# Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/57486055-fe84-4aed-af05-6a6ea45445bc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/57486055-fe84-4aed-af05-6a6ea45445bc)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2020

                  LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       LEWENSWETENSKAPPE V2                           (EC/SEPTEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.   Beantwoord AL die vrae.

 2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien word.

 3.   Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

 5.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

 6.   ALLE sketse MOET in potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart
      ink.

 7.   Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.

 8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

 9.   MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
     waar nodig.

 11. Alle berekeninge moet tot TWEE desimale plekke afgerond word.

 12. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                      3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
     Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A‒D) langs die
     vraagnommers (1.1.1‒1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
     1.1.11 D.

       1.1.1    ŉ Eienskap wat ŉ verskeidenheid fenotipes het, is ŉ voorbeeld
                van ...

                A      kontinue variasie.
                B      ko-dominansie.
                C      diskontinue variasie.
                D      volledige dominansie.

       1.1.2    Bestudeer die diagram hieronder.

                                     2

                                               1         U

                                                        S

                                                        U

                                                         S
                                                   3

                             FIGUREAA
                           FIGUUR                             FIGUURBB
                                                             FIGURE

                Watter van die volgende kombinasies identifiseer die dele van die
                bogenoemde molekule korrek?

                         FIGUUR B        Molekuul 1    Molekuul 2        Binding 3
                A        DNS/DNA          Sitosien     stikstofbasis   Swak waterstof
                B        DNS/DNA          Adenien       nukleotied      Suikerfosfaat
                C        RNS/RNA          Adenien       nukleotied     Swak waterstof
                D        RNS/RNA           Timien      stikstofbasis   Swak waterstof

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                          LEWENSWETENSKAPPE V2                          (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 1.1.3 en 1.1.4 verwys na die diagram hieronder.

      1.1.3    Die resultaat van die prosedure wat hierbo getoon word, word …
               genoem.

               A       kloning
               B       DNS/DNA-replisering
               C       vingerafdrukneming
               D       DNS/DNA-profilering

      1.1.4    Bestudeer die lys hieronder:

               (i)     Vaderskapstoetse
               (ii)    Aanpasbaarheid van weefsel(s) vir orgaanoorplantings
               (iii)   Identifikasie met behulp van vingerafdrukke
               (iv)    Genesing van genetiese afwykings

               Watter kombinasie toon die KORREKTE gebruike van die prosedure in
               die bostaande diagram, getoon?

               A       (i), (ii), (iii) en (iv)
               B       Slegs (i), (ii) en (iv)
               C       Slegs (i), (ii) en (iii)
               D       Slegs (i) en (ii)

      1.1.5    As geenvloei tussen twee bevolkings stop, word daar gesê dat die
               volgende gebeur het:

               A       Spesiasie
               B       Aanpassing
               C       Weerstand
               D       Variasie

      1.1.6    Watter van die volgende is ŉ voorbeeld van kunsmatige seleksie?

               A       DDT-weerstand by muskiete
               B       Teel van koeie om melkproduksie te verhoog
               C       Antibiotiese weerstand in bakterieë
               D       Ontwikkeling van ŉ ander Galapagos-vinkspesie

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    LEWENSWETENSKAPPE V2                                    5

       1.1.7    Die onderstaande diagram stel drie spesies (A, B en C) wat elk op ŉ
                ander eiland woon en deur die see geskei is, voor.

                                        Kan nie voortplant nie

                                                                       B
                                   A

                                                                     Kan voortplant,
                      Produseer vrugbare                             maar produseer
                      nakomelinge                                    onvrugbare
                                                    C                nakomelinge

                Watter EEN van die volgende stellings is korrek?

                A       Al drie bevolkings is verskillende spesies
                B       Bevolkings B en C is verskillende spesies en A en B is dieselfde
                        spesie
                C       Bevolkings A en C is dieselfde spesie en B en C is verskillende
                        spesies
                D       Al drie bevolkings is dieselfde spesie

       1.1.8    Die voorste ledemate van gewerweldes, soos hieronder getoon, is ŉ
                voorbeeld van …

                A       vestigiale strukture.
                B       homoloë strukture.
                C       analoë strukture.
                D       konvergerende evolusie.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                        LEWENSWETENSKAPPE V2                             (EC/SEPTEMBER 2020)

      1.1.9     Die diagram toon homoloë chromosoompaar nommer 3 wat in elk
                van vier vrugtevlieë aangetref word. Die allele vir antenna-vorm
                (normaal of abnormaal) en liggaamspatroon (met strepe of sonder
                strepe) word op die chromosome aangedui.

