# Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/13d7c9c8-15ee-4ae8-9e7d-b86c6cb669b9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/13d7c9c8-15ee-4ae8-9e7d-b86c6cb669b9)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2023

                  LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

2                             LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.     Beantwoord AL die vrae.

2.     Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.     Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik word.

5.     Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.     Maak ALLE sketse met ŉ potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.     Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.     Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
       NIE.

9.     MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.    Jy moet ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.

11.    Alle berekeninge moet tot TWEE desimale plekke afgerond word.

12.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                  LEWENSWETENSKAPPE V2                                   3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
       die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

       1.1.1    Die onderstaande sleutel toon die hoofkomponente van ŉ DNS/DNA-
                molekule en die sterkte van die bindings wat hulle bymekaar hou.

                                               SLEUTEL

                          swak       sterk     suiker    fosfaat      stikstof
                          binding    binding              groep        basis

                Watter een van die volgende diagramme toon die korrekte kombinasie
                van komponente van ŉ DNS/DNA-molekule?

       1.1.2    Lamarck se ‘wette’ van gebruik en ongebruik en oorerwing van
                verworwe eienskappe is ...

                A     verwerp, want slegs eienskappe wat die nageslag bevoordeel,
                      kan oorgeërf word.
                B     nie verwerp nie, want bewyse toon dat verworwe eienskappe
                      oorgeërf kan word.
                C     verwerp, want slegs eienskappe waarvoor in die DNS/DNA
                      gekodeer word, kan oorgeërf word.
                D     nie verwerp nie, want Darwin se teorie ondersteun Lamarck se
                      idees.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

4                                                LEWENSWETENSKAPPE V2                      (EC/SEPTEMBER 2023)

     1.1.3   ŉ Eienskap wat ŉ reeks fenotipes het, is ŉ voorbeeld van ...

             A                       kontinue variasie.
             B                       diskontinue variasie.
             C                       volledige dominansie.
             D                       kodominansie.

     1.1.4   Downsindroom is die gevolg van:

             A                       ŉ Gameet, sonder chromosoom 21, wat versmelt met ŉ normale
                                     gameet
             B                       ŉ Normale gameet wat versmelt met ŉ gameet met ŉ ekstra
                                     chromosoom 21
             C                       Twee gamete, elk met ŉ ekstra chromosoom 21, wat versmelt
             D                       Daar is 3 chromosoom 21 in die gameet

     1.1.5   Die onderstaande grafiek toon die broeitye vir verskillende soorte
             paddas.

                 Paringsaktiwiteit
                                                  Hout-        Bos-      Boom       Brul
                                                  padda        padda     padda      padda

                                       Maart 1     April 1     Mei 1   Junie 1   Julie 1   Aug 1
                                                               TYD

             Die bostaande grafiek toon ŉ voorbeeld van ...

             A                       biogeografie.
             B                       natuurlike seleksie.
             C                       spesiasie.
             D                       reproduktiewe isolasie.

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                  LEWENSWETENSKAPPE V2                                    5

       1.1.6    Watter hominienspesie het die langste tyd op aarde deurgebring,
                volgens die tydlyn hieronder?

                A     Homo erectus
                B     Ardipithecus ramidus
                C     Australopithecus afarensis
                D     Homo sapiens

       1.1.7    By muise is bruin pels dominant oor wit pels. As ŉ heterosigotiese bruin
                muis, verskeie kere, met ŉ wit muis gepaar word en 80 nakomelinge
                word voortgebring, hoeveel kan verwag word om wit te wees?

                A     80
                B     40
                C     0
                D     20

 VRAE 1.1.8 EN 1.1.9 VERWYS NA DIE VOLGENDE STAMBOOMDIAGRAM

 Albinisme is ŉ velafwyking wat veroorsaak word deur ŉ resessiewe alleel op ŉ
 outosoom. Die stamboomdiagram hieronder verteenwoordig die oorerwing van
 albinisme in ŉ familie.

