# Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/e10b8dd0-7f5e-4d89-be09-d26d941c1b1b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans/e10b8dd0-7f5e-4d89-be09-d26d941c1b1b)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [LIFE SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans/7cca7322-63ed-4fb0-a67b-5df57d647597) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2022

                 LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE: 150

TYD:   2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                        LEWENSWETENSKAPPE V2                           (EC/SEPTEMBER 2022)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.   Beantwoord AL die vrae.

 2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

 3.   Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 5.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

 6.   Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

 7.   Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.

 8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

 9.   MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.

 11. Alle berekeninge moet tot TWEE desimale plekke afgerond word.

 12. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                      LEWENSWETENSKAPPE V2                               3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
     die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
     (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1    Watter EEN van die volgende is die KORREKTE beskrywing van die vier
                selle wat deur meiose vervaardig word?

                A      Haploïed en is geneties verskillend
                B      Diploïed en is geneties identies
                C      Diploïed en is geneties verskillend
                D      Haploïed en is geneties identies

       1.1.2    Die onderstaande diagram hieronder toon ŉ sel tydens Profase 1.

                                                                    X

                                                                    Y

                                                                    Z

                Watter EEN van die volgende is die korrekte byskrifte vir X, Y en Z in
                die diagram?

                A      X – Spoelvesel; Y – sentriool; Z – chromosoom
                B      X – Sentriool; Y – chiasma; Z – homoloë chromosome
                C      X – Spoelvesel; Y – sentromeer; Z – homoloë chromosome
                D      X – Sentromeer; Y – sentriool; Z – chromosoom

       1.1.3    Watter EEN van die volgende is ŉ biologiese belangrikheid van meiose?

                A      Herstel verslete selle
                B      Produksie van gamete by die mense
                C      Produksie van somatiese selle by die mense
                D      Verantwoordelik vir groei in organismes

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/SEPTEMBER 2022)

      1.1.4    Hoeveel mRNA-nukleotiede kodeer vir ŉ proteïen wat uit 120 aminosure
               bestaan?

               A      30
               B      40
               C      360
               D      120

      1.1.5    Die diagram hieronder verteenwoordig die aanhangsels van vier
               verskillende organismes.

               Watter TWEE ledemate is homoloë strukture?

               A      P en Q
               B      Q en R
               C      P en R
               D      P en S

      1.1.6    Spesiasie het plaasgevind wanneer …

               A      twee bevolkings nie meer kan kruisteel en vrugbare nageslag
                      voortbring nie.
               B      bevolkings deur ŉ geografiese versperring geskei word.
               C      bevolkings uitsterf.
               D      ŉ mutasie in ŉ individuele organisme plaasgevind het.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                      LEWENSWETENSKAPPE V2                                 5

       1.1.7    Die chromosoomkomplement in ŉ sel van ŉ individu wat ŉ
                X-chromosoom van die vader erf, is ...

                A      44 en XX.
                B      44 en XY.
                C      46 en XX.
                D      46 en XY.

       VRAE 1.1.8 EN 1.1.9 VERWYS NA DIE VOLGENDE DIHIBRIEDE KRUISING.

       By konyne word pelskleur en pelslengte deur twee gene beheer. Swart pels (B)
       is dominant oor wit pels (b) en lang pels (L) is dominant oor kort pels (l). Twee
       konyne, 1 en 2, is gepaar.

       Die tabel hieronder toon die moontlike gamete wat deur elke konyn geproduseer
       kan word.

                                                Moontlike gamete
        Konyn 1                bl            bl             bl               bl
        Konyn 2                BL            Bl             bL               bl

       1.1.8    Watter EEN van die volgende is die fenotipe van konyn 2?

                A      Wit met kort pels
                B      Swart met kort pels
                C      Wit met lang pels
                D      Swart met lang pels

       1.1.9    Watter EEN van die volgende is moontlike genotipes van die nageslag
                van konyn 1 en 2?

                A      bbll, BbLl, Bbll, bbLl
                B      BbLL, Bbll, bbll, BBLL
                C      BBLL, BbLl, Bbll, bbll
                D      BbLl, Bbll, BbLL, bbLL

       1.1.10 ŉ Vrou met bloedgroep A het met ŉ man getrou en vier kinders gehad
              met bloedgroepe soos in die tabel hieronder getoon.

