# Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-june-2024-afrikaans/0fd591cc-dd34-4812-bba6-941ea3277c92
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-june-2024-afrikaans/0fd591cc-dd34-4812-bba6-941ea3277c92)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIORSERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                              JUNIE 2024

                  LEWENSWETENSKAPPE

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

                     Hosted by www.ecexams.co.za

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            LEWENSWETENSKAPPE                               (EC/JUNIE 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.    ALLE tekeninge MOET in potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
      swart ink.

7.    Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer daarvoor gevra
      word.

8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

9.    MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.   Jy moet ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en ŉ passer gebruik,
      waar nodig.

11.   Alle berekeninge moet tot TWEE desimale spasies afgerond word.

12.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                            LEWENSWETENSKAPPE                                       3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
        die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
        (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

        1.1.1     Selle wat in enige tipe selle kan differensieer word … genoem.

                  A      geslagselle
                  B      dogterselle
                  C      stamselle
                  D      haploïede selle

        1.1.2     Watter EEN van die volgende prosesse is verantwoordelik vir die
                  vervaardiging van manlike gamete?

                  A      Spermatogenese
                  B      Oögenese
                  C      Ejakulasie
                  D      Ovulasie

        1.1.3     Die onderstaande diagram toon ŉ manlike en vroulike vis tydens
                  voortplanting. Die vroulike vis stel honderde eierselle in die water vry.
                  Die mannetjievis swem naby en laat sy sperm oor die eiers vry. Die
                  bevrugte eiers heg aan waterplante.

                                   mannetjie

                      wyfie
                                                                           sperm

                                                          eiers
                                                          elle

                                                       Eiers

                  Die voortplantingstrategieë wat hierbo voorgestel word, is ...

                  A      uitwendige bevrugting en viviparie.
                  B      vroegselfstandige ontwikkeling en ovoviviparie.
                  C      inwendige bevrugting en oviparie.
                  D      uitwendige bevrugting en oviparie.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 LEWENSWETENSKAPPE                             (EC/JUNIE 2024)

      1.1.4    Die funksie van die chorion in die amniotiese eier is om …

               A     voorsiening vir gaswisseling in die eier te maak.
               B     temperatuur in die eier te beheer.
               C     voedingstowwe vir die ontwikkelende embrio te voorsien.
               D     stikstofafval van die ontwikkelende embrio te versamel.

      1.1.5    Die onderstaande tabel toon die anti-kodons van oRNS (tRNA) wat
               kodeer vir verskillende aminosure wat in menslike proteïen voorkom.

                              ANTI-KODONS VAN               AMINOSURE
                                oRNS (tRNA)
                                    CAA                        Valien
                                    CCC                        Glisien
                                    KGE                        Alanien
                                    AAA                     Fenielalanien
                                    UCG                      Asparagien
                                    UAC                       Metionien
                                    GGU                        Prolien
                                    AGC                      Triptofaan
                                    UCA                        Serien

               Wat is die ooreenstemmende aminosuur vir die DNA-basis drietal TCG?

               A     Alanien
               B     Triptofaan
               C     Serien
               D     Asparagien

      1.1.6    Die onderstaande diagram verteenwoordig drie fases van meiose.

                                           Fases van meiose

               Die korrekte volgorde van die fases is ...

               A     1, 2 en 3.
               B     2, 3 en 1.
               C     1, 3 en 2.
               D     2, 1 en 3.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                        LEWENSWETENSKAPPE                                      5

      1.1.7       Die perifere senuweestelsel bestaan uit ...

                  A    motoriese en sensoriese neurone.
                  B    simpatiese en parasimpatiese senuweestelsels.
                  C    kraniale en spinale senuwees.
                  D    interneurone.

      VRAE 1.1.8 EN 1.1.9 VERWYS NA DIE INLIGTING HIERONDER.

      By ertjieplante is geel saadkleur (Y) dominant oor groen saadkleur (y). Gladde
      saadtekstuur (S) is dominant oor gerimpelde saadtekstuur (s).
      ŉ Student het ŉ plant met geel, gerimpelde sade gekruis met ŉ plant wat groen
      gladde sade gehad het.

      1.1.8       Watter EEN van die volgende toon moontlike allele teenwoordig in ŉ
                  gameet wat deur die plant met geel gerimpelde sade geproduseer
                  word?

                  A    YYss
                  B    yySS
                  C    yS
                  D    Ys

      1.1.9       Watter EEN van die volgende is ŉ moontlike voorstelling van die
                  genotipes van die P1-generasie?

