# Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2016 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2016-afr/853d3e76-a026-4264-b599-e433b083e6bb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2016 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2016-afr/853d3e76-a026-4264-b599-e433b083e6bb)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            LEWENSWETENSKAPPE V2

                                          2016

                                                                     PUNTE: 150

                                                                    TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                       2                                     DBE/2016
                                          SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.       ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
         swart ink.

7.       Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            3                                    DBE/2016
                                               SSE

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
         (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 D.

         1.1.1       Wanneer 'n sel deur meiose verdeel, is die resultaat …

                     A   vier haploïede gamete.
                     B   twee diploïede gamete.
                     C   vier haploïde somatiese selle.
                     D   twee haploïde somatiese selle.

         1.1.2       Individue van dieselfde spesie kan genetiese variasie toon as gevolg
                     van …

                     A   slegs mitose en meiose.
                     B   slegs meiose.
                     C   slegs mutasie, ewekansige paring en ewekansige bevrugting.
                     D   meiose, mutasies, ewekansige paring en ewekansige
                         bevrugting.

         VRAAG 1.1.3 EN 1.1.4 IS OP DIE DIAGRAM HIERONDER GEBASEER,
         WAT 'N tRNA-MOLEKUUL TOON.

                                        antikodon

                                    X

         1.1.3       Die struktuur hierbo is by die …-proses betrokke.

                     A   transkripsie
                     B   replikasie
                     C   translasie
                     D   oorkruising

         1.1.4       Molekuul X stel … voor.

                     A   DNS/DNA
                     B   'n aminosuur
                     C   'n nukleïensuur
                     D   drie nukleotiede
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                 4                                             DBE/2016
                                                    SSE

         VRAAG 1.1.5 EN 1.1.6 IS OP DIE INLIGTING EN TABEL HIERONDER
         GEBASEER.

         Die wilde sonneblom is oor verskeie generasies heen deur die mens gekweek
         (gegroei). Sekere kenmerke is gedurende daardie tyd kunsmatig geselekteer.
         'n Vergelyking van enkele kenmerke van wilde sonneblomme en gekweekte
         sonneblomme word in die tabel hieronder gegee.

              KENMERK                 WILDE SONNEBLOM                 GEKWEEKTE SONNEBLOM
        Vruggewig                          9–10 mg                          55–65 mg
        Planthoogte                       150–170 cm                       120–136 cm
        Blomgrootte (radius)                3–5 cm                           9–11 cm
        Getal takke                         12–16                               0
        Blaaroppervlak                   180–270 cm2                       300–315 cm2
                                         [Aangepas uit http://journals.plos.org/plosone/article/figure/image]

         1.1.5       'n Moontlike rede waarom sonneblomme met 'n groter vruggewig
                     gekies word, is om …

                     A   'n groter saadopbrengs te gee.
                     B   die kanse op bevrugting te verbeter.
                     C   genetiese variasie te hê.
                     D   die plant hoër te laat groei.

         1.1.6       Hieronder is moontlike redes vir die kies van elke kenmerk:

                     (i) 'n Groter blaaroppervlak verhoog die tempo van fotosintese.
                     (ii) 'n Korter plant sal tot meer doeltreffende oestery lei.
                     (iii) 'n Groter blom sal die opbrengs vergroot.
                     (iv) Meer takke sal die blomopbrengs vergroot.

                     Watter kombinasie gee die korrekte redes vir die kenmerke wat
                     gekies is?

                     A   (i), (ii), (iii) en (iv)
                     B   Slegs (ii) en (iii)
                     C   Slegs (i), (ii) en (iii)
                     D   Slegs (i) en (iv)

         1.1.7       'n Bakteriese infeksie is met 'n nuwe geneesmiddel behandel en al
                     die behandelde pasiënte het herstel. Die infeksie het een week later
                     by sommige pasiënte teruggekeer.

