# Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6384ce3f-cccc-427f-a368-7b8fe8b152a4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/6384ce3f-cccc-427f-a368-7b8fe8b152a4)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                    NOVEMBER 2018

               LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               LEWENSWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 5.     Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

 6.     ALLE sketse moet in potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart
        ink.

 7.     Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

 8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
        NIE.

 9.     MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
        waar nodig.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)            LEWENSWETENSKAPPE V2                                       3

 AFDELING A
 VRAAG 1
 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
        verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A−D) langs
        vraagnommer (1.1.1−1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
        byvoorbeeld 1.1.11 D.
        1.1.1    Agense wat siektes veroorsaak, word ... genoem.
                 A       antibiotika
                 B       entstowwe
                 C       teenliggaampies
                 D       patogene
        1.1.2    Sponse is ŉ diere-filum wat formeel as ... bekend staan.
                 A       Cnidaria
                 B       Porifera
                 C       Platyhelminthes
                 D       Arthropoda
        1.1.3    Kefalisasie word algemeen geassosieer met elkeen van die
                 volgende, behalwe:
                 A       bilaterale simmetrie
                 B       konsentrasie van sensoriese strukture aan die voorpunt
                 C       ŉ brein
                 D       ŉ sessiele bestaan
        1.1.4    Watter struktuur in die diagram hieronder verteenwoordig virale
                 RNA?

                                       E                A

                                                                            B
                     D
                                                                            C

                 A       Struktuur B
                 B       Struktuur C
                 C       Struktuur D
                 D       Struktuur E

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                LEWENSWETENSKAPPE V2                   (EC/NOVEMBER 2018)

        1.1.5   Sampioene is ŉ soort swam. Watter kenmerk van swamme
                maak hulle verskillend van plante?

                A       Swamselle is eukarioties
                B       Swamme is meersellig
                C       Swamme is heterotrofe
                D       Swamme het selwande

        1.1.6   Die diagram hieronder illustreer aktiwiteite wat in ŉ menslike
                liggaam plaasvind.

                Op grond van die diagram, stimuleer inentings gewoonlik die
                liggaam om meer van …

                            Teenliggampies
                              C

                           A          B
                     Witbloedselle   Antigeen

                A      slegs struktuur A te produseer.
                B      slegs struktuur B te produseer.
                C      slegs stuktuur A en C te produseer.
                D      struktuur A, B, en C te produseer.

        1.1.7   Watter kenmerk word deur Cnidaria en Platyhelminthes gedeel?

                A      Dorsiventraal-afgeplatte liggame
                B      Radiale simmetrie
                C      ŉ Spysverteringstelsel met ŉ enkele opening
                D      ŉ Definitiewe kop

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)            LEWENSWETENSKAPPE V2                                           5

        1.1.8   Watter ry in die tabel hieronder verbind ŉ menslike aktiwiteit met sy
                impak op die omgewing, korrek?

                       Menslike aktiwiteit                        Impak
                A     Afname in die gebruik van     erosie van rots in grond
                      plaagdoders
                B     Toename in                    verbetering in luggehalte
                      behuisingsontwikkelings
                C     Toename in menslike           vermindering in waterverbruik
                      bevolking
                D     Afname in herwinning          vermindering in hoeveelheid
                                                    beskikbare hulpbronne

 VRAE 1.1.9 EN 1.1.10 VERWYS NA DIE GRAFIEK EN TABEL HIERONDER:
                °

 Totale suurstofvereistes van verskillende organismes in ŉ rivier.

 Dier                    Gestreepte   Elf   Geel    Mossels   Blou   Gevlekte   Wurms
                         Baars              Baars             krap   vis
 Minimum
 suurstofvereistes
 (mg/ℓ)                      6         5      5        4       3        2           1

        1.1.9   Termiese besoedeling veroorsaak dat die vlak van opgeloste
                suurstof in water ...

                A    afneem.
                B    toeneem dan afneem.
                C    onveranderd bly.
                D    verhoog.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               LEWENSWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2018)

      1.1.10    As gevolg van die vrystelling van water uit ŉ fabriek, is die
                temperatuur van water in ŉ stroom 30 °C.

                Twee organismes wat waarskynlik in die stroom woon, is ...

                A     gestreepte baars en blou krap.
                B     wurms en mossels.
                C     wurms en gevlekte vis.
                D     geel baars en gevlekte vis.
                                                                                (10 x 2) (20)

 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
     Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1−1.2.10) in die
     ANTWOORDEBOEK neer.

