# Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-sept2016-qp-afr-final/d9b70fce-04de-49f5-afc4-597c88e7c7c4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-sept2016-qp-afr-final/d9b70fce-04de-49f5-afc4-597c88e7c7c4)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2016

               LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                             *LFSCA2*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                LEWENSWETENSKAPPE V2                      (EC/SEPTEMBER 2016)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

    1.    Beantwoord AL die vrae.

    2.    Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDBOEK.

    3.    Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

    4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
          hierdie vraestel gebruik is.

    5.    Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.

    6.    ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
          swart ink.

    7.    Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra
          word.

    8.    Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
          geteken NIE.

    9.    MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

    10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
          gebruik waar nodig.

    11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorgehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                        3

  AFDELING A

  VRAAG 1

  1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
         vraagnommer (1.1.1–1.1.10 ) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld
         1.1.11 D.

         1.1.1        Die eerste primaat om gereedskap konsekwent te gebruik was ...

                      A    Homo erectus.
                      B    Homo habilis.
                      C    Homo floresiensis.
                      D    Homo neanderthalensis.

         1.1.2        Die gemiddelde grootte brein in kubieke sentimeter van ŉ
                      moderne mens is ...

                      A    400–500
                      B    800–1 000
                      C    100–200
                      D    1 300–1 400

         1.1.3        Tydens translasie, hang die tipe aminosuur wat tot die groeiende
                      polipeptied toegevoeg word af van ...

                      A    slegs die kodon op die mRNA.
                      B    slegs die antikodon op die tRNA waaraan die aminosuur
                           geheg is.
                      C    die kodon op die mRNA en die antikodon op die tRNA
                           waaraan die aminosuur geheg is.
                      D    slegs die antikodon op die mRNA.

         1.1.4        Hoeveel stikstofbasisse vorm ŉ kodon?

                      A    9
                      B    12
                      C    3
                      D    6

         1.1.5        Koeie wat meer melk gee as ander koeie is ŉ voorbeeld van ...

                      A     natuurlike seleksie.
                      B     natuurlike variasie.
                      C     stryd om voort te bestaan.
                      D     oorlewing van die sterkste.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  LEWENSWETENSKAPPE V2                     (EC/SEPTEMBER 2016)

        1.1.6        In ŉ ondersoek is bevind dat 10 % van die stikstofbasisse in ŉ
                     DNA/DNS molekuul timien is. Wat is die verhouding van timien
                     tot guanien in dieselfde molekuul?

                     A   1:1
                     B   1:2
                     C   1:3
                     D   1:4

        1.1.7        Wanneer ŉ rooi perd (RR) gekruis word met ŉ wit perd (WW), is
                     die nageslag almal rooiskimmelperde (RW = beide rooi en wit
                     hare). Hierdie tipe oorerwing staan as ... bekend.

                     A   ko-dominansie
                     B   poligeniese oorerwing
                     C   veelvoudige allele
                     D   onvolledige dominansie

        1.1.8        Bestudeer die onderstaande tabel wat verskeie aminosure toon
                     wat deur verskillende mRNA kodons gekodeer word.

                             mRNA kodons             Ooreenstemmende aminosure
                                GCG                             Alanien
                                AUG                           Metionien
                                AUA                           Isoleusien
                                AGG                            Arginien

                     Watter aminosuur word deur die DNA/DNS basis drietal TAC/TAS
                     gekodeer?

                     A   alanien
                     B   arginien
                     C   isoleusien
                     D   metionien

        1.1.9        In muise is bruin pels dominant oor wit pels. As ŉ heterosigotiese
                     bruin muis met ŉ wit muis gepaar word en 8 nakomelinge word
                     geproduseer, hoeveel kan verwag word om wit te wees?

                     A   4
                     B   8
                     C   0
                     D   2

        1.1.10       Watter van die volgende is gewoonlik NIE moontlik vir rooi-groen
                     kleurblindheid NIE?

                     A   ŉ Draerma gaan die alleel aan haar dogter oordra.
                     B   ŉ Kleurblinde vader gaan die alleel aan sy dogter oordra.
                     C   ŉ Kleurblinde vader gaan die alleel aan sy seun oordra.
                     D   ŉ Draerma gaan die alleel aan haar seun oordra.
                                                                               (10 x 2)     (20)

Kopiereg voorgehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                       5

  1.2    Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende
         beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.9) in
         die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        ŉ Segment van DNA/DNS wat vir ŉ spesifieke eienskap kodeer

