# Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2018-afr/1640d8ae-ab8d-4ec3-845b-b062d8bbb27b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2018-afr/1640d8ae-ab8d-4ec3-845b-b062d8bbb27b)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            LEWENSWETENSKAPPE V2

                                          2018

                                                                      PUNTE: 150

                                                                     TYD: 2 ½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                        2                                   DBE/2018
                                           SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae begin beantwoord.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik word.

5.       Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.       Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.       Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.       Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
         NIE.

9.       MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10.      Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
         waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           3                                  DBE/2018
                                              SSE

AFDELING A

VRAAG 1

1.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.10 D.

         1.1.1       Watter EEN van die volgende is 'n meganisme van voortplantings-
                     isolasie?

                     A    Uitsterwing
                     B    Teel/Broei op verskillende tye van die jaar
                     C    Mutasie
                     D    Onafhanklike sortering

         1.1.2       Wie het die wet van gebruik en onbruik geformuleer?

                     A    Lee Berger
                     B    Rosalind Franklin
                     C    Gregor Mendel
                     D    Jean Baptiste de Lamarck

         1.1.3       Watter EEN van die volgende kenmerke word in BEIDE die mens en
                     Afrika-ape gevind?

                     A    Kort boarms
                     B    Kloue in plaas van naels
                     C    Opponerende duime
                     D    Klein brein

         1.1.4       Wetenskaplikes het waargeneem dat sommige vlinderspesies se
                     getalle hoër is in nat somers as in droë somers. Die volgende stap
                     om dit te ondersoek, sou wees om …

                     A    die resultate aan te teken.
                     B    'n hipotese te stel.
                     C    die resultate te meet.
                     D    'n gevolgtrekking te maak.

         1.1.5       Watter EEN van die volgende is die KORREKTE definisie van
                     'n spesie? 'n Groep ...

                     A    eenderse organismes wat op dieselfde tyd in dieselfde habitat
                          bly
                     B    eenderse organismes wat dieselfde chromosoomgetal het
                     C    organismes wat dieselfde grootte, vorm en kleur het
                     D    eenderse organismes wat kan kruisteel om 'n vrugbare
                          nageslag te voort te bring

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                             4                                    DBE/2018
                                                SSE

         VRAAG 1.1.6 EN 1.1.7 VERWYS NA DIE DIAGRAM HIERONDER WAT DIE
         OORERWING VAN HEMOFILIE IN 'N FAMILIE TOON.

                                            1             2

                              3        4              5       6    7

                     SLEUTEL:
                            Vrou sonder hemofilie                 Man sonder hemofilie

                            Vrou met hemofilie                    Man met hemofilie

         1.1.6       Watter EEN van die kombinasies in die tabel hieronder is KORREK
                     vir BEIDE individu 1 en 5?

                                 FENOTIPE VAN                      GENOTIPE VAN
                                   INDIVIDU 1                        INDIVIDU 5
                     A     Vrou sonder hemofilie                        XhXh
                     B     Vrou sonder hemofilie                        XhY
                     C     Vrou met hemofilie                           XHXh
                     D     Vrou sonder hemofilie                        XHY

         1.1.7       Wat is die persentasie kans dat individu 3 en 4 'n kind met hemofilie
                     sal hê?
                     A    100%
                     B    75%
                     C    25%
                     D    0%

         1.1.8       'n Kleurstof verkleur 'n sekere nukleïensuur rooi. Toe hierdie
                     kleurstof gebruik is om te identifiseer watter organelle in 'n sel
                     hierdie nukleïensuur bevat, het slegs die nukleus en ribosome rooi
                     verkleur.
                     Hierdie resultaat toon dat die kleurstof strukture verkleur wat …
                     bevat.
                     A    DNS/DNA
                     B    RNS/RNA
                     C    DNS/DNA en proteïen
                     D    beide DNS/DNA en RNS/RNA
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                            5                                     DBE/2018
                                               SSE

         1.1.9       Bestudeer die diagram hieronder.

              TANS       Vegetariese Klein       Medium        Groot    Wortelboom- Spegvink
                         boomvink boomvink      boomvink     boomvink      vink

            EEN MILJOEN                          Gemeenskaplike
            JAAR GELEDE                           voorouervink

                     Watter vink tans is die MINSTE verwant aan al die ander?

