# Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2017

                  LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                                  *LFSCA2*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               LEWENSWETENSKAPPE V2                     (EC/SEPTEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 5.     Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

 6.     ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
        swart ink.

 7.     Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra
        word.

 8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
        geteken NIE.

 9.     MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
        waar nodig.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)            LEWENSWETENSKAPPE V2                                          3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
     Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
     vraagnommer (1.1.1–1.1.10 ) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
     1.1.11 D.

       1.1.1    Tydens watter fase van meiose skei homoloë chromosome?

                A      Metafase I
                B      Anafase I
                C      Anafase II
                D      Telofase II

       1.1.2    ŉ Kodon is ŉ reeks van drie nukleotiede op ŉ … -molekuul.

                A      rRNA
                B      mRNA
                C      tRNA
                D      DNA/DNS

       1.1.3    Watter van die volgende onderskei profase 1 van meiose, van profase
                tydens mitose?

                A      Homoloë chromosome paar met mekaar
                B      ŉ Spoel vorm
                C      Die kernmembraan breek op
                D      Chromosome word sigbaar

       1.1.4    Wetenskaplikes het die liggaam van ŉ wollerige mammoet uit die
                bevrore grond in Siberië opgegrawe. Die DNA/DNS-volgorde van die
                wollerige mammoet was baie soortgelyk aan die DNA/DNS-volgorde
                van die Afrika-olifant. Watter een van die volgende is ŉ gevolgtrekking
                vir hierdie data?

                A      Die wollerige mammoet en die Afrika-olifant het ŉ
                       gemeenskaplike voorouer
                B      Die wollerige mammoet is nie verwant aan die Afrika-olifant nie
                C      Die wollerige mammoet het dieselfde chromosoomgetal as die
                       Afrika-olifant
                D      Die wollerige mammoet en die Afrika-olifant behoort as dieselfde
                       spesie geklassifiseer te word

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               LEWENSWETENSKAPPE V2                     (EC/SEPTEMBER 2017)

        1.1.5   Die analise van DNA/DNS het getoon dat dit 14% T (timien) bevat.
                Watter persentasie van die molekuul is sitosien?

                A      14%
                B      28%
                C      36%
                D      72%

        1.1.6   Watter een van die volgende stellings is ŉ korrekte beskrywing van
                ŉ hipotese en ŉ teorie?

                A      ŉ Aanvaarde teorie word ŉ hipotese
                B      ŉ Aanvaarde hipotese word ŉ teorie
                C      Hipoteses en teorieë is verskillende name vir dieselfde konsep
                D      Teorieë kan eksperimenteel getoets word, terwyl hipoteses nie
                       kan nie

        1.1.7   ŉ Ekstra vinger by die mens is raar, maar word veroorsaak deur ŉ
                dominante geen. Wanneer een ouer normaal is en die ander ouer ŉ
                ekstra vinger het, maar homosigoties is vir die eienskap, wat is die
                kans dat hul kinders normaal sal wees?

                A      0%
                B      25%
                C      50%
                D      75%

        1.1.8   Watter EEN van die volgende is ŉ korrekte beskrywing van die
                ploïedie en die aantal selle wat aan die einde van meiose
                geproduseer word?

                               PLOÏEDIE                     AANTAL SELLE
                A               haploïed                        twee
                B               haploïed                         vier
                C               diploïed                        twee
                D               diploïed                         vier

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)           LEWENSWETENSKAPPE V2                                         5

        1.1.9     Wetenskaplikes wat ŉ groep van vier eilande P, Q, R en S besoek
                  het, het soortgelyke spinnekoppe op elke eiland gevind. Hulle het
                  ondersoeke uitgevoer om vas te stel of die spinnekoppe van die
                  verskillende eilande aan dieselfde spesie behoort.

                  Die resultate verskyn in die onderstaande tabel ( toon suksesvolle
                  inteling. X toon onsuksesvolle inteling)

                                          Spinnekoppe van

                                         P       S        R       S
                                 P                      X       X
                                 Q                      X       X
                                 R       X       X               X
                                 S       X       X        X       

                  Watter twee bevolkings behoort aan dieselfde spesie?

