# Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2021-afr-d/b7cdfe9c-5e90-4696-bc67-e8fca24f68fe
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2021-afr-d/b7cdfe9c-5e90-4696-bc67-e8fca24f68fe)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2021

                  LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                                    *LFSCA2*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/SEPTEMBER 2021)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instuksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.   Beantwoord AL die vrae.

 2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK.

 3.   Begin die antwoorde op ELKE vraag bo-aan ŉ NUWE bladsy.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 5.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

 6.   Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

 7.   Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra
      word.

 8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

 9.   MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10. Jy moet ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.

 11. Alle berekeninge word afgerond tot TWEE desimale plekke

 12. Skryf netjies en leesbaar

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                     LEWENSWETENSKAPPE V2                                3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
     Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
     (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1    Watter EEN van die volgende beskryf die natuurlike vorm van die
                DNA-molekuul?

                A      Dit het ŉ suiker-fosfaat raam
                B      Dit bestaan uit ŉ dubbelstring
                C      Dit het ŉ dubbel heliks-struktuur
                D      Dit het komplementêre nukleotiede

       1.1.2    Die diagram hieronder stel verskillende fases van meiose voor.

                Die korrekte volgorde waarin die fases plaasvind, is ...

                A      1, 2, 3.
                B      3, 2, 1.
                C      1, 3, 2.
                D      2, 1, 3.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            LEWENSWETENSKAPPE V2                           (EC/SEPTEMBER 2021)

      1.1.3   Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwing van sistiese fibrose
              wat deur ŉ resessiewe alleel in ŉ sekere familie beheer word.

              Watter EEN van die volgende is die fenotipe vir individu X?

              A       Ongeaffekteerde man
              B       Geaffekteerde man
              C       Ongeaffekteerde vrou
              D       Geaffekteerde vrou

      1.1.4   Op die Galapagos-eilande is daar 13 vinkspesies op verskillende
              eilande. Wetenskaplikes glo dat hulle almal afkomstig is van ŉ
              gemeenskaplike voorouer wat van die vasteland afkomstig is.

              Watter EEN van die volgende faktore was die eerste stap in die evolusie
              van die 13 vinkspesies vanaf ŉ gemeenskaplike voorouer?

              A       Teel op verskillende tye van die jaar
              B       Geografiese skeiding deur die see
              C       Produseer onvrugbare nageslag
              D       Natuurlike seleksie

      1.1.5   Krulhare is dominant oor reguit hare. ŉ Vrou wat homosigoties is vir
              krulhare, trou met ŉ man wat homosigoties is vir reguit hare.

              Wat is die moontlikheid dat hulle ŉ kind met reguit hare sal hê?

              A       25%
              B       50%
              C       100%
              D       0%

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                    LEWENSWETENSKAPPE V2                                 5

       1.1.6     ŉ Man met bloedgroep A en ŉ vrou met bloedgroep O het saam ŉ
                 kind.

                 Watter EEN van die volgende is die bloedgroep genotipe van die
                 kind?

                 A     ii
                 B     IA IB
                 C     IA IA
                 D     IB i

       1.1.7     Watter EEN van die volgende vind tydens meiose I plaas?

                 A     Chromatiede skei na teenoorgestelde pole
                 B     Identiese haploïede selle vorm
                 C     Nie-disjunksie
                 D     Allele van ŉ geen smelt saam

       1.1.8     Watter EEN van die volgende oor mitochondriale DNA (mtDNA) is
                 korrek?

                 A     Dit word van die vader na die nakomelinge oorgedra
                 B     Dit kan gebruik word om vroulike herkoms te bepaal
                 C     Dit kan gebruik word om manlike voorouers van vroulike
                       individue te bepaal
                 D     Dit spoor die oudste manlike voorouers tot in Afrika na

       1.1.9     Hemofilie is ŉ geslags-gekoppelde resessiewe afwyking by mense. ŉ
                 Pa en sy seun het albei hemofilie, maar die ma is normaal. Haar
                 genotipe sal … wees.

                 A     XhXh
                 B     XHXh
                 C     XHXH
                 D     XhY

       1.1.10    Wat sal die persentasie guanien, in ŉ DNA-molekuul, wees as 20%
                 van die stikstofbasisse adenien is?

                 A     20%
                 B     30%
                 C     40%
                 D     60%                                                   (10 x 2)    (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           LEWENSWETENSKAPPE V2                          (EC/SEPTEMBER 2021)

 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
     slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK
     neer.