                     A    Spegvink
                     B    Groot boomvink
                     C    Wortelboomvink
                     D    Vegetariese boomvink                                        (9 x 2)       (18)

1.2      Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
         Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1       'n Diagrammatiese voorstelling         van    moontlike    evolusionêre
                     verwantskappe tussen spesies

         1.2.2       Die skeiding van die sitoplasma tydens seldeling

         1.2.3       Die proses waardeur DNS/DNA 'n presiese kopie van homself maak

         1.2.4       'n Tipe variasie waar daar 'n reeks fenotipes vir dieselfde eienskap is

         1.2.5       Die hedendaagse verspreiding van lewende organismes

         1.2.6       Die onvermoë van chromosoompare om tydens meiose te skei

         1.2.7       Soortgelyke strukture by verskillende spesies wat modifikasie deur
                     afstamming aantoon

         1.2.8       'n Individu wat twee nie-identiese allele vir 'n eienskap het
                                                                                      (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                              6                                 DBE/2018
                                                 SSE

1.3      Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
         SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
         KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
         vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                           KOLOM I                                KOLOM II
         1.3.1       Wet van die oorerwing van         A:    Darwinisme
                     verworwe eienskappe               B:    Modifikasie deur
                                                             afstamming
         1.3.2       Mense selekteer die eienskappe    A:    Kunsmatige seleksie
                     by die teel van organismes        B:    Natuurlike seleksie
         1.3.3       'n Toetsbare stelling wat         A:    Teorie
                     aanvaar of verwerp kan word       B:    Wet
                                                                                   (3 x 2)      (6)

1.4      Die diagram hieronder verteenwoordig die proses van translasie.

                                                                   W

                                    AUUGCAGGUUAC
                           V
                                                                   X

                                                               Y

                                                       Z

         1.4.1       Benoem:

                     (a)       Organel X                                                        (1)

                     (b)       Molekuul W en Y                                                  (2)

                     (c)       Die monomeer van molekuul W                                      (1)

         1.4.2       Waar in die sel word:

                     (a)       Organel X aangetref                                              (1)

                     (b)       Molekuul W gevorm                                                (1)
                                                                                                (6)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                                7                                           DBE/2018
                                                                   SSE

1.5      Bestudeer die grafiek hieronder.

                        Die verandering in kraniale kapasiteit van 'n paar spesies met tyd

                                        2000

                                        1800

            Kraniale kapasiteit (cm )
            3

                                        1600
                                                                                                      Homo sapiens
                                        1400

                                        1200

                                        1000                                                  Homo erectus

                                        800

                                        600                                   Homo habilis

                                        400                              Australopithecus africanus

                                               4,0       3,0        2,0            1,0           0,0
                                                                Miljoene jare gelede

         1.5.1                            Benoem die familie waaraan al hierdie spesies behoort.                              (1)

         1.5.2                            Wat is die grootste kraniale kapasiteit (in cm3) van Australopithecus
                                          africanus?                                                                          (1)

         1.5.3                            Wanneer het Homo habilis uitgesterf?                                                (1)

         1.5.4                            Noem TWEE Australopithecus fossiele wat in Suid Afrika gevind is.                   (2)

         1.5.5                            Watter van die organismes wat hierbo verteenwoordig word, het die
                                          grootste omvang in kraniale kapasiteit?                                             (1)
                                                                                                                              (6)

Kopiereg voorbehou                                                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                          8                                       DBE/2018
                                             SSE

1.6      Diagramme 1 tot 3 hieronder verteenwoordig sommige van die fases van
         meiose, in die korrekte orde getoon.

                                  A
                                                             C
                                    B

                                                                D

                                                            E

                           1                    2                          3

         1.6.1       Identifiseer die fase verteenwoordig deur diagram:

                     (a)   1                                                                        (1)

                     (b)   3                                                                        (1)

         1.6.2       Gee slegs die LETTER van die deel wat:

                     (a)   DNA/DNS bevat                                                            (1)

                     (b)   Vasheg aan die sentromere van chromosome                                 (1)

                     (c)   Die spoelvesels vorm                                                     (1)

         1.6.3       Noem die orgaan in 'n menslike, manlike individu waar meiose
                     plaasvind.                                                                     (1)
                                                                                                    (6)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           9                               DBE/2018
                                              SSE

AFDELING B

VRAAG 2

2.1      'n Dief het sy arm met die gebreekte glas gesny toe hy by 'n motor ingebreek
         het. Wetenskaplikes het DNA/DNS onttrek van die bloed wat op die gebreekte
         glas gevind is. Hulle het hierdie DNA/DNS-monster ontleed en dit met die
         DNA/DNS van drie verdagtes, P, Q en R, vergelyk.