                  A     Q en R
                  B     R en S
                  C     Q en S
                  D     P en Q

        1.1.10 ŉ Sekere geen in ŉ bakterie kodeer vir ŉ polipeptied wat uit 120
               aminosure bestaan. Hoeveel mRNA-nukleotiede is nodig om hierdie
               polipeptied te kodeer?

                  A     30
                  B     40
                  C     360
                  D     480                                                  (10 x 2)    (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   LEWENSWETENSKAPPE V2                    (EC/SEPTEMBER 2017)

 1.2    Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende
        beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10)
        in die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.2.1        Die analise van DNA/DNS monsters om individue of
                     verwantskappe tussen individue te identifiseer

        1.2.2        Die stikstofbasis wat in RNA aangetref word, maar nie in
                     DNA/DNS nie

        1.2.3        Die verdeling van die sitoplasma nadat ŉ selkern verdeel het

        1.2.4        Die organel waar proteïensintese plaasvind

        1.2.5        ŉ Suiker wat ŉ komponent van DNA/DNS is

        1.2.6        Die bewaarde oorblyfsels van antieke organismes

        1.2.7        Verskillende vorme van ŉ geen

        1.2.8        Die dood van die laaste individu van ŉ spesie

        1.2.9        ŉ Gesig met prominente kake

        1.2.10       Posisie van ŉ geen op ŉ chromosoom                         (10 x 1)     (10)

 1.3    Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
        SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
        KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs
        die vraagnommer (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM I                                KOLOM II
        1.3.1        Bewys van evolusie         A:    Biogeografie
                                                B:    Modifikasie deur afstamming
        1.3.2        Identiese allele vir ŉ     A:    Homosigoties
                     eienskap                   B:    Heterosigoties
        1.3.3        Ontdekking van             A:    Mendel
                     DNA/DNS                    B:    Darwin
                                                                               (3 x 2)        (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)          LEWENSWETENSKAPPE V2                                           7

 1.4    Die tabel hieronder toon sommige van die gebeure wat tydens
        proteïensintese plaasvind.

          A     tRNA-molekules bring spesifieke aminosure na die mRNA-molekule

          B     RNA-nukeotiede heg aan DNA/DNS-templaat en vorm ŉ mRNA-
                molekuul

          C     Die twee stringe van ŉ DNA/DNS-molekule skei van mekaar

          D     Peptiedbindings vorm tussen die aminosure

          E     Die mRNA-molekule verlaat die kern

          F     Die mRNA-molekuul heg aan ŉ ribosoom

        1.4.1    Skryf die letters in die korrekte orde om die volgorde van gebeure
                 tydens proteïensintese te wys, begin met die vroegste.                    (2)

        1.4.2    In watter deel van ŉ sel vind C plaas?                                    (1)

        1.4.3    Kies uit die letters (A–F) enige EEN gebeurtenis wat by translasie
                 betrokke is.                                                              (3)

        1.4.4    Die tabel hieronder toon sommige mRNA-kodons en die aminosure
                 waarvoor hulle kodeer.

                                    .mRNA kodon Aminosuur

                                         GUU              Valien

                                         CUU              Leusien

                                         GCC              Alanien

                                         AUC          Isoleusien

                                         GAA       Glutamiensuur

                                         ACC          Treonien

                 Gee die DNA/DNS-basisvolgorde vir threonine kodes.                        (1)

        1.4.5    ŉ tRNA-molekule het die anticodon-GAA. Watter aminosuur dra die
                 tRNA-molekule?                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                         LEWENSWETENSKAPPE V2                      (EC/SEPTEMBER 2017)

 1.5    Muise kan wit pels of swart pels hê. Die diagram toon die oorerwing van
        pelskleur by muise.

                       1              2                  3         4

                 5         6       7        8        9        10    11 12

                                 13        14   15       16

                KEY:            vroulik met wit pels               vroulik met swart pels

                                manlik met wit pels                manlik met swart pels

        1.5.1    Wat word hierdie diagram genoem?                                                    (1)

        1.5.2    Hoeveel stelle ouers word deur hierdie diagram verteenwoordig?                      (1)

        1.5.3    Gee die fenotipe:

                 (a)       Wat dominant is                                                           (1)

                 (b)       Van individu 9                                                            (1)

        1.5.4    Gebruik die letter A vir die dominante allele en a vir die resessiewe
                 allele om die genotipe te gee van:

                 (a)       8                                                                         (1)

                 (b)       16                                                                        (1)

                                                                        TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)             LEWENSWETENSKAPPE V2                                        9

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    Die onderstaande diagram is ŉ voorstelling van die chromosome in ŉ
        menslike sel.

