# Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2018-afrikaans/42c0423c-e9c7-4718-ab3a-fb19a5fab733
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2018-afrikaans/42c0423c-e9c7-4718-ab3a-fb19a5fab733)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2018

                  LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.     Beantwoord AL die vrae.

 2.     Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 5.     Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

 6.     ALLE sketse moet in potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
        swart ink.

 7.     Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra
        word.

 8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
        geteken NIE.

 9.     MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
        waar nodig.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   LEWENSWETENSKAPPE V2                                    3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
     Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
     vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
     1.1.11 D.

       1.1.1    Die fase in meiose waartydens individuele sentromere verdeel, is ...

                A      anafase I.
                B      anafase II.
                C      metafase I.
                D      metafase II.

       1.1.2    Wat is ŉ biogeografie?

                A      Die studie van fossiel-organismes wat ons in staat stel om te
                       leer van vroeëre lewensvorme.
                B      Die idee dat wêreldwye rampe die wydverspreide uitsterwing
                       van spesies veroorsaak het.
                C      Die idee dat die Aarde en alle lewende dinge in hul huidige
                       vorms geskep is en onveranderlik is.
                D      Die waargenome verspreidingspatrone van spesies.

       1.1.3    ŉ Mutasie is enige verandering ...

                A      wat skadelik vir ŉ organisme is.
                B      in ŉ geen of chromosoom.
                C      wat nuttig vir ŉ organisme is.
                D      in die fenotipe van 'n sel.

       1.1.4    Die wetenskaplike wat met die wet van oorerwing van verworwe
                eienskappe vorendag gekom het, is ...

                A      Gregor Mendel.
                B      Charles Darwin.
                C      Lee Berger.
                D      Jean Baptiste de Lamarck.

       1.1.5    Watter stelling aangaande ŉ alleelpaar vir ŉ geen, wat ŉ enkele
                eienskap in die mens beheer, is waar?

                A      Albei allele kom van die vader af.
                B      Albei allele kom van die moeder af.
                C      Een alleel kom van die moeder en ŉ ander alleel kom van die
                       vader af.
                D      Die allele kom ewekansig in pare uit óf die moeder óf die vader.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             LEWENSWETENSKAPPE V2                            (EC/SEPTEMBER 2018)

      1.1.6    Hemofilie is ŉ geslagsverwante resessiewe eienskap by mense.
               Wat sal die gevolg van paring tussen ŉ normale (nie-draer) vrou en 'n
               man met hemofilie wees?

               A      Die helfte van die dogters is normaal en die helfte van die seuns
                      het hemofilie.
               B      Al die dogters is draers en al die seuns is normaal.
               C      Al die dogters is normaal en al die seuns is draers.
               D      Die helfte van die seuns is normaal, die helfte het hemofilie en al
                      die dogters is draers.

      1.1.7    Die diagram hieronder toon die kern van ŉ diploïede sel met twee pare
               homoloë chromosome.

                                                  R
                                         T
                                                       t

                                              r

               As gevolg van onafhanklike sortering, wat is die moontlike genetiese
               samestelling van gamete wat deur hierdie organisme geproduseer
               kan word?

               A      RrTt
               B      Rr, Tt
               C      R, r, T, t
               D      RT, Rt, rT, rt

      1.1.8    ŉ Geen in beeste beheer of horings ontwikkel of nie. Wanneer beeste
               sonder horings met mekaar paar, het geeneen van die nageslag
               horings nie.

               ŉ Manlike bees met horings paar met ŉ vroulike bees sonder horings.

               As die helfte van die nageslag horings het en die ander helfte het nie,
               wat is die gevolgtrekking?

               A      Die manlike individu is homosigoties dominant
               B      Die manlike individu is homosigoties resessief
               C      Die manlike individu is heterosigoties
               D      Slegs manlike individue het horings

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    LEWENSWETENSKAPPE V2                                   5

       1.1.9    Watter grafiek illustreer die verwagte verandering, in die vinkbevolking
                as die omgewing verander om klein snawels te bevoordeel, die BESTE?

