# Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov-2023-afrikaans/b31778be-0e79-4355-b74e-d88ef6286542
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov-2023-afrikaans/b31778be-0e79-4355-b74e-d88ef6286542)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [LIFE SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/ae8cb13c-71ab-498f-8593-036a6b0fb035) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIORSERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                       NOVEMBER 2023

                  LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/NOVEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien is.

3.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

5.   Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

6.   Doen ALLE tekeninge in potlood en benoem hulle met blou of swart ink.

7.   Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer gevra word om
     dit te doen.

8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
     NIE.

9.   MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en ŉ passer gebruik,
    waar nodig.

11. Rond alle berekeninge tot twee desimale plekke af.

12. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                   LEWENSWETENSKAPPE V2                                  3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
    die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
    (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 D.

     1.1.1    Entstowwe werk omdat ...

              A      hulle teenliggaampies bevat wat siekteveroorsakende organismes
                     vernietig.
              B      hulle siekteveroorsakende organismes vernietig deur hulle
                     selmembrane op te los.
              C      hulle veroorsaak dat die liggaam teenliggaampies produseer om
                     die liggaam teen siekteveroorsakende organismes te beskerm.
              D      dit middels bevat wat siekteveroorsakende organismes vernietig.

     1.1.2    Watter van die volgende filums is diploblasties?

              A      Porifera
              B      Chordata
              C      Annelida
              D      Cnidaria

     1.1.3    Watter eienskap beskryf die organisme in die onderstaande diagram die
              beste?

              A      Triploblasties
              B      Radiaal simmetries
              C      Toon kefalisering
              D      Het ŉ notokord

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2023)

     1.1.4    Voordele van ŉ seloom (liggaamsholte):

             (i)     Onafhanklike beweging- en spysverteringstelsel
             (ii)    Benodig ŉ bloedstelsel
             (iii)   Seloomvloeistof dien as ŉ hidrostatiese skelet
             (iv)    Groter ruimte vir komplekse organe en orgaanstelsels

             Watter van die bogenoemde stellings verteenwoordig voordele van ŉ
             ware seloom?

             A       (i), (ii), (iv)
             B       (i), (iii), (iv)
             C       (ii), (iii), (iv)
             D       (i), (ii), (iii), (iv)

     1.1.5   Watter kombinasie wat            hieronder   gelys   word,   verteenwoordig
             windbestuifde plante?

             A       Groot helder blomblare en baie nektar
             B       Helderkleurige blomblare en klein, ligte stuifmeel
             C       Groot helmknoppe en baie nektar
             D       Klein blomblare en groot, veeragtige stempels

     1.1.6   Die vorm van die bakterieë hieronder kan geklassifiseer word as ...

             A       kokkus.
             B       basil.
             C       vibrio.
             D       spirillum.

     1.1.7   Watter stelling hieronder beskryf emigrasie die beste?

             A       Toename in bevolkingsgrootte.
             B       Migrasie van diere.
             C       Permanente beweging van organismes uit ŉ habitat.
             D       Beweging van mense van stad tot stad.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                                              LEWENSWETENSKAPPE V2                              5

     1.1.8       Twee spesies paramesium word in ŉ dam aangetref. Die onderstaande
                 grafiek toon die bevolkingsgroei van die twee spesies (A en B) wat op
                 dieselfde bakterieë voed.

                                  200

             Bevolkingsdigtheid
                                                                                                   A
                                  150

                                  100

              (volgens volume)    50
                                                                                             B

                                                 0          2   4    6   8    10   12   14   16   18     20
                                                                     Tyd in Dae

                 Die bostaande grafiek toon ŉ voorbeeld van ...

                 A                parasitisme.
                 B                hulpbronverdeling.
                 C                mededingende/kompeterende uitsluiting.
                 D                predator-prooi verhouding.

     1.1.9       Bestudeer die onderstaande grafiek.

                                       TOTALE OORLEWENDES

                                                                    OUDERDOM

                 Die bostaande grafiek verteenwoordig die oorlewingskromme van …
                 die beste.