      1.2.1     Die som van die totale hoeveelheid koolstofdioksiedvrystellings
                van ŉ individu per jaar

      1.2.2     Die ophoping van voedingstowwe in damme, as gevolg van die
                oormatige gebruik van kunsmis op landerye, wat die oormatige
                groei van alge stimuleer

      1.2.3     Toegang tot genoegsame voedsel, op ŉ daaglikse basis, om ŉ
                gesonde lewe te verseker

      1.2.4     Die aanplant van bome vir kommersiële doeleindes

      1.2.5     ŉ Enkele gewasspesie wat vir ŉ aantal opeenvolgende jare op
                dieselfde stuk grond aangeplant word

      1.2.6     Die manlike deel van ŉ blom

      1.2.7     Diere wat verbonde bly aan die substraat vir hul hele lewensiklus

      1.2.8     Die weefsellaag wat oorsprong gee aan die buitenste
                beskermende laag van die dier

      1.2.9     Soort simmetrie waar ŉ dier in enige vertikale vlak deur die
                middellyn gesny kan word om twee spieëlbeelde te vorm

      1.2.10    Die ontslae raak van die eksoskelet, in geleedpotiges, om groei
                moontlik te maak
                                                                          (10 x 1) (10)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)             LEWENSWETENSKAPPE V2                                               7

 1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
     SLEGS B, BEIDE A EN B of GEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
     Slegs A, Slegs B, Beide A en B of geen langs die vraagnommer
     (1.3.1−1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                        KOLOM I                                      KOLOM II
       1.3.1     Verminder kweekhuisgasse in die         A:    Stortingsterreine
                 atmosfeer
                                                         B:    Ontbossing
       1.3.2     Verminder biodiversiteit                A:    Uitheemse plant-
                                                               indringing
                                                         B:    Verstedeliking
       1.3.3     Triploblastiese diere met ŉ             A:    Platyhelminthes
                 blindeindigende derm
                                                         B:    Annelida
                                                                                       (3 x 2)   (6)

 1.4 Die onderstaande diagram is ŉ kladogram van plantevolusie.

                                                                          Blomplante
                                                 Keëldraende
                                                   plante              D
                                Varings en hul        C
                                familie
                                                                   X
                Mosse en hul
                familie                 B

                        A                         Sade

                                    W

                       Groen alge
                        voorouer

       1.4.1     Identifiseer die plantgroepe (divisies) gemerk A, B, C en D.                    (4)

       1.4.2     Noem die evolusionêre eienskappe by W en X, onderskeidelik, wat
                 die volgende van mekaar onderskei:

                 (a)    Mosse en varings                                                         (1)

                 (b)    Keëldraende plante en blomplante                                         (1)

       1.4.3     Beide keëldraende plante en blomplante is saaddraende plante.
                 Wat is die versamelnaam vir saaddraende plante?                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 LEWENSWETENSKAPPE V2                   (EC/NOVEMBER 2018)

 1.5 Chloorfluoorkoolstowwe (CFK’s) het ongelukkig aansienlike skade aan die
     osoonlaag veroorsaak, wat tot die vorming van groot ‘gate’ gelei het. Die
     onderstaande grafiek toon die omvang van die skade in die Antarktika-
     osoonlaag.

      1.5.1    Gedurende watter jaar was die ‘gat’ in die Antarktiese gebied die:

               (a)    Kleinste?                                                          (1)

               (b)    Grootste?                                                          (1)

      1.5.2    Wat was die area (oppervlak) van die ʽgat’ (miljoen km2) in die jaar:

               (a)    2000 en                                                            (1)

               (b)    2005?                                                              (1)

      1.5.3    Stel DRIE oplossings vir osoonuitputting voor.                            (3)

                                                            TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                        9

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    Die onderstaande diagram is dié van ŉ bakteriële sel (bakterium).

                                                                          1

                                                                         2
                                                                         3
                                                                         4
                     Plasmied                                            5
                                                                         6

                                                                         7

        2.1.1   Identifiseer dele gemerk 5 en 7.                                          (2)

        2.1.2   Noem die funksie van die deel gemerk 1.                                   (1)

        2.1.3   Mikroörganismes kan gebruik word in die produksie van medisyne
                soos insulien en antibiotika.

                Beskryf hoe die bakterie E. coli in die produksie van insulien, vir die
                behandeling van diabetes, gebruik word.                                   (5)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               LEWENSWETENSKAPPE V2                    (EC/NOVEMBER 2018)

 2.2    Die tabel hieronder toon die wêreldwye koolstofdioksiedvrystellings
        (emissies) van die verbranding van fossielbrandstowwe en ŉ paar
        industriële prosesse in 2014.