      1.2.1    Die fisiese of funksionele uitdrukking van ŉ geen

      1.2.2    Die nie-geslagschromosome

      1.2.3    Die punt waar chromatiede tydens oorkruising oorvleuel

      1.2.4    ŉ Gedeelte van ŉ DNA-molekuul wat vir ŉ spesifieke eienskap kodeer

      1.2.5    Die proses waartydens mRNA vervaardig word tydens proteïensintese

      1.2.6    Die produksie van ŉ geneties identiese kopie van ŉ organisme met behulp
               van biotegnologie

      1.2.7    Chromosome wat dieselfde stel gene dra

      1.2.8    Die posisie van ŉ spesifieke geen op ŉ chromosoom.
                                                                                (8 x 1)    (8)

 1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
     SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
     slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
     (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                          KOLOM Ι                               KOLOM ΙΙ
      1.3.1    Tipe oorerwing waar nie een van die     A:   Ko-dominansie
               twee allele dominant is oor die ander   B:   Onvolledige dominansie
               nie en ŉ intermediêre fenotipe
               geproduseer word
      1.3.2    ŉ Voorbeeld van ŉ reproduktiewe         A:   Spesie-spesifieke
               isolasie meganisme                           hofmakery
                                                       B:   Voorkoming van
                                                            bevrugting
      1.3.3    Die aantal allele wat die menslike      A:   Twee
               bloedgroep beheer                       B:   Drie
                                                                                (3 x 2)   (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                      LEWENSWETENSKAPPE V2                                 7

 1.4 Die onderstaande diagram stel ŉ sel voor tydens seldeling.

                                   A                 D
                                                                  E

               B

                                                                                  F

                 C
                                                                              G

       1.4.1    Noem die tipe seldeling wat in die diagram hierbo getoon word.               (1)

       1.4.2    Identifiseer die fase wat deur die diagram voorgestel word.                  (1)

       1.4.3    Gee die LETTER/S wat … verteenwoordig:

                (a)    die struktuur wat die chromosoom/chromatiede na die pole trek
                       tydens seldeling                                                    (1)
                (b)    die deel wat verantwoordelik is vir die vorming van die spoelvesels (1)
                (c)    TWEE identiese chromatiede                                          (2)

       1.4.4    Hoeveel chromosome sal in elke dogtersel aangetref word aan die einde
                van hierdie seldeling?                                                       (1)

       1.4.5    Gee die naam van die selle wat as gevolg van hierdie tipe seldeling by
                ŉ man gevorm word.                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              LEWENSWETENSKAPPE V2                            (EC/SEPTEMBER 2021)

 1.5 Die diagramme hieronder verteenwoordig drie idees wat voorgestel word om
     evolusie te verduidelik.

          IDEE            10 MJG                5 MJG                   HUIDIGE

              A

              B

              C

      1.5.1       Waarvoor staan MJG?                                                          (1)

      1.5.2       Gee die LETTER van die diagram (A, B of C) wat … die beste sou
                  verteenwoordig:

                  (a)   gepunte ewewig                                                         (1)

                  (b)   Lamarck se verduideliking van         evolusie    as    daar     ŉ
                        omgewingsverandering 10mjg was                                         (1)

                  (c)   Charles Darwin se verduideliking van evolusie                          (1)

      1.5.3       Gee ŉ rede waarom die 'teorie van evolusie' as ŉ wetenskaplike teorie
                  beskou word.                                                                 (1)

      1.5.4       Noem DRIE bewyse wat gebruik word om die teorie van evolusie te
                  ondersteun.                                                                  (3)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                    LEWENSWETENSKAPPE V2                              9

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1   Die diagramme hieronder toon twee vorme van 'n chromosoom.

                                                                     A

                       Diagram 1                         Diagram 2

       2.1.1    Identifiseer deel A.                                                   (1)

       2.1.2    Identifiseer die proses wat gelei het tot die vorming van die
                chromosoom wat deur diagram 2 voorgestel word.                         (1)

       2.1.3    Beskryf die proses wat in VRAAG 2.1.2 genoem is.                       (4)

       2.1.4    Gee TWEE redes waarom die proses wat in VRAAG 2.1.3 beskryf
                word, belangrik is.                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           LEWENSWETENSKAPPE V2                            (EC/SEPTEMBER 2021)

 2.2 Toe ŉ tsoenami ŉ stad in Japan verwoes het, het verskeie mense vermis
     geraak. ŉ Baba wat uit die ruïnes gered is, is deur drie stelle ouers opgeëis.
     DNS -toetse is gedoen om vas te stel wie die ouers van die baba is.
      Hieronder is die resultate van die DNS-toets:

                Moeder Vader Moeder Vader Moeder Vader Baba

      2.2.1    Watter groep ouers (stel 1, 2 of 3) is die biologiese ouers van die baba?   (1)

      2.2.2    Gee ŉ rede vir u antwoord op VRAAG 2.2.1.                                   (2)

      2.2.3    Noem TWEE bronne van DNA wat die polisie kan gebruik om ŉ
               DNS-profiel te vervaardig.                                                  (2)

      2.2.4    Noem TWEE ander gebruike van DNS-profilering, afgesien van dié
               hierbo genoem.                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                     LEWENSWETENSKAPPE V2                             11

 2.3 Hemoglobien-A is ŉ normale proteïen in rooibloedselle wat suurstof vervoer. ŉ
     Mutasie kom soms voor in die geen wat vir hierdie proteïen kodeer, waar timien
     op ŉ enkele punt deur adenien vervang word. Hierdie mutasie lei tot die
     vorming van ŉ ander proteïen genaamd hemoglobien-S.

       Hemoglobien-S veroorsaak dat rooibloedselle styf en sekelvormig word. Die
       sekelvormige rooibloedselle veroorsaak blokkasies in die bloedvat. ŉ Persoon
       sal sekelselsiekte hê. Tans is beenmurgoorplantings en stamselbehandeling
       die enigste geneesmiddel vir sekelselsiekte.

       Die diagram hieronder toon die vorm van die rooibloedselle en die DNS-
       volgorde vir hemoglobien-A en hemoglobien-S.

                        Hemoglobien-A                         Hemoglobien-S

                      G G A   C T C      C T T       G G A       C A C C T
       DNS

        mRNS C C U G A G                G A A         C C U G U G G A A

        Amino
                       1        2         3               4         5         6
        =sure

       2.3.1    Gee ŉ rede waarom sekelselsiekte gevaarlik is.                           (1)

       2.3.2    Wat is stamselle?                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/SEPTEMBER 2021)

      2.3.3    Gebruik die onderstaande tabel om die volgende vrae te beantwoord.

                            Aminosuur                       tRNS antikodon
                              Leusien                            GAA
                               Lisien                            CUU
                               Glisien                           GGA
                           Glutamiensuur                         GAG
                              Histidien                          GUA
                             Metionien                           UAC
                              Prolien                            CCU
                               Valien                            CAC
                             Glutamien                           CUC

               (a)    Gee die antikodon vir aminosuur 6.                                   (1)

               (b)    Noem aminosuur 1.                                                    (1)

               (c)    Verduidelik hoe hierdie mutasie in die hemoglobiengeen die
                      gevormde aminosuurvolgorde beïnvloed.                                (4)

      2.3.4    Die alleel vir hemoglobien-A is dominant (H) oor dié vir hemoglobien-S
               (h). ŉ Man wat homosigoties vir hemoglobien-A is, het 'n kind by ŉ
               heterosigotiese vrou.

               Gebruik ŉ genetiese kruising om die moontlikheid aan te toon dat hulle
               ŉ kind met hemoglobien-S kan hê.                                            (6)

 2.4 Die onderstaande diagramme toon die chromosome in die selle van twee
     individue aan.

                      Individu A                           Individu B

      2.4.1    Noem die tipe diagram hierbo.                                               (1)

      2.4.2    Noem waarom, die gevolgtrekking gemaak kan word dat, diagram A
               aan ŉ vroulike individu behoort.                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                       LEWENSWETENSKAPPE V2                                    13

       2.4.3    Noem waarom die diagramme hierbo die chromosome van ŉ
                somatiese sel toon en nie ŉ gameet nie.                                           (2)

       2.4.4    Noem die afwyking wat individu B het.                                             (1)

       2.4.5    Beskryf die oorsaak van die afwyking wat in VRAAG 2.4.4 genoem
                word.                                                                             (3)

 2.5 By katte het twee gene op verskillende outosome die volgende allele.

               B: swart pelskleur                T: geen wit kolle op die pels
               b: grys pelskleur                t: wit kolle op die pels

       Twee katte is gekruisteel. Hulle werpsel katjies het die volgende fenotipe in die
       verhouding 9 : 3 : 3 : 1 gehad.