        2.1.1    Hoeveel outosome is in hierdie sel?                                       (1)

        2.1.2    Die individu is vroulik. Verduidelik waarom hierdie afleiding gemaak
                 is?                                                                       (1)

        2.1.3    Watter bewyse is daar om te toon dat hierdie individu ŉ genetiese
                 afwyking het?                                                             (1)

        2.1.4    Identifiseer die genetiese afwyking in VRAAG 2.1.3 genoem.                (1)

        2.1.5    Noem die proses wat tot hierdie genetiese afwyking gelei het.             (1)

 2.2    Beskryf die proses waartydens ŉ kopie van ŉ DNA/DNS-molekuul gemaak
        word.                                                                              (7)

 2.3    Mense het verskillende bloedgroepe waarvoor daar gekodeer word deur ŉ
        aantal allele.

        Mary het die genotipe IA i en haar seun Joseph het bloedgroep AB.

        2.3.1         Hoeveel allele kodeer vir bloedgroepe?                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/SEPTEMBER 2017)

        2.3.2   Gee:

                (a)     Mary se bloedgroep                                                     (1)

                (b)     Joseph se genotipe                                                     (1)

                (c)     Al die moontlike genotipes van Joseph se pa                            (3)

 2.4    In katte is die allele vir kort hare (H) dominant oor die allele vir lang hare (h).

        ŉ Heterosigotiese korthaar kat word met ŉ langhaar kat. gekruis
        Gebruik ŉ genetiese kruising om die persentasie kans te bepaal dat die
        nageslag heterosigoties vir haarlengte sal wees.                                       (6)

 2.5    Die Europese Mielieboorder (EMB)-wurm is ŉ pes wat die mielie-opbrengs
        op plase verminder. Die grond-bakterie Bacillus thuringiensis (Bt) bevat ŉ
        geen wat ŉ gif produseer wat die EMB-wurm doodmaak. In ŉ poging om die
        EMB-wurm te beheer, het wetenskaplikes die Bt-gifgeen in ŉ mielieplant
        geïnkorporeer (ingebou) wat gelei het tot mielieplante wat dieselfde gif
        vervaardig.

        Hulle wou vasstel of die gebruik van Bt-mielies die opbrengs van die gewas
        sou verhoog.

        Die wetenskaplikes het die ondersoek as volg uitgevoer:

           Hulle het Bt-mielies in een landery, en nie-Bt-mielies in ŉ ander landery
            aangeplant
            (Die omgewingstoestande vir beide landerye was presies dieselfde.)
         Die Europese mielieboorder is in beide landerye losgelaat
         Die plante is toegelaat om te groei en is na ŉ tydperk van vyf maande
            geoes
         Die gemiddelde opbrengs van die plante is opgeteken
         Die eksperiment (ondersoek) is vier keer herhaal en ŉ gemiddelde is
            bereken
        Die resultate word in die onderstaande tabel getoon:

        TABEL WAT DIE GEMIDDELDE OPBRENGS VAN VERSKILLENDE
        MIELIEPLANTVARIËTEITE TOON
                              Gemiddelde opbrengs van gewas
                                  (mandjies per hektaar)
        Mielie variteit                 Met EMB
        Nie-Bt                             146
        Bt-mielies                         158

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)               LEWENSWETENSKAPPE V2                                       11

        2.5.1         Noem die proses waardeur die Bt-geen in die mielies geplaas
                      word om Bt-mielies te maak.                                             (1)

        2.5.2         Noem die hipotese vir hierdie ondersoek.                                (2)

        2.5.3         Noem die:

                      (a)   Onafhanklike veranderlike                                         (1)

                      (b)   Afhanklike veranderlike                                           (1)

        2.5.4         Beskryf EEN manier waarop die betroubaarheid in hierdie
                      ondersoek verseker is.                                                  (1)