                  A    YYSS x yyss
                  B    Yyss x yySs
                  C    YYSS x yySs
                  D    Yyss x YySs

      1.1.10      Watter EEN van die volgende monohibriede kruisings sal ŉ
                  fenotipiese verhouding van 1 : 1 tot gevolg hê?
                  ŉ Kruising waar ...

                  A    albei ouers heterosigoties is.
                  B    een ouer heterosigoties en die ander ouer homosigoties dominant
                       is.
                  C    een ouer heterosigoties en die ander ouer homosigoties resessief
                       is.
                  D    beide ouers homosigoties vir die dominante eienskap is.
                                                                                (10 x 2)   (20)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             LEWENSWETENSKAPPE                                  (EC/JUNIE 2024)

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf
      slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      1.2.1     ŉ Genetiese afwyking wat deur            die   afwesigheid    van     ŉ
                bloedstollingsfaktor gekenmerk word

      1.2.2     Die fase van meiose waartydens homoloë chromosome skei en na
                teenoorgestelde pole begin beweeg

      1.2.3     Die defek in seldeling wat tot Down-sindroom lei

      1.2.4     Die struktuur wat bestaan uit chromatiede wat deur ŉ sentromeer
                verbind word

      1.2.5     Die struktuur in die sel wat vir die vervaardiging van spoelvesels
                tydens meiose verantwoordelik is

      1.2.6     ŉ Siekte wat deur die afbreek van die miëlienskede gekenmerk word

      1.2.7     ŉ Oogdefek wat veroorsaak word wanneer die lens nie plat genoeg
                kan word om die lig op die retina te fokus nie

      1.2.8     Die struktuur wat die senuwee-impuls vanaf die koglea na die
                serebrum gelei

      1.2.9     Die hormoon wat vir vroulike sekondêre eienskappe verantwoordelik
                is

      1.2.10    Die vloeistof wat vir die beheer van die temperatuur van die
                ontwikkelende menslike fetus verantwoordelik is
                                                                      (10 x 1)             (10)

1.3   Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM Ι van toepassing is op SLEGS
      A, SLEGS B, BEIDE A en B, of GEENEEN van die items in KOLOM ΙΙ nie.
      Skryf slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommers
      (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                KOLOM I                                 KOLOM II
      1.3.1    Oorkruising            A:     Genetiese variasie
                                      B:     Toename in aantal chromatiede
      1.3.2    Hipotalamus            A:     Beheer asemhaling
                                      B:     Beheer temperatuur
      1.3.3    Progesteroon           A:     Vorming van corpus luteum
                                      B:     Inhibeer die afskeiding van LH
                                                                                (3 x 2)     (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                       LEWENSWETENSKAPPE                                       7

1.4     Die onderstaande diagram stel ŉ refleksboog voor.

        1.4.1     Gee slegs die LETTER van die deel wat die … voorstel.

                  (a)   effektor                                                            (1)

                  (b)   interneuron/verbindingsneuron                                       (1)

                  (c)   sensoriese neuron                                                   (1)

        1.4.2     Gee die LETTER en NAAM van die neuron in die diagram wat
                  waarskynlik beskadig is, as ŉ persoon die hitte van die kers se vlam
                  kan voel, maar nie in staat is om hul hand weg te beweeg nie.             (2)

        1.4.3     Noem of die senuwee-impuls van D na E of van E na D beweeg.               (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             LEWENSWETENSKAPPE                             (EC/JUNIE 2024)

1.5 Die onderstaande diagramme stel die oog voor.

     1.5.1   Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

             (a)     Saamtrek om die vorm van die lens te verander                     (2)

             (b)     Die hoeveelheid lig wat die oog binnegaan beheer                  (2)

             (c)     Deur die konjunktiva beskerm word                                 (2)

     1.5.2   Bestudeer DIAGRAM 1 en DIAGRAM 2. Watter proses is vir die
             verandering in die vorm van deel E verantwoordelik?                       (1)

     1.5.3   Watter diagram (1 of 2) verteenwoordig die toestand van die oog
             wanneer ŉ persoon ŉ boek lees?                                            (1)

                                                           TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                        LEWENSWETENSKAPPE                                       9

AFDELING B

VRAAG 2

2.1 Hieronder is ŉ skets deur Francis Crick van die struktuur van DNS/DNA.

      2.1.1       Gee die naam van die wetenskaplike wat saam met Francis Crick
                  gewerk het om die struktuur van DNS/DNA te ontdek.                          (1)

      2.1.2       Beskryf die struktuur van DNS/DNA wat in die skets hierbo getoon word.      (1)

      Monsters van ŉ siek persoon het twee verskillende soorte nukleïensure in hul
      selle getoon – beide hul menslike DNS/DNA en die RNS/RNA van virale
      nukleïensure. Die resultate van die persentasie stikstofbasisse vir die
      nukleïensure in die monsters word in die tabel hieronder getoon.

