# Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-afrikaans/cddf2a6b-34e3-43fe-a8bc-5add5edab7f3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2024-afrikaans/cddf2a6b-34e3-43fe-a8bc-5add5edab7f3)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIORSERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2024

                  LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

                    Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                           LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.    Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.    Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.    Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.

8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

9.    MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.   Jy moet ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
      waar nodig.

11.   Alle berekeninge moet tot TWEE desimale plekke afgerond word.

12.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                    LEWENSWETENSKAPPE V2                                     3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
    die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot
    1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 D.

     1.1.1    Die verskillende faktore wat die verskillende eienskappe beheer, is
              afsonderlike entiteite, wat mekaar nie op enige manier beïnvloed nie, en
              sorteer hulself onafhanklik tydens gameetvorming uit.

              Dit verwys na ...

              A       Mendel se beginsel van segregasie
              B       Mendel se beginsel van onafhanklike sortering
              C       Lamarck se ‘wet’ van oorerwing van verworwe eienskappe
              D       Kanse van bevrugting

     1.1.2    Veelvuldige allele bestaan wanneer ...

              A       een alleel die oorerwing van ŉ geen beheer.
              B       twee allele die oorerwing van ŉ geen beheer.
              C       allele van twee ouers geërf word.
              D       meer as twee allele die oorerwing van ŉ geen beheer.

     1.1.3    Hoeveel stikstofbasisse word in ŉ proteïen wat uit 66 aminosure
              bestaan aangetref?

              A       198
              B       22
              C       132
              D       66

     1.1.4    ŉ Strukturele verskil tussen nukleïensure is:

                               DNS/DNA                               RNS/RNA
              A        Dubbelegestringde-molekuul         Reguit-molekuul
              B        Bevat die stikstofbasis, urasiel   Bevat die stikstofbasis, timien
              C        Reguitgestringe                    Heliks-struktuur
              D        Korter molekuul                    Langer molekuul

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 LEWENSWETENSKAPPE V2                  (EC/SEPTEMBER 2024)

     1.1.5       Die diagram hieronder toon ŉ fase in seldeling.

                 Die fase in die diagram hierbo is ...

                 A    profase II.
                 B    telofase II.
                 C    telofase I.
                 D    telofase.

     VRAE 1.1.6          EN 1.1.7     IS   OP    DNS/DNA-PROFILERING   HIERONDER
     GEBASEER.

             A               B             C             D         E        F

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                                 Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                        LEWENSWETENSKAPPE V2                                   5

     1.1.6    Die ouers van individu B is ...

              A        A en F.
              B        C en E.
              C        A en E.
              D        D en F.

     1.1.7    Watter EEN van die volgende opsies word NIE vir DNS/DNA-profilering
              gebruik NIE?

              A        Bypassende weefsels vir orgaanoorplantings.
              B        Diagnose van oorerflike afwykings.
              C        Ontwikkeling van geneesmiddels vir oorerflike afwykings.
              D        Biologiese bewyse in kriminele sake.

     1.1.8    Die diploïede chromosoomsamestelling in normale menslike mans is ...

              A        44 outosome + XX gonosome/liggaamselle.
              B        22 outosome + Y gonosome/liggaamselle.
              C        22 outosome + XY gonosome/liggaamselle.
              D        44 outosome + XY gonosome/liggaamselle.

     1.1.9     ŉ Mutasie kan die volgende uitwerkings/effekte hê:

               (i)     Kodeer vir dieselfde aminosuur
               (ii)    Verander die proteïen wat gevorm word
               (iii)   Veroorsaak siektes in ŉ organisme
               (iv)    Nie uitgedruk word in die organisme se fenotipe nie
               (v)     Verhoog kanse op oorlewing

               Watter EEN van die bogenoemde kombinasies is SLEGS as gevolg van
               skadelike mutasies?

               A       (i), (ii) en (iv)
               B       (ii) en (v)
               C       slegs (iii)
               D       (ii) en (iii)
                                                                                    (9 x 2)    (18)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

                                 Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                          LEWENSWETENSKAPPE V2                            (EC/SEPTEMBER 2024)

1.2 Gee die biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
    die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die ANTWOORDEBOEK
    neer.