                 A                mense
                 B                paddas
                 C                voëls
                 D                leeus                                                             (9 x 2)    (18)

Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           LEWENSWETENSKAPPE V2                            (EC/NOVEMBER 2023)

1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
    slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) op die
    ANTWOORDEBOEK neer.

     1.2.1   ŉ Organisme wat ŉ ander organisme vir voedsel vang en doodmaak

     1.2.2   ŉ Direkte metode waardeur alle individue in ŉ menslike bevolking getel
             word

     1.2.3   ŉ Proses in biotegnologie wat gebruik word om suiker in alkohol en
             koolstofdioksied om te skakel

     1.2.4   ŉ Organisme sonder ŉ ware selkern/nukleus

     1.2.5   ŉ Diagram wat die evolusionêre verwantskap tussen organismes toon

     1.2.6   ŉ Tipe dermkanaal wat by Annelida aangetref word

     1.2.7   ŉ Siekteveroorsakende organisme

     1.2.8   Die toegang, deur alle mense ten alle tye, tot voldoende, veilige en
             voedsame voedsel                                                 (8 x 1)       (8)

1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS A,
    SLEGS B, BEIDE A en B, of GEEN van die items in KOLOM ΙΙ nie. Skryf slegs
    A, slegs B, beide A en B, of geen langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3)
    op die ANTWOORDEBOEK neer.

                          KOLOM I                               KOLOM II
     1.3.1   Bosluis op ŉ hond                      A:   Simbiose
                                                    B:   Parasitisme
     1.3.2   Verminder voedselsekerheid             A:   Droogtes
                                                    B:   GM voedsel
     1.3.3   Kenmerk van ŉ bevolking                A:   Dieselfde spesie
                                                    B:   Leef in dieselfde habitat
                                                                              (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                                LEWENSWETENSKAPPE V2                       7

1.4 Bestudeer die onderstaande bevolkingsgroeikurwe.

                                                  OMGEWINGSWEERSTAND

                                                    E

                          Bevolkingsgrootte
                                                                         D
                                                                C

                                                    B

                                              A

                                                          Tyd

     1.4.1    Noem die tipe groeivorm wat in die bostaande grafiek getoon word.             (1)

     1.4.2    Verskaf die volgende byskrifte

              (a)     Stadium/fase D                                                        (1)

              (b)     Lyn E                                                                 (1)

     1.4.3    Verduidelik hoekom die groei in stadium A stadig is.                          (2)

     1.4.4    Noem TWEE faktore wat deel van omgewingsweerstand kan vorm.                   (2)

     1.4.5    Noem TWEE inherente faktore wat ŉ toename in bevolkingsgrootte sal
              veroorsaak.                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                           LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/NOVEMBER 2023)

1.5 Bestudeer die onderstaande diagramme.

                                                                              2

                                                                         1

              Plant A                                    Plant B

1.5 1.5.1    Noem die plantafdeling waaraan plant A behoort.                             (1)

     1.5.2   Gee TWEE kenmerke wat by beide plant A en B aangetref word.                 (2)

     1.5.3   Verduidelik waarom plant A minder afhanklik van water as plant B is.        (3)

     1.5.4   Verskaf byskrifte vir die volgende:

             (a)     1                                                                   (1)

             (b)     2                                                                   (1)

     1.5.5   Waarom word die plant in generasie B NIE as ŉ tallusplant beskou
             NIE?                                                                        (1)

                                                          TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                   LEWENSWETENSKAPPE V2                                9

AFDELING B

VRAAG 2

2.1 Bestudeer die onderstaande diagramme.

              Sampioene

                                                   Broodskimmel
                                                                        A

                                                                       B

                      Gis

     2.1.1    Aan watter ryk behoort al die bogenoemde organismes?                      (1)

     2.1.2    Verskaf byskrifte vir A en B.                                             (2)

     2.1.3    Noem die draadagtige filamente waaruit die liggaam van broodskimmel
              bestaan.                                                                  (1)