                                              STIKSTOFBASIS
        MONSTER             A           T            G             C           U
              1             21          21           29           29
              2             24          0            36           27           13

      2.1.3       Watter monster (1 of 2), bevat die menslike DNS/DNA?                        (1)

      2.1.4       Verduidelik EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 2.1.3.                       (2)

      2.1.5       Teken ŉ eenvoudige diagram met byskrifte om die komponente te toon
                  waaruit EEN nukleotied in DNA/DNS bestaan.                                  (3)

      2.1.6       Tabuleer EEN manier waarop ŉ RNS/RNA-nukleotied in struktuur van ŉ
                  DNS/DNA-nukleotied verskil.                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
  10                                           LEWENSWETENSKAPPE                                   (EC/JUNIE 2024)

2.2    In die 1960's is ŉ insekdoder, DDT, wyd gebruik om insekplaagbevolkings te beheer.

       Die onderstaande grafiek toon die aantal muskiete van 2 fenotipes:
       - Diegene wat bestand teen DDT is
       - Diegene wat nie bestand is teen DDT nie
                           100
                                                                           Nie-bestand   Bestand
                           90

                           80

         Aantal muskiete
                           70

                           60

                           50

                           40

                           30

                           20

                           10

                            0
                                    1965      1966      1967        1968        1969     1970

                                 Bespuiting begin    Jaar      Bespuiting gestaak

       Wetenskaplikes het hierdie data vanaf 1965 ingesamel, toe DDT die eerste keer
       gebruik is, tot 1970. Bespuiting met DDT is in 1968 gestaak. Wetenskaplikes het
       bevind dat weerstandbiedende muskiete ŉ enkele mutasie in die geen genaamd
       GSTe2 het. Hierdie mutasie maak dat insekte ŉ proteïen produseer wat die afbreek
       van DDT help sodat dit nie meer giftig is nie. Dit beteken dat die muskiet kan oorleef
       deur die gif in nie-giftige stowwe af te breek.
       Die normale DNS/DNA-segment en die gemuteerde DNS/DNA -segment in die
       GSTe2-geen word hieronder getoon:

                                                                     Normale DNS/DNA

                                                                 Gemuteerd vir weerstand

       2.2.1                 Skryf die volgorde van die bRNS/mRNA-string wat deur die ‘Normale
                             DNS/DNA’ geproduseer word.                                                              (2)
       2.2.2                 Beskryf die proses waartydens die ‘Normale DNS/DNA’-string na
                             bRNS/mRNA getranskribeer word.                                                          (4)
       2.2.3                 Verduidelik hoe hierdie mutasie die weerstand teen DDT in muskiete tot
                             gevolg gehad het.                                                                       (4)
  Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                      LEWENSWETENSKAPPE                                     11

2.3     Die onderstaande diagram toon sommige van die veranderinge wat tydens die
        menstruele siklus plaasvind.

           Ovariale
            siklus

           Uteriene
            siklus

           Dag        0                         14                                 28

        2.3.1     Die menstruele siklus word deur hormone beheer. Noem EEN
                  hormoon wat tussen dag 2 en dag 10 in vlakke sal toeneem.                 (1)

        2.3.2     Gee EEN waarneembare rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.1.                (1)

        2.3.3     Verduidelik die bewyse uit die diagram wat aandui dat bevrugting
                  plaasgevind het.                                                          (3)

        2.3.4     Beskryf die ontwikkelingsveranderinge in die bevrugte ovum totdat
                  inplanting in die uterus plaasvind.                                       (6)

        2.3.5     Sommige dames gebruik ŉ ovulasiemonitor sodat hulle bewus kan
                  wees van die dae wanneer hulle vrugbaar is. Hierdie monitors meet die
                  vlak van hormone in die bloed.

