# Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2017-afr/ceb39837-54d0-48e7-81a7-b98b66eb3294
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2017-afr/ceb39837-54d0-48e7-81a7-b98b66eb3294)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            LEWENSWETENSKAPPE V2

                                          2017

                                                                      PUNTE: 150

                                                                      TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                        2                                   DBE/2017
                                           SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae begin beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                 3                               DBE/2017
                                                    SSE

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak
         'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

         VOORBEELD:

          1.1.11          A               B          C        D

         1.1.1        'n Genetiese kruising waar beide allele van 'n geen ewe dominant
                      is, is 'n voorbeeld van …

                      A       kodominansie.
                      B       'n dihibriedkruising.
                      C       onvolledige dominansie.
                      D       volledige dominansie.

         1.1.2        Die lys hieronder beskryf kenmerke van evolusieteorieë.

                     (i)       Behels lang tydperke waartydens spesies nie verander nie
                     (ii)      Is altyd 'n geleidelike proses
                     (iii)     Word ondersteun deur die afwesigheid van oorgangsfossiele
                     (iv)      Nuwe spesies word in 'n kort tydperk gevorm

                      Watter kombinasie van kenmerke toon die korrekte eienskap van
                      gepunte ewewig?

                      A       Slegs (i) en (iv)
                      B       (i), (iii) en (iv)
                      C       Slegs (ii) en (iii)
                      D       Slegs (i) en (iii)

         1.1.3        Die beginsels van oorerwing is vir die eerste keer deur ... beskryf.

                      A       Gregor Mendel
                      B       Charles Darwin
                      C       Robert Broom
                      D       Watson en Crick

         1.1.4        Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van nie-verdeling/nie-
                      disjunksie?

                      A       Kleurblindheid
                      B       Geenmutasies
                      C       Down-sindroom
                      D       Haploïede gamete

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            4                                     DBE/2017
                                               SSE

         VRAAG 1.1.5 EN 1.1.6 IS OP DIE DIAGRAM HIERONDER GEBASEER.

                 Afrika
       Suid-
       Amerika                                                        Afrika

                                                      Suid-
                                Australië             Amerika
                                                                                    Australië

        GONDWANALAND (125 MJG)                         HEDENDAAGSE VERSPREIDING VAN
                                                               PROTEACEAE

         Struike van die Proteaceae-familie (byvoorbeeld waratahs en proteas) kom in
         Australië, Suid-Amerika, Indo-China en dele van Afrika voor.

         1.1.5        Hierdie tipe bewys vir evolusie word … genoem.

                      A   die 'Uit Afrika'-hipotese
                      B   fossielbewyse
                      C   biogeografie
                      D   kulturele bewyse

         1.1.6        Dit blyk duidelik uit die diagram dat alle proteas …

                      A   aan dieselfde spesie behoort.
                      B   in die Suidelike Halfrond voorkom.
                      C   met die skeiding van Gondwanaland uitgesterf het.
                      D   eweredig oor al die kontinente versprei is.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                5                              DBE/2017
                                                   SSE

1.1.7    Die diagram hieronder toon die kariotipe van 'n organisme.

                      Bestudeer die volgende beskrywings:

                     (i)      Daar is 46 chromosome.
                     (ii)     Daar is 46 outosome.
                     (iii)    Die 2 gonosome is verskillend van mekaar.
                     (iv)     Die 2 gonosome is identies.

                      Watter kombinasie beskrywings kan gebruik word om hierdie
                      kariotipe te identifiseer as dié van 'n normale man?

                      A      (i), (iii) en (iv)
                      B      Slegs (i) en (ii)
                      C      Slegs (ii) en (iii)
                      D      Slegs (i) en (iii)

         VRAAG 1.1.8 EN 1.1.9 IS OP DIE GENETIESE KRUISING HIERONDER
         GEBASEER.

         Twee roosplante met pienk blomme is gekruis en daar is gevind dat alhoewel
         die meeste van die nageslag pienk blomme gehad het, party rooi en party wit
         blomme gehad het.