                     'n Mens kan met redelikheid van hierdie waarnemings aflei dat …

                     A   die pasiënte weerstand teen die geneesmiddel ontwikkel het.
                     B   die bakterieë weerstand teen die geneesmiddel ontwikkel het
                         deur natuurlike seleksie en in getal toegeneem het.
                     C   die afname in die infeksie die bakterieë in staat gestel het om
                         weerstand teen die geneesmiddel te ontwikkel.
                     D   'n paar van die weerstandige bakterieë aan die begin van die
                         behandeling teenwoordig was en dat natuurlike seleksie hulle
                         getalle laat toeneem het.
Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            5                                    DBE/2016
                                               SSE

         VRAAG 1.1.8 IS OP DIE STAMBOOMDIAGRAM HIERONDER GEBASEER.

         Die stamboomdiagram toon die oorewing van 'n sekere kenmerk.

                            A
                 SLEUTEL:
                      Vrou sonder kenmerk                   Man sonder kenmerk
                      Vrou met kenmerk                      Man met kenmerk

         1.1.8       Gebruik XN en Xn om die betrokke allele van die kenmerk voor te stel.
                     Die moontlike genotipe(s) van individu A sal … wees.

                     A    slegs XNXn
                     B    slegs XNXN
                     C    XNXN en XNXn
                     D    XNXN en XnXn

         1.1.9       'n Man met bloedgroep A en 'n vrou met bloedgroep B het kinders.
                     Hulle eerste kind het bloedgroep AB en die tweede kind het
                     bloedgroep O.

                     Watter voorspelling oor die bloedgroepe van toekomstige kinders is
                     KORREK?

                     A    Toekomstige kinders het 'n 50%-kans om bloedgroep AB te hê
                          en 'n 50%-kans om bloedgroep O te hê.
                     B    Almal sal bloedgroep A of B hê.
                     C    Elke toekomstige kind sal 'n gelyke kans hê om bloedgroep A,
                          B, AB of O te hê.
                     D    Nie een van die toekomstige kinders sal bloedgroep A hê nie.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            6                                    DBE/2016
                                               SSE

         1.1.10          Die grafiek hieronder toon die tempo waarteen evolusie in 'n
                         vlinderspesie plaasvind.

                                          Stabiele omgewing

                              Evolusie
                                                     Vinnig veranderende
                                                     omgewing

                                         Tyd

                     Die tipe evolusie wat hierbo voorgestel word, is …

                     A     spesiasie.
                     B     oorerwing van verworwe kenmerke.
                     C     gepunte ewewig.
                     D     kunsmatige seleksie.                                  (10 x 2)          (20)

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.9) in die
         ANTWOORDEBOEK.

         1.2.1       'n Genetiese kruising waar twee verskillende kenmerke betrokke is

         1.2.2       Die verskeidenheid van lewensvorme wat op Aarde bestaan

         1.2.3       Die opening in die skedel waardeur die rugmurg gaan

         1.2.4       'n Groep organismes van dieselfde spesie wat op dieselfde tyd in
                     dieselfde habitat woon

         1.2.5       'n Toetsbare stelling wat aanvaar of verwerp kan word

         1.2.6       'n Genetiese afwyking wat veroorsaak dat die bloedstollingsfaktor nie
                     vervaardig word nie

         1.2.7       Totale verdwyning van 'n spesie van die Aarde af

         1.2.8       'n Segment van 'n chromosoom wat vir 'n spesifieke kenmerk kodeer

         1.2.9       'n Organisme se vermoë om op twee ledemate te loop             (9 x 1)        (9)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                              7                                         DBE/2016
                                                 SSE

1.3      DRIE babas (X, Y en Z) van drie verskillende ouerpare is in 'n hospitaal
         gebore. TWEE van die babas is per ongeluk omgeruil. Bloedgroepe van die
         ouers is gebruik om te bepaal watter baba aan watter ouerpaar behoort.

         Die bloedgroepe van die ouers en die babas word in die tabel hieronder
         getoon.