                Watter vlieg is homosigoties vir antenna-vorm en heterosigoties vir
                liggaamspatroon?

                A     Vlieg 1
                B     Vlieg 2
                C     Vlieg 3
                D     Vlieg 4

      1.1.10    Die kolibrie gebruik sy lang snawel om die nektar in blomme as
                voedsel te benut. Volgens Gould en Eldridge se teorie oor gepunte
                ewewig, het die lang bek van die kolibrie ...

                A     oor ŉ kort tydperk vinnig ontwikkel.
                B     langer geword, hoe meer die kolibrie sy snawel gebruik het.
                C     ontwikkel omdat hul snawels voortdurend verander.
                D     geleidelik oor ŉ lang tydperk ontwikkel.
                                                                             (10 x 2)    (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                       7

 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
     Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1‒1.2.8) in die
     ANTWOORDEBOEK neer.

       1.2.1    Alternatiewe vorms van dieselfde geen

       1.2.2    Natuurlike vorm van die DNS/DNA-molekuul

       1.2.3    Stadium tydens die selsiklus wanneer DNS/DNA-replisering plaasvind

       1.2.4    Organismes met soortgelyke eienskappe wat in dieselfde habitat leef
                en vrylik teel om vrugbare nakomelinge te produseer

       1.2.5    Fase van meiose waartydens oorkruising plaasvind

       1.2.6    Die diagrammatiese voorstelling wat moontlike evolusionêre
                verwantskappe tussen verskillende spesies toon

       1.2.7    Die studie van die vroeëre en huidige verspreiding van individuele
                spesies regoor die wêreld

       1.2.8    Die proses waardeur alle individue van ŉ spesifieke spesie uitsterf,
                sodat daar nie eens een bestaan nie
                                                                            (8 x 1)           (8)

 1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE
     A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II van toepassing is nie. Skryf
     slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
     (1.3.1‒1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                        KOLOM Ι                                  KOLOM ΙΙ
       1.3.1    Wetenskaplike wat slegs fossiele      A:   Paleontoloog
                bestudeer                             B:   Argeoloog
       1.3.2    Is nodig vir natuurlike seleksie om   A:   Variasie
                plaas te vind                         B:   Kompetisie
       1.3.3    Reproduktiewe afsondering/            A:   Teling/Broei op verskillende
                versperring                                tye van die jaar
                                                      B:   Onvrugbare nageslag
                                                                                 (3 x 2)      (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                         LEWENSWETENSKAPPE V2                              (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.4 Die diagram hieronder stel die model van DNS/DNA wat in 1953 deur
     wetenskaplikes voorgestel is, voor

      1.4.1    Noem die wetenskaplikes wat die struktuur van DNS/DNA eerste
               gepubliseer het.                                                             (2)
      1.4.2    Wat is die natuurlike vorm van DNS/DNA?                                      (1)
      1.4.3    Gee TWEE funksies van DNS/DNA.                                               (2)
      1.4.4    Waar word DNA/DNS in die menslike sel aangetref?                             (2)
      1.4.5    Noem die ander wetenskaplike wat die Nobelprys vir die ontdekking
               van die struktuur van DNS/DNA ontvang het.                                   (1)

 1.5 In ŉ plantspesie is twee eienskappe, blomkleur en planthoogte, bestudeer. Elk
     van hierdie eienskappe het twee variasies: blomme kan rooi of wit van kleur
     wees en die plante kan lank of kort wees.
      Toe twee plante wat heterosigoties vir blomkleur en planthoogte gekruis is, is 9
      van die nakomelinge rooi en lank, 3 wit en lank, 3 rooi en kort en 1 wit en kort.
      Die allele vir elke eienskap word in die onderstaande tabel getoon.