         1.2.2        Die verbinding tussen aminosure in ŉ proteïen

         1.2.3        Sintese van mRNA vanaf DNA/DNS.

         1.2.4        Struktuur wat die chromatiede van ŉ chromosoom aan mekaar
                      verbind

         1.2.5        Chromosoomtoestand wat die voorkoms van ŉ enkele stel
                      chromosome in ŉ sel beskryf

         1.2.6        Die fisiese / funksionele uitdrukking van ŉ organisme se gene

         1.2.7        Alleel wat net in die homosigotiese toestand uitgedruk word

         1.2.8        Die voorkoms van meer as twee verskillende allele vir dieselfde
                      geen

         1.2.9        Die proses waardeur verskillende soorte lewende organismes
                      tydens die geskiedenis van die aarde blykbaar uit vroeëre
                      lewensvorme ontwikkel het
                                                                                (9 x 1)        (9)

  1.3    Dui aan of elk van die stellings in KOLOM І van toepassing is op SLEGS
         A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM ІІ nie.
         Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs die
         vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                 KOLOM I                               KOLOM ΙΙ
         1.3.1        ŉ Chromosoompaar met dieselfde vorm      A:     Homosigoties
                      en grootte                               B:     Heterosigoties
         1.3.2        Fase waartydens chromatiede na die       A:     Anafase 1
                      teenoorgestelde pole getrek word         B:     Anafase 2
         1.3.3        Wetenskaplike(s) wat X-strale gebruik    A:     Wilkins
                      het om die vorm van DNA/DNS te           B:     Franklin
                      bepaal
                                                                                    (3 x 2)    (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/SEPTEMBER 2016)

    1.4   Gebruik die onderstaande stamboomdiagram om die vrae oor kuiltjies (klein
          holtes wat op die wange vorm wanneer ŉ mens glimlag) te beantwoord.
          Die kuiltjiegeen (D) beheer of ŉ persoon kuiltjies het of nie kuiltjies het nie. Die
          alleel vir kuiltjies is dominant oor die alleel vir geen kuiltjies (d).

          1.4.1      Hoeveel familielede het kuiltjies?                                          (1)

          1.4.2      Wat is die genotipe van die individue?

                     (a)   3                                                                     (1)
                     (b)   4                                                                     (1)

          1.4.3      Dui aan of die volgende individue homosigoties of heterosigoties is
                     vir kuiltjies:

                     (a)   2                                                                     (1)
                     (b)   9                                                                     (1)

          1.4.4      Noem die familie verwantskap tussen individu 12 en individu 2.              (2)

Kopiereg voorgehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                    7

 1.5    Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat daarop
        volg.

        1.5.1     Noem die proses wat in die diagram geïllustreer word.               (1)

        1.5.2     Noem die belangrikheid van die proses in VRAAG 1.5.1 genoem.        (2)

        1.5.3     Identifiseer die dele genommer:

                  (a)   1                                                             (1)
                  (b)   2                                                             (1)
                  (c)   3                                                             (1)
                  (d)   4                                                             (1)

        1.5.4     Noem, behalwe die selkern, EEN plek in selle waar DNA/DNS
                  aangetref word.                                                     (1)

                                                           TOTAAL AFDELING A:         50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               LEWENSWETENSKAPPE V2                    (EC/SEPTEMBER 2016)

    AFDELING B

    VRAAG 2

    2.1   Die onderstaande diagramme verteenwoordig die proses van
          proteïensintese. Bestudeer dit en beantwoord die vrae wat volg.

Kopiereg voorgehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                    9

         2.1.1   Identifiseer die strukture genommer 1, 2 en 3.                         (3)

         2.1.2   Noem en beskryf die fase van proteïensintese wat by Z plaasvind.       (5)

         2.1.3   Bepaal die name van die aminosure gemerk W en X deur van die
                 onderstaande tabel gebruik te maak.

                      Basisdrietal op mRNA wat           Aminosuur waarvoor
                      kodeer vir die aminosuur             gekodeer word
                                 GAG                         Glutamaat
                                 CAG                          Histidien
                                 AGG                          Arginien
                                 CUG                          Leusien
                                 UCC                           Prolien
                                GUG                            Valien                   (4)

  2.2    Vertroebel-luiperde (Neofelis nebulosa) is ŉ mediumgrootte, bedreigde kat-
         spesies, wat in die baie nat woude van Sentraal-Amerika voorkom. Die
         normale kolle (XN, foto) is die gevolg van ŉ dominante, geslagsgekoppelde
         alleel en die donker kolle is die resultaat van ŉ resessiewe alleel.
         ŉ Bioloog het ŉ mannetjie met donker kolle gekruis met ŉ wyfie met
         normale kolle. Sy het vier welpies gekry; twee mannetjies en twee wyfies.
         Een van elk van die manlike en vroulike welpies het normale kolle gehad
         en een van elk het donker kolle gehad.

