afrikaans/1dc5c137-1205-4c5f-93eb-bd628fbe2fcf
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov-2022-afrikaans/1dc5c137-1205-4c5f-93eb-bd628fbe2fcf)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [LIFE SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/56b8976d-2a83-4671-af07-a62c8516e9ab) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                      NOVEMBER 2022

                  LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          LEWENSWETENSKAPPE V2                          (EC/NOVEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

5.    Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.    Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.    Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.

8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

9.    MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.

11.   Rond alle berekeninge tot TWEE desimale plekke af.

12.   Skryf netjies en leesbaar

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                            LEWENSWETENSKAPPE V2                           3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 D.

       1.1.1    Die koninkryk waaraan prokariotiese organismes behoort:

                A       Protista
                B       Fungi (Swamme)
                C       Virus
                D       Monera

       1.1.2    Watter van die volgende is ŉ kenmerkende eienskap van ŉ virus?

                A       Selmembraan
                B       Proteïenkapsel
                C       Nukleus/selkern
                D       Chromosome

       1.1.3    Watter van die stellings hieronder verteenwoordig ŉ ooreenkoms
                tussen Briofiete en Pteridofiete?

                A       Beide afdelings het vaatweefsel
                B       Beide afdelings plant deur middel van spore voort
                C       Beide afdelings het ŉ dominante sporofietgenerasie
                D       Albei afdelings is tallusplante

       1.1.4    Bestudeer die lys hieronder:

                (i)     Nageslag is geneties identies aan die ouer
                (ii)    Nageslag verskil geneties van mekaar
                (iii)   Slegs een individu word vir voortplanting benodig
                (iv)    Verhoog kanse op oorlewing

                Watter van die bogenoemde stellings verteenwoordig ŉ voordeel van
                geslagtelike voortplanting?

                A       (i) en (ii)
                B       (ii) en (iii)
                C       (ii), (iii) en (iv)
                D       (ii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           LEWENSWETENSKAPPE V2                          (EC/NOVEMBER 2022)

      1.1.5    Bestudeer die onderstaande prentjie wat die voedingsgewoontes van
               ses voëls toon wat almal op dieselfde modderige meeroewer woon.

               Watter van die volgende gemeenskapsinteraksies word die beste deur
               hierdie prentjie verteenwoordig?

               A      Parasitisme
               B      Mutualisme
               C      Hulpbronafskorting
               D      Kommensalisme

      1.1.6    Sade wat nie in ŉ vrug omsluit word nie.

               A      Neute
               B      Spore
               C      Naakte sade
               D      Keëls

      1.1.7    Watter van die volgende sal waterkwaliteit die meeste beïnvloed?

               A      Bou van ŉ dam in ŉ wateropvangsgebied
               B      Die bou van ŉ gholflandgoed op ŉ vleilandgebied
               C      Uitheemse indringerplante wat rondom ŉ dam groei
               D      Wanneer water, in myne, vanuit pirietrots sypel

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                             LEWENSWETENSKAPPE V2                          5

       Die volgende grafiek verwys na VRAAG 1.1.8 en 1.1.9.

       Termiese besoedeling beïnvloed die hoeveelheid opgeloste suurstof wat in
       water teenwoordig is.
       Die grafiek hieronder toon hoe die suurstofinhoud van water in ŉ rivier met ŉ
       toename in temperatuur verander.

                       Suurstofinhoud (mg/L)

                                                Temperatuur (°C)

       1.1.8   Die volgende gevolgtrekking kan vanaf die grafiek gemaak word:

               A      Soos die temperatuur van die water toeneem, neem die
                      suurstofinhoud toe
               B      By 24 °C sou die suurstofinhoud van die water gehalveer het
               C      Soos die temperatuur van die water toeneem, neem die
                      suurstofinhoud af
               D      ŉ Verdere toename in temperatuur sal suurstofvlakke in die water
                      verhoog

       1.1.9   ŉ Sekere spesie vis kan in water met ŉ minimum suurstofinhoud van
               8 mg/L oorleef. By watter temperatuur sou jy verwag om hierdie vis in
               die rivier aan te tref?