         EIENSKAP              DOMINANTE ALLEEL              RESESSIEWE ALLEEL
      Blomkleur                       F                              f
      Planthoogte                     H                              h

      1.5.1    Wat is die term vir ŉ genetiese kruising wat twee eienskappe behels?          (1)
      1.5.2    Gee die:
               (a) Dominante fenotipe vir blomkleur                                          (1)
               (b) Genotipe van ŉ kort, wit blomplant                                        (2)
               (c) Fenotipe van ŉ plant wat heterosigoties vir blomkleur en
                   homosigoties dominant vir planthoogte is                                  (2)
               (d) Moontlike gamete van ŉ heterosigotiese rooi, heterosigotiese lang
                   plant                                                                     (2)

                                                              TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                   9

 AFDELING B
 VRAAG 2
 2.1   Bestudeer die diagram hieronder.

                                             Kernmembraan

                                                                       ribosoom
                                                         3

                                                CGCAAA 678UGC

       2.1.1    Noem die proses wat gesamentlik deur A en B verteenwoordig word.          (1)
       2.1.2    Waar in die sel vind proses B plaas?                                      (1)
       2.1.3    Identifiseer die volgende:
                (a) Molekuul 1                                                            (1)
                (b) Polimeer 3                                                            (1)
       2.1.4    Gee die korrekte basisvolgorde om getalle 6, 7 en 8 mee te vervang.       (2)
       2.1.5    Skryf die antikodon by byskrif 2 neer.                                    (1)
       GEBRUIK DIE ONDERSTAANDE TABEL SAAM MET DIE BOSTAANDE
       DIAGRAM OM DIE VOLGENDE VRAE TE BEANTWOORD.

                       ANTI-KODONS VAN tRNA EN DIE
               OOREENSTEMMENDE AMINOSURE WAT HULLE DRA
                 ANTI-KODONS tRNA         AMINOSURE
                        UUU                   Lisien
                        ACA                  Sisteïen
                        GCA                  Arginien
                        GUU                 Glutamien
                        CCA                  Glisien
                        AAA               Fenielalanien

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                        LEWENSWETENSKAPPE V2                                   (EC/SEPTEMBER 2020)

      2.1.6    Wat is die DNS/DNA-basisdrietal vir Glisien?                                      (2)
      2.1.7    Noem die aminosuur wat by byskrif 5 aangetref word.                               (1)
      2.1.8    Verduidelik hoe die samestelling van die proteïenmolekuul sou
               verander indien die basisvolgorde van die tweede kodon op molekuul
               4 (van links) UUU was, in plaas van AAA.                                          (3)
 2.2 ‘Blou mense’ is ŉ genetiese afwyking wat veroorsaak word omdat ŉ persoon
     nie die ensiem wat metemoglobien (wat blou is) in hemoglobien (wat rooi is)
     omskakel, vervaardig nie. Dit lei tot hoë vlakke van metemoglobien in die
     bloed. Dit veroorsaak dat die vel blou word, die lippe pers en die bloed
     sjokoladebruin.
      Die diagram hieronder toon lede in ŉ gesin wat ŉ blou vel het. Die genotipe van
      sommige familielede is bekend en word op die diagram aangedui.

                                                         (Billi Bob en Levi is neefs)

                 [Aangepas uit <htpp://ghr.nlm.nih.gov;indiana.edu/;NCBI1000Genomes Browser.]

      2.2.1    Noem die tipe diagram wat hierbo getoon word.                                     (1)
      2.2.2    Gee die:
               (a) Fenotipe van Luna                                                             (1)
               (b) Genotipe van Hannah                                                           (1)
      2.2.3    Word hierdie siekte deur ŉ dominante of resessiewe alleel veroorsaak?             (1)
      2.2.4    Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.2.3.                                      (2)
      2.2.5    Mabala en Maurice het albei ŉ normale velkleur. Gebruik ŉ genetiese
               kruising en wys hoe dit moontlik is dat hul seun Luna blou kan wees.              (7)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               LEWENSWETENSKAPPE V2                                     11

 2.3 Lees die volgende uittreksel.

       Antarktiese visse het geëvolueer/ontwikkel om in die ysige waters van die
       Suidelike Oseaan te oorleef. Hulle leef in water wat ver onder 0 °C is.
       Normaalweg sou selle by hierdie temperatuur vries en bars, en die visse sou
       dan doodgaan. Antarktiese visse het proteïene ontwikkel wat as vries-
       weermiddels optree. Hierdie vrieswering-proteïene help die vis om verysing in
       hul ysige habitatte te voorkom deur te keer dat yskristalle in die selle vorm.