         2.2.1 Wat is die genotipe van die moeder?                                      (2)

         2.2.2 Die bioloog kruis die vroulike welpie wat heterosigoties is vir
               normale kolle, met ŉ manlike welpie wat ook normale kolle het. Met
               behulp van ŉ genetiese kruising bepaal hoeveel van elke fenotipe
               in die welpies teenwoordig sal wees, indien ons aanneem dat 4
               welpies gebore is, waarvan twee mannetjies en twee wyfies is.            (6)

         2.2.3 Bereken die persentasie van mannetjies met donker kolle in die
               nageslag. TOON ALLE BEREKENINGE.                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             LEWENSWETENSKAPPE V2                     (EC/SEPTEMBER 2016)

  2.3   ŉ Klas graad 11-leerders het ŉ ondersoek gedoen om die frekwensie van
        dominante en resessiewe eienskappe in hul skool te bepaal. Die kenmerk
        (eienskap) wat hul ondersoek het is die vermoë om ŉ mens se tong te kan
        rol.
        Die resultate wat verkry is, is opgeteken in die frekwensieboom soos
        hieronder aangetoon.

        2.3.1   Op grond van die resultate van hierdie ondersoek, watter kenmerk
                is dominant?                                                             (1)

        2.3.2   Noem DRIE stappe wat die leerders moet volg terwyl hulle die
                ondersoek beplan.                                                        (3)

        2.3.3   Gebruik die data in die frekwensieboom om ŉ kolomgrafiek te
                teken.                                                                   (6)

        2.3.4   Sal jy die vermoë van ŉ mens om sy tong te kan rol, as ŉ kontinue
                of diskontinue variasie klassifiseer?                                    (1)

        2.3.5   Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.3.4.                                 (2)

Kopiereg voorgehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                    11

  2.4 Gedurende ŉ geveg waartydens daar ŉ aantal mense betrokke was, is een
      persoon ernstig beseer. Bloedmonsters is geneem van die slagoffer, die
      misdaadtoneel en vier verdagtes. DNA/DNS is uit elkeen van die
      bloedmonsters onttrek (geëkstraheer) en die resultate word in die
      onderstaande DNA/DNS-profiele getoon.

        2.4.1     Watter verdagte was waarskynlik by die besering van die slagoffer
                  betrokke?                                                               (1)

        2.4.2     Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 2.4.1.                             (1)

        2.4.3     Noem EEN toepassing van DNA/DNS profiele (profielering),
                  behalwe om misdade op te los.                                           (1)

        2.4.4     Verduidelik TWEE redes waarom DNA/DNS profiele somtyds as
                  omstrede beskou kan word (met ander woorde veroorsaak dat
                  mense nie saamstem met die resultate nie).                              (2)
                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                LEWENSWETENSKAPPE V2                      (EC/SEPTEMBER 2016)

  VRAAG 3

  3.1   Bestudeer die onderstaande diagramme wat twee fases van meiose
        voorstel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

        3.1.1        Identifiseer die fases wat verteenwoordig word deur:

                     (a)   Diagram 1                                                           (1)
                     (b)   Diagram 2                                                           (1)

        3.1.2        Noem die deel genommer B.                                                 (1)

        3.1.3        Beskryf wat tydens die fase wat in Diagram 1 geïllustreer word,
                     gebeur.                                                                   (2)

        3.1.4        Die deel wat omkring is en A gemerk is, in Diagram 2 is ŉ
                     abnormaliteit in die proses van meiose.

                     (a)   Noem hierdie abnormaliteit.                                         (1)

                     (b)   Watter genetiese afwyking sal dit by die mens veroorsaak
                           indien hierdie abnormaliteit by chromosoompaar 21 sou
                           voorkom?                                                            (1)

                     (c)   Gee EEN simptoom van die genetiese afwyking wat in
                           VRAAG 3.1.4 (b) genoem word.                                        (1)

Kopiereg voorgehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                      13

 3.2      ‘Takbok-muise’ leef in verskillende habitatte in Noord-Amerika. Almal het
          sagte pels, maar die kleur wissel. Spesies wat in donker, nat woude
          voorkom is geneig om donker pelse te hê, terwyl dié wat in woestyne met
          ligte sandduine voorkom, geneig is om ligkleurige pelse te hê. Takbok-
          muise dien as prooi vir uile.

          Die prentjie hieronder toon ŉ takbok-muis.