                      Kind 1          Kind 2            Kind 3            Kind 4
                        A               O                 A                 B

                Die genotipe van die man is ...

                A      IAi.
                B      IAIB.
                C      IBIB.
                D      IBi.
                                                                                  (10 x 2)   (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                         LEWENSWETENSKAPPE V2                            (EC/SEPTEMBER 2022)

 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf
     slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
     ANTWOORDEBOEK neer.

      1.2.1    ŉ Punt waar chromatiede tydens oorkruising oorvleuel

      1.2.2    ŉ Segment van DNS wat vir ŉ spesifieke proteïen kodeer

      1.2.3    ŉ Fase voor seldeling waartydens DNS-replisering plaasvind

      1.2.4    Genetiese materiaal wat gebruik word om vroulike voorgeslagte op te
               spoor

      1.2.5    ŉ Patroon van donker bande afkomstig van genetiese materiaal en wat
               uniek aan elke individu is

      1.2.6    Evolusie gekenmerk deur lang periodes van min of geen verandering
               gevolg deur kort periodes van vinnige verandering

      1.2.7    ŉ Groep organismes met soortgelyke eienskappe, wat terselfdertyd
               dieselfde habitat bewoon en in staat is om te kruisteel om vrugbare
               nageslag te produseer

      1.2.8    Die verandering in die genetiese samestelling van ŉ spesie oor tyd
                                                                              (8 x 1)      (8)

 1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
     A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
     Skryf slegs A, slegs B, BEIDE A en B of geeneen langs die vraagnommers
     (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                   KOLOM Ι                                  KOLOM ΙΙ
      1.3.1    ŉ Bewys vir evolusie          A:    Biogeografie
                                             B:    Meiose
      1.3.2    Setel van meiose              A:    Uterus
                                             B:    Ovariums
      1.3.3    ŉ Gebeurtenis wat tydens      A:    Oorkruising
               Metafase II plaasvind         B:    Ewekansige rangskikking van
                                                   chromosome
                                                                            (3 x 2)        (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                        LEWENSWETENSKAPPE V2                            7

 1.4 Albinisme is ŉ velafwyking wat veroorsaak word deur ŉ resessiewe alleel op ŉ
     outosoom. Die stamboomdiagram hieronder verteenwoordig die oorerwing van
     albinisme in ŉ familie. Gebruik N vir normale velkleur en n vir albinisme.

                                                           Vroulik sonder albinisme

                                                           Vroulik met albinisme

                                                           Manlik sonder albinisme

                                                           Manlik met albinisme

                      W

                                 X          Y       Z

       1.4.1    Hoeveel generasies word in die stamboomdiagram voorgestel?                (1)

       1.4.2    Gee die:

                (a)       Fenotipe van individu W                                         (1)

                (b)       Genotipe van individu X                                         (2)

                (c)       Genotipe van individu Y                                         (2)

       1.4.3    Wat is die persentasie kans dat individue Y en Z ŉ kind sal hê wat nie
                albinisme het nie?                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          LEWENSWETENSKAPPE V2                           (EC/SEPTEMBER 2022)

 1.5 Die diagram hieronder toon ŉ kort gedeelte van ŉ DNS-molekule.

                                             B

                                                                      A
                                  T

                                         C

      1.5.1    Wat is die natuurlike vorm van ŉ DNS-molekule?                             (1)

      1.5.2    Identifiseer:

               (a)    Suiker A                                                            (1)

               (b)    Die stikstofbasis B (volle naam vereis)                             (1)

               (c)    Binding C                                                           (1)

      1.5.3    Gee TWEE sigbare redes waarom die diagram hierbo ŉ DNS-molekule
               voorstel.                                                                  (2)

      1.5.4    Noem TWEE strukture in ŉ nie-verdelende menslike sel waar DNS
               aangetref word.                                                            (2)

                                                                TOTAAL AFDELING A:        50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                     LEWENSWETENSKAPPE V2                                9

 AFDELING B

 VRAAG 2
 2.1   ŉ Volgorde van stikstofbasisse in ŉ DNS-molekule word hieronder getoon.