                       LAND                      KOOLSTOFDIOKSIED-EMISSIE
                                                           (%)
        China                                               30
        Europese Unie                                       9
        VSA                                                 15
        Indië en Russiese Federasie                         12
        Japan                                               4
        Ander                                               30

        2.2.1   Watter enkele land het die meeste koolstofdioksied in die omgewing
                ingestuur?                                                               (1)
        2.2.2   Verduidelik die impak van die verhoogde koolstofdioksied-
                vrystellings op die omgewing.                                            (3)
        2.2.3   Elke land was ŉ mandaat gegee om sy koolstofdioksied-emissies te
                verminder om ŉ sekere teiken te bereik. Dit word jaarliks hersien deur
                die Konferensie van Partye (COP), ŉ organisasie van die Verenigde
                Nasies bestaande uit 195 lande wat vergader om die vordering in die
                hantering van klimaatsverandering te evalueer.

                Verduidelik TWEE redes waarom sommige lande teen die
                vermindering van die koolstofdioksied-emissies, deur hul
                nywerhede, is.                                                           (4)

 2.3    Ten spyte van ŉ groot toename in die vraag na voedsel, word slegs 70%
        meer grond gebruik vir boerdery. Een van die redes hiervoor is verhoogde
        produktiwiteit, dit is ŉ hoër opbrengs per hektaar, as gevolg van GMO's,
        asook die gebruik van plaagdoders en kunsmis/misstowwe.

        In die afgelope 30 jaar het mense meer bewus geword van die gebruik van
        chemikalieë in boerdery. Sommige mense is bekommerd oor die effek
        hiervan op hul gesondheid en kies om organies gekweekte produkte te koop.
        Boere wat organiese metodes gebruik om voedsel te produseer, gebruik nie
        chemikalieë op hul gewasse nie.

        2.3.1   Gee EEN rede vir die toename in die vraag na voedsel oor die jare.       (1)
        2.3.2   Noem EEN manier waarop die gebruik van elk van die volgende help
                om produktiwiteit te verhoog:
                (a)    Plaagdoders                                                       (1)

                (b)    Kunsmis                                                           (1)
        2.3.3   Verduidelik hoe die gebruik van plaagdoders voedselkettings kan
                vernietig.                                                               (2)
        2.3.4   Verduidelik hoe GMO’s ŉ bedreiging vir voedselsekuriteit kan
                inhou.                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                        11

 2.4    ŉ Mikorisa is ŉ mutualistiese verhouding tussen swamhifes en die wortels
        van ware plante. Die hifes verhoog die absorpsie-oppervlak van die plant-
        wortels deur te help met die opname van water, fosfor en ander minerale-
        ione vanuit die grond tot in die wortels van plante. Die plant is fotosinteties
        en voorsien die swam van koolhidrate.

        Wetenskaplikes het ŉ ondersoek gedoen om die effek van mikorisa-
        verwantskappe op die groei van plante te bepaal. Die eksperiment is soos
        volg uitgevoer:

          Twee groepe plante was gekweek.
          Een groep is geplant in grond wat gesteriliseer was.
          Die ander groep is in dieselfde soort grond geplant, maar die grond is nie
           gesteriliseer nie.
          Alle ander faktore rakende die twee groepe het dieselfde gebly.
          Die plante was toegelaat om vir 8 weke te groei.
          Elke week was die lengte (in sentimeter) van elke plant gemeet.

        Die tabel hieronder toon die groei van die plante oor die 8-weke tydperk.