     2.1.4    Noem TWEE toestande wat nodig is vir broodskimmel om te groei.            (2)

     2.1.5    Noem TWEE produkte waarvoor gis gebruik word.                             (2)

     2.1.6    Verduidelik EEN manier waarop organismes in hierdie ryk ŉ belangrike
              rol in die omgewing speel.                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              LEWENSWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2023)

2.2 ŉ Ondersoek is gedoen om vas te stel of die aantal kroonblare die bevrugting van
    die saadknop beïnvloed. Wanneer blomme self bestuif word, groei die
    stuifmeelbuis net ŉ entjie in die stempel en styl af en bevrugting vind nie plaas
    nie. Wanneer kruisbestuiwing deur bestuiwers plaasvind, groei die stuifmeelbuise
    heeltemal af en kan bevrugting van die saadknop plaasvind.

     Die ondersoek is soos volg uitgevoer:
     • 30 blomme is gebruik. 10 blomme met 100% van die kroonblare aanwesig,
        10 blomme met 50% van die kroonblare verwyder en 10 blomme met 0%
        kroonblare
     • die blomme is vir 2 dae in ŉ area met bestuiwers geplaas
     • na 2 dae is verdere bestuiwing by die blomme verhoed
     • na 7 dae is die hoeveelheid bestuiwing en bevrugting in elke blom aangeteken

     Die onderstaande diagramme toon die voorkoms van die blomme wat gebruik is.

                                    A
                                    B
                                    C

        100% kroonblare oor             50% kroonblare oor   0% kroonblare oor

     Die resultate word in die onderstaande tabel getoon.

                                             AANTAL
                                         Blom met   Blom met 50%    Blom sonder
                                           100%      kroonblare      kroonblare
                                        kroonblare
      Stuifmeel op stempel                  158         149               25
      Stuifmeelbuise in die styl             86          82               8
      Saadknoppe bevrug                      38          40               4

     2.2.1   Vir hierdie ondersoek gee die:

             (a)      Onafhanklike veranderlike                                           (1)

             (b)      Afhanklike veranderlike                                             (1)

     2.2.2   Verskaf byskrifte vir:

             (a)      Struktuur A                                                         (1)

             (b)      Krans B                                                             (1)

             (c)      Struktuur C                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                  LEWENSWETENSKAPPE V2                                      11

     2.2.3    Verduidelik hoekom daar meer stuifmeel op die blomme met kroonblare
              was.                                                                            (2)

     2.2.4    Verduidelik hoekom daar meer stuifmeelbuise in die styl van alle blomme
              aanwesig is as die aantal saadknoppe wat bevrug is.                             (2)

     2.2.5    Gee TWEE maniere waarop die geldigheid van hierdie eksperiment
              verbeter kan word.                                                              (2)

     2.2.6    Skryf ŉ gevolgtrekking vir hierdie eksperiment.                                 (2)

     2.2.7    Noem TWEE maniere waarop angiosperme beter aangepas is om op
              land te lewe as die briofiete.                                                  (2)

     2.2.8    Noem die plantafdeling waaraan angiosperme behoort.                             (1)

     2.2.9    Noem TWEE voordele van geslagtelike voortplanting.                              (2)

2.3 Lees die onderstaande uittreksel.

     Malaria is ŉ dodelike siekte wat deur ŉ Plasmodium sp veroorsaak word en word
     oorgedra deur die vroulike Anopheles muskiet. In 2020 het 627 000 mense, op
     aarde, aan malaria gesterf.

     DDT is ŉ plaagdoder wat gebruik word om muskietbevolkings in malariagebiede
     te beheer. In die vroeë 1990's was daar ŉ wêreldwye verbod op die gebruik van
     DDT. DDT is nie-bioafbreekbaar nie. Dit raak diere aan die bopunt van die
     voedselketting. Dit het die agteruitgang van baie roofvoëls veroorsaak
     aangesien dit die doppe van hul eiers baie dun gemaak het.

     Die aantal sterftes weens malaria het van 19 in 1991 tot 450 in 2000 gestyg. Die
     Suid-Afrikaanse regering het besluit om die verbod op te hef en het weer DDT
     begin gebruik. Teen 2020 was daar net 38 sterftes weens malaria.