                                   CCC – GGT – TCA
       2.1.1    Skryf die mRNS-kodonvolgorde neer wat van links na regs van die DNS-
                volgorde hierbo lees.                                                      (2)

       2.1.2    Die tabel hieronder toon die tRNS-antikodons en hul ooreenstemmende
                aminosure.

                                     Antikodon         Aminosuur
                                       CAA                Valien
                                       CCC               Glisien
                                       CGU               Alanien
                                       AAA            Fenielalanien
                                       UUA             Asparagien
                                       UAC              Metionien
                                       GGU               Prolien
                                       ACC              Triptofaan
                                       UCA                Serien

                Skryf die aminosure (in die korrekte volgorde) neer waarvoor die DNS-
                molekule hierbo gekodeer sal word.                                         (3)

       2.1.3    Tydens transkripsie het die eerste drietal in die DNS-volgorde van CCC
                na ACC verander.

                Verduidelik hoe dit die proteïen wat gevorm word, sal beïnvloed.           (4)

       2.1.4    Beskryf die rol van tRNS in translasie.                                    (2)

       2.1.5    Tabuleer TWEE verskille tussen die proses van DNS-replisering en
                transkripsie.                                                              (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                        LEWENSWETENSKAPPE V2                             (EC/SEPTEMBER 2022)

 2.2 Die diagram hieronder toon die kariotipes van manlike en vroulike vrugtevlieë.

                                    Kariotipe van ŉ manlike vrugtevlieg

                                      X    Y          2             3            4

        Vrugtevlieg                 Kariotipe van ŉ vroulike vrugtevlieg

                                       X   X          2             3            4

      2.2.1    Noem wat met die term kariotipe bedoel word.                                (2)

      2.2.2    Wat is die diploïede aantal chromosome van hierdie spesie
               vrugtevlieg?                                                                (1)

      2.2.3    Beskryf hoe geslagsbepaling by vrugtevlieë soortgelyk aan mense is.         (2)

 2.3 Die geen vir oogkleur in vrugtevlieë word op die X-chromosoom gedra en is
     dus geslagsgekoppel. Die alleel vir rooi oogkleur is dominant (XR) oor die alleel
     vir wit oogkleur (Xr).

      2.3.1    Noem Mendel se Wet van Dominansie.                                          (2)

      2.3.2    ŉ Heterosigotiese wyfie word met ŉ witoog mannetjie gepaar.

               Gebruik ŉ genetiese kruising om die moontlike genotipes en fenotipes
               van die nageslag te toon.                                                   (7)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                                   LEWENSWETENSKAPPE V2                                 11

 2.4 Die onderstaande histogram toon die reeks van hoogtes in ŉ monster
     roosplante.

                              10
                               9
                               8

          Aantal roosplante
                               7
                               6
                               5
                               4
                               3
                               2
                               1
                               0
                                    20–25       26–30       31–35         36–40        41–45
                                                          Hoogte (cm)

       2.4.1                   Watter tipe variasie word deur die hoogte van die roosplante getoon?        (1)

       2.4.2                   Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 2.4.1.                                 (2)

       2.4.3                   Rose met lang stele verkoop vir die hoogste prys omdat die langsteel
                               blomme pragtig in ŉ vaas lyk.
                               Planttelers kies plante met die langste stamme om te kruis. En hierdie
                               langstamplante oorleef nie noodwendig in die natuur nie, want wind kan
                               hulle buig en breek.