                                                           BLOEDGROEPE VAN
                 OUERS                 BABAS                OUERS EN BABAS
                                                     Moeder     Vader      Baba
         Mnr. en mev. Pule               X             B           A        A
         Mnr. en mev. Chaka              Y            AB           B        O
         Mnr. en mev. Tau                Z             O           B        AB

         1.3.1       Watter TWEE babas (uit X, Y en Z) is omgeruil?                                     (2)

         1.3.2       Gee die vanne van die biologiese ouers van die twee babas wat
                     omgeruil is. Skryf die korrekte vanne van die ouers langs die letter
                     (X, Y of Z).                                                                       (2)

         1.3.3       Gee die moontlike genotipe(s) van mnr. Pule wat baba X sou kon
                     voortbring.                                                                        (2)
                                                                                                        (6)

1.4      Die diagram hieronder toon 'n kariotipe.

          1      2          3      4         5   6      7       8     9      10       11

          12     13         14    15     16      17     18     19      20     21       22      23

         1.4.1       Hoeveel van die volgende is in die kariotipe teenwoordig:

                     (a)   Chromosome                                                                   (1)

                     (b)   Outosome                                                                     (1)

                     (c)   Gonosome                                                                     (1)

         1.4.2       Hoeveel chromosome sal teenwoordig wees in die gamete wat deur
                     hierdie individu voortgebring word?                                                (1)

         1.4.3       Is die kariotipe in die diagram dié van 'n man of 'n vrou?                         (1)
                                                                                                        (5)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             8                                     DBE/2016
                                                SSE

1.5      Die diagramme hieronder stel 'n sel in twee verskillende fases van meiose
         voor.

                            A
                                          B

                                                                       D

                                          C

                            Diagram 1                    Diagram 2

         1.5.1       Watter fase word voorgestel in:

                     (a)   Diagram 1                                                               (1)

                     (b)   Diagram 2                                                               (1)

         1.5.2       Voorsien byskrifte vir:

                     (a)   A                                                                       (1)

                     (b)   B                                                                       (1)

                     (c)   C                                                                       (1)

         1.5.3       Gee die funksies van die dele gemerk:

                     (a)   A                                                                       (2)

                     (b)   D                                                                       (1)

         1.5.4       Is die selle in Diagram 2 haploïed of diploïed?                               (1)

         1.5.5       Noem die proses wat variasie in struktuur D sou veroorsaak het.               (1)
                                                                                                   (10)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            9                                    DBE/2016
                                               SSE

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      By konyne word swart pels deur die alleel (B) en wit pels deur die alleel (b)
         veroorsaak.

         Die tabel hieronder toon die genotipes van 'n paar konyne.

                                      KONYN           GENOTIPE
                                        1                BB
                                        2                Bb
                                        3                bb

         2.1.1       Wat is die fenotipe:

                     (a)   Wat deur die resessiewe alleel veroorsaak word                          (1)

                     (b)   Van konyn 2                                                             (1)

         2.1.2       Gee slegs die NOMMER (1, 2 of 3) van die konyn(e) wat:

                     (a)   Raseg is

                     (b)   Homosigoties dominant is                                                (3)

         2.1.3       Gebruik 'n genetiese kruising om die persentasie kans te toon dat
                     konyn 1 en 3 'n nageslag met wit pels sal hê.                                 (6)
                                                                                                   (11)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          10                                          DBE/2016
                                             SSE

2.2      Die diagram hieronder stel twee tipes garnale voor. Elke tipe leef in die vlak
         see aan teenoorgestelde kante van 'n strook land.

                        Tipe A                                         Tipe B

                                          [Aangepas uit www.pbs.org/wgbh/evolution/library]

         In 'n ondersoek om te bepaal of die twee tipes garnale van een spesie is,
         het wetenskaplikes tipe A-garnale en tipe B-garnale saam in 'n tenk met
         seewater geplaas.

         Alhoewel die garnale met hul eie tipes gepaar het, het die twee tipes garnale
         nie met mekaar gepaar nie. Die wetenskaplikes het die ondersoek verskeie
         kere herhaal en elke keer dieselfde resultaat verkry.