     1.2.1   Voorstelling van die getal, vorm en rangskikking van chromosome in
             die nukleus van ŉ somatiese sel

     1.2.2   Ligging van ekstra-nukleêre DNS/DNA, slegs in plantselle

     1.2.3   Die kontakpunt as nie-susterchromatiede mekaar tydens oorkruising
             oorvleuel

     1.2.4   ŉ Bloedgroep wat twee resessiewe allele het

     1.2.5   Posisie van ŉ geen op ŉ chromosoom

     1.2.6   ŉ DNS/DNA-string waar nukleotiede aanheg om ŉ nuwe DNS/DNA-
             string te bou

     1.2.7   ŉ Toestand wat deur ŉ ekstra chromosoom by posisie 21 gekenmerk
             word

     1.2.8   Die tipe bindings wat stikstofbasisse in ŉ DNS/DNA-molekuul aan
             mekaar heg

     1.2.9   ŉ Toestand van die sel waar daar slegs een stel chromosome is
                                                                        (9 x 1)          (9)

1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM Ι, van toepassing is op SLEGS
    A, SLEGS B, BEIDE A en B, of GEENEEN van die items in KOLOM ΙΙ nie.
    Skryf slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommers
    (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                       KOLOM Ι                                 KOLOM ΙΙ
     1.3.1   Tipe variasie wat in bloedgroepe        A:    Ko-dominansie
             bestaan                                 B:    Diskontinue variasie
     1.3.2   Sitokinese kom twee keer voor           A:    Meiose
                                                     B:    Mitose
     1.3.3   Afwesigheid van bloedstollingsfaktore   A:    Hemofilie
                                                     B:    Kleurblindheid
                                                                            (3 x 2)      (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   LEWENSWETENSKAPPE V2                                  7

1.4 Groeihormoon is belangrik in die bevordering van skelet en spiergroei. Dit kan
    geproduseer word met behulp van rekombinante DNA-tegnologie, vir mense wat
    nie hierdie hormoon afskei nie of waar onderafskeiding daarvan voorkom.

             MENSLIKE GROEIHORMOON PRODUKSIE MET BEHULP VAN
                    REKOMBINANTE DNS/DNA-TEGNOLOGIE

                 Bakteriese
                 chromosoom

     1.4.1    Noem die biotegnologiese proses wat hierbo getoon word.                      (1)

     1.4.2    Identifiseer struktuur X wat in ŉ bakteriese sel voorkom wat in
              bogenoemde proses gebruik word.                                              (1)

     1.4.3    Noem die organiese katalisators wat gebruik word om struktuur X te sny.      (1)

     1.4.4    Gee EEN voordeel van die:

              (a)     Gebruik van groeihormoon deur sportatlete                            (1)

              (b)     Proses genoem in VRAAG 1.4.1 vir diabete                             (1)

     1.4.5    Noem TWEE eienskappe van bakterieë wat hulle geskik maak om in die
              bogenoemde proses gebruik te word.                                           (2)

     1.4.6    Beskryf EEN waarneembare funksie van die klewerige punte soos
              geïllustreer in die bostaande proses.                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                             LEWENSWETENSKAPPE V2                        (EC/SEPTEMBER 2024)

1.5 Die diagram hieronder toon twee modelle wat gebruik word om die evolusieteorie
    te verduidelik.

     1.5.1   Identifiseer die evolusieteorie in MODEL 2.                                   (1)

     1.5.2   Noem die TWEE wetenskaplikes wat die evolusieteorie in MODEL 2
             voorgestel het.                                                               (2)

     1.5.3   Watter evolusionêre MODEL 1 of 2:

             (a)     Toon klein geleidelike veranderinge in organismes van een
                     generasie na die ander?                                               (1)

             (b)     Word deur die afwesigheid van oorgangsfossiele ondersteun?            (1)

             (c)     Word deur ŉ wetenskaplike wat die evolusieteorie deur natuurlike
                     seleksie ondersteun?                                                  (1)

     1.5.4   Noem wat onderskeidelik met spesies by punte A en B in MODEL 2
             gebeur.                                                                       (2)

     1.5.5   Noem die tipe evolusie waar daar oor tyd ŉ verandering in kenmerke van
             ŉ spesie voorkom.                                                             (1)

                                                             TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                     LEWENSWETENSKAPPE V2                               9

AFDELING B

VRAAG 2

2.1    Die diagramme hieronder toon ŉ DNA-molekuul en ŉ fase in meiose.

                                                           B

                                    A

                                                               E

                                                                               C
                                         D

               DIAGRAM 1                             DIAGRAM 2

       2.1.1    Watter fase van meiose word in DIAGRAM 2 voorgestel?                       (1)

       2.1.2    Identifiseer:

                (a)   Deel C                                                               (1)

