# Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/5c136a7a-ccf7-4459-99cd-5fb4f04747c4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/5c136a7a-ccf7-4459-99cd-5fb4f04747c4)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                    NOVEMBER 2017

               LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                           *ILFSCA2*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               LEWENSWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 5.     Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

 6.     ALLE sketse moet in potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart ink.

 7.     Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

 8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

 9.     MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik waar
        nodig.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)           LEWENSWETENSKAPPE V2                                     3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
        korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
        (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

        1.1.1   Generasiewisseling word by … aangetref.

                A      Briofiete
                B      Pteridofiete
                C      Spermatofiete
                D      alle plante

        1.1.2   Die gebeurtenis by generasiewisseling waar die haploïede fase
                oorsprong gee aan die diploïede fase:

                A      Ontkieming
                B      Bevrugting
                C      Meiose
                D      Mitose

        1.1.3   In gimnosperme word bestuiwing uitsluitlik veroorsaak deur ...

                A      diere.
                B      water.
                C      wind.
                D      insekte.

        1.1.4   Dicrocoelium dendriticum is ŉ platwurmparasiet wat voorkom by
                grasvretende werweldiere soos skape en beeste.

                Watter kombinasie in die tabel toon die filums waaraan die parasiet en
                gasheerspesies behoort?

                       Dicrocoelium                    Beeste/Skape
                A      Annelida                        Chordata
                B      Platyhelminthes                 Arthropoda
                C      Annelida                        Arthropoda
                D      Platyhelminthes                 Chordata

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 LEWENSWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2017)

        1.1.5   Watter van die volgende kan tot habitatvernietiging lei?

                I.     Mynbou
                II.    Swak landbou-praktyke
                III.   Herbebossing
                IV.    Verstedeliking

                A      I, II en IV
                B      II, III en IV
                C      III
                D      I, II en III

        1.1.6   Landplante is waarskynlik afstammelinge van watter van hierdie
                groepe?

                A      Groen alge
                B      Rooi alge
                C      Bruin alge
                D      Angiosperme

        1.1.7   Die deel van die blom wat aan die vrug oorsprong gee is die …

                A      kroonblare.
                B      vrugbeginsel.
                C      saadknop.
                D      helmknop.

        1.1.8   Watter van die volgende is NIE ŉ bedreiging vir voedselsekuriteit NIE?

                A      Klimaatsverandering
                B      Menslike eksponensiële bevolkingsgroei
                C      Geboortebeperking
                D      Vermorsing

 VRAAG 1.1.9 IS GEBASEER OP DIE INLIGTING WAT HIERONDER GEGEE WORD:

 Die virulensie of vermoë van ŉ aansteeklike organisme om siektes te veroorsaak,
 word gedefinieer as die gevalle-doodsrisiko (CFR – case fatality risk). CFR kan
 voorgestel word as die persentasie infeksies wat tot die dood lei. Die tabel hieronder
 toon die aantal mense wat deur die ‘voëlgriep’-virus (H5N1) besmet is en die aantal
 mense wat oor ŉ tydperk van vyf jaar daaraan gesterf het.

 Jaar                                            2004     2005    2006     2007     2008
 Totale infeksies van H5N1                        46       98      115      88       44
 Getal sterftes a.g.v. H1N5-infeksie(s)           32       43       79      59       33

        1.9     In watter jaar was H5N1 die meeste virulent?

                A      2004
                B      2006
                C      2007
                D      2008
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)            LEWENSWETENSKAPPE V2                                       5

        1.1.10 Die diagram toon die struktuur van ŉ blom.

                 Waar vind bestuiwing en bevrugting plaas?

                             Bestuiwing            Bevrugting
                     1           X                     Y
                     2           Y                     X
                     3           X                     Z
                     4           Z                     Y

                 A       1
                 B       2
                 C       3
                 D       4                                                         (10 x 2)    (20)

 1.2    Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
        slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK
        neer.

        1.2.1    Die afsny van bome en die verwydering van plantegroei vanaf ŉ land

        1.2.2    Voortplanting wat die nie-reproduktiewe dele van ŉ plant gebruik om
                 nuwe plante te produseer

        1.2.3    ŉ Maatstaf van die totale kweekhuisgasvrystellings deur ŉ individu,
                 maatskappy of land per jaar

        1.2.4    ŉ Groep sporangia wat aan die onderkant van varingblare aangetref
                 word

        1.2.5    Die toename in konsentrasie van giftige chemiese stowwe vanaf een
                 trofiese vlak na ŉ volgende

        1.2.6    Plante sonder ware wortels, stingels en blare

        1.2.7    Die laag wat die aarde teen die skadelike uitwerking (effek) van die son
                 beskerm                                                            (7 x 1)     (7)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               LEWENSWETENSKAPPE V2                    (EC/NOVEMBER 2017)