     2.3.1    Noem die ryk waaraan die malariaparasiet behoort.                               (1)

     2.3.2    Gee bewyse, uit die leesstuk, dat die gebruik van DDT ŉ negatiewe
              uitwerking op die omgewing het.                                                 (1)

     2.3.3    Verduidelik die ekonomiese impak op ŉ land as daar ŉ hoë persentasie
              mense is wat aan malaria ly.                                                    (2)

     2.3.4    Verduidelik hoe die Anopheles-muskiet malaria oordra.                           (2)

     2.3.5    Gee TWEE voorsorgmaatreëls, behalwe om muskiete dood te maak,
              wat mense kan tref om te voorkom dat hulle malaria kry.                         (2)

     2.3.6    Noem die TWEE verskillende           menslike     liggaamselle   wat    die
              plasmodiumparasiet aanval.                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/NOVEMBER 2023)

2.4 Die onderstaande diagramme toon diere wat aan twee verskillende filums
    behoort.

                Organisme X
                                                           Organisme Y

     2.4.1   Noem die filum waaraan Organisme X behoort.                                (1)

     2.4.2   Skryf slegs X of Y vir elk van die stellings hieronder.

             (a)      Organisme wat ŉ deurlopende derm het                              (1)

             (b)      Organisme wat geen organe het nie                                 (1)

             (c)      Organisme wat sittend is                                          (1)

     2.4.3   Watter tipe simmetrie word deur Organisme Y getoon?                        (1)

     2.4.4   Beskryf hoe die liggaamsplan van Organisme Y geskik is vir ŉ
             organisme wat aktief van een omgewing na ŉ ander beweeg.                   (3)

     2.4.5   Teken ŉ eenvoudige diagram, met byskrifte, van ŉ dwarssnit deur die
             liggaamswand om die weefsellae wat in Organisme Y aangetref word,
             te toon.                                                                   (4)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                  LEWENSWETENSKAPPE V2                                     13

VRAAG 3

3.1 Die onderstaande tabel toon die gemiddelde atmosferiese koolstofdioksied-
    vlakke oor 60 jaar.

     Die tabel wat die bydrae van verskillende bronne van elektrisiteit in 2021 en die
     beplande bydrae van verskillende bronne tot elektrisiteit in Suid Afrika in 2030.

                             Bydrae tot                  Beplande bydrae tot
           Bron       elektrisiteitsverbruik in         elektrisiteitsverbruik in
                              2021 (%)                          2030 (%)
      Steenkool                  84,4                               46
      Gas                         0,8                               16
      Wind                        3,4                               15
      Sonkrag                      2                                11
      Hidro/water                 2,8                               10
      Kernkrag                    5,3                                2
      Ander                       1,4                                0

     3.1.1    Watter bron het in 2021 die meeste elektrisiteit in Suid-Afrika verskaf?       (1)

     3.1.2    Verduidelik hoe steenkoolgegenereerde elektrisiteit aardverwarming
              laat toeneem.                                                                  (4)

     3.1.3    Verduidelik waarom      Eskom        die    hoeveelheid      wind-     en
              sonkragopgewekte elektrisiteit wil verhoog.                                    (2)

     3.1.4    Teken ŉ sirkelgrafiek wat die beplande bronne van elektrisiteit vir 2030
              toon.                                                                          (7)

     3.1.5    Wat is die verskil tussen die persentasie gasopgewekte elektrisiteit wat
              in 2021 en 2030 gebruik is?                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          LEWENSWETENSKAPPE V2                           (EC/NOVEMBER 2023)

3.2    Perdeblomme is onkruid wat dikwels op skoolsportvelde groei. Die opsigter by
       ŉ skool is verantwoordelik om seker te maak dat die sokkerveld goed
       onderhou word en geen onkruid het nie.

       Hy wou die aantal perdeblomme (onkruidplante) op hul sokkerveld bereken.
       • Die grootte van die sokkerveld is 2 500 m2.
       • Hy het 1 m x 1 m (1 m2) kwadrate gebruik en 15 monsters op die veld
          geneem.
       • Die aantal perdeblomme in elke monster is in die onderstaande tabel
          aangeteken.