                  Verduidelik watter hormoon waarskynlik deur die ovulasiemonitor
                  gemonitor sal word.                                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            LEWENSWETENSKAPPE                                     (EC/JUNIE 2024)

2.4 Lees die inligting hieronder.

     Die Amerikaanse kastaiingboom groei in die woude in Amerika. Sy neute verskaf
     voedsel vir mense, habitat vir wilde diere, vrugte as voedsel vir wilde diere en is
     ook ŉ waardevolle bron van hout. Daar was vroeër sowat 4 miljard Amerikaanse
     kastaiingbome, maar vandag groei net ŉ paar in die woude. Die bome word
     bedreig deur ŉ swamsiekte genaamd roes.

     Wetenskaplikes het probeer om roesbestande kastaiings te skep. Hulle het ŉ
     geen van koring genaamd O1 in die boom se genoom ingevoeg. Die geen
     kodeer vir die ensiem wat die boom teen roes beskerm.

     Die onderstaande diagram toon die proses               wat    gebruik   word     om
     weerstandbiedende kastaiingbome te skep.

     2.4.1   Noem die tegnologie wat gebruik word om die weerstandbiedende
             Amerikaanse kastaiingboom te produseer.                                           (1)

     2.4.2   Verduidelik EEN manier hoe die afname in Amerikaanse kastaiingbome
             die biodiversiteit van die woud sal beïnvloed.                                    (2)

     2.4.3   Beskryf in jou eie woorde hoe die DNS/DNA van bakterieë verander kan
             word.                                                                             (5)

     2.4.4   Beskryf hoe die gemodifiseerde kastaiingbome ŉ negatiewe uitwerking
             op die omgewing kan hê.                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                        LEWENSWETENSKAPPE                                     13

2.5 Die onderstaande diagram verteenwoordig twee fases van meiose.

                     DIAGRAM A                            DIAGRAM B

      2.5.1       Identifiseer die fase wat deur DIAGRAM B voorgestel word.                  (1)

      2.5.2       Beskryf die gebeure in die fase wat op DIAGRAM A volg.                     (3)

      2.5.3       Noem EEN plek in die menslike vrou waar meiose plaasvind.                 (1)
                                                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 LEWENSWETENSKAPPE                                (EC/JUNIE 2024)

VRAAG 3

3.1 Menkes-sindroom word deur ŉ geslagsgekoppelde afwyking veroorsaak. Dit
    word veroorsaak deur ŉ mutasie in die geen wat kodeer vir ŉ proteïen genaamd
    ATP7A, wat vir die vervoer van koper in selle verantwoordelik is. Simptome sluit
    in hare wat maklik breek, ŉ verlies aan vroeë ontwikkelings vaardighede, swak
    spiertonus, slap gelaatstrekke, aanvalle en agteruitgang van die senuweestelsel.

                                    1            2

             3                 4    5            6           7              8

        9                 10        11           12          13             14
                                                                     XRXR

                                                                  Normale vrou
      15                  16
                                                                  Normale man

                                                                  Man met Menkes-
                                                                  sindroom

     3.1.1       Noem die tipe diagram wat hierbo getoon word.                                 (1)

     3.1.2       Definieer ŉ geslagsgekoppelde afwyking.                                       (1)

     3.1.3       Hoeveel generasies word in die diagram getoon?                                (1)

     3.1.4       Is Menkes-sindroom resessief of dominant?                                     (1)

     3.1.5       Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 3.1.4.                                   (3)

     3.1.6       Deur die simbole XR en Xr te gebruik, verskaf die genotipes van die
                 volgende individue:

                 (a)   Individu 2                                                              (1)

                 (b)   Individu 5                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/JUNIE 2024)                            LEWENSWETENSKAPPE                                   15

      3.1.7        Gebruik ŉ genetiese kruising om die kanse te toon dat die volgende kind
                   gebore uit individue 13 en 14 (XRXR) met Menkes-sindroom gebore sal
                   word.                                                                        (6)

      3.1.8        Verduidelik hoekom dit meer algemeen is dat seuns aan Menkes-
                   sindroom as meisies ly.                                                      (2)

3.2   Die diagram hieronder verteenwoordig ŉ deel van die menslike oor.

                                                      A

                                                                                 B

                                                                                 C

                                                                                 D

                                        G             F      E

      3.2.1        Verskaf byskrifte vir dele wat … gemerk is.

                   (a)    D                                                                     (1)

                   (b)    E                                                                     (1)

      3.2.2        Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

                   (a)    Verantwoordelik is om klankgolwe na die middeloor te rig.             (2)

                   (b)    Reseptorselle bevat wat verandering in die rigting van die kop
                                                                                                (2)
                          waarneem.