        2.5.5         Gee die gevolgtrekking van hierdie ondersoek.                           (2)

        2.5.6         Verduidelik EEN voordeel vir ŉ boer om Bt-mielies te gebruik.           (2)

        2.5.7         Op dieselfde assestelsel, teken ŉ staafgrafiek om die gemiddelde
                      opbrengs van die twee mielieplantvariëteite te toon.                    (6)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             LEWENSWETENSKAPPE V2                     (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 3

 3.1 Gebruik die onderstaande diagramme fases wat ŉ selsiklus verteenwoordig
     om die volgende vrae te beantwoord.

      3.1.1    Noem die proses wat deur die bostaande diagramme voorgestel
               word.                                                                      (1)

      3.1.2    Gee TWEE redes vir jou antwoord in VRAAG 3.1.1.                            (2)

      3.1.3    Identifiseer die fases gemerk C en D.                                      (2)

 3.2 ŉ Insekbevolking is vanaf 1995 tot 1998 met ŉ insekdoder behandel. Die
     persentasie wat bestand was teen die insekdoder is bereken.

      Die data word in die onderstaande tabel getoon.

          PERSENTASIE VAN INSEKBEVOLKING WAT BEESTAND IS TEEN
                               INSEKDODER
      Eienskap                Persentasie van   Persentasie van
                              bevolking 1995    bevolking 1998
      Bestand                       0,1              99,1
      Nie bestand nie              99,85              0,9

      3.2.1    Beskryf die veranderinge in die insekbevolking tussen 1995 en 1998.        (3)

      3.2.2    Verduidelik hoe natuurlike seleksie insekdoder weerstandigheid in
               hierdie bevolking veroorsaak het.                                          (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)         LEWENSWETENSKAPPE V2                                         13

 3.3    Die onderstaande diagram toon 'n evolusionêre proses wat het in ŉ
        salamanderbevolking in die Sentrale Vallei in Kalifornië plaasgevind.
        Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg. Die proses het,
        miljoene jare gelede, geleidelik plaasgevind.

                  OORSPRONKLIKE BEVOLKING

                 SPESIE A                                      SPESIE B

        3.3.1    Watter evolusionêre proses word in die bostaande diagram
                 geïllustreer?                                                           (1)

        3.3.2    Gebruik die diagram om te verduidelik hoe die nuwe Spesie B uit
                 die oorspronklike bevolking ontwikkel het.                              (6)

        3.3.3    Verduidelik waarom hierdie nie ŉ voorbeeld van gepunte ewewig is
                 nie.                                                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            LEWENSWETENSKAPPE V2                    (EC/SEPTEMBER 2017)

3.4 Die volgende diagramme toon die pelvis en skedels van drie organismes,
    Australopithecus, ŉ gorilla en ŉ moderne mens in geen spesifieke volgorde.

     3.4.1   Gee slegs die nommer van die skedel wat by die pelvis pas:

             (a)      A                                                                     (1)

             (b)      B                                                                     (1)

             (c)      C                                                                     (1)

     3.4.2   Gee die LETTER van die pelvis en die NOMMER van die skedel van die
             organisme wat vir die grootste deel van sy volwasse lewe bipedal is.           (2)

     3.4.3   Tabuleer TWEE anatomiese verskille tussen skedels 1 en 3 met
             verwysing na byskrifte X en Y.                                                 (5)

     3.4.4   Lys EEN kenmerk van die tande van skedel 3.                                    (1)

     3.4.5   Verduidelik hoe mitochondriale DNA/DNS gebruik word om die “Uit
             Afrika” hipotese te ondersteun.                                              (5)
                                                                                         [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:               80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)         LEWENSWETENSKAPPE V2                                      15

 AFDELING C

 VRAAG 4

 Beskryf die meganismes wat variasie binne in ŉ spesie veroorsaak.                    (17)
                                                                         Sintese       (3)

 LET WEL:       GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
                vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie.

                                                          TOTAAL AFDELING C:           20
                                                              GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans/7cca7322-63ed-4fb0-a67b-5df57d647597) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-sept2019-afrikaans-final/88f6122c-22ff-4c15-93fa-fe3e2368921c) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f) — Life Sciences · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