 1.3    Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
        SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
        Slegs A, Slegs B, Beide A en B of Geeneen langs die vraagnommer
        (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                               KOLOM I                                 KOLOM II
        1.3.1   Naakte sade                                      A     Gimnosperme
                                                                 B     Angiosperme
        1.3.2   Terrein wat opgerig is om van soliede afval      A     Reservoir
                ontslae te raak                                  B     Stortingsterrein
        1.3.3   Gametofiet is dominant                           A     Varings
                                                                 B     Mosse
                                                                                (3 x 2)      (6)

 1.4    Bestudeer die temperatuurkaart hieronder van ŉ pasiënt wat aan ŉ siekte wat
        deur ŉ virus veroorsaak word, ly. Normale liggaamstemperatuur is ongeveer
        37 °C.

                                Dag         Liggaamstemperatuur (°C)
                                 0                     37
                                 2                     37
                                 4                     37
                                 6                    40,5
                                 8                    39,5
                                 10                    38
                                 12                   39,5
                                 14                   38,8
                                 16                   37,5
                                 18                    37
                                 20                    37
                                 22                    37

        1.4.1   Wat was die maksimum TOENAME in liggaamstemperatuur bo
                normaal?                                                                     (2)

        1.4.2   Hoe lank het die:

                (a)    Inkubasie-tydperk (tyd wat die virus geneem het om te
                       vermenigvuldig/vermeerder) geduur?                                    (1)

                (b)    Koors geduur?                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)           LEWENSWETENSKAPPE V2                                        7

 1.5    Tom het ŉ stukkie brood in ŉ plastieksak in die kombuis gelos voordat hy vir 2
        weke op toer gegaan het. Toe hy na 2 weke by die huis kom, het hy ŉ paar swart
        kolle op die brood gekry.

                                                              Swart kolle

                                                              Brood

        1.5.1    Tom se ma het hom vertel dat die swart kolle ŉ soort mikroörganisme
                 is.

                 Watter tipe mikroörganisme is die swart kolle op die brood?                    (1)

        1.5.2    Noem DRIE toestande wat nodig is vir die mikroörganismes om op die
                 brood te groei.                                                                (3)

        1.5.3    Wat kan Tom met die stukkie brood doen om te voorkom dat
                 mikroörganismes op die brood groei?                                            (1)

        1.5.4    Waarom werk die metode genoem in VRAAG 1.5.3?                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 LEWENSWETENSKAPPE V2                  (EC/NOVEMBER 2017)

 1.6    Bestudeer die onderstaande diagram wat die struktuur van ŉ blom aantoon.

                                                                       1
                                                                       2
                                                                        3

                      6
                                                                        4

                      5

        1.6.1   Watter tipe bestuiwing kan aan hierdie blom gekoppel word?                   (1)

        1.6.2   Identifiseer die dele genommer 1 en 2.                                       (2)

        1.6.3   Wat noem ons 5 en 6 gesamentlik?                                             (1)

        1.6.4   Deur slegs die NOMMER te gebruik, identifiseer die volgende:

                (a)       Deel wat stuifmeel ontvang                                         (1)

                (b)       Struktuur waar ŉ saad kan vorm                                     (1)

                                                             TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)             LEWENSWETENSKAPPE V2                                       9

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    Figure A, B en C hieronder verteenwoordig verskillende diere-filums.

                      A                             B                      C

        2.1.1   Identifiseer die filums wat onderskeidelik deur figure A, B en C
                voorgestel word. Skryf die letter met die korrekte filum neer.                  (3)

        2.1.2   Watter tipe simmetrie het figuur A?                                             (1)

        2.1.3   Gee EEN voordeel van die tipe simmetrie genoem in VRAAG 2.1.2.                  (1)

        2.1.4   Watter figuur/figure het die volgende eienskappe?

                Skryf slegs die letters A, B of C byvoorbeeld 2.1.4(e) D

                (a)       Triploblasties

                (b)       Dorsi-ventraal afgeplat

                (c)       Kefalisasie

                (d)       Selomaat                                                              (6)

        2.1.5   Noem EEN voordeel van ŉ hoë oppervlak tot volume verhouding vir
                diere.                                                                          (1)

        2.1.6   Teken ŉ diagram van ŉ dwarssnit van die liggaamsplan van ŉ
                triploblastiese dier, gee byskrifte vir elke weefsellaag en dui dan aan
                waaraan elke weefsellaag oorsprong gee.                                         (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/NOVEMBER 2017)