           Week          Lengte van plante gekweek      Lengte van plante gekweek in
                        in gesteriliseerde grond (cm)   nie-gesteriliseerde grond (cm)
             1                        0,8                            2,0
             2                        1,5                            5,5
             3                        2,0                            8,7
             4                        2,3                           10,0
             5                        2,4                           12,0
             6                        3,8                           16,2
             7                        5,0                           19,1
             8                        6,0                           25,0

        2.4.1     Definieer mutualisme.                                                    (1)

        2.4.2     Beskryf die mutualistiese verhouding tussen die swam en die
                  plante.                                                                  (2)

        2.4.3     Identifiseer die:

                  (a)    Onafhanklike veranderlike                                         (1)

                  (b)    Afhanklike veranderlike                                           (1)

        2.4.4     Beskryf EEN manier waarop die wetenskaplikes verseker het dat die
                  resultate van hierdie ondersoek geldig is.                               (1)

        2.4.5     Gebruik die data in die tabel hierbo en teken twee lyngrafieke op
                  dieselfde assestelsels.                                                  (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              LEWENSWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2018)

        2.4.6   Verduidelik hoekom die plante wat in gesteriliseerde grond gegroei
                het, baie stadiger gegroei het as plante wat in nie-gesteriliseerde
                grond gegroei het.                                                      (3)

        2.4.7   Watter gevolgtrekking kan uit die resultate van hierdie eksperiment
                gemaak word?                                                             (2)
                                                                                        [40]

 VRAAG 3

 3.1    Die rangskikking van liggaamsweefsel word toenemend kompleks namate
        diere meer ontwikkel/evolueer. Dit het diere in staat gestel om verskillende
        voedingstrategieë te ontwikkel. Die onderstaande diagramme toon die
        weefsellae in diere.

                                                            Diagram B
                Diagram A

                                     Endoderm

                                        Spys
                                     verterings
                                                                                 Y
                                       kanaal

                                      Ektoderm
                 Nie-lewende
                 laag
                                                            X

        3.1.1   Gebruik die letters A en B om die diagramme in hul korrekte
                evolusionêre volgorde te plaas.                                          (1)

        3.1.2   Noem TWEE dier-filums wat deur diagram B voorgestel word.                (2)

        3.1.3   Voorsien byskrifte vir X en Y.                                           (2)

        3.1.4   Beskryf TWEE voordele van struktuur X.                                   (2)

        3.1.5   Watter een van die twee organismes, A of B, is radiaal
                simmetries?                                                              (1)

        3.1.6   Verduidelik EEN voordeel om radiaal simmetries te wees.                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)           LEWENSWETENSKAPPE V2                                       13

 3.2    Lees die uittreksel hieronder.

        Inwoners wat langs die Vaalrivier woon, het veranderinge in die rivierwater,
        wat voor hul eiendomme verbyvloei, opgemerk. Die kleur van die water het
        na rooi-bruin verander en het soos vrot eiers geruik. Daar was ook dooie
        visse wat op die wateroppervlak gedryf het. Die inwoners het by die
        munisipaliteit gekla, wat ŉ waterkwaliteitsbeampte uitgestuur het om
        ondersoek in te stel. Die beampte het watermonsters van punt A en punt B
        geneem. Sy het die watermonsters na ŉ laboratorium vir ontleding gestuur.
        Die tabel hieronder toon die resultate van die analise.

        Watergehalte veranderlike                Monster A           Monster B
        pH (suur en alkalië)                        7,5                  5,2
        Fekale koliforme (bakterieë 100 mℓ)        500                150 000
        Nitrate (mg/ℓ)                             0,45                  4,6
        Fosfate (mg/ℓ)                             0,18                 0,75
        Sulfate (mg/ℓ)                              60                  460
        Natrium (mg/ℓ)                              29                  130
        Chloriede (mg/ℓ)                            34                  140

        3.2.1    Gee TWEE aanwysers (indikators) van besoedeling waaroor die
                 inwoners gekla het.                                                     (2)

        3.2.2    Bevestig die watergehalte-data dat waterbesoedeling plaasgevind
                 het?                                                                    (1)

        3.2.3    Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.2.2 deur na een voorbeeld
                 in die tabel hierbo te verwys.                                          (2)

        3.2.4    Watter van die veranderinge in watergehalte, tussen monsterpunt A
                 en monsterpunt B, kan veroorsaak word deur besoedeling deur:

                 (a)   Die myn?                                                          (1)

                 (b)   Industrie?                                                        (1)

                 (c)   Afvalwatersuiweringsaanleg?                                       (1)

        3.2.5    Watter uitwerking kan die waterbesoedeling hê op:

                 (a)   Die boere wat mielies en groente op die landbougrond kweek?       (2)

                 (b)   Mense wat in die informele nedersettings woon wat die
                       rivierwater gebruik om te drink en te was?                        (2)

        3.2.6    Stel TWEE maniere voor waarop die afvalwatersuiweringsaanleg
                 die hoeveelheid besoedelende stowwe wat hulle in die rivier
                 vrystel, kan verminder.                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                   LEWENSWETENSKAPPE V2                            (EC/NOVEMBER 2018)

 3.3   Lees die uittreksel hieronder.

                JAG EN STAPTOERE − DIE GROOTSTE BEDREIGING VIR
                             BESKERMDE GEBIEDE

       ŉ Nuwe studie in Kuala Lumpur het getoon dat die jag van wilde diere vir
       voedsel en ontspanningssportsoorte soos staptoere en bergfietsry die twee
       grootste bedreigings vir die wêreld se beskermde gebiede is.