                               Verduidelik hoe hierdie praktyk van kruising van langsteelblomme ŉ
                               voorbeeld is van kunsmatige seleksie en nie natuurlike seleksie nie.        (4)

       2.4.4                   Wanneer roosplante met geel blomme met roosplante met rooi blomme
                               gekruis word, het die nageslag almal oranje blomme.

                               Wat word hierdie tipe dominansie genoem?                                    (1)

       2.4.5                   ŉ Plantteler het net plante met oranje blomme. Kan sy rooi nageslag
                               van hierdie blomme produseer? Verduidelik jou antwoord.                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                        LEWENSWETENSKAPPE V2                          (EC/SEPTEMBER 2022)

 2.5 Die diagram hieronder toon ŉ sel wat tydens meiose nie-disjunksie van
     chromosome ondergaan het.

                        A              B           C             D

      2.5.1    Gedurende watter fase van meiose het hierdie nie-disjunksie van
               chromosome plaasgevind?                                                   (1)

      2.5.2    Noem die tipe mutasie wat uit nie-disjunksie van chromosome sal
               voortspruit.                                                              (1)

      2.5.3    Verduidelik die afwyking wat uit nie-disjunksie van chromosoompaar
               21 by die mens sal voortspruit.                                           (4)

      2.5.4    Teken sel A om die chromosoomsamestelling aan die einde van
               meiose 2 van hierdie seldeling te toon.                                   (2)

      2.5.5    Noem die tipe selle wat aan die einde van meiose by ŉ man vervaardig
               sal word.                                                                (1)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                    LEWENSWETENSKAPPE V2                                    13

 VRAAG 3

 3.1 Kloning word gebruik om ŉ verskeidenheid huisdiere te produseer. Die koste
     om ’n gekloonde dier te produseer kan egter tot R300 000 beloop.

       Wetenskaplikes het ŉ ondersoek gedoen om die sukseskoers van kloning by
       verskillende diere te bepaal.

       Die sukseskoers word bepaal as die persentasie kleintjies wat lewendig gebore
       is uit die embrio's wat na die moeder oorgedra is.

       Die onderstaande tabel toon die aantal embrio’s wat na die surrogaatmoeder
       oorgedra is en die aantal kleintjies wat lewendig gebore is uit die gekloonde
       embrio’s.

                         Aantal embrio’s
                           wat na die         Aantal kleintjies
                        surrogaatmoeder        wat lewendig           Persentasie
           Dier            oorgedra is          gebore is             suksessyfer
          Skape               110                    50                    46
          Beeste              250                    70                    28
          Bokke                26                     8                    31
           Varke                9                     5                    56

       3.1.1    Noem EEN rede waarom hierdie resultate as betroubaar beskou
                word.                                                                          (1)

       3.1.2   Identifiseer die afhanklike veranderlike in hierdie ondersoek.                  (1)

       3.1.3   Teken ŉ staafgrafiek om die persentasie suksessyfer by die
               verskillende diere te vergelyk.                                                 (6)

       3.1.4   Noem EEN voordeel van kloning.                                                  (1)

       3.1.5    Gebruik die inligting wat gegee word en verduidelik TWEE nadele
                van die kloning van beeste vir vleisproduksie.                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                         LEWENSWETENSKAPPE V2                              (EC/SEPTEMBER 2022)

 3.2 Lees die uittreksel hieronder.

           ’N BEWEGING (VERANDERING) NA GEEN SLAGTANDE NIE – ’N
                OLIFANT SE VERHAAL VAN NATUURLIKE SELEKSIE

      Die studie van Afrika-olifante in die Gorongosa Nasionale Park, Mosambiek,
      het bevind dat ŉ genetiese toestand wat tot tandlose wyfies gelei het, meer
      algemeen geword het ná die 15-jaar lange burgeroorlog. Meer as 90% van
      Mosambiek se olifantbevolking is doodgemaak en die ivoor is gebruik om die
      oorlog te finansier.