                                                              Vrou nie geaffekteer nie

                                                              Vrou geaffekteer

                                                              Man nie geaffekteer nie

                                                              Man geaffekteer

                                          Y           Z

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                              LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/SEPTEMBER 2023)

      1.1.8     Hoeveel generasies word deur die bostaande diagram voorgestel?

                A     1
                B     2
                C     3
                D     4

      1.1.9     Die waarskynlikheid dat individue Y en Z ŉ kind met albinisme sal hê,
                is ...

                A     25%
                B     50%
                C     75%
                D     100%

      1.1.10    Homoloë strukture dui aan dat die ...

                A     strukture op beide chromatiede aangetref word.
                B     organismes dieselfde alleel van albei ouers ontvang het.
                C     organismes ŉ gemeenskaplike voorouer het.
                D     organismes die struktuur vir dieselfde funksie gebruik.
                                                                              (10 x 2)    (20)

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings.
      Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      1.2.1    Strukture, wat in die kern aangetref word, wat uit ŉ DNS/DNA-molekuul
               en proteïene bestaan

      1.2.2    ŉ Gedeelte van ŉ DNS/DNA-molekuul wat vir ŉ spesifieke eienskap
               kodeer

      1.2.3    Die wetenskaplike wat die beginsel van onafhanklike sortering
               voorgestel het

      1.2.4    Die binding wat tussen twee aminosure gevorm word

      1.2.5    Die boustene (monomere) van DNS/DNA

      1.2.6    Ongedifferensieerde dierselle wat die vermoë het om in enige seltipe te
               verander

      1.2.7    Het ŉ bo- of onderkaak wat abnormaal vorentoe uitsteek

      1.2.8    Die verduideliking dat spesies vir lang periodes geen fisiese
               verandering ondergaan nie, gevolg deur kort periodes van vinnige
               fisiese verandering
                                                                         (8 x 1)            (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                  LEWENSWETENSKAPPE V2                                    7

1.3    Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
       A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
       Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
       (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                      KOLOM Ι                                     KOLOM ΙΙ
       1.3.1    Veroorsaak deur ŉ                 A:      Hemofilie
                geenmutasie                       B:      Downsindroom
       1.3.2    Somatiese sel                     A:      Haploïed
                                                  B:      Sel van die vel
       1.3.3    Allele wat slegs uitgedruk word   A:      Resessief
                wanneer twee kopieë               B:      Heterosigoties
                teenwoordig is
                                                                                (3 x 2)     (6)

1.4    Bestudeer die onderstaande diagram van twee chromosome.

                                                  D

                           A

                                            p               P

                                            q               Q
                                            C
                           B
                                            r               R
                                                            D
                                            s               S

                                            t               T

                                                      C

       1.4.1    Noem die proses wat in die bostaande diagram plaasvind.                     (1)

       1.4.2    Gedurende watter fase van meiose vind die proses plaas?                     (1)

       1.4.3    Verskaf byskrifte vir die volgende dele:
                (a)   A                                                                     (1)

                (b)   B                                                                     (1)
                (c)   C                                                                     (1)

       1.4.4    Teken chromatied D aan die einde van meiose.                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

8                              LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/SEPTEMBER 2023)

1.5   By konyne is die oorerwing van twee kenmerke bestudeer, haarkleur en
      oogkleur. Elkeen van hierdie kenmerke het twee variasies.

      Hare kan grys of wit wees en oë kan swart of rooi van kleur wees. Die simbole
      G en g word vir die twee variasies in haarkleur gebruik en die simbole B en b
      word vir die twee variasies in oogkleur gebruik.

      Toe twee konyne, wat heterosigoties was vir haarkleur en oogkleur, gekruis
      is, is die volgende resultate verkry:

                Aantal nakomelinge                             Kenmerk
       Grys hare en Swart oë                                      9
       Grys hare en Rooi oë                                       3
       Wit hare en Swart oë                                       3
       Wit hare en Rooi oë                                        1

      1.5.1    Noem die term vir 'n genetiese kruising wat twee kenmerke behels.         (1)

      1.5.2    Gee al die moontlike gamete van die ouers                                 (2)

      1.5.3    Gee die:

               (a)   Dominante alleel vir haarkleur                                      (1)

               (b)   Genotipe vir ŉ wit-haar, rooi-oog konyn                             (2)

               (c)   Fenotipe van ŉ konyn wat heterosigoties is vir haarkleur en
                     homosigoties dominant vir oogkleur                                  (2)
                                                                                        [50]

                                                               TOTAAL ADELING A:         50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                    LEWENSWETENSKAPPE V2                                  9

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1   Die onderstaande diagram toon ŉ gedeelte van die proses betrokke by die
       maak van ŉ proteïen.