          3.2.1   Noem EEN eienskap van die takbokke-muis wat dit in staat stel
                  om roofdiere te vermy.                                                    (1)

          3.2.2   Gebruik jou begrip van natuurlike seleksie om te verduidelik hoe
                  die ontwikkeling van die alleel vir lig gekleurde pels die takbok-
                  muise in staat stel om in die sandduine van Nebraska te oorleef.          (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                LEWENSWETENSKAPPE V2                    (EC/SEPTEMBER 2016)

     3.3   Die onderstaande diagramme toon ŉ proses van evolusie. Die diagramme
           illustreer die gebeure wat in die konynbevolking oor baie jare plaasgevind
           het. Bestudeer dit en beantwoord die vrae wat volg.

           3.3.1     Watter evolusionêre proses word in die bostaande diagram
                     geïllustreer?                                                         (1)

           3.3.2     Gebruik die diagram om te verduidelik hoe die twee nuwe spesies
                     uit die oorspronklike bevolking ontstaan het.                         (6)

           3.3.3     Noem EEN waarneembare verskil tussen die twee nuwe spesies.           (1)

Kopiereg voorgehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                 LEWENSWETENSKAPPE V2                                     15

  3.4    Bestudeer die filogenetiese boom hieronder wat die oorsprong van die
         mens toon. Moontlike evolusionêre verwantskappe word deur die
         stippellyne voorgestel en die vertikale blokke verteenwoordig die tydperke
         waarvoor fossiele vir elke spesie bekend is.

         3.4.1        Identifiseer die gemeenskaplike voorouer van Homo sapiens en
                      Homo neanderthalensis.                                                  (1)

         3.4.2        Wanneer het Australopithecus africanus die eerste keer op die
                      aarde verskyn?                                                          (2)

         3.4.3        Verduidelik die “Uit Afrika” hipotese.                                  (2)

         3.4.4        Identifiseer, vanuit die bostaande diagram, die spesie wat
                      waarskynlik die eerste hominide spesie is wat uit Afrika beweeg
                      het.                                                                    (1)

         3.4.5        Watter spesie is die direkte voorouer van Homo habilis?                 (1)

         3.4.6        Noem die spesie waaraan die ‘Taungkind’ behoort.                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                LEWENSWETENSKAPPE V2                      (EC/SEPTEMBER 2016)

         3.4.7       ŉ Bekende voorbeeld van Australopithecus afarensis is die fossiel
                     bekend as Lucy.

                     (a)   Noem die plek waar Lucy ontdek was.                               (1)

                     (b)   Noem die wetenskaplike(s) wat Lucy ontdek het.                    (1)

  3.5    Bestudeer die volgende diagramme wat die anterior (voor) aansig van die
         pelvis/bekken van ŉ mens en ŉ sjimpansee wys.

         3.5.1       Watter van die bostaande diagramme, A of B, is die pelvis van ŉ
                     sjimpansee?                                                             (1)

         3.5.2       Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 3.5.1.                             (2)

         3.5.3       Watter pelvis A of B, dui op ŉ volledige tweevoetige organisme?         (1)

         3.5.4       Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.5.3.                                (3)
                                                                                            [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorgehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)            LEWENSWETENSKAPPE V2                                      17

  AFDELING C

  VRAAG 4

  Beskryf die evolusionêre veranderinge in die skedel-fossiele van Homo spesies
  en die belangrikheid van elke verandering soos dit uit die Afrika-ape ontwikkel
  het.                                                                                  (17)
                                                                             Sintese     (3)

 LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
          vloeidiagramme of diagramme nie.

                                                           TOTAAL AFDELING C:            20
                                                               GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR12 SEPT2016 QP Engl FINAL](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-sept2016-qp-engl-final/660dff8f-a299-49ec-8bcf-9bdb39099fa3) — Life Sciences · QP · 2016
- [Life Sciences P2 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2016-eng/a7003e52-d0ba-4e5e-b91b-a71927b224ec) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/13d7c9c8-15ee-4ae8-9e7d-b86c6cb669b9) — Life Sciences · QP · 2023 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 English Final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-english-final/48fd8634-2e51-4ca1-b7e3-df271e86c9ec) — Life Sciences · QP · 2022 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2021 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2021-afr-d/b7cdfe9c-5e90-4696-bc67-e8fca24f68fe) — Life Sciences · QP · 2021 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR12 SEPT2021 XHOSA D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr12-sept2021-xhosa-d/f43645b2-00fd-4ad4-bdbe-7bc3201c5a62) — Life Sciences · QP · 2021

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