         1.1.8        Indien 152 plante in die F 1 -generasie geproduseer is, hoeveel van
                      hierdie plante sou na verwagting pienk blomme gehad het?

                      A      38
                      B      114
                      C      76
                      D      152

         1.1.9        Telers verkies dit om rooi rose te produseer. Indien die alleel vir
                      rooi R en die alleel vir wit W is, watter EEN van die volgende
                      kruisings sal die grootste verhouding rooi rose verskaf?

                      A      RR x WW
                      B      RW x RW
                      C      WW x RW
                      D      RR x RW

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                     6                                               DBE/2017
                                                        SSE

         1.1.10       Die diagram hieronder toon 'n filogenetiese boom van sommige
                      primate.

                                                                                          Mense
                                                                    6 mjg

                                                                            2 mjg
                                                                                          Bonobos
                                                            8 mjg
                                                                                          Sjimpansees
                                                   15 mjg
                                                                                          Gorillas
                                              19 mjg
                                                                                          Orangoetangs
                                     29 mjg
                                                                                          Gibbons- en Siamang-ape
                            43 mjg
                                                                                          Ou Wêreld-ape
                   67 mjg
                                                                                          Nuwe Wêreld-ape
          75 mjg
                                                                                          Spookapies
                                                                                          Bosape en Luiape

                      Volgens die filogenetiese boom                          het   die     mees      onlangse
                      gemeenskaplike voorouer van …

                      A      mense en sjimpansees 2 miljoen jaar gelede uitgesterf.
                      B      mense en gorillas 15 miljoen jaar gelede uitgesterf.
                      C      mense en sjimpansees 6 miljoen jaar gelede uitgesterf.
                      D      gorillas en sjimpansees 2 miljoen jaar gelede uitgesterf.
                                                                                                        (10 x 2)       (20)

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        Die posisie van 'n geen op 'n chromosoom

         1.2.2        Die genus van die fossiel 'Little Foot'

         1.2.3        'n Diagram wat die oorerwing van genetiese afwykings oor baie
                      generasies aandui

         1.2.4        Die binding wat tussen twee aminosure vorm

         1.2.5        Die fase in die selsiklus waartydens DNS/DNA-replisering plaasvind

         1.2.6        Die eerste Homo-spesie wat werktuie gebruik het

         1.2.7        Ongedifferensieerde selle wat in enige tipe sel kan ontwikkel

         1.2.8        'n Teelproses wat gebruik word om plante en diere te tem/mak te
                      maak.                                                    (8 x 1)                                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            7                                     DBE/2017
                                               SSE

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                    KOLOM I                                       KOLOM II
         1.3.1 Voorgestel deur Lamarck             A:   'Wet' van gebruik en onbruik
                                                   B:   'Wet' van oorerwing van verworwe
                                                        eienskappe
         1.3.2 Oorerflikheid van hemofilie         A:   Geslagsgekoppelde oorerwing
                                                   B:   Volledige dominansie
         1.3.3 Het genetiese variasie tot          A:   Mitose
               gevolg                              B:   Kloning
                                                                                     (3 x 2)       (6)

1.4      Die diagram hieronder toon die skedels van drie primaatgenera en is NIE
         volgens skaal geteken NIE.

         1.4.1        Benoem deel B en C onderskeidelik.                                           (2)

         1.4.2        Noem die tipe tande wat groter in genus III is in vergelyking met dié
                      van genera I en II.                                                          (1)

         1.4.3        Gee slegs die NOMMER(S) (I, II of III) van die skedel(s) wat:

                      (a) Heel waarskynlik aan 'n bipedale primaat behoort                         (2)

                      (b) Die grootste brein het                                                   (1)

                      (c) Aan 'n C-vormige werwelkolom verbind is                                  (1)

                      (d) Mees prognaties is                                                       (1)

         1.4.4        Gee slegs die LETTER van die struktuur wat prominenter in
                      organisme III as in organisme I en II is.                                    (1)

         1.4.5        Gee die korrekte volgorde van die organismes (I, II en III), van die
                      primitiefste tot die mees ontwikkelde.                                       (2)
                                                                                                   (11)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          8                                      DBE/2017
                                             SSE

1.5      Hemofilie is 'n genetiese afwyking wat tot abnormale bloedstolling lei. Dit
         word veroorsaak deur 'n resessiewe alleel wat op die X-chromosoom
         voorkom. Die alleel vir normale stolling is XH en die alleel vir hemofilie is Xh.