                A
                                                        Nuwe
                                                        bevolking
                           Aantal
                           voëls                                    Oorspronklike
                                                                    bevolking

                                    klein        Medium     Groot
                                            SNAWELGROOTTE

                B

                          Aantal
                          voëls

                                    klein        Medium    Groot
                                             SNAWELGROOTTE

                C

                                    klein        Medium    Groot
                                             SNAWELGROOTTE

                D

                          Aantal
                          voëls

                                    klein        Medium    Groot
                                             SNAWELGROOTTE

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                LEWENSWETENSKAPPE V2                          (EC/SEPTEMBER 2018)

        1.1.10       Bestudeer die volgende lys konsepte in evolusie.

                     (i)     Ooreenkomste in proteïensintese
                     (ii)    Bewys vir evolusie
                     (iii)   Gemeenskaplike voorouers

                     Watter EEN van die volgende kombinasies kan afgelei word deur
                     die persentasie DNS tussen spesies te bestudeer?

                     A       (i), (ii) en (iii)
                     B       Slegs (i) en (ii)
                     C       Slegs (ii) en (iii)
                     D       Slegs (i) en (iii)
                                                                                 (10 x 2) (20)

 1.2    Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
        Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.9) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        1.2.1        Verskille tussen individue binne ŉ spesie

        1.2.2        Chromosome wat nie verantwoordelik is vir geslagssbepaling nie

        1.2.3        Die bewaarde oorblyfsels van antieke organismes

        1.2.4        Die verskillende vorme van ŉ geen wat vir ŉ enkele eienskap
                     kodeer

        1.2.5        ŉ Genetiese afwyking wat deur die afwesigheid van ŉ
                     stollingsfaktor gekenmerk word

        1.2.6        Die gebruik van lewende organismes en hul biologiese prosesse
                     om die kwaliteit van die menslike lewe te verbeter

        1.2.7        ŉ Diagram wat evolusionêre verhoudings tussen spesies toon

        1.2.8        ŉ Opening in primaatskedels waardeur die rugmurg beweeg

        1.2.9        Bewyse in die vroulike ‘lyn’ wat die Uit Afrika-hipotese ondersteun
                                                                                  (9 x 1)     (9)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                    7

 1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A
     EN B of GEEN van die items in KOLOM II van toepassing is nie. Skryf slegs
     A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
     (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                        KOLOM I                               KOLOM II
       1.3.1    Die belangrikheid van meiose       A:     Produksie van gamete
                                                   B:     Halvering van die
                                                          chromosoomgetal
       1.3.2    ŉ Moontlike verduideliking vir ŉ   A:     Hipotese
                waarneming wat deur ŉ              B:     Teorie
                eksperiment getoets kan word
       1.3.3    Variasie wat lei tot spesifieke    A:     Kontinue
                fenotipes                          B:     Diskontinue
                                                                                (3 x 2)     (6)
 1.4 Bestudeer die onderstaande diagram.

                               Miljoene jare gelede (mja)
                       700 600 500 400 300 200 100 0

                                                              Bakterieë
                                                              Protista
                                                              Swamme
                                                              Alge

                                                              Varings
                                                              Blomplante

                                                              Invertebrate

                                                              Vis

                                                              Amfibieë
                                                              Reptiele

                                                              Voëls

                                                              Soogdiere

 1.4 Volgens die diagram:
       1.4.1    Hoeveel miljoen jaar gelede het swamme op Aarde verskyn?                    (1)
       1.4.2    Wat was die eerste organismes wat op Aarde verskyn het?                     (1)
       1.4.3    Watter groep is die mees onlangse voorouer vir blomplante?                  (1)
       1.4.4    Watter groep het mees onlangs op Aarde verskyn?                             (1)
       1.4.5    Watter groep organismes is die naaste verwant aan die voëls?                (1)
       1.4.6    Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 1.4.5.                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 1.5 Die onderstaande diagram toon ŉ proses wat in die toekoms gebruik kan word
     om ŉ mens sonder geslagtelike voortplanting te produseer.