               A      40 °C
               B      35 °C
               C      32 °C
               D      24 °C                                                    (9 x 2)    (18)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/NOVEMBER 2022)

1.2    Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
       Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.2.1     Simmetrie wat in Porifera aangetref word

       1.2.2     Dominante generasie in die lewensiklus van varings

       1.2.3     Noem die vektor wat vir die oordrag van malaria verantwoordelik is

       1.2.4     Die manlike krans van ŉ blom

       1.2.5     Die gebruik van ŉ organisme se natuurlike predator om hul getalle
                 te beheer

       1.2.6     Die noue verwantskap tussen twee organismes waar beide
                 organismes bevoordeel word

       1.2.7     Onwettige jag of verwydering van organismes

       1.2.8     Kweek slegs een soort gewas oor ŉ gegewe area/gebied        (8 x 1)     (8)

1.3    Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
       A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
       Skryf slegs A, slegs B, Beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
       (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM Ι                                KOLOM ΙΙ
       1.3.1     Voordeel/Nut van fungi            A   Wyn
                 (swamme)                          B   Joghurt
       1.3.2     Wortelagtige strukture in mosse   A   Talus
                                                   B   Hifes
       1.3.3     Eutrofikasie                      A   Hoë voedingstofinhoud
                                                   B   Algebloei
                                                                           (3 x 2)     (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                                                               LEWENSWETENSKAPPE V2                                                          7

1.4    Bestudeer die onderstaande diagramme hieronder.

                                                             Charofiete                              Pterofiete       Gimnosperme       Angiosperme
                                                                                     Briofiete
                                       0    Senosoï-
                                            kum
                                                                                                                      B

                                              Mesosoïkum

        Miljoene jare gelede (MJG)
                                     100
                                                                                                                                    A

                                     200

                                     300

                                               Paleosoïkum
                                                                                                                  C
                                     400
                                                                                                 D
                                     500                                         E

                                     600
                                                                          Alge

       1.4.1                          Noem die koninkryk waaraan bogenoemde organismes behoort.                                                               (1)

       1.4.2                          Noem die plantafdelings wat tydens die Paleosoïkum-era op aarde
                                      aangetref is.                                                                                                           (2)

       1.4.3                          Hoeveel miljoen jaar gelede het saadplante op aarde ontstaan?                                                           (1)

       1.4.4                          Gee die wetenskaplike naam vir die afdeling waaraan lewermosse,
                                      horingmosse en mosse behoort.                                                                                           (1)

       1.4.5                          Watter LETTERS verteenwoordig die volgende kenmerke?

                                      (a)    Vaatweefsel                                                                                                      (1)

                                      (b)    Vrugte                                                                                                           (1)

       1.4.6                          Wat word as die voorouer van alle landplante beskou?                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            LEWENSWETENSKAPPE V2                             (EC/NOVEMBER 2022)

1.5   Die data in die onderstaande grafiek verteenwoordig die aantal springbokke en
      jagluiperds in die Namaqua-wildreservaat oor 65 jaar. Die springbokke is die
      natuurlike prooi van jagluiperds.
      Die natuurlike drakrag (drakapasiteit) vir springbokke in hierdie reservaat is
      325. Nadat hierdie getal oorskry is, het die bestuur van die reservaat besluit
      om ŉ uitdunningprogram in te stel.

      1.5.1    Noem die verwantskap tussen jagluiperds en springbokke.                       (1)

      1.5.2    Verskaf definisies vir die volgende woorde:

               (a)    Dravermoë (drakapasiteit)                                              (2)

               (b)    Uitdunning                                                             (2)

      1.5.3    Watter lyn (A of B), verteenwoordig die jagluiperdbevolking?                  (1)

      1.5.4    Tussen watter jare het die springbokbevolking die dravermoë
               (drakapasiteit) oorskry?                                                      (2)

      1.5.5    In watter jaar is die uitdunprogram vir springbokke, volgens die grafiek,
               ingestel?                                                                     (1)