 2.2    Knoffel is bekend daarvoor dat dit die vermoë het om bakterieë en virusse te
        beveg. Dit is bekend daarvoor dat dit effektief is teen ŉ wye verskeidenheid
        bakterieë en die vermoë het om verkoue te bestry. Die anti-mikrobiese stof in
        knoffel word allisien genoem. Om die anti-bakteriese eienskappe van knoffel te
        behou, moet die knoffel verteer of as rou knoffel aangewend word omdat kook
        die allisien sal vernietig.
        Wetenskaplikes wou die doeltreffendheid van knoffel, om bakterieë dood te
        maak, ondersoek.
        Hulle het die eksperiment soos volg uitgevoer:
               Hulle het drie petri-bakkies met bloed-agar voorberei en in ŉ yskas
                gestoor.
               Voor die aanvang van die eksperiment het hulle die petri-bakkies uit die
                yskas verwyder sodat hulle kamertemperatuur kon bereik.
               Hulle het drie toetsmonsters voorberei en dit gemerk soos hieronder
                beskryf:
                o Die drie proefbuise is A, B en C gemerk.
                o Die inhoud van die proefbuise is gemeet en gemeng soos in die tabel
                    hieronder getoon:
                                              Inhoud van die proefbuise
                      Proefbuis                    5 mℓ E.coli          Knoffel-
                                   100 mℓ melk
                                                     bakterie           aftreksel
                          A                            x                   x
                          B                                               x
                          C                                               

               Die petri-bakkies is A, B en C gemerk.
               Hulle het die deksel van petri-bakkie A verwyder en ŉ spuit gebruik om
                10 mℓ van die monster uit proefbuis A te trek en dit in die middel van petri-
                bakkie A gespuit
               Op dieselfde manier is ŉ 10 mℓ-monster met behulp van ŉ nuwe spuit
                onttrek uit proefbuis B en in petri-bakkie B geplaas en die prosedure is
                herhaal vir petri-bakkie C.
               Die deksels van die petri-bakkies is vervang en die petri-bakkies is in ŉ
                koel en skaduryke plek gestoor.
                o Die deursnee van die E.coli-kolonie is elke dag vir 5 dae gemeet en
                     in die tabel hieronder aangeteken:

                        Petri-             Deursnee van bakterie-kolonie (mm)
                        bakkie       Dag 1     Dag 2     Dag 3     Dag 4     Dag 5
                          A            0        1,7       3,0        4,6       7,1
                          B            0        4,2       8,4       15,1      36,5
                          C            0         0         0          0         0
        2.2.1   Noem:
                (a)     Die onafhanklike veranderlike                                              (1)
                (b)     Die afhanklike veranderlike                                                (1)
                (c)     Twee konstante veranderlikes                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)            LEWENSWETENSKAPPE V2                                      11

        2.2.2   Gebruik die inligting in die tabel om DRIE lyngrafieke te teken wat die
                resultate van petri-bakkies A, B en C toon.                                     (6)

        2.2.3   Verduidelik waarom die petri-bakkies voor die aanvang van die
                eksperiment in die yskas gehou is.                                              (2)

        2.2.4   Beskryf en verduidelik die resultate wat in petri-bakkie C verkry is.           (3)

 2.3    Die onderstaande diagramme toon plante uit verskillende afdelings van die
        planteryk.

                                                      C

                                               B

           A

                     I                 II                    III                 IV

        2.3.1   Identifiseer plantafdeling I en II onderskeidelik.                              (2)

        2.3.2   Noem TWEE verskille tussen plant I en IV met betrekking tot
                voortplanting.                                                                  (4)

        2.3.3   Noem slegs die NOMMER van die plantgroep wat geen vaatweefsel het
                nie.                                                                            (1)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 3

 3.1    Die onderstaande diagram illustreer die Kweekhuiseffek.

                                            Son

                                                  1
                             Ruimte

                                   2
                                                      3
                                                               4

                                                             Atmosfeer
                                             Aarde se
                                             oppervlak
                                       DIE KWEEKHUISEFFEK

        3.1.1   Verduidelik hoe die kweekhuiseffek plaasvind deur nommers 1–4 op die
                diagram te gebruik.                                                              (4)

        3.1.2   Wat is die voordeel van die natuurlike kweekhuiseffek vir lewe op
                aarde?                                                                           (1)

        3.1.3   Watter menslike aktiwiteit lewer die grootste bydra tot die vrystelling van
                koolstofdioksied?                                                                (1)

        3.1.4   ŉ Groot toename in die kweekhuiseffek kan lei tot die verhoogde
                kweekhuiseffek, wat aardverwarming veroorsaak.