                Vroulike
                mens
                                     Sel P

                                                          Sel W      Embrio
               Persoon A

                         Liggaamsel

      1.5.1    Noem die proses hierbo getoon.                                            (1)

      1.5.2    Identifiseer sel P.                                                       (1)

      1.5.3    Die embrio moet in ŉ volwasse vrou geplaas word om tot ŉ kind te
               ontwikkel.

               Waar moet die embrio in die volwasse vrou geplaas word?                   (1)

      1.5.4    As hierdie tegniek by ŉ mens gebruik word, hoeveel chromosome sal
               in sel W aangetref word?                                                  (1)

      1.5.5    As hierdie proses toegelaat word om in die toekoms by/in die mens
               gebruik te word, beskryf EEN manier waarop dit vir mense voordelig
               sal wees.                                                                 (1)

 1.6 Noem VIER meganismes van reproduktiewe isolasie.                                    (4)

                                                          TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                  LEWENSWETENSKAPPE V2                                     9

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1    Die     onderstaande volgorde     verteenwoordig            ŉ   deel   van   die
        stikstofbasisvolgorde van ŉ DNS-molekuul.

                            TAS               TST                 SSA
                        basisdrietal 1    basisdrietal 2      basisdrietal 3

        2.1.1    Skryf die basisvolgorde van die antikodon van basisdrietal 1 hierbo
                 neer.                                                                        (1)

        2.1.2    Die tabel hieronder toon die aminosure wat ooreenstem met
                 verskillende mRNS-kodons.

                             mRNA kodon                    AMINOSUUR
                                AGA                          Arginien
                                AUG                         Metionien
                                GGU                           Glisien
                                AUS                         Isoleusien

                 (a)    Skryf die korrekte volgorde van die aminosure vir die DNS-
                        basisdrietalle 1 tot 3 neer.                                          (2)

                 (b)    Tydens DNA-replisering het ŉ mutasie plaasgevind op
                        basisdrietal 1 wat veroorsaak het dat S vervang word deur G.
                        Beskryf hoe hierdie mutasie die struktuur van die gevormde
                        proteïen sal beïnvloed.                                               (3)

 2.2    By konyne produseer die dominante alleel (B) swart pels en die resessiewe
        alleel (b) produseer wit pels. Bestudeer die genotipes van vier konyne.

        Konyn                  1              2                3                4
        Genotipe              BB              Bb               Bb              bb

        2.2.1    Gee die fenotipes van:
                 (a)    Konyn 2                                                               (1)
                 (b)    Konyn 4                                                               (1)
        2.2.2    Noem die genotipiese verhouding wat in die tabel hierbo getoon word.         (2)
        2.2.3    As konyne 1 en 4 met mekaar paar en 12 nakomelinge voortbring,
                 hoeveel van hierdie sou jy verwag om swart te wees?                          (1)
        2.2.4    Konyn 3 word toegelaat om met konyn 4 te teel. Gebruik 'n genetiese
                 kruising om die moontlike fenotipes en genotipes van die F1-
                 generasie vir pelskleur te toon.                                             (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            LEWENSWETENSKAPPE V2                          (EC/SEPTEMBER 2018)

 2.3 Die onderstaande diagram toon ŉ fase van meiose.

                                                               X

                                    Y

      2.3.1     Noem die dele gemerk X en Y.                                                (2)

      2.3.2     Noem die fase wat getoon word.                                              (1)

      2.3.3     Beskryf die gedrag van die chromosome tydens die fase genoem in
                VRAAG 2.3.2.                                                                (3)

      2.3.4     Verduidelik EEN belangrikheid van die gedrag van die chromosome in
                VRAAG 2.3.3.                                                                (2)

 2.4 Die onderstaande diagram toon twee spesies pistoolgarnale (A en B). Die
     garnale lewe in die vlak, tropiese see aan weerskante van Panama. Panama
     is 'n smal strook land wat vandag Noord-Amerika en Suid-Amerika met mekaar
     verbind. Dit was gevorm toe die land van onder die see opwaarts beweeg het.
     Panama skei al die afgelope 3 miljoen jaar al die Stille Oseaan en die Karibiese
     See van mekaar.