         Die diagram hieronder toon die oorerwing van hemofilie in 'n familie.

                             Vroulike individu              Manlike individu
                             met normale                    met normale
                             bloedstolling                  bloedstolling

                             Vroulike hemofilie-lyer        Manlike hemofilie-lyer

         1.5.1       Gee die persentasie mans met hemofilie in hierdie familie.                  (1)

         1.5.2       Gee die fenotipe vir individu A.                                            (1)

         1.5.3       Gee die genotipe vir individu:

                     (a) B                                                                       (1)

                     (b) C                                                                       (2)
                                                                                                 (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          9                                     DBE/2017
                                             SSE

AFDELING B
VRAAG 2

2.1      Die diagram hieronder verteenwoordig 'n enkelstring-nukleïensuur wat in die
         selkern voorkom.

         2.1.1       Identifiseer die molekuul wat in die diagram verteenwoordig word.           (1)

         2.1.2       Identifiseer:

                     (a) Deel X                                                                  (1)

                     (b) Suiker Y                                                                (1)

         2.1.3       Beskryf die proses van transkripsie.                                        (5)
                                                                                                 (8)

2.2      Mutasies het genetiese variasie tot gevolg.

         2.2.1        Gee DRIE ander bronne van genetiese variasie in 'n spesie.                 (3)

         2.2.2        Onderskei tussen kontinue variasie en diskontinue variasie.                (2)
                                                                                                 (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            10                             DBE/2017
                                               SSE

2.3      'n Bakteriespesie bevat 'n tipe proteïen, genoem proteïen 1. 'n Mutasie het
         plaasgevind wat 'n tweede tipe proteïen, genoem proteïen 2, in die plek van
         proteïen 1 tot gevolg gehad het.
         Wetenskaplikes het die aminosuurvolgorde van elke proteïen bepaal. Hulle
         het toe die aminosuurvolgorde gebruik om die DNS/DNA-basisvolgordes te
         vind wat vir gedeeltes van hierdie proteïene gekodeer het.
         Die resultate word in die tabelle hieronder getoon.

                       GEDEELTE VAN PROTEÏEN 1
      AMINOSUURVOLGORDE        Lisien  Serien                     Prolien    Sisteïen
      DNS/DNA-BASISVOLGORDE     TTT     TCA                        GGT        ACG

                       GEDEELTE VAN PROTEÏEN 2
      AMINOSUURVOLGORDE        Lisien  Serien                     Prolien   Triptofaan
      DNS/DNA-BASISVOLGORDE     TTT     TCA                        GGT         ACC

         2.3.1        Gee die:

                      (a)   DNS/DNA-drietal vir die derde aminosuur van links in die
                            volgorde vir proteïen 2                                          (1)

                      (b)   Kodon vir lisien                                                 (1)

                      (c)   Antikodon vir serien                                             (1)

         2.3.2        Proteïen 1 bestaan uit 66 aminosure.

                      Hoeveel van ELK van die volgende is by die vorming van hierdie
                      proteïen betrokke?

                      (a)   Gene                                                             (1)

                      (b)   RNS/RNA-nukleotiede                                              (1)

                      (c)   Kodons                                                           (1)

         2.3.3        Beskryf hoe die mutasie 'n verandering in die struktuur van die
                      proteïen veroorsaak het.                                               (4)
                                                                                             (10)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           11                                    DBE/2017
                                              SSE

2.4      Bestudeer die uittreksel en die inligting hieronder.

         'n Klawerplantspesie (Trifolium repens) het 'n mutasie ontwikkel wat die gifstof,
         sianied, in die plantselle laat vorm het. Dit gee die klawer 'n bitter smaak vir die
         herbivore wat daarop voed. In 'n kouer klimaat het 'n paar selle egter gebars
         wat die sianied in die plantweefsel vrygestel het en gevolglik die plante laat
         vrek het.