      1.5.6    Noem EEN ander digtheidsafhanklike faktor, behalwe predasie, wat die
               springbokbevolking natuurlik kan verminder.                                   (1)

                                                              TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                       LEWENSWETENSKAPPE V2                              9

AFDELING B

VRAAG 2

2.1    Bestudeer die onderstaande diagramme van twee blomme.

                                            B

                                            C

                                                                                  F

                                                 D

                A
                                             E
                                                                                  G

                         Blom 1                        Blom 2

       2.1.1    Noem die afdeling/takson waaraan blomplante behoort.                      (1)

       2.1.2    Verskaf byskrifte vir:

                (a)    Struktuur A

                (b)    Krans B

                (c)    Struktuur C                                                        (3)

       2.1.3    Gee die LETTERS van die dele van Blom 2 wat sal afval kort nadat
                bevrugting plaasgevind het.                                               (2)

       2.1.4    Watter blom (1 of 2) hierbo, word deur die wind bestuif?                  (1)

       2.1.5    Gee TWEE sigbare redes vir jou antwoord in VRAAG 2.1.4.                   (2)

       2.1.6    Noem TWEE unieke kenmerke van blomplante wat hulle in staat gestel
                het om die dominante plantspesies op Aarde te word.                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               LEWENSWETENSKAPPE V2                                  (EC/NOVEMBER 2022)

2.2   Bestudeer die diagram en lees die gedeelte hieronder.

                                                                                   A

                                                       C                       B

                     SUID-AFRIKAANSE PERSPEKTIEF: TUBERKULOSE
      Tuberkulose (TB) word veroorsaak deur die bakterieë Mycobacterium
      tuberculosis en is ŉ ernstige openbare gesondheidskwessie in Suid-Afrika.
      Ongeveer 450 000 mense ontwikkel die siekte elke jaar, en 270 000 van hulle
      leef ook met MIV. TB is Suid-Afrika se grootste oorsaak van sterftes.
      Sowat 89 000 mense sterf jaarliks daaraan; dit is tien mense elke uur. MIV-
      infeksie is ŉ sleutelfaktor in die TB-epidemie. MIV-lyers het ŉ groter risiko om
      TB op te doen en ŉ groter kans om te sterf aangesien hulle ŉ swakker
      immuniteitstelsel het.
      ŉ Entstof, genaamd die BCG (bacille Calmette-Guerin) word gebruik om TB te
      voorkom. Dit is meer doeltreffend by kinders en die doeltreffendheid daarvan
      by volwassenes is inkonsekwent (wisselvallig).
                     [Aangepas uit https://www.copenhagenconsensus.com-South Africa Perspective:
                                                                                   Tuberculosis]

      2.2.1    Noem die genus waaraan bakterieë, wat TB veroorsaak, behoort.                          (1)

      2.2.2    Hoekom word bakterieë as prokarioties beskou?                                          (1)

      2.2.3    Benoem strukture:                                                                      (3)
               (a)       A
               (b)       B
               (c)       C
      2.2.4    Verduidelik hoe die BCG immuniteit sal gee.                                            (3)

      2.2.5    Tabuleer EEN verskil tussen ŉ virus en ŉ bakterie.                                     (3)

      2.2.6    Verduidelik waarom MIV-pasiënte ŉ groter risiko het om TB op te doen
               en te sterf.                                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                                                                        LEWENSWETENSKAPPE V2                                      11

 2.3 Amahle het ŉ ondersoek gedoen om vas te stel hoe verskillende behandelings
     die hoeveelheid swamme wat op brood groei, beïnvloed.