                                           Panama

              Stille Oseaan                                 Karibiese See

                Spesies A                                       Spesies B

        2.4.1    Beskryf hoe die twee spesies pistoolgarnale van 'n voorgeslagtelike
                 spesie garnale kon ontwikkel het.                                          (7)

        2.4.2    Verduidelik watter effek die proses wat jy in VRAAG 2.4.1 beskryf het
                 op die biodiversiteit van die pistoolgarnale gehad het.                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                LEWENSWETENSKAPPE V2                                     11

 2.5 Drie babas (X, Y en Z) van drie verskillende stelle ouers is in 'n hospitaal gebore.
     Twee van die babas is per ongeluk omgeruil. Bloedgroepe van die ouers was
     gebruik om te bepaal watter baba aan watter stel ouers behoort het.

       Die bloedgroepe van die ouers en die babas wat aan hulle gegee was, word in
       die tabel hieronder getoon.

                              BABAS           BLOEDGROEPE VAN OUERS EN
                                                       BABAS
                                            Moeder    Vader       Baba
       Mnr. en mev. Muko           X          B         A          A
       Mnr. en mev. Zifo           Y         AB         B          O
       Mnr. en mev. Bata           Z          O         B          AB

       2.5.1    Watter van die allele wat kodeer vir bloedgroepe is kodominant?                  (2)

       2.5.2    Watter TWEE babas (van X, Y en Z) was omgeruil?                                  (2)

       2.5.3    Aanvaar dat mnr. Muko is vir bloedgroep A heterosigoties.
                Gee die moontlike genotipe van mev. Muko wat aan baba X sal
                oorsprong gee.                                                                (2)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 3

 3.1 Die volgende diagram toon die oorerwing van ŉ bepaalde outosomale siekte
     by mense.

                                                 1           2

              3                4      5          6   7       8      9     10          11

                        12                 13                               1        15
                                                                            4
           SLEUTEL:

                        Manlik met die siekte            Manlik sonder die siekte

                        Vroulik met die siekte           Vroulik sonder die siekte

      3.1.1       Noem die tipe diagram wat hierbo voorgestel word.                           (1)

      3.1.2       Is die oorgeërfde siekte as gevolg van ŉ dominante eienskap of ŉ (1)
                  resessiewe eienskap?

      3.1.3       Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 3.1.2.                                 (2)

      3.1.4       As N die dominante alleel en n die resessiewe alleel verteenwoordig.
                  Gebruik hierdie letters om die genotipe te gee van individu:

                  (a)     1                                                                   (1)

                  (b)     12                                                                  (1)

      3.1.5       Veronderstel individu 11 het geen familiegeskiedenis van die siekte
                  nie.

                  Verduidelik die waarskynlikheid dat individu 10 en 11 ŉ kind met hierdie
                  siekte kan hê.                                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                  13

 3.2 Salmbessieplante produseer ryp vrugte wat in twee kleure voorkom, rooi en
     oranje. Hierdie vrugte word deur voëls geëet en sodoende help hulle met
     saadverspreiding.

       Voëls blyk om vrugte te kies gebaseer op kleur . Wetenskaplikes het die
       voorkeur vir rooi en oranje vrugte onder vier voëlspesies ondersoek.