                (b)   Die versamelnaam vir chromosome B en E                               (1)

                (c)   Die fase in meiose waar deel A verdeel                               (1)

       2.1.3    Hoeveel chromatiede van die swart-geskakeerde chromosome in
                DIAGRAM 2 het identiese DNS/DNA?                                           (1)

       2.1.4    Beskryf die samestelling van ŉ nukleotied in DIAGRAM 1.                    (2)

       2.1.5    Noem en verduidelik die belangrikheid van die proses wat in DNS
                tydens interfase plaasvind en wat tot die chromosoomvoorkoms in
                DIAGRAM 2 lei.                                                             (3)

       2.1.6    Verduidelik die rol van deel D in metafase I van meiose.                   (3)

2.2    Noem en beskryf die proses waar tRNS ŉ rol in die vorming van ŉ proteïen speel.     (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                                Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            LEWENSWETENSKAPPE V2                          (EC/SEPTEMBER 2024)

2.3 Lees die uittreksel hieronder.

     Geenterapie is ŉ mediese tegniek wat genetiese materiaal gebruik om siektes
     soos sistiese fibrose, sekelselsiekte en makulêre degenerasie te voorkom en te
     teiken. By makulêre degenerasie word die retinaselle beskadig. Hierdie
     genetiese siektes word veroorsaak deur geenmutasies op DNS-molekule wat lei
     tot die vorming van defektiewe proteïene. In geenterapie word dele van die
     mutante geenvolgorde in DNA verwyder en vervang met die korrekte
     geenvolgorde. Stamselle word gebruik om die korrekte geenvolgorde oor te dra
     om die funksionele proteïen te produseer.

     2.3.1   Noem TWEE bronne waar stamselle verkry kan word.                               (2)

     2.3.2   Noem EEN visuele siekte wat geenterapie teiken om te behandel.                 (1)

     2.3.3   ŉ Geenmutasie het op ŉ gedeelte van ŉ DNS-molekuul soos hieronder
             getoon, plaasgevind.

               Oorspronklike volgorde        TTT    TCA     GGT      ACG    CAC
               Gemuteerde volgorde           TTT    TCA     GGT      ACC    CAC
               Basisdrietal                   1      2       3        4      5

             Skryf die basisdrietal wat die geenmutasie toon neer.                          (1)

     2.3.4   Die onderstaande tabel toon ŉ paar kodons en die aminosure waarvoor
             hulle kodeer.

                                   KODONS            AMINOSURE
                                     AAA                 Lisien
                                    GAG              Glutamiensuur
                                     CAC                Histidien
                                    UGC                 Sisteïen
                                     ACU                Treonien
                                    AGU                  Serien
                                    GAU                Aspartaat
                                    UGG                Triptofaan
                                    UUU              Fenielalanien
                                     CCA                 Prolien
                                    GUG                  Valien

             (a)     Gee die aminosuur vir basisdrietal 5 in VRAAG 2.3.3.                   (1)

             (b)     Verduidelik hoe geenterapie die gemuteerde volgorde sal regstel
                     om die funksionele proteïen te vorm.                                   (3)

             (c)     Teken ŉ stokdiagram van ŉ molekuul wat die gekodeerde
                     boodskap vir proteïensintese met die korrekte komplementêre
                     kodon vir basisdrietal 2 dra.                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                     LEWENSWETENSKAPPE V2                               11

2.4    Leigh-sindroom is ŉ seldsame, outosomale resessiewe genetiese afwyking wat
       die sentrale senuweestelsel by jong kinders affekteer. Hierdie toestand kan ook
       volwassenes affekteer en lei in die meeste gevalle tot die dood by kinders op ŉ
       vroeë ouderdom.

       Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwing van hierdie afwyking in ŉ
       gesin. Die alleel b word vir geaffekteerde individue gebruik.