       Hierdie vrieswering-proteïene kan ook kommersieel belangrik wees.
       Wetenskaplikes kan hierdie vrieswering-proteïengene gebruik om koue-
       bestande plante te ontwerp, of dit kan gebruik word om voedsel by baie lae
       temperature te preserveer. Dit voorkom dat yskristalle vorm en die voedsel
       vernietig.

       Navorsers het reeds met behulp van rekombinante-DNS/DNA-tegnologie
       suksesvolle vrieswering-proteïene in giste en bakterieë geplaas. Hulle kan
       hierdie bakterieë en gis gebruik om groot hoeveelhede vrieswering-proteïene
       te produseer.

       2.3.1    Beskryf hoe Antarktiese visse vrieswering-proteïene deur middel van
                natuurlike seleksie kon ontwikkel het.                                     (5)
       2.3.2    Noem die proses waardeur die genetiese samestelling van ŉ
                organisme verander word om 'n nuwe eienskap in te sluit.                   (1)
       2.3.3    Gee TWEE maniere waarop hierdie vrieswering-proteïene
                kommersieel gebruik word om die mens te bevoordeel.                        (2)

       2.3.4    Beskryf kortliks hoe die vrieswering-proteïen deur rekombinante-
                DNS/DNA-tegnologie met bakterieë geproduseer word.                         (5)

       2.3.5    Gee EEN rede waarom die gebruik van vrieswering-proteïene in plante
                eties verkeerd kan wees.                                                  (1)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                        LEWENSWETENSKAPPE V2                            (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 3
 3.1 Sebravis kom in baie verskillende kleure voor. Emihle het ŉ blou mannetjie (BB)
     en ŉ rooi wyfie sebravis (RR) vir haar vistenk gekoop. Die nakomelinge wat
     gebore is, was almal blou en rooi gestreep.

                     Blou vis                                  Rooi vis

                                Blou en rooi gestreepte
                                vis
       Later het Emihle besluit om ŉ tweede vistenk te kry en twee blou- en rooi-
       gestreepte visse met mekaar te teel. Daar is in totaal 20 nakomelinge gebore
       en hulle het drie verskillende kleure gehad: blou, rooi en blou- en rooi-
       gestreepte kleur.
      3.1.1   Noem die tipe dominansie wat in die voorbeeld hierbo getoon word.            (1)
      3.1.2   Verduidelik die antwoord wat op VRAAG 3.1.1 gegee is.                        (2)
      3.1.3   Teken ŉ tabel met die getal nakomelinge van die verskillende genotipes
              van Emihle se tweede teling.                                                 (5)
      3.1.4    Wat moet die genotipe(s) en fenotipe(s) van die visouers wees as
               Emihle slegs rooi nakomelinge wil hê?                                       (2)
 3.2 Lees die volgende uittreksel.
      Baie atlete moet hard oefen om spiere te bou. Spiere is ŉ proteïen en word
      daarom deur proteïensintese gevorm. Atlete moet eet en oefen om optimale
      spierproteïensintese (SPS) te verseker. Hulle wil altyd weet hoeveel proteïene
      hulle moet eet om groter spiere te bou.
      Wetenskaplikes het ŉ ondersoek uitgevoer om die optimale daaglikse proteïen
      (in gram) wat benodig word vir maksimale toename in spierproteïensintese te
      bepaal.
      Die ondersoek is soos volg uitgevoer:

        Hulle het 100 liggaamsbouers bestudeer
        Elke liggaamsbouer het dieselfde daaglikse oefenprogram vir gewigoptel
         (‘weightlifting’) gevolg
        Al die atlete was die afgemete proteïenmaaltyd direk na oefeninge gevoer
        Hul SPS is 4 ure na oefeninge aangeteken

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                                   LEWENSWETENSKAPPE V2                              13

       Die onderstaande grafiek toon die resultate van die ondersoek. Hierdie resultate
       was soortgelyk aan twee ander ondersoeke wat deur ander wetenskaplikes
       uitgevoer is.