         Die tabel hieronder toon die resultate van die ontleding van die DNA/DNS van
         elke bron.

                      Bloed van
                     gebreekte glas          P           Q          R

         2.1.1       Wat word deur die diagramme hierbo voorgestel?                          (1)

         2.1.2       Watter verdagte is heel moontlik die dief?                              (1)

         2.1.3       Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.1.2.                            (1)

         2.1.4       Noem TWEE moontlike nadele daarvan om hierdie bewyse in 'n hof
                     te gebruik.                                                             (2)
                                                                                             (5)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                 10                                  DBE/2018
                                                    SSE

2.2      Insulien is een van die hormone wat verantwoordelik is vir die beheer van
         bloedglukosevlakke by die mens. Dit bestaan uit twee lang aminosuur-
         kettings, A en B, wat verbind is. Ketting A bestaan uit 21 aminosure en
         ketting B uit 30 aminosure.
         Die diagram hieronder verteenwoordig die aminosure teenwoordig in elke
         ketting.

                                                    X
          Ile    Val
                       Gln
                                                                                         Ketting A
          Gly
                  Asn

           Val
                       Gln
                                                                                          Ketting B
            Phe

         2.2.1         Noem die proses waardeur insulien in 'n normale menslike sel
                       geproduseer word.                                                               (1)
         2.2.2         Identifiseer verbinding X.                                                      (1)
         2.2.3         Hoeveel stikstofbasisse in 'n DNA/DNS-molekuul kodeer vir die
                       aminosure in ketting A?                                                         (1)
         2.2.4         Die tabel hieronder toon die mRNA/RNS-kodons wat vir sommige
                       aminosure kodeer.

                              mRNA/RNS-KODON                          AMINOSUUR
                                   UUC                             Fenielalanien (Phe)
                                    AUC                              Isoleusien (Ile)
                                    AAU                             Asparagien (Asn)
                                    GAA                            Glutamiensuur (Glu)
                                   GUA                                 Valien (Val)
                                   CAG                               Glutamien (Gln)
                                    CAU                               Histidien (His)
                                   GGA                                 Glisien (Gly)

                       (a)   Noem die stikstofbasis wat deur G in die mRNA/RNS-kodon
                             CAG verteenwoordig word.                                                  (1)
                       (b)   Lees die kettings van links na regs en gee die:
                             (i)    Kodon vir die vierde aminosuur in ketting B                        (1)
                             (ii)   DNA/DNS-basisdrietal wat vir die eerste aminosuur in
                                    ketting A kodeer                                                   (1)
                       (c)   Gee die antikodon vir valien.                                             (1)
                                                                                                       (7)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                                    11                                             DBE/2018
                                                       SSE

2.3      Beskryf die proses van transkripsie.                                                                        (6)

2.4      Die diagram hieronder toon die kariotipes van twee individue.

                         INDIVIDU P                                      INDIVIDU Q

          1          2        3              4     5     1           2       3             4       5

         6       7        8       9    10    11   12         6   7       8        9   10   11     12
                                                         1
        13 14 15                        16 17 18         13 14 15                        16 17 18

         19 20                 21 22              23     19      20              21 22           23

         2.4.1           Watter term word gegee vir die chromosome genommer:

                         (a)      1 tot 22                                                                           (1)

                         (b)      23                                                                                 (1)

         2.4.2           Noem die geslag van individu P.                                                             (1)

         2.4.3           Gee EEN waarneembare rede vir jou antwoord op VRAAG 2.4.2.                                  (2)

         2.4.4           Elk van die pare wat gertoon word, is 'n homoloë chromosoompaar.

                         Noem die oorsprong van elke chromosoom in 'n homoloë
                         chromosoompaar.                                                                             (2)
                                                                                                                     (7)

2.5      Lindiwe het twee seuns en sy is nou vir die derde keer swanger.

         Gebruik 'n genetiese kruising om die persentasie kans te toon dat hierdie kind
         'n seuntjie kan wees.                                                                                       (6)

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           12                                      DBE/2018
                                              SSE

2.6      Pelsvoorkoms by honde word gekontroleer deur twee gene; een vir pelskleur
         en een vir pelspatroon (teenwoordigheid of afwesigheid van wit vlekke).

         Die allele vir elke eienskap word in die tabel hieronder getoon.