        Wetenskaplikes het waargeneem dat daar meer klawerplante van hierdie
        spesie in warmer gebiede as in kouer gebiede voorgekom het. Hulle het 'n
        hipotese geformuleer dat meer klawerplante by hoër temperature oorleef.
        Hulle het die ondersoek oor die oorlewing van klawerplante by verskillende
        temperature soos volg gedoen:
        •    Hulle het 200 klawerplante in 'n kweekhuis met temperatuurbeheer op 5 °C
             en 200 klawerplante in 'n kweekhuis met temperatuurbeheer op 25 °C
             geplaas.
        •    Hulle het al die ander veranderlikes beheer.
        •    Hulle het die plante vir 'n ruk lank laat groei en die getal klawerplante wat in
             elke kweekhuis oorleef het, getel.
        •    Hulle het toe die persentasie klawerplante wat oorleef het, bereken.
        Die resultate van die ondersoek word in die tabel hieronder getoon.

            TEMPERATUUR           PERSENTASIE OORLEWING VAN KLAWERPLANTE
                5 °C                                  13
                25 °C                                 72

         2.4.1        Noem die:
                      (a)   Onafhanklike veranderlike                                              (1)

                      (b)   Afhanklike veranderlike                                                (1)

         2.4.2        Noem TWEE maniere waarop die wetenskaplikes                        die
                      betroubaarheid van die ondersoek kon verbeter het.                           (2)

         2.4.3        Beskryf hoe die wetenskaplikes die persentasie oorlewing van die
                      klawerplante bereken het.                                                    (2)

         2.4.4        Verduidelik of die hipotese aanvaar of verwerp sal word.                     (3)

         2.4.5        Gebaseer op inligting in die uittreksel, behalwe vir temperatuur,
                      verduidelik EEN ander manier waarop die oorlewingskoers van
                      klawerplante verhoog is.                                                     (2)

         2.4.6        Verwys na Darwin se teorie van natuurlike seleksie en verduidelik
                      hoe die mutasie die oorlewing van die klawerpante by laer
                      temperature beïnvloed het.                                                   (6)
                                                                                                   (17)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                               12                           DBE/2017
                                                  SSE

VRAAG 3

3.1      Die diagram hieronder toon die rangskikking van twee pare homoloë
         chromosome in 'n sel wat meiose ondergaan.

         3.1.1        Noem TWEE eienskappe van homoloë chromosome.                            (2)

         3.1.2        Identifiseer struktuur A.                                               (1)

         3.1.3        Hoeveel van ELK van die volgende is in die diagram teenwoordig?

                      (a)   Chromatiede                                                       (1)

                      (b)   Sentromere                                                        (1)

         3.1.4        Teken 'n benoemde diagram en toon EEN van die selle wat aan
                      die einde van telofase I gevorm sal word.                               (6)

         3.1.5        Die diagram hieronder toon sommige van die allele tydens
                      gameetvorming.

                      Gee die genotipe van die:

                      (a)   Individu verteenwoordig in die diagram                            (1)

                      (b)   Moontlike gamete wat die gevolg kan wees van die
                            rangskikking van allele wat in die diagram verteenwoordig
                            word.                                                             (2)
                                                                                              (14)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           13                                       DBE/2017
                                              SSE

3.2      'n Man het bloedgroep AB en sy suster het bloedgroep O.

         Bepaal die genotipes en fenotipes van hulle ouers deur 'n genetiese kruising
         te doen.                                                                                     (6)

3.3      Die diagram hieronder toon 'n tegniek wat tydens vaderskaptoetse gebruik
         word.

                       Moeder      Kind         Man 1      Man 2         Man 3

         3.3.1        Identifiseer die tegniek wat hierbo getoon word.                                (1)

         3.3.2        Watter man is die biologiese vader van die kind?                                (1)

         3.3.3        Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.3.2.                                        (3)

         3.3.4        Noem TWEE ander gebruike van hierdie tegniek.                                   (2)
                                                                                                      (7)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                                14                                     DBE/2017
                                                                   SSE

3.4      Boere gebruik insekdoders om insekte dood te maak wat hulle oeste
         beskadig. Op hierdie manier kan hulle hul oesopbrengs verbeter.