       Die prosedure vir die ondersoek was soos volg:

        10 voëls van elke spesie is gevang en in aparte hokke van gelyke grootte
         geplaas
        Elke voël is van ŉ identiese, enkele petribakkie met vier stukke vars
         salmbessies, twee rooi en twee oranje, voorsien
        Die eerste keuse van vrugkleur wat deur die voël gemaak is, is aangeteken

       Die resultate word in die tabel hieronder getoon:

                                            Aantal voëls wat    Aantal voëls wat
                      Spesies
                                             rooi gekies het    oranje gekies het
       Gewone kraai                                10                   0
       Amerikaanse rooiborsie(‘robin’)              5                   5
       Swainson se lyster
       ‘Swainson’s thrush’                           7                   3
       Kluisenaars lyster(‘Hermit
       thrush’)                                      8                   2

       3.2.1    Noem die:

                (a)     Onafhanklike veranderlikes                                        (2)

                (b)     Afhanklike veranderlike                                           (1)

       3.2.2    Identifiseer TWEE faktore wat in hierdie ondersoek konstant gehou
                word.                                                                     (2)

       3.2.3    Verduidelik waarom die ondersoekers 10 voëls van elke spesie gebruik
                het in plaas van 1 voël van elke spesie.                                  (2)

       3.2.4    Bereken, as ŉ persentasie, die aantal voëls wat rooi vrugte verkies.
                Toon ALLE bewerkings.                                                     (3)

       3.2.5    Gebruik die teorie van evolusie deur natuurlike seleksie om te
                verduidelik waarom jy ŉ toename sal verwag in die
                verhouding/proporsie van salmberrieplante wat rooi vrugte produseer.      (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          LEWENSWETENSKAPPE V2                                                   (EC/SEPTEMBER 2018)

 3.3 Die grafiek hieronder toon die bestaanstyd en kraniale (skedel) kapasiteit van
     verskillende primaatspesies.

                                          Homo sapiens
                                   Homo neanderthalensis

                                                Homo erectus            kraniale (skedel) kapasiteit

                                              Homo habilis
                                      Australopithecus
                Singe
                                      africanus
                anthropoide

                      10   9   8    7 6 5 4 3 2                 1   0
                                    Miljoen jaar gelede

      3.3.1    Noem die Homo spesies wat:

               (a)    Die eerste was om uit Afrika te migreer                                                         (1)

               (b)    Bekend was as die eerste om gereedskap te gebruik.                                              (1)

      3.3.2    Hoeveel miljoen jaar gelede het Australopithecus africanus op Aarde
               verskyn?                                                                                               (1)

      3.3.3    Noem EEN tipe bewys, wat gebruik kan word, om te bevestig dat
               Australopithecus africanus op die tydstip genoem in VRAAG 3.3.2
               ontstaan het.                                                                                          (1)

      3.3.4    Een van die fossiele van Australopithecus africanus is Taung-kind.

               (a)    Noem die wetenskaplike wat die Taung-kind ontdek het.                                           (1)

               (b)    Waar is die Taung-kind ontdek?                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                LEWENSWETENSKAPPE V2                                   15

       3.3.5    Gebaseer op die diagram, gee TWEE sigbare verskille in die skedels
                van Australopithecus en Homo sapiens sapiens.                               (4)

       3.3.6    Deur gebruik te maak van data uit die grafiek, beskryf die verandering
                in kraniale (skedel) kapasiteit vanaf 2 miljoen jaar gelede tot die
                huidige tyd.                                                                (1)

 3.4 Daar was ŉ verandering in die denkrigting rakende die tempo van evolusie
     van gradualisme,soos deur Darwin voorgestel, na gepunte ewewig.

       Beskryf gepunte ewewig en hoe dit die tempo, waarteen evolusie plaasvind,
       demonstreer.                                                                        (4)
                                                                                          [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:            80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                        LEWENSWETENSKAPPE V2                           (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING C

 VRAAG 4

 Definieer en beskryf die proses van DNS-replisering, dui aan wanneer dit plaasvind
 asook die betekenis van hierdie proses. Beskryf ook die gebruike van DNS-
 profielering in die alledaagse lewe.

                                                                           Inhoud:     (17)
                                                                           Sintese:     (3)
                                                                                       (20)
 LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van ŉ tabel,
          vloeidiagramme of diagramme nie.

                                                           TOTAAL AFDELING C:            20
                                                               GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans/7cca7322-63ed-4fb0-a67b-5df57d647597) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-sept2019-afrikaans-final/88f6122c-22ff-4c15-93fa-fe3e2368921c) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