                EIENSKAP                                    ALLELE
         Pelskleur                             Swart (B)                  Grys (b)
         Pelspatroon                     Sonder wit vlekke (T)    Met wit vlekke (t)

         In 'n kruising tussen twee honde, het die vier honde in die nageslag, V, W, X
         en Y, die fenotipes gehad soos in die diagram hieronder aangedui.

                                 Fenotipes van die F1-generasie

                     V                  W                  X                    Y

         2.6.1       Wat is die term wat gegee word vir 'n genetiese kruising wat twee
                     eienskappe behels?                                                           (1)

         2.6.2       Gee die fenotipe van:

                     (a)   Die dominante pelskleur                                                (1)

                     (b)   Hond V                                                                 (1)

                     (c)   'n Hond wat homosigoties resessief vir beide eienskappe is             (1)

         2.6.3       Verduidelik hoekom alle honde met die fenotipe van hond W dalk nie
                     dieselfde genotipe het nie.                                                  (2)

         2.6.4       Die twee eienskappe word oorgeërf na aanleiding van Mendel se
                     beginsel van onafhanklike sortering.

                     Stel hierdie beginsel in woorde.                                             (3)
                                                                                                  (9)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         13                                    DBE/2018
                                            SSE

VRAAG 3

3.1      Lees die uittreksel hieronder.

         Stamselchirurgie is vir die eerste keer in Suid-Afrika in 'n Kaapstadse
         hospitaal uitgevoer. 'n Pasiënt is in 'n duikongeluk verlam. Hy het geen
         beweging of gevoel in enige van sy ledemate gehad nie omdat sy
         senuweeselle beskadig is. Embrioniese stamselle is gebruik in 'n poging om
         'n defek in die rugmurg van die pasiënt te herstel. Hy het nou gedeeltelike
         sensasie regdeur sy liggaam ontwikkel.

         3.1.1       Verduidelik hoekom stamselle geskikte selle is om vir die
                     behandeling van hierdie pasiënt te gebruik.                                 (3)

         3.1.2       Verduidelik hoekom sommige mense die gebruik van naelstringe as
                     'n bron van stamselle verkies eerder as die gebruik van menslike
                     embrio's.                                                                   (2)
                                                                                                 (5)

3.2      'n Baba is onmiddellik na haar geboorte uit 'n hospitaal ontvoer. Dit het vyftien
         jaar later aan die lig gekom dat mnr. en mev. Thomas, wat haar grootgemaak
         het, nie haar biologiese ouers was nie. Mnr. en mev. George, wie se baba
         ongeveer dieselfde tyd gebore is, het daarop aanspraak gemaak dat sy hulle
         kind was.

         Die bloedgroepe van beide families word in die tabel hieronder getoon.

                             INDIVIDU             BLOEDGROEPE
                          Kind                         O
                          Mnr. Thomas                  O
                          Mev. Thomas                  AB
                          Mnr. George                  B
                          Mev. George                  A

         3.2.1       Hoeveel gene beheer die oorerwing van bloedgroepe?                          (1)

         3.2.2       Benoem die individu wie se bloedgroep kodominansie toon.                    (1)

         3.2.3       Verduidelik hoekom mnr. en mev. George moontlik die ouers van
                     hierdie kind kan wees.                                                      (3)
                                                                                                 (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                         14                                  DBE/2018
                                            SSE

3.3      In 'n studie om die manier van beweging van sommige spesies vas te stel, het
         wetenskaplikes die bekkenstrukture van hulle fossiele vergelyk. Hulle het
         vasgestel dat twee van hierdie spesies die vermoë gehad het om permanent
         regop te loop. Die diagramme (A, B en C) hieronder toon die bekkenstruktuur
         van drie spesies, volgens skaal geteken.

                        A                         B                   C

         3.3.1       Watter term word gebruik om organismes wat in staat is om
                     permanent regop te loop, te beskryf?                                      (1)

         3.3.2       Watter TWEE diagramme hierbo verteenwoordig die bekkens van
                     die organismes in VRAAG 3.3.1?                                            (2)

         3.3.3       Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.3.2.                                  (2)

         3.3.4       Noem EEN eienskap van die ruggraat van die organisme wat deur C
                     verteenwoordig word.                                                      (1)
                                                                                               (6)

3.4      Tabuleer DRIE verskille tussen die skedels van mense en Afrika-ape.                   (7)

3.5      Lees die uittreksel hieronder.

         Pekelgarnale is klein artropodes (geleedpotiges) wat in soutwatermere gevind
         word. Gedurende gunstige toestande produseer vroulike garnale eiers wat
         uitbroei en lewende kleintjies voortbring. Wanneer toestande egter ongunstig
         is, produseer die garnale siste. Elke sist bevat die embrio wat met 'n harde,
         beskermende omhulsel bedek word. In hierdie toestand hou die embrio op
         groei en word dit dormant genoem. Die embrio kan vir baie jare in hierdie
         dormante toestand bly en die sist sal slegs uitbroei by die optimum
         soutkonsentrasie.