         Molekuul 1
                           T       G      C     C      A       C      A      C       C

                           A                            C
         Molekuul 2

                                                         X

       2.1.1    Verskaf die naam van:

                (a)   Molekuul 1                                                            (1)
                (b)   Molekuul 2                                                            (1)

       2.1.2    Noem die proses wat in die diagram hierbo getoon word.                      (1)

       2.1.3    In watter organel in die sel vind die proses plaas wat in VRAAG 2.1.2
                genoem word?                                                                (1)

       2.1.4    Gee die nukleotiedvolgorde vir molekule 2. Skryf die volledige volgorde
                van links na regs neer (begin met die gegewe basis A).                      (3)

                Die onderstaande tabel toon die aminosure waarvoor elke
                oRNS (tRNA)-antikodon kodeer.

                      oRNS (tRNA) antikodon                     Aminosuur
                              GAA                                Leusien
                              CUU                                 Lisien
                              GGA                                 Glisien
                              UGC                                Sisteïen
                              CGC                                Alanien
                              UAC                                Tirosien
                              AGG                                Arginien
                              CAC                                 Valien
                              ACC                                Treonien

       2.1.5    Gebruik die tabel om die aminosuurvolgorde, van links na regs,
                waarvoor deur molekuul 1 gekodeer word, te bepaal.                          (3)

       2.1.6    Verduidelik hoe die fout by punt X op molekuul 2 die proteïen wat vorm
                sal verander.                                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

10                              LEWENSWETENSKAPPE V2                      (EC/SEPTEMBER 2023)

2.2   Lees die uittreksel hieronder.

      Aangebore nagblindheid is ŉ geslagsgekoppelde afwyking. Dit word
      veroorsaak deur ŉ resessiewe geen op die X-chromosoom. Mense met hierdie
      afwyking sukkel om snags duidelik te sien en ervaar ander visuele probleme
      soos bysiendheid en verlies aan visuele skerpte.
      Gebruik (N) vir normale nagvisie en (n) vir aangebore nagblindheid.

      2.2.1    Noem die:
               (a)    Genotipe van die alleel wat aangebore nagblindheid veroorsaak        (1)
               (b)    Genotipe van ŉ vroulike individu met aangebore nagblindheid          (2)

      2.2.2    Gee TWEE redes waarom mense met hierdie afwyking dalk nie ŉ
               bestuurslisensie kan kry nie.                                               (2)
      2.2.3    ŉ Man met aangebore nagblindheid het ŉ seun by ŉ vrou wat nie die
               alleel dra nie.

               (a)    Gee die fenotipe van hul seun.                                       (1)
               (b)    Verduidelik jou antwoord in VRAAG 2.2.3 (a).                         (3)
2.3   ŉ Vrou het twee moontlike mans geïdentifiseer wat die pa van haar kind kan
      wees. Hieronder is die resultate van ŉ DNS/DNA-profielvaderskaptoets en ŉ
      bloedvaderskaptoets.

      Bloedtoets resultate                      DNS/DNA-profiel resultate
                                                Baba   Moeder Pa 1      Pa 2
                     Bloedgroep
        Baba             O
        Moeder           B
        Pa 1             AB
        Pa 2             A

      2.3.1    Gebruik die DNS/DNA-profielresultate en verduidelik hoekom Pa 2 die
               vader van die baba is.                                                      (3)

      2.3.2    Gebruik die bloedtoetsresultate om te verduidelik waarom Pa 1 nie
               volgens die bloedresultate die pa van die kind kan wees nie.                (3)

      2.3.3    Gebruik ŉ genetiese kruising om, die persentasie kans, te toon vir die
               moeder en Pa 2 om ŉ baba met bloedgroep O te hê.                            (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                 11

       2.3.4    Verduidelik hoekom bloedtoetsresultate nie betroubaar is om
                vaderskap te bepaal nie.                                                 (2)

       2.3.5    Noem TWEE ander gebruike van DNS/DNA-profilering behalwe
                vaderskaptoetse.                                                         (2)