      3.2.3        Lees die uittreksel hieronder.

                   Gom-oor is ŉ toestand waar vloeistof in jou middeloor ophoop en dik en
                   taai word. Dit is algemeen by jong kinders en kom dikwels voor na ŉ
                   verkoue of ŉ oorinfeksie.
                   Gom-oor kan gehoorverlies veroorsaak.
                   Die vloeistof kan vanself opklaar sonder behandeling, maar dit kan tot 3
                   maande neem. As die vloeistof nie opklaar nie, kan dit behandel word met
                   klein buisies wat grommets genoem word wat help om die vloeistof te
                   dreineer.

                   (a)   Verduidelik hoe gom-oor tot gehoorverlies lei.                         (4)

                   (b)   In watter deel van die oor word ŉ grommet geplaas?                     (1)
 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                           LEWENSWETENSKAPPE                               (EC/JUNIE 2024)

3.3 Verwys na die diagram hieronder.

     3.3.1   Gee die naam van die dele gemerk:

             (a)     C                                                                  (1)

             (b)     D                                                                  (1)

     3.3.2   Gee die funksie van deel B.                                                (2)

     3.3.3   Gee die LETTER en NAAM van die deel wat waarskynlik beskadig sou
             word as ŉ persoon gehoorverlies na ŉ motorongeluk ly.                      (2)

     3.3.4   ŉ Breingewas is ŉ massa óf die groei van selle in die brein wat die
             normale funksionering van die brein kan beïnvloed.

             ŉ Jong meisie word hospitaal toe geneem omdat sy ŉ verlies aan balans
             en fyn motoriese vaardighede ervaar. Sy word met ŉ breingewas
             gediagnoseer.

             Verduidelik in watter area van die brein groei die gewas.                  (3)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024)                          LEWENSWETENSKAPPE                                       17

3.4 Anaboliese Androïd-steroïede (AAS) word wyd deur atlete gebruik om spierkrag,
    vorm en prestasie te verkry. Daar is ŉ toename in atlete wat AAS gebruik en
    kommer is geopper dat AAS manlike vrugbaarheid kan beïnvloed.

      Wetenskaplikes wou die effek van AAS op manlike vrugbaarheid ondersoek.

      Die studie is op 90 mans uitgevoer wat in drie groepe verdeel is:
      • 30 gesonde manlike atlete wat AAS gebruik het
      • 30 gesonde manlike atlete wat nie AAS gebruik het nie
      • 30 gesonde mans wat nie aan sport deelgeneem het nie en nie AAS gebruik
         het nie

      Hul spermtelling per mℓ is gemeet om vrugbaarheid te bepaal.
      ŉ Hoë spermtelling dui aan dat ŉ man meer vrugbaar is.

                                                  GEMIDDELDE          TESTOSTEROON-
        GROEP              BEHANDELING           SPERMTELLING          KONSENTRASIE
                                                 (miljoen per mℓ)         (ng/mℓ)
                        Atlete wat AAS
            A                                         11,87                2,22
                        geneem het
                        Atlete wat nie AAS
            B                                         47,46                5,55
                        geneem het nie
                        Nie-sportgroep wat nie
            C                                          48,1                5,74
                        AAS geneem het nie

      3.4.1       Hoekom neem atlete AAS?                                                        (1)

      3.4.2       Gee die:

                  (a)     Afhanklike veranderlike                                                (1)

                  (b)     Onafhanklike veranderlike                                              (1)

      3.4.3       Gee TWEE maniere waarop die wetenskaplikes die geldigheid van
                  hierdie ondersoek kon verbeter het.                                            (2)

      3.4.4       Waarom is groep B by die ondersoek ingesluit?                                  (3)

      3.4.5       Verduidelik die verband tussen spermtelling en testosteroonvlakke.             (3)

      3.4.6       Verduidelik nog EEN faktor wat spermproduksie by mans kan verminder.          (2)
                                                                                               [50]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:          100
                                                                        GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f) — Life Sciences · QP · 2015 · Afr
- [LIFE SCIENCES GR12 MEMO JUNE2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-gr12-memo-june2023-afrikaans/13160f50-20e6-4826-ae63-e352a478afd3) — Life Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans/7cca7322-63ed-4fb0-a67b-5df57d647597) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