         Wetenskaplikes wou ondersoek watter soutkonsentrasie die hoogste
         persentasie uitgebroeide siste tot gevolg gehad het.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                           15                                  DBE/2018
                                              SSE

         Hulle het die volgende gedoen:

         •   Soutoplossings van verskillende konsentrasies voorberei: 0%, 0,5%, 1%,
             1,5% en 2%
         •   30 mℓ van elke oplossing in een van vyf bekers geplaas
         •   Monsters van pekelgarnaalsiste met behulp van 'n drupper versamel
         •   Die getal siste in elke monster getel
         •   Dit as die aanvanklike getal siste aangeteken
         •   Die monsters in elk van die vyf bekers geplaas
         •   Die bekers vir 48 uur by kamertemperatuur geplaas
         •   Die getal siste wat in elke beker uitgebroei het, aangeteken
         •   Die persentasie siste wat uitgebroei het, bereken

         Die resultate word in die tabel hieronder getoon.

            SOUT-              GETAL SISTE AAN        GETAL SISTE        PERSENTASIE
         KONSENTRASIE             DIE BEGIN          WAT UITGEBROEI        SISTE WAT
             (%)                  GEBRUIK                 HET           UITGEBROEI HET
               0                      54                    0                   0
              0,5                     34                    2                   6
               1                      40                    6                  15
              1,5                     40                    1                  2,5
               2                      53                    1                   X

         3.5.1       Noem TWEE beplanningstappe om in ag te neem voordat die
                     monsters versamel word.                                                     (2)

         3.5.2       Noem die:

                     (a)   Onafhanklike veranderlike                                             (1)

                     (b)   Afhanklike veranderlike                                               (1)

         3.5.3       Bereken die waarde van X in die tabel. Toon ALLE bewerkings.                (3)

         3.5.4       Noem DRIE faktore wat konstant gehou is om die geldigheid van
                     hierdie ondersoek te verseker.                                              (3)

         3.5.5       Watter soutkonsentrasie het die hoogste persentasie uitgebroeide
                     siste tot gevolg gehad?                                                     (1)

         3.5.6       Gebruik die evolusieteorie deur natuurlike seleksie om te verduidelik
                     hoe die vermoë om siste te produseer, tot die oorlewing van die
                     pekelgarnaal gelei het.                                                     (6)
                                                                                                 (17)
                                                                                                 [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2                       16                                 DBE/2018
                                          SSE

AFDELING C

VRAAG 4

Daar was variasie in die neklengte by 'n bevolking Galapagos-skilpaaie. Die
oorspronklike bevolking vanaf die vasteland is in twee eilande met verskillende
omgewingstoestande geskei. Daar is baie jare later vasgestel dat spesiasie van die
skilpaaie plaasgevind het.

Verduidelik hoe mutasies en meiose tot variasie in 'n bevolking lei en die rol van
variasie in die spesiasie van die skilpaaie.
                                                                         Inhoud:         (17)
                                                                         Sintese:        (3)

LET WEL:     GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van 'n tabel, vloeidiagramme of
             diagramme toegeken word NIE.

                                                             TOTAAL AFDELING C:          20
                                                                 GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2018-english/77f4ce99-c134-4c97-bb48-a35ebaf63702) — Life Sciences · QP · 2018 · Eng
- [Life Sciences P2 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2022-afr/2641aa96-c0ce-4429-9802-4b9c58c65274) — Life Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Life Sciences P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2021-eng/640bb227-bb17-4f89-96b3-77bf0a4005dc) — Life Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Life Sciences P2 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-may-june-2016-eng/a7003e52-d0ba-4e5e-b91b-a71927b224ec) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Life Sciences P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-may-june-2018-memo-eng/7028d3e4-e3bb-4329-9cb4-8e3f45808a77) — Life Sciences · Memo · 2018 · Eng
- [Life Sciences P2 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-nov-2018-final-memo-afr/0335a3c8-f1eb-4093-94d2-7a5b284fa6d3) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