2.4    Die onderstaande diagram toon ŉ sel wat meiose ondergaan.

                           SEL 1                         SEL 2

        X

         A

         B

       2.4.1    Gee die fase van meiose wat in die diagram hierbo getoon word.           (1)

       2.4.2    Gee EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 2.4.1.                            (1)

       2.4.3    Gee die funksies van die volgende dele tydens meiose:

                (a)   A                                                                  (1)

                (b)   B                                                                  (1)

       2.4.4    Noem die tipe chromosomale mutasie wat by X voorkom.                     (1)

       2.4.5    Verduidelik TWEE prosesse wat in die diagram getoon word wat tot
                variasie in die nageslag lei.                                            (4)

       2.4.6    Hoeveel chromosome sal in SEL 2 aan die einde van meiose aangetref
                word?                                                                   (2)
                                                                                       [50]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

12                            LEWENSWETENSKAPPE V2                         (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 3

3.1   Lees die onderstaande uittreksel.

      Die kwagga was ŉ subspesie van die vlaktesebra. Hulle is in die 19de eeu tot
      op die punt van uitwissing gejag. Hulle het korter en breër lywe as die Vlakte-
      sebra gehad en het ligbruin pels met swart strepe gehad. Die Vlakte-sebra het
      wit pels met swart strepe oor die hele liggaam. Die kwagga het net strepe op
      die voorste deel van hul liggame gehad. Wetenskaplikes het al Vlakte-sebras
      met eienskappe soortgelyk aan dié van die kwagga gekruis en het nou sowat
      200 diere voortgebring wat soos die uitgestorwe kwagga in Suid-Afrika lyk.

                         Vlakte-sebra                            Kwagga

      3.1.1    Noem die proses wat deur wetenskaplikes gebruik word om die
               kwagga te teel.                                                             (1)

      3.1.2   Gee TWEE kenmerke, uit die uitreksel, waarna wetenskaplikes in die
              vlaktesebra wat hulle kruis, soek.                                           (2)

      3.1.3   Hoe kan wetenskaplikes bepaal of die kwagga steeds dieselfde spesie
              as die Vlaktesebra is?                                                       (2)

      3.1.4    Verduidelik hoe uitwissing ŉ positiewe uitwerking op biodiversiteit kan
               hê.                                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)                  LEWENSWETENSKAPPE V2                                  13

3.2    In 2012 het professor Lee Berger ŉ nuwe hominienspesie ontdek, wat
       Australopithecus sediba genoem is. Drie jaar later, in 2015, is nog ŉ nuwe
       hominienspesie ontdek.
       Hierdie nuwe spesie is Homo naledi genoem. Fossiele van beide hierdie
       hominienspesies is in ŉ gebied in Suid-Afrika bekend as die ‘Wieg van die
       Mensdom’ gevind.

       Australopithecus sediba              Homo naledi               Homo sapiens

       3.2.1    Watter van die twee fossiele (Australopithecus sediba of Homo naledi)
                is vermoedelik nader verwant aan moderne mense?                            (1)

       3.2.2    Gee EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 3.2.1.                              (1)

       3.2.3    Beskryf DRIE anatomiese kenmerke waarna professor Berger sou
                gesoek het toe hy die fossiele ondersoek het, om vas te stel dat
                Australopithecus sediba tweevoetig was.                                    (3)

       3.2.4    Gee die wetenskaplike naam van EEN ander hominienspesie waarvan
                fossiele in die Wieg van die Mensdom ontdek is.                            (1)

       3.2.5    Waarom word hierdie gebied die ‘Wieg van die Mensdom’ genoem?              (2)

       3.2.6    Verduidelik hoe mitochondriale DNS/DNA gebruik word om te bewys dat
                moderne mense in Afrika ontstaan het.                                      (4)

3.3    Die evolusieteorie is gebaseer op baie bewyse.

       3.3.1    Definieer biologiese evolusie.                                             (2)

       3.3.2    Waarom word die evolusieteorie as ŉ wetenskaplike teorie beskou?           (2)

       3.3.3    Tabuleer EEN verskil tussen ŉ teorie en ŉ hipotese.                        (3)

       3.3.4    Noem TWEE bronne waar wetenskaplikes bewyse vir evolusie aantref.          (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

14                              LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/SEPTEMBER 2023)

3.4   Mielieplante word deur die Europese mielieboorder aangetas, ŉ klein wurmpie,
      wat die mielieplant vreet en die vernietiging van ŉ boer se hele oes kan
      veroorsaak.
      Die Bt-geen wat in bakterieë voorkom, produseer ŉ gif wat die Europese
      mielieboorder doodmaak sonder om mense te benadeel. Wetenskaplikes het
      daarin geslaag om hierdie geen uit die bakterieë te onttrek en dit in die DNS/DNA
      van mielieplante in te voeg. Wanneer die Europese mielieboorder die mielieplant
      eet, sal dit baie vinnig vrek.