           Voorbeeld            Aantal
            nommer         perdeblomplante
               1                 22
               2                  3
               3                  7
               4                  4
               5                 15
               6                  0
               7                  3
               8                  0
               9                 12
              10                  3                        Perdeblom-plant
              11                  0
              12                 14
              13                  4
              14                  7
              15                  2

       3.2.1    Wat word hierdie metode om bevolkingsgrootte te skat genoem?               (1)

       3.2.2    Die opsigter het nie geweet waar om die kwadrate op die veld te plaas
                nie. Verduidelik hoe hy te werk moet gaan om te bepaal waar om hulle
                te plaas.                                                                  (2)

       3.2.3    Bereken die totale aantal perdeblomme op die veld.                         (5)

       3.2.4    Waarom is vyftien monsters in plaas van vyf geneem?                        (1)

       3.2.5    Gee EEN rede waarom die opsigter wil weet hoeveel onkruidplante
                daar in totaal op die veld is.                                             (1)

3.3    Tabuleer TWEE verskille tussen ŉ ontwikkelde land en ŉ ontwikkelende land
       wat hul bevolkingsgroeikurwes beïnvloed.                                            (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2023)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                    15

3.4 Lees die onderstaande uittreksel.

     Suurmyndreinering het ŉ negatiewe uitwerking op die omgewing. Myne gebruik
     dikwels kalk om die suurwater te neutraliseer voordat dit in riviere en strome
     gepomp word. Maar kalk moet spesiaal vir hierdie doel ontgin word.

     Die suurwater besoedel grond sodat die plante nie genoeg van die nodige
     voedingstowwe kry om te groei nie, dit besoedel drinkwater, ontwrig die groei en
     voortplanting van waterdiere en korrodeer geboue en strukture soos brûe.

     Nuwe navorsing toon dat slak(‘slag’), ŉ baie alkaliese afvalproduk wat uit
     mynbou gemaak word, doeltreffend is om die suurwater te neutraliseer.

     3.4.1    Beskryf hoe suurmyndreinering vorm.                                          (3)

     3.4.2    Gee TWEE negatiewe effekte van suurmyndreinering, op die omgewing,
              wat in die uittreksel genoem word.                                           (2)

     3.4.3    Verduidelik hoekom dit ekonomies beter is om slak te gebruik om die
              suurwater te neutraliseer as kalk.                                           (4)

     3.4.4    Gee EEN ander manier waarop mynbou die kwaliteit van water
              beïnvloed.                                                                   (1)

3.5 Uitheemse plante soos die waterhiasint (Eichhornia sp.), het ŉ indringer in Suid-
    Afrika geword, wat waterweë versper(blokkeer) en watergehalte verminder.

     3.5.1    Onderskei tussen uitheemse plante en inheemse plante.                        (2)

     3.5.2    Waarom word uitheemse plante indringers in ŉ ekosisteem?                     (1)

     3.5.3    Noem TWEE maniere wat die regering kan gebruik om uitheemse plante
              te beheer.                                                                   (2)

     3.5.4    Beskryf hoe uitheemse plante waterdiere kan beïnvloed deur
              waterkwaliteit te verminder.                                                (4)
                                                                                         [50]

                                                            TOTAAL AFDELING B:           100
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov2023-afrikaans/85769031-3726-4a81-91d5-1b6af4517709) — Life Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Life Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans-docx/6bfde4c0-705a-4366-b519-da158a210651) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans/548b157e-3fe2-429d-945d-ed753014122b) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6384ce3f-cccc-427f-a368-7b8fe8b152a4) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/5c136a7a-ccf7-4459-99cd-5fb4f04747c4) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Memo · 2025 · Afr
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/16f6b3c9-ef72-40fd-8904-5ab062f8ed6e) — QP + Memo · 2024
- [Life Sciences Grade 11 March 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-11-march-2023-qp-and-memo/fba019ce-d02a-4f9b-a4ee-24c91a5e035c) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