                                                    GRAFIEK WAT DIE TOENAME IN
                                                SPIERPROTEÏNESINTESE (PER UUR) BY
                                              VERSKILLENDE HOEVEELHEDE PROTEÏENE
                                                              TOON
                                         14
                                                                                    12
                                         12                           11

                 SPS (verhoog per uur)
                                         10
                                                              8
                                         8             6,8
                                         6       5

                                         4

                                         2

                                         0
                                                 0     5     10       20     30     40
                                                             proteïen (g)

       Die wetenskaplike het tot die volgende gevolgtrekking gekom:
       Die optimale daaglikse proteïen wat benodig word vir maksimum toename in
       spierproteïensintese, is 20 g.

       3.2.1    Noem die:

                (a) Afhanklike veranderlike                                                              (1)

                (b) Onafhanklike veranderlike                                                            (1)

       3.2.2    Gee TWEE beplanningstappe wat die ondersoekers moes volg.                                (2)

       3.2.3    Gee redes waarom hierdie ondersoek as betroubaar beskou kan word.                        (2)

       3.2.4    Bereken die persentasie toename in SPS van 20 g tot 40 g.                                (2)

       3.2.5    Deur gebruik te maak van die gegewe data, stel voor waarom die
                wetenskaplikes se gevolgtrekking verklaar dat 20 g proteïen die optimale
                hoeveelheid proteïen is wat daagliks vir verhoogde spierproteïensintese
                benodig word.                                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                        LEWENSWETENSKAPPE V2                                (EC/SEPTEMBER 2020)

 3.3 Die diagram toon een manier waarop stamselle van menslike embrio's
     geproduseer kan word.

                       Bevrugte eier

                                                                 Bloedselle
                                              Stamselle

           5-dae-oue
           embrio
                     Die binneselle van die
                     embrio word verwyder
                                                                     Senuweeselle

                        Spierselle

      3.3.1    Wat is stamselle?                                                              (2)

      3.3.2    Gee TWEE ander bronne van stamselle buiten menslike embrio’s.                  (2)

      3.3.3    Gee EEN mediese toestand wat behandel kan word deur senuweeselle
               wat uit stamselle gekweek word, te gebruik.                                    (1)

 3.4 Menslike bloedtipe is ŉ voorbeeld van veelvuldige allele.

      3.4.1    Waarom is bloedtipes ŉ voorbeeld van veelvuldige allele?                       (2)

      3.4.2    Gee die moontlike genotipes vir ŉ man wat bloedtipe B is.                      (2)

      3.4.3    Indien ŉ man bloedgroep B is en ŉ vrou bloedgroep A het, verduidelik
               hoe dit moontlik is om ŉ kind met bloedgroep O te hê.
               (MOENIE ŉ genetiese diagram teken NIE.)                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                LEWENSWETENSKAPPE V2                                   15

 3.5 Die diagramme hieronder toon die Phiomia, ŉ voorouer van olifante, en ŉ moderne
     Afrika-olifant. Die Phiomia het 35 miljoen jaar gelede geleef. Beide die Phiomia en
     die moderne Afrika-olifant strek om blare in bome by te kom om te vreet.

       Lang neus

                                             Slurp
                            Phiomia

                                                       Moderne Afrika-olifant

       3.5.1    Verduidelik hoe Jean-Baptiste Lamarck die ontwikkeling van die
                moderne Afrika-olifant se lang slurp sou verduidelik het.                (5)

       3.5.2    Gee TWEE redes waarom Lamarck se teorie vandag nie meer
                aanvaar word nie.                                                         (2)

       3.5.3    Gee EEN ooreenkoms tussen Lamarck se teorieë en Darwin se teorie
                van natuurlike seleksie.                                                  (1)
                                                                                        [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                      LEWENSWETENSKAPPE V2                            (EC/SEPTEMBER 2020)

 AFDELING C

 VRAAG 4

 Bespreek die samestelling van die menslike kariotipe. Verduidelik ook waarom
 meiose belangrik is en hoe nie-disjunksie tydens meiose mense kan beïnvloed.
                                                                           Inhoud:     (17)
                                                                          Sintese:      (3)

 LET WEL:      GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
               vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie.

                                                          TOTAAL AFDELING C:            20
                                                              GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans/7cca7322-63ed-4fb0-a67b-5df57d647597) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-sept2019-afrikaans-final/88f6122c-22ff-4c15-93fa-fe3e2368921c) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