         2.2.1       Gee EEN gevolgtrekking waartoe die wetenskaplikes na die
                     ondersoek gekom het.                                                              (1)

         2.2.2       Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.2.1.                                          (2)

         2.2.3       Waarom het die wetenskaplikes die ondersoek herhaal?                              (1)
                                                                                                       (4)

2.3      Beskryf hoe spesiasie deur geografiese isolasie plaasvind.                                    (5)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                              11                                           DBE/2016
                                                 SSE

2.4      'n Wetenskaplike het guppies (Poecilia reticulata) gebruik in 'n ondersoek om
         Darwin se teorie van natuurlike seleksie te toets.

         Manlike guppies het helderkleurige kolle om vroulike guppies te lok, maar
         hierdie kolle lok ook predatore.

         Daar is voorheen waargeneem dat manlike guppies wat in strome leef waar
         daar baie roofvisse is, geneig is om minder kolle te hê. Dit verminder die kans
         dat hulle gevreet word.

         Die manlike guppies wat in strome met minder predatore geleef het, het meer
         kolle gehad.

                                            Die guppie toon kolle
                                         [Aangepas uit http://www.decodedscience.org]

         Die ondersoek se prosedure was soos volg:

         •    Gelyke getalle manlike en vroulike guppies is in twee damme geplaas
              (dam 1 en dam 2).
         •    Roofvisse wat op guppies aas, is in dam 1 geplaas.
         •    Roofvisse wat nie op guppies aas nie, is in dam 2 geplaas.
         •    Die guppies is toegelaat om vir 20 maande voort te plant, wat verskeie
              generasies guppies verteenwoordig. (Guppies plant voort as hulle
              ongeveer drie maande oud is.)

         Die ondersoekresultaat was:

         Die manlike guppies in dam 2 het aansienlik meer kolle as die manlike
         guppies in dam 1 gehad.

         2.4.1       Hoe kan die geldigheid van hierdie ondersoek verhoog word?                              (2)

         2.4.2       Identifiseer die:

                     (a)   Onafhanklike veranderlike                                                         (1)

                     (b)   Afhanklike veranderlike                                                           (1)

         2.4.3       Verduidelik waarom die wetenskaplike dam 2 in hierdie ondersoek
                     ingesluit het.                                                                          (3)

         2.4.4       Beskryf hoe Darwin se teorie van natuurlike seleksie gebruik kan
                     word om te verduidelik waarom die guppies in dam 1 minder kolle
                     gehad het.                                                                              (5)
                                                                                                             (12)
Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                              12                                         DBE/2016
                                                 SSE

2.5      Die diagram hieronder toon moontlike evolusionêre verwantskappe tussen
         hominiede.

                                                       Ardipithecus ramidus
                                                       Australopithecus anamensis

                                                       Australopithecus afarensis

                                                       Australopithecus africanus
                                                       Paranthropus robustus
                                                       Australopithecus garhi
                                                       Paranthropus aethiopicus

                                                       Paranthropus boisei

                                                       Homo

                                                 Tyd

                                                                [Bron: http://tolweb.org/tree]

         2.5.1       Wat word hierdie tipe diagram genoem?                                                (1)

         2.5.2       Hoeveel genera word in die diagram hierbo getoon?                                    (1)

         2.5.3       Volgens die diagram, watter:

                     (a)   Genus het mees onlangs geëvolueer                                              (1)

                     (b)   Genus is die oudste                                                            (1)

                     (c)   Hominied     deel     'n   gemeenskaplike          voorouer           met
                           Australopithecus africanus                                                     (1)

         2.5.4       Gee EEN voorbeeld van 'n fossiel van Australopithecus africanus wat
                     in Suid-Afrika gevind is.                                                            (1)

         2.5.5       Noem TWEE Homo-spesies, behalwe Homo sapiens, wat in Afrika
                     gevind is.                                                                           (2)
                                                                                                          (8)
                                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             13                                    DBE/2016
                                                SSE

VRAAG 3

3.1      In rysplante is die alleel vir hoë opbrengs (H) dominant oor die alleel vir lae
         opbrengs (h). Die alleel vir 'n lang stam (T) is dominant oor die alleel vir 'n
         kort stam (t).

         Daar is twee rysplant-variëteite, A en B.
         Die genotipe van variëteit A is HHtt.
         Die genotipe van variëteit B is hhTT.