           Fenotipe A          Fenotipe B          Fenotipe C        Fenotipe D
           Swart pels met      Swart pels met       Grys pels met     Grys pels met wit
           geen wit kolle      wit kolle            geen wit kolle    kolle

       2.5.1    Noem die tipe kruising wat hier voorgestel word.                                  (1)

       2.5.2    Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 2.5.1.                                       (1)

       2.5.3    Gee die:

                (a)    Genotipe van fenotipe D                                                    (2)

                (b)    Fenotipes van die ouers                                                    (2)

       2.5.4    Verduidelik waarom alle katjies wat ŉ swart pels met wit kolle het, nie
                dieselfde genotipe het nie.                                                       (2)

       2.5.5    Noem Mendel se beginsel van Segregasie.                                          (3)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                                                     LEWENSWETENSKAPPE V2                                                                           (EC/SEPTEMBER 2021)

 VRAAG 3

 3.1 Sommige mieliegewasse is geneties gemodifiseer om onkruiddoderbestand te
     wees. Dit beteken dat wanneer die boer sy landerye met onkruiddoder bespuit,
     die mielies nie geaffekteer sal word nie. Die melkbossie is ŉ onkruid wat tussen
     mieliegewasse groei. Die koningvlinder lê haar eiers op die melkbossie. Die
     larwes voed op die blare van die melkbossie. (ŉ Vlinder is ŉ skoenlapper)

      Wetenskaplikes het ondersoek ingestel of die toenemende gebruik van
      onkruiddoder die aantal koningvlinderkolonies in ŉ landery beïnvloed.
      Hulle het onkruiddoderbestande mieliegewasse van 1994 tot 2010 geplant.
      Vanaf 1998 het hulle die onkruiddoders begin toedien om die onkruid dood te
      maak. Elke jaar het hulle die aantal koningvlinderkolonies getel.
      Die onderstaande grafiek toon die data wat hulle van 1994 tot 2010 versamel
      het.

                                          25

         Monargvlinderkolonies /hektaar
                                          20

                                          15

                                          10

                                          5

                                          0

                                               1994   1995   1996   1997   1998   1999   2000   2001   2002   2003   2004   2005   2006   2007   2008   2009   2010
                                                                                                       Jaar

      3.1.1                                Gee ŉ titel/opskrif vir die grafiek hierbo.                                                                                              (1)

      3.1.2                                Identifiseer die:

                                           (a)         Onafhanklike veranderlike                                                                                                    (1)

                                           (b)         Afhanklike veranderlike                                                                                                      (1)

      3.1.3                                Gebruik bewyse uit die grafiek en verduidelik waarom die
                                           onkruiddoders die enigste faktor is wat die afname in die
                                           koningvlinderkolonies veroorsaak het.                                                                                                    (2)

      3.1.4                                Wat is ŉ geneties gemodifiseerde organisme?                                                                                              (2)

      3.1.5                                Verduidelik EEN ekonomiese voordeel van die gebruik van
                                           onkruiddoderbestande mieliegewasse vir ŉ boer.                                                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                    LEWENSWETENSKAPPE V2                                    15

 3.2 Lees die onderstaande uittreksel.
         In Brasilië is daar verskillende akkedissoorte wat op termiete voed.

         Termiete is klein mieragtige insekte. Hulle wissel in
         grootte. Groter akkedisspesies het
         groter koppe en kan groter termiete eet.

         In 1996 het 'n dam in Brasilië oorstroom en gevolglik het verskeie eilande
         ontstaan. Elkeen van hierdie eilande het verskillende soorte akkedisse.

         Die groter akkedisspesies op die eilande het gesterf, omdat daar nie
         genoeg voedsel was om te oorleef nie. Maar 'n baie klein akkedisspesie,
         Gymnodactylus amarali, kon oorleef. Daar was baie termiete wat hulle kon
         eet.

         Maar daar was 'n probleem: Gymnodactylus amarali akkedisse het klein
         koppe gehad en sommige van die termiete was byna dieselfde grootte as
         hulle. Sommige van die Gymnodactylus amarali -akkedisse het egter
         effens groter koppe gehad en kon hierdie termiete eet.

         Toe wetenskaplikes hierdie eilande 15 jaar later besoek, het hulle gevind
         dat die akkedisse van Gymnodactylus amarali op die eilande vier persent
         groter was as dié wat op die vasteland aangetref word.

                 The Gymnodactylus amarali lizard

       3.2.1    Noem waarom die groter akkedissoorte nie op die klein eilande
                oorleef het nie.                                                              (1)

       3.2.2   Verduidelik waarom daar geen geenvloei tussen die
               populasies/bevolkings van hierdie akkedissoort was, na die
               oorstromings in 1996 nie?                                                      (2)

       3.2.3   Gebruik Darwin se teorie oor natuurlike seleksie om te verduidelik
               waarom die populasie/bevolking van die Gymnodactylus amarali-
               akkedisse op die eilande groter koppe het.                                     (5)