      3.4.1      Noem die proses waardeur die genetiese samestelling van ŉ organisme
                 verander word om ŉ nuwe eienskap in te sluit.                             (1)

      3.4.2      Gee die term wat verwys na DNS/DNA waarby ŉ geen gevoeg is.               (1)

      3.4.3      Verduidelik EEN manier waarop mielies met die Bt-geen boere
                 ekonomies kan bevoordeel.                                                 (2)

      3.4.4      Verduidelik EEN rede waarom die gebruik van Bt-gene in mielieplante ŉ
                 negatiewe uitwerking op die omgewing kan hê.                              (2)

3.5   In Suid-Afrika het tuberkulosebakterieë bestand geword teen baie van die
      gewone behandelings vir TB. Rifampicin is tans die mees doeltreffende middel
      wat gebruik word om TB te behandel. Daar is egter ŉ aantal tuberkulose-
      bakteriestamme wat ook teen hierdie middel weerstandig geword het.
      Rifampicin-weerstandige bakterieë kan met bedaquiline behandel word.

      Twee tipes bedaquiline behandelings is beskikbaar:
      • Tablette wat daagliks by die huis geneem kan word
      • ŉ Inspuiting waarvoor die pasiënt weekliks na die kliniek moet terugkeer.

      Wetenskaplikes wou bepaal watter behandeling die hoogste oorlewingsyfer, na
      24 maande, sou hê.

      •    ŉ Groep van 200 deelnemers met rifampicin-weerstandige TB is gekies.
      •    Alle deelnemers was 18 jaar of ouer.
      •    100 pasiënte het die tabletbehandeling vir 9 maande gekry.
      •    100 pasiënte het die inspuitingbehandeling vir 9 maande gekry.
      •    Hulle gesondheidstatus/-toestand is 24 maande nadat hulle met die
           behandeling begin het, gemeet.

      Die tabel hieronder toon die suksessyfer van die twee behandelings.

          Behandeling       Aantal           Aantal          Aantal        Aantal
                          deelnemers    deelnemers wat     deelnemers    deelnemers
                              wat            nie die       wat aan TB    wat van TB
                         herhaaldelik     behandeling      gesterf het    genees is
                         TB gehad het    voltooi het nie
          Tablette             1               4               24             71
          Inspuiting           2               12              28             X

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                15

       3.5.1    Gee die onafhanklike veranderlike.                                      (1)

       3.5.2    Gee EEN rede waarom hierdie studie as betroubaar beskou kan word.       (1)

       3.5.3    Bereken die aantal deelnemers wat die inspuitingsbehandeling
                ondergaan het, wat van TB genees is.                                    (3)

       3.5.4    Verduidelik EEN moontlike rede waarom meer mense nie die
                inspuitbare behandeling voltooi het nie.                                (2)

       3.5.5    Verduidelik hoe tuberkulosebakterieë moontlik weerstand teen
                rifampicin ontwikkel het, volgens Darwin se Teorie van Natuurlike
                Seleksie.                                                               (5)

       3.5.6    Gee TWEE maniere waarop die wetenskaplikes die geldigheid van
                hierdie studie kan verbeter.                                            (2)

       3.5.7    Verduidelik waarom die gesondheidstatus van die deelnemers eers
                24 maande na die neem van die behandelings aangeteken is.              (2)
                                                                                      [50]

                                                          TOTAAL AFDELING B:           100
                                                              GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-memo-sept2023-afrikaans/4a6384bb-d099-47ae-9fde-15f096079e67) — Life Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans/7cca7322-63ed-4fb0-a67b-5df57d647597) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-sept2019-afrikaans-final/88f6122c-22ff-4c15-93fa-fe3e2368921c) — Life Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