       Tien navorsers het data bestudeer wat die afgelope dekades versamel is
       deur bestuurders op ongeveer 2000 beskermde gebiede, insluitend
       ongerepte woude en nasionale parke of reservate.

       Hulle het gevind dat jag die grootste bedreiging in ontwikkelende lande inhou,
       terwyl ontspanningsaktiwiteite soos vierwiel-fietsry, ski, bergfietsry, staptogte
       en selfs om met honde te gaan stap, die meeste skade berokken het aan
       beskermde gebiede in meer welgestelde nasies.

       Die studie het getoon dat die jag van ‘wildsvleis’ soos voëls, insekte, ape en
       slange in 61% van alle gebiede voorgekom het. Die diere word dikwels
       verkoop om aan die eise vir voedsel of medisyne in stedelike gebiede te
       voldoen. Die toename in die aantal wilde diere wat gejag word, is deels as
       gevolg van ŉ toename in stedelike aanvraag − groot stede en dorpe groei en
       die aanvraag na ‘wild’ om te eet groei.

       Nog ŉ faktor is dat die padnetwerke in bosgebiede uitbrei, wat hulle meer
       toeganklik maak.

               [Aangepas uit ŉ artikel ‘Van jag na stap: grootste bedreigings vir beskermde gebiede
                                                                      geïdentifiseer’, Reuters, 2018]

       3.3.1      Wat word die onwettige jag en doodmaak van diere genoem?                              (1)

       3.3.2      Gee TWEE redes vir die toename in die aantal wilde diere wat gejag
                  word.                                                                                 (2)

       3.3.3      Verduidelik hoe die toename in die doodmaak van wilde diere die
                  omgewing sal beïnvloed.                                                               (3)

       3.3.4      Stel TWEE moontlike oplossings voor vir elk van die volgende
                  bedreigings:

                  (a)    Oormatige jag                                                                  (2)

                  (b)    Ontspanningsaktiwiteite                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018)           LEWENSWETENSKAPPE V2                                       15

 3.4    Menslike aktiwiteite het op baie maniere ŉ impak op die omgewing.

        3.4.1    Behalwe vir herwinning, noem TWEE ander maniere waarop ons
                 vaste afval kan bestuur.                                              (2)

        3.4.2    Uitheemse plante is spesies wat in ŉ gebied ingevoer word en
                 wat meeding met die natuurlike plante in die omgewing.

                 Verduidelik EEN voordeel en EEN nadeel vir die gebruik van
                 biologiese-beheer om populasies van indringerplante te reguleer.      (4)
                                                                                      [40]

                                                          TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                             LEWENSWETENSKAPPE V2                 (EC/NOVEMBER 2018)

 AFDELING C

 VRAAG 4

 Bespreek die aanpassings van blomme vir bestuiwing deur wind en insekte.

                                                                    Inhoud:        (17)
                                                                    Sintese:        (3)

 LET WEL:      Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
               vloeidiagramme, diagramme of tabelle nie.

                                                     TOTAAL AFDELING C:             20
                                                         GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans-docx/6bfde4c0-705a-4366-b519-da158a210651) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020-afrikaans/548b157e-3fe2-429d-945d-ed753014122b) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/5c136a7a-ccf7-4459-99cd-5fb4f04747c4) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-memo-gr11-nov-2018-afrikaans/7839a03f-5438-4e0c-801b-89ccb1dd7577) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/56b8976d-2a83-4671-af07-a62c8516e9ab) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR11 NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr11-nov2020-afrikaans/5e572d25-3d0e-49c1-b07e-e8046386defb) — Life Sciences · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Memo · 2025 · Afr
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Memo · 2024 · Afr
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/16f6b3c9-ef72-40fd-8904-5ab062f8ed6e) — QP + Memo · 2024

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