       • Sy het vyf snye brood geneem en elkeen op ŉ verskillende manier, soos
         volg, behandel:

                            Sny 1: is droog gelaat
                            Sny 2: 20 mℓ kraanwater bygevoeg
                            Sny 3: 20 mℓ suurlemoensap bygevoeg
                            Sny 4: 20 mℓ suikerwater bygevoeg
                            Sny 5: 20 mℓ bleikmiddel (Jik) bygevoeg

       • ŉ Spuitbottel is gebruik om die behandeling toe te pas om seker te maak
         dat dit eweredig oor die brood versprei is.
       • Elke sny is in ŉ ritssluitsak geplaas en vir een week in ŉ kas gehou.
       • Na een week is die brood uit die ritssluitsakke gehaal en sy het die groei
         van die swamme (fungi) waargeneem.
       • Sy het die persentasie oppervlakte van die brood wat deur swamme bedek
         is, bereken.
       • Die resultate word in die onderstaande grafiek getoon.

                                                        90

         Persentasie oppervlakte bedek deur fungi (%)
                                                        80

                                                        70

                                                        60

                                                        50

                                                        40

                                                        30

                                                        20

                                                        10

                                                        0

                                                                                                 Suurlemoen-
                                                                         bread
                                                                     dry brood
                                                                                                                              Bleikmiddel
                                                                                   tap water                    Suikerwater
                                                                                                                sugar
                                                                                                                                    bleach
                                                                    Droë         Kraanwater
                                                                                                  lemon juice
                                                                                                 sap                             (Jik)

                                                                                       Behandeling op brood

       2.3.1                                                 Hoekom het Amahle die sakke in die kas gesit?                                         (2)

       2.3.2                                                 Noem die onafhanklike veranderlike.                                                   (1)

       2.3.3                                                 Verduidelik waarom die droë brood by die eksperiment ingesluit is.                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                           LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2022)

      2.3.4    Noem EEN manier waarop Amahle die betroubaarheid van haar
               ondersoek kan verbeter.                                                   (2)

      2.3.5    Verduidelik hoekom swamme die beste groei op brood wat met
               suikerwater besprinkel is.                                                (1)

      2.3.6    Gee TWEE maniere waarop Amahle verseker het dat die resultate van
               hierdie ondersoek geldig is.                                              (2)

 2.4 Die onderstaande diagramme toon diere wat aan twee verskillende filums
     behoort.

               ORGANISME X                                  ORGANISME Y

          A

                                     B

      2.4.1    Noem die koninkryk waaraan beide organismes behoort.                      (1)

      2.4.2    Noem die filum waaraan ORGANISME X behoort.                               (1)

      2.4.3    Watter tipe simmetrie word deur ORGANISME Y getoon?                       (1)

      2.4.4    Verskaf byskrifte vir weefsellae:

               (a)    A

               (b)    B                                                                  (2)

      2.4.5    Beskryf die rol wat ORGANISME Y speel in die handhawing van
               ‘gesonde’(vrugbare) grond vir plante om in te groei.                      (4)

      2.4.6    Verduidelik, deur middel van ŉ vergelyking, hoe die liggaamsplanne,
               van die twee organismes hierbo, by hul onderskeie wyses van
               voortbeweging aangepas is.                                   (4 x 2)     (8)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                   LEWENSWETENSKAPPE V2                                  13

VRAAG 3

3.1    Die onderstaande tabel toon die gemiddelde atmosferiese koolstofdioksied-
       vlak oor 60 jaar.

                                  DIAGRAM 1:
                                Kweekhuiseffek
         Jaar    CO2 Konsentrasie 1962
                 (dele per miljoen)
         1962         318,46
         1967         322,13
         1972         327,52
         1977         333,88                                    AARDE
         1982         341,09         DIAGRAM 2:
         1987         348,99          Verhoogde
         1992         356,36        Kweekhuiseffek
         1997         363,84             2017
         2002         373,08
         2007         383,79
         2012         393,85
         2017         406,55
                                                                 AARDE

       3.1.1    Waarom is dit noodsaaklik dat die natuurlike kweekhuiseffek
                gehandhaaf moet word?                                                      (2)

       3.1.2    Noem TWEE menslike aktiwiteite wat ŉ verhoogde kweekhuiseffek
                veroorsaak.                                                                (2)

       3.1.3    DIAGRAM 1 toon die natuurlike kweekhuiseffek in 1962, terwyl
                DIAGRAM 2 die verhoogde kweekhuiseffek in 2017 toon. Gebruik die
                data in die tabel om die verandering in die diagramme te verduidelik.      (3)

       3.1.4    Verduidelik hoe ŉ toename in klimaatsverandering, voedselsekerheid
                beïnvloed.                                                                 (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                             LEWENSWETENSKAPPE V2                                 (EC/NOVEMBER 2022)

3.2   Konyne is in 2006 na ŉ Oos-Kaapse plaas gebring. Sedertdien het die
      konynbevolking baie vinnig toegeneem. Die onderstaande grafiek toon hoe
      hulle toegeneem het.