       3.2.4   Beskryf hoe daar bewys kan word dat die akkedissoorte, op die
               verskillende eilande, dieselfde spesie is as dié op die vasteland.             (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                           LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/SEPTEMBER 2021)

 3.3 Die diagramme hieronder toon die skedel van ŉ mens en ŉ gorilla.

                     Diagram A                          Diagram B

      3.3.1    Gee die wetenskaplike naam van die organisme in diagram A.                (1)

      3.3.2    Verduidelik waarom die tande in die skedel in diagram B groter is.        (2)

      3.3.3    Behalwe die grootte van die tande, tabuleer DRIE ander
               waarneembare strukturele verskille tussen die skedel van die mens
               en die gorilla.                                                           (7)

      3.3.4    Noem TWEE strukturele ooreenkomste tussen die voorste ledemaat
               van ŉ mens en gorilla.                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                         LEWENSWETENSKAPPE V2                                    17

 3.4 Die diagram hieronder stel die moontlike evolusie van die mens voor, sowel as
     die tydsduur vir die evolusie van tweevoetigheid/bipedalisme, die gebruik van
     klipgereedskap en die gebruik van vuur.

                                   Tweevoetigheid/Bipedalisme

          A.ramidus                             Gebruik van gereedskap
                                                                          Gebruik
                                                                          van vuur
                            A. afarensis

                                           A. africanus

                                                           H. erectus

                                                               H. neanderthalensis

                                                                        H. sapiens
          5             4              3               2            1          Huidige
                                    Miljoene jare gelede

               Australopithecus               Homo                         Ardipithecus
               spesie                         spesie                       spesie

       3.4.1    Noem die TWEE genera wat tweevoetig was, maar nie vuur gebruik
                het nie.                                                                           (2)

       3.4.2    Wanneer het A. afarensis ontwikkel?                                                (1)

       3.4.3    Hoe lank het dit geneem voordat die hominienspesies vuur begin
                gebruik het nadat hulle tweevoetigheid ontwikkel het?                              (2)

       3.4.4    Verduidelik TWEE skeletveranderings wat plaasgevind het om
                bipedalisme moontlik te maak.                                                      (4)

       3.4.5    Mev. Ples is 'n hominienfossiel wat in 1947 in Suid -Afrika ontdek is.

                (a)    Gee die volledige wetenskaplike naam vir Mev. Ples.                         (1)
                (b)    Waar in Suid-Afrika is Mev. Ples ontdek?                                    (1)
                (c)    Noem EEN wetenskaplike wat Mev. Ples ontdek het.                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                           LEWENSWETENSKAPPE V2                          (EC/SEPTEMBER 2021)

  3.5   Die onderstaande kaart toon die oorsprong en bewegings van vroeë mense
        volgens die ‘Uit Afrika’-hipotese. Die ouderdom van die oudste fossiele wat
        op elke kontinent aangetref word, word ook onder die naam aangedui.

        3.5.1   Beskryf die ‘Uit Afrika’-hipotese.                                        (2)

        3.5.2   Gee TWEE bewyse wat gebruik word om die ‘Uit Afrika’-hipotese te
                ondersteun.                                                                (2)

        3.5.3   Watter kontinent is, volgens die kaart, die laaste wat deur vroeë
                mense gekoloniseer is?                                                     (1)

        3.5.4   Bereken die verskil in die ouderdom van die oudste fossiele in Afrika
                en dié wat in Europa gevind is? Toon AL jou bewerkings.                    (2)
                                                                                           (7)
                                                                                         [50]

                                                            TOTAAL AFDELING B:           100
                                                                GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 QP GR12 SEPT2021 XHOSA D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr12-sept2021-xhosa-d/f43645b2-00fd-4ad4-bdbe-7bc3201c5a62) — Life Sciences · QP · 2021
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR12 SEPT2021 SESOTHO D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr12-sept2021-sesotho-d/bfaa6c74-8343-4cb9-a914-2f8963b64bc4) — Life Sciences · QP · 2021 · Sesotho
- [Life Sciences P2 Sept2021 Prep Errata](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-sept2021-prep-errata/489c9171-931e-4a91-a798-55846a1144ba) — Life Sciences · Errata · 2021
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO SEPT2021 Sesotho](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-sept2021-sesotho/83f68bb0-0ec1-4a72-a70a-994a6f9af99e) — Life Sciences · Memo · 2021 · Sesotho
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT 2021 Xhosa D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept-2021-xhosa-d/bf73c123-831d-499a-9ecd-62ac37eff2bf) — Life Sciences · QP · 2021
- [LIFE SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-gr12-sept2021-english/51bdf0cb-548d-43fc-b083-c4f0f664b370) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