                Verduidelik hoe aardverwarming tot woestynvorming kan lei.                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                        LEWENSWETENSKAPPE V2                                     13

 3.2    ŉ Wetenskaplike het ŉ ondersoek gedoen om te wys hoe die hoeveelheid
        organiese materiaal wat in water voorkom, die hoeveelheid suurstof in die water
        beïnvloed. Die wetenskaplike het water van 6 verskillende plekke langs ŉ rivier
        ingesamel. Die tabel hieronder toon die resultate wat hy verkry het:

                                                  Organiese inhoud          Suurstof-konsentrasie
         Afstand vanaf bron
                                                 (arbitrêre eenhede)         (arbitrêre eenhede)
                     Gebied A - bron                       10                         300
                     Gebied B - 1 km                       80                          80
                     Gebied C - 2 km                      300                          50
                     Gebied D - 3 km                      150                          80
                     Gebied E - 4 km                       50                         100
                     Gebied F - 5 km                       30                         200

        3.2.1                Daar is ŉ stuk kommersiële landbougrond (plaas) langs die loop van die
                             rivier.

                             Stel voor waar hierdie plaasgrond geleë is en verduidelik jou antwoord
                             kortliks.                                                                     (5)

        3.2.2                Verduidelik die verband tussen die organiese inhoud van die water en
                             die suurstofkonsentrasie van die water.                                       (4)

 3.3    Die onderstaande grafiek toon spesie-diversiteit in die Noord-Kaap. ŉ
        Omgewingsimpakstudie is gedoen voor en nadat die grond vir landbou gebruik
        is.
                            30

                            25

           Aantal spesies
                            20

                            15
                                                                                       SLEUTEL:
                                                                                       Voor landbou
                            10
                                                                                       Na landbou
                             5

                             0
                                  voëls       insekte      plante        klein
                                                                       soogdiere
                                                    Spesies

        3.3.1                Beskryf die verskil in die aantal spesies voor en na die landbou.             (2)

        3.3.2                Verduidelik waarom die aantal spesies in landbou-gebiede afneem.              (4)

        3.3.3                Watter groep organismes is die meeste deur die verandering
                             beïnvloed?                                                                    (1)

        3.3.4                Wat is ŉ omgewingsimpakstudie en waarom is dit nodig dat
                             omgewingsimpakstudies gedoen word?                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              LEWENSWETENSKAPPE V2                              (EC/NOVEMBER 2017)

 3.4    Die onderstaande sirkelgrafiek verteenwoordig die verskillende bronne van
        energie in Suid-Afrika en hul bydrae tot die totale primêre energievoorsiening.

                     Totale primêre energievoorsiening in Suid-
                                   Afrika in 2012
                Ander 2%            Bio-
                                 brandstof
                                      X
            Natuurlike
             gas 3%                                                              Steenkool
                                                                                 Ru-olie
                          Ru-olie
                                                                                 Natuurlike gas
                           15%
                                            Steenkool                            Ander
                                               69%                               Biobrandstof

                             [Aangepas uit: https://en.m.wikipedia.org/wiki/Energy_in_South_Africa]

        3.4.1   Bepaal die waarde van X. Toon ALLE berekeninge.                                        (3)

        3.4.2   Noem die vlambare natuurlike gas wat in stortingsterreine geproduseer
                word.                                                                                  (1)

        3.4.3   Gee TWEE maniere waarop die gas wat in VRAAG 3.4.2 genoem word,
                nuttig is vir die mens.                                                                (2)

        3.4.4   Noem TWEE alternatiewe energiebronne wat die 2% van ‘ander’
                bronne uitmaak.                                                                        (2)

        3.4.5   Beskryf hoe die ontginning van steenkool ŉ impak op biodiversiteit in
                Suid-Afrika het.                                                                        (3)
                                                                                                       [40]

                                                                      TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)          LEWENSWETENSKAPPE V2                                      15

 AFDELING C

 VRAAG 4

 Skryf ŉ opstel waarin jy beskryf hoe uitheemse indringerplante die kwaliteit van water
 beïnvloed en bespreek die verskillende maniere om uitheemse indringerplante te beheer,
 insluitend hul voordele en/of nadele.                                             Inhoud: (17)
                                                                                    Sintese: (3)

 NOTA:       Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
             diagramme of vloeidiagramme nie.

                                                                TOTAAL AFDELING C:                20

                                                                      GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans-docx/6bfde4c0-705a-4366-b519-da158a210651) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans/548b157e-3fe2-429d-945d-ed753014122b) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6384ce3f-cccc-427f-a368-7b8fe8b152a4) — Life Sciences · QP · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-memo-nov2017-afrikaans/7df20d63-e42b-4304-a4c6-711f21b5ecc5) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/56b8976d-2a83-4671-af07-a62c8516e9ab) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr11-nov2020-afrikaans/5e572d25-3d0e-49c1-b07e-e8046386defb) — Life Sciences · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Memo · 2025 · Afr
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Memo · 2024 · Afr
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/16f6b3c9-ef72-40fd-8904-5ab062f8ed6e) — QP + Memo · 2024

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