      Voor die oorlog is slegs twee uit elke honderd vroulike Afrika-olifante sonder
      slagtande gebore. Maar dié syfer het gestyg, 33% van die 91 vroulike olifante
      wat sedert die einde van die oorlog gebore is, was sonder slagtande.

      Olifante eet gewoonlik gras, blare, vrugte, die bas van bome en die wortels van
      peulgewasse. Die tandlose olifante het egter hul dieet verander (aangepas).
      Sonder lang slagtande om die bas van bome af te skil en wortels op te grawe,
      eet die wyfies meestal gras.

      Nou bestudeer die wetenskaplikes hoe dit hierdie spesie en sy omgewing sal
      beïnvloed.

                      Olifant met slagtande            Olifant sonder slagtande

      3.2.1    Skryf ŉ sin uit die uittreksel neer wat die natuurlike dieet van olifante
               MET SLAGTANDE verduidelik.                                                    (1)

      3.2.2   Bereken die aantal tandlose vroulike olifante wat sedert die einde van
              die oorlog gebore is.                                                          (3)

      3.2.3   Verduidelik die evolusie van die tandlose olifantbevolking deur Darwin
              se teorie van natuurlike seleksie te gebruik.                                  (5)

      3.2.4   Verduidelik hoe die verandering in die olifant se dieet die plantegroei
              sal beïnvloed, as die aantal tandlose olifante toeneem.                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                    LEWENSWETENSKAPPE V2                                 15

 3.3 Die onderstaande diagram hieronder toon die skedels van die drie hominiede.

                                                     Gorilla

                                                   Australopithecus sp

                                                      Homo sapiens

       3.3.1    Gee TWEE strukturele kenmerke van die skedel van die
                Australopithecus sp. wat meer soortgelyk is aan die gorilla as Homo
                sapiens.                                                                    (2)

       3.3.2    Verduidelik hoe die grootte van die slagtande by ŉ gorilla gebruik word
                as bewyse vir hul dieet.                                                    (2)

       3.3.3    Wat is ŉ foramen magnum?                                                    (1)

       3.3.4    Die posisie van die foramen magnum in Homo sapiens verskil van die
                posisie in ŉ gorilla.

                Verduidelik wat dit vir ons sê oor die manier waarop hierdie twee
                hominiede rondbeweeg het.                                                   (4)

       3.3.5    Verduidelik die belangrikheid van ŉ toename in die grootte van die
                kranium (breinkas) in die evolusie van Homo sapiens.                        (2)

 3.4 Beskryf hoe die ouderdom en ligging van hominiedfossiele die ‘Uit Afrika’
     hipotese ondersteun.                                                                  (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                        LEWENSWETENSKAPPE V2                          (EC/SEPTEMBER 2022)

 3.5 Die diagram hieronder toon moontlike evolusionêre verwantskappe tussen
     sommige hominiede.

      3.5.1    Wat word hierdie tipe diagram genoem?                                     (1)
      3.5.2    Hoeveel genera word in hierdie diagram voorgestel?                        (1)
      3.5.3    Wanneer het Homo erectus uitgesterf?                                      (1)
      3.5.4    Noem die mees onlangse gemeenskaplike voorouer van al die Homo-
               spesies.                                                                  (1)
      3.5.5    Verduidelik waarom Homo erectus nie as die direkte voorouer vir Homo
               sapiens gesien kan word nie.                                              (2)
      3.5.6    Noem, volgens die bostaande diagram, EEN spesie wat moontlik deur
               Homo sapiens uitgekompeteer is.                                           (1)
      3.5.7    Noem die wetenskaplike wat Australopithecus sediba in die Malapa-
               grotte – in die Wieg van die Mensdom – ontdek het.                        (1)
      3.5.8    Noem TWEE terreine waar Australopithecus africanus-fossiele in Suid-
               Afrika ontdek is.                                                        (2)
                                                                                       [50]
                                                           TOTAAL AFDELING B:          100
                                                               GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-sept2019-afrikaans-final/88f6122c-22ff-4c15-93fa-fe3e2368921c) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f) — Life Sciences · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