         Hulle het 'n bakterie gevind wat 'n geen bevat wat insekdoders produseer.
         Wetenskaplikes het die insekdoder-geen na koringplante oorgedra en wou die
         effektiwiteit van hierdie proses om oesopbrengs te verbeter, ondersoek.

         Hieronder is van die stappe wat hulle gevolg het.

         •             Koringplante met die insekdoder-geen is in 'n landery en in 'n kweekhuis
                       laat groei.
         •             Koringplante sonder die insekdoder-geen is in 'n landery en in 'n
                       kweekhuis laat groei.
         •             Die oesopbrengs van die koringplante is gemeet.
         Die resultate word in die grafiek hieronder getoon.

                                                       OESOPBRENGS VIR TIPES KORINGPLANTE

          Oesopbrengs van koringplant
                                        80
                                        70                                                Koring in 'n landery
                                        60                                                laat groei
                                        50                                                Koring in 'n
                                        40                                                kweekhuis laat groei

             (in arbitrêre eenhede)
                                        30
                                        20
                                        10
                                         0
                                             Sonder insekdoder- Met insekdoder-geen
                                                   geen

                                                            Tipe koringplant

         3.4.1                          Wat word die proses genoem waar koringplante deur die inplaas van
                                        gene verander word?                                                              (1)

         3.4.2                          Insekdoders is duur en dra tot die koste van produkte by.

                                        Noem EEN ander nadeel van die gebruik van insekdoders.                           (1)

         3.4.3                          Noem TWEE maniere waarop wetenskaplikes die geldigheid van
                                        hierdie ondersoek kon verbeter het.                                              (2)

         3.4.4                          Wat was die oesopbrengs, in arbitrêre eenhede, van koringplante
                                        sonder die insekdoder-geen wat in 'n kweekhuis laat groei is?                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            15                                   DBE/2017
                                               SSE

         3.4.5       Bereken die verskil in opbrengs tussen die koring met die insekdoder-
                     geen en die koring sonder die insekdoder-geen wat in 'n landery laat
                     groei is. Toon ALLE berekeninge.                                              (2)

         3.4.6       Beskryf die verskil in resultate vir die koring met die insekdoder-geen
                     wat in 'n kweekhuis laat groei is en die koring wat in 'n landery laat
                     groei is.                                                                     (2)

         3.4.7       Stel EEN moontlike rede voor vir die verskil beskryf in VRAAG 3.4.6.          (2)

         3.4.8       Gee TWEE moontlike redes waarom boere teen die gebruik van
                     hierdie insekdoder-produserende plante gekant kan wees.                       (2)
                                                                                                   (13)
                                                                                                   [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                        16                                  DBE/2017
                                           SSE

AFDELING C

VRAAG 4

Onderskei tussen 'n bevolking en 'n spesie, beskryf spesiasie deur geografiese isolasie
en verduidelik hoe spesiasie en uitsterwing biodiversiteit beïnvloed.
                                                                               Inhoud:     (17)
                                                                              Sintese:     (3)
                                                                                           (20)

LET WEL:     GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van 'n tabel,
             vloeidiagramme of diagramme nie.

                                                              TOTAAL AFDELING C:           20
                                                                  GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Life Sciences P2 May June 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2017-memo-eng/ac055537-b682-4f91-8ae5-b842212979ad) — Life Sciences · Memo · 2017 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Life Sciences P2 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-feb-march-2017-eng/7e62377f-2abd-4a09-be12-9a33dc3af21b) — Life Sciences · QP · 2017 · Eng
- [Life Sciences P2 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2022-afr/2641aa96-c0ce-4429-9802-4b9c58c65274) — Life Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Life Sciences P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2021-eng/640bb227-bb17-4f89-96b3-77bf0a4005dc) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Life Sciences P2 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2016-eng/a7003e52-d0ba-4e5e-b91b-a71927b224ec) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