                                                                                         E

                                                                                              D
                                                                           C

               Bevolkingsgrootte
                                                      B

                                           A

                                    2006       2008    2010      2012      2014   2016       2018    2020

                                                                Jaar

      3.2.1    Verskaf byskrifte vir fases:

               (a)                    B                                                                            (1)

               (b)                    C                                                                            (1)

      3.2.2    Noem die tipe groeivorm wat in die bostaande grafiek getoon word.                                   (1)

      3.2.3    Gee die letter van die fase waar:

               (a)                    Die geboortesyfer gelyk aan die sterftesyfer is                              (1)

               (b)                    Nataliteit mortaliteit ver oorskry                                           (1)

      3.2.4    Verduidelik waarom die bevolkingsgrootte van die konyne nie
               permanent na punt E toegeneem het nie.                                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                      LEWENSWETENSKAPPE V2                                  15

       Daar is besluit om in 2020 die grootte van die haasbevolking op ŉ plaas te
       bepaal. Veertig hase is lukraak (ewekansig) versamel. Elkeen is met ŉ plaatjie
       op sy oor gemerk en toe teruggeneem plaas toe. Na een week is ŉ tweede
       steekproef van die hase lukraak uitgevoer. Die onderstaande diagram toon die
       hase wat tydens die tweede steekproef gevang is.

       3.2.5    Noem die tegniek wat gebruik is om die bevolkingsgrootte van die hase
                te bepaal.                                                                   (1)

       3.2.6    Deur die formule hieronder te gebruik, bepaal die aantal hase op die
                plaas in 2020.

                              Aantal oorspronklik gemerk x Aantal in 2de steekproef
                Bevolking =
                                       Aantal gemerk in tweede steekproef                    (3)

       3.2.7    Gee EEN rede waarom die beraamde grootte van die bevolking van
                die werklike bevolkingsgrootte kan verskil.                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                        LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2022)

 3.3 Die onderstaande bevolkingspiramides toon die bevolkingspersentasies van Suid-
     Afrika en Nigerië in 2020.

        100+
        95-99                                       Suid Afrika 2020
        90-94                                       Bevolking: 59 308 689
        85-89
        80-84
        75-79
        70-74
        65-69
        60-64
        55-59
        50-54
        45-49
        40-44
        35-39
        30-34
        25-29
        20-24
        15-19
        10-14
          5-9
          0-4
                10% 8% 6% 4% 2%           0%   2%    4%   6%    8%   10%
                    Persentasie Mans            Persentasie Vroue
      100+
      95-99
      90-94                                          Nigerië 2020
      85-89                                          Bevolking: 206 139 587
      80-84
      75-79
      70-74
      65-69
      60-64
      55-59
      50-54
      45-49
      40-44
      35-39
      30-34
      25-29
      20-24
      15-19
      10-14
        5-9
        0-4
              10% 8% 6% 4% 2%          0%    2% 4% 6% 8% 10%
                Persentasie Mans              Persentasie Vroue

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                          LEWENSWETENSKAPPE V2                                          17

       3.3.1    Definieer die term bevolking.                                                             (2)

       3.3.2    Watter persentasie van die manlike bevolking in Suid-Afrika is tussen
                15 en 19 jaar oud?                                                                        (1)

       3.3.3    Watter ouderdomsgroep maak die grootste persentasie van die
                bevolking in Suid-Afrika uit?                                                             (1)

       3.3.4    Watter groep, mans of vrouens, het ŉ hoër lewensverwagting in beide
                lande?                                                                                    (1)