                                        A            B
                                        N

                      C         D             E          G        F

                 H        I         J                K       L        M
                          k

         SLEUTEL

                  Ongeaffekteerde man

                  Ongeaffekteerde vrou

                  Geaffekteerde man

       2.4.1    Wat word met die term outosomale resessief bedoel?                         (2)

       2.4.2    Skryf die LETTER neer van die kind wat waarskynlik in die F2-
                generasie sal sterf.                                                       (1)

       2.4.3    Beskryf hoe die kind wat in VRAAG 2.4.2 genoem word, met Leigh-
                sindroom geaffekteer geword het.                                           (2)

       2.4.4    Noem Mendel se Wet van Dominansie wat in die fenotipes van
                individue K, L en M bestaan.                                               (1)

       2.4.5    Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.4.4.                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                          LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/SEPTEMBER 2024)

2.5   Brose X-sindroom is ŉ geslagsgekoppelde dominante oorerwing. Die alleel
      wat hierdie toestand veroorsaak, is dominant XR, terwyl mense sonder brose
      X-sindroom die resessiewe alleel Xr het.

      2.5.1    Noem die fenotipe van ŉ individu met genotipe XRXr.                        (2)

      2.5.2    Verduidelik waarom beide mans en vroue gelyke kanse het om aan
               brose X-sindroom te ly.                                                    (2)

      2.5.3    ŉ Man met genotipe XRY trou met ŉ vrou met genotipe XrXr.

               Gebruik ŉ genetiese kruising om die waarskynlikheid dat hierdie
               paartjie ŉ seun met brose X-sindroom kan kry, te verduidelik.             (7)
                                                                                        [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   LEWENSWETENSKAPPE V2                                  13

VRAAG 3

3.1 By perde is rooi-haar pelskleur (B) dominant oor swarthaar pelskleur (b), en
    gladde hare (H) is dominant oor krullerige hare (h).

     ŉ Boer het sy hele lewe lank swarthaar perde met krullerige hare geteel en al die
     vullens (nageslag) het nog altyd soos hul ouers gelyk met dieselfde swarthaar
     pels met krullerige hare.

     3.1.1     Gee EEN rede waarom hierdie ŉ voorbeeld is van ŉ dihibriede kruising.        (1)

     3.1.2     Noem die tipe seleksie wat die boer in staat gestel het om sy hele lewe
               lank swarthaar perde met krullerige hare te teel.                            (1)

     3.1.3     Stel EEN rede voor waarom die boer vir baie geslagte swarthare
               bedekte perde met krullerige hare geteel het.                                (1)

     3.1.4     Noem die genotipe van die:

               (a)    Ouer met swart pels met krullerige hare                               (2)

               (b)    Gamete van ŉ perd heterosigoties vir beide haarkleur en haartipe      (2)

     3.1.5     Bepaal die fenotipiese verhouding van die nageslag wat geproduseer
               sal word indien twee heterosigotiese perde vir beide eienskappe gekruis
               is.                                                                          (2)

3.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     Die Afrika-pikkewyn (Spheniscus demersus) bevolking het in Suid-Afrika
     afgeneem en kan teen 2035 nie bestaan nie. Dit is as gevolg van habitatverlies
     en die oorbevissing van hul hoofvoedsel, sardientjies (pilchards). Die Afrika-
     pikkewyne ding met kommersiële visserye in Kaapstad vir sardientjies mee. Die
     kommersiële visserye is miljarde rand werd en neem baie mense in diens.

     Sardientjies is ŉ goedkoop bron van proteïen-ryke voedsel en word in groot
     getalle geoes in die maande Maart tot Mei in Suid-Afrika, wat ook die
     paarseisoen van die Afrika-pikkewyn is. Tydens paring maak albei geslagte van
     die Afrika-pikkewyn harde geluide om hul maats te roep. Natuurbewaarders wil
     hê die regering moet die aantal sardientjies wat deur kommersiële visserye
     geoes word, beperk.

                                       Afrika-pikkewyn

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             LEWENSWETENSKAPPE V2                          (EC/SEPTEMBER 2024)

      3.2.1   Gee bewyse uit die uittreksel wat sê dat die Afrika-pikkewyn in die
              toekoms sal uitsterf.                                                          (1)

      3.2.2   Volgens die uittreksel:

              (a) Noem TWEE oorsake van die afname in die Afrika-pikkewyn-
                  bevolking.                                                                 (2)

              (b) Identifiseer TWEE voorplantings-isoleringsmeganismes wat in die
                  Afrika-pikkewyne bestaan.                                                  (2)

      3.2.3   Verduidelik hoe die beperking van die aantal sardientjies wat geoes
              word:

              (a) ŉ Afname in die ekonomie kan veroorsaak                                    (2)

              (b) Die Afrika-pikkewyne positief bevoordeel                                   (2)

3.3 Beskryf hoe ŉ nuwe spesie as gevolg van ŉ geografiese versperring vorm.                  (7)

3.4   Little Foot is ŉ hominiedfossiel wat deur professor Ron Clarke by die
      Sterkfonteingrotte ontdek is. Die bene van Little Foot het getoon dat hierdie
      fossiel baie eienskappe het wat soortgelyk is aan dié wat by mense voorkom.