         'n Kweker wil 'n rysplant-variëteit met 'n hoë opbrengs en 'n kort stam
         produseer.

         3.1.1        Gee die fenotipe van variëteit A.                                             (2)

         3.1.2        Gee AL die moontlike genotipes van die gamete van variëteit B.                (1)

         3.1.3        Gee die genotipe(s) van die variëteit wat die kweker wil produseer.           (2)

         3.1.4        Verduidelik waarom die kweker 'n rysplant met 'n kort stam sal wil
                      produseer.                                                                    (1)

         3.1.5        Beskryf hoe dit vir die kweker moontlik sal wees om slegs rysplante
                      met 'n hoë opbrengs en kort stamme te produseer.                              (2)
                                                                                                    (8)

3.2      Tabuleer DRIE verskille tussen Lamarckisme en Darwinisme.                                  (7)

3.3      Mense en Afrika-ape deel baie kenmerke; tog is elk 'n afsonderlike spesie.

         3.3.1       Noem VYF kenmerke wat die mens met Afrika-ape deel.                            (5)

         3.3.2       Beskryf hoe elk van die volgende strukture verskillend is tussen
                     mense en ape:

                     (a)   Ruggraat                                                                 (2)

                     (b)   Bekkengordel                                                             (2)

         3.3.3       Verduidelik die belangrikheid van die veranderinge aan die tande van
                     die mens wat vooruitgang in evolusie toon.                                     (4)
                                                                                                    (13)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                              14                                   DBE/2016
                                                 SSE

3.4      Albinisme is 'n oorgeërfde toestand wat deur 'n resessiewe geenmutasie
         veroorsaak word. Hierdie mutasie veroorsaak die afwesigheid van die
         proteïen melanien in die vel. Die stamboomdiagram hieronder toon die
         oorerwing van albinisme in 'n familie. James se genotipe word in die diagram
         getoon.

                                  AA
                                 James    Tebogo                        Grace

                                                Joanna   John

                               SLEUTEL:
                                   Normale man           Normale vrou

                                   Albino-man            Albino-vrou

         3.4.1       Hoeveel kleinseuns het James en Tebogo?                                         (1)

         3.4.2       Wat is:

                     (a)   Grace se fenotipe                                                         (1)

                     (b)   John se genotipe                                                          (2)

         3.4.3       John en Joanna wil nog 'n kind hê. Wat is die persentasie kans dat
                     die kind:

                     (a)   'n Dogter sal wees                                                        (1)

                     (b)   Albinisme sal hê                                                          (1)
                                                                                                     (6)

3.5      Verduidelik hoe 'n geenmutasie die vorming van 'n ander proteïen as die een
         wat benodig word, tot gevolg kan hê.                                                        (6)
                                                                                                     [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                  80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                       15                                  DBE/2016
                                          SSE

AFDELING C

VRAAG 4

Beskryf die ligging, struktuur en funksies van die DNS/DNA-molekuul, asook die
proses waardeur kopieë van hierdie molekuul gemaak word.
                                                                       Inhoud:            (17)
                                                                       Sintese:           (3)
                                                                                          (20)

LET WEL:     GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van tabelle, vloeidiagramme of
             diagramme toegeken word NIE.

                                                            TOTAAL AFDELING C:            20
                                                                GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2016-eng/a7003e52-d0ba-4e5e-b91b-a71927b224ec) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Life Sciences P1 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2016-eng/4addd979-3df3-4173-8efe-c084d7b2b2d0) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 SEPT2016 QP Engl FINAL](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-sept2016-qp-engl-final/660dff8f-a299-49ec-8bcf-9bdb39099fa3) — Life Sciences · QP · 2016
- [Life Sciences P2 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2022-afr/2641aa96-c0ce-4429-9802-4b9c58c65274) — Life Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Life Sciences P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2021-eng/640bb227-bb17-4f89-96b3-77bf0a4005dc) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Life Sciences P1 May June 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2016-memo-afr/80ae57fa-61cd-4936-b62f-64e842dcda27) — Life Sciences · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