       3.3.5    Watter piramide verteenwoordig dié van ŉ ontwikkelende land (Suid-
                Afrika of Nigerië)?                                                                       (1)

       3.3.6    Gee TWEE redes vir jou antwoord in VRAAG 3.3.5.                                           (2)

       3.3.7    Noem EEN digtheidsafhanklike faktor wat normaalweg keer dat
                bevolkings in diere groei.                                                                (1)

       3.3.8    Verduidelik waarom die faktor genoem in VRAAG 3.3.7 nie daarin
                geslaag het om menslike bevolkings te beheer nie.                                         (2)

 3.4 Lees die artikel hieronder.

                          SUID-AFRIKA VERDRINK IN SY EIE AFVAL
       Suid-Afrikaners produseer elke dag genoeg vaste afval om ŉ hele sokkerveld
       10 meter diep te vul. Hierdie afval word by stortingsterreine gestort.
       Suid-Afrikaners genereer ongeveer 54 200 000 ton algemene afval per jaar.
       Slegs 10% word herwin terwyl ten minste 90% in stortingsterrreinge of gestort
       word. Dit sluit 48 miljoen ton gevaarlike produkte soos kwik en
       asbesbevattende produkte, pekelwater, vliegas, afvalolies en riool in.

       Daar was ŉ ernstige afname in die standaard van stortingsterreinbedryf en -
       bestuur regdeur Suid-Afrika, veral op munisipale vlak. Die meerderheid
       munisipaliteite voldoen nie aan regulasies vir die bedryf van 'n stortingsterrein
       nie. Daar is ŉ winsgewende oplossing vir die Suid-Afrikaanse probleem. Die
       gebruik van afval in die opwekking van hernubare energie en die vermindering
       van die druk op ESKOM.
       Suid-Afrika is in ŉ AFVALKRISIS wat onmiddellike aandag en optrede verg. ŉ
       Werklike bekommernis is dat ons nie eens sal kan betaal vir die probleem om
       weg te gaan nie.
         [Aangepas uit http://award.org.za/index.php/2019/02/01/south-africa-is-drowning-in-its-own-
                                                waste-are-our-regulators-taking-this-crisis-seriously/]

       3.4.1    Noem TWEE voorbeelde van gevaarlike soorte afval wat in Suid-
                Afrikaanse stortingsterreine aangetref word.                                              (2)

       3.4.2    Noem die gas wat, deur stortingsterreine vrygestel word, wat gebruik
                kan word in die opwekking van hernubare energie.                                          (1)

       3.4.3    Bereken die hoeveelheid afval (in ton) wat jaarliks in Suid-Afrika
                herwin word.                                                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                          LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/NOVEMBER 2022)

      3.4.4    Noem TWEE probleme wat die stortingsterreine veroorsaak vir
               gemeenskappe wat in die onmiddellike omgewing woon.                       (2)

      3.4.5    Beskryf EEN manier waarop ŉ stortingsterrein gerehabiliteer kan word
               wanneer dit vol is.                                                       (2)

      3.4.6    Verduidelik TWEE afvalbestuurstrategieë wat jy vir Suid-Afrikaanse
               munisipale stortingsterreine sal aanbeveel.                              (4)
                                                                                       [50]

                                                           TOTAAL AFDELING B:          100
                                                               GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans-docx/6bfde4c0-705a-4366-b519-da158a210651) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans/548b157e-3fe2-429d-945d-ed753014122b) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6384ce3f-cccc-427f-a368-7b8fe8b152a4) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/5c136a7a-ccf7-4459-99cd-5fb4f04747c4) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov2022-afrikaans/517533c3-ff51-4284-855a-667be5c924b5) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr11-nov2020-afrikaans/5e572d25-3d0e-49c1-b07e-e8046386defb) — Life Sciences · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Memo · 2025 · Afr
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Memo · 2024 · Afr
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/16f6b3c9-ef72-40fd-8904-5ab062f8ed6e) — QP + Memo · 2024

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