       ANATOMIESE STRUKTURE VAN DIE GENUS WAARAAN LITTLE FOOT
                             BEHOORT

                     Skedel

                                                               Little Foot
                                                                 skedel

                                                                              C

                     A                       B                        D

      3.4.1   Wat is die wetenskaplike naam van Little Foot?                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   LEWENSWETENSKAPPE V2                                     15

     3.4.2    Skryf die LETTER van die struktuur neer wat hierdie genus voorstel:

               (a)    Het kleiner slagtande gehad                                              (1)

               (b)    Werwelkolom het die skedel vertikaal vir tweevoetigheid
                      binnegegaan                                                              (1)

               (c)    Het soortgelyke voorpote as mense gehad                                  (1)

     3.4.3    Beskryf hoe die vorm van struktuur B toon dat hierdie genus meer
              ontwikkel is as primitiewe ape, maar minder ontwikkel is as mense.               (2)

     3.4.4    Verduidelik die belangrikheid van die verandering in die skedelgrootte
              van Little Foot vir moderne mense het.                                           (2)

     3.4.5    Little Foot word as fossielbewys in die ‘Uit Afrika’-hipotese gebruik.

              (a)      Noem EEN ander bewyslyn vir die ‘Uit Afrika’-hipotese.                  (1)

              (b)      Verduidelik hoe die fossiel van Little Foot se genus in die ‘Uit
                       Afrika’-hipotese gebruik word.                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                          LEWENSWETENSKAPPE V2                           (EC/SEPTEMBER 2024)

3.5 Laetoli-voetspore is ŉ 3,6 miljoen oue fossiel wat deur die paleontoloog, Mary
    Leakey in Tanzanië ontdek is. Die vorm van die voete en toon saam met die
    voetlengte dui daarop dat hierdie voetspore gemaak is deur ŉ tweevoetige
    hominiede voorouer wat regop kon staan.
     ŉ Ondersoek is gedoen om vas te stel of die individue wat die Laetoli-voetspore
     gemaak het, geloop het met behulp van ŉ mensagtige tweevoetigheid of ŉ meer
     aapagtige beweging (gebuigde knie, gebuigde heup).
     Die prosedure was soos volg:
     • Die diepte wat die tone in die as van die bewaarde Laetoli-voetspore gedruk
        het, is gemeet en aangeteken.
     • Agt menslike deelnemers is gevra om deur sand te loop en die toondiepte van
        hul voetspore is gemeet en aangeteken.
     • Die menslike deelnemers is toe gevra om die loop van die ape na te boots
        (kopieer) deur ŉ ‘gebuigde knie, gebuigde heup’ aapagtige beweging deur die
        sand te gebruik.
     • Die toondiepte van hul voetspore is gemeet en aangeteken.
     Die resultate van die ondersoek word in die onderstaande grafiek aangeteken.

     3.5.1   Stel die doel van hierdie ondersoek.                                           (1)
     3.5.2   Identifiseer hoe die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek gemeet
             is.                                                                            (1)
     3.5.3   Meld DRIE beplanningstappe wat vir hierdie ondersoek oorweeg is.               (3)
     3.5.4   Gee TWEE redes waarom hierdie ondersoek as onbetroubaar beskou
             kan word.                                                                      (2)
     3.5.5   Noem die tipe voetspoor wat die langste toondiepte het.                        (1)
     3.5.6   Hoeveel keer groter is die toondiepte van mensagtige tweevoetigheid in
             vergelyking met die Laetoli-voetspoor? Toon ALLE berekeninge.                  (2)
     3.5.7   Teken ŉ tabel om die inligting op die grafiek voor te stel.                    (4)
                                                                                           [50]
                                                               TOTAAL AFDELING B:          100
                                                                   GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f) — Life Sciences · QP · 2015 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans/7cca7322-63ed-4fb0-a67b-5df57d647597) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [Gr12 Life Sciences P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10) — Life Sciences · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
